Í2+È-A-AHT-SG02rÎ
1
8
1 1
-
A
-
A
H
T -
S
G
0
2
AFRIKAANS HUISTAAL HANDLEIDING: LETTERKUNDE Graad 11
A member of the FUTURELEARN group
Afrikaans Huistaal Handleiding: Letterkunde
1 8 11 - A - A H T- S G 0 2
Í2+È-A-AHT-SG02rÎ
Graad 11
Aangepas vir KABV
A Archer
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 7 UITEENSETTING VAN LETTERKUNDE ............................................................................ 8 WERKSKEDULE VIR LETTERKUNDE .............................................................................. 9 EENHEID 1: POËSIE ........................................................................................................ 11 Les 1: Literêre begrippe (poësie) ................................................................................... 11 Les 2: Gedig: “Die miljenêr se kombuis” (Peter Blum).................................................... 17 AKTIWITEIT 1 ............................................................................................................ 20 Les 3: Gedig: “Onderwyser” (Antjie Krog) ...................................................................... 21 AKTIWITEIT 2 ............................................................................................................ 24 Les 4: Gedig: “Eksamenlokaal” (Suzaan Laing) ............................................................. 24 AKTIWITEIT 3 ............................................................................................................ 26 Les 5: Gedig: “Harlekyn van die dieretuin” (S.J. Pretorius) ............................................ 27 AKTIWITEIT 4 ............................................................................................................ 29 Les 6: Gedig: “Kabouterliefde” (Ingrid Jonker) ............................................................... 30 AKTIWITEIT 5 ............................................................................................................ 33 Les 7: Gedig: “die straatkind (Linda Roos) ..................................................................... 34 AKTIWITEIT 6 ............................................................................................................ 40 Les 8: Gedig: “Talle tonge” (Mathews Phosa) ................................................................ 41 AKTIWITEIT 7 ............................................................................................................ 44 Les 9: Gedig: “Vroegherfs” (N.P. van Wyk Louw) .......................................................... 45 AKTIWITEIT 8 ............................................................................................................ 49 Les 10: Gedig: “Stad in die mis” (D.J. Opperman) ......................................................... 49 AKTIWITEIT 9 ............................................................................................................ 52 Les 11: Gedig: “Foto-verhaal” (Eveleen Castelyn) ......................................................... 54 AKTIWITEIT 10 .......................................................................................................... 58 EENHEID 2: DRAMA – Die Keiser ................................................................................... 59 Les 12: Literêre begrippe (drama) .................................................................................. 59 Les 13: Die Keiser: Kontekstuele vrae ........................................................................... 67 AKTIWITEIT 11: Bedryf 1 ........................................................................................... 67 AKTIWITEIT 12: Bedryf 2 ........................................................................................... 70 AKTIWITEIT 13: Bedryf 3 en 4 ................................................................................... 71 AKTIWITEIT 14: Beantwoording van langvrae ........................................................... 72 AKTIWITEIT 15: Langvrae.......................................................................................... 74 EENHEID 3: ROMAN – Fiela se kind ............................................................................... 75 Les 14: Hoofstuk 1 – 5 ................................................................................................... 76 AKTIWITEIT 16 .......................................................................................................... 77 Les 15: Hoofstuk 6 – 9 ................................................................................................... 78 AKTIWITEIT 17 .......................................................................................................... 79 Les 16: Hoofstuk 10 – 13 ............................................................................................... 80 © Impaq
1
