Gr 11-Afrikaans Huistaal-Handleiding Taalkunde 1

Page 1

Í2+È-A-AHT-SG01dÎ

1

8

1 1

-

A

-

A

H

T -

S

G

0

1

AFRIKAANS HUISTAAL HANDLEIDING: TAALKUNDE Graad 11

A member of the FUTURELEARN group


Afrikaans Huistaal Handleiding: Taalkunde

1 8 11 - A - A H T- S G 0 1

Í2+È-A-AHT-SG01dÎ

Graad 11

Aangepas vir KABV


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

INHOUDSOPGAWE 1. Voorwoord .............................................. ii 2. Afrikaans Huistaal: Inhoud ..................... iii 3. Portefeuljewerk ....................................... v 4. Toetse en eksamens .............................. v 5. Onderrigplan vir taalkunde .................... vi 6. Inhoudsopgawe .................................. viii 7. Bronnelys .......................................... 204

© Impaq

i


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

INHOUDSOPGAWE EENHEID 1 Les 1

Les 2

SKRYFVAARDIGHEDE 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7

Die gebruik van die korrekte woord Hoofgedagtes in sinne Effektiewe sinsbou Skakeling van sinne onderling Kerngedagtes van paragrawe Verband tussen paragrawe Ondersoek van paragrawe in leesstuk

2.1

Die identifisering en toepassing van leestekens Die tegnieke van soeklees, vluglees en studielees Woordherkenning Oordeel oor die geldigheid van argumente binne teksverband Die maak van afleidings en gevolgtrekkings Onderskei tussen feite, menings en bewerings Herkenning van verwysings

2.2 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7

EENHEID 2: Les 3

AFRIKAANSE SPELLING 3.1 3.2 3.3

Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling Wisselvorme Onderskeid tussen klank en skrif

Les 4

4.1

Uitspraak en klankverskynsels: aksent, ronding en ontronding, assimilasie, vokaalreduksie, palatalisasie, klanktoevoeging, klankverlies en klankverspringing

Les 5

5.1 5.2 5.3

Die skryfproses Die beplanning en skryf van ʼn skryfstuk Die opstel en skryf van ʼn verslag en vriendskaplike brief Die bestudering van ʼn advertensie

5.4

EENHEID 3: Les 6

SKRYFTEKENS 6.1 6.2

© Impaq

1 – 28

29 – 55

56 – 84

Skryftekens: die afkappingsteken; die kappie; die deelteken; die koppelteken Hoofletters

viii


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

KWARTAAL 2 EENHEID 4 Les 7

WOORDVORMING (MORFOLOGIE) 7.1 Woordvorming of morfologie:

7.2

EENHEID 5 LES 8

8.2

EENHEID 6 LES 9

samestelling, afleiding en samestellende afleiding; stamme; affikse; voegsels; simplekse en komplekse; afleiding deur klankverandering; Opsomming (précis)

AFRIKAANSE WOORDESKAT 8.1

106 – 114

Herkoms van Afrikaanse woordeskat Erfgoed; Eiegoed; Leengoed; Woordeskatuitbreiding: klanknabootsing, volksetimologie, toutologie, pleonasme, kontaminasie, analogie, neologismes en vaktaal

KOMMUNIKATIEWE SKRYFSTUKKE 9.1 9.2

LES 10

85 – 105

10.1 10.2

115 – 131

ʼn Formele of aansoekbrief volgens die skryfproses te beplan en te skryf; Eie curriculum vitae saamstel Resensie Langer skryfstukke

KWARTAAL 3 EENHEID 7 LES 11

SPELLING: LETTERGREPE

EENHEID 8 LES 12

TRANSAKSIONELE SKRYFSTUKKE

© Impaq

11.1 11.2 11.3 11.3

12.1

132 – 144

Lettergreepverdeling Verdubbeling van konsonante Los en vas skryf van woorde Woorde met ie- en -i

Die skryf van ʼn agenda en notule

ix

145 – 151


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

EENHEID 9 LES 13

WOORDSOORTE

152 – 168

13.1 Die selfstandige naamwoord 13.1.1 Soorte selfstandige naamwoorde soortnaam, afgetrokke (abstrakte selfstandige naamwoord, stofname maatname, versamelname 13.1.2 Verbuiging (fleksie) van die selfstandige naamwoorde: getal, geslag, verkleining 13.2 Voornaamwoorde, persoonlik, besitlik, vraend, aanwysend, betreklik, onbepaald, wederkerend, wederkerig onpersoonlik 13.3 Byvoeglike naamwoorde: attributief, predikatief, verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme, ou vorme, in vaste/vrye verbindings

