Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Huistaal
Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
2406-A-AHT-FG02
L van Niekerk 9781990949180
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DE FINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Verwys na fasiliteerdersgids 1/2 vir die voorwoord.
SAMPLE
G06 ~ Afrikaans Huistaal
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.
Eenheid
LES 2: Leuen se kort been
1 LES 1: Op die baadjie takseer
2
LES 3: ’n Gat in die kop praat
LES 4: In diep water beland ...
LES 5: Spoke sien
LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik 1 – 2
LES 7: Vroue aan die voorpunt
LES 8: Knolle vir sitroene
LES 9: Trap jou eie spore
3
LES 10: Op eie risiko
LES 11: Krummels is ook brood
LES 12: Slim vang sy baas
LES 13: Op die kassie
LES 14: As die gordyn lig
– 8
– 10
LES 16: Vreemde fauna 3 – 4
LES 17: Neus in die boek 5 – 6
4 LES 15: In die pad val 1 – 2
LES 18: Jan Tuisbly se karretjie
EENHEID 3: Week 1 – 2
Les 10:
Op eie risiko
Vaardighede
Luister en praat
Luister na beskrywings
Luister na ’n inligtingsteks
Lees hardop
Speel ’n taalspeletjie
Lees en kyk
Lees ’n inligtingsteks
Beantwoord vrae
Lees dagboekinskrywings
Selfstandige lees
Skryf en aanbied
Skryf dagboekinskrywings
Skryf ’n inligtingsteks
Skryf ’n opsomming
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Woordvorming
Werk met sinne
Woordsoorte
Werkwoorde
Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 213 30 minute
Aktiwiteit 214 30 minute
Aktiwiteit 215 40 minute
SAMPLE
Enkelvoudige, veelvoudige en saamgestelde sinne
Voorsetsels
Bedrywende en lydende vorm
Idiome en uitdrukkings
Spelling en punktuasie
Speltoets
Hersiening
Persoonlike woordeboek
Skryf in jou eie woordeboek
Aktiwiteit 216 20 minute
Aktiwiteit 217
Aktiwiteit 224 30 minute 30 minute
Aktiwiteit 218 20 minute
Aktiwiteit 226 20 minute
Aktiwiteit 228 30 minute
Aktiwiteit 229 1 uur
Aktiwiteit 230 1 uur
Aktiwiteit 231 1 uur
Aktiwiteit 219 20 minute
Aktiwiteit 220 20 minute
Aktiwiteit 221 20 minute
Aktiwiteit 222 25 minute
Aktiwiteit 223 15 minute
Aktiwiteit 225 30 minute
Aktiwiteit 227 20 minute
Aktiwiteit 233 5 minute
Aktiwiteit 232 30 minute
Aktiwiteit 234
Ander begrippe wat die KABV vir hierdie les aanbeveel, soos die afbreek van woorde, is in die aktiwiteite vervat.
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 213: Luister na beskrywings
30 minute
Herinner die leerders om die kwartaal ’n nuwe boek te lees.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Verwys na die tweede laaste aktiwiteit in die les vir die spelwoorde.
Interessante feit: Waagsport (extreme sports) soos skispring, sneeuplankry en BMX-ry is al lank deel van die Olimpiese Spele (hetsy die somer- of winterspele). In 2021 was branderplankry en skaatsplankry twee nuwe items waaraan mense kon deelneem.
Die Olimpiese Spele sou oorspronklik in 2020 plaasgevind het, maar weens die covid-19-pandemie het dit eers in 2021 plaasgevind. Dit word wel 2020 se Olimpiese Spele genoem.
SAMPLE
Waagsport of aksiesport is sportsoorte waarby waaghalsigheid en ’n hoë mate van risiko betrokke is, dus is dit gevaarlik. Kan die leerders voorbeelde van sulke sportsoorte gee? (BMX, rekspring, skispring, sweefski, branderplankry, skaatsplankry, rolskaatsry, valskermspring, ens. Die Engelse name is dalk meer algemeen bekend: BMX, bungee jumping, skijumping, kitesurfing, surfing, skateboarding, rollerblading, skydiving.)
Weet die leerders wat die les se naam beteken? “Risiko” beteken dat iets gevaarlik is en dit skade kan veroorsaak. “Op eie risiko” beteken jy dra die verantwoordelikheid vir die gevolge van iets. Dus as jy aan waagsport deelneem en jy kry seer, is dit jou verantwoordelikheid.
Lees die beskrywings van waagsportsoorte op die volgende bladsy, en leerders vul die ontbrekende woorde in op die werkkaart in die bylae. Die name van die sportsoorte moenie gelees word nie, slegs die beskrywings. Die beskrywings moet meer as een keer gelees word. (Die Engelse name word ook vir die fasiliteerder gegee.)
Leerders knip die foto’s dan uit die bylae, plak dit langs die regte beskrywings op die werkkaart en skryf ook die naam van die sportsoort op die lyntjie bo die foto. Die werkkaart kan in hul werkboek geplak word.
