Í2+È-E-EAT-SG01\Î 1
8
1 1
-
E
-
E
A T -
S
G
0
1
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL HANDLEIDING: TAALKUNDE Graad 11
A member of the FUTURELEARN group
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Handleiding: Taalkunde
1 8 11 - E - E AT- S G 0 1
Í2+È-E-EAT-SG01\Î
Graad 11
Aangepas vir KABV
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 5 EENHEID 1 .......................................................................................................................... 6 Tema 1: Ek en my hart .................................................................................................. 6 Les 1: Lees en kyk: Begrip ...................................................................................... 6 Les 2: Lees en kyk: Begrip ...................................................................................... 7 Les 3: Lees en kyk: Begrip ...................................................................................... 9 Tema 2: Dis nou ek ..................................................................................................... 18 Les 7: Lees en kyk: Begrip .................................................................................... 18 Les 8: Taal in konteks: Woordeskatuitbreiding ...................................................... 21 Les 9: Praat ........................................................................................................... 25 Les 10: Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm ....................................... 26 Les 11: Taal in konteks: Sinsbou en woordorde.................................................... 28 Les 12: Taal in konteks: Redigeer ......................................................................... 32 Les 13: Lees en kyk: Gedig ................................................................................... 33 Les 14: Praat ......................................................................................................... 35 Les 15: Taal in konteks: Verlede tyd ..................................................................... 35 Les 16: Skryf en aanbied: Vriendskaplike brief ..................................................... 37 EENHEID 2 ........................................................................................................................ 38 Tema 3: Tieners .......................................................................................................... 38 Les 17: Lees en kyk: Begrip .................................................................................. 38 Les 18: Taal in konteks: Woordeskat .................................................................... 41 Les 19: Taal in konteks: Woorde wat verwar word ................................................ 44 Les 20: Taal in konteks: Direkte en indirekte rede ................................................ 46 Les 21: Taal in konteks: Funksionele taalgebruik.................................................. 48 Les 22: Skryf en aanbied: Die formele brief .......................................................... 50 Les 23: Lees en kyk: Opsomming ......................................................................... 52 Tema 4: Tieners en ons tegnologiese wêreld .............................................................. 55 Les 24: Lees en kyk: Begrip .................................................................................. 55 Les 25: Taal in konteks: Funksionele taal ............................................................. 59 Les 26: Skryf en aanbied: Dialoog ........................................................................ 60 Les 27: Skryf en aanbied: Feitelike (informatiewe) opstel ..................................... 62 Les 28: Taal in konteks: Só steel die moderne mens ............................................ 63 EENHEID 3 ........................................................................................................................ 65 Tema 5: Ons land is ’n wenland .................................................................................. 65 Les 29: Lees en kyk: Begrip .................................................................................. 65 Les 30: Taal in konteks: Taalstrukture en -konvensies ......................................... 68 Les 31: Taal in konteks: Funksionele gebruik ....................................................... 70 Les 32: Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm ....................................... 72 Les 33: Skryf en aanbied: Verslag ........................................................................ 74 © Impak
1
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