KWARTAAL 4 EENHEID 10 LES 14

EENHEID 11 LES 15

© Impaq

KORTER SKRYFSTUKKE, WOORDSOORTONDERSKEIDING

169 – 202

14.1 Verslae 14.2 Die werkwoord 14.2.1 Selfstandige werkwoorde (hoofwerkwoorde): oorganklik, onoorganklik, wederkerend wederkerig, onpersoonlik, koppelwerkwoord, deeltjiewerkwoord: skeibaar en onskeibaar 14.2.2 Medewerkwoorde: hulpwerkwoorde van tyd, vorm, modaliteit, skakelwerkwoorde - direk/ indirek

NOG WOORDSOORTE 15.1 Bywoorde: plek, tyd, wyse, graad, modaliteit 15.2 Voegwoorde 15.3 Voorsetsels 15.4 Tussenwerpsels 15.5 Funksiewisseling

x


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

EENHEID 1 LES 1

Eenheid

1

DIE WÊRELD IS ONS WONING

LESDOELWITTE: Aan die einde van hierdie les behoort jy die volgende vaardighede te bemeester: Skryfvaardighede ten opsigte van: • die gebruik van die korrekte woord • hoofgedagtes van sinne • effektiewe sinsbou • skakeling van sinne onderling • kerngedagtes van paragrawe • verband tussen paragrawe • ondersoek van paragrawe in leesstuk

DIE WÊRELD IS ONS WONING Of ons dit nou wil weet of nie, die wêreld het klein geword. Elke moontlike kontinent is via kuberlyne en kletskamers slegs ʼn knoppiedruk ver. Dis glad nie meer so snaaks om sommer vir ʼn heen-en-weertjie op die vliegtuig te klim en vir ʼn paar dae na ʼn eksotiese bestemming te ontvlug nie. Waar die woord “emigrasie” sommer enkele jare gelede deur leerlinge in ʼn woordeboek nageslaan moes word, word dit deesdae so algemeen in gesprekke gebruik dat selfs kleinboet en kleinsus presies weet wat dit beteken. Dit het mode vir skoolverlaters geword om eers ʼn jaar in een of ander land oorsee te gaan werk voordat hulle finaal besluit wat hulle met hulle lewens wil aanvang. Sommige bly daar en ander kan weer nie wag om huis toe te kom nie - om ou Boel se nat snoet teen die been te voel of die reuk van vroegoggend-koffie soos nét Ma dit kan maak, behaaglik in te snuif. Hoe dit ook al sy, die feit bly staan, die wêreld is nie meer dieselfde nie.

© Impaq

1


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

VAARDIGHEID: TAALSTRUKTUUR

Lees asb. die leesstuk hieronder deur en voer dan die aktiwiteite na die besprekings uit: OOR AFSAAL EN OPSIT Deur Jacqueline Leuvennink 1. Tant Koek lê seker lankal begrawe. En nou wil dit begin lyk of haar veelbesonge hoenderhaan, opdringerige gas op menige troue, ook ʼn stadige dood gesterf het - nie die nekomdraai wat ons hom al jare lank toewens nie. 2. Op ʼn boeretroue kom ʼn man immers nie meer sommer van Riemvasmaak en sy maat van Soebatsfontein nie. Dis die era van vonke wat wêreldwyd per e-pos skiet. Potensiële huweliksmaats sit maklik ʼn vasteland en ʼn vliegrit uit mekaar pleks van ineengestrengel op ʼn opsitbankie. 3. In die skrywer Olive Schreiner se tyd moes ʼn vryer sy liefde in hierdie land te voet of te perd loop haal, verkieslik voor skeertyd sodat daar darem ʼn paar ekstra hande op die plaas kon wees. ʼn Geil weduvrou met ʼn paar ponde in die bank en beeste in die land was nie te versmaai nie, veral nie as sy boonop so onbeskaamd gesond soos tant Sannie was nie. 4. Die Engelse Olive het tevergeefs in haar wêreldtaal woorde probeer vind vir ʼn boerevryery waarin afsaal en opsit ʼn integrale deel van die hele affêre was. In haar “Story of an African Farm” vra die ambisieuse besoeker op die blink vosperd dus: “Can I off-saddle?” en lees jy met genoeë van “Tant Sannie holds an upsitting…” 5. ʼn Mens se glimlag begin van muur tot muur loop oor nog ’n geliefde tydverdryf onder ons mense, die uitvraery oor die familie: “I was related to your aunt Selena who died,” said tant Sannie to her father’s brother’s step-nephew’s niece…”

