Intermediêre Fase Graad 5 • Handleiding 1/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 1/2

Graad 5

2405-E-EAT-SG01

9781990949562

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Handleiding 1/2

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

1

2

LES 1: Al om die wêreld

LES 2: Familiestreke

LES 3: Vriende is kosbaar

LES 4: Maak dit self

LES 5: Dieremaniere

LES 6: Spoke sien

LES 7: Vreemde diere

LES 8: Tussen die sterre

LES 9: Net vir pret

Jaarplan

– 4

– 6

– 8

– 10

LES 10: Suid-Afrika se oudstes en grootstes 1 – 2

LES 11: Net een Aarde

3

LES 12: In ’n magiese wêreld ...

LES 13: Op die silwerskerm

LES 14: Toneelspeel

LES 15: Helde, gode en pratende diere

LES 16: Eureka!

4

LES 17: Skurke van die see

LES 18: Ou beskawings

– 6

Eenheid 1 en 2 is in hierdie handleiding, en eenheid 3 en 4 is in handleiding 2/2.

Handleiding 1/2

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Lana en Rakker-reeks – Holly Webb

• Thoko-reeks – Niki Daly

• Bertie Blikbrein – Jaco Jacobs

• Slym se stories – Fanie Viljoen

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

SAMPLE

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira

• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus

Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1: Al om die wêreld

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na ’n storie luister

• ’n gedig voordra

• ’n woordeboek gebruik

• ’n storie lees

• ’n vertelling skryf en oor ’n storie skryf

• lettergrepe en klankgrepe hersien

• selfstandige naamwoorde hersien

• oefen om die meervoud en verkleining van woorde te maak

• oefen om woorde te vorm

• werkwoorde en voegwoorde hersien

• afkortings hersien en nuwe idiome leer

Handleiding 1/2 G05

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Gesels met ander

Interessante feit: Elizabeth Cochrane Seaman (beter bekend as Nellie Bly) het in 1889 om die wêreld gereis. Sy het die reis in 72 dae voltooi. Sy het dit gedoen om te wys dat die reis om die wêreld in Jules Verne se boek Around the World in Eighty Days moontlik is.

Gesels saam oor reis (travel).

• Het jy die vakansie iewers heen gegaan? Wat het jy gedoen?

• Het jy al oorsee gereis (travelled abroad)?

• Is daar ’n land of ’n plek wat jy graag wil besoek (visit)?

• Watter soorte vervoer (transport) gebruik ons om te reis?

Ken jy die volgende woorde?

Woordeskat

besoek – visit bagasie – luggage

oorsee – abroad reis – travel

tas – suitcase trein – train vervoer – transport vliegtuig – aeroplane

Aan watter soorte vervoer kan jy dink? Watter lande ken jy? Skryf dit neer.

Soorte vervoer Lande

Weet jy waar die lande is wat jy neergeskryf het? Kleur dit in op die wêreldkaart (world map) in die bylae (heel agter in die boek, addendum).

Aktiwiteit 2: Luister na ’n storie

Luister na die storie, en gesels saam.

1. Vertel in een sin waaroor die storie gaan.

2. Hoeveel geld het Phileas gewed (bet)?

In Engeland word die pond gebruik: £

3. Dink jy die storie is realisties? (Dink jy dit kan in die werklike lewe gebeur?) Verduidelik.

4. Sal jy om die wêreld wil reis? Waarom of waarom nie?

Omkring (circle) die letter van die regte antwoord.

1. Wie is die hoofkarakter?

a) Phileas

b) Jean

2. Watter soort vervoer word nie in die storie genoem nie?

a) Treine

b) Busse

3. Na watter land het hulle eerste gereis?

a) Indië

b) Egipte

4. Hulle kom moeilikheid op hulle pad teë. Watter een van die volgende word nie in die storie genoem nie?

a) Hulle is te laat om op ’n trein te klim.

b) Die polisie dink Phileas is ’n skelm.

5. Waarom dink Phileas eers dat hulle te laat terug was by die huis?

a) Sy horlosie het ophou werk.

b) Hy het nie die tydsones in ag geneem nie.

Handleiding 1/2 G05 ~

Vir die nuuskieriges: Hoeveel kontinente (continents) is daar op die aarde? Wat is die name in Afrikaans?

Daar is kontinente op die aarde:

Aktiwiteit 3: Vertel die storie oor Opsioneel

Vertel die storie “Om die wêreld” waarna jy geluister het in ses tot agt sinne oor. Sit die sleutelwoorde (keywords) hier onder eers in die regte volgorde. Nommer dit van 1 tot 6.