EENHEID 4 ........................................................................................................................ 76 Tema 6: Hersiening ..................................................................................................... 76 Les 34: Taal in konteks: Woordeskat en woordgebruik ......................................... 76 Les 35: Taal in konteks: Direkte en indirekte rede ................................................ 78 Les 36: Taal in konteks: Woorde wat verwar word ................................................ 80 Les 37: Taal in konteks: Ontkennende vorm ......................................................... 82 Les 38: Skryf en aanbied: Resensie...................................................................... 84 Les 39: Taal in konteks: Sinstrukture .................................................................... 85 BYLAE A: ASSESSERINGSRUBRIEKE .......................................................................... 86 1. Kort transaksionele tekste ....................................................................................... 87 2. Opstelle ................................................................................................................... 88 3. Lang transaksionele tekste...................................................................................... 90
Š Impak
2
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
LESBEPLANNING KWARTAAL 1 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5
KWARTAAL 2
WERKSVERDELING Taalleer: Tema 1, les 1 – 4 AKTIWITEIT 1 – 4 Taalleer: Tema 1, les 5 – 6 AKTIWITEIT 5 – 6 Taalleer: Tema 2, les 7 – 9 AKTIWITEIT 7 – 9 Taalleer: Tema 2, les 10 – 15 AKTIWITEIT 10 – 15 Taalleer: Tema 2, les 16 AKTIWITEIT 16
Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5
Week 6
HERSIENING
Week 6
Week 7
TOETSREEKS
Week 7 Week 8 Week 9
KWARTAAL 3 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5
Taalleer: Tema 6, les 36 – 39 HERSIENING
Week 7 Week 8
HERSIENING TOETSREEKS
© Impaq
KWARTAAL 4
WERKSVERDELING Taalleer: Tema 5, les 29 – 30 AKTIWITEIT 29 – 30 Taalleer: Tema 5, les 31 AKTIWITEIT 31 Taalleer: Tema 5, les 32 AKTIWITEIT 32 Taalleer: Tema 5, les 33 AKTIWITEIT 33 Taalleer: Tema 6, les 34 – 35 AKTIWITEIT 34 – 35 HERSIENING
Week 6
WERKSVERDELING Taalleer: Tema 3, les 17 AKTIWITEIT 17 Taalleer: Tema 3, les 18 – 19 AKTIWITEIT 18 – 19 Taalleer: Tema 3, les 20 – 21 AKTIWITEIT 20 – 21 Taalleer: Tema 3, les 23 AKTIWITEIT 23 Taalleer: Tema 4, les 24 AKTIWITEIT 24 Taalleer: Tema 4, les 25 – 26 AKTIWITEIT 25 – 26 Taalleer: Tema 4, les 27 AKTIWITEIT 27 Taalleer: Tema 4, les 28 AKTIWITEIT 28 HERSIENING JUNIE-EKSAMEN
WERKSVERDELING Week 1
Taalleer: Tema 1 – 6
Week 2
Taalleer: HERSIENING
Week 3
Taalleer: HERSIENING
Week 4
Taalleer: HERSIENING
Week 5
Taalleer: HERSIENING
Week 6 Week 7
4
HERSIENING Formaat van vraestelle Formaat van skryfstukke NOVEMBEREKSAMEN
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
EENHEID 1 Tema 1: Ek en my hart LEERDOELWITTE Aan die einde van tema 1 sal jy die volgende vaardighede bemeester het: Lees en kyk: Begrip Skryf en aanbied Taalstrukture en -konvensies
• •
’n informatiewe teks lees en vrae daaroor beantwoord ’n leesstuk voorberei en lees
•
’n e-pos skryf
•
taal in konteksoefeninge doen oor meervoude, verkleinwoorde, infinitief, woordorde, korrekte vorm en spelling, lydende vorm, saamgestelde sinne en indirekte rede.
Les 1: Lees en kyk: Begrip INSTRUKSIES • Lees die onderstaande artikel goed deur. • Gebruik ’n woordeboek om al die woorde wat jy nie ken nie na te slaan. • Beantwoord die vrae in jou werkboek. • Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoorde nasien. RAAD VIR VALENTYNTJIES Noudat ’n mens die geur van Valentynsdagrose weer oral kan ruik, is dit seker gepas om ’n bietjie raad uit te deel aan almal wat nog nie daarin kon slaag om ’n Valentyntjie te dêps nie. https://goo.gl/QHjPE6
Kyk, so nou en dan vang ’n ou ’n meisie se oog of hy vang háár oog. En elke dan en wan gebeur dit so dat jy uitgedaag word om self die uitvrawerk te doen. En dan kom die raad. Soos net nou die dag. Twee komplimentêre kaartjies na ’n Valentynsdagete het na my kant toe gekom. Ideale geleentheid om iemand te nooi wat jou oog gevang het. Ek het my sestienjarige moed bymekaargeskraap, die telefoon opgetel en gehoor of mr B die aand beskikbaar is. Mr B sê ja, dis reg. Hy vra wat hy moet aantrek. (Klere het vir my reg geklink.) Ons spreek ’n tyd af vir hom om my te kom haal of oppik of kry of wat ook al. (Optel klink net nie lekker nie. ’n Meisie het darem haar trots ook.) Die nuus het vinnig deur ons klas versprei. Die feit dat ek op die stoep met my tas gedans het, het miskien iets daarmee te doen gehad. En toe kom die raad vir eerste Valentyntjies.