© Impaq

2


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

6. Met die koms van elektrisiteit is die opsitkers finaal gesnuit. Nes die vrypostige hoenderhaan was hy nie bestem om die nuwe millennium met sy kuberruimtes binne te dring nie. En kom dit by herkoms, begin dit ook vandag bars om die leisels vir die uitlê van familie bymekaar te hou as jou skoonseun pleks van ʼn Du Toit van die Paarl dalk ʼn Rakolnikof van St. Petersburg of ‘n Hiopoulos van Santorini is. 7. Jare lank was troufoto’s van bruingebrande paartjies wat liefies om ‘n geelhoutboom se stam vir mekaar loer deel van elke tweede Afrikaanse huis. Vandag se groot plegtigheid vind meer waarskynlik plaas teen die agtergrond van ‘n Middeleeuse katedraal of ‘n Hawaise sonsondergang. Maak jy die wêreld jou woning, word verbintenisse gesmee wat ‘n generasie gelede aardskuddende aangeleenthede sou wees. 8. ‘n Versnit van Boer en Brit was in my kindertyd nog ‘n saak wat nie al te hartlik aangemoedig is nie. ‘n Oumagrootjie wat in die afgeslote gemeenskappie waarin hulle geleef het, daagliks almal by die naam in haar oggendgebed opgedra het, het glo gereeld haar voorbidding afgesluit met: “ En, ag Heer, seën tog maar asseblief ook die ou Ingelsman op die hoek…” 9. Vandag sou sy haar gebedslys soos ‘n konsertina moes rek om by al die vreemdelinge in ons poorte by te kom. 10. Net verlede jaar bel ‘n oom my om te sê sy blondekopdogter is met ‘n Egiptiese prins getroud. 11. “Né?” sê ‘n vriendin, wat die afgelope twee jaar met ‘n bietjie vrees en heelwat bewing ‘n Amerikaanse skoondogter en ‘n Joodse skoonseun ryker geword het. 12. “Myne kom darem nog uit die Bybel uit. Kom ons sê maar dit is goed vir die genepoel…” 13. ‘n Oggend kort nadat die Amerikaanse skoondogter haar by hulle geledere kom voeg het, stap ons seelangs naby hul strandhuis verby. En word van ver af deur die vars skoonpa begroet met ‘n: “Kom nader, kom asseblief nader - ek móét net weer ‘n slag Afrikaans in my eie huis praat! Hoe sê ‘n mens tog vir ‘n ander land se mens jy het ‘n hol kol op jou maag?” 14. Die wêreld se hekke staan vir ons oop. Sommige maak hulle makliker los as ander, maar daar is baie ver-lopers wie se harte by tye wil skeur van die verlang. ‘n Mens kan vir jou ‘n plek op ‘n nuwe webwerf oopskrop en kubber-kuier kan troos, maar dis nie ‘n bekende arm om die lyf nie. Dit het ook nie die reuk van beskuit in die oond en die geel klank van geliefde stemme om ‘n tafel nie. 15. Die warmte van eie werf en woord is nie regtig net die druk van ‘n knoppie ver nie. Uit: Sarie-30 Mei 2001

