Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding 1/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Graad 6 • Handleiding 1/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 1/4

Graad 6

2406-A-AHT-SG01

9781990949197

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Jaarplan

LES 1: Op die baadjie takseer

LES 2: Leuen se kort been

1

LES 3: ’n Gat in die kop praat

LES 4: In diep water beland ...

LES 5: Spoke sien

LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik

LES 7: Vroue aan die voorpunt

2

LES 8: Knolle vir sitroene

LES 9: Trap jou eie spore

– 4

– 6

3

LES 10: Op eie risiko

LES 11: Krummels is ook brood

LES 12: Slim vang sy baas

LES 13: Op die kassie

LES 14: As die gordyn lig

LES 16: Vreemde fauna

LES 17: Neus in die boek

LES 18: Jan Tuisbly se karretjie

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

– 4

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Harry Griesel-reeks – Sonja Kaiblinger

• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen

• Middernagfees – Jaco Jacobs

• Die boekwinkel tussen die wolke – Jaco Jacobs

• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen

• Die groot boek van spoke en grille – Fanie Viljoen

SAMPLE

• Grilgrypers-reeks – De Wet Hugo

• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo

• Reënboogrant maats-reeks – Maritha Snyman

• Saartjie-reeks – Bettie Naudé

• Trompie-reeks – Topsy Smith

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1:

Op die baadjie takseer

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• aan ’n bespreking deelneem

• na ’n koerantberig luister en daaroor gesels

• ’n taalspeletjie speel

• ’n koerantberig lees en vrae daaroor beantwoord

• oor spotprente leer en op jou eie lees

• ’n paragraaf, ’n koerantberig en ’n onderhoud skryf

• hersiening doen oor alfabetiese volgorde en hoe om ’n woordeboek te gebruik

• lettergrepe en klankgrepe hersien en leer wat skrifbeeld en klankbeeld is

• die afbreek van woorde en die stamme van woorde hersien

• selfstandige naamwoorde en hoofwerkwoorde hersien

• die meervoud en verkleining van woorde hersien wat in die drie vokaalgroepe val

• hersien wanneer om hoofletters en leestekens te gebruik

• oefen om deeltekens en koppeltekens reg te gebruik

• ander hersiening oor taalwerk doen

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit

1: Neem deel aan ’n bespreking

Interessante feit: Het jy al iemand met blou hare gesien en gedink die persoon is vreemd of abnormaal? Dit is stereotipering. Stereotipering is om idees oor iemand te hê gebaseer op hoe hulle lyk of gebaseer op vorige ervarings met mense soos hulle. In die werklikheid is die vrou met die blou hare dalk die vriendelikste mens wat jy sal ontmoet. Dit is beter om iemand eers te leer ken voordat jy aannames oor hulle maak.

Weet jy wat dit beteken om iemand op sy/haar baadjie te takseer? Dit is om iemand op die uiterlike te beoordeel, dus op hoe hulle lyk, soos om iemand te beoordeel omdat hy/sy blou hare het.

Gesels saam.

1. Wat doen jy in jou vrye tyd?

2. Dink jy meisies kan met karretjies speel? Waarom of waarom nie?

3. Kan seuns met poppe speel of huis-huis speel? Waarom of waarom nie?

4. Dink jy dit is verkeerd as meisies met karretjies speel of as seuns met poppe speel? Verduidelik.

5. Kan meisies rugby of sokker speel? Verduidelik.

6. Kan seuns netbal speel of ballet doen? Verduidelik.

SAMPLE

Soms het ons idees oor iets omdat ons so geleer is of omdat ons dit so in die samelewing sien, byvoorbeeld party mense wat dink dat seuns nie met poppe mag speel nie. Ons noem dit vooroordeel en stereotipering. Stereotipering is om vooraf idees oor iemand te hê gebaseer op hoe hulle lyk of gebaseer op vorige ervarings met soortgelyke mense. Hierdie idees is nie op die werklikheid gegrond nie.

Kyk weer na die foto van die vrou met die blou hare. Wat is jou eerste indrukke (idees) oor haar as jy net kyk na hoe sy lyk?

Dink jy daar is sekere werke wat net mans of net vroue kan doen? Merk in die tabel op die volgende bladsy of jy dink net mans of net vroue of albei kan die werke doen.

