Gr 10-Lewenswetenskappe-Fasiliteerdersgids

Page 1

Í2*È-A-LIS-FG01ÊÎ 1

8

1

0

-

A

-

L

I

S

-

F

G

0

1

LEWENSWETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS

Graad 10

A member of the FUTURELEARN group


Lewenswetenskappe Fasiliteerdersgids

1810-A-LIS-FG01

Í2*È-A-LIS-FG01ÊÎ

Graad 10

Aangepas vir KABV


FASILITEERDERGIDS

SKRYWERS Lorraine Kuun Susara Nortje

LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10 (NKABV) FASILITEERDERGIDS i


ALLE REGTE VOORBEHOU ŠKOPIEREG DEUR DIE OUTEUR Die geheel, of enige deel van die publikasie, mag nie gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier sonder die toestemming van die outeur nie. Dit sluit in elektronies of meganies, insluitend fotokopiÍring, opnames, of enige databasis. Alles moontlik is gedoen om kopiereg te verkry op alle gedrukte aspekte van die publikasie. Nogtans, as enige materiaal wat kopiereg benodig, onwetend gebruik is, word die kopiereghouer versoek om die saak onder die aandag van die uitgewer te bring sodat die erkenning deur die outeur gegee kan word.

Lewenswetenskappe Antwoordgids Graad 10 ISBN-13:

978-18692-1-382-4

Produk Kode:

LFS 28

Outeur:

Lorraine Kuun Susara Nortje

Eerste Uitgawe: Maart 2012

UITGEWERS ALLCOPY PUBLISHERS Posbus 963 Sanlamhof, 7532

Tel: (021) 945-4111, Faks: (021) 945-4118 Epos: info@allcopypublishers.co.za Webwerf: www.allcopypublishers.co.za

ii


LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10 FASILITEERDERGIDS (NKABV) INHOUD WELKOM BY LEWENSWETENSKAPPE 10!

1 - 21

Leerprogramme vir Lewenswetenskappe

22 - 32

Hulpbronne

33 - 36

1.

Biochemie – Die molekules van lewe

37 - 42

2.

Die sel - Die basiese eenheid van lewe

43 - 51

3.

Plantweefsel

52 - 56

4.

Soogdierweefsel

57 - 60

5.

Blare – Plantorgane vir fotosintese

61 - 62

6.

Anatomie van dikotiele plante

63 - 71

7.

Ondersteuningsisteme in diere – Die menslike skelet

72 - 76

8.

Vervoersisteme in die menslike liggaam

77 - 80

9.

Biosfeer tot ekosisteme

81 - 87

10.

Biodiversiteit en klassifikasie

88 - 91

11.

Geskiedenis van lewe op aarde

92 - 98

Praktiese riglyne vir mikroskoopwerk

99 - 101

Addendum 1

102 - 123

Addendum 2

124 - 135

iii


LEWENSWETENSKAPPE 10 BESTE FASILITEERDER Dit is die doel van die fasiliteerdergids om jou pad deur Lewenswetenskappe 10 en die NKABV-dokument te baan. Ons hoop jy sal net soveel pret en genot hê soos wat ons gehad het; ons vak is werklik die beste van almal! Die eerste gedeelte van hierdie boek gaan oor die NKABV-dokument en die Spesifieke Doelwitte vir Lewenswetenskappe. Dit sluit gedeeltes oor die assesseringsprogramme en vereistes, sowel as volledige inligting oor die beplanning van jou assesseringsprogramme, eksamenvraestelle en leerprogramme in. Die afdeling met die leeraktiwiteite se antwoorde, praktiese ondersoeke en assesseringsaktiwiteite bevat moontlike antwoorde. Elke hoofstuk se antwoorde is in ‘n spesifieke volgorde gerangskik: Leeraktiwiteite, praktiese werk en assesseringsaktiwiteite. Addendum 1 bevat werkblaaie vir die praktiese werk wat gekopieer en as formele assesseringsaktiwiteite gebruik kan word, sowel as ekstra praktiese oefeninge wat nie in die boek ingesluit is nie. Dit kan ter verryking of as alternatiewe praktiese oefeninge gebruik word. Al hierdie praktiese werk gaan oor onderwerpe/afdelings wat deur die kurrikulum gedek word. Addendum 2 bevat algemene inligting oor plante. Dit is vir die fasiliteerder wat nie Plantkunde of modules oor Plantkunde as deel van sy/haar opleiding gehad het nie. Dit is om die fasiliteerder se basiese kennis uit te brei en om Hoofstuk 6 in perspektief te plaas met verwysing na werk wat in die AOO gedoen is en vir Graad 11 voorlê. Dit sluit ook ‘n paar bladsye in wat handel oor die gebruik van plante as medisyne. INHOUD: 1.

Welkom by Lewenswetenskappe · · · · · · · ·

2. 3. 4. 5. 6. 7.

Agtergrond, dokumente en beleid Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse kurrikulum Wat is Lewenswetenskappe? Lewenswetenskappe as ‘n skoolvak Organisasie van die Lewenswetenskappe Kurrikulum Waarom Lewenswetenskappe studeer? Spesifieke doelwitte Assessering in Lewenswetenskappe

Leerprogramme vir Lewenswetenskappe : Graad 10 Bronne Antwoordgids Praktiese Riglyne vir Mikroskoopwerk Addendum 1: Praktiese Werkblaaie Addendum 2: Algemene Plantstudies

