Gr 10-Gasvryheidstudies Handleiding 2

Page 1

Í2*È-A-HOS-SG02iÎ

1

8

1

0

-

A

-

H

O

S

-

S

G

0

2

GASVRYHEIDSTUDIES RESEPTEBOEK

Graad 10

A member of the FUTURELEARN group


Gasvryheidstudies Resepteboek

1810-A-HOS-SG02

Í2*È-A-HOS-SG02iÎ

Graad 10

Aangepas vir KABV

S Jordaan M Smit


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

INHOUDSOPGAWE 1. Prakties graad 10 .................................................................................................... 3 2. Praktiese les 1......................................................................................................... 5 3. Praktiese les 2......................................................................................................... 8 4. Praktiese les 3....................................................................................................... 10 5. Praktiese les 4....................................................................................................... 12 6. Praktiese les: Verrykingsles 1 ............................................................................... 14 7. Praktiese les 5....................................................................................................... 22 8. Praktiese les 6....................................................................................................... 24 9. Praktiese les 7....................................................................................................... 42 10. Praktiese les 8....................................................................................................... 47 11. Praktiese les: Verrykingsles 2 ............................................................................... 50 12. Praktiese les 9....................................................................................................... 53 13. Praktiese les 10..................................................................................................... 60 14. Praktiese les 11..................................................................................................... 69 15. Praktiese les 12..................................................................................................... 81 16. Praktiese les: Verrykingsles 3 ............................................................................... 83 17. Terminologie ......................................................................................................... 86 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ................................................................................... 89

Š Impaq

1


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1. • • • •

1-4

PRAKTIESE LESSE – GRAAD 10 Kwartaal 1 het vier praktiese take, kwartaal 2 het vier praktiese take, kwartaal 3 het vier praktiese take. Al hierdie take MOET deur die loop van die jaar voltooi word. Vir elke praktiese taak moet ’n voorbereidingsvorm ingevul word. Elke prakties moet geassesseer word op die assesseringsvorm. Die voorbereidingsvorm sowel as die assesseringsvorm vir elke prakties moet saam met die portefeulje gehou word aangesien dit deel gaan uitmaak van jou finale praktiese punt. Geen werk sal na die inhandigingsdatum aanvaar word nie. Indien jy weens omstandighede ’n prakties wil omruil met ’n ander week se prakties, is jy welkom om dit te doen. Sorg net dat jy die regte hoeveelheid praktiese werk vir elke kwartaal gedoen het en dat jy aan die einde van kwartaal 3 alle praktiese werk voltooi het.

SKRIFTELIKE VOORBEREIDING Vir elke praktiese taak moet ’n voorbereidingsvorm ingevul word. Daar moet dus 12 sulke vorms aan die einde van die jaar voltooi wees. Alle praktiese werk moet gedoen word. PRAKTIESE VOORBEREIDING VAN GEREG Die leerder moet elke week een praktiese taak voorberei. Laat die leerder toe om die geregte vir die gesin voor te berei. Sodoende word daar op kostes bespaar en die leerder kry oefening om geregte vir ander mense voor te berei. Indien dit is nie moontlik is om sekere bestanddele te kry nie kan dit gerus met ’n soortgelyke bestanddeel vervang word. Wat belangrik is, is dat die leerder sekere tegnieke moet bemeester. Die fasiliteerder moet self die geregte en voorbereiding assesseer. Dit is aanvanklik moeilik, maar met oefening kom ’n mens gou reg. Moet asseblief nie net volpunte vir alles gee nie. Wees baie krities en gee veral aandag aan voorkoms. Jy kan gerus na al die wonderlike kosprogramme op TV kyk om te sien wat met goeie voorkoms bedoel word. Jy moet na elke praktiese taak ’n assesserings-/evalueringsvorm invul.

© Impaq

3


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

Hou die volgende in gedagte voordat jy met jou praktiese lesse begin: OOND • • • •

Onthou om die oond op die korrekte temperatuur te skakel soos per resep vereis word. Onthou om seker te maak dat daar geen items in die oond is voordat die oond aangeskakel word nie soos bv.; bakplaat, ens. Onthou om die oondrakkie in die middel van die oond te plaas sodat die hitte eweredig in die oond versprei kan word. Sodra jou oond die regte temperatuur bereik het, sal die oond se liggie afgaan.

OMSKAKELINGS •

Temperatuur: °F

1 mℓ

=

1 mℓ

=

2 mℓ

=

1 mℓ

Meel: 1g

=

Botter | Margarien: 1g

°C

Vloeistowwe: 1g

+32

Suiker: 1g

TERMINOLOGIE/TERME Sien die terminologielys aan die einde van die resepteboek as daar enige terminologie/ terme is waaroor jy onseker is.

© Impaq

4


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

2.

1-4

PRAKTIESE LES 1 PRAKTIESE LES 1 Doen EEN van die volgende praktiese take. Kies die resep en doen die praktiese voorbereiding wat volg. • Muffins • Bloubessiemuffins • Gesondheidsmuffins Muffins (± 6 muffins)

Bestanddele: 200 10 1 25 ½ 100 25

ml ml ml ml ml ml

meelblom bakpoeier sout suiker geklitste eier melk olie

Metode: 1.

Stel oond op 200 ºC.

2.

Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak.

3.

Klits eier, melk en olie saam.

4.

Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng met ’n houtlepel net totdat die meel ingeroer is. (Die beslag moenie glad wees nie)

5.

Skep lepelsvol van die beslag in ’n gesmeerde muffinpan (twee-derdes vol).

6.

Bak 12 – 15 min. tot goudbruin en gaar.

• Kaasmuffins: laat suiker weg en voeg 100 ml gerasperde cheddarkaas by.

© Impaq

5


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

Bloubessiemuffins (± 6 muffins) Bestanddele: 62, 5 125 7,5 100 1,5 ½ 62,5 50 ½

ml ml ml ml ml ml ml blik (425 g)

nutty wheat koekmeelblom bakpoeier strooisuiker sout geklitste eier melk olie bloubessies (gedreineer)

Metode: 1.

Sif droë bestanddele saam en voeg semels by wat in die sif agter gebly het.

2.

Klits eier, melk en olie saam en roer by droë bestanddele. Meng tot aangeklam en beslag nog klonterig is. Voeg bessies by en meng liggies.

3.

Skep in gesmeerde muffinpanne en bak vir 15 – 20 min. teen 200 ºC.

© Impaq

6


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

Gesondheidsmuffins (± 6 muffins) Bestanddele: ½ 30 ml 75 ml 125 ml 1 ml 62,5 ml 125 ml 1 ml 2,5 ml 62,5 ml 62,5 ml

geklitste eier olie sagte bruinsuiker melk vanillageursel nutty wheat spysverteringsemels sout koeksoda koekvrugtemengsel dadels (gesnipper )

Metode: 1.

Klits eiers, olie en bruinsuiker saam tot gemeng en suiker amper opgelos is.

2.

Voeg melk en vanillageursel by en klits tot gemeng.

3.

Meng volkoringmeel, semels, sout en koeksoda saam.

4.

Voeg eiermengsel by droë bestanddele en klits tot gemeng.

5.

Voeg vrugte by en roer deur.

6.

Skep in gesmeerde muffinpanne en bak in voorverhitte oond teen 180 ºC vir sowat 25 min.

© Impaq

7


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

3.

1-4

PRAKTIESE LES 2 PRAKTIESE LES 2 Doen die volgende praktiese taak: • Pannekoek met hoendervulsel

Pannekoek met hoendervulsel Pannekoek Bestanddele: 250 ml koekmeelblom 25 ml olie 12,5 ml olie (vir pan) 5 ml bakpoeier 250 ml water 2 ml sout 5 ml asyn 1 eier Metode: 1.

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.

2.

Klits die eier, voeg die water en 25 ml olie by en klits weer.

3.

Klits droë bestanddele geleidelik by.

4.

Laat staan vir so 5 - 10 minute.

5.

Verhit solank 12,5 ml olie in ’n braaipan.

6.

Voeg die asyn by die beslag en meng goed.

7.

Gooi net genoeg beslag in die braaipan om die bodem te bedek.

8.

Braai tot goudbruin aan eenkant, draai om met eierspaan en braai ook goudbruin aan anderkant.

© Impaq

8


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

Vulsel Bestanddele: ½ Blik (135 g) 2 100 1 100 15 5 40 Sout en peper 12, 5

ui, gekap sampioenroomsop sampioene, gekap ml melk ring soetrissie, gekap g gaar, fyngesnyde hoendervleis g botter of margarien ml suurlemoensap ml koekmeelblom na smaak ml gerasperde kaas

Metode: 1.

Soteer die ui, sampioene en soetrissie in die botter of margarien.

2.

Strooi die koekmeelblom oor en roer tot gemeng.

3.

Voeg die roomsop en melk by, verhit oor matige hitte tot kookpunt en roer aanhoudend.

4.

Voeg hoendervleis, suurlemoensap, sout en peper by en meng.

5.

Skep ’n lepel vulsel op elke pannekoek en rol dit op.

6.

Strooi gerasperde kaas oor en plaas dit onder die roosterelement van die oond net tot dit gesmelt het.

7.

© Impaq

Garneer met pietersielie.

9


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

4.

