Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding 3/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Graad 6 • Handleiding 3/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 3/4

Graad 6

2406-A-AHT-SG03

9781990949210

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Jaarplan

LES 1: Op die baadjie takseer

LES 2: Leuen se kort been

1

LES 3: ’n Gat in die kop praat

LES 4: In diep water beland ...

LES 5: Spoke sien

LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik

LES 7: Vroue aan die voorpunt

2

LES 8: Knolle vir sitroene

LES 9: Trap jou eie spore

3 LES 10: Op eie risiko

LES 11: Krummels is ook brood

LES 12: Slim vang sy baas

LES 13: Op die kassie

– 4

– 6

– 8

– 10

SAMPLE

LES 14: As die gordyn lig

4 LES 15: In die pad val

LES 16: Vreemde fauna

LES 17: Neus in die boek

LES 18: Jan Tuisbly se karretjie

– 4

– 8 Novembereksamen

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Harry Griesel-reeks – Sonja Kaiblinger

• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen

• Middernagfees – Jaco Jacobs

• Die boekwinkel tussen die wolke – Jaco Jacobs

• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen

• Die groot boek van spoke en grille – Fanie Viljoen

SAMPLE

• Grilgrypers-reeks – De Wet Hugo

• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo

• Reënboogrant maats-reeks – Maritha Snyman

• Saartjie-reeks – Bettie Naudé

• Trompie-reeks – Topsy Smith

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 3: Week 1 – 2

Les 10:

Op eie risiko

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na beskrywings luister en paragrawe voltooi

• na ’n inligtingsteks luister en vrae daaroor beantwoord

• hardop lees

• ’n taalspeletjie speel

• inligtingstekste lees en vrae daaroor beantwoord

• dagboekinskrywings lees en skryf

• op jou eie lees

• ’n inligtingsteks en ’n opsomming skryf woordvorming en woordsoorte oefen

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 213: Luister na beskrywings

Interessante feit: Waagsport (extreme sports) soos skispring, sneeuplankry en BMX-ry is al lank deel van die Olimpiese Spele (hetsy die somerof winterspele). In 2021 was branderplankry en skaatsplankry twee nuwe items waaraan mense kon deelneem.

Die Olimpiese Spele sou oorspronklik in 2020 plaasgevind het, maar weens die covid-19-pandemie het dit eers in 2021 plaasgevind. Dit word wel 2020 se Olimpiese Spele genoem.

Waagsport of aksiesport is sportsoorte waarby waaghalsigheid en ’n hoë mate van risiko betrokke is, dus is dit gevaarlik. Kan jy voorbeelde van sulke sportsoorte gee?

Weet jy wat die les se naam beteken? “Risiko” beteken dat iets gevaarlik is en dit skade kan veroorsaak. “Op eie risiko” beteken jy dra die verantwoordelikheid vir die gevolge van iets. Dus as jy aan waagsport deelneem en jy kry seer, is dit jou verantwoordelikheid.

Luister na die beskrywings wat die fasiliteerder lees, en vul die ontbrekende woorde op die werkkaart in die bylae in.

SAMPLE

Knip die foto’s dan uit die bylae, plak dit langs die regte beskrywings op die werkkaart, en skryf ook die naam van die sportsoort op die lyntjie bo die foto. Jy kan die werkkaart in jou werkboek plak.

Gesels saam oor waagsportsoorte.

• Beoefen jy ’n waagsport?

• Is daar ’n waagsport wat jy graag sal wil leer doen?

• Kyk jy graag na kompetisies oor waagsport?

• Speel jy dalk elektroniese speletjies oor waagsportsoorte?

• Waarom dink jy beoefen mense waagsportsoorte? Is dit dalk oor die adrenalien wat dit deur die lyf laat pomp?

• Dink jy dit is baie gevaarlik om waagsport te beoefen?