Werk

Onderwyser

Polisiebeampte

Vlieënier

Dokter

Loodgieter

Bouer/Konstruksiewerker

Haarkapper

Grimeerkunstenaar

Digter

Sjef

Modeontwerper

Net mans Net vroue Albei

Skryf ’n kort argument neer met die redes waarom jy voel dat net mans, net vroue of albei sekere van die werke kan doen. Hierdie paragraaf moet 80 tot 100 woorde wees. Kyk na aktiwiteit 21 in afdeling 3 vir meer inligting oor hierdie paragraaf.

Nog voorbeelde van stereotipering:

• Tieners is net met hul selfone gepla.

• Mense vergeet hoe om te bestuur as dit reën.

• Mans kan nie die huis skoonmaak nie.

• Oorgewig mense is lui.

• Mense van ’n sekere land is almal skelms.

• Mense wat gereeld oefen, is altyd gelukkig.

Hierdie stellings is voorbeelde van dinge wat nie waar is nie.

Aktiwiteit 2: Luister na ’n koerantberig

Die fasiliteerder gaan ’n koerantberig lees. Kan jy die luisterproses onthou?

Die luisterproses

• Die fasiliteerder gaan die storie drie keer lees. Jy mag die eerste keer net luister.

• Luister hoe die woorde uitgespreek word.

• Ná die eerste lees sal die fasiliteerder moeilike woorde verduidelik.

• Daar is gewoonlik vrae wat jy nou mag lees.

• Die fasiliteerder gaan die storie ’n tweede en derde keer lees. Jy mag notas maak.

• Beantwoord dan die vrae. Luister aandagtig, en let op wat in die berig staan.

Handleiding 1/4

Beantwoord die vrae oor die berig.

1. Wat is die hoofidee van die artikel? (Wat is die belangrikste inligting wat oorgedra word?) Voltooi die sin met die regte woorde:

Die artikel gaan oor Lego wat nie meer spesifiek vir of gaan maak nie om sodoende te verwyder.

2. Noem een speelding wat gewoonlik met meisies geassosieer word en een speelding wat gewoonlik met seuns geassosieer word, soos in die artikel genoem.

3. Watter kleur word gewoonlik gebruik om speelgoed vir seuns te bemark, en watter kleur word gewoonlik gebruik om speelgoed vir meisies te bemark?

4. As jy ’n seun is, hou jy van pienk? As jy ’n meisie is, hou jy van blou? Verduidelik jou antwoord.

5. Daar word genoem dat speelgoed soos karretjies en blokkies help om wiskundebegrippe aan te leer en dat poppe help om taalvaardighede en verbeelding te ontwikkel. Dink jy dit is ’n probleem dat party seuns nooit met poppe speel nie of party meisies nooit met karretjies nie? Verduidelik jou antwoord.

6. Lego doen nou twee dinge sodat hul speelgoed nie volgens stereotipes bemark word nie. Voltooi die sinne met die regte woorde.

6.1 Al hulle speelgoed word nou op en getoets.

6.2 Speelgoed word op hul webwerf onder verskillende gelys.

7. Dink jy dat speelgoed regtig ’n groot invloed op kinders se opinie oor loopbane het? Verduidelik met jou eie voorbeeld. (Dink aan jou eie speelgoed.)

SAMPLE

8. Dink jy seuns en meisies kan met enige speelgoed speel, al word dit verkoop as “vir seuns” of “vir meisies”? Waarom of waarom nie?

9. Lego se besluit is op ’n wêreldwye opname gebaseer.

9.1 Is die opname werklik wêreldwyd as jy dink aan die lande wat deelgeneem het? Motiveer jou antwoord deur na ander lande ook te verwys.

9.2 Dink jy hierdie opname is genoeg bewys of motivering om hulle produkte te verander? Verduidelik jou antwoord.

10. Koop jy net speelgoed wat as net “vir seuns” en net “vir meisies” verkoop word? Waarom of waarom nie?

1

Vir die nuuskieriges: Dink jy Lego se bevindinge met die opname is akkuraat? Soek nog berigte of inligting daaroor op die internet, en vergelyk dit met die inligting in die berig waarna jy geluister het. Jy kan ook onderhoude met ’n paar mense voer om hul mening te kry oor speelgoed en die invloed daarvan op kinders se keuse oor ’n toekomstige loopbaan. Kyk in aktiwiteit 23 vir meer inligting.