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
AKTIWITEIT 18 .......................................................................................................... 80 Les 17: Hoofstuk 14 – 18 ............................................................................................... 82 AKTIWITEIT 19: Beantwoording van langvrae ........................................................... 82 AKTIWITEIT 20 .......................................................................................................... 84 Les 18: Hoofstuk 19 – 23 ............................................................................................... 85 AKTIWITEIT 21 .......................................................................................................... 86 Les 19: Hoofstuk 24 – 28 ............................................................................................... 88 AKTIWITEIT 22 .......................................................................................................... 88 Les 20: Hoofstuk 29 – 33 ............................................................................................... 90 AKTIWITEIT 23 .......................................................................................................... 90 Les 21: Hersieningsoefening .......................................................................................... 92 AKTIWITEIT 24 .......................................................................................................... 92 AKTIWITEIT 25 .......................................................................................................... 94 BYLAE A ........................................................................................................................... 95
© Impaq
2
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
EENHEID 1: POËSIE Les 1: Literêre begrippe (poësie) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy die volgende kan doen: •
• • •
Verstaan die unieke kenmerke van gedigte: Tipografie, bou van ’n gedig, enjambement, rym, rymskema, vrye vers, herhaling, verskil tussen spreker en skrywer, progressie, inversie. Tradisionele digsoorte (die Italiaanse sonnet). Beeldspraak volgens ooreenkomste en assosiasies. Stylfigure, bv. teenstelling, paradoks, klimaks, antiklimaks, hiperbool, litotes, eufemisme, herhaling, woordspeling, inversie, retoriese vraag, ironie en sarkasme.
Voordat ons met gedigte kan werk, is dit belangrik om die verskil tussen prosa (bv. ’n roman) en poësie (gedigte) te verstaan. Gedigte het spesifieke kenmerke wat die skrywer (digter) tydens die skryf daarvan toegepas het. BELANGRIKE TERMINOLOGIE: POËSIE Bestudeer die onderstaande kenmerke sodat jy dit makliker kan raaksien in die toepassing van die gedigte. Gebruik hierdie lys as verwysingsbron wanneer jy die voorgeskrewe gedigte bestudeer. 1.
TIPOGRAFIE Die manier waarop die drukkuns aangewend word vir ’n sekere effek. Dit beteken dat daar gekyk moet word na hoe die gedig letterlik lyk; die uiterlike bou van die gedig. Visuele tekens tot die teks is onder meer spasiëring, leestekens, hoofletters en kleinletters. Soms gebruik die digter tipografies ’n oop ruimte in ’n gedig. So ’n oop ruimte word tipografiese wit genoem. Die funksies is veral om stilte te suggereer en om die leser vir ’n oomblik te laat ophou lees.
2.
DIE BOU VAN ’N GEDIG ’n Gedig word opgebou uit versreëls. Versreëls word nie prosagewys aaneen gedruk nie, maar onder mekaar. Die onbedrukte wit gedeelte aan weerskante sluit die versreël af.
2.1
Die einde van ’n versreël val nie noodwendig saam met die einde van ’n sin nie.
© Impaq
11
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Wanneer die sin sonder onderbreking oor die einde van ’n versreël loop, noem ons dit enjambement. Die funksies van enjambement is om die rym te verdoesel (weg te steek of die aandag van die rym af te lei) en om beweging te ondersteun. 2.2
Die lang reeks versreëls wat onmiddellik op mekaar volg en wat deur tipografiese wit van mekaar geskei word, word strofes genoem. ’n Tweereëlige strofe word ’n koeplet genoem. ’n Driereëlige strofe word ’n tersine genoem en ’n vierreëlige strofe word ’n kwatryn genoem.
3.
RYM EN HALFRYM: DIE ASSOSIASIE MET KLANKE
3.1.1
Alliterasie Alliterasie is die herhaling van dieselfde klanke van konsonante/medeklinkers. Omdat halfrym oor die herhaling van dieselfde klanke eerder as oor die herhaling van dieselfde letter gaan, sal die herhaling van bv. “v” en “f” in ’n gedig as alliterasie beskou word. Bv. Die valse voëls foeter deur die venster.
3.1.2
Assonansie Assonansie is die herhaling van dieselfde klanke van vokale/klinkers. Omdat halfrym oor die herhaling van klanke eerder as oor die herhaling van letters gaan, sal die herhaling van bv. “i” en “u” in ’n gedig as assonansie gereken word. Bv. Dis die rus wat in die bosveld is.