Het jy al gesien hoe mense waagsportsoorte beoefen? Jy kan die volgende video’s kyk:

• Gemengde sportsoorte: https://bit.ly/3N9eo5b (“Top 10 Exrtreme Sports Moments of All Time”, opgelaai deur Top Ten Daily)

• Branderplankry: https://bit.ly/3sm8K7t (“Surfing’s Incredicble 10 Point Rides”, opgelaai deur Surf The World)

• Branderplankry: https://bit.ly/3KVdojj (“Top 10 - Biggest waves / surf spot on the earth | HD 1080p | ▶, opgelaai deur BodyBoard SB)

• Sweefski: https://bit.ly/3w0UAuJ (“Exreme Kiteboarding in Pumping Conditions | Red Bull King of the Air 2016”, opgelaai deur Red Bull)

• Seilplankry: https://bit.ly/3FuW7N0 (“The Best 4 Windsurfing Jumps – 2019 Gran Canaria Wind & Waves Festival, opgelaai deur Continentseven)

• Skaatsplankry: https://bit.ly/3srTvdv (“Top Skateboarding Moments: 25 Years of X | World of X Games”, opgelaai deur X Games)

• Skaatsplankry: https://bit.ly/3tCifA9 (SLS||Top 10 Highest Scores Ever in SLS2016 HD”, opgelaai deur Yo Slim)

• BMX: https://bit.ly/3N556a2 (“Best of BMX Tricks - Nitro World Games, opgelaai deur Nitro Circus)

Aktiwiteit 214: Luister na ’n inligtingsteks

Vir die nuuskieriges: Watter ander waagsportsoorte kan jy opspoor? Doen navorsing. Kom vertel wat die sportsoort behels en waarom jy dink dit ’n interessante waagsportsoort is.

Ry jy skaatsplank, of ken jy iemand wat skaatsplank ry? Weet jy waar die sportsoort vandaan kom?

SAMPLE

Luister na die inligtingsteks wat die fasiliteerder lees, en beantwoord die vrae daaroor.

1. Skryf die sinne oor, en voltooi dit met die regte woorde. Skaatsplankry is van afkomstig. Dit het in die vroeë ontstaan toe branderplankryers iets gesoek het om te doen as die te plat was.

2. Tony Hawk word in die inleiding genoem. Hoe beskou hy skaatsplankry? Noem twee van die drie dinge.

3. Gee ’n rede waarom Tony Hawk se mening oor skaatsplankry gegee word.

Een van die eerste skaatsplanke wat Roller Derby vervaardig het. Hierdie skaatsplank is ’n voorbeeld van hoe dit gelyk het voordat die skopstert (kicktail) bygevoeg is.

4. Voltooi die tydlyn oor die geskiedenis van skaatsplankry.

Branderplankryers maak die eerste . 1950’s

Roller Derby maak die eerste kommersiële skaatsplanke.

Die eerste skaatsplankrykompetisie.

Die eerste oor skaatsplankry verskyn, The Quarterly Skateboarder

Larry Stevenson ontwerp die 1969

Uretaanwiele verander die skaatsplankry-ervaring.

Die eerste word gebou. 1976

Alan Gelfand dink die ollie uit.

Mark Gonzales ry die eerste keer op .

Die eerste keer ’n item by die .

5. Verduidelik waarom skaatsplankryers in die 1950’s “teerryers” en “sypaadjieryers” genoem is.

6. Noem twee belangrike uitvindings wat skaatsplankry verander het.

SAMPLE

7. Twee toertjies word in die teks genoem, die ollie en om op traprelings te ry. Gee ’n rede waarom juis hierdie twee toertjies genoem word, en gee ook ’n woord uit die teks wat op die rede dui.

8. Daar word genoem dat leë swembaddens as bane gebruik word. Waarom word swembaddens gebruik? Kies die mees toepaslike rede hier onder.

a) Skaatsplankryers kan water in die swembad tap om af te koel nadat hulle skaatsplank gery het.

b) Swembaddens is glad en die kante maak dit makliker om toertjies in die lug te doen.

c) Mense met swembaddens wou geld maak deur ’n fooi te vra om in hul swembad te kan skaatsplank ry.