Sterkte met jou onderrig van die Graad 10’s vanjaar; ons hoop dat jou liefde vir die vak selfs meer sal groei en dat jou passie en toegewydheid ‘n generasie jong wetenskaplikes sal inspireer. Die Skrywers Januarie 2013

iv


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

WELKOM BY LEWENSWETENSKAPPE 10! Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring vir Lewenswetenskappe Graad 10 tot 12 (KABV) AGTERGROND, DOKUMENTE EN BELEID Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R tot 12 (NKV) is ‘n beleidsverklaring oor kurrikulum en assessering in skole. Ten einde die implementering van die NKV te verbeter, is dit aangepas en die aanpassings tree in Januarie 2013 in werking. ‘n Enkele samevattende NKV-dokument (Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring) is daar gestel om die volgende dokumente te vervang: · Nasionale Kurrikulumverklarings (Graad R tot 9, 2002; Graad 10 tot 12, 2004) · Leerprogramriglyne · Vakassesseringsriglyne Die NKV-dokument vestig die norme en standaarde van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R tot 12, en vorm ingevolge artikel 6A van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet Nr. 84 van 1996), die grondslag vir die Minister van Basiese Onderwys om minimum uitkomste en standaarde, sowel as die prosesse en prosedures vir die assessering van leerderprestasie wat van toepassing sal wees op openbare en onafhanklike skole, te bepaal. ALGEMENE DOELWITTE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE KURRIKULUM 1. Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R tot 12 (NKV) gee uitdrukking aan wat beskou kan word as kennis, vaardighede en waardes wat die moeite werd is om te leer of ‘n manier wat in hulle lewe betekenis het. Die kurrikulum bevorder die idee van grondslagkennis binne plaaslike kontekste terwyl dit terselfdertyd sensitief teenoor globale vereistes is. 2. Die NKV het die doel om: · leerders met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is vir selfvervulling en betekenisvolle deelname in die samelewing as burgers van ‘n vrye land, toe te rus. Alle leerders behoort hierdie geleentheid te hê ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, geslag, fisiese of intellektuele vermoëns; · toegang tot hoër onderwys te verskaf; · die oorgang van leerders vanaf onderwysinstellings na die werkplek te fasiliteer; en · aan werkgewers ‘n volledige profiel van ‘n leerder se bekwaamhede te verskaf. 3. Die NKV is op die volgende beginsels gebaseer: · Sosiale verandering: verseker dat die onderwysongelykhede van die verlede aangepak word en dat gelyke onderwysgeleenthede aan alle sektore van die bevolking voorsien word. · Aktiewe en kritiese leerproses: moedig ‘n aktiewe en kritiese benadering tot leer aan, eerder as om te leer sonder om te begryp en nie-kritiese aanvaarding van gegewe waarhede. · Goeie kennis en goeie vaardighede: die minimum standaard vir die kennis en vaardighede wat in elke graad bereik moet word, word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke. · Vordering: inhoud en konteks van elke graad toon vordering van die eenvoudige tot die komplekse. · Menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid: die inwerk van die beginsels en praktyke van sosiale en omgewingsgeregtigheid, sowel as menseregte soos dit in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word. Die NKV (algemeen) is sensitief vir kwessies wat diversiteit weerspieël soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdheid en ander faktore. · Waardering vir inheemse kennissisteme: om erkenning te gee aan die ryke geskiedenis en erfenisse van hierdie land as bydraende faktore om die waardes in die Grondwet te laat gedy.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

1


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

·

Geloofwaardigheid, kwaliteit en doeltreffendheid: voorsien onderwys wat vergelykbaar is met ander lande in terme van kwaliteit, omvang en diepte.

4. Die NKV poog om leerders te ontwikkel: · Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke; · werk doeltreffend as individue en saam met ander as lede van ‘n span; · organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend; · versamel, ontleed, organiseer en evalueer inligting krities; · kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en/of taal in verskillende vorme; · gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities met verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander; en · demonstreer en begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie. 5. Inklusiwiteit behoort ‘n belangrike deel van die organisering, beplanning en onderrig by elke skool te word. Dit kan alleenlik gebeur indien alle onderwysers deeglik verstaan hoe om leerstruikelblokke te herken en aan te pak, en hoe om vir diversiteit te beplan. Die sleutel tot die bestuur van inklusiwiteit is die versekering dat struikelblokke geïdentifiseer en aangespreek word deur al die betrokke ondersteuningstrukture binne die skoolgemeenskap insluitende onderwysers, streekondersteuningspanne, institusionele ondersteuningspanne, ouers en spesiale skole as hulpbronsentrums. Om leerstruikelblokke in die klaskamer aan te spreek, behoort onderwysers verskeie kurrikulêre strategieë vir differensiëring te gebruik soos wat dit in die Departement van Basiese Onderwys se Riglyne vir Inklusiewe Onderrig en Leer (2010) uiteengesit is. 6. Tydtoekenning vir Lewenswetenskappe, as een van ‘n leerder se gekose vakke in Graad 10 tot 12, is 4 ure per week. Indien ‘n leerder meer vakke neem as die minimum aantal soos deur die NKV bepaal, behoort geen van die toegekende tyd gebruik te word nie, maar bykomende tyd behoort aan addisionele vakke bestee te word.

WAT IS “LEWENSWETENSKAPPE”? “Lewenswetenskappe” is die studie van lewe, ‘n wetenskaplike studie van lewende dinge vanaf molekulêre vlak tot en met hul interaksies met mekaar en hulle omgewing. ‘n Bepaalde manier van hoe na dinge gekyk word, kennis verbreed word en nuwe dinge ontdek word, is nodig voor iets as wetenskap aanvaar kan word. Hierdie metodes moet voorsiening maak vir herhaling en ‘n sistematiese benadering tot wetenskaplike ondersoek. Die metodes sluit die formulering van hipoteses en die uitvoering van ondersoeke en eksperimente om die hipoteses so objektief as moontlik te toets, in. Ondersoeke word herhaal en aangepas. Die metodes en resultate word ontleed, geëvalueer en gedebatteer voordat hulle deur die wetenskaplike gemeenskap as geldig aanvaar word. Kennisontwikkeling (die “ontdekking” van nuwe feite en konsepte) is ‘n deurlopende proses wat geleidelik deur harde werk en deursetting gebeur, maar elke nou en dan vind ‘n kennissprong plaas as kennis of ‘n nuwe teorie dít wat vroeër geweet of gedink is, vervang. Soos met alle kennis, verander wetenskaplike kennis met verloop van tyd soos wat wetenskaplikes hul kennis en begrip verbeter en mense hul siening van die wêreld rondom hulle verander. Wetenskaplike ondersoeke gaan meestal oor dinge wat gedeeltelik of glad nie verstaan word nie. Wetenskaplikes is dikwels betrokke in debatte en verskille; redenering is een van die hoekstene van wetenskaplike denke. Soos wat meer mense aan hierdie vraagstukke werk, word meer kennis bekom en konsensus bereik. Die wetenskaplike kennis wat in die skool geleer word, is getoets en word oor die algemeen aanvaar. ‘n Goeie onderwyser sal die leerders van die debatte, argumente en uitdagings tussen wetenskaplikes vertel toe hulle begin het om ‘n verskynsel te ondersoek. © Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