3.3
Ritme Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber betekenis en ’n vinnige pas kan op ’n gelukkige gemoedstemming dui. Wanneer versreëls ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook ritme. Bv. hoe / la / ter / hoe / kwa / ter Bv. wie’s / daar / in / die / wa / ter?
3.4
© Impaq
Rymskema Paarrym: Kruisrym: Omarmde rym: Gebroke rym: Slagrym: Verslingerde rym:
aabbcc abab abba abcb aaa abaabcbccb
12
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Om die rymskema van ’n gedig te bepaal, moet jy die volgende doen: • • • •
Onderstreep die laaste woord in ’n versreël. Ken die alfabetletter “a” toe aan die eerste woord en aan elke versreël (van die strofe) waar die woord ook soos daardie woord klink (rym). Herhaal dit met die volgende rymwoorde en kyk of jy ’n patroon sien. Vergelyk jou rymskema nou met die inligting by nr. 3.4 en sien of jy ’n rymskema kan vasstel. Voorbeeld Duiwe Bali se singende duiwe Omsingel die maan in hul vlug En hang, ’n tros donkerblou druiwe Aan die hoë prieel van die lug.
a b a b
Kruisrym
I.D. du Plessis
4.
Die herhaling van woorde/sinskonstruksies/versreëls/strofes het onder meer die volgende twee belangrike funksies: a) Dit beklemtoon ’n sekere aspek. b) Dit ondersteun progressie.
5.
In elke gedig is daar ’n spreker aan die woord. Die spreker is nie die digter van die gedig nie. Behalwe natuurlik wanneer die gedig dit uitdruklik sê. Die digter skep ’n spreker in die gedig en stel die spreker aan die woord. ’n Mens kan gewoonlik baie duidelik uit die gedig aflei wie/wat die spreker is. Soms praat die spreker in die gedig met iemand. Dié iemand word die aangesprokene genoem. Wanneer die spreker in die gedig in ’n gesprek gewikkel is met homself of ’n stilswyende tweede party, word dit ’n monoloog of alleenspraak genoem.
6.
Die meeste gedigte bevat progressie. Progressie is die ontwikkeling wat in ’n gedig voorkom wanneer die gegewens in die gedig tot ’n klimaks oploop.
7.
Wanneer ’n digter ’n woord uit sy normale sintaktiese posisie haal (die gewone sinsorde omkeer), word dit inversie genoem. Inversie word meestal vir beklemtoning gebruik – die woord word in die bevoorregte posisie aan die einde van die versreël geplaas (agterplasing) of aan die begin van die versreël (voorplasing) waar dit die klem ontvang. Wanneer inversie bloot ten doel het om ’n rymprobleem op te los, is dit rymdwang.
© Impaq
13
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
8.
TRADISIONELE DIGSOORTE
8.1
Die Italiaanse (Petrarkaanse) sonnet Uiterlik bestaan die Italiaanse sonnet uit twee kwatryne met omarmde rym wat gesamentlik ’n oktaaf vorm. Die oktaaf word gevolg deur twee tersines met die rymskema cdc cdc of efg efg. Die tersines vorm saam ’n sekstet. Innerlik word in die oktaaf ’n beeld of natuurbeskrywing gegee en in die sekstet kom daar ’n wending in die vorm van ’n toepassing, teenstelling of verdieping in perspektief.
8.2
Engelse sonnet ’n Gedig wat bestaan uit 14 reëls met 3 kwatryne (4 reëls elk = kwatryn) en ’n rymende eindkoeplet (2 reëls). In die 3 kwatryne word die beeld/storie vertel, maar in die eindkoeplet vind daar ’n hoogtepunt plaas.
9.