© Impaq

3


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

Wanneer mense in ‘n ontspanne atmosfeer verkeer en bekend is met die persone met wie hulle kommunikeer, het hulle gewoonlik nie probleme om ontspanne te praat, te lees en selfs te skryf nie. Maar sodra daar ‘n vreemdheid in die atmosfeer intree, verander die situasie heeltemal: jy raak gespanne en kan nie natuurlik optree nie. Kom ons vergeet van al hierdie ou bagasie wat ons met ons saamdra, ons raak natuurlik en geniet die aktiwiteite wat hierop volg. As ‘n mens ‘n huis bou, is daar ‘n sekere volgorde in die beplanning en voltooiing daarvan. Eers moet daar ‘n plan geteken word, dan boumateriaal aangeskaf word soos in die beplanning voorgeskryf. Dan word die fondasie gegrawe en gegooi en die stene laag vir laag opmekaar gepak. So word die gebou dan stelselmatig voltooi. As die volgorde nie reg is nie, gaan die huis beslis probleme oplewer, waarskynlik inmekaar tuimel. Bogenoemde beginsel is op skryfwerk van enige aard van toepassing. As daar nie deeglike beplanning vooraf gedoen word nie, kan sukses nie gewaarborg word nie. Die enkele belangrikste bousteen in skryfwerk is die WOORD. Die leerling moet hom/haarself telkens daarvan vergewis dat die woord wat gebruik word, die beste, juisste woord is om in elke spesifieke situasie te gebruik. Elke SIN is om ‘n kern gebou, m.a.w. ‘n sin moet ‘n kern bevat. Kyk na die eerste sin in paragraaf 1 van die leesstuk. Wat sal gebeur as ons die woorde “Tant Koek” uit die sin weglaat? Maak dit sin? Het die sin enige logiese betekenis? Nee. M.a.w. tot watter gevolgtrekking kom ons? Die kern waarom hierdie sin gebou is, is “Tant Koek”.

AKTIWITEIT 1 Beantwoord die volgende vrae in jou oefeningboek: 1.1

Die titel van hierdie eenhede is: “Die wêreld is ons woning”. Wat dink jy word daarmee bedoel? 1.2. Verklaar die uitdrukking “afsaal en opsit” binne teksverband. 1.3. Wat is die kerne van die volgende sinne: 1.3.1 “’n Vryer moes sy liefde te voet of te perd loop haal.” 1.3.2 “Die wêreld se hekke staan vir ons oop.” 1.3.3 “Die opsitkers is finaal gesnuit.”

ONTHOU! DIE SIN ‘n Reeks woorde wat ‘n gedagte-eenheid vorm, noem ons ‘n SIN. ‘n Sin moet ‘n kern hê, maar kan ook uit net ‘n enkele woord bestaan, bv. LOOP!

© Impaq

4


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

Ons onderskei tussen stelsinne, bevelsinne, vraagsinne en uitroepsinne, bv.: Stelsin: Bevelsin: Vraagsin: Uitroepsin:

“Met die koms van elektrisiteit is die opsitkers finaal gesnuit.” (Par. 6). - ‘n Stelling word dus gemaak. “Maak die wêreld jou woning!” - ‘n Bevel word dus gemaak. “Hoe sê ʼn mens tog vir ʼn ander land se mens jy het ʼn hol kol op jou maag?” (Par. 13). - Begin gewoonlik met ‘n vraagwoord en bevat ‘n vraagteken. Die vraagwoord kan in sommige gevalle ontbreek. “Ek móét net weer ʼn slag Afrikaans in my eie huis praat!” (Par. 13). – Bevat gewoonlik ‘n uitroepteken. Die uitroepteken kan in sommige gevalle ontbreek.

In skriftelike werk moet hierdie tipe sinne voortdurend afgewissel word om eentonigheid te voorkom. Sinlengtes behoort ook te wissel. As alle sinne ewe lank was, sou dit baie eentonig wees. Wanneer spanning, vrees, ens. uitgebeeld word, behoort sinne en ook woorde, kort te wees. Beskrywings, daarenteen, sal weer in langer sinne geskied. Deur die belangrike woord(e) in ʼn strategiese posisie te plaas word dié gedeelte beklemtoon. Kyk na die volgende voorbeelde: (Tensy anders vermeld, verwys die voorbeelde na paragrawe in die leesstuk). 1.

Omgekeerde woordorde: Net verlede jaar bel ’n oom my om te sê sy blondekopdogter is met ’n Egiptiese prins getroud (par. 10). Die klem val hierbo op “Net verlede jaar …” ’n Oom bel my net verlede jaar om te sê sy blondekopdogter is met ʼn Egiptiese prins getroud. Hier val die klem op “’n Oom …” Sy blondekopdogter is met ʼn Egiptiese prins getroud. Hier val die klem op “Sy blondekopdogter…” Met ʼn Egiptiese prins is sy blondekopdogter getroud. Hier val die klem op “ … ʼn Egiptiese prins …” Die gedeelte van die sin wat in die bevoorregte posisie – aan die begin van die sin – staan, dra dus die klem.

2.