2


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

Wetenskaplikes gaan voort om die onbekende te verken. Die “ondersoekende gees” is ‘n eienskap van ‘n ware wetenskaplike. Solank as wat ons met klimaatverandering, veranderinge in die aarde se magnetiese velde en die wonder van die menslike verstand gekonfronteer word, sal daar wetenskaplikes wees. Ons hoop dat Lewenswetenskappe 10, deel van die MIND ACTION SERIES van Allcopy Publishers, sal help om leerders deur wetenskap te vorm - leerders wat die volgende sal ontwikkel: · hul kennis van sleutel-biologiese begrippe, prosesse, stelsels en teorieë. · ‘n vermoë om wetenskaplike kwessies krities te evalueer en te debatteer. · groter bewustheid van die maniere waarop kennis van Lewenswetenskappe die mensdom gebaat het. · ‘n begrip van die negatiewe uitwerking wat die mens op die omgewing en die organismes wat daarin is, gehad het (en steeds het). · ‘n diep waardering vir die unieke diversiteit van biome in Suider-Afrika, beide in die verlede en die hede, sowel as die belangrikheid van bewaring. · ‘n bewustheid van die betekenis daarvan om ‘n verantwoordelike burger te wees in terme van die omgewing, maar ook in die lewenstylkeuses wat hulle maak. · ‘n bewustheid van Suid-Afrikaanse wetenskaplikes se bydraes tot die ontwikkeling van wetenskaplike kennis. · wetenskaplike vaardighede en maniere om wetenskaplik te dink wat hulle in staat stel om wanbegrippe en leemtes in pseudo-wetenskap in die populêre media te herken. · ‘n vlak van wetenskaplike- en akademiese geletterdheid wat hulle in staat stel om te lees, praat, skryf en dink oor biologiese prosesse, begrippe en ondersoeke.

LEWENSWETENSKAPPE AS ‘N SKOOLVAK Lewenswetenskappe as ‘n vak bestaan uit ‘n verskeidenheid sub-dissiplines, of spesialiseringsgebiede, of elemente daarvan: · Biochemie · Biotegnologie · Mikrobiologie · Genetika · Dierkunde · Plantkunde · Entomologie · Fisiologie · Anatomie · Morfologie · Taksonomie · Omgewingstudie · Sosio-biologie · Paleontologie · Geologie · Klimatologie Op skool word hierdie dissiplines in ‘n mindere of meerdere mate bekendgestel om ‘n breë oorsig van die vak, Lewenswetenskappe, te voorsien. Daar is drie redes waarom ‘n leerder Lewenswetenskappe as ‘n skoolvak behoort te neem: 1. Om nuttige kennis en vaardighede te voorsien wat vir die alledaagse lewe nodig is. 2. Om leerders bloot te stel aan die verskeidenheid in omvang van biologiese studies en hulle bewus te maak van moontlike spesialiseringsgebiede. 3. Om ‘n basis te lê vir verdere studies in een of meer van die biologiese sub-dissiplines.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

3


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

SAMESTELLING VAN DIE KURRIKULUM VIR LEWENSWETENSKAPPE Vier Kennisstringe word gebruik om Lewenswetenskappe se inhoudsraamwerk te organiseer. Hierdie kennisstringe word progressief ontwikkel oor die drie jare van die VOO-fase, en verbind aan die relevante inhoud van Natuurwetenskappe in die VOO-senior fase. Hierdie vier kennisstringe is: 1. Lewe op molekulêre-, sellulêre- en weefselvlak 2. Lewensprosesse in plante en diere 3. Omgewingstudies 4. Diversiteit, verandering en kontinuïteit Die kennisstringe en onderwerpe binne elke kennisstring moenie afsonderlik en in isolasie bestudeer word nie. Dit is belangrik om leerders te help verstaan dat onderwerpe verband hou met mekaar en dat biologiese stelsels nie onafhanklik en afsonderlik funksioneer nie. Hulle moet in alle grade bewus gemaak word van die skakels tussen verwante onderwerpe. Die vier kennisstringe hoef nie elke jaar in dieselfde volgorde, of almal elke jaar, onderrig te word nie. Hulle dra ook nie dieselfde gewig nie, maar is bloot ‘n instrument vir die organisering van die kurrikulum. KENNISSTRINGE

GRAAD 10

LEWE OP DIE MOLEKULÊRE-, SELLULÊRE- EN WEEFSELVLAK

LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE

·

·

· · · ·

Chemie van lewe – Anorganiese en organiese verbindings Sel – eenheid van lewe Seldeling – mitose Plantweefsel Diereweefsel

· ·

·

· ·

GRAAD 11

· ·

GRAAD 12

·

DNS – kode van lewe RNA en proteïensintese Meiose

· · · · · · · ·

OMGEWINGSTUDIES

Ondersteuning- en vervoerstelsels in plante Ondersteuningstelsels in diere Vervoerstelsels in soogdiere (menslik)