BEELDSPRAAK Wanneer twee uiteenlopende sake met mekaar geskakel word op grond van een of ander verwantskap, het ons met beeldspraak te make.
9.1
Vergelyking ’n Vergelyking is die langsmekaarstel van ’n voorwerp en die beeld wat ’n sekere ooreenkoms daarmee toon. Sleutelwoorde wat gewoonlik in vergelykings voorkom, is “so”, “soos”, “nes” of “asof”. Busrit in die aand “ … Dis laat en lang ligvaandels wapper oor die straat soos oor ’n dam die blinkpad na die maan.” Elisabeth Eybers
9.2
Metafoor In ’n metafoor word twee verskillende goed met mekaar vergelyk, maar ’n sekere eienskap van die beeld word direk op die voorwerp oorgedra. Die woorde “soos”, “nes” of “asof” kom dus nie voor nie.
9.3
Personifikasie Personifikasie is waarin menslike eienskappe aan lewelose voorwerpe, diere en natuurverskynsels gegee word. Ken jy die see … “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, …” Uys Krige
© Impaq
14
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
9.4
Sinekdogee Sinekdogee is wanneer daar na ’n gedeelte van iets verwys word in plaas van die geheel, bv. “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: “Gee ons vandag alles wat ons nodig het.”
9.5
Metonimia Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer daar na een saak verwys word wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv. Die ketel kook. Dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld: Hy het die bottel lief. Hy het eintlik die drank in die bottel lief.
9.6
Antonomasia (naamsverwisseling) Om iets aan te dui deur ’n kenmerkende eienskap te noem, dikwels die gebruik van ’n eienaam as ’n soortnaam om ’n algemene begrip uit te druk, bv. “Blink klippies” i.p.v. diamante of “’n mens moet ’n Salamo wees”.
10.
STYLFIGURE
10.1
Inversie (omgekeerde woordorde) Wanneer die woordorde doelbewus verander word om byvoorbeeld ’n woord in ’n rymposisie te plaas, of ’n woord na die begin of einde van ’n versreël te skuif ter wille van beklemtoning.
10.2
Simbool ’n Teken/voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig. Byvoorbeeld, ’n kruis is ’n tradisionele simbool, wat soos beeldspraak na die werklikheid verwys, maar ook ’n dieper betekenis kry omdat dit na iets anders verwys. Kruis: tradisionele simbool wat met Christenskap geassosieer word, maar het ook ’n dieper betekenis, bv. dit dui moontlik op liefde, opoffering, ens.
10.3
Onomatopee/klanknabootsing Woorde wat die klanke van ’n geluid weergee, bv. sis, miaau, woef, kadoef, ens.
10.4
Ironie Ironie is ’n vorm van humor. Dit is gebaseer op die gebruik van woorde wat die teenoorgestelde van hul letterlike betekenisse bedoel. Met ander woorde, dit is wanneer jy die teenoorgestelde sê van dit wat jy bedoel. Voorbeeld: Die skepper van ’n goeie dieet is self oorgewig.
10.5
Kontras (ook antitese of teenstelling genoem) ’n Stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word om ’n sekere effek te bereik, bv. hoe meer haas, hoe minder spoed.
10.6
Satire (spot) ’n Manier om spottend die foute en dwaashede van individue of wanbestuur in ’n samelewing oop te vlek; ’n hekelende/spottende manier van kritiek lewer.
© Impaq
15
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
10.7
Sarkasme Om op ’n skerp, bytende manier met iemand te spot om seer te maak of met minagting op iemand se foute te wys.
10.8
Antiklimaks Die omgekeerde van ’n klimaks of ’n hoogtepunt. Dit is die teenoorgestelde van dit wat die leser verwag en is gewoonlik ’n onverwagse teleurstellende uiteinde met ’n komiese of skokkende effek.
