Í2,È-A-DRA-SG01ÂÎ
1
8
1
1
-
A
-
D
R
A
-
S
G
0
1
DRAMATIESE KUNSTE HANDLEIDING: VOORGESKREWE TEKSTE
Graad 11
A member of the FUTURELEARN group
Dramatiese Kunste Handleiding: Voorgeskrewe tekste
1 8 11 - A - D R A - S G 0 1
Í2+È-A-DRA-SG01ÉÎ
Graad 11
Aangepas vir KABV
R le Grange A Mills B Pelser
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 INLEIDING........................................................................................................................... 4 JAARPLAN ......................................................................................................................... 5 Realisme: Death of a Salesman deur Arthur Miller ............................................................ 10 Suid-Afrikaanse teater: Boesman and Lena deur Athol Fugard ......................................... 28 Gestileerde teater – Elizabethaans: Romeo and Juliet deur William Shakespeare ........... 46 Teks: Romeo and Juliet deur William Shakespeare .......................................................... 61 VERWYSINGS ................................................................................................................ 130
1
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Jaarplan Hieronder is ’n uiteensetting van die jaar se werk. Beplan sorgvuldig en laat genoeg tyd toe vir hersiening. Die Via Afrika Dramatiese Kunste Leerderboek is in reise ingedeel, eerder as hoofstukke of modules. Ons gaan al die reise bestudeer, behalwe reis 6 (Kontemporêre Pan-Afrika-teater), reis 9 (Teater van die Ooste), reis 10 (Kontemporêre Amerikaanse teater) en reis 11 (ekspressionistiese teater). Dit sal tot jou voordeel wees om hierdie reise ook te lees en van hierdie soorte teater te weet. Verwys na die onderstaande jaarplan vir wanneer die reise bestudeer moet word. Kwartaal 1 Week 1 – 4 Realisme en Stanislavski (18 uur) Reis 5
Week 5 – 6 Toneelstuk: Realisme – Death of a Salesman (8 uur)
Week 7 – 9 Stem- en liggaamwerk (10 uur)
Reis 4, 5 en gids vir voorgeskrewe tekste
Week 10 of 11 PAT (50) Kwartaaltoets (50)
Reis 1 en 2
Kwartaal 2 Week 1 – 4 Suid-Afrikaanse teater (20 uur)
Week 5 – 6 Toneelstuk: SuidAfrikaanse teater – Boesman and Lena
Week 7 – 8 Opvoering van fisiese teater (8 uur)
(8 uur) Reis 6
Reis 4, 6 en gids vir voorgeskrewe tekste
Week 9 – 10 of 11 PAT (50) Junie-eksamen Teorie (150) Prakties (150)
Reis 3
Kwartaal 3 Week 1 – 4 Gestileerde teater: Elizabethaanse teater (16 uur)
Reis 8
Week 5 – 7 Toneelstuk: Elizabethaanse teater – Romeo and Juliet
Week 8 Regisseur en ontwerper in teater of film
(14 uur)
(6 uur)
Reis 4, 8 en gids vir voorgeskrewe tekste
Week 9 – 10 of 11 PAT (50) Kwartaaltoets (50)
Reis 12 en 13
Kwartaal 4 Week 1 – 3 Armteater (12 uur)
Reis 14
Week 4 – 5 Hersiening en inskerping
Week 6 – 7 Voorbereiding van praktiese werk
(8 uur)
(10 uur)
Week 8 – 10 of 11 Novembereksamen Teorie (150) Prakties (150)
Die hele jaar se werk
5
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Realisme Death of a Salesman deur Arthur Miller
Leerdoelwitte Ná voltooiing van die afdeling (in hierdie handleiding asook die leerderboek), moet jy: Death of a Salesman volgens die voorgeskrewe dramabeginsels kan ontleed. Die konteks en agtergrond verstaan: sosiopolities, godsdienstig, ekonomies, artistiek, en historiese gebeurtenisse wat met die toneelstuk verband hou. Ontwerpelemente: klank- en visuele aspekte van die toneelstuk, insluitend dekor, rekwisiete, klank, beligting, ens. Plasing van die teks op die verhoog – aanwysings en ontwerp. Gehoorontvangs – verlede en hede.