© Impaq
6
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
Om die waarheid te sê, vriendin Lizzy was heel eerste – sy het my afgeraai om die ou hoegenaamd te bel en uit te vra. Ek het haar net geïgnoreer. Susan wou weet wat ek gaan aantrek. “Trek tog net vir jou mooi aan!” Asof ek gewoonlik lyk soos iets wat nou net van ’n rommelverkoping af kom! Jax was volgende. Sy het eerstens gesê dat die nie regtig ’n date is nie, aangesien ek hóm uitgevra het. Genoeg om enige skoolmeisie ’n knou te gee. Die res van haar raad kon ek darem volg:
•
Sorg dat jy nie laat is nie. Ouens hou nie daarvan nie. Gaan koop room en nooi hom ná die tyd in vir koffie. • Moenie te veel praat nie. Ouens hou ook nie daarvan nie. • Maar moet nou ook nie daar sit met jou mond vol tande nie. Ouens hou ook nie dáárvan nie. •
En toe haar laaste stukkie raad: Moet tog net nie jouself aanmekaar in ’n spieël bekyk nie. Ouens hou régtig nie daarvan nie! Ten spyte van al die raad het die aand goed afgeloop. Ons het lekker gesels en hy was ’n ware jintelman. Het nogal ’n paar keer daarna gebel om te hoor hoe dit gaan. Tot die telefoonoproepe opgedroog het. So gaan dit met die meeste Valentyntjies.
AKTIWITEIT 1
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
Hoe “dêps” ’n mens ’n Valentyntjie? Wie mag in hierdie storie die uitvrawerk doen? Watter geleentheid is gebruik om die man uit te vra? Waaroor was Mr B bekommerd toe die meisie hom bel? Waardeur het die meisie haar vreugde/opgewondenheid gewys? Watter onnodige raad het Susan vir haar gegee? Waarom was dit, volgens Jax, nie regtig ’n date nie? Noem twee dinge waarvan ouens – volgens Jax – beslis nie hou nie. Het die aand op ’n vaste verhouding uitgeloop?
Les 2: Lees en kyk: Begrip LEERDOELWITTE Aan die einde van les 2 moet jy in staat wees om: • Jou lees- en begripsvaardighede te verbeter. • Jou woordkennis te verbreed.
© Impaq
7
(1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (2) (1) [10]
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
INSTRUKSIES • Lees die onderstaande artikel goed deur. • Gebruik ’n woordeboek om al die woorde wat jy nie ken nie na te slaan. • Beantwoord die vrae in jou werkboek. • Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoorde nasien. VALENTYNSDAG Valentynsdag soos ons dit vandag ken, is sinoniem met liefdesboodskappe, rooi rose, hartkaartjies en ander besondere liefdesgeskenke. Dié dag kan baie eeue teruggevoer word, maar die geskiedenis en romantici het verskillende weergawes van hoe dit nou eintlik ontstaan het. http://goo.gl/C0cjo1 Oor die algemeen word daar geglo dat Valentynsdag sy oorsprong in die Romeinse fees, Lupercalia het. Die vroegste Romeinse mans het dikwels die naam van hul meisie wat hul maat vir die fees sou wees, op hul mou vasgespeld. Die uitdrukking: Hy dra sy hart op sy mou kom van hierdie gebruik af. Soms het die paartjie geskenke uitgeruil. Dames het dikwels geparfumeerde handskoene of fyn juwele ontvang.