Herhaling: Die volgende is ʼn goeie voorbeeld van doelbewuste herhaling: “Die wolke het al donkerder geword, gedraai, gekolk, al laer gesak.” Hier het die herhaling besondere klankwaarde wat die onheilspellende bewegings van die wolke beklemtoon.

3.

Agterplasing: Hier volg ʼn voorbeeld van agterplasing: Skielik het stofwolke die hemel ingepluk – en toe kom

© Impaq

5


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

4.

Eenheid

1

Voorplasing: Die wêreld se hekke staan vir ons oop (par. 14 van die leesstuk). Vir ons staan die wêreld se hekke oop. Let op hoe klem op ʼn ander deel van die sin geplaas word.

AKTIWITEIT 2 Beantwoord die volgende vrae in jou oefeningboek: 2.1 2.1.1 2.1.2

2.1.4 2.1.5

Sê watter soort sinne die volgende is. Tant Koek lê seker lankal begrawe. En, ag Heer, seën tog maar asseblief ook die ou Ingelsman op die hoek …” Hoe sê ’n mens tog vir ’n ander land se mens jy het ’n hol kol op jou maag?” Ek móét net weer ’n slag Afrikaans in my eie huis praat! Dis die era van vonke wat wêreldwyd per e-pos skiet.

2.2. 2.2.1 2.2.2 2.2.3

Herskryf die volgende sinne as vraagsinne. ’n Mens se glimlag begin van muur tot muur loop. Sommige maak hulle makliker los as ander. ’n Mens kan vir jou ’n plek op ’n nuwe webwerf oopskop.

2.3

Herskryf die volgende sin en begin soos aangedui: Begin dit ook vandag bars om die leisels vir die uitlê van familie bymekaar te hou.

2.1.3

Vandag gaan dit … 2.4

Herskryf die volgende sinsdeel en begin soos aangedui: Stap ons naby hul strandhuis verby. Naby …

© Impaq

6


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

VAARDIGHEID: TAALGELETTERDHEID EN SKRYF

ONTHOU! DIE PARAGRAAF Die paragraaf is ‘n groter eenheid as die sin, saamgestel uit ‘n aantal gedagtes wat oor ‘n bepaalde onderwerp handel. Die paragraaf moet ‘n afgeronde eenheid vorm. In langer skryfstukke moet paragrawe logies op mekaar volg, die een ‘n aanknopingspunt vir die ander.

Kyk na die skakeling tussen par. 1 en 2 in die leesstuk. Die eerste paragraaf handel oor tant Koek se hoenderhaan – die liedjie wat op meeste troues gesing word. Die tweede paragraaf handel steeds oor troues. Hierdie paragrawe sluit dus nou bymekaar aan. Hierdie tipe paragrawe noem ons AANEENSKAKELENDE OF OPEENVOLGENDE PARAGRAWE. Par. 8 en 9 is TEENSTELLENDE PARAGRAWE. In par. 8 is die vermenging van Boer en Brit alles behalwe positief. In par. 9 word gesinspeel op die positiewe vermenging van vreemde kulture in ons land. Net soos ʼn sin om ʼn kern gebou word, word ʼn paragraaf om ʼn kernsin gebou. Die posisie van die kernsin kan aan die begin van die paragraaf, in die middel of aan die einde van die paragraaf voorkom.

© Impaq

7


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

Die volgende is maklike voorbeelde om die posisie van die kernsin te illustreer: 1.

Dit het vroeg die oggend begin reën. Al met die voor langs het die water gestoot. Geleidelik het die stroompies plasse geword en opgedam tot 'n groot, blinkende massa water.

In bg. voorbeeld kom die kernsin aan die begin van die paragraaf voor. Die kernwoord in die eerste sin is "reën". Die res het betrekking op die reën. 2.

So teen vieruur die middag het die wind onrustige warrels begin maak. Later begin dit ruk en pluk. Die wolke het al donkerder geword, gedraai, gekolk, al laer gesak. Skielik het stofwolke die hemel in gepluk ... en toe kom die reën!

In hierdie paragraaf kom die kernsin aan die einde van die paragraaf voor. Al die vorige sinne dui daarop dat die reën aan die kom is, wat dan eers in die laaste sin gebeur. 3.

Dit is skreeuwarm sedert vroegoggend. Al vir die afgelope paar dae. As hierdie hitte vir drie dae aanhou, so sê die oumense, dán kom die reën. Vieruur die middag begin dit reën. Salig! Hoe beskryf 'n mens vir iemand wat nog nooit droogte ervaar het nie, die gevoel van dank-baarheid en nederigheid teenoor ons Skepper vir dié genadegawe: reën.