Studeer Lees die toneelstuk Death of a Salesman (soveel keer as moontlik), bestudeer die notas in hierdie handleiding en Reis 5: Realisme in teater. Jy sal ook daarby baat om die toneelstuk op YouTube te kyk: EERSTE BEDRYF: https://goo.gl/x6SYwY TWEEDE BEDRYF: https://goo.gl/J7tojP Let wel: Alhoewel die URL’e in die handleiding verkort is, sal jy steeds na die regte webblad geneem word.
© Impaq
6
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Belangrike terminologie Term Adonis anaemia babble blow buck up buckle down calibre chippie cut and dried a dime a dozen
Definisie ’n Uiters aantreklike jongman. ’n Toestand waar daar ’n tekort aan rooibloedselle of hemoglobien in die bloed is, wat lei tot bleekheid en vermoeidheid. Praat vinnig en aanhoudend op ’n onverstandige, opgewonde of onsamehangende manier. (Informeel) Om te spog. (Informeel) Om op te beur. Om ’n taak met vasberadenheid aan te pak. Die gehalte van iemand se karakter of die vlak van hul vermoëns. (Sleng) ’n Promiskue jong vrou of ’n prostituut. ’n Situasie wat heeltemal afgehandel is. Baie algemeen en nie van veel waarde nie.
’n Held met bonatuurlike krag en moed wat twaalf yslike take of ‘werke’ opgelê is en ná sy dood as een van die gode beskou word. ’n Oningeligte en dom persoon. ignoramus Begin gebeur of ontwikkel. incipient (Informeel) Om iets te oorkom, verslaan of beheer. lick (Sleng) ’n Persoon wat as gemeen, veragtelik beskou word. louse ’n Hond van gemengde ras; neerhalend as dit van iemand gesê word. mutt Om te flirteer of tydelike liefdesverhoudings aan te knoop, om ongevoelig liefde philander te maak. ’n Dodemis vir die siele van die dooies; enige musiek tydens ’n diens, gesang requiem of klaaglied vir iemand wat dood is. ’n Rooi of rooierige kleur of gelaatskleur. ruddiness Om iemand (gewoonlik ’n vrou) van kuisheid te ontneem. ruin Verwant aan suiker of wat suiker bevat; buitensporig dierbaar of sentimenteel. saccharine Om ’n motor te poleer, vanaf die handelsmerk Simonise Polish. simonise ’n Soort fyngebak; in hierdie konteks verwys dit na ’n prostituut. strudel Beduiweld, ongeskik en nors, vyandig en onhoflik. surly thunderstruck Oorbluf. ’n Uitdrukking wat beteken om uitgeput te wees – tot die dood toe moeg. In tired to death hierdie konteks kan dit letterlik interpreteer word omdat Willy ’n paar keer probeer het om selfmoord te pleeg en beplan om weer te probeer. ’n Onderliggende geneigdheid of mening. Gewoonlik word dit weggesteek en undercurrent nie openlik geuiter nie. ’n Verafskuwende, armsalige of veragtelike persoon. worm Hercules
7
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Die dramaturg – Arthur Miller (1915 – 2005) ‘The plays are my autobiography. I can’t write plays that don’t sum up where I am. I’m in all of them. I don’t know how else to go about writing.’ 1 Die meeste mense wat van Arthur Miller weet, ken hom as die skrywer van Death of a Salesman en die dramaturg wat met Marilyn Monroe getroud was. Wat die meeste mense nie van hom weet nie, is dat hy ’n meesterskrynwerker was. Hy het meubels gemaak, insluitend die lessenaar waarby hy geskryf het. Hy was so trots op sy tafels as wat hy op enige van sy werke was.2 Arthur Asher Miller is op 17 Oktober 1915 in Harlem, New York City gebore. Sy pa het ’n klerebesigheid bestuur wat bankrot gespeel het en die gesin onder finansiële druk geplaas het. Miller was in ’n Hebreeuse skool. As kind was hy mal oor ysskaats en Amerikaanse voetbal. Hy het 04:30 opgestaan om voor skool varsgebakte brood op sy fiets af te lewer. Hy was ’n arm student aan die Universiteit van Michigan en het in ’n restaurantkombuis gewerk inruil vir maaltye. Hy het in 1934 graad