Nadat die Romeine Christene geword het, het die Lupercalia-fees die naam van ’n heilige, St. Valentyn, gekry. Volgens oorlewing was hy ’n vroeë Christen wat baie kindervriende gehad het. Die Romeine het hom gevangene geneem omdat hy geweier het om hul gode te aanbid. Hy is glo op 14 Februarie 269 tereggestel. Die kinders het na Valentyn verlang en liefdevolle briefies deur die tralies van sy selvenster gegooi. Dit verduidelik miskien hoekom mense liefdesboodskappe op Valentynsdag uitruil. Die vroegste rekords van Valentynsdag in Engeland vertel dat voëls hul maats op dié dag gekies het. Geoffrey Chaucer, ’n Engelse digter van die veertiende eeu, het in The Parliament of Fowls geskryf: For this was on St Valentine’s Day When every fowl cometh there to choose his mate Shakespeare het ook dié geloof in A Midsummer Night’s Dream genoem. ’n Karakter in dié stuk ontdek twee verliefdes in die bos en vra: St. Valentine is past; Begin these woodbirds but to couple now? Vandag word Valentynsdag op verskillende maniere in verskillende lande gevier. Die tradisie om kaartjies in plaas van geskenke te stuur, is al drie eeue oud. Die kaartjies was skoon binnekant en verliefdes kon handboeke koop met versies en wenke hoe om kaartjies te bewoord. Hoewel die tradisionele rooi Valentynsdagkaart met rose steeds die gewildste bly, is daar deesdae tog ’n neiging om ’n bietjie ligter, met meer humoristiese boodskappe te wees.
© Impaq
8
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
AKTIWITEIT 2 Is die volgende stellings waar, onwaar of moontlik waar? Gee ’n rede vir jou antwoord. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Almal stem saam oor hoe Valentynsdag ontstaan het. Valentynsdag het ontstaan by die vroeë Christen, Valentyn, wat deur die Romeine gevange geneem is. Vroue het presente gekry op Valentynsdag. Romeinse mans het hul meisies vir die Lupercalia-fees uitgevra. Voëls kies hul maats op 14 Februarie. Valentyn was ook ’n karakter in Shakespeare se drama A Midsummer Night’s Dream. Valentynsdag word oral in die wêreld op dieselfde manier gevier. Vroeë Valentynsdagkaartjies het geen bewoording nie. Meer mense kies vandag humoristiese Valentynsdagkaartjies. Valentynsdag is ’n tipiese Suid-Afrikaanse tradisie.
(2) (2) (2) (2) (2) (2) (2) (2) (2) (2) [20]
Les 3: Lees en kyk: Begrip LEERDOELWITTE Aan die einde van les 3 moet jy in staat wees om: • Jou woordeskat te verbreed. • Afrikaanse tekste beter te verstaan.
INSTRUKSIES Lees die onderstaande brief aan die pers aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. HOERA VIR KAARTJIES! Lank lewe die era van kaartjies vir elke geleentheid! Geld maak of nie, dis lekker om een te kry en nog lekkerder om een te stuur. Dis duur, ja! Maar dis omdat dit so pragtig is. Dit is ’n geskenk op sy eie. http://goo.gl/sVm15C My seuns sê dis “gha-gha” omdat ek so sentimenteel is, en my wederhelf sê Valentynsdag is net weer ’n slim set van die Amerikaners om geld te maak. Al wat my hartseer maak, is dat Afrikaans so afgeskeep word. Maak nie saak hoe oulik Engelse kaartjies is nie – as jou huistaal Afrikaans is, kan jy jou liefde net in Afrikaans uitdruk, en moet jou © Impaq
9
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
kaartjie in Afrikaans wees. Na ure se gesoek kry ek die oulikste Afrikaanse kaartjie in jare – die een met die bobbejaantjie. Nou is my dilemma: moet ek dit ná ’n week vir my geliefde terugvra, want ek staan dit met ’n swaar hart af, of moet ek dit vir myself pos aangesien ek mos in elk geval “gha-gha” is! Isabel King | MONTE VISTA
AKTIWITEIT 3.1
1. 2.
3.
4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
11. 12.
