Gr 10-Rekeningkunde-Studienotas

Page 1

Í2*È-A-ACC-SN01\Î

1

8

1

0

-

A

-

A

C

C

-

S

N

0

1

REKENINGKUNDE STUDIENOTAS Graad 10

A member of the FUTURELEARN group


Rekeningkunde Studienotas

1810-A-ACC-SN01

Í2*È-A-ACC-SN01\Î

Graad 10

Aangepas vir KABV


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

INHOUDSOPGAWE

VOORWOORD .................................................................................................................... 3 INLEIDING........................................................................................................................... 3 1.

Rooster en tydbestuur ............................................................................................. 4

2.

Assesseringsvereistes ............................................................................................ 4

3.

Formele assessering per kwartaal .......................................................................... 5

4.

Kom ons kyk weer daarna ....................................................................................... 6

5.

Studiemetodes ........................................................................................................ 6

6.

Jaarprogram ............................................................................................................ 8

7.

Les-vir-les bykomende inligting ............................................................................... 9

8.

Wenke vir toetse en take ....................................................................................... 25

9.

Waar om vorige vraestelle te kry ........................................................................... 26

Š Impaq

1


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

VOORWOORD VOORGESKREWE BOEK Jou voorgeskrewe boek is, Nuwe Era Rekeningkunde Graad 10 (Nuwe Era Uitgewers met skrywers T Hall, D. Woodroffe, P. Singh, J. Ramsamy en H. Aboobaker). Enige ander voorgestelde boeke kan gebruik word as aanvulling om die inhoud meer duidelik te maak of vir ekstra oefeninge.

INLEIDING Welkom in die wonderlike wêreld van Rekeningkunde. Hierdie vak hoef nie jou nekhare te laat rys nie! Die doel van hierdie studienotas is om jou so gemaklik as moontlik met hierdie vak te laat voel en ook deur die vak te help sodat jy sommer gou al die werk kan baasraak. Geluk met jou keuse om voort te gaan met Rekeningkunde. Dit is ʼn baie nuttige vak en jy sal nie spyt wees dat jy hierdie keuse gemaak het nie. Jy kan hierdie vak op baie terreine benut. Indien jy verder wil gaan studeer, gaan jy hierdie vak in baie studierigtings nodig hê soos bv. BCom Rekeningkunde, Bemarking, Regte, Hotel- en Toerismebestuur. Indien jy nie van plan is om verder te gaan studeer nie, sal jy steeds vind dat Rekeningkunde ʼn waardevolle belegging in jou eie besigheid en huishouding gaan word. Die kurrikulum vir graad 10 vereis ʼn groot hoeveelheid werk wat gedoen moet word. As jy by die jaarplan bly, sal dit jou help om betyds klaar te kry vir die toetse, take en eksamens wat voorlê. Hier volg ʼn paar belangrike punte wat jy vir Rekeningkunde moet in gedagte hou: • Die modules in die handboek is nie noodwendig in dieselfde volgorde as wat die werk behandel word nie. Maak seker dat alle modules in ooreenstemming gedoen word met die jaarplan. • Die jaarplan verskaf sekerheid oor watter inligting relevant is vir graad 10. • Etiek en Interne Kontrole word deurlopend in elke onderwerp gedoen. • Volgens die jaarplan word daar met finale rekeninge in kwartaal 2 begin. • Die Junie-eksamen sal handel oor kwartaal 1 en kwartaal 2 se inhoud. • Die konsepte van BTW, kostebegrippe en begrotings word baie kortliks behandel. Hierdie onderwerp word volledig gedek in graad 11 en 12. • In die handboek Nuwe Era Rekeningkunde vir Graad 10 is daar ʼn groot hoeveelheid opdragte wat gegee word by elke module. Kies die regte opdragte om seker te maak jy verstaan die werk. • Hier volg ʼn aanduiding van die opdragte vir elke onderwerp:

© Impaq

3


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

Onderwerp Hersiening Inheemse en informele boekhouding Interne beheer en etiek Kontantjoernale Kredietverkope en afslag Kredietaankope en afslag Algemene joernaal Belasting op toegevoegde waarde (BTW) Salarisse en lone Finale rekeninge