gevang en vir ’n kort wyle by die Federal Theatre aangesluit, ’n organisasie wat gestig is om werk aan werklose skrywers, akteurs, regisseurs en ontwerpers te gee. In 1948 het Miller ’n klein studio in Connecticut gebou, waar hy die eerste bedryf van Death of a Salesman in een dag geskryf het. Die hele toneelstuk is binne ses weke geskryf. In 1949 het Miller per trein vanaf Penn Station in New York na Philadelphia gereis om oudisies te hou vir die vreemde nuwe toneelstuk wat hy aanvanklik The Inside of His Head wou noem. Die toneelstuk het van die begin af ’n heeltemal anderse soort teater geverg. Dit sou uiteraard realisties wees, maar realisme met ’n verskil. Niemand wat by die eerste produksie van Death of a Salesman (wat die toneelstuk eindelik genoem is) betrokke was, Miller die minste van almal, was seker of die waagstuk op ’n nuwe soort teater sou werk nie. Aan die einde van die eerste opvoering by die Locust-teater in Philadelphia, het daar ’n ongemaklike stilte geheers, en was die spanning vatbaar en werklik, vertel Miller in sy outobiografie. Daar was baie op die spel – nie net vir Miller nie, maar “vir die toekoms van Amerikaanse teater.” Eindelik was daar ’n dawerende applous, gevolg deur die vreemdste gedrag: “mans en vroue het openlik gehuil” en ná die toejuiging bedaar het, “het mense in die gehoor geweier om te loop en met totale vreemdelinge gesels oor hoe diep hulle deur die toneelstuk geraak is.” Miller, wat gedink het dat hy ’n harde, treffende toneelstuk geskryf het wat die gevaarlike en bedrieglike mite “om sukses in Amerika te behaal” (making it in America) ontmasker, was glad nie voorbereid op die emosionele trefkrag van die opvoering van die toneelstuk nie. Sy toneelstuk was uniek. Volgens Miller is die toneelstuk “op die sypaadjie geskryf eerder as in ’n wolkekrabber.”3 Die toneelstuk het ’n Tony-toekenning vir Beste Outeur gewen, asook die New York Circle Critics’-toekenning en die Pulitzer-prys vir
1
Newbold, S. York Theatre Royal, Teacher’s Resource Pack, 2008, bl. 6 Brater, E. Arthur Miller: A playwright’s life and woks, Thames and Hudson, 2005, bl. 7 3 Brater, E. Arthur Miller: A playwright’s life and woks, Thames and Hudson, 2005, bl. 43 2
© Impaq
8
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Drama, die eerste toneelstuk om al drie hierdie gesaghebbende toekennings te wen. Die toneelstuk is altesaam 742 keer opgevoer. Miller het in 1956 met Marilyn Monroe getrou. Die huwelik het nie lank gehou nie en hulle is in 1961 geskei. Hy het die draaiboek vir die rolprent The Misfits geskryf, waarin sy vrou kort voor hul egskeiding verskyn het. In 1962 het Miller met fotograaf Inge Morath getrou en hulle het twee kinders gehad, Daniel en Rebecca (wat later met die hoogaangeskrewe akteur Daniel Day-Lewis getrou het). Miller en Morath was 40 jaar lank getroud, tot en met Morath se dood in 2002. In die 1960’s het Miller al hoe meer by die onbestendige Amerikaanse politiek betrokke geraak. Hy was betrokke by betogings op verskeie universiteitskampusse en was bekend vir sy verset teen sensuur en sy stryd om vryheid van spraak.4 Toe Miller 89 jaar oud word, het iemand hom gevra waarvoor hy onthou wil word. Hy het geantwoord: “’n Paar goeie rolle vir akteurs.” Arthur Miller is op 10 Februarie 2005 in sy huis in Roxbury, Conneticut oorlede, omring deur sy naasbestaandes. Meer as 1 500 mense het die openbare roudiens by die Majestic Theatre in New York bygewoon. Al die mense kon nie eens in die lokaal pas nie. Miller het net een woord vir sy grafskrif gekies: “skrywer”. Van Miller se gewildste toneelstukke is All my Sons (1947), The Crucible (1953) en A View from the Bridge (1955).