·

Energietransformerings om lewe te ondersteun: Fotosintese Dierevoeding Energietransformerings: Respirasie Gaswisseling Ekskresie Reproduksie in werweldiere Menslike voortplanting Senustelsel Sintuie Endokriene stelsel Homeostase

· ·

DIVERSITEIT, VERANDERING EN KONTINUÏTEIT

Biosfeer tot ekosisteme

·

Bevolkingsekologie Menslike impak op omgewing: huidige krisisse

·

·

· · · · ·

Biodiversiteit en klassifikasie Geskiedenis van lewe op aarde

Biodiversiteit – klassifikasie van mikroorganismes Biodiversiteit – plante Reproduksie – plante Biodiversiteit – diere Darwinisme en natuurlike seleksie Evolusie van die mens

Slegs in Graad 10 word al vier kennisstringe aangespreek; dit dien ook as inleiding om leerders aan die vier kennisstringe bekend te stel. Die inhoudsraamwerk van die kennisstringe fokus eerder op idees, vaardighede, konsepte en verbindings tussen hulle, as om die feite en prosedures wat geleer moet word, te noem. In plaas van voorskriftelike onderrigstrategieë en metodologie, is opvoeders vry om konsepte uit te brei en leerervarings te ontwerp en te organiseer volgens hulle plaaslike omstandighede.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

4


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

Hierdie mag die beskikbaarheid van hulpbronne, diversiteit-struikelblokke tot leer en fisiese en/of verstandelike gebreke insluit. Dit is egter belangrik dat die geïdentifiseerde reeks kognitiewe- en praktiese vaardighede op ‘n geïntegreerde wyse binne konteks, soos verskaf deur die onderwerpe in die vier kennisstringe, geleer en aangespreek word. Die aanbevole Graad 10-onderrigvolgorde van die vier kennisstringe is: 1. Lewe op die molekulêre-, sellulêre- en weefselvlak (molekules tot organe) 2. Lewensprosesse in plante en diere (prosesse wat lewe onderhou) 3. Omgewingstudies (biosfeer tot ekosisteme) 4. Diversiteit, verandering en kontinuïteit (geskiedenis van lewe op aarde) Die rasionaal is dat in baie gebiede in Suid-Afrika lente die geskikste tyd is vir omgewingstudies en ook omdat seisoenale vergelykings in ‘n gekose ekosisteem vereis word (waar moontlik). Party onderwysers kan kies om Omgewingstudies aan die begin van die jaar te doen. Dit is egter belangrik om die volgorde van Kennisstring 1 voor 2, en Kennisstring 3 voor 4 te behou. Onderwysers moet self besluit of hulle die jaar met kennisstring 1 en 2, of 3 en 4 begin). Die eerste afdeling in Graad 10, “Vakoriëntasie”, is ontwerp om leerders voor te berei vir die VOO-fase en is bedoel om: · dit wat die leerders in die AOO-fase (Natuurwetenskappe) geleer het, te verbind met wat hulle in die VOO (Lewenswetenskappe) gaan leer. Die vak, Lewenswetenskappe, bou voort op die kennis, vaardighede en waardes wat verkry is uit die biologiese (Lewenswetenskappe) gedeelte van Natuurwetenskappe in die AOO-fase. · te beskryf hoe kennis in die wetenskap gebou/saamgestel word, en gee die wetenskaplike benadering wat beide onderwysers en leerders gebruik wanneer hulle Lewenswetenskappe leer of onderrig. · leerders aan ‘n paar basiese beginsels wat met wetenskap verband hou, voor te stel. · leerders vertroud te maak met die verskeidenheid van vaardighede wat hulle sal moet ontwikkel. Die eerste gedeelte behoort in die eerste lesse gedoen te word, maar is nie deel van die assesseerbare kurrikulum as sodanig nie. In Lewenswetenskappe 10 behandel die eerste gedeelte, naamlik “Lewenswetenskappe – die Studie van Lewe”, hierdie oriëntasie, en stel ook verskeie prosesvaardighede (wetenskaplike metode) aan leerders voor wat hulle in die assesseerbare gedeelte van die kurrikulum sal moet toepas. Dit verbind konsepte wat gedurende die AOO geleer is, met wat in die VOO-fase verwag word, en gee sin aan die oorgang van die AOO na die VOO.

WAAROM LEWENSWETENSKAPPE BESTUDEER? Daar is drie redes waarom die bestudering van Lewenswetenskappe as belangrik beskou word: 1. Ontwikkeling van wetenskaplike kennis en begrip 2. Ontwikkeling van wetenskaplike proses vaardighede 3. Ontwikkeling van ‘n begrip van die rol van wetenskap in die samelewing 1. Ontwikkeling van wetenskaplike kennis en begrip Wetenskaplike kennis en begrip kan gebruik word om vrae oor die aard van die lewende wêreld om ons te beantwoord. Dit kan leerders voorberei vir self-uitdrukking en self-verwesenliking. Dit lê die basis vir verdere studie in die wetenskap en berei leerders voor vir aktiewe deelname in ons demokratiese samelewing, die respektering van menseregte, verantwoordelik teenoor die omgewing optree en deel word van die ekonomiese samelewing. 2. Ontwikkeling van wetenskaplike prosesvaardighede (wetenskaplike ondersoek) Die onderrig en leer van wetenskap behels die ontwikkeling van ‘n reeks prosesvaardighede wat in die alledaagse lewe gebruik word, asook in die gemeenskap en in die werkplek. Leerders kry die geleentheid om hierdie vaardighede in ‘n omgewing wat kreatiwiteit, verantwoordelikheid en groeiende selfvertroue ondersteun, te bekom. Leerders ontwikkel die vermoë om objektief te dink en gebruik ‘n verskeidenheid redenasietegnieke terwyl hulle prosesvaardighede toepas om ondersoek in te stel, te reflekteer, te sintetiseer en te kommunikeer.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

5


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

3. Ontwikkeling van ‘n begrip van die rol van wetenskap in die samelewing Wetenskap en tegnologie het ‘n groot impak op ons wêreld gemaak, beide positief en negatief. Deurdagte keuses van wetenskaplike inhoud en die gebruik van ‘n verskeidenheid metodes om wetenskap te onderrig en te leer, moet begrip van wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit, die geskiedenis van die wetenskap en die verhouding tussen Lewenswetenskappe en ander vakke bevorder. Dit help ook die leerders om die bydrae wat wetenskap tot maatskaplike geregtigheid en ontwikkeling gemaak het, beter te verstaan. Dit help hulle om die noodsaaklikheid om wetenskaplike kennis in belang van onsself, van die samelewing en die omgewing te gebruik, te begryp. Begrip van wetenskap help ons ook om die gevolge van die besluite en optrede wat etiese implikasies het kwessies behels, te verstaan.