Finale state

Kosteberekeninge Begrotings

Opdragte 1.1,1.5 2.5, 2.7 Dit word deurlopend by elke opdrag gedoen. 3.3, 3.5, 3.9, 3.10, 3.12, 3.13, 3.14, 3.16, 3.17, 3.20 4.1, 4.4, 4.5, 4.7, 4.8, 4.11, 4.13, 4.14, 4.16 5.1, 5.5, 5.7, 5.8, 5.9, 5.10, 5.12, 5.13, 5.14, 5.18, 5.20, 5.21, 5.23, 5.24, 5.25 6.2, 6.6, 6.7, 6.8, 6.9, 6.10, 6.11, 6.13, 6.14, 6.16 7.2, 7.3, 7.8 9.1, 9.2, 9.3, 9.4, 9.8, 9.19, 9.20, 9.21, 9.23, 9.24, 9.26, 9.29, 9.31, 9.33 10.7, 10.8, 10.9, 10.10, 10.11, 10.12, 10.14, 10.16, 10.17, 10.19, 10.20, 10.24, 10.29, 10.30, 10.31, 10.35, 10.37 11.11, 11.12, 11.13, 11.15, 11.16, 11.17, 11.18, 11.20, 11.31, 11.32, 11.33, 11.35, 11.37, 11.38, 11.39 12.2 13.4

1. Rooster en tydbestuur Die verpligte opleidingstyd vir Rekeningkunde is vier ure per week. Dit is altyd goed om jou tyd met Rekeningkunde so te versprei dat jy nie alles op een slag hoef te doen nie, maar dat jy elke dag oefeninge doen. Onthou, hoe meer jy Rekeningkunde oefen, hoe makliker raak dit. 2. Assesseringsvereistes Volgens die kurrikulum is hierdie wat van jou verwag word: 1. Finansiële inligting: Jy behoort kennis, begrip en toepassing van finansiële inligting te kan demonstreer volgens algemene Rekeningkundige praktyk en konsepte. Hierdie uitkoms sal jou toerus met die nodige kennis en vaardighede om finansiële inligting te versamel, te analiseer, te organiseer, aan te teken en krities te evalueer vanaf die brondokumente na die finale rekeninge en finansiële state. Jy behoort die finansiële aktiwiteite en data te kan organiseer, te kan toepas asook te kan bestuur op ʼn verantwoordelike en effektiewe manier in jou alledaagse lewe en omgewing.

© Impaq

4


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

2. Bestuursrekeningkunde: Jy behoort bevoeg te wees om kennis, begrip en toepassing van bestuursrekeningkunde te kan demonstreer. Die fokus van hierdie uitkoms is dat jy die vermoë om aktiwiteite te kan bestuur en dit korrek te kan aanteken deur van spesifieke bestuurs-, organiserings- en leierskapvaardighede gebruik te maak. Hierdie vaardighede stel jou in staat om jouself sowel as jou besigheidsaktiwiteite verantwoordelik en effektief te kan bestuur. Die doel hoekom jy finansiële en bestuursinligting behoort te kan interpreteer, is om ingeligte besluite te kan neem en om dit dan aan die betrokke aandeelhouers te kan kommunikeer. 3. Bestuur van hulpbronne: Jy behoort bevoeg te wees om kennis en begrip te demonstreer deur verskillende finansiële en bestuurstrategieë te gebruik om hulpbronne op ʼn verantwoordelike wyse te bestuur. Jy word toegerus met vaardighede om finansiële en bestuurstrategieë te gebruik om die finansiële impak op die bestuur en hulpbronne te bepaal. Die fokus van hierdie uitkoms is dat alle etiese gedrag met betrekking tot bestuur en hulpbronne ingereken word. 3.

Formele assessering per kwartaal

Die onderstaande tabel sal vir jou ʼn aanduiding gee watter assesseringstake, toetse en eksamens per kwartaal voltooi moet word gedurende die jaar. Tipe assessering Onderwerp

Totale punte Tipe assessering Onderwerp

Totale punte Tipe assessering Onderwerp

Totale punte Jaarpunt 100

© Impaq

KWARTAAL 1: FORMELE ASSESSERING TAAK 1: AANBIEDING TAAK 2: MAARTTOETS Inheemse boekhouding Konsepte, kontant- en Kontantjoernale krediettransaksies, rekeningkundige vergelyking Handel oor die inhoud wat behandel is gedurende kwartaal 1. 50 punte 100 punte, een uur KWARTAAL 2: FORMELE ASSESSERING TAAK 3: PROJEK TAAK 4: JUNIE-EKSAMEN Jy moet jou projek begin in Handel oor kwartaal 1 en 2 se inhoud kwartaal 1 en moet voltooi word in kwartaal 2. Boekhouding 50 punte 200 punte, twee ure KWARTAAL 3: FORMELE ASSESSERING TAAK 5: GEVALLESTUDIE TAAK 6: SEPTEMBERTOETS Finansiële state van ʼn Handel oor kwartaal 3 se inhoud alleenhandelaar • Finansiële state van ʼn alleenhandelaar • AARP-beginsels • Interne beheer • Etiese optrede 50 punte 100 punte, een uur KWARTAAL 4: FORMELE ASSESSERING TAAK 7: NOVEMBEREKSAMEN Handel oor alle inhoud wat behandel is deur die jaar 300 punte, 3 ure 400

5


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

4. Kom ons kyk weer daarna Kwartaal 1

Kwartaal 2

Taak 2: Maarttoets

Taak 4: Junie-eksamen

Taak 1: Aanbieding

Taak 3: Projek

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Taak 6: Septembertoets

Taak 7: Novembereksamen

Taak 5: Gevallestudie

5. Studiemetodes • •

• • • •

• © Impaq

Ken die Rekeningkundige begrippe. Daar is ʼn groot deel van hierdie vak wat net basiese leerwerk is. Die Rekeningkundige vergelyking Bates = Eienaarsbelang + Laste is die fondasie en uitgangspunt van die Algemene Grootboek. Weet wat elkeen van die terme behels en ook hul klassifikasies. Die vergelyking moet altyd gebalanseerd wees. Ken die formate van die Algemene Grootboek, finale state en die formules. Wanneer dit kom by die formate van enige van die bogenoemde, moet jy dit uit jou kop uit ken. Rekeningkunde is hoofsaaklik ʼn vak wat geoefen moet word. Jy kan slegs die vak verstaan en patrone identifiseer as jy dit gereeld herhaal. Doen eers die oefeninge wat die basiese kennis van elke onderwerp dek. Dit sal vir jou ʼn goeie idee gee of jy die spesifieke onderwerp verstaan. Begin by die makliker oefeninge en beweeg dan na die moeiliker oefeninge. Doen Rekeningkunde so gereeld as moontlik. Jy kan nie die aand voor die tyd besluit om oor jou take te gaan oplees, ens. nie. Wanneer dit dan tyd is om die taak te voltooi, sal jy weet wat van jou verwag word. Oefen om vinnig en netjies te werk. Dit word van jou verwag in die eksamen. 6


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

Benodighede • ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar. Gebruik altyd dieselfde sakrekenaar, sodat jy meer gemaklik daarmee is. • Gewone 8-kolom Krediteurejoernaal-, grootboek- en algemene joernaalskrifte kan aangekoop word. • Die Nuwe Era Rekeningkunde Graad 10 Leerderboek. Die Nuwe Era Rekeningkunde Graad 10 Werkboek wat gebruik moet word om die oefeninge in te voltooi. Bykomende boeke: • Gr 10 Rekeningkunde – Die Antwoord Reeks. Kies die boek wat 3-in-1 is, omdat dit die notas, vrae en antwoorde van oefeninge bevat.

© Impaq

7


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

6. Jaarprogram Kwartaal 1

Onderwerp

Assessering

Week Week 1 2 Inheemse boekhouding

Week 3 Etiek (inleiding) AARPbeginsels

Aanbieding

Informeel

Week 4 Interne beheer (inleiding)

Week Week Week 5 6 7 Boekhouding van eenmansaak: optekening van kontanttransaksies (KOJ, KBJ, KKJ); Algemene Grootboek, Proefbalans; Rekeningkundige vergelyking

Week Week 8 9 Boekhouding van eenmansaak – optekening van krediettransaksies (DJ, DAJ, KJ, KAJ, AJ); Grootboeke, Debiteure – en Krediteurlyste, Proefbalans; Rekeningkundige vergelyking Maarttoets

Week 10 Boekhouding van eenmansaak – optekening van kontant- en krediettransaksies (gekombineerd)

Kwartaal 2

Onderwerp

Week 1 BTW

Week Week 2 3 Salarisse en lone

Assessering

Projek (Boekhouding)

Week Week Week Week 4 5 6 7 Finale rekeninge – eenmansaak jaareindaansuiwerings, Algemene Grootboek insluitend Finale rekeninge-afdeling, Proefbalanse Informeel

