Í2+È-A-HOS-FG015Î
1
8
1 1
-
A
-
H
O
S
-
F
G
0
1
GASVRYHEIDSTUDIES FASILITEERDERSGIDS
Graad 11
A member of the FUTURELEARN group
Gasvryheidstudies Fasiliteerdersgids
1 8 11 - A - H O S - F G 0 1
Í2+È-A-HOS-FG015Î
Graad 11
Aangepas vir KABV
Master
Gasvryheidstudies Graad 11 Onderwysersgids
F. Le Roux, S. Burger, D-L. Kempen, H.A. Saaiman, L. van Velden
Master Gasvryheidstudies Graad 11 Onderwysersgids Teks © Outeurs 2012 Ontwerp en illustrasies © Master Books CC 2012 Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike toestemming van die outeur gereproduseer of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, opnames, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Eerste publikasie 2012 Uitgegee deur Master Books Epos: florette.masterbooks@yahoo.com
Setwerk en omslag ontwerp deur Leandri van der Elst (Leandri@unboxed.co.za) Omslag foto verskaf deur Nicolas van der Walt, FBI Chef’s School and Pastry Academy Die outeurs het moeite gedoen om enige kopieregklarings te doen. Indien daar enige kopieregnavrae is, kontak asseblief die outeur. Indien die outeurs enige kopiereg materiaal oorgesien het sal hulle graag dit regstel met die eerste geleentheid. ISBN: 978-0-9870258-4-5 Gedruk en gebind deur NUMASA
Inhoudsopgawe Inleiding
3
1. Voedsel en drankpersoneel 2. Wetgewing en beleidskrifte in die Gasvryheidsbedryf 3. Loopbane in die Gasvryheidsbedryf 4. HigiĂŤne 5. Veiligheid en sekuriteit 6. Ontvangs en stoor van voorraad 7. Suid-afrika se kulturele uniekheid en erfenis 8. Spyskaartbeplanning 9. Kosteberekening 10. Gisgebakprodukte 11. Koek en koekies 12. Kruie, speserye, smaakmiddels en geurmiddels 13. Aftreksel 14. Sop 15. Souse 16. Vis 17. Pluimvee 18. Rys 19. Groente 20. Voorbereiding en opstel van bedieningslokaal 21. Bedieningswyses 22. Diens en opruimtegnieke
6 8 10 11 13 14 15 18 20 22 24 26 28 30 31 32 33 34 36 39 40 42
Resepte
44
INLEIDING 1
’n OORSIG OOR KAV (CAPS)
Uitkomsgebaseerde onderrig is met die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 9 en die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad 10 – 12 in 2002 vervang. In 2009 het die hersiening van hierdie dokumente getoon dat daar voortgaande uitdagings rakende die implementering van die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring is. Dit het tot die integrasie van die twee dokumente gelei wat as die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12 (NKV) bekend staan. Beleid rakende die kurrikulum en assessering word in hierdie dokument gestipuleer. Die NKV dokument sluit die volgende dokumente in: • Kurrikulum en Assesseringsbeleid Verklaring (KAV) vir goedgekeurde vakke • Nasionale beleid met betrekking tot die program en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R–12 • Nasionale Protokol vir Assessering Graad R – 12. KAV is die Kurrikulum Asseseringsbeleid Verklaring (CAPS - Curriculum and Assessment Policy Statement) wat die SAG, LPG en PAT dokumente vervang. Die implementering datums is as volg: • Graad 10 - 2012 • Graad 11 - 2013 • Graad 12 - 2014 Een van die Regering se doelwitte is om die lewenskwaliteit van alle landsburgers te verbeter. Die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12 gee uiting aan kennis, vaardighede en waardes in SuidAfrikaanse skole wat daartoe kan bydra. Die kurrikulum het ten doel om te verseker dat leerders die nodige kennis en vaardighede sal bekom en dat hulle dit op ’n sinvolle wyse in hul daaglikse bestaan, sal toepas. Die KAV-dokument verwys na Gasvryheidstudies as die studie van verskeie interafhanklike temas in die Gasvryheidsindustrie, soos higiëne, voedselproduksie, voedsel- en drankdiens asook kliëntediens. Die leerders sal leer hoe om ’n verskillende tipes maaltye te produseer en aan te bied, asook die voorbereiding van die lokaal en tafeldek vir verskillende tipes geleenthede. Daarmee saam sal die leerders die korrekte bedienings- en wegneemtegnieke betreffende voedsel en drank aanleer. Daar word vier ure per week aan Gasvryheidstudies toegeken, waarvan 2½ ure aan teorie en 1½ uur aan prakties toegeken moet word. Een van die belangrikste veranderinge in die KAV-dokument is dat die vier leeruitkomste (LU’s) en assesseringstandaarde (AS’e) in die Gasvryheidstudies kurrikulum met ses onderwerpe vervang is. Die ses onderwerpe is as volg: 1. 2. 3. 4. 5. 6.
Gasvryheidstudie sektore en loopbane; Kombuis en restaurant werking; Voeding, maaltydbeplanning en kosteberekening; Voedsel kommoditeite; Voedsel- en drankdiens; en Higiëne, veiligheid en sekuriteit.
Praktiese klasse moet deur die onderwysers aangebied word en die graad 11 leerders moet ‘n minimum van twaalf praktiese lesse ‘n jaar doen. Voorgestelde geregte is in die KAV-dokument aangeteken.
3
Daar is ‘n onderrigplan in die KAV-dokument. Dit is verpligtend om die leerinhoud gedurende die kwartaal af te handel waarin dit aangedui word. Die werkvolgorde is nie verpligtend nie. Indien die onderwyser sy eie werkskedule vir die jaar wil opstel, moet skriftelike toestemming van die vakadviseur verkry word. Dit mag slegs gedoen word indien die skool ‘n vakgemiddeld bo 50 % het.
2
Assessering
Assessering is die deurlopende versameling van inligting rakende ‘n leerder se prestasie. Assessering kan formeel of informeel geskied. Informele assessering monitor ‘n leerder se vordering met die uitvoer van huiswerk, vraag en antwoord, gevalle studies, ens. Hierdie resultate hoef nie noodwendig formeel gerekordeer te word nie en word nie vir promosie doeleindes in berekening gebring nie. Formele assessering moet deur die onderwyser gemerk en formeel gerekordeer word. Hierdie take moet gemodereer word om goeie kwaliteit standaarde rakende die opdragte, sowel as nasienwerk te verseker. Toetse, eksamen vraestelle en praktiese opdragte is voorbeelde van formele assessering. Elke leerder moet ses formele, teoretiese assesserings opdragte en ‘n minimum van twaalf praktiese lesse gedurende die jaar voltooi.
Formele Assessering Graad 10 & 11 Formele Assessering Graad 10 en 11 Kwartaal 1 Toets 50 %
Kwartaal 2 Toets
Projek Prakties 100
Halfjaar Eksamen Prakties 100
25 % 25 %
25 % 50 % 25 %
Kwartaal 3 Toets Oopboek toets Prakties 100
50 % 25 % 25 %
Kwartaal 4: Promosiepunt Kwartaal 1 + 2 + 3 = = 100 300÷3 PAT 1 + PAT 2 = 50 + 50 = 100 Eksamen vraestel = 200 400 ÷ 4 = 100
Formele assessering moet vrae uit die volgende kognitiewe vlakke insluit: • Laer orde: kennis - 30 % • Middel orde: begip en toepassing - 50 % • Hoër orde: analise, evaluering en sintese - 20 % Die punte samestelling vir vraestelle verskil van graad 10 tot 12. Die punteverdeling is as volg: Inhoud Afdeling A Afdeling B Afdeling C
Afdeling D Totaal
Kort vrae (alle onderwerpe). Kombuis en restaurantwerking. Higiëne, veiligheid en sekuriteit. Voeding en maaltydbeplanning. Voedselkommoditeite.
Sektore en loopbane. Voedsel- en drankdiens.
10
11
12
40 40
40 30
40 20
80 80 (2 X 40) (2 X 40)
80 (2 X 40)
40
60 (2 X 30) 200
200
50 (2 X 25) 200
Die Praktiese Assesserings Taak (PAT) behels twee restaurantgeleenthede. Die kriteria vir die PAT is in die KAV-dokument aangeteken. Elke PAT tel 100 punte. Die finale PAT-punt word uit beide PAT’s bereken wat deur twee gedeel word: (PAT 1 + PAT 2 = 200 ÷ 2 = 100).
4
3
Die gebruik van die onderwysersgids
Aan die begin van elke hoofstuk is daar ‘n paar voorstelle / wenke / ekstra inligting wat tot die leerprogram kan bydra. Hierdie idees kan aangepas word om by die onderwyser se persoonlike situasie aan te pas. Die vrae, sowel as die antwoorde op die vrae wat in die leerderboek is, is in die onderwysersgids en op die laserskyf. Hierdie inligting kan op ‘n rekenaar afgelaai word wat die onderwyser daartoe in staat sal stel om die vrae en antwoorde te verander. Daar is resepte na aanleiding van die verskillende kommoditeite in die onderwysersgids en op die laserskyf aangebring. Die bestanddele vir die resepte kan vir klaspraktiese en PAT’s aangepas word indien dit van die laserskyf afgelaai word.
5
VOEDSEL EN DRANKPERSONEEL
1
VOORSTELLE/WENKE/EKSTRA INLIGTING KlAsKAMeRAKtiWiteit 1 (p. 2) Vra leerders om verskillende instansies in hul areas te besoek en navraag te doen of te observeer hoe die restaurant en kombuisbrigades werk. Hou ‘n klasbespreking oor die verskillende maniere waarop dit werk. Vergelyk die restaurant wat jy besoek het se poste met die klassieke brigade in die leerderboek op p. 3. Hoe om terme uit te spreek: Franse terme Sous Sjef Saucier Poissonier Entremetier Rotisseur Garde manger Patissier
Uitspraak soo shef so-see-ay pwah-so-nyay awn-truh-met-yay ro-tee-sur gard-mawn-zhay pa-tees-syay
ANTWOORDE eKstRA AKtiWiteit (p. 7) 1.
2. 3.
Beleefd/hoflik Menseverhoudings Vriendelik Georganiseerd Goeie sin vir humor Goeie geheue Netjies Bedien drankies tydens maaltye Moet kennis hê van die drankwet sowel as kennis van wyn 3.1 3.2 3.3 3.4
3.5
6
Tweede in bevel Formele kwalifikasie 4 of 5 ster a la carte ondervinding Kwalifikasie (diploma of graad) by ‘n tersiêre instansie bv. Privaat Hotelskool of Universiteit. Samestelling van spyskaart, kosteberekening, voorraad en stoorkontrole sowel as kombuisbestuur Is in beheer in die afwesigheid van die Chef de Cuisine Gee leiding aan die personeel Direk in beheer van voedselproduksie Assesseer geregte en porsionering net voor bediening Berei voedsel op bestelling vir gaste
(5) (2) (1) (2) (1)
(4) (1)
3.6
4. 5.
6.
7.
Passievol Bekwaam Deeglik Goeie bestuur- en opleidingsvaardighede (2) Lang werksure Werk onder druk Op jou voete vir lang periodes (2) Hierdie titel erken die hoogste vlak van prestasie; slegs hoogs bekwame en ervare professionele mense wat hul uitnemendheid en kennis in geskrewe en praktiese eksamens gedemonstreer het, mag die term gebruik. Dit berus op die Europese gilde tradisie waar ‘n sjef vir baie jare moet volhard in klaskamer- en beroepsopleiding, moet werk as ‘n vakleerling en verskeie eksamens moet slaag. (2) 6.1 Om die gladde verloop van die restaurant te verseker Beter produktiwiteit Skep ‘n goeie beeld vir die gaste ‘n Span is so suksesvol as sy swakste skakel (2) 6.2 Plaas hulle by verskillende stasies Stel ‘n stasiehoofkelner aan wat ‘n oog oor hulle kan hou. (2)
7.1 7.2 7.3
30 tafels ÷ 6 kelners = 5 tafels × 4 gaste = 20 gaste Middel – maklik bereikbaar Aan die kant – pla nie die gaste, uit die pad
(2) (2) (4)
7
WETGEWING EN BELEIDSKRIFTE IN DIE GASVRYhEIDSBEDRYF
2
VOORSTELLE / WENKE / EKSTRA INLIGTING Groot maatskappye soos bv. SASOL en Anglo American vertoon plakkate oor Gesondheid en Veiligheid wat in hulle industrie van toepassing is. Probeer dit bekom sodat leerders kan sien hoe dit lyk. Dit kan interessant wees om ‘n veiligheidsverteenwoordiger uit die industrie te vra om die klas te besoek en te verduidelik hoe belangrik wetgewing is en hoe dit toegepas word. Rolspel kan nuttig wees om die korrekte en verkeerde houding jeens veiligheid en sekuriteit uit te beeld.
ANTWOORDE KlAsKAMeRAKtiWiteit 1 (p. 8) 1. Wetgewing in die Gasvryheidsbedryf is nodig om beide die eienaars, werkers en gaste van instansies teen wanoptrede te beskerm en te verseker dat die gaste ‘n veilige, genotvolle ervaring beleef wat hulle graag weer sal wil ervaar. Verskeie wette en regulasies beheer verskillende aspekte van die industrie, maar in die algemeen hou goeie praktyke die volgende voordele in: - Tevrede kliënte - ‘n Goeie reputasie / aansien - Meer kliënte wat weer na die besigheid terugkeer - Nakoming van die wet - Voorkoming van regsaksie deur gaste en owerhede - Langer rakleeftyd van voedsel - Voedsel is veilig om te eet - Veilige/ goeie werkspmstandighede, personeel het beter ingesteldheid, kleiner personeelomset, wat weer produktiwiteit bevorder - Of enige ander korrekte antwoord 2. Om slegs ‘n paar te noem: - Higiëne - Omstandighede waaronder met kos gewerk word - Vervoer van voedsel - Spesifikasies vir apparaat en veiligheid - Of enige ander korrekte antwoord 3. Werkgewers, plaaslike en provinsiale regerings, gesondheidsinspekteurs, NOSA, ens. of enige ander korrekte antwoord eKstRA AKtiWiteite (p. 12) 1.
8
1.1 1.2 1.3 1.4
B, D, G C C, E, I, J A, F, H, J
(12)
2.
Oop memorandum, afhangend van die situasie by die skool.
3.
Formaat van ’n verslag: Skryf eers die doel van die verslag neer. Skryf die bevindinge neer. Stel die oplossings voor vir die probleme wat ondervind is. Maak ’n gevolgtrekking.
(10)
Aspekte om na op te let: Veiligheidsregulasies soos uiteengesit op bladsy 11, 3.3.3. Let op na enige onveilige aspekte in die kombuis/restaurant met betrekking tot elektriese bedrading, goedere of items wat rondstaan waaroor mens kan val of wat iemand kan beseer, teenwoordigheid van brandblussers, veiligheidstekens wat die posisie van brandblussers, uitgange, noodhulpkas, ens. aandui. Let ook op na veiligheidstekens soos byvoorbeeld plakkate met instruksies oor die veilige gebruik van apparaat, ens.
9
LOOPBANE IN DIE GASVRYhEIDSBEDRYF
3
VOORSTELLE/WENKE/EKSTRA INLIGTING Stel ‘n skyfievertoning saam oor die verskillende sektore en loopbane in die Gasvryheidsbedryf. Hierdie skyfievertoning kan aan die begin van die les as inleiding gewys word.
ANTWOORDE KlAsKAMeRAKtiWiteit 1 (p. 13) ‘Job shadowing’ is belangrik – veral as die leerder onseker is van wat hy/sy wil doen. Hierdie vraag kan in die klaskamer bespreek word. eKstRA AKtiWiteite (p. 17) 1. 2.
Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (1) Die leerders kan enige loopbaan kies in die Gasvryheidsbedryf wat hulle graag sal wil volg. Die onderwyser moet ‘n lys in die klas sirkuleer waarop elke leerder die naam van die loopbaan neerskryf sodat daar nie te veel duplisering sal wees nie. Elke leerder moet ‘n A3 plakkaat ontwerp waarop die inligting van die gekose loopbaan voorkom. Die plakkaat moet in die klas uitgestal kan word. Die volgende aspekte moet op die plakkaat aangedui word: 2.1 Waar kan daar vir die kursus studeer word? (1) 2.2 Wat is die toelatingsvereistes? (1) 2.3 Wat is die naam van die kursus? (1) 2.4 Hoe lank duur die kursus? (1) 2.5 Hoeveel kos die kursus? (1) 2.6 Is die instelling geaffilieer by enige onderwysinstelling? (1) 2.7 Enige ander belangrike inligting omtrent die kursus. (3) Die leerders moet aan die klas terug rapporteer en die plakkate kan teen die klasmure opgeplak word.
10
hIGIËNE ANTWOORDE
4
KlAsKAMeRAKtiWiteit 1 (p. 18) Hou ‘n klasbespreking oor die gegewe onderwerp. KlAsKAMeRAKtiWiteit 2 (p. 25) • •
Die koue voedsel voorbereidingsarea en die warm voedsel voorbereidingsarea. Die groente voorbereidingsarea en die vleis en vis voorbereