Gr 10-Lewensoriëntering Handleiding

Page 1

Í2*È-A-LIO-SG01#Î 1

8

1

0

-

A

-

L

I

O

-

S

G

0

1

LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 10

A member of the FUTURELEARN group


Lewensoriëntering Handleiding

1810-A-LIO-SG01

Í2*È-A-LIO-SG01#Î

Graad 10

Dr D Strydom


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD

4

EENHEID 1 1. 2.

3. 4.

5. 6. 7.

INLEIDING SELFBEELD 2.1 DIE RAAISEL IN DIE SPIEËL 2.2 DIE INTERAFHANKLIKE FASETTE VAN DIE SELFBEELD 2.2.1 Die fisieke selfbeeld 2.2.2 Die ideale selfbeeld 2.2.3 Die sosiale selfbeeld 2.2.4 Die akademiese selfbeeld 2.2.5 Die emosionele selfbeeld 2.3 KENMERKE VAN ’N PERSOON MET ’N POSITIEWE SELFBEELD 2.4 VOORDELE VAN ’N POSITIEWE SELFBEELD 2.5 SIMPTOME VAN ’N SWAK SELFBEELD 2.6 VERGIFNIS EN SELFBEELD 2.7 DIE SLEUTEL TOT DIE OPBOU VAN DIE SELFBEELD 2.8 SELFBEELD, SELFRESPEK EN RESPEK VIR ANDER 2.8.1 Respek en erkenning vir uniekheid en verskille VERANDERENDE LEWENSROLLE EN DIE IMPAK DAARVAN OP VERHOUDINGS DIE ADOLESSENSIEFASE, ROLINLEWING EN DIE IMPAK DAARVAN OP VERHOUDINGS 4.1 EMOSIES EN VERHOUDINGS 4.2 SOSIALE VERANDERING EN VERHOUDINGS 4.2.1 Verhouding met ouers 4.2.2 Generasiegaping 4.2.3 Adolessente se emansipasie van die gesin 4.2.4 Die invloed van die portuurgroep 4.2.5 Die adolessent en groepsdruk 4.2.6 Die adolessent se liefdesverhoudings 4.2.7 Uitgaan en tienerseks 4.2.8 Tienerswangerskap TRADISIONELE MAGSVERHOUDINGS DISKRIMINASIE SAMEVATTING

6 6 6 10 11 13 15 17 18 19 21 22 25 26 28 29 31 34 35 37 39 40 40 41 42 44 44 45 46 47 50

EENHEID 2 1. 2. 3. 4.

5.

6.

INLEIDING IDENTIFISERING VAN OMGEWINGS- EN MAATSKAPLIKE KWESSIES DIE INTERVERWIKKELDE AARD VAN DIE MENS, SY OMGEWING- EN SY MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID JY EN JOU BESKAWINGSMONDIGHEID 4.1 JY EN JOU OMGEWING 4.2 JY EN JOU MEDEMENS 4.3 JY EN JY DEMOKRASIE 5.1 KENMERKE VAN ’N MODERNE DEMOKRASIE 5.2 VERKIESINGS PADVEILIGHEID 6.1 DIE PADGEBRUIKER SE INGESTELDHEID

© Impaq

1

52 52 53 55 55 56 57 57 58 58 59 60


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

7.

6.1.1 Verantwoordelikheid 6.1.2 Konsentrasie 6.1.3 Geduld 6.1.4 Selfvertroue 6.2 DEFENSIEF BESTUUR 6.3 DIE PADWAARDIGHEID VAN DIE VOERTUIG 6.3.1 Bande 6.3.2 Remme 6.3.3 Ligte 6.3.4 Spieëls 6.4 JY EN JOU BESTUURDERSLISENSIE 6.5 DIE VERMOEIDHEIDSFAKTOR, ALKOHOL EN JOU BESTUURSVERMOË SAMEVATTING

60 60 61 61 61 63 63 63 64 64 64 65 66

EENHEID 3 1. 2.

3. 4. 5.

6. 7. 8. 9.

10. 11

12

INLEIDING BALANS IN DIE LEWE – DIE WELSYNSWIEL 2.1 FISIEKE WELSYN 2.2 EMOSIONELE WELSYN 2.3 SOSIALE WELSYN 2.4 INTELLEKTUELE WELSYN GEBALANSEERDHEIDSTOETS WEBWERWE EN GESONDHEID DIE HEILSAME VERRIMPELINGSEFFEK EN TERAPEUTIESE WAARDE VAN FISIEKE OEFENING 5.1 VERMINDERDE ANGS EN STRES 5.2 MEDIESE VOORDELE 5.3 FISIEKE OEFENING EN PERSOONLIKHEID 5.4 DENKE EN BREINFUNKSIONERING SPORT VERSUS ONTSPANNING DIE ROL VAN SPORT EN ONTSPANNING IN DIE HUISGESIN DIE VERBAND TUSSEN LIGGAAM EN GEES KOMPONENTE VAN FIKSHEID 9.1. KARDIOVASKULÊRE FIKSHEID 9.2 SPIERKRAG 9.3 SPOED 9.4 SPIERUITHOUVERMOË 9.5 SOEPELHEID DIE NOODSAAKLIKHEID VAN SPORTBEOEFENING WANPRAKTYKE IN SPORT 11.1 SUBJEKTIEWE SKEIDSREGTERS 11.2 KOOP VAN SPORTSTERRE 11.3 WEDSTRYDKNOEIERY 11.4 GEBRUIK VAN VERBODE STIMULANTE SAMEVATTING

68 68 68 69 69 69 70 71 71 71 71 72 72 73 74 75 78 79 79 79 80 80 80 82 82 83 83 85 87

EENHEID 4 1. 2. 3. 4. 5.

INLEIDING DIE PROFIEL VAN ’N GEBALANSEERDE TIENER KONSENTRASIE SNELLEESVAARDIGHEDE STUDIETEGNIEKE

© Impaq

2

90 90 91 94 96


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

6.

7. 8. 9.

10.

5.1 BREINKAARTE 5.2 DIE GEBRUIK VAN KLEUR 5.3 DIE NOMMER-ASSOSIASIESPEL JOU LOOPBAAN EN LOOPBAANKATEGORIEË 6.1 REALISTIES 6.2 KUNSSINNIG 6.3 ONDERSOEKEND 6.4 KONVENSIONEEL 6.5 SOSIAAL 6.6 ONDERNEMEND UNIVERSITEITE SOSIO-EKONOMIESE FAKTORE BY LOOPBAAN- EN STUDIEKEUSE BELASTING 9.1 INKOMSTEBELASTING 9.2 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE SAMEVATTING

© Impaq

3

96 97 98 99 100 100 101 102 102 103 104 105 106 107 107 109


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

1.

Eenheid

1

INLEIDING

Jy is nou in die ontwikkelingsfase van jou lewe waar jy aktief besig is met die vestiging van ’n eie karakteristieke persoonlikheid as onderbou van ’n eie identiteit. Die opbou van ’n positiewe selfbeeld en die ontwikkeling van gesonde lewensvaardighede raak belangrike legkaartblokkies in die skep van ’n positiewe identiteit. Die opbou en ontwikkeling van ’n positiewe selfbeeld kom eerste onder bespreking.

In die fase waarin jy jouself nou bevind, kan die lewenswaters soms maar stormagtig word. Verhoudings kan veral maklik verbrokkel en is dit nodig om die adolessente en sy verhoudings onder die vergrootglas te plaas.

2.

SELFBEELD

2.1

DIE RAAISEL IN DIE SPIEËL?

Die tienertydperk is sekerlik die opwindendste fase in die bestaan van jou lewe. Dit is die tyd waarin die alledaagse tiener sy/haar tog op pad na volwassenheid toe met mening aanpak. Die strewe om self dinge te ervaar en om onafhanklikheid teenoor die wêreld te verklaar, raak intens. Ja, om die naelstring met die ouers finaal te knip (behalwe as dit by beursiesake kom), is nie meer onderhandelbaar nie. Daar kan gesê word dat die tiener algaande van die gesin emansipeer.

