Gr 10 lewensoriëntering fasiliteerdersgids

Page 1

Í2*È-A-LIO-FG01bÎ 1

8

1

0

-

A

-

L

I

O

-

F

G

0

1

LEWENSORIËNTERING FASILITEERDERSGIDS

Graad 10

A member of the FUTURELEARN group


Lewensoriëntering Fasiliteerdersgids

1810-A-LIO-FG01

Í2*È-A-LIO-FG01bÎ

Graad 10

Dr D Strydom



Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewensoriëntering

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD

2

EENHEID 1 1. 2.

Inleiding Moontlike antwoorde/riglyne vir opdragte

3 3

EENHEID 2 1. 2.

Inleiding Moontlike antwoorde/riglyne vir opdragte

6 6

EENHEID 3 1. 2.

Inleiding Moontlike antwoorde/riglyne vir opdragte

7 7

EENHEID 4 1. 2.

Inleiding Moontlike antwoorde/riglyne vir opdragte

9 9

SAMEVATTING

© Impaq

9

1


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewensoriëntering

VOORWOORD Hierdie fasiliteerdersgids het ten doel om die fasiliteerder deur die graad 10-handleiding wat die leerders moet deurwerk, te lei. Dié gids werp dus lig op enige onsekerhede wat daar by die fasiliteerder mag ontstaan. Sodoende word die fasiliteerder toegerus om met sekerheid die leerder deur die werkboek te lei. Die bladsynommers waarna daar telkens verwys word, is die bladsye in die leerders se handleiding. Dit is belangrik om daarop te let dat die opdragte wat in die leerders se handleiding gedoen moet word, verpligtend is, maar dit tel nie punte nie. Die doel daarvan is om die leerders by die leerinhoud te betrek. Neem ook kennis dat die opdragte wat in die werkboeke gedoen moet word, dikwels nie eksakte antwoorde het nie. Die persoon se waarde-oordeel is dikwels nodig. Die antwoorde wat in hierdie fasiliteerdersgids gegee word, is dus nie noodwendig die enigste moontlike antwoorde nie. Die werkboek is die bron waaruit die eksamenvraestelle primêr opgestel word. Die Junieeksamen sal oor die eerste twee kwartale se werk handel, terwyl die Novembereksamen oor die laaste twee kwartale se werk sal gaan. Die woord “lewensoriëntering” omvat die kern van wat hierdie vak poog om te bereik. Dit gee leiding aan leerders en rus hulle toe vir ’n suksesvolle en betekenisvolle lewe in ’n snelveranderende lewe. Die wens word uitgespreek dat die fasiliteerder saam met die leerder juis by hierdie ideaal sal uitkom.

© Impaq

2


Fasiliteerdersgids G10 ~ Lewensoriëntering

Eenheid

1

EENHEID 1 INLEIDING Hierdie eenheid word die selfbeeldontwikikeling van die adolessent met die verskillende fasette daarvan, onder die vergrootglas geplaas. Die veranderende lewensrolle en die impak daarvan op verhoudings, word ook bespreek. Die adolessensiefase, rolinlewing en die impak daarvan op verhoudings word daarna behandel. Die eenheid word afgesluit met die temas van tradisionele magsverhoudings en diskriminasie. MOONTLIKE ANTWOORDE/RIGLYNE VIR OPDRAGTE BLADSY 10 – 11 Hier moet ’n vraelys voltooi word, wat ’n peiling gee van die leerder se selfkonsep. (Hierdie oefening het nie ’n regte of verkeerde antwoord nie. Die uitslag daarvan kan wel gebruik word om die leerder verder toe te rus om ’n gesonde selfbeeld te vestig). BLADSY 14 Die leerder moet bespreek hoe hy/sy die fisieke selfbeeld kan verbeter. Dit kan gedoen word deur sake soos: • om ’n gesonde fisieke oefenprogram te volg • om higiëne toe te pas • deur netjies aan te trek • deur goeie vel- en haarsorg. (Hierdie lys kan nog baie aangevul word.) BLADSY 15 Watter eienskappe is belangriker as voorkoms en domineer jou aanvaarbaarheid in jou leefwêreld. Skryf vier van hierdie eienskappe in die spasies hieronder neer: Vriendelikheid

Integriteit

Lojaliteit

Hulpvaardigheid

(Hierdie lys kan nog baie aangevul word.)

© Impaq

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.