SPESIFIEKE DOELWITTE Daar is drie spesifieke doelwitte in Lewenswetenskappe. Dit is breë vakspesifieke doelwitte wat verband hou met die doel van die leer van wetenskap. 1. Spesifieke doelwit 1 hou verband met die vakinhoud (teoretiese kennis) en om dié kennis te bekom. 2. Spesifieke doelwit 2 hou verband met praktiese werk en wetenskaplike ondersoeke. 3. Spesifieke doelwit 3 hou verband met begrip van die rol en toepassing van Lewenswetenskappe in die alledaagse lewe, sowel as ‘n begrip van die geskiedenis van wetenskap en wetenskaplike ontdekkings en die verhouding tussen inheemse kennis en wetenskap. SPESIFIEKE DOELWIT 1: KENNIS VAN LEWENSWETENSKAPPE Dit behels kennis en begrip van, en om betekenis te gee aan, wetenskaplike konsepte, prosesse, verskynsels, meganismes, beginsels, teorieë, wette, modelle, ens. Dit is nie nodig dat leerders Lewenswetenskappe soos ‘n papegaai leer nie, maar kennis van wetenskap behoort hulle in staat te stel om verbindings te maak tussen idees en begrippe. Leerders moet in staat wees om hul kennis in nuwe en onbekende situasies toe te pas. Kennis alleen is nie genoeg nie; leerders behoort vaardighede te hê om bestaande kennis teen huidige menings en nuwe idees te toets. Hulle behoort ook nou al die nodige prosesvaardighede te bemeester om praktiese ondersoeke uit te voer - óf om te bevestig wat hulle reeds weet, óf om nuwe kennis in te win. Opvoeders moet op so ‘n manier onderrig en fasiliteer dat leerders met die deurwerk van die jaar se kurrikulum die nodige vaardighede, toepaslik vir daardie graad, sal bekom. Hierdie vaardighede en kennis moet reg deur die jaar geassesseer word. Opvoeders moet in gedagte hou dat nie alle kennis en/of vaardighede in ‘n enkele assessering bepaal kan word nie. Dit is egter belangrik dat alle vaardighede en kennis as deel van die formele en informele assesseringsprogram reg deur die jaar geassesseer word. Die informele assesseringsprogram moet geleenthede verskaf om vaardighede te slyp en ‘n sterk kennisbasis te vestig. DIE VOLGENDE KOGNITIEWE (DENK)-VAARDIGHEDE MOET DEUR DIE JAAR OP DIE TOEPASLIKE GRAADVLAK ONTWIKKEL WORD: · Verwerwing van kennis · Verstaan, begryp en maak verbindings tussen idees en konsepte · Toepassing van kennis in nuwe en onbekende situasies · Ontleed, evalueer en sintetiseer wetenskaplike kennis, konsepte en idees VERWERWING VAN KENNIS In die proses om kennis te verkry, moet leerders: · toegang hê tot inligting vanaf ‘n verskeidenheid bronne bv. onderwysers, populêre tydskrifte, vaktydskrifte, boeke, naslaanwerke, handboeke, internet, elektroniese verwysingsreeks, deskundiges, maats, ouers, ens. · sleutelidees en konsepte kies · feite onthou · konsepte, prosesse, verskynsels, meganismes, beginsels, teorieë, wette, modelle, ens. kan beskryf © Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

6


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

VERSTAAN, BEGRYP EN MAAK VERBINDINGS TUSSEN IDEES EN KONSEPTE Verstaan, begryp en verbindings maak tussen idees en konsepte word verkry deur: · Die bou van ‘n konseptuele raamwerk van wetenskap en wetenskaplike idees · Die organisering of herorganisering van kennis om nuwe betekenis te kan aflei · Die skryf van opsommings · Die ontwikkeling van vloeidiagramme, diagramme en breinkaarte · Die herkenning van patrone en tendense TOEPASSING VAN KENNIS IN NUWE EN ONBEKENDE SITUASIES Leerders moet in staat wees om: · huidige inligting op ‘n nuwe manier te gebruik · kennis op nuwe en onbekende situasies toe te pas ONTLEED, EVALUEER EN SINTETISEER WETENSKAPLIKE KENNIS, KONSEPTE EN IDEES Leerders moet in die leer van wetenskap in staat wees om: · inligting/data te analiseer · die verwantskappe tussen bestaande kennis en nuwe idees te herken · wetenskaplike inligting/data krities te evalueer · aannames te identifiseer · inligting/data te kategoriseer OM HIERDIE VAARDIGHEDE/KOGNITIEWE VAARDIGHEDE TE ASSESSEER, MOET WERKWOORDE GEBRUIK WORD WANNEER TAKE/EKSAMENS/ASSESSERINGS OPGESTEL WORD: WERKWOORDE WAT GEBRUIK MOET WORD WANNEER TAKE/EKSAMENS/ASSESSERINGS OPGESTEL WORD KOGNITIEWE VAARDIGHEDE Kennis bekom Verstaan, maak verbindings

Pas kennis toe in nuwe en onbekende situasies Ontleed, evalueer en sintetiseer wetenskaplike kennis