Week 8 Hersiening

Week 9

Week 10

Eksamen

Junie-eksamen

Kwartaal 3

Onderwerp

Assessering

Week Week Week Week Week Week 1 2 3 4 5 6 Finansiële state – eenmansaak Aansuiwerings, sluitingsoordragte, Algemene Grootboek, Inkomstestaat, Balansstaat Notas tot finansiële state Gevallestudie

Week Week Week 7 8 9 Ontleding en vertolking van finansiële state en notas

Week 10 Hersiening

Septembertoets

Kwartaal 4

Onderwerp

Assessering

© Impaq

Week 1 Kosterekeningkunde: Vervaardigingskonsepte Informeel

Week 2 Begrotings

Week Week Week Week 3 4 5 6 Hersiening en voorbereiding vir eksamen

Week 7

Week 8 Eksamen

Novembereksamen

8

Week 9

Week 10 Administrasie en beplanning vir die volgende jaar


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

In die handboek word die kwartale se werk op die volgende bladsye aangedui: Kwartaal 1: Bladsy 14 – 203 Kwartaal 2: Bladsy 204 – 355 Kwartaal 3: Bladsy 356 – 433 Kwartaal 4: Bladsy 434 – 501 7. Les-vir-les bykomende inligting Die doel van die bykomende inligting sal dien as ekstra hulp vir moeilike en belangrike modules in die handboek. Elke aspek van die handboek word nie in ewe veel diepte bespreek nie en elke module word nie hierby ingesluit nie, aangesien sommige van die modules maklik verstaan kan word deur slegs daardeur in die voorgeskrewe boek te werk. Soos wat jy deur die bykomende inligting werk, blaai na die modules toe in jou handboek en gebruik die bykomende inligting saam met die inligting in jou handboek.

MODULE 1: HERSIENING BLADSY 14-52 Hierdie module fokus hoofsaaklik op vorige kennis wat jy moet bemeester voordat jy begin met die graad 10 inhoud. Die doel van hierdie module is om jou geheue ʼn bietjie op te skerp en om seker te maak dat jy vertroud is met vorige inhoud wat behandel is. Kom ons kyk na die Persoonlike Sigblad en Staat van Netto Waarde (opdrag 1.2) Bladsy 14 in die handboek. Eerstens is dit baie belangrik om te weet wat bates en laste is. In die oefening word die afsonderlike kolomme waarin jy die bedrae moet opskryf gegee, maar dit is baie belangrik om hierdie klassifikasies uit jou kop uit te ken. Dit sal jou baie help vorentoe. In hierdie opdrag word daar van jou drie dinge verwag: 1. 2. 3.

Teken die transaksies aan op ʼn sigblad. Stel die staat van Netto Waarde op. Lewer kommentaar oor die finansiële posisie.

Wenke: • •

© Impaq

Wanneer jy ʼn Sigblad opstel, moet jy begin deur die saldo’s wat aan jou gegee is in die aparte kolomme op te teken. Werk deur die transaksies. Wanneer jy die bedrae in die kolomme inskryf, vra jouself die volgende vrae: “Werk ek met ʼn bate of ʼn las?” “Word die bate of las meer of minder?” (Indien dit meer word sit ʼn + vooraan, indien dit minder word, sit ʼn – vooraan). As jy klaar al die transaksies deurgewerk het en jou bedrae ingeskryf is, dan bereken jy die laaste kolom, wat “Netto waarde” is. Dit is baie belangrik dat jy die vergelyking ken.

9


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

BATES – LASTE = NETTO WAARDE / EIENAARSEKWITEIT •

Nou stel jy die Staat van Netto waarde op. Begin deur al die bates (waarmee jy in die sigblad gewerk het) onder mekaar te lys, met die totale soos bereken aan die einde van die Sigblad. Lys daarna al jou laste met hulle totale. Let op die uitleg van die staat. Die totale van laste en netto waarde (sien totale ook aan die einde van jou sigblad) word saam opgetel. Kommentaar: Vergelyk die bates en laste met mekaar. Lewer kommentaar oor hoe die totale aan die einde met die beginsaldo’s verskil. Het dit verminder of meer geword? Wat is die rede(s) daarvoor?