Arthur Miller (Bron: https://goo.gl/gRrYKs)
Arthur Miller en Marilyn Monroe op hul troudag. (Bron: https://goo.gl/f2zhAP)
4
Brater, E. Arthur Miller: A playwright’s life and woks, Thames and Hudson, 2005, bl. 102 9
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Inleiding tot Death of a Salesman Tot ná die Eerste Wêreldoorlog was daar geen erkenbare eg Amerikaanse teater nie. Daar is meestal Britse en Europese toneelstukke in Amerikaanse teaters opgevoer. Toe Amerikaanse teater egter tot stand gekom het, het dit ’n invloedryke teater geword en Amerikaanse toneelstukke en dramaturge het net so bekend soos hul Engelse eweknieë geword. Die bekendste trio Amerikaanse dramaturge sluit in Tennessee Williams, Arthur Miller en Edward Albee. Waar Williams se toneelstukke meer oor vroue gehandel het, het Miller s’n meer op mans gefokus. Beide handel oor sielkundige realisme. Death of a Salesman word as ’n moderne tragedie beskou – ’n storie oor mislukking, ’n Amerikaanse Droom wat kwyn.5 Kort ná die toneelstuk vir die eerste keer op die planke gebring is, het Miller uitgewys dat “tragedie nie slegs aan konings en prinse behoort nie – dit kan met enige iemand gebeur, en tot dieselfde graad.” Amerika is bekend as die land van geleenthede. Daaruit spruit die Amerikaanse Droom: die idee dat enige iemand eindelik sukses kan behaal, selfs al het hy of sy eens niks gehad nie. In Death of a Salesman volg ons Willy Loman soos hy terugkyk op sy lewenslange desperate najaag van ’n droom van sukses. In hierdie klassieke drama, stel die dramaturg aan die gehoor wat waar is omtrent die Amerikaanse Droom, asook wat omtrent die Droom bedrieglik is en, daarmee saam, die lewens van miljoene Amerikaners. Amerika gaan oor sukses; hier is die omgekeerde die geval, wat vrae omtrent ontoereikendheid ter sprake bring – ontoereikendheid van die gewone man of die samelewing? Death of a Salesman is ’n kragtige en verontrustende toneelstuk. Miller het die volgende oor die skryf van die toneelstuk gesê: “I wished to create a form which, in itself as a form, would literally be the process of Willy Loman’s way of mind.” Om dίt te bereik, gebruik Miller die konsep van tyd op ’n onkonvensionele manier om te illustreer dat, vir Willy Loman, “… the voice of the past is no longer distant but quite as loud as the voice of the present.” Alhoewel hy ontken dat hy enige doelbewuste politiese kommentaar oor die kapitalistiese lewenswyse in Amerika lewer, bring Miller die Amerikaanse Droom na die verhoog om evalueer te word.