9. Waarom dink jy word skaatsplankry as ’n waagsport geklassifiseer? (Wenk: Dink aan die toertjies wat skaatsplankryers doen.)

10. Dink jy dit is goed dat skaatsplankry deel van die Olimpiese Spele is? Motiveer jou antwoord.

Vir die nuuskieriges: In die laat 1970’s is leë swembaddens die eerste keer gebruik om skaatsplank in te ry. Waarom was mense se swembaddens leeg in daardie tyd? Doen navorsing.

Aktiwiteit 215: Lees hardop

Lees die onderstaande teks hardop. Die fasiliteerder gaan sê of jy mag oefen en ook terugvoer gee oor hoe jy gelees het.

Kriteria

Het jy die woorde reg uitgespreek?

Het jy vlot en met gevoel gelees?

Het jy die leestekens gehoorsaam?

|

|

|

|

| 4 | 5

| 3 | 4 | 5

Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak?

| 2 | 3 | 4 | 5

• Dit klink of daar ’n ooi-klank in “hupstootjie” is – “hup-stooi-kie”.

• Dit klink of daar ’n e in “platform” is. Dit word uitgespreek as “plat-vo-rim”.

• “Adrenalien” word uitgespreek as “a-drê-na-lien”.

• “Macau” word uitgespreek as “mâ-kô”.

SAMPLE

Drie ... twee ... een! Of jy op jou eie spring en of iemand jou ’n hupstootjie moet gee, jy is vinnig op pad grond toe. Die wind suis in jou ore en alles flits verby, behalwe die grond waarop jou oë gerig is. Dit voel of jou hart uit jou keel gaan spring of dalk enige oomblik sal gaan staan, maar net voordat jou hart jou verlaat, is daar ’n skielike rukgevoel aan jou voete, en jy skiet terug in die lug op.

Rekspring (of bungee jumping) is ’n waagsportaktiwiteit waarby jy van ’n hoë platform soos ’n brug afspring terwyl jou voete of lyf aan ’n rek vasgemaak is. Die rek is natuurlik vas aan die platform. Hoewel die sprong net ’n paar sekondes duur, pomp die adrenalien lank daarna steeds deur jou lyf.

Die hoogste plek in die wêreld waar hierdie waagsport beoefen word, is die Macau-toring in China. Die sprong is 233 meter hoog! Die Bloukransbrug in Suid-Afrika is die derde hoogste ter wêreld, teen 216 meter. Sal jy van so ’n hoë platform afspring vir ’n bietjie opwinding en adrenalien?

Aktiwiteit 216: Speel ’n taalspeletjie

Vorm nuwe woorde om die sinne te voltooi. Die woorde wat gevorm moet word, is afleidings en samestellings. Die agtervoegsels en verbindingsklanke in die blokkie moet gebruik word om party woorde te vorm. Party woorde moet meer as een agtervoegsel kry.

1. Valskermspring is ’n (waaghals + ?) sport.

2. ’n Waaghals is iemand wat daarvan hou om (gevaar + ?) dinge te doen.

3. Alex doen (asem + roof + ?) toertjies met sy BMX.

4. Jason se (hemp + mou) het geskeur toe hy geval het.

5. Party mense ry met (skaats + plank + ?) in (swem + bad) .

6. Die (skaatsplank + ry + ?) ry teen die (trap + reling) .

SAMPLE

7. Die maats ry met hul (rol + skaats + ?) in die straat.

8. Hulle doen (indrukwekkend + ?) toertjies.

9. Die (oos + wind) waai vandag lekker om te kan (sweef + ski) .

10. Alex en Jason ry skaatsplank tot net voor (eet + tyd) .

Soek die woorde dan in die blokkie op die volgende bladsy. Die woorde loop van links na regs, regs na links, bo na onder, onder na bo en diagonaal (skuins).

AFDELING 2 LEES EN KYK

SAMPLE

Aktiwiteit 217: Lees ’n inligtingsteks

Het jy al branderplank gery? Het jy 2020 se Olimpiese Spele gekyk? Bianca Buitendag het ’n silwermedalje vir branderplankry by daardie Olimpiese Spele vir Suid-Afrika gewen.

Die Olimpiese Spele van 2020 is in Tokio, Japan, gehou. (Dit het eers in 2021 plaasgevind – kyk na die interessante feit aan die begin van die les.) Weet jy waar Japan is? Kyk op ’n kaart.

Lees die opskrif van die berig op die volgende bladsy. Weet jy wat die uitdrukking “die tuig neerlê” beteken? Dit beteken dat iemand aftree of uittree, dus ophou om sy/haar beroep te beoefen.

Kan jy aflei wat die opskrif beteken? Lees die berig.

• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, breek die samestelling op, of verdeel die woord in lettergrepe.

• Die o in “grotendeels” word lank uitgespreek – “groo-tin-deels”.

• Breek “kwarteindrondte” op sodat dit makliker is om uit te spreek – kwart-eind-rondte.

• Die a in “generasie” klink lank – “gi-ni-raa-sie”.

Buitendag lê die plank neer

Voor 2020 se Olimpiese Spele in Tokio, Japan, was Bianca Buitendag ’n naam wat grotendeels net onder branderplankryers bekend was. Soos die kompetisie by die Spele gevorder het en Bianca elke keer na die volgende rondte deurgedring het, was haar naam al hoe meer op Suid-Afrikaners se lippe.

’n Groot deel van haar kinderjare is in Victoriabaai in die Wes-Kaap deurgebring, waar haar pa (die bekende branderplankryer Colin Buitendag) haar aan die plank en water voorgestel het. Op 8-jarige ouderdom het sy reeds aan kompetisies deelgeneem. Op 14 het sy Springbok geword, en op die ouderdom van 16 was sy reeds ses keer die nasionale vrouekampioen.

Branderplankry was haar lewe, tot haar pa in 2015 oorlede is. Sy was van plan om uit te tree, maar ná haar ma haar stryd teen twee soorte kankers gewen het, het sy Buitendag aangemoedig om aan die Olimpiese Spele deel te neem toe dit in 2016 die groen lig as ’n Olimpiese sport gekry het. “Ek het nie kanker twee keer oorleef net om jou nié by die Olimpiese Spele te sien nie,” het haar ma gesê. Sy het met min verwagtinge na Japan gereis. Sy was immers 17de op die ranglys van 20 van die wêreld se beste branderplankryers wat in Japan sou deelneem. “Ek was vreeslik trots om Suid-Afrika te verteenwoordig, en omdat branderplankry die eerste keer deel van die Spele was, was dit ’n groot oomblik. Ek het nie

SAMPLE

veel verwag nie en het elke klein stappie as ’n wen beskou,” het sy gesê. Om druppels in die oë van die Australiër Stephanie Gilmore te spat, was ’n groot prestasie. Gilmore het die wêreldkampioenskappe al sewe keer gewen. Met ’n telling van 13.93 teenoor Gilmore se 10, het Buitendag na die kwarteindrondte deurgedring. Haar grootste prestasie was om ná die eindrondte met die silwermedalje om die nek weg te stap. Buitendag het besluit dit was die beste tyd om uit te tree. “Ek het myself altyd belowe ek gaan my loopbaan op ’n hoogtepunt afsluit.”

Buitendag hoop dat haar prestasie die volgende generasie sal inspireer om die branders met ’n plank aan te durf. “Hopelik sien ek meer meisies in die water as ek volgende keer uitroei om die branders te ry.”

30 Julie 2021 | Jeanine Greyling
Bianca Buitendag glimlag trots met haar silwermedalje. (Bron: SABC Sport (@SPORTATSABC), via Twitter)

op (almal) se lippe wees: iets waaroor almal praat uit te tree (uittree): nie meer jou beroep beoefen nie, om op te hou werk

Gesels saam oor die berig, en skryf die antwoorde later in jou werkboek.

1. Gee die volgende inligting oor die berig:

1.1 Opskrif:

1.2 Onderskrif:

1.3 Datum waarop dit gepubliseer is:

1.4 Joernalis:

Onthou, die naam van ’n berig word tussen aanhalingstekens geskryf as jy dit aanhaal.

2. Is die stellings waar of onwaar? Skryf “waar” of “onwaar”, en haal uit die berig aan om jou antwoord te bewys.

2.1 2020 se Olimpiese Spele is in Tokio, China, gehou.

2.2 Bianca Buitendag het tweede in die kompetisie geëindig.

Onthou om aanhalingstekens te gebruik as jy uit ’n teks aanhaal.

2.3 Voor die Tokio-Spele het almal geweet wie Bianca Buitendag is.

3. Aan watter sportsoort het sy professioneel begin deelneem, en hoe oud was sy toe sy die eerste keer aan ’n kompetisie deelgeneem het?

4. Lees weer die laaste sin in die inleiding: “Soos die kompetisie by die Spele gevorder het en Bianca elke keer na die volgende rondte deurgedring het, was haar naam al hoe meer op Suid-Afrikaners se lippe.”

SAMPLE

4.1 Word “op Suid-Afrikaners se lippe” letterlik of figuurlik gebruik? Verduidelik ook wat dit beteken.

4.2 Dink jy alle Suid-Afrikaners het werklik oor haar gepraat?

4.3 Hoe dink jy probeer die joernalis lesers se mening beïnvloed deur die bostaande sin te gebruik? Kies die mees toepaslike antwoord.

a) Die joernalis probeer wys dat Bianca Buitendag op daardie stadium baie gewild was.

b) Die joernalis probeer mense oortuig dat Bianca Buitendag ongewild was.

c) Die joernalis is negatief oor die gebeurtenis.

5. Voordat branderplankry as ’n item by die Olimpiese Spele aangekondig is, watter gebeurtenis het bygedra tot haar besluit om uit te tree?

6. Wie het haar daarna oortuig om aan die Olimpiese Spele deel te neem?

Handleiding 3/4

7. Haal vier opeenvolgende woorde aan wat aandui dat sy toegewyd aan branderplankry was.

8. Buiten dat sy die silwermedalje gewen het, watter ander prestasie het Bianca Buitendag by die Spele behaal?

9. Die idioom “stof in iemand se oë skop” beteken om iemand te wen. Die joernalis het dit na “druppels in die oë te spat” verander. Waarom dink jy is dit so verander? (Wenk: Dink aan die plek waar branderplankry beoefen word.)

10. Wat is jou indrukke oor Bianca Buitendag nadat jy die berig gelees het? Verduidelik.

Bonus: Bianca Buitendag se ma het haar oorreed om aan die Olimpiese Spele deel te neem “toe dit in 2016 die groen lig as ’n Olimpiese sport gekry het.” Wat lei jy af beteken “die groen lig kry”? (Wenk: Dink aan die betekenis van ’n groen verkeerslig.)

Aktiwiteit 218: Beantwoord vrae

Jy kan die berig in die vorige aktiwiteit weer lees voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.

1. Verduidelik wat die opskrif van die artikel beteken deur eers te verduidelik wat die uitdrukking beteken waarop dit gebaseer is.

2. Victoriabaai is ’n bekende plek waar branderplankry beoefen word. Dink jy Bianca Buitendag sou ’n goeie branderplankryer gewees het as hulle nie naby die see gewoon het nie? Verduidelik.

SAMPLE

3. Wat lei jy af oor branderplankryers uit die aanhaling in die slot: “Hopelik sien ek meer meisies in die water as ek op die plank uitgaan.”

4. Wat is die basis van die woorde?

4.1 spele

4.2 deurgedring

4.3 deelgeneem

4.4 verwagtinge

4.5 beëindig

Stam – die kleinste deel van ’n woord wat betekenis het.

Basis – enige deel van ’n woord waaraan daar voor- of agtervoegsels gevoeg kan word. Voorbeeld: ongelukke stam: geluk basis: ongeluk

5. Skryf die sinne oor, en identifiseer die hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde en skakelwerkwoorde deur dit met verskillende kleure te onderstreep.

5.1 Sy het geleer branderplank ry.

5.2 Sy beoefen die sport nie meer professioneel nie.

5.3 Sy sal steeds op die branders ry as sy die kans kry

5.4 Bianca wil graag meer meisies sien wat branderplank ry

5.5 Sy help ’n meisie wat begin oefen

6. Skryf die sin oor, en onderstreep die bepalings: Sy het met min verwagtinge na Japan gereis.

7. Ontleed die sin volgens onderwerp, gesegde en voorwerp: Bianca Buitendag het ’n medalje by die Olimpiese Spele gewen.

8. Skryf die sin in vraag 7 in die lydende vorm.

9. Identifiseer die voegwoord, en skryf die sinne neer wat saamgevoeg is as enkelvoudige sinne:

Sy het uitgetree, want sy wou haar loopbaan op ’n hoogtepunt afsluit.

10. Skryf die sin oor, en onderstreep die bysin:

Sy het naby Victoriabaai grootgeword, waar sy geleer branderplank ry het

11. Gee die rede vir die koppelteken in die woorde.

11.1 Wes-Kaap 11.2 8-jarige

12. Skryf die paragraaf oor met die regte woorde.

SAMPLE

Kyk in les 1 vir inligting oor die koppelteken.

Bianca Buitendag se pa het haar branderplank ry toe sy baie jonk was. Sy was agt jaar toe sy die eerste keer ’n kompetisie het. Haar pa het ’n groot rol in haar loopbaan . Sy wou haar op ’n hoogtepunt eindig, het sy ná die Olimpiese Spele uitgetree.

Aktiwiteit 219: Woordvorming

Beantwoord die vrae in jou werkboek.

1. Is die woorde afleidings of samestellings? Skryf ook die stamme van die woorde neer.

1.1 leefstyl

1.2 waagsport

1.3 bekende

1.4 gevorder

1.5 uitgaan

1.6 hopelik

2. Gebruik klankverandering om die woorde tussen hakies reg oor te skryf.

2.1 Jason maak ’n groot (spring) met die skaatsplank.

2.2 Die rotsklimmer het (help) nodig.

2.3 Hy beweeg met ’n (gebuig) lyf deur die tonnel.

2.4 Die seun se arm is in ’n (verbind) nadat hy met die skaatsplank geval het.

2.5 Die (bederf) kind het die duurste skaatsplank.

3. Gebruik die regte verbindingsklank in die blokkie om elke samestelling te vorm.

3.1 strokie + prent =

3.2 stad + raad =

3.3 hoog + punt =

3.4 woord + boek =

3.5 verkeer + lig =

4.1 Naledi spring van ’n (hoog) platform af.

4.2 Hy stel ’n baie (goed) rekord op.

4.3 Die branderplankryer maak (vinnig) draaie.

4.4 Alex maak ’n (wyd) draai met sy fiets.

4.5 Hy kry ’n nuwe fiets, wat ’n (aangenaam) verrassing is.

5. Skryf die sinne oor met die regte deelwoorde.

Kyk in les 6 vir inligting oor klankverandering. ge- -te -end -de -ende

4. Skryf die sinne oor met die verboë vorm van die byvoeglike naamwoorde tussen hakies.

Onthou, deelwoorde is werkwoorde wat byvoeglike naamwoorde of bywoorde gemaak word. Kyk weer in les 6.

5.1 Die valskermspringer het al (gil) by die vliegtuig uitgespring.

SAMPLE

5.2 Jason probeer sy (skeur) hemp wegsteek.

5.3 Daar word gips om die seun se (breek) arm gesit.

5.4 Die (juig) skare kyk na die skaatsplankryer.

5.5 Hy lees die (skryf) reëls.

Vir die nuuskieriges: Wat kan jy oor rotsklim uitvind? Dit is een van die nuwe items by die Olimpiese Spele wat in 2020 bekendgestel is.

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.