Die verlengde/uitgebreide rekeningkundige vergelyking B+U+O=L+K+I Hierdie mag dalk lyk soos ʼn mondvol, maar daar is net 3 dinge wat jy moet onthou: 1. 2. 3.

Ken hierdie vergelyking uit jou kop uit! Weet presies waarvoor elke letter staan! Weet waar die inligting in hierdie vergelyking vandaan kom en hoe om dit te gebruik. Soms word die inligting in die state “versteek” of saamgesit bv. Bank en Voertuie, ens. dan moet jy weet dat die bates bestaan uit Bank en Voertuie. Indien dit al die bates is, word die hele bedrag net so in jou som gebruik. Dus, ken jou klassifikasies. * Bates en Laste kom in die Balansstaat voor en word gebruik om die netto waarde (waarvan ons vroeër gepraat het) te bereken. * Uitgawes en Inkomstes kom in die Inkomstestaat voor en word gebruik om netto wins/verlies te bereken. * Onttrekkings en Kapitaal gee vir ons inligting oor hoeveel die eienaar in die besigheid belê en onttrek het.

Hoe om met Kosprys van Verkope en Verkoopprys te werk Dit is belangrik om die volgende formule te onthou: KVV + GP + BTW =VP Kosprys van verkope + Bruto Wins + BTW = Verkoopprys Hierdie formule sal jou help om enige van die bedrae in die vergelyking te kan uitwerk. Kyk gerus op bl. 24-25 vir verskillende metodes. Die Algemene Grootboek Die Algemene Grootboek reflekteer alles wat met die besigheid gebeur. Die volgende is belangrik om te weet: 1. Op bl. 41 word ʼn goeie verduideliking gegee oor wat met Bates, Laste en Eienaarsbelang onderskeidelik gebeur. Weet bv. dat as ʼn Bate meer word, dit gedebiteer word, ens.

© Impaq

10


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

dt

Bates/ Uitgawes

+

-

kt

dt

-

Laste

kt

+

dt Inkomstes kt

-

+

2.

Vir elke transaksie wat opgeteken word in ʼn rekening, is daar ʼn “maatjie” of ʼn kontrarekening. Dit beteken dat as ʼn rekening gedebiteer word, is daar ʼn ander rekening wat op dieselfde tyd gekrediteer moet word. Vra jouself altyd af, met watter rekeninge werk jy nou, hoe word hul geklassifiseer (B, L of E) en word hulle gedebiteer of gekrediteer? Dit word na verwys as die Dubbelinskrywingsbeginsel. Onthou, as daar met geld gewerk word, is die bankrekening amper altyd betrokke. Die kontrarekening sal dan bv. wees dit waarop die geld spandeer is, soos advertensies of dit waar die geld vandaan kom, bv. huurinkomste.

3.

Dit is baie belangrik om presies te weet hoe ʼn Grootboekrekening lyk. Ken jou formate.

4.

Die Grootboek word in twee dele verdeel, naamlik: • Balansstaatrekening Afdeling (folio sal B wees bv. B1) • Nominalerekening Afdeling (folio sal N wees bv. N1)

Gaan kyk op bl. 43-44 en bl. 76 hoe die rekeninge geklassifiseer word. 5.

Begin met die saldo’s en boekstaaf wat gegee is.

MODULE 2: INHEEMSE EN INFORMELE BOEKHOUSTELSELS BLADSY 53-59 In hierdie module is daar drie dinge waarop jy moet let: 1. 2. 3.

Wat is ʼn inkomste? Wat is ʼn uitgawe? Hoe bereken jy wins (Inkomstes-Uitgawes)?

Die Inkomstes en Uitgawes moet jy kan onderskei en lys sodat al die Inkomstes bymekaar en al die Uitgawes bymekaar is. Nadat jy dit gedoen het, word totale gekry van beide die Inkomstes en Uitgawes en dan word die wins uitgewerk. Daarna bereken jy die totale van Inkomstes en Uitgawes en bereken dan die wins. Daar word gewoonlik dan van jou gevra om kommentaar te lewer oor die wins, of dit goed of sleg is, wat bygedra het daartoe, ens.

© Impaq

11


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

MODULE 3: KONTANTJOERNALE BLADSY 61-96 In hierdie module gaan ons elke aspek wat belangrik is in die Kontantjoernale (KOJ en KBJ) bespreek: •

• • •

Brondokument: Vir elke transaksie is daar `ʼn brondokument. Hierdie is jou eerste leidraad oor watter joernaal jy in gaan werk. As jy bv. met ʼn tjek betaal, word dit altyd in die Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) aangeteken en as daar ʼn kwitansie uitgereik word, word dit in die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) aangeteken. Joernale: Joernale word ook “boeke van eerste inskrywing” genoem, omdat alle transaksies heel eerste in die joernale opgeskryf en dan oorgeboek word. Kontantjoernale: Onthou, hier word SLEGS met kontant gewerk (kontantontvangstejoernaal en kontantbetalingsjoernaal). KOJ, KBJ en Kleinkas (vir transaksies wat te klein is om elke dag uit die bankrekening betaal te word).

Dokumentasie: ʼn Bankstaat Hierdie is ʼn opsomming van alles wat in jou bank gebeur het. Enige krediete verwys na geld wat ingekom en debiete as geld wat uitgegaan het. Dit is belangrik om nie debiete en krediete te verwar met hoe die bank in die Grootboek lyk nie. Hulle is nie dieselfde nie. Debietinskrywings word beskou as negatief in die bankstaat maar positief in die bankrekening soos in die Algemene Grootboek. Dieselfde word toegepas met krediete. Bankkoste Hier is dit belangrik om uit ’n transaksie te kan aflei watter bedrag bankkoste is, want dit word soms as verskillende bankkostes gegee. Dit moet opgetel en opgeskryf word as bankkoste. Die verskillende bankkostes is bv. diensgeld, nuwe tjekboek, ens. Maak seker jy weet wat hierdie bankkostes is. *Rente op lopende rekening (KOJ) en rente op oortrokke rekening (KBJ) word nie gesien as bankkoste nie, maar as rente ontvang of betaal as gevolg van ʼn positiewe of negatiewe banksaldo. Rente op lening Dit is baie belangrik om te onthou dat die rente op ʼn lening beïnvloed word deur enige veranderings in die lening bv. ons betaal dit terug of leen nog geld. Elke keer wanneer daar iets met die lening gebeur, word rente anders uitgewerk vir die betrokke tydperk. ʼn Maklike manier om dit gedoen te kry, is om gebruik te maak van ʼn tydlyn. 1 Feb +10 000 (lening word uitgeneem)

© Impaq

30 Mrt +5 000 (Nog geld word geleen)

12

31 Jul -15 000 (Lening word ten volle betaal)


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

Vir elke keer wat daar iets met jou lening gebeur, skryf dit op jou tydlyn. Jy sal makliker die rente kan uitwerk. Bv. as rente bereken word teen 10% gaan dit eers uitgewerk word tussen 1 Feb en 30 Mrt soos hierbo aangedui: 1 Feb – 30 Maart 10 000 x 10/100 x 2/12 = 167 (afgerond) Daarna 30 Mrt. – 31 Jul: 15 000 x 10/100 x 4/12= 500 (afgerond)

MODULE 4: KREDIETVERKOPE EN AFSLAG BLADSY 97-130 In hierdie module werk ons nie meer met kontant nie, maar met skuld. Ons kyk na die Debiteurejoernaal en Debiteureafslagjoernaal. Debiteurejoernaal Brondokument: kredietfaktuur uitgereik Let op die verskille tussen Kontantverkope en Kredietverkope soos in die betrokke rekeninge op bl. 98 in jou handboek. Kontantverkope Kredietverkope Kontantontvangstejoernaal Debiteure joernaal Bank + (dt) Debiteurekontrole + (dt) Handelsvoorraad – (kt) Handelsvoorraad – (kt) Koste van Verkope – (dt) Koste van Verkope – (dt) Verkope + (kt) Verkope + (kt) *Die enigste verskil is dat Debiteurekontrole die Bank vervang. Debiteuregrootboek Elke debiteur word apart oorgeboek. Kyk na die voorbeeld op bl. 101 in jou handboek: • Die brondokument (faktuurnr) word gebruik. Dit sal die faktuurnr wees. • Debiete is vir skuld wat gemaak is as gevolg van kredietverkope. • Krediete is vir geld wat terugbetaal is deur die debiteur. Debiteurelys Al die debiteure met hul saldo’s word hier onder mekaar gelys. Debiteureafslagjoernaal In hierdie joernaal word transaksies gedoen waar debiteure goedere terugstuur, omdat hul ontevrede daarmee is. Die brondokument: Debietnota ontvang of kredietnota uitgereik. Wenk: Wanneer ʼn Debietnota ontvang of ʼn Kredietnota gestuur word, weet jy dat jy in die DAJ werk.