5
Cook, BL. How to enjoy theatre, Piatkus Publishers, 1983, bl. 131 en 132
© Impaq
10
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Opsomming van intrige
(Bron: https://goo.gl/TPp9os)
Sinopsis Eerste bedryf Soos die toneelstuk begin, word ons bekend gestel aan Willy Loman, ’n man in sy vroeë sestigs, wat terugkeer huis toe, uitgeput na ’n onsuksesvolle poging om self na ’n sakevergadering te ry. Linda, sy vrou, is bekommerd en blameer sy onvermoë om te bestuur op sy swak gesondheid. Daarteenoor bieg Willy en sê dat hy vreemde gedagtes het.6 Hierdie gedagtes, wat herinneringe van die verlede is, pla hom regdeur die toneelstuk. Linda stel voor dat Willy kontak maak met Howard Wagner (sy baas) om te vra om verplaas te word na ’n pos nader aan die huis (New York). Hulle bespreek hul seuns, Happy en Biff, en Linda erken sy hou van die atmosfeer wat hulle in die huis skep. Die seuns (op die boonste verdieping van die huis) hoor hoe Willy terugdink aan die verlede en bespreek sy buitengewone gedrag bekommerd met mekaar. Willy se herinneringe wys hoe hy vir Biff verafgod het, hoe uiters trots hy op sy seun se atletiese prestasies was en sy swakhede ontken het – hoe swak hy in wiskunde gevaar het, die basketballe wat hy gesteel het en sy bedrieëry. Sy onfeilbare bewondering vir Biff veroorsaak dat hy nie Happy se soeke na aandag raaksien nie. Willy regverdig selfs Biff se swak gedrag toe Linda en Bernard (Biff se vriend langsaan) hom kritiseer.
6
Newbold, S. York Theatre Royal, Teacher’s Resource Pack, 2008, bl. 7
11
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Willy is grootpraterig by Linda oor die verkope op sy vorige reis, maar word gou gedwing om te erken dat hy oordryf, asook om teenoor Linda te bieg dat hy in homself twyfel weens sy voorkoms en bekwaamhede. Linda stel hom dadelik gerus, terwyl die gehoor The Woman hoor lag terwyl Willy verder praat. Die vrou oorheers die gesprek soos dit duidelik gemaak word dat sy Willy se minnares is. Alhoewel haar naam nooit genoem word nie, is haar aanwesigheid ’n paar keer duidelik. Willy spring tussen die hede en die verlede en vertel van sy eensaamheid en onvermoë om vooruit te kom. Die ander vrou se stem vlei die Willy van die verlede, terwyl Linda, onbewus van sy dagdroom, probeer om hom gerus te stel. Lind begin om haar sykouse te stop, wat Willy kwaad maak aangesien dit hom herinner aan sy ontrouheid teenoor Linda en sy beperkte inkomste. Happy gaan ondertoe om uit te vind waarom sy pa huis toe gekom het en waaroor die rumoer is. Hy kom op Willy af wat deurmekaar babbel oor sy ryk broer Ben (net soos The Woman, sien en hoor slegs Willy vir Ben). Vir Willy is Ben ’n simbool van avontuur, die vinnige bereiking van sukses, en rykdom. Wanneer Willy ontsteld is, praat hy met Ben. Willy is só verlore in sy dagdrome, dat Happy moed opgee om met sy pa te praat en hy gaan terug na sy kamer. Bernard se pa, Charley (die buurman), hoor vir Willy en gaan kuier om ’n rondte kaarte te speel. Willy se ontsteltenis is duidelik wanneer hy vir beide Charley en Ben aanspreek. Charley wil Willy probeer help en bied vir hom ’n werk aan, wat hy dadelik van die hand wys. Al hoe meer verlore in sy dagdroom, ignoreer Willy vir Charley, en hy onthou toe Ben kom kuier het en vertel het van die groot sukses wat hy behaal het. Willy probeer meeding deur met sy seuns te spog en Biff aan te por om sand te steel om die voorste trap te herstel. Willy en Ben dink dit is vermaaklik dat Linda en Charley bekommerd is dat Biff dalk uitgevang kan word. Willy word teruggeruk na die werklikheid toe Linda keer dat hy nie die huis in sy nagklere verlaat nie. Biff