WERKWOORDE WAT GEBRUIK MOET WORD Stel, noem, benoem, lys, definieer, beskryf, teken, of enige ander toepaslike werkwoord Verduidelik,vergelyk, herrangskik, gee ‘n voorbeeld van, illustreer, bereken, interpreteer, stel ‘n rede voor, maak ‘n veralgemening, voorspel, kies, onderskei, of enige ander toepaslike werkwoord Demonstreer, interpreteer, voorspel, vergelyk, onderskei, illustreer, los op, kies, of enige ander toepaslike werkwoord Waardeer, argumenteer, oordeel, kies, evalueer, verdedig,vergelyk, kontrasteer, kritiseer, onderskei, bespreek, of enige ander toepaslike werkwoord

GEWIGSTOEKENNING AAN KOGNITIEWE VLAKKE VIR ASSESSERING 40%

25%

20%

15%

SPESIFIEKE DOELWIT 2: ONDERSOEK VAN LEWENSWETENSKAPPE VERSKYNSELS Wetenskap is per definisie ‘n vak met ‘n belangrike praktiese komponent. Wetenskaplike teorieë word ondersteun deur ‘n verskeidenheid bewyse wat op verskillende maniere, eksperimente en ondersoeke ingesluit, bekom is. Leerders moet in staat wees om wetenskaplike ondersoeke en eksperimente te beplan en uit te voer asook om probleme op te los wat praktiese vermoëns vereis. Dit behels ‘n gesindheid van wetenskaplike nuuskierigheid en belangstelling om uit te vind hoe die natuurlike wêreld en lewende organismes daarin werk; dit het ‘n ondersoekende gees nodig. © Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

7


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

As daar van leerders verwag word om hul vaardigheid, wat hulle gedurende hul VOO-vlak bekom het, ten toon te stel/prakties toe te pas vir die aflê van ‘n formele eksamen, moes hulle al blootstelling aan en oefening in hierdie vaardighede gehad het voor die aflê van so ‘n eksamen. Geen enkele praktiese ondersoek of opdrag sal noodwendig ervaring in al sewe vaardighede verskaf soos uiteengesit in die KABV nie. Opvoeders moet praktiese ondersoeke, toepaslik vir die graad, kies/ontwerp. Hulle moet egter ook seker maak dat al sewe vaardighede teen die einde van die jaar geassesseer is. Wanneer ‘n praktiese eksamen as ‘n gedeelte van die formele assesseringsprogram opgestel word, moet die leerders al reeds praktiese ervaring op die vlak, toepaslik vir daardie graad, in al die vaardighede soos vereis in die eksamen, hê. Die uitvoering en assessering van praktiese vaardighede moet binne die konteks van die kognitiewe domein van Spesifieke Doelwit 1 : Kennis van Lewenswetenskappe gedoen word. VAARDIGHEDE WAT NODIG IS VIR DIE UITVOER VAN ‘N PRAKTIESE EKSPERIMENT/ONDERSOEK: · · · · · · ·

Die volg van instruksies Hantering van toerusting en apparaat Maak waarnemings Hou rekord van inligting of data Meting Interpretering Ontwerp/beplanning van ondersoeke of eksperimente

DIE VOLG VAN INSTRUKSIES 1. Die vermoë om instruksies te volg, is noodsaaklik en word spesifiek in die laer grade geleer. In groot klasse in die hoër grade is dit ‘n absoluut onmisbare vaardigheid wat leerders moet hê vir leer om effektief te kan plaasvind. 2. Leerders moet ‘n duidelike stel instruksies ontvang om hulle in staat te stel om apparaat effektief en verantwoordelik te kan gebruik. 3. Die nakoming van veiligheidsmaatreëls is baie belangrik. Deur veiligheidsmaatreëls na te volg, neem leerders verantwoordelikheid vir die veiligheid van hulleself sowel as hul maats. 4. Die nakoming van instruksies is belangrik wanneer die finale seniorsertifikaat eksamen afgelê word; punte word spesifiek toegeken vir instruksies wat gevolg is, bv. die teken van ‘n tabel of die korrekte weergawe van ‘n grafiek. MAAK WAARNEMINGS 1. Dit is belangrik om leerders te leer om waarnemings gedurende praktiese ondersoeke te maak en versigtig saam met alle beskikbare inligting te evalueer voordat daar net tot ‘n gevolgtrekking gekom word. 2. Waarnemings moet noukeurig aangeteken word op een of meer van die volgende maniere: · · · · · · ·

Maak aantekeninge Beskrywings Die groepering van materiale of items wat gebaseer is op waarneembare kriteria Metings en neerskryf van die metings Tel en teken getalle aan Tekeninge Vergelyk voor en na prosedures

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

8


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

HANTERING VAN TOERUSTING EN APPARAAT 1. Daar moenie van leerders verwag word om apparaat te hanteer en te gebruik sonder duidelike instruksies nie. Bekendheid met die apparaat is nodig wanneer ‘n praktiese ondersoek sowel as ‘n praktiese eksamen gedoen word. 2. Die klem is op die hantering van die apparaat en nie net op die herkenning en benoeming daarvan nie. 3. Oefening in tuisgemaakte apparaat bv. om leë 2l koeldrankbottels as houers, ens. te gebruik, moet aangemoedig word, met die nodige kennis en veiligheidsmaatreëls in plek (bv. kookwater moenie in dun plastiekhouer gegooi word nie). AANTEKENING VAN INLIGTING OF DATA 1. Die vaardigheid om waarnemings of data aan te teken, kan by ‘n verskeidenheid van wetenskaplike aktiwiteite en vakke gebruik word. Dit is ‘n noodsaaklike stap in die wetenskaplike metode en ‘n waardevolle instrument wanneer gevolgtrekkings gemaak moet word. 2. Inligting kan op een of meer van die volgende maniere aangeteken word: · · · · · ·

Maak kort aantekeninge Voltooi ‘n tabel Maak ‘n skets Gebruik ‘n kontrolelys Grafieke Verslae

METING 1. Meet is ‘n manier om waarnemings te kwantifiseer en voorsien ‘n standaard/norm waarteen verdere eksperimente en resultate gemeet/getoets kan word. 2. Leerders moet weet wat, wanneer en hoe om te meet, en ‘n begrip hê van die belangrikheid van akkuraatheid. 3.

Leerders moet in staat wees om ‘n verskeidenheid meetinstrumente te gebruik, bv. liniaal, skale, kompas, gradeboog, stophorlosie, maatsilinders, pipette, birette, termometer, barometer, osmometer, bloeddrukmeter, ens.

4.

Leerders moet in staat wees om ‘n verskeidenheid dinge te meet, bv. lengte, massa, gewig, krag, grade, tyd, volume, temperatuur, getalle, ens.

5.

Leerders moet die belangrikheid daarvan verstaan om metings te vergelyk, skattings te maak en om akkuraat te werk.

INTERPRETERING 1. Leerders moet in staat wees om inligting van een vorm na ‘n ander om te skakel, bv. van ‘n tabel na ‘n grafiek en data na ‘n formule en berekeninge. 2. Leerders moet berekeninge toepaslik vir hul graadvlak kan uitvoer en formules kan interpreteer. 3. Dit is belangrik dat leerders inligting uit tabelle, grafieke en diagramme kan onttrek en ontleed en dat hulle relevante gevolgtrekkings kan maak. 4. Leerders moet in staat wees om teoretiese kennis op praktiese situasies toe te pas, patrone en tendense te identifiseer, die beperkinge van die eksperimentele prosedures te verstaan en afleidings te maak wat op bewyse gebaseer is.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

9


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

ONTWERP/BEPLAN ONDERSOEKE EN EKSPERIMENTE 1. Nie alle ondersoeke/eksperimente kan presies volgens wetenskaplike metode en stappe uitgevoer word nie. Die ondersoek/eksperiment sal afhang van die onderwerp, bv. waarneming en aanteken van weerpatrone sal verskil van ‘n studie oor die effek wat klimaatomstandighede op die groei van gewasse het. 2. Leerders moet in staat wees om ‘n eksperiment/ondersoek te ontwerp wat die volgende insluit: · Identifisering van die probleem · Die vra van fokusvrae · Formulering van hipoteses · Identifisering van veranderlikes · Voorstelle oor maniere om veranderlikes te toets · Voorstelle oor maniere om veranderlikes te beheer · Voorstelle oor maniere om resultate aan te teken · Begrip vir die nodigheid van verifiëring en herhaling · Beplanning van ‘n eksperiment/ondersoek 3. Leerders moet in staat wees om ‘n ondersoek te beplan deur die volgende praktiese kwessies in ag te neem: · Toestemming van onderwyser/prinsipaal · Geskikte plek · Veiligheidsmaatreëls · Apparaat benodig · Kry ander mense betrokke (waar van toepassing) · Koste betrokke (indien enige, moet dit tot die absoluut noodsaaklike beperk word) 4. Al die vaardighede wat hierbo genoem is, sal in een of ander vorm vereis word om ‘n eksperiment of ondersoek uit te voer. Die vaardighede kan afsonderlik of in verskeie kombinasies in ‘n verskeidenheid praktiese ondersoeke en eksperimente wat vir Graad 10 geskik is, toegepas word. Leerders kan in verskillende omstandighede geassesseer word om hul vermoë om probleme op ‘n wetenskaplike manier te benader, te oordeel. Nie elke vaardigheid kan in elke praktiese taak of ondersoek geassesseer word nie, en die opvoeder behoort ook nie te probeer om ondersoeke en praktiese werk met vaardighede te “oorlaai” nie. PRAKTIESE EKSAMENS Praktiese eksamens het ten doel om die praktiese vaardighede wat die leerder gedurende die jaar verwerf het, te assesseer, en om seker te maak dat hulle die inligting wat betrekking het op die jaar se onderwerpe, verstaan. Praktiese ondersoeke en leeraktiwiteite (sogenaamde huiswerk) moet deur die jaar gedoen word om hom/haar voldoende voor te berei. Blootstelling aan ‘n verskeidenheid vaardighede en onderwerpe ten opsigte van alle kennisstringe is onontbeerlik; leerders moenie benadeel word deur ‘n tekort aan praktiese werk nie. In skole waar apparaat, soos mikroskope, te duur is of waar die hantering van apparaat, soos lemmetjies, ontleednaalde of haartangetjies ‘n potensiële fisiese bedreiging vir leerders kan wees, kan papier-enpotlood-praktiese werk gedoen word. ‘n Ander manier om ‘n leerder se praktiese kennis te toets, is dat hy bloot strukture en verskynsels moet identifiseer en beskryf. Die “ware jakob” is altyd die ideaal, maar waar verskeie beperkings die ware ervaring verhoed, kan leerders steeds die basiese praktiese vaardighede geleer word waar nodig. Voorbeelde van verskillende tipes praktiese ondersoeke word in ‘n volgende hoofstuk sowel as in die handboek ingesluit. Die praktiese eksamen vorm deel van die assesseringsprogram en jaarpunt van ‘n leerder in Graad 10 sowel as in Graad 11.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

10


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

DIE VOLGENDE VAARDIGHEDE WORD IN PRAKTIESE ONDERSOEKE IN DIE HANDBOEK, LEWENSWETENSKAPPE 10; MIND ACTION SERIES, INGESLUIT: HOOFSTUK EN NOMMER

1

2:1, 2 2:3 2:4 3:1, 2

5:1

6:1

KENNISSTRING EN INHOUD Lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak: Molekules vir lewe

Lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak: Sel – die basiese eenheid van lewe Lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak: Plantweefsels