© Impaq

13


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

In die Algemene Grootboek kom daar nou ʼn rekening by nl. Debiteureafslag. Die betrokke rekeninge lyk soos volg: Debiteurekontrole

Debiteureafslag

x kt

x dt

Handelsvoorraad

Kosprys van Verkope

x dt

x kt

Debiteurekontrole word gekrediteer omdat die debiteur nou nie meer die geld skuld nie. Sy kontrarekening is Debiteureafslag. Handelsvoorraad word gedebiteer, omdat die goedere na ons teruggestuur is, dus word dit meer. Sy kontrarekening is Kosprys/Koste van Verkope. Korting toegestaan Wanneer debiteure hulle skuld binne ʼn sekere tyd terugbetaal, kry hulle ʼn sekere persentasie afslag. Hierdie tyd is gewoonlik binne 30 dae. Hierdie transaksie word in die KOJ opgeteken. In die Debiteurekolom word die totale bedrag wat geskuld is, geskryf. In die Korting toegestaan kolom word die afslagbedrag geskryf. In die Bankkolom word die bedrag wat ontvang is, geskryf (Totale bedrag – Afslag) Geweierde tjeks Gaan lees in die handboek die redes hoekom daar soms tjeks teruggestuur word. Ons gaan net kyk hoe ons dit moet regstel. Hier doen jy die teenoorgestelde van wat aanvanklik gedoen is. As ons aanvanklik die tjek ontvang het, is dit in die KOJ opgeskryf omdat geld in ons bankrekening inbetaal is. In die geval van ʼn geweierde tjek gaan ons dit regstel deur dit in die KBJ op te skryf. Die bedrag word in Bank asook in die Debiteurekolom opgeskryf in die KBJ. Die beskrywing sal V/T tjeks wees. ***Onthou, as iets met Debiteurekontrole gebeur, moet die verandering in sy persoonlike rekening altyd ook in die Debiteure Grootboek gedoen word. Dit is baie belangrik wanneer dit kom by aansuiwerings in die finansiële state later.

© Impaq

14


Studienotas G10 ~ Rekeningkunde

MODULE 5: KREDIETAANKOPE EN AFSLAG BLADSY 132-169 In hierdie module gaan ons werk met die Krediteurejoernaal en Krediteureafslagjoernaal. Krediteurejoernaal Hier kyk ons na Kredietaankope wat deur ons gemaak is. Ons het op krediet aangekoop en nou is ons in die skuld met ons krediteure. Net soos in die geval van ons debiteure, werk ons met spesifieke name van elk van ons krediteure. Die brondokument waarmee ons hier werk: Kredietfaktuur ontvang. Net soos in Debiteurekontrole, werk ons met spesifieke name. Kyk in die handleiding op bl. 132 vir ʼn voorbeeld hiervan. Let op na die volgende: Handelskortings is nie dieselfde as korting ontvang nie! Kyk na die verskil: Handelskorting (Onderhandeling)

Korting ontvang (Vroegtydig betaal)

Trek net van die faktuur se prys af, maar Korting word aan ons gegee as ons skuld word nêrens apart opgeteken nie. Sien binne ʼn sekere tyd (gewoonlik 30 dae) betaal. Dit word apart opgeteken. op bl. 130 in jou handboek. Korting Ontvang: Hierdie word baie dieselfde hanteer as Korting Toegestaan. Wanneer ons korting ontvang het van ons krediteure, word dit soos volg in die KBJ opgeskryf: Die totale bedrag wat ons geskuld het, word in die Krediteurekontrolekolom opgeskryf. Die afslagbedrag word in die Korting Ontvang kolom opgeskryf en die bedrag wat ons betaal het, in die Bankkolom. Oorboek van KJ in die Algemene Grootboek In die KJ word Krediteurekontrole meer asook die goedere of dienste wat ons gekoop het bv. Krediteurekontrole

Toerusting

x kt

x dt

Krediteuregrootboek Elke krediteur word apart gedoen. Let op na die formaat. Onthou, krediete beteken ons skuld ons krediteure geld (Krediteurekontrole word meer). Debiete beteken dat ons ons krediteure minder skuld. Die Krediteurelys werk net soos die Debiteurelys. © Impaq

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.