en Happy kom stel ondersoek in, en Linda vertel van hul finansiële verknorsing en hoe hulle pa só bekommerd is, dat hy probeer het om selfmoord te pleeg. Happy vervloek vir Willy, maar Willy word meer optimisties as hy hoor dat Biff beloof om ’n werk te kry en steeds by sy ouers te woon. Happy stel voor dat hy en sy broer ’n sporttoerustingreeks moet begin. Hulle beplan om Biff se voormalige baas, Bill Oliver, vir finansiële steun te nader. Met vernuwe optimisme, gaan slaap Willy terwyl Happy en Biff verbaas is oor hoe oud hulle ouers geword het. Tweede bedryf Die volgende oggend is Willy steeds optimisties en besluit om sy baas te vra vir ’n pos waarvoor hy nie hoef te reis nie, terwyl Happy en Biff ’n gesinsete beplan om die bekendstelling van hulle nuwe besigheid te vier. Willy se versoek is onsuksesvol, ten spyte van sy emosionele pleidooi. Howard speel met sy bandopnemer en luister skaars na Willy. Eindelik is sy aandag terug by Willy – bloot om hom af te dank. Terneergedruk, wend Willy hom weer tot Ben, wat ’n voorstel maak. As Willy huiwer en van Dave Singleman praat, die man wat Willy geïnspireer het om ’n verkoopsman te word, raak Ben ongeduldig en verdwyn. Willy gaan dan na Charley toe.
© Impaq
12
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Bernard is nou ’n suksesvolle prokureur en die pa van twee seuns. Willy wens hom geluk en wonder waarom Biff nooit sukses behaal het nie. Bernard sinspeel dat dit dalk verband hou met die keer toe Biff tydens die somer ná die einde van die skooljaar by hom gekuier het. Willy erken teenoor Charley dat hy afgedank is, en Charley gee vir hom geld en bied hom ’n werk aan, maar hy wys dit weer van die hand. Terwyl hulle in die restaurant vir Willy wag, vertel Biff vir Happy dat hy Bill in die verbygaan gesien het, maar dat hulle nie gepraat het nie. Biff besef ook dat hy niks meer as ’n versendingsklerk vir Bill was nie. Hy onthou al die leuens wat sy gesin al vir mekaar vertel het; Happy wil dit nie hoor nie en flankeer met ’n meisie en reël ’n afspraak (double date). Later weier Willy ook om na Biff te luister. ’n Oproep vir Happy onderbreek die gesprek, en Willy verdwyn badkamer toe en sy gedagtes keer na die verlede terug. Willy onthou hoe geskok Biff was toe hy op Willy en The Woman in die hotel afgekom het, en kort daarna sy studies gestaak het. Happy en Biff laat hulle pa in die restaurant agter, met Stanley, die kelner, wat moet toesien dat Willy by die huis kom. Linda wag die seuns in en het die aand se gebeure vir haarself uitgepluis. Sy vra hulle om te loop omdat hulle vir Willy aanhou treiter. Biff dring aan om met sy pa te praat en oortuig hom dat hy tog vir hom lief is. Willy is oorstelp van vreugde en vra Ben se goedkeuring dat die versekering $20 000 aan Biff sal uitbetaal indien Willy doodgaan. Oortuig dat sy selfmoord vir Biff ’n fortuin waarborg, pleeg Willy selfmoord. Requiem Happy is kwaad oor sy pa se dood en weier om te erken dat sy eie drome van sukses net so onbesonne is soos sy pa s’n was. Linda is beide gebreek en verward oor sy dood, aangesien sy altyd op Willy se drome staatgemaak het. Terwyl sy by die graf staan, vertel sy vir Willy dat die verband op hulle huis uiteindelik klaar betaal is. Hulle is uiteindelik vir die eerste keer vry. Dit lyk of Charley en Biff Willy se selfmoord verstaan, maar om verskillende redes. Charley sien dat Willy ’n ware verkoopsman was – hy het homself verkoop tot die wêreld nie meer wou koop nie. Biff verstaan en vergewe vir Willy. Met sy pa se dood, laat vaar hy sy vertroue in Willy se drome. Uiteindelik, op 34-jarige ouderdom, is Biff vry om homself te wees.