Interne struktuur van blaar soos gesien in dwarssnit

Lewensprosesse in plante en diere: Ondersteuning en vervoer in plante

Interne struktuur van ‘n dikotiele plantwortel soos in dwarssnit gesien Interne struktuur van ‘n dikotiele plantstingel soos in dwarssnit gesien Meganisme vir toemaak en oopmaak van stoma Die groot hoeveelheid stomata op boonste en laer blaar epidermis Die invloed van omgewingsfaktore op die transpirasietempo Die opwaartse beweging van water in ‘n stingel Die samestelling van lewende been Ondersoek die struktuur van ‘n langbeen

6:3 6:4 6:5 6:6 Lewensprosesse in plante en diere: Ondersteuning in diere

7:2 8:1 8:2

Lewensprosesse in plante en diere: Ondersteuning en vervoer in die menslike liggaam

8:3

9 assesseringsaktiwiteit

Om die uitwerking van speekselamilase op gaar stysel te ondersoek Om die uitwerking van pepsien op gekookte eierwit te ondersoek Osmose in plant- en diereselle Plastiede in plantselle Vergelyk struktuur van plant- en dierselle Struktuur van kollenchiem, parenchiem, stone sel

Lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak: Blare as plantorgane

6:2

7:1

ONDERWERP

Omgewingstudies: Biosfeer tot ekosisteme

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

Disseksie van ‘n hart Vergelyking van polsritme voor en na oefening Om die invloed van oefening op die vervaardiging van koolstofdioksied te bepaal Ondersoek ‘n ekosisteem

11

VAARDIGHEDE VERWERF Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, interpretering, aanteken van inligting Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, interpretering, aanteken van inligting Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, interpretering, aanteken van inligting Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, interpretering, aanteken van inligting Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, interpretering, aanteken van inligting

Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, meting, interpretering, aanteken van inligting, beplanning en ontwerp van praktiese werk en ondersoek Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, meting, interpretering, aanteken van inligting, beplanning en ontwerp van praktiese werk en ondersoek Volg van instruksies, hantering van toerusting en apparaat, waarneming, meting, interpretering, aanteken van inligting, beplanning en ontwerp van praktiese werk en ondersoek


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewenswetenskappe

SPESIFIEKE DOELWIT 3: WAARDERING EN BEGRIP VIR DIE GESKIEDENIS, DIE BELANGRIKHEID EN TOEPASSINGS VAN LEWENSWETENSKAPPE IN DIE SAMELEWING Leerders vra dikwels: “Hoekom moet ons dit leer? Hoekom moet ons dit weet?” Onderwysers het ‘n groot verantwoordelikheid om leerders te laat verstaan dat die kurrikuluminhoud van toepassing is op hul alledaagse lewens en dat hulle voordeel kan trek uit wetenskap. Leerders moet blootgestel word aan die inheemse kennisstelsels van hul eie sowel as ander kulture. Hulle moet die geskiedenis van die wetenskap verstaan en hoe inheemse kennis dikwels tot wetenskaplike ontdekkings kan lei. Wetenskap soos wat dit is, is die resultaat van ‘n ondersoekende gees. Leerders moet gehelp word om te verstaan hoe die bevraagtekening van ons huidige kennissisteem tot die verbetering daarvan kan lei. Die vaardighede wat verwerf en ontwikkel word tydens die bereiking van Spesifieke Doelwit 3 is van ‘n kognitiewe aard eerder as wat dit prakties is. Spesifieke Doelwit 3 daag die leerder en opvoeder dikwels uit om standpunte en oortuigings te ondersoek. Dit moet op ‘n geïntegreerde wyse onderrig word om die verhouding tussen wetenskap en die samelewing te beklemtoon en te verduidelik. DIE VOLGENDE ASPEKTE MOET ONDERSOEK WORD: · Begrip vir die geskiedenis en relevansie van sommige wetenskaplike ontdekkings · Verwantskap tussen inheemse kennis en lewenswetenskappe · Die waarde en toepassing van Lewenswetenskap-kennis in die industrie, met verwysing na loopbaangeleenthede en in die alledaagse lewe BEGRIP VIR DIE GESKIEDENIS EN RELEVANSIE VAN SOMMIGE WETENSKAPLIKE ONTDEKKINGS Die vakinhoud verskaf die konteks waarin oor die geskiedenis van wetenskaplike ontdekkings en hul relevansie vir die samelewing geleer kan word. Dit moet aan ‘n spesifieke ontdekking of ‘n spesifieke wetenskaplike gekoppel en onderrig word. VERWANTSKAP TUSSEN INHEEMSE KENNIS EN LEWENSWETENSKAPPE Een van die groot verskille tussen moderne wetenskap en inheemse kennis is dat hulle hul oorsprong in verskillende wêreldbeskouings het. Alle kennis ontstaan uit ‘n idee van hoe die wêreld werk, en leerders moet die verskillende kulturele kontekste verstaan waarin inheemse kennisstelsels ontwikkel het. Inheemse kennis word dikwels op wetenskaplike feite gebaseer. Baie moderne, wetenskaplike “ontdekkings” is gedoen nadat die basis van inheemse kennis bestudeer en ondersoek is. Suid-Afrika het ‘n ryk kulturele erfenis met ‘n uitgebreide inheemse kennisbasis; leerders moet hieraan blootgestel word. DIE WAARDE EN TOEPASSING VAN LEWENSWETENSKAP-KENNIS IN DIE INDUSTRIE, TEN OPSIGTE VAN LOOPBAANGELEENTHEDE, EN IN DIE ALLEDAAGSE LEWE Leerders moet bewus gemaak word van loopbane en die moontlikhede in ‘n Lewenswetenskappe konteks, bv. genetiese ingenieurswese, bewaring van biodiversiteit, omgewingswetgewing, voedselchemie, wetenskapjoernalistiek, medisyne, landbou, ens. ens. Hulle moet ook bewus gemaak word van die rol wat Lewenswetenskappe in verskeie aspekte van die alledaagse lewe speel.

© Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.