Branderplankry (surfing)
Hierdie sportsoort word gewoonlik op die see beoefen. word gery deur op ’n spesiale soort bord te staan of lê. Dit het glo begin as ’n manier om vis te vang, en dit het tot ’n waagsport ontwikkel.
Seilplankry (windsurfing/sailboarding)
Dit is ’n kombinasie van seil en branderplankry. Die wind word gebruik om die plank vorentoe te laat beweeg terwyl die ryer daarop staan. Dit is sedert 1984 deel van die Olimpiese Spele.
SAMPLE
Sneeuplankry (snowboarding)
Sneeu is nodig vir hierdie sportsoort. Die ryer se voete is aan ’n spesiale plank vasgemaak, wat gebruik word om teen hellings af te beweeg en toertjies te doen. Dit is ’n kombinasie van skaatsplankry, branderplankry en ski.
Sweefski (kitesurfing)
Dit word meestal op die water beoefen en word ook “vlieërseil” genoem. Die ryer staan op ’n soort plank terwyl hy/sy aan ’n groot vlieër vashou. Die wind word gebruik om oor die water te sweef. Dit kan ook op sand beoefen word.
Skaatsplankry (skateboarding)
Hierdie sportsoort is van branderplankry afkomstig. ’n Soort plank met klein wieletjies onderaan word gebruik en toertjies te doen. Goed soos hellings word ook gebruik om toertjies te doen.
Gesels oor waagsport. Leerders kan die vrae ook in groepe bespreek en dan terugvoer gee. Hulle kan kommentaar op mekaar se antwoorde lewer en vrae daaroor vra. Dit is belangrik dat hulle mekaar se opinies respekteer en mekaar nie in die rede val nie.
• Beoefen een van die leerders ’n waagsport? Hulle kan daaroor vertel.
• Is daar ’n waagsportsoort wat hulle graag sal wil leer doen? (Hulle kan na die prentjies verwys, maar ook enige sportsoort noem.)
• Kyk hulle graag na waagsportkompetisies?
• Speel hulle dalk elektroniese speletjies oor waagsportsoorte?
• Waarom dink hulle beoefen mense waagsportsoorte? Is dit dalk oor die adrenalien wat dit deur die lyf laat pomp?
• Dink hulle dit is baie gevaarlik om waagsport te beoefen?
Indien daar tyd is, kan die leerders video’s (of dele daarvan) oor waagsport kyk, veral as hulle nie weet wat die waagsportsoorte op die werkkaart is nie. Daar kan vrae oor die video’s gevra word, of leerders kan beskryf wat hulle in die video’s sien. Die leerders kan ook in pare/groepe werk en navorsing oor ’n sportsoort doen om vir die klas te kom vertel.
Die onderstaande video’s is voorstelle. Die name soos dit op YouTube is, word tussen hakies gegee.
• Gemengde sportsoorte: https://bit.ly/3N9eo5b (“Top 10 Exrtreme Sports Moments of All Time”, opgelaai deur Top Ten Daily)
• Branderplankry: https://bit.ly/3sm8K7t (“Surfing’s Incredicble 10 Point Rides”, opgelaai deur Surf The World)
• Branderplankry: https://bit.ly/3KVdojj (“Top 10 - Biggest waves / surf spot on the earth | HD 1080p | ▶, opgelaai deur BodyBoard SB)
• Sweefski: https://bit.ly/3w0UAuJ (“Exreme Kiteboarding in Pumping Conditions | Red Bull King of the Air 2016”, opgelaai deur Red Bull)
• Seilplankry: https://bit.ly/3FuW7N0 (“The Best 4 Windsurfing Jumps – 2019 Gran Canaria Wind & Waves Festival, opgelaai deur Continentseven)
• Skaatsplankry: https://bit.ly/3srTvdv (“Top Skateboarding Moments: 25 Years of X | World of X Games”, opgelaai deur X Games)
• Skaatsplankry: https://bit.ly/3tCifA9 (SLS||Top 10 Highest Scores Ever in SLS2016 HD”, opgelaai deur Yo Slim)
• BMX: https://bit.ly/3N556a2 (“Best of BMX Tricks - Nitro World Games, opgelaai deur Nitro Circus)
SAMPLE
Vir die nuuskieriges: Watter ander waagsportsoorte kan jy opspoor? Doen navorsing. Kom vertel wat die sportsoort behels en waarom jy dink dit ’n interessante waagsportsoort is.
Leerders kan daaroor vertel en ook ’n plakkaat maak.
Aktiwiteit 214: Luister na ’n inligtingsteks
30 minute
Is een van die leerders ’n skaatsplankryer? Hulle kan kortliks vertel van die toertjies wat hulle kan doen. Weet hulle waar die sportsoort vandaan kom?
Lees die teks op die volgende bladsy volgens die luisterproses. Die teks hoef nie drie keer gelees te word nie, maar die leerders moet geleentheid kry om die vrae te lees voordat die teks dalk ’n tweede keer gelees word. Hulle mag ook notas neem.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.