Tog is hierdie fase so ’n brose fase. Daar is ernstige soeke na die sin van die lewe en baie vrae word oor die lewe gevra. Sekerlik een van die grootste krisisse waarmee die tiener mee te doen kry, is die soeke na die self – die vraag oor wie die persoon in die spieël werklik is, sy/haar sin en doel in die lewe.

© Impaq

6


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Verskillende ingrypende veranderinge vind tydens adolessensie plaas wat die tiener dwing om sy/haar posisie in die lewe te heroorweeg. Die fisiologiese, kognitiewe en sosiale ontwikkeling van die tiener is slegs enkele faktore wat die tiener dwing tot die bepaling van sy/haar eie identiteit. Die snelle veranderinge gedurende die adolessensiefase konfronteer die adolessent voortdurend met die vraag: Wie is ek?

Die selfbeeld is nooit staties nie, maar beweeg voortdurend tussen twee pole, naamlik positief en negatief. Die een oomblik voel jy “on top of the world”, en die volgende oomblik voel jy in jou menswees maar platgeslaan. Die selfbeeld is dinamies en verander dwarsdeur die lewe. Die mens spandeer in die algemeen ’n groot deel van sy lewe opsoek na die ware self. Dit is ’n deurlopende en lewenslange versugting om die self te deurgrond in terme van wie jy is, wat jy uit die lewe wil hê en waarheen jy op pad is. Wanneer ’n mens nie die antwoorde op hierdie vrae het nie, het dit dikwels ’n gevoel van leegheid en isolasie tot gevolg.

Die opbou van ’n positiewe selfbeeld kan sekerlik as die belangrikste ontwikkelingstaak in die tienerfase beskou word. Hierdie uitdaging is des te meer groot omdat die tiener algaande meer en meer bewus word van tekortkominge en gebreke in sy lewe. Wat die opbou van die tiener se selfbeeld ’n nog groter uitdaging maak, is die feit dat hulle gedurigdeur besig is om hulself te vergelyk met ander tieners in hul leefwêreld. Hoe sterk of swak ’n tiener se selfbeeld is, het natuurlik verreikende implikasies vir interpersoonlike verhoudings – ’n aspek wat ook in hierdie eenheid behandel word. Die aard van die tiener se selfbeeld wat in die tienerfase opgebou word, het natuurlik ook verreikende implikasies vir die aard van die selfbeeld in die volwasse lewe.

© Impaq

7


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Vul die vraelys hieronder in. Die doel van die vraelys is om jou te begelei om meer oor jouself uit te vind as ’n aanduiding van jou selfbelewenis. Die nommers wat by die antwoord op van elke vraag gebruik kan word, word hieronder weergegee:

5 – Nooit 4 – Amper nooit 3 – Soms 2 – Dikwels 1 – Altyd

Ek hou van myself. Ek dink ek is aantreklik. My vriende vind my interessant. Ek is selfversekerd. Ek is bekwaam. Ek erken dit altyd as ek verkeerd is. Ek respekteer myself. Ek is so bekwaam soos my vriende. Ek is gelukkig om myself te wees. Mense hou daarvan om met my te praat. Ek is in die oë van ander ’n beminde persoon. Ek gee nie om daarvoor om myself verspot te maak in die oë van ander nie. Ek wil nie soos ander mense wees nie.

© Impaq

8


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Ek voel nie selfbewus wanneer ek uitgaan nie. Ek dink mense hou van my. Ek dink mense hou daarvan om met my te praat. Ek is selfversekerd. My vriende dink baie van my. Ek is ’n aangename mens. Ek maak ’n goeie indruk op ander mense.

Tel nou jou totale telling bymekaar en vergelyk jou totale telling met die ooreenstemmende terugvoer in die tabel hieronder:

20 – 30 31 – 50

Jy sien jouself as van waarde en het ’n baie goeie selfbeeld. Jy beskik oor ’n goeie selfbeeld. Jou selfbeeld is gematigd. Kyk na die stellings waar jy vir

51 – 80

jouself ’n 4 of 5 gegee het en maak ’n lys van wat jy kan doen om daardie ervarings van jouself te verander. Maak ’n belofte aan jouself dat jy elke dag tyd eenkant sal sit om eksklusief aandag daaraan te gee om jou selfbeeld

80 - 100

te bevorder. Maak ’n lys van al die vaardighede wat jy graag sou wou aanleer en wat jou trots op jouself sou maak.

© Impaq

9


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

2.2

Eenheid

1

DIE INTERAFHANKLIKE FASETTE VAN DIE SELFBEELD Hoewel selfbeeld nie in presiese kompartemente verdeel kan word nie, is dit tog nodig om nie slegs na die selfbeeld vanuit ’n geïntegreerde gesigspunt te kyk nie.

’n

Mens

se

selfbeeld

is

soos

’n

klomp

legkaartblokkies wat elk ’n unieke bydra tot die volledige legkaartprent lewer. ’n Mens se selfbeeld word opgebou uit ’n aantal interafhanklike fasette. ’n Mens kan amper sê dat ’n persoon ’n verskeidenheid selfbeelde besit. Van hierdie fasette word is:  Die fisieke selfbeeld of liggaamsbeeld – hoe jy oor jou fisieke eienskappe voel.  Die ideale selfbeeld – hoe jy regtig sou wou wees.  Die sosiale selfbeeld – hoe jy dink ander jou sien.  Die akademiese selfbeeld – hoe jy jouself in terme van slim of dom beleef.  Die emosionele selfbeeld – hoe jy jouself in terme van emosionele balans beleef.

Uiteindelik is die algemene selfbeeld groter as die som van hierdie interafhanklike fasette saam.

Elk van bostaande interafhanklike fasette van die selfbeeld word vervolgens onder die vergrootglas geplaas met die doel om jou as tiener te help om ’n positiewe belewenis van jouself te ontwikkel in elk van hierdie fasette en sodoende jouself op ’n strategiese wentelbaan vir sukses en geluk in die lewe te plaas.

© Impaq

10


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

2.2.1 DIE FISIEKE SELFBEELD

Die fisieke selfbeeld is kortliks die persoon se subjektiewe voorstelling van sy liggaam. ’n Mens beleef sy liggaam meer dikwels en met meer intensiteit as wat hy enige ander voorwerp in sy omgewing beleef. Die mens bewoon sy wêreld deur sy liggaam en kommunikeer daardeur met sy omgewing. Die mens betree die wêreld en ander mense tegemoet deur sy liggaam. Dit maak ook ’n groot deel uit van ’n persoon se vlak van bewussyn en daarom het dit ’n belangrike invloed op sy gedagtes, houdings, gevoelens en aksies. ’n Persoon se fisieke selfbeeld kan sy sosiale aanvaarding bevorder of benadeel.

Waar ’n laerskoolkind se fisieke selfbeeld oor jare redelik konstant bly, word die tiener weer opnuut van sy liggaam bewus as gevolg van die snelle fisieke veranderinge. Wanneer die liggaam fisieke verandering ondergaan, impliseer dit dat die liggaamsbeeld ook verandering moet ondergaan. Hierdie liggaamsveranderinge is gewoonlik geleidelik sodat die individu dit gewoonlik nie agterkom nie. Dit kan egter gebeur dat die liggaamsbeeld nie tred hou met die fisieke veranderinge nie. Hierdie tendens speel homself gewoonlik tydens die tienerfase af en weerspieël die veranderde liggaamsbeeld van die tiener weer maklik in ’n negatiewe selfbeeld. Dit is juis as gevolg van die ingrypende liggaamlike veranderinge, wat die tienerfase ’n kritieke periode maak vir die ontwikkeling van die selfbeeld. Hierdie fisieke verandering bemoeilik die lewe van die tiener wat dikwels nie weet wat met hom gebeur nie. ’n Nuwe liggaam waarin die tiener ontuis voel, velprobleme wat ontwikkel, ontevredenheid met die eie liggaamsbou, die strewe om te lyk soos die massamedia die ideale vrou of man voorhou, asook kritiese vergelykings van die eie liggaam met die van ander kan alles groot implikasies vir die tiener se selfbeeld inhou.

© Impaq

11


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Klere kan ’n bron van positiewe of negatiewe gevoelens teenoor die self wees, omdat dit as’t ware ’n uitbreiding van die fisieke self is. So het tieners wat met genoegsame vertroue hul klere aantrek en hul fisieke self versier, ook ’n gesonde selfbeeld wat hul fisieke self betref.

Navorsing wys ook op die verband tussen fisiese oefening en selfkonsep deurdat fisiese oefening ’n mens laat goed voel, wat weer positiwiteit in ’n mens se selfkonsep veroorsaak.

Bespreek in die spasie hieronder wat jy kan doen om jou fisieke selfbeeld te verbeter:

Die meeste van ons lyk gewoon, maar omdat ons telkens prente van pragtige modelle in koerante, tydskrifte, rolprente of op TV sien en gekondisioneer word om sekere fisiese eienskappe te bewonder, begin ons later glo dat ons nie goed lyk nie en begin ons ontevrede raak met ons fisiese voorkoms. Baie mense dink dat hulle slegter lyk as wat hulle in werklikheid is.

’n Studie van 500 mans en vroue tussen die ouderdomme van 13 en 21 het getoon dat slegs 5% van die meisies en slegs 12% van die seuns gesê het dat hulle ander volgens voorkoms beoordeel, maar dat 30% van die meisies en 33% van die seuns geglo het dat ander hulle volgens hul voorkoms beoordeel.

© Impaq

12


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

TV SNOEI FIDJI-MEISIES SE LIGGAAMSBEELD BOSTON

Simptome van eetversteurings het vyfvoudig toegeneem onder tienermeisies in Fidji sedert televisie na die nasie op die eiland in die Stille Oseaan gekom het. ’n Studie deur Harvard-navorser, Anne Becker, het bevind dat in 1995, die jaar waarin TV in Fidji ingestel is, slegs 3% van die meisies gemeld het dat hulle opgooi om hulle gewig te beheer. Drie jaar later het 15% die gedrag gemeld. In die Fidjiaanse kultuur was dit tradisioneel belangrik om baie te eet en gespierd te wees. In die opvolgstudie in 1998 het 74% van die meisies gemeld dat hulle “te groot of te vet” voel en 62% het gemeld dat hulle die vorige maand op ’n dieet was.

Die oordrewe klem wat die media op uiterlike voorkoms plaas, bring mee dat ander belangriker sake vervaag. Jou voorkoms is primêr geneties bepaal, maar aan ander eienskappe kan ’n mens wel verander. Watter eienskappe is belangriker as voorkoms en domineer jou aanvaarbaarheid in jou leefwêreld? Skryf vier van hierdie eienskappe in die spasies hieronder neer:

2.2.2 DIE IDEALE SELFBEELD

Die ideale selfbeeld dui op die persoon wat jy wens jy regtig kan wees. Tieners kan natuurlik enersyds baie onrealisties wees wanneer dit by die ideale self kom, maar die self moet natuurlik ook nie in sy potensiaal onderskat word nie. Baie tieners (mense) is onderpresteerders en is hulle potensieel tot baie meer in staat.

© Impaq

13


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

A strong mind is the distinguising factor between those who succeed and those who fail. – Anoniem Arnold Schwarzenegger, ’n multimiljoenêr, suksesvolle filmster, wenner van die Mnr. Wêreldtitel (vyf keer) en nou ’n suksesvolle politikus, het die volgende te sê oor sy suksesse: “It’s all in the mind”. Arnold het in sy tienerjare homself gevisualiseer in terme van wat hy uit die lewe wil hê. Hy het die ideale prentjie van homself geskets, daarin geglo en voluit daarvoor geleef. Na hy vir die eerste keer as Mnr. Wêreld aangewys is, het hy die volgende gesê: “I had won it so many times in my mind that there was no doubt that I would win it. I could feel and taste the success. I just knew it would happen.” Gelukkig kan ons almal hierdie vegtersinstink en wil aankweek – ’n mens word nie daarmee gebore nie! As ons kies om positief oor onsself te praat en te dink, sal ’n sterk wil outomaties daaruit ontwikkel en die werklikheid later daaruit voortspruit.