Watter een woord sê dat die briefskrywer baie opgewonde is? Kies die korrekte antwoord: ’n era is _____. A ’n romantiese liefde B ’n bepaalde tydperk C ’n geleentheid Wat is volgens die briefskrywer die lekkerste? A Om ’n kaartjie te stuur. B Om ’n kaartjie te ontvang. Waarom is die Valentynsdagkaartjie so duur, volgens die briefskrywer? Waarom noem haar seuns haar “gha-gha”? Wie of wat is die briefskrywer se wederhelfte? Watter land het volgens die briefskrywer se wederhelf Valentynsdag bekendgestel? Wat is die briefskrywer se grootste probleem met Valentynsdagkaartjies? Watter diersoort het die briefskrywer op haar Valentynsdagkaartjie gekry? Kies die korrekte betekenis van die sin: “Ek staan dit met ’n swaar hart af.” A Sy wil dit nie eintlik weggee nie. B Daar is ’n groot (swaar) hart op die kaartjie. C Sy gaan dit vir iemand pos van wie sy nie baie hou nie. Vir wie gaan die briefskrywer die Valentynsdagkaartjie stuur? Waar woon die briefskrywer?
(1)
(1)
(1) (1) (1) (1) (1) (1) (1)
(1) (1) (1) [12]
TAAL IN KONTEKS: MEERVOUDE EN VERKLEININGSVORME
LEERDOELWITTE Aan die einde van les 3 moet jy in staat wees om: • Jou kennis rondom die gebruik van meervoude en verkleiningsvorme te verbeter. • Die reël rondom “’n” en meervoude in sinne te verstaan en toe te pas.
© Impaq
10
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
1
Eenheid
AKTIWITEIT 3.2 Doen die volgende oefeninge in jou werkboek. MEERVOUDE = Meer (more) as een (plural). = Ons gebruik nie “’n” saam met ’n meervoud nie. Bv. ’n man (een man) > (never use “’n” with a plural.): ’n mans (men)
Op Valentynsdag stuur ons een kaartjie, maar ontvang dalk baie kaartjies! Gee die meervoud van die woorde tussen hakies. 1. 2. 3. 4. 5.
Valentynsdag is een van die (feesdag) wat al vir baie eeue gevier word. Elke volk vier sy eie (fees). Hulle vier ook verskillende (geleentheid). Valentyn is een van baie bekende (naam). Daar is deesdae verskillende (neiging).
(1) (1) (1) (1) (1)
VERKLEINWOORD = (small) As ons kort/klein in ’n sin gebruik, gebruik ons die verkleiningsvorm van die woord.
Ek skryf ’n brief aan my vriend, maar die kinders het vir Valentynsdag klein briefies gestuur. Gee die verkleining van die woorde tussen hakies. 6. 7. 8. 9. 10.
Dit was maar ’n kort (dag) waarop ek nie eers ’n (boodskap) ontvang het nie. Hier is ’n (roos) vir ’n spesiale (maat). Ek het ’n (voël) hoor fluit dat ek ’n (geskenk) gaan kry. Dit was ’n fees vir volwassenes, maar die klein (kind) het dit ook baie geniet. Hy het maar so ’n (neiging) om sy (vriend) te fop.
(2) (2) (2) (1) (2) [14]
ONTHOU: Daar is uitsonderings (exceptions) op elke reël. Dit is beter om die spelling van die woorde te leer in plaas daarvan om die meervoud/verkleining volgens die reël te bepaal.
© Impaq
11
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
Les 4: Skryf en aanbied: E-pos LEERDOELWITTE Aan die einde van les 4 moet jy in staat wees om: • ’n E-pos in korrekte Afrikaans te skryf.
AKTIWITEIT 4 Valentynsdag is daardie tyd van die jaar vir ekstra romanse. Skryf ’n e-pos aan jou maat waarin jy vertel van jou Valentyn en waarheen jy saam met hom/haar wil gaan, asook wat julle kan doen om hierdie dag spesiaal te maak. Motiveer (gee jou redes) elke stelling. Onthou jou skryfstuk moet in die toekomende tyd (future tense) wees. Jou antwoord moet 80 – 100 woorde lank wees. Die fasiliteerder sal dit volgens die assesseringsrubriek nasien. [20]
Les 5: Taal in konteks: Woordorde en infinitief
LEERDOELWITTE Aan die einde van les 5 moet jy in staat wees om: • Die infinitief korrek in sinne te gebruik. • Die korrekte woordorde in sinne te gebruik (STOMPI). • Verledetydsvorme reg te gebruik. • Die hulpwerkwoord te kan identifiseer en reg te gebruik.