1-4

PRAKTIESE LES 3 PRAKTIESE LES 3 Doen die volgende praktiese taak: • Skons (Botterbroodjies)

Skons (Botterbroodjies) (± 4 skons) Bestanddele: 250 ml koekmeelblom 7,5 ml bakpoeier 1 ml sout 30 ml strooisuiker 30 g margarien of botter ½ eier ( geklits ) 62,5 ml melk Metode: 1. Sif droë bestanddele saam. Voeg suiker by. 2. Vryf botter in tot dit soos broodkrummels lyk. 3. Meng eier en melk en sny met ’n mes in. Vorm ’n sagte deeg wat nie klewerig is nie. 4. Druk liggies uit tot 20 mm dik op ’n meelbestrooide werksoppervlak. Sny in sirkels of vierkante. 5. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak 12 – 15 min. in ’n voorverhitte oond teen 200 ºC. Kaasskons: Laat suiker weg en voeg 125 ml gerasperde cheddarkaas by droë bestanddele.

© Impaq

10


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

STUDEER/HERSIENING:  Noem die basiese bestanddele vir botterbroodjies (skons). • Meel, sout, bakpoeier, smeer, melk/water, eier (opsioneel)  Watter tipe meelmengsel is botterbroodjies (skons)? • Sagte deeg  Noem die basiese bestanddele vir muffins. • Meelblom, bakpoeier/suur en alkali, sout, smeer (botter, margarine of olie), melk en eier.  Watter tipe meelmengsel is muffins? • Drupbeslag  Watter faktore veroorsaak dat botterbroodjies (skons) kan misluk? • Oorhantering van die deeg – dit vorm ’n swaar en taai tekstuur. • Mes moet gebruik word om die deeg te meng om glutenontwikkeling te voorkom. • Vars botterbroodjies moet oop gebreek word en nie oopgesny word nie om te voorkom dat die tekstuur kluitjierig word.  Waarmee word botterbroodjies (skons) glasuur? • Geklitste eier wat bo-op die botterbroodjies (skons) geverf word.

© Impaq

11


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

5.

1-4

PRAKTIESE LES 4 PRAKTIESE LES 4 Doen EEN van die volgende praktiese take. Kies die resep en doen die praktiese voorbereiding wat volg. • Croute met slaai • Vars Vrugteslaai Croute Met Slaai

Bestanddele: 2 snye 20 ml 15 ml ½ 15 ml 10 g 2 1 ½ ml ± 12,5 ml

Franse brood gekapte ui olie wortel (Julienne) botter kaas, brunoise repies spekvleis slaaiblaar knoffel slaaisous

Metode: 1. Verhit olie en botter in pan. 2. Druk ’n sirkel uit ’n sny Franse brood en braai dit tot goudbruin aan beide kante. 3. Sny spekvleis in stukkies en braai tot bros. 4. Breek slaaiblaar in stukkies. 5. Meng al die bestanddele, behalwe die brood. 6. Skep die slaai op die croutes en bedien. VIR DIE NUUSKIERIGES: Canapés: Canapés is klein, oop broodjies. Dit word gebou van ’n basis, ’n smeer en een of meer garnering.

© Impaq

12


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

1-4

Vars Vrugteslaai Bestanddele: ½ 1 5 10 ml 12,5 ml 2 ml 5 ml 5 ml Mentblare

spanspek/ klein papino dik waatlemoenskyf aarbeie/frambose /druiwe, in halwes olie wit wyn suurlemoensap suiker vars gekapte ment vir versiering

Metode: 1.

Verwyder die spanspek/papino se pitte. Skep spanspek-/papinoballetjies uit met ’n balletjielepel en laat slegs ’n dun laag teen die skil om die skil ferm te hou.

2.

Skep ook balletjies uit die waatlemoen en haal die pitte versigtig uit. Meng die spanspek/papino- en waatlemoenballetjies met die aarbeie/frambose/druiwe.

3.

Maak die sous deur die olie, wyn, suurlemoensap en suiker te verhit net tot kookpunt.

4.

Verwyder van die hitte, roer goed, roer gekapte kruisement by en gooi oor die vrugte.

5.

Bedien in ’n kelkie/coupé.

Opsioneel: Sny die spanspekdop onder effens gelyk sodat dit kan staan. Sny die rand van die spanspek op ’n interessante manier. Vul die spanspekdop met die voorbereide vrugte en plaas op ’n bordjie.

© Impaq

13


Resepteboek G10 ~ Gasvryheidstudies

6.

1-4

PRAKTIESE LES: VERRYKINGSLES 1 PRAKTIESE LES: VERRYKINGSLES 1 Doen die volgende praktiese take: • Garnering • Mesvaardighede

Garnering Apparaat:

Koksmes

Groente mes/Skilmes

Groenteskiller

Balletjielepel

© Impaq

14

Voëlbekmes/Gekurfde mes

Zester


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.