As jy dit kan verbeel, kan jy dit behaal. As jy dit kan droom, kan jy dit word. – William Arthur Ward

Probeer gerus hierdie oefening: Fokus jou gedagtes op iets wat jy graag wil bereik – iets wat vir jou baie belangrik is. Stel jouself nou voor dat jy dit het of doen. Sien dit oor en oor in jou verbeeldingswêreld. Voel die emosies wat daarmee gepaardgaan, die opwinding en die gevoel van genoegdoening.

Spandeer omtrent twee keer per dag 10 minute aan hierdie oefening. Hoe meer kere jy dit gaan herhaal, hoe sterker raak die beeld en hoe groter die potensiaal dat dit sal realiseer. Jy is nie besig om te dagdroom nie, maar is besig om kragtige beelde van jouself te

© Impaq

14


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

skep en wanneer die tyd reg is, sal hierdie beelde positiewe resultate in jou lewe skep.

Kom ons vat die oefening hierbo ’n bietjie verder. Skryf een van jou ideale wat jy wil bereik in die spasie hieronder neer. Skryf dan ook ’n kort aksieplan neer van wat jy gaan doen om hierdie ideaal te laat verwesentlik. Miskien moet jy sommer hierdie oefening ook op ’n los vel papier doen en die papier teen jou spieël, kamermuur of kasdeur plak.

2.2.3 DIE SOSIALE SELFBEELD

’n Persoon leer in sy verhoudings met ander homself ken. Die sosiale self is die self in verhouding tot ander persone in die sosiale omgewing. Die sosiale self ontwikkel deur interpersoonlike verhoudinge. Omdat die mens sosiaal verkeer met ander mense, het die mens se reaksies teenoor ’n persoon ’n groot invloed op die self. Die sosiale self kan gesien word as die self soos wat die individu dink ander hom sien. Bevredigende sosiale verhoudings dra by tot die verbetering van die sosiale selfbeeld.

© Impaq

15


Handleiding G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

Elke mens het ’n basiese behoefte aan warmte en aanvaarding van ander persone. Die sosiale self is gebaseer op die menslike behoefte om aan ander te behoort en op ’n sosiale wyse erkenning van ander te ontvang.

Die selfbeeld van die tiener word sterk beïnvloed deur dit wat sy maats van hom dink. Sosiale aanvaarbaarheid is belangrik vir die tiener, want hy vrees eensaamheid wat sinoniem is aan sosiale verwerping. As die tiener sosiaal aanvaar word en ’n groot aansien onder sy portuurgroep het, bring dit mee dat hy goed oor homself voel. Vir die meeste tieners is hoë status, prestige en gewildheid in die portuurgroep van kardinale belang en dit help om sy selfbeeld te verhoog. Die tiener se grootste vrees is dat hy deur die portuurgroep verwerp sal word. Soms gaan tieners tot uiterstes om – ter wille van die waarde wat die portuurgroep vir sy selfbeeld het – aanvaar te word. Daarom hou die tiener dikwels ’n fassade aan die groep voor wat met hul eie oortuigings bots. Die tiener sal dus dikwels ter wille van die aanvaarding deur die groep konformeer ten opsigte van sake soos kleredrag en musieksmaak, al is dit teen sy eie smaak en voorkeure.

Die tiener meet dus sy eie waarde aan die portuurgroep. Indien die tiener positiewe sosiale aanvaarding geniet, dra dit by tot ’n positiewe selfbeeld. Sosiale verwerping andersyds lei weer tot gevoelens van minderwaardigheid en ’n negatiewe selfbeeld. Hierdie minderwaardigheidsgevoelens en die gebrek aan selfvertroue kan die tiener onseker laat voel en hom afsydig laat optree.

’n Tiener met ’n swak selfbeeld sonder homself af in ’n poging om die selfbeeld te beskerm. Dit lei weer daartoe dat ander persone (die portuurgroep) negatief op sy afsydige houding reageer en dat dit weer sy lae selfbeeld van homself bevestig. Daar ontstaan dus ’n bose kringloop van selfverwesentlike profesieë. ’n Positiewe sosiale self word ook gesien in hoe geredelik ’n persoon ander mense in sy sosiale sfeer aanvaar.

Die portuurgroep het ’n duidelike bydrae tot die herformulering en konsolidering van die tiener se selfkonsep.

© Impaq

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.