13
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Karakters
Uiteensetting van die karakters in Death of a Salesman. (Bron: https://goo.gl/adi3Cp)
Willy Loman ‘If Willy were merely a foolish character he would be unlikely to have earned the respect that has been paid to him. On the other hand, he is not clear sighted and does labour under delusions. He might be said to represent humanity with all its virtues and vices.’ 7 ’n 61-jarige verkoopsman wat in Brooklyn saam met sy vrou en twee seuns woon. Ten spyte van sy ouderdom en moeilikhede wat hy oorkom het, wil hy graag sy eie besigheid besit. Willy leef volgens sy vertroue in die Amerikaanse Droom, wat hy nooit verwesenlik nie, maar sy drome (ongeag die misplaastheid daarvan) het hom gedryf om vir sy gesin te sorg. Willy sukkel finansieel, hy verdien slegs kommissie en wonder hoe hy die rekeninge gaan betaal. Hy het onrealistiese idees oor hoe belangrik hy en sy gesin is en hy kom egoïsties voor as hy vir kliënte vertel hoe gewild hy is. Ten spyte van sy selfvertroue, het hy ’n gebrek aan selfbewustheid, en hy is verwar en vreesbevange. Hy wil sy waardigheid verseker, iets wat Miller koppel aan die depressie waaraan Willy duidelik ly. Hy beskou homself as ’n mislukking; hy raak oud, is minder produktief en berou sy ontrouheid aan sy vrou opreg. 7
Page, A., 2003, Death of a Salesman – York Notes Advanced, York Press
© Impaq
14
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
Hy is teenstrydend van aard – daar is duidelike verskille tussen wat hy sê en wat hy doen. Hy is ’n verkoopsman en lei sy lewe volgens sy vermoëns om met mense te kan werk en hulle te maak glo wat hy sê. Hy fokus eerder op persoonlike detail as op meetbare sukses, met die geloof dat sukses in die besigheidswêreld deur persoonlikheid eerder as syfers bewerkstellig word. Willy weier om die realiteit in die gesig te staar en dit kom voor of hy in sy eie wêreld leef, met die onvermoë om tussen die verlede en hede te onderskei. Ongeag hiervan is baie van Willy se eienskappe inspirerend. Daar is dapperheid en edelheid in sy stryd – veral omdat hy weier om op te gee.8 Biff Loman ‘Biff represents Willy’s vulnerable, poetic, tragic side.’ Biff is Willy se 34-jarige oogappel. Biff het ’n maklike lewe op skool gehad, hy was die uitblinker in die voetbalspan, het baie moontlikhede op studiebeurse gehad, asook goeie vriende en ’n aanhang van bewonderende meisies. Biff was dol oor sy pa, hy het sy pa se stories geglo en sy filosofie oor die lewe aangeneem – dat ’n persoon sukses sal bereik indien hy gewild (“well-liked”) is. Biff het Willy nooit bevraagteken nie, selfs al het hy verkeerd opgetree. Dus het Biff grootgeword om sosiale reëls en verwagtinge te verontagsaam. Biff het Willy as die perfekte pa beskou tot hy van sy affair in Boston uitgevind het. Biff het wiskunde gedruip en nie genoeg krediete gehad om hoërskool klaar te maak nie. Sedertdien het hy 20 tot 30 werke gehad en is van elke werk afgedank. Hy droom van ’n lewe in die Goue Weste, maar in werklikheid is hy verlore en bekommerd: “I tell ya, Hap, I don’t know what the future is. I don’t know what I’m supposed to want.” Biff se besluiteloosheid en onvermoë om sake af te handel vererger die spanning tussen hom en sy pa, maar Biff het reeds besluit Willy is vals (“a fake”) en verag alles wat hy is en voorstel. Maar omdat Biff Willy se seun is, het Biff van sy karaktertrekke geërf, veral sy geneigdheid om te oordryf en die werklikheid in sy guns te manipuleer.9 Happy Loman ‘Happy represents Willy’s sense of self-importance, ambition and blind service to societal expectations.’ Happy is Willy se 32-jarige seun. Hy woon in sy eie woonstel in New York, maar vir die duur van die toneelstuk bly hy by sy ouers. Vanaf sy kinderjare tot nou as volwassene, leef Happy in Biff se skaduwee, is hy Willy se “tweede seun” en word hy gemotiveer om sy gesin se aandag te trek deur windmakerig te wees. Hy probeer ook voortdurend om in Willy se goeie boekies te wees en hom gelukkig te hou, selfs al beteken dit hy moet Willy se leuens en illusies voortsit. Happy het grootgeword met sy pa wat stertjies aan die waarheid las, dus is dit nie verbasend dat hy dit aangeleer het nie. Happy loop oor van selfvertroue en dit is vir hom maklik om vroue te verlei. Hy glo dat “ordentlike” (“respectable”) vroue hom nie kan weerstaan nie, en vir hom is hierdie verhoudings ’n wraaksugtige manier om die mans terug te kry wat verder as hy in hul loopbane gevorderd is. Hy floreer op seksuele bevrediging en die wete dat hy soveel vroue ruïneer het (“ruined”): “I hate myself for it. Because I don’t want 8 9
Newbold, S., 2008, York Theatre Royal, Teacher’s Resource Pack, bl. 9 Newbold, S., 2008, York Theatre Royal, Teacher’s Resource Pack, bl. 9 15
© Impaq
Handleiding: Voorgeskrewe tekste G11 ~ Dramatiese Kunste
the girl, and still, I take it and – I love it!” Happy het lae morele waardes. Hy probeer altyd sy weg in die lewe vind – selfs al is hy selfversekerd dat hy op die regte pad is. Aan die einde van die toneelstuk sien hy nie wat die werklikheid is nie en, soos sy pa, bly hy vasberade in sy soeke na die Droom.10 Linda Loman Linda is in baie opsigte die sterkste karakter in die toneelstuk – emosioneel asook in haar volgehoue ondersteuning van haar man. Sy is liefdevol en lojaal, onderdanig wanneer dit nodig is en beslissend wanneer dit saak maak. Sy is ’n voorstander van alles waarin Willy glo en terselfdertyd is sy intens bewus van sy geaardheid. Dit plaas Linda in ’n moeilike situasie: Sy weet hy is irrasioneel en moeilik om te hanteer, tog speel sy saam met sy fantasieë om hom teen selfkritiek en kritiek van ander te beskerm. Dit lyk soms of Linda meegevoer word deur Willy se drome om eendag sukses en roem te behaal, maar ander kere behou sy ’n sin van realisme. Ten spyte van alles wat sy van Willy weet en wat hy doen, doen sy niks om haar man uit te lok nie. Sy ondersteun die selfvertroue wat hy het en beskerm hom ten alle koste; sy is lief vir hom en aanvaar hom met al sy tekortkominge. Linda is die vredebewaarder van die gesin, hou die gesin bymekaar en bly getrou aan Willy tot die einde.
Die sterbelaaide rolverdeling van die 2012 Broadway-produksie van Death of a Salesman. Van links: Finn Wittrock as Happy Loman, Linda Emond as Linda Loman, Philip Seymour Hoffman as Willy Loman en Andrew Garfield as Biff Loman. (Bron: https://goo.gl/DpSMkT)
10
Newbold, S., 2008., York Theatre Royal, Teacher’s Resource Pack, bl. 10
© Impaq
16