10.9
Eufemisme ’n Vorm van taalgebruik wat versagting uitdruk of omskryf word om nie gevoelens seer te maak nie, bv. lang vingers hê (steel), ’n mollige meisie in i.p.v. ’n vet meisie.
10.10
Hiperbool ’n Stylfiguur of vorm van taalgebruik wat doelbewus oordryf; om iets erger of groter te maak as wat dit werklik is, bv. ’n eindelose pad.
10.11
Woordspeling Dit is die doelbewuste gebruik van ’n woord om terselfdertyd ’n ander toepassing van die woord ook te aktiveer; dit het dikwels te doen met die letterlike en figuurlike toepassing van ’n woord of gesegde. Dit word meestal op ’n humoristiese wyse gebruik om die leser te verras en daarop te wys dat sekere woorde op verskillende maniere gebruik kan word en dikwels misleidend kan wees. Dit kom veral in grappe en advertensies voor. Dink byvoorbeeld aan die strokiesprente “Idees vol vrees” en “Die lewe is ’n kaaskrul”.
10.12
Onderbeklemtoning ’n Manier om iets te beklemtoon deur dit met terughouding te stel; nie al die feite of die volle waarheid te noem nie.
10.13
Retoriese vraag Dit is ’n vraag waarmee ’n mens jou mening uitspreek en waarop jy nie ’n antwoord verwag nie omdat dit vanselfsprekend is, bv. hoe kan ’n moeder haar kind vergeet?
10.14
Litotes Iets word beklemtoon deur die ontkenning van die teenoorgestelde, of deur verkleining of versagting, bv. sy’t ’n klein ou lyfietjie.
10.15
Sinestesie Die vermenging van sintuie, bv. klapsopwaternat-gevoel – dit dui aan dat dit byna pynlik is (klap-), so erg voel dit; of “daar is ’n klankie in die vertrek” – dui op ’n onaangename reuk.
10.16
Oksimoron Twee teenoorgestelde begrippe word met mekaar verbind, bv. ou nuus.
© Impaq
16
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Les 2: Gedig: “Die miljenêr se kombuis” (Peter Blum) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy die volgende kan doen: • •
Italiaanse sonnetvorm in Kaapse Afrikaans onderskei. Literêre aspekte onderskei soos: metafore, hiperbole, die retoriese vraag, kontras en rym.
STAP 1: Pre-lees • Vluglees of soeklees vir tekskenmerke, byvoorbeeld die titel. • Lees eers die inhoud om ’n kort oorsig van die gedig te kry voordat jy die gedig vlugtig deurlees vir beter begrip. STAP 2: Lees • Jy het nou gesien dat die gedig in Kaapse Afrikaans geskryf is. • Lees die gedig deur en bestudeer die woordverklarings om die inhoud te verstaan. • Let op na die bespreking om ’n geheelbeeld te kry van die idees wat in die gedig uitgelig word. • Maak aantekeninge as jy wil. STAP 3: Post-lees • Jy sal nou ’n geheelbeeld van die gedig hê en kan daarop reageer. • Let veral op die skrywer se standpunt en wat die doel is waarom hy die gedig geskryf het. • Beantwoord die vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde saam jou fasiliteerder. AGTERGRONDINLIGTING: Peter Blum (1925 – 1990) Peter Blum was een van die boeiendste digters wat die Afrikaanse poësie nog opgelewer het. Hy is in 1925 in Wene, Oostenryk gebore Sy ouers was van Joodse afkoms en sy huistaal was Duits. Die gesin het in 1936 na Suid-Afrika verhuis, waar die elfjarige seun in Johannesburg en Durban skoolgegaan het en Afrikaans vlot geleer het. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy ’n BA-graad in tale met lof behaal. In 1955 verskyn sy bundel Steenbok uit die Poolsee waarin “Die miljenêr se kombuis” gepubliseer word. Daar was akademici en ’n groep konserwatiewe skrywers wat morele en politieke besware teen hierdie bundel gehad het.