Aktiwiteit 3: Speel ’n taalspeletjie

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 4: Alfabetiese volgorde

Rangskik die woorde in alfabetiese volgorde.

elmboog, okkerneut, appel, uitsny, oomblik, insekte, aarde, eland, idees

SAMPLE

Klankpatrone: Vokale, konsonante en diftonge

Die alfabet bestaan uit vokale en konsonante

Vokale

a e i o u

Konsonante

Onthou die vokale só:

Arme ek is Oupa Uil.

b c d f g h j k l m

n p q r s t v w x z

y is ’n diftong. Kyk op die volgende bladsy.

Kan jy al die vokale in die prentjie raaksien?

Handleiding 1/4

• ’n Diftong (ook ’n “tweeklank” genoem) is ’n groepie letters waarin twee of drie verskillende vokale amper as een klank uitgespreek word. Jy kan eintlik hoor dit is twee klanke. As jy hierdie klanke uitspreek, verander die vorm van jou mond.

Diftonge

ei y ui ou eeu aai ai ooi oi oei ie oe eu is nie diftonge nie.

Voorbeelde: reis, muis, kraai, rooi, koei.

Daar is altyd minstens een vokaal of diftong in ’n woord.

Vokale word nie altyd dieselfde uitgespreek nie. a e

• Kan ’n kort a wees – dak, rak, almanak

• Kan ’n lang a wees wat soos “aa” klink –dans, kans, krans

• Kan soos ’n i klink – basaar, dollar

SAMPLE

• Kan ’n kort e wees – hek, rek, ontdek

• Kan ’n lang e wees, wat soos “ee” klink – bene, vere, klere, lepel

• Kan ’n “korter” e wees – stem, lem, hê, lê

• Kan soos ’n i klink – lepel, sale, tafel i o

• Kan ’n kort o wees – rok, hok, skok

• Kan ’n kort i wees – sit, skrik, biblioteek, behoorlik, vriendelik (die tweede e klink ook soos i)

• Kan soos “ie” klink – familie, identiteit, polisie, vitamien

• Kan ’n korter o wees – môre, ietermago, aikona

• Kan ’n lang o wees wat soos “oo” klink – drome, bome, pote, begroting

• Kan soos “oe” klink – model, hotel, probeer, polisie u

• Kan ’n kort u wees – brug, hulle, kus, vul

• Kan ’n lang u wees – rusie, skadu

• Kan ’n langer u wees wat soos “uu” klink – ure, dure, mure

Rangskik die volgende groepe woorde alfabeties. Onthou: As die eerste paar letters van twee woorde dieselfde is, kyk na die letter daarna om dit alfabeties te rangskik.

1. verwyder, opname, vraelys, vrae, speelgoed, opneem, speling

Wenk: Trek die woorde dood as jy dit neergeskryf het.

2. speel, karretjies, poppekas, kragtigheid, poppe, navors, navorsing, pop

3. onderskei, seuns, seunspeelgoed, onderstaande, verbeelding, meisies, meisiespeelgoed, vervaardig, onderwerp

Aktiwiteit 5: Gebruik ’n woordeboek

Kan jy onthou hoe om ’n woordeboek te gebruik?

Hoe om ’n woordeboek te gebruik

1. Ken die alfabet. Woorde in ’n woordeboek is alfabeties gerangskik.

SAMPLE

Jy kan enige verklarende woordeboek gebruik, maar die HAT is die beste. verklarend: wat verduidelik

2. Boaan die bladsy is die eerste en die laaste trefwoorde wat op daardie bladsy verskyn, byvoorbeeld stoppelbaard – stormloop. Dit is gidswoorde. Kyk na die voorbeeld uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) op die volgende bladsy.

trefwoord: die hoofinskrywing van ’n woord (die woorde links in vetdruk) gidswoorde: woorde boaan die bladsye in ’n woordeboek wat wys wat die eerste en laaste woord op die bladsy is

3. Blaai na die letter, en kyk na die gidswoorde boaan die bladsye.

Handleiding 1/4

4. Kyk na die beginletters van die woord wat jy wil opsoek. As jy byvoorbeeld storie soek, sal dit tussen stoppelbaard en stormloop wees omdat al drie woorde (die twee gidswoorde en die woord wat jy soek) se eerste drie letters dieselfde is. So jy moet na die vierde letter kyk. In die voorbeeld is dit p (stoppelbaard), r (stormloop) en r (storie).