INFINITIEF (OM TE) As daar ’n OM in die sin is, moet jy die TE voor die werkwoord inskryf, bv. • Die kinders is besig OM kaartjies (maak). [maak is die werkwoord] • Die kinders is besig OM kaartjies TE maak. As daar ’n HOEF/BEHOORT in die sin is, is daar NIE ’n OM nie. Jy skryf net ’n TE voor die werkwoord, bv. • Seuns HOEF nie duur geskenke vir Valentynsdag (gee) nie. • Seuns HOEF nie duur geskenke vir Valentynsdag TE gee nie.
© Impaq
12
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
WOORDORDE Die woordorde kan ons verduidelik met die akroniem S (ww.) T O M P (ww.) I S: Subject/ Onderwerp (ww.) Verb 1/ Werkwoord 1 T: Time/ tyd O: Object/ Voorwerp M: Manner/ Manier P: Place/ Plek (ww.) Verb 2/ Werkwoord 2 I: Infinitive/ infinitief
Is gewoonlik die “wie” of die “wat” Koppelwerkwoord of hulpwerkwoord, maar in dien nie, dan hoofwerkwoord. When/Wanneer? What/Wat? How/Hoe? Where/Waar? 2de deel van werkwoord (het gestamp) Beantwoord die HOEKOM-vraag.
Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai. Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.
0
VERLEDE TYD (past tense) = het klaar gebeur het + ge = aan werkwoord. Werkwoorde wat met be-, ge-, her-, ont-, ver-, mis-, er-, weer-, en onderbegin, kry nie ’n ge- vooraan nie. Bv. erken | ontvang | vertel | begin | geniet | herinner | mishandel | weerstaan | ondersteun. HULPWERKWOORDE se vorm verander in die verlede tyd: wil – wou | sal – sou | kan – kon | moet – moes Bv. Ek wil ’n Valentynsdagkaartjie koop. Ek wou ’n Valentynsdagkaartjie koop. [slegs “mag” (may) bly dieselfde.] Met DAT in ’n sin skuif die werkwoord na die einde van die sin. Bv. Charlie sê: “Ek is siek.” Charlie sê DAT hy siek is. Indien daar TWEE werkwoorde is, skuif die HULPWERKWOORD voor die hoofwerkwoord in. Bv. Charlie sê: “Ek gaan my brief pos.” Charlie sê DAT hy sy brief gaan pos. Indien die HULPWERKWOORD HET is, skuif die HET agter die hoofwerkwoord in. Bv. Charlie sê: “Ek het die brief gepos.” Charlie sê DAT hy die brief gepos HET.
© Impaq
13
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
KOPPELWERKWOORDE Koppel (join) beteken om twee aparte idees saam te voeg. Ons kan die volgende twee idees met 'n koppelwerkwoord verbind: 1. Die onderwyser + honger = Die onderwyser IS honger. 2. Die vrou + ’n handsak = Die vrou HET ’n handsak. Dit is baie belangrik om te weet dat IS en HET werkwoorde is! Koppelwerkwoorde verander in die verlede tyd: is was het het … gehad DEELTJIEWERKWOORDE Dit is werkwoorde wat van mekaar geskei kan word. Dit is wanneer ’n byword (adverb, describes the verb) en ’n werkwoord een woord vorm, bv.: 1. Hy maak die deur toe. (In die teenwoordige tyd, is dit VERDEEL). 2. Hy sal die deur toemaak. (In die toekomende tyd is dit SAAM). 3. Hy het die deur toegemaak. (In die verlede tyd word dit deur die ge- GESKEI). In die infinitief skei die “te” die twee dele van die werkwoord: Ek vra hom OM die deur TOE te MAAK.
AKTIWITEIT 5 Verander die onderstaande teks deur die woorde tussen hakies te verander soos aangedui. Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoord nasien. Maak seker dat jy al die woorde se betekenisse goed verstaan. Baie Valentynsdagtradisies het te doen met maniere waarop jong vrouens wat nog nie getroud is nie, probeer uitvind met wie hulle gaan trou. Een van die oudste gebruike is om meisies se name op ’n stukkie papier 1. (skryf – gee die infinitief) en uit ’n kruik 2. (trek – gee die infinitief). Die naam van die meisie wat die man trek, 3. (dan is – gee die korrekte woordorde) sy Valentyn. Hy het baie aandag aan haar 4. (skenk – gee die korrekte vorm van die woord). 5. (Ongetroud – gee die korrekte vorm van die woord) vroue het ook in die 18de eeu baie aandag gegee aan hul kussings. Op die vooraand van Valentynsdag het hulle 6. (5 – skryf uit in woorde) lourierblare aan hul kussings 7. (vasspeld – gee die korrekte vorm van die woord). Een blaar is in die middel van die kussing en die ander op elke hoekie geplaas. As dit sou werk, sou die vrou haar aanstaande man in 8. (sy | haar – kies die korrekte woord) drome sien. Maar terwyl die meeste mense in droomland is, doen 9. (party – gee ’n sinoniem) meisies snaakse dinge.
© Impaq
14
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
In Derbyshire, Engeland, loop 10. (jonk – gee die korrekte vorm van die woord) meisies om middernag drie of twaalf keer 11. (rond | om | oor – kies die korrekte woord) die kerk en sing ’n 12. (liefde + liedjie – gee een woord). Hul ware liefdes behoort dan 13. (verskyn – gee die infinitief). In die VSA en Kanada 14. (kinders kaartjies ruil – gee die korrekte woordorde) met hul vriende uit. 15. (Sommige skole hou ’n klaspartytjie – skryf in die lydende [passiewe] vorm) en al die kinders gooi hul kaartjies in een groot boks. Aan die einde van die dag word die kaartjies aan die leerders 16. (uitdeel – gee die korrekte vorm van die woord). Ook hul ouers en onderwysers word nie vergeet nie. In Denemarke stuur mense 17. (gepars – gee die korrekte vorm van die woord) wit blomme, wat 18. (sneeuvlokies | sneeuvlokkies – kies die korrekte spelling) genoem word, aan hul vriende. 19. (Denemarke – gee die korrekte vorm van die woord) mans stuur ook ’n soort Valentynsdagkaartjie wat ’n gäkkebriev (grapbrief) genoem word. Die briefskrywer 20. (’n rympie skryf – gee die korrekte woordorde), maar teken net soveel stippeltjies as wat daar 21. (is letters in sy naam – gee die korrekte woordorde). As die meisie 22. (raai sy naam reg – gee die korrekte woordorde), beloon hy 23. (sy – gee die korrekte vorm van die woord) met ’n paaseier vir Paasfees. Vandag het Valentynsdag ’n heel ander 24. (beteken – gee die korrekte vorm van die woord). In Engeland en Italië staan sommige jong meisies voor sonop op en wag by hul vensters vir ’n man om 25. (verbykom – gee die infinitief). Hulle glo die eerste man wat hulle sien – of een wat soos hy lyk – sal binne die volgende jaar met hulle trou. (25 x 1) = [25]
Les 6: Taal in konteks: Gemengde oefening LEERDOELWITTE Aan die einde van les 6 moet jy in staat wees om: • Verskillende vorme van tekste te kan interpreteer. • Kennis van vorige lesse toe te pas.
© Impaq
15
Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Eenheid
1
AKTIWITEIT 6 Lees die strokiesprent van Peanuts wat ’n Valentynsdagkaartjie wil pos. Beantwoord dan die vrae in jou werkboek. Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoorde nagaan. Maak seker dat jy al die woorde se betekenisse goed verstaan.
Skryf die paragraaf uit en voltooi die sinne. Onderstreep jou antwoorde. Charlie Brown loop na die posbus toe om ’n 1. _____. Maar die posbus sê dat hy 2. _____. Charlie Brown probeer weer, maar die posbus dink nie dat ’n Valentynsdagkaartjie 3. _____. Die posbus sê hy is nie meer 4. (teenoorgestelde van “oud”) nie; dit 5. _____. Uiteindelik kry Charlie Brown sy kaartjies gepos en die posbus gooi 6. (tou | handdoek) op. Toe Charlie Brown 7. (een woord vir by die huis wees) kom, vertel hy vir Macy van die 8. (korrekte vorm van “vreemd”) posbus op die hoek. (8)
© Impaq
16