In hierdie paragraaf kom die kernsin in die middel voor. Eers die aanloop na die reën, dan die reën, dan die afloop na die reën.

© Impaq

8


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

Hoe word ʼn paragraaf beplan? Besluit waaroor die paragraaf gaan handel. Gestel jy wil ‘n paragraaf skryf oor die “DIE TROUE”, dan moet die troue die kern van die kernsin vorm. Enige ander gedagtes sal deel van die res van die paragraaf vorm. Kyk na die volgende skematiese uiteensetting:

T R O U E

Aanloop tot die t Wie is die bruid en die bruidegom Voorbereidings Die troue self Afloop

‘n Paragraaf kan ook uit ‘n enkele sin bestaan, maar is normaalweg langer – sien par. 15 in die leesstuk. Moenie langdradig wees nie, maar kom tot die punt. Daar moet veral gewaak word teen mooiskrywery, lomp uitdrukkings, ens. Kyk bv. na die volgende: Toe ek daar kom, het ek na haar gesoek. Toe kry ek haar in die kafee. Toe besluit ons om eers koeldrank te drink en toe ons klaar is, het ons besluit om te gaan tennis speel. Laasgenoemde drie sinne kan baie effektiewer ingespan word: Daar aangekom, het ek na haar begin soek en haar in die kafee gekry. Ons het besluit om eers koeldrank te drink en daarna te gaan tennis speel. OOK DIE VOLGENDE: Die man wat kruppel loop. Die kruppel man. Jaap is so verlief op die meisie dat hy kan doodgaan. Jaap is doodverlief op die meisie.

© Impaq

9


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

AKTIWITEIT 3 Enige skryfwerk moet beplan word. Selfs skrywers wat goed kan skryf en jarelange ondervinding het, beplan hulle werk. Waar kom ons nou vandaan om te dink ons kan ons sommer neerplak en begin skryf. Dis hoekom ons so sukkel om te skryf en daarom ook nie daarvan hou om te skryf nie. Maak nou ‘n sin met elk van die woorde in die skematiese voorstelling hierbo oor “DIE TROUE” (ses sinne in totaal). Rangskik die sinne in logiese, betekenisvolle volgorde, m.a.w. besluit waar jy jou kernsin gaan plaas: eerste, middel of laaste. Jy kan die vyf woorde wat betrekking het op “DIE TROUE” met woorde van jou eie keuse vervang as jy wil. Dit was nie moeilik nie, nè? (10)

ASSESSERINGSTABEL VIR DIE PARAGRAAF 5

4

3

2

1

(Uitstekend)

(Baie goed)

(Goed)

(Gemiddeld)

(Swak)

Taalversorging • • • • •

5 punte vir drie/vier foute; 4 punte vir vyf/ses/sewe foute; 3 punte vir agt / nege foute; 2 punte vir tien/elf/twaalf foute; 1 punt vir meer as twaalf foute.

Inhoud Formaat (sinne volg logies op mekaar; 8 – 10 reëls lank) Kreatiwiteit en versorging (moeite) Totaal

© Impaq

20/2 = 10

10


Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

Eenheid

1

AKTIWITEIT 4 Stel nou vas wat die kernsinne van die volgende paragrawe in die leesstuk is en skryf die antwoorde in jou oefeningboek. (bv. Sin 2) 4.1. Par. 4 4.2. Par. 5 4.3. Par. 7 4.4. Par. 14

BEPLANNING VAN PROSESSKRYF Die vyf stappe wat gevolg kan word is die volgende: • versamel idees (pre-skryf) • skryf ‘n konsep (eerste probeerslag) • hersien • redigeer • bied aan Gebruik die onderstaande kontrolelys om jou te help met die beplanning van jou paragraaf. Kriteria om paragraaf te kontroleer

Sinne begin met ʼn hoofletter en eindig met ʼn punt. Elke sin bevat ʼn werkwoord. Sinne volg logies opmekaar. Verbindingswoorde dra by tot die samehang. Die inleiding bevat die kerngedagte. Al die ander sinne hou verband met die kerngedagte. Leestekengebruik en spelling is korrek. Ek het die opdrag maklik reggekry.

© Impaq

11

/

X


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.