Onthou om die karakters se name te gebruik as jy die storie oorvertel. Jy moet die teenwoordige tyd (present tense) gebruik.

Vertrek

Wed £20 000

Vyf minute laat

SAMPLE

Tydsones en sommetjies

Moeilikheid

“Onmoontlik!”

Aktiwiteit 4: Dra ’n gedig voor

Leer die woorde van die gedig op die volgende bladsy, en oefen om dit met bewegings (movements) voor te dra.

Spreek die blou woorde met meer klem uit (with emphasis).

Met my tassie

Met my kleine tas die wêreld in (dra jou tassie)

Só gaan ek my reis begin

Met die getjoeke-tjoek van ’n trein (beweeg jou arms soos ’n trein)

Rits ek na die Namib-woestyn

Weet jy waar die lande en plekke in die gedig is?

Op in Afrika tot by die Nyl (maak jou hande soos water wat vloei)

Van daar gaan ek oor die water seil

Na Peru en die rivierdolfyne (maak ’n golf met jou arm)

Só maak ek die wêreld myne (maak ’n sirkel bo jou kop met jou arms en wys dan na jouself)

Oor al die kontinente heen (wys wyd met jou arms)

Bly my land die beste een

In my reise is daar ’n les: (wys met jou vinger in die lug)

My land is oos wes, tuis bes!

Woordeskat

tjoeke-tjoek (of tjoek-tjoek, choo-choo): die geluid van ’n trein rits (zip): vinnig rondbeweeg

Vir die nuuskieriges

• Wat is die windrigtings in Afrikaans? Kyk in die woordeboek.

o north

o south

○ east

○ west

• Wat is die verskil tussen ’n seedolfyn en ’n rivierdolfyn?

Seedolfyn Rivierdolfyn

Handleiding 1/2 G05

Aktiwiteit 5: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 6: Die alfabet

Ken jy die alfabet goed? Skryf die letters van die alfabet in die regte volgorde neer, en sê dit dan op in Afrikaans.

Klankpatrone: Vokale, konsonante en diftonge (vowels, consonants and diphthongs)

Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante

Vokale

a e i o u

Konsonante

Onthou die vokale só: Arme ek is Oupa Uil.

b c d f g h j k l m

SAMPLE

n p q r s t v w x z

y is ’n diftong. Kyk hier onder.

Kan jy al die vokale in die prentjie raaksien?

’n Diftong is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale amper as een klank uitgespreek word.

Diftonge

ei y ui ou eeu aai ai ooi oi oei

Voorbeelde: reis, muis, kraai, rooi, koei.

ie oe eu is nie diftonge nie.

Daar is altyd minstens een vokaal of diftong in ’n woord.

As woorde alfabeties gerangskik is, is dit in die volgorde van die alfabet.

reis, trein, tas, kaartjie, boot, vliegtuig Nie in alfabetiese volgorde nie

boot, kaartjie, reis, tas, trein, vliegtuig In alfabetiese volgorde

As woorde met dieselfde letters begin, moet jy na die letters kyk wat ná dit kom.

reisiger reis reisgenoot reis reisgenoot reisiger

1. Omkring die vokale in die woorde.

1.1 binne

1.4 vertrek

1.2 tas 1.5 ure

1.3 oggend 1.6 reisgenoot

2. Onderstreep die diftonge in die woorde.

2.1 trein

2.4 seeleeu

2.2 rooi 2.5 reise

2.3 dolfyn 2.6 haai

3. Rangskik die woorde alfabeties.

3.1 tas, bagasie, kaartjie, reis , , ,

3.2 stoomtrein, stoomskip, skip, trein , , ,

3.3 treinspoor, trein, treinkaartjie, treinreis, treindiens , , ,

Handleiding 1/2

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Aktiwiteit 7: Gebruik ’n woordeboek

Kan jy onthou hoe om ’n woordeboek te gebruik?

Hoe om ’n woordeboek te gebruik die eerste en laaste woord op die bladsy (Uit Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek School Dictionary, bl. 33)

SAMPLE

1. Woorde in ’n woordeboek is alfabeties gerangskik.

2. Boaan die bladsy word die eerste woord gegee wat op daardie bladsy is, byvoorbeeld “beweeg”. Dit word gidswoorde genoem.