© Impaq
17
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Hy het Suid-Afrika verlaat omdat hy nooit Suid-Afrikaanse burgerskap kon kry nie en daarmee het die Afrikaanse literatuur in die besonder en die Suid-Afrikaanse geesteslewe as sodanig een van sy grootste talente verloor. (Verwerk vanaf: http://www.stellenboschwriters.com/100blump.html en Versjoernaal, 2008, bl. 19)
INHOUD Die spreker se vriend is ’n kok in die miljoenêr se kombuis. Die kok nooi hom toe om te kom kyk hoe die huis van die skatryk man lyk. Die besoeker was baie verbaas oor die grootte van die kombuis – jy sou dink dit is die Duncan-dok. Breekware en messegoed is hoog opmekaar gestapel tot teen die dak. Daar is yskaste vol van die beste vleis, eiers, vrugte en groente en selfs die karkas van ’n hele bok. Sy vriend, die kok, sê in die kelder is genoeg drank vir ’n kroeg. Daar is whisky, jenewer en muskadel. Hierop was die verteller se reaksie dat die miljoenêr, die kok se baas, ’n baie gelukkige man moet wees wat welaf is. Hy vra toe of die miljoenêr ’n partytjie gaan hou, want daar is genoeg kos om 20 mans ’n week lank te voed. Hierop was die kok se ironiese antwoord dat sy baas altyd alleen eet. WOORDVERKLARINGS Pellie (r. 1) – maat/vriend da’ (r. 1) – daar wêk (r. 1) – werk kok (r. 1) – kok (iemand wat kos maak) miljenêr (r. 3) – miljoenêr; skatryk persoon Duncan-dok (r. 4) – baie groot plek in die Kaapse hawe waar skepe en tenkskepe herstel word Tsaaina (r. 5) – breekware (Chinaware) messegoed (r. 5) – eetgerei (messe, vurke, ens.) anie (r. 5) – aan die nok (r. 5) – hoogste deel van die dak fridzidêrs (r. 6) – yskaste/vrieskaste volgaprop (r. 6) – propvol piekfyn (r. 6) – van gehalte vrugta (r. 7) – vrugte jele (r. 8) – hele kjeller’s (r. 9) – kelder ena (r. 9) – ene brannewyn (r. 10) – brandewyn dzien (r. 10) – jenewer (gin) muskedil (r. 10) – muskadel wragtie (r. 11) – waaragtig; sowaar gaseën (r. 11) – geseën; gelukkig; ryklik bedeeld Ga’ hy na patie skop? (r. 12) – gaan hy ’n partytjie hou?
© Impaq
Die miljenêr se kombuis
Peter Blum
’n Pellie van my, wat da’ wêk as kok, het my vandag laat inloer innie huis vannie ou miljenêr, sy baas. Kombuis? Jy sou gasê het dis die Duncan-dok!
1 2 3 4
Tsaaina en messegoed tot anie nok, Fridzidêrs volgaprop met piekfyn vleis, eiers, vrugta en groentes oppie ys, en die jele karkas van ’n soort bok.
5 6 7 8
Toe sê hy, “Ennie kjeller’s die ena kroeg whisky en brannewyn, dzien en muskedil.” Toe sê ek, “Wragtie, dié baas is gaseën!
9 10 11
Ga’ hy na patie skop? Daa’s oorganoeg om twintag ouens ’n week lank te laat smul”. “Nei,” sê hy, “Die baas eet altyd alleen.”
12 13 14
18
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
BESPREKING • •
•
• •
•
• •
•
•
• •
© Impaq
Die titel wys dat daar van die miljoenêr se kombuis vertel gaan word. Die sonnet beskryf hoe groot die kombuis is en wat alles daarin te vinde is. Hierdie gedig word as ’n Kaapse sonnet geklassifiseer – die sonnette is gebaseer op die Sonetti Romaneschi van G.G. Belli wat voorgestel het dat die poëtiese vorm en taal by die volksmond moet aanpas. Blum het Belli se gedig “The pope’s kitchen” vertaal en aangepas deur Kaapse streekstaal en die aktuele toestande onder die Kaapse bruin mense te gebruik. Die digter gebruik die Petrarkaanse (Italiaanse) sonnetvorm. Dit versterk die geestigheid in die gedigte, asook die implisiete sosiale kritiek: die spreker versag die kritiek deur die komiese sienings en die simpatie wat vir die baas gewek word. In die oktaaf (eerste 8 reëls) beskryf die verteller die groot kombuis wat alles en nog meer bevat wat nodig is vir die voorbereiding van kos. In die sekstet (laaste 6 reëls) verskuif die klem na die kelder wat propvol drank is. Die verteller sê in die laaste versreël van die eerste tersine (3 reëls) dat die miljoenêr baie geseënd is, waarna die verrassende ironiese slot dan deur die kok gegee word, naamlik dat sy baas altyd alleen eet. ’n Mens kan dus aflei dat, ten spyte van al die oorvloed, die miljoenêr ’n eensame man is. Die dialoog vind plaas tussen twee bruin mense wat Kaaps praat. Kaapse woorde wat gebruik word, is onder meer “miljenêr”, “pellie”, “wêk”, “gasê, “tsaaina” en “nei”. Baie assimilasie kom in hulle geselstaal voor waar twee woorde aanmekaar gelas word, byvoorbeeld “anie” (aan die), “ennie” (en die), “vannie” (van die) en “oppie” (op die). Die aanslag in die gedig is hierdeur lig komies. Metafore wat voorkom, is dat die kombuis aan die yslike Duncan-dok gelykgestel word. Ook is die kelder soos ’n goedgevulde kroeg. Die kombuis wat so groot soos die Duncan-dok is, asook baie breek- en messegoed wat tot teen die dak gestapel is, is hiperbole (hiperbool: beeldspraak waarby ’n saak baie vergroot word sodat dit indrukwekkender as die gewone is). “Kombuis?” is ’n retoriese vraag wat beklemtoon dat dit eintlik glad nie soos ’n kombuis lyk nie en baie groot is. Omdat “Kombuis?” alleen in ’n sin en aan die einde van die versreël staan, (agterplasing) word dit verder beklemtoon. Die digter lewer sosiale kritiek deur ’n arm bruin spreker kommentaar te laat lewer op die oordadigheid van die kombuis se inhoud, maar fokus dan uiteindelik op die miljoenêr wat baie geld het, maar eensaam is. Dit is opvallend dat die gedig met “’n Pellie” begin, met ander woorde die kok het vriende, maar sy baas eet alleen en is dus ’n eensame mens sonder vriende. So skep die spreker tog onwillekeurig simpatie vir die ryk man. Opeenstapeling van feite (asindeton) om te bewys dat daar ’n oorvloed kos en breek- en messegoed in die kombuis is, is opvallend in strofe 2. In die laaste twee reëls van die gedig word die twintig mans wat ’n week lank aan die kos kan eet, gekontrasteer met die een miljoenêr. Dit word ’n kontras genoem. Rykdom en armoede vorm dus ook ’n kontras.
19
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
•
Eenheid
1
Die slotwoorde van strofe 3 en 4 rym met mekaar om die ryk man se hartseer uit te beeld: “gaseën” rym met “alleen” en dit weerspreek eintlik die geseëndheid (kontras).
AKTIWITEIT 1 Beantwoord die vrae in jou werkboek. Die fasiliteerder sal die antwoorde met jou kontroleer en hersien waar nodig. 1.1 1.2 1.3 2.1 2.2 2.3 3. 4. 5. 6.1 6.2 6.3 7. 8. 9. 10. 11.1 11.2 12.1 12.2 12.3 12.4 13. 14. 15.
© Impaq
Watter digvorm is “Die miljenêr se kombuis”? Wat word in die oktaaf vertel? Is daar ’n verdieping in die sekstet? Bewys jou antwoord. Tussen watter twee mense vind die gesprek oor die miljoenêr se kombuis plaas? Watter geselstaal gebruik die twee? Gee vier voorbeelde van die geselstaal en ook hoe die gekose woorde normaalweg in Afrikaans sou lyk. Is die stelling waar of onwaar? Haal een woord aan as bewys. Die miljoenêr is nie jonk nie. Wat in die miljoenêr se huis het die spreker die meeste beïndruk? “Kombuis? / Jy sou gasê het dis die Duncan-dok!” Watter beeldspraak kom in die aanhaling voor? Wys op die hiperbole in die gedig. Wat is die doel van dié beeldspraak? Hoe weet die spreker van die Duncan-dok? Opeenstapeling van feite word gebruik om op die oordaad/oorvloed te wys. Bewys bogenoemde stelling. Is die vleis in die yskaste ondergraad? Bewys. Wys op die alliterasie in die tweede strofe. Watter aspek wat in strofe 2 genoem word, beïndruk die spreker die meeste? Waarom? Wie beskryf die kelder? Wat word in die kelder gebêre? Hoe beskou die verteller die ryk man nadat hy die yslike kombuis vol kos gesien het en van die drankgevulde kelder gehoor het? Waarvoor dink hy sal al die kos en drank gebruik word? Haal een woord aan wat sê dat die kos heerlik lyk. Watter ironiese antwoord gee die kok aan die spreker? Haal die assonansie in die laaste reël aan en onderstreep die relevante klanke. Wat is die toon van die gedig? Wat is die tema van die gedig?
20
Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Letterkunde
Eenheid
1
Les 3: Gedig: “Onderwyser” (Antjie Krog) LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les moet jy die volgende kan doen: • •
Literêre aspekte onderskei: vrye vers, metafoor, inversie, voor- en agterplasing, rym en interteks. Verstaan hoe woordkeuse beeldspraak suksesvol in ’n gedig toepas.
STAP 1: Pre-lees • Vluglees die inligting in die gedig wat oor ’n onderwyser gaan. Kyk ook na die titel. STAP 2: Lees • Lees die gedig deur en bestudeer die woordverklarings om die inhoud te verstaan. • Let op na die bespreking om ’n geheelbeeld te kry van die idees wat in die gedig uitgelig word. • Maak aantekeninge as jy wil. STAP 3: Post-lees • Jy sal nou ’n geheelbeeld van die gedig hê en kan daarop reageer. • Let veral op die skrywer se standpunt en wat die doel is waarom sy die gedig geskryf het. • Beantwoord die vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde saam jou fasiliteerder. AGTERGRONDINLIGTING: Antjie Krog (1952 –) Antjie Krog is in 1952 op Kroonstad gebore en het daar grootgeword. In 1976 het sy die graad BAHons in Engels aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en in 1983 ’n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria. Krog het as digter naam gemaak (vir volwassenes, maar ook twee bundels vir kinders) en het vir haar eerste twee bundels, wat gepubliseer is toe sy maar 17 en 19 jaar oud was, die Eugène Maraisprys vir die beste debuut verower. Sy kan ook al ’n Rapport-prys en ’n Reina Prinsen Geerligs-prys agter haar naam skryf. In 1990 is die Hertzog-prys vir Poësie aan haar toegeken. Met haar verslag in 1998 oor die Waarheidsen-Versoeningskommissie, Country of my skull, het sy ’n wyer en meer internasionale gehoor verkry. Poetry International het haar ook na Rotterdam genooi as een van die belangrikste Suid-Afrikaanse stemme. (Verwerk vanaf: http://www.oulitnet.co.za/multimedia/vonkverse_digters.asp#antjie)
© Impaq
21