gidswoorde

die eerste trefwoord op die bladsy

die letter waarby jy nou is

SAMPLE

die laaste trefwoord op die bladsy

(Uit Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, bl. 1122)

5. Die letter i kom voor m in die alfabet, dus sal storie voor “stormloop” wees.

6. ’n Verklarende woordeboek (soos die HAT) gee meer as net die betekenis van woorde.

trefwoord woordsoort die syfers wys verskillende betekenisse

dieselfde woord kan as verskillende woordsoorte werk

verlede tyd van die werkwoord

SAMPLE

voorbeeldsinne is in kursief voorbeelde van samestellings

Soms word die meervoud van woorde ook gegee, soos by “storie”. Die letters tussen hakies (-s) dui aan watter letters aan die woord gevoeg moet word om die meervoud te maak: stories

As die woord uit meer as een lettergreep bestaan, word daar gewys watter deel die klem dra.

die lettergreep voor die ’ word beklemtoon

Verwys altyd na die inleiding van ’n woordeboek wat jy die eerste keer gebruik. Daar word verduidelik hoe die spesifieke woordeboek werk.

7. In tweetalige woordeboeke kan jy byvoorbeeld die Engelse vertaling van Afrikaanse woorde kry.

Handleiding 1/4

Aktiwiteit 6: Maak jou eie woordeboek

Jy het in graad 4 en 5 jou eie woordeboek gemaak, en kan daarop voortbou of ’n nuwe een maak. Indien jy ’n nuwe een maak, volg die instruksies hier onder.

Gebruik ’n A5-lyntjiesboek of ’n skrif van 72 bladsye (wat in die helfte gesny is sodat dit A5 landscape is) of ’n A4-lyntjiesboek.

• Skryf die letters van die alfabet boaan die bladsye.

• Gebruik vyf bladsye vir elke letter.

• Gebruik net een bladsy vir die letters c, q, x en z.

• Jy kan vlaggies aan die kant van die bladsye plak waar elke nuwe letter begin sodat die boek makliker is om te gebruik.

• Die woorde se betekenisse kan op een van die volgende maniere verduidelik word:

o ’n Woord met ’n verklaring, byvoorbeeld storieboek: boek met stories.

o ’n Woord met ’n sinoniem, byvoorbeeld storie – verhaal.

o ’n Woord in ’n kort sin, soos: Die storie is snaaks.

o ’n Woord met ’n prentjie, byvoorbeeld ’n prentjie van ’n storieboek by “storie”.

• Versier die bladsye as jy wil. Jy gaan jou woordeboek een keer ’n kwartaal uitstal (vir die klas wys).

Skryf enige nuwe of moeilike woorde in jou woordeboek neer.

Aktiwiteit 7: Lees ’n koerantberig

Kan jy onthou hoe koerantberigte lyk?

SAMPLE

Koerantberigte rapporteer gewoonlik oor iets wat gebeur het en gee feite. Het jy al deur ’n koerant geblaai of ’n koerantberig gelees? Weet jy dat koerantpapier anders as gewone papier voel?

Kyk na die voorbeeld van ’n koerantvoorblad op die volgende bladsy.

• Wat is die koerant se naam?

• Watter dag se koerant is dit?

• Hoeveel kos die koerant?

• Wat noem ons iemand wat berigte/artikels skryf? Kan jy ’n joernalis se naam op hierdie voorblad opspoor?

• Wat is die hoofberig op die voorblad?

• Kyk na die grootste foto op die voorblad. Wat noem ons die teks onder ’n foto? Wat is die doel van foto’s?

• Is ’n mens meer geneig om die berigte te lees wat foto’s het of nie?

Koerant se naam

Die hoofopskrif (kop) is die grootste.

Die grootste foto trek dadelik ’n mens se aandag en maak jou nuuskierig om die berig te lees.

Belangrike aanhalings word soms uitgelig.

SAMPLE

Wat is die elemente van ’n koerantberig nou weer?

Koerantberigte

’n Koerantberig is ’n teks wat inligting gee oor iets wat gebeur het (nuus). Die doel van ’n berig is om mense oor iets in te lig. Dit waaroor gerapporteer word, is gewoonlik aktuele sake (dus onderwerpe wat op die oomblik belangrik is, soos misdaad en armoede). Dit is gewoonlik onlangse nuus – iets wat byvoorbeeld gister gebeur het.

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.