3. Blaai na die letter waarmee die woord begin wat jy soek, en kyk na die gidswoorde boaan die bladsye.

4. As jy byvoorbeeld “biblioteek” soek, sal dit op die bladsy wees waarop “beweeg” en “bietjie” is, want die derde letter in “biblioteek” kom voor die derde letter in “bietjie”.

5. Soek die woord dan op die bladsy.

6. In hierdie voorbeeld word ekstra inligting in die woordeboek gegee. woord sinne met die woord meervoud woordsoort die Engelse woord lettergrepe

Soek die vier woorde in ’n tweetalige woordeboek op, en skryf die Engelse woord (of die taal wat in die woordeboek gebruik word) daarvoor neer.

• voertuig

• kaartjie

SAMPLE

Rangskik die Afrikaanse woorde alfabeties.

• kamera

• besoek

, , ,

Aktiwiteit 8: Maak jou eie woordeboek

Jy gaan jou eie woordeboek maak!

Luister na die fasiliteerder se instruksies. Skryf nuwe of moeilike woorde in jou woordeboek neer.

Opsioneel

Handleiding 1/2

Aktiwiteit 9: Lees ’n storie

Maniere om te lees

Prelees (pre-read)

Waaroor gaan die teks as jy na die titel en prentjies kyk?

Vluglees (skim)

Lees vinnig om ’n idee te kry waaroor die teks gaan.

Die elemente van ’n storie

• Die titel is die naam van die storie.

Soeklees (scan)

Soek spesifieke inligting, en kyk uit vir ’n sleutelwoord

Opsioneel

Begripslees (comprehension)

Lees die hele teks om te verstaan.

• Die karakters (characters) is die persone in die storie. Die belangrikste karakter is die hoofkarakter (main character).

• Die intrige (plot) is die gebeure.

• Die ruimte (setting) is waar en wanneer die storie afspeel, byvoorbeeld ’n woud in 1960, of iemand se huis in die winter van 2025.

• Die dialoog (dialogue) is die karakters se woorde. Dit is tussen aanhalingstekens (“ ”).

Lees die titel van die storie op die volgende bladsy, en kyk na die prentjie. Wat dink jy gebeur in die storie?

Kyk na die woorde wat in die storie voorkom voordat jy die storie lees.

Woordeskat

SAMPLE

met jou neus in ’n boek wees (idioom, to have one’s nose in a book): lees of besig om te studeer verken (explore): ’n gebied leer ken plat toer (figuurlik, figurative): baie toer/reis; oral in Suid-Afrika reis kabelkarretjie (cable car): waentjie op ’n spoor waarin mense deur die lug vervoer word botaniese tuin (botanical garden): waar plante groei vir studie, waar mense na die plante kan kyk oë word swaar: moeg, besig om aan die slaap te raak

Tafelberg se kabelkarretjie

opgewonde – excited seerowerskip – pirate ship skoenlappers – butterflies klik-klak (klanknabootsing) – click-clack bekommerd – worried stasie – station

Masego en Ouma se reis

Masego en haar ouma wag vir die trein. Van kleins af wil Masego die wêreld sien. Sy het altyd haar neus in ’n atlas of ’n boek oor ander lande.

“Daar kom die trein nou,” sê Ouma. Voordat hulle ander lande gaan verken, moet hulle eers

Suid-Afrika plat toer. Of so sê Ouma. Masego is baie opgewonde, want hulle gaan Kaap toe. Hulle gaan tot op Tafelberg met die kabelkarretjie ry, na pikkewyne kyk, en by die botaniese tuin gaan hulle pragtige plante sien.

“Ouma, waar is die plek met die skoenlappers nou weer?” vra Masego. “Daar is so baie dinge om te sien!”

“Alles sal uitwerk, skat,” glimlag Ouma, “moenie so bekommerd wees nie.” Al het hulle mooi beplan, is Masego bang hulle kom nie by alles uit nie. Wat as hulle nooit op die seerowerskip klim nie? Terwyl Masego dink aan al die plekke wat hulle gaan besoek, word haar oë swaar soos die trein oor die spore klik-klak …

Hulle het die stasie gemis! … Maar waar is hulle tasse? … Wag, waar is Ouma?

SAMPLE

Masego sit regop. Die trein raas nog oor die spore, en Ouma sit langs haar en lees nog haar boek.

“Ouma! Ek het gedroom ons het die stasie gemis!”

Ouma lag. “Nee wat, hierdie ouma van jou mis niks!”

Gesels saam oor die storie.

1. Wat is die titel van die storie?

2. Waarheen gaan Masego en haar ouma?

3. Wat wil Masego al van kleins af doen?

4. Die trein “klik-klak” oor die spore. Wat beteken dit? Kies die regte antwoord.

a) Die trein sukkel om te ry.

b) Dit is die geluid van die trein oor die spore.

Handleiding 1/2

”Klik-klak” is klanknabootsing (onomatopoeia). Dit is wanneer ’n woord ’n klank namaak (copy), byvoorbeeld die duiwe koer, die paddas kwaak en die trein klik-klak

5. Noem drie dinge wat hulle gaan doen en sien.

6. Wat gebeur dat Masego dink hulle het die stasie gemis?

7. Hou jy van die storie? Waarom of waarom nie?

Lees die storie weer voordat jy die vrae beantwoord.

1. Is die sinne waar of onwaar?

1.1 Aan die begin van die storie is Masego-hulle op die trein.

1.2 Masego raak aan die slaap.

waar – true onwaar – false

2. Wat beteken “... haar oë word swaar ...”? Omkring die letter (a of b) van die regte antwoord.

a) Sy is opgewonde en haar oë is groot.

b) Sy word moeg en kan haar oë nie meer oophou nie.

3. Voltooi die sinne met die regte woorde. Jy kan in die storie soeklees.

3.1 Hulle gaan in ’n ry om op Tafelberg te kom.

3.2 Hulle gaan na kyk by die botaniese tuin.

3.3 Die loop oor spore.

4. Soek die woord vir elke definisie (definition) in die storie.

4.1 ’n Gebied leer ken.

SAMPLE

4.2 ’n Seerower se skip.

4.3 ’n Vervoermiddel wat oor spore beweeg.

5. Gee die meervoud van:

5.1 land

5.2 skoenlapper

5.3 plek

5.4 tas

6. Gee die verkleining van:

6.1 kabelkar

6.2 boek

Aktiwiteit 10: Lettergrepe en klankgrepe

Kan jy onthou wat lettergrepe en klankgrepe is?

Lettergrepe (syllables)

’n Lettergreep is ’n deeltjie van ’n woord – dit is die kleinste groepies letters waarin ’n woord volgens spelling verdeel kan word. Daar is altyd minstens een vokaal of ’n diftong in ’n lettergreep.

Die woord “reis” het net een lettergreep. As jy jou hande klap om die lettergrepe te soek, sal jy sien dat jy jou hande net een keer kan klap. Jy sê die woord met een asemteug (breath). Die woord “reisgenoot” het drie lettergrepe = reis-ge-noot

Lettergrepe kan oop of geslote wees. Dit gaan oor die letter waarop die lettergreep eindig.

• ’n Lettergreep is oop (o) as dit op ’n vokaal eindig.

• ’n Lettergreep is geslote (g) as dit op ’n konsonant eindig.

Kyk na die voorbeeld: reis-ge-noot g o g

SAMPLE

Ons skryf o onder die lettergreep as dit oop is en g as dit geslote is.

Die eerste en laaste lettergrepe is geslote, en die tweede lettergreep is oop

• Daar word verdeel tussen konsonante wat dieselfde is:

plek-ke tas-se

• Die letters van diftonge bly saam: kraai-e ge-bou-e koei-e

• As die stam op ’n d of t eindig en dit word verklein (soos “pootjie”), word die woord tussen die d/t en j verdeel. As die stam nie op ’n t eindig nie, word dit voor -tjie verdeel:

poot-jie trein-tjie

Handleiding 1/2

Klankgrepe is wanneer ’n woord volgens die uitspraak of klank daarvan verdeel word. Dit is wat jy hoor as jy die woord sê: o-gend, ple-ke. Jy hoor net een konsonant, nie twee nie. Hier skryf ons die woorde soos dit klink, soos “o-gend” in plaas van “oggend”. Vokale word nie verander nie.

Woord Lettergrepe Klankgrepe plekke plek-ke ple-ke oggend og-gend o-gend hartjie hart-jie har-kie

1. Sê die woorde, en klap op elke lettergreep. Verdeel die woorde dan in lettergrepe. Skryf onder elkeen of dit oop (o) of geslote (g) is. Skryf die o’s met groen en die g’s met rooi.

1.1 reis

1.2 tasse

1.3 stasie

1.4 skoenlappers

1.5 treintjie

1.6 leeutjie

2. Verdeel die woorde in klankgrepe.

2.1 tasse

2.2 treintjie

2.3 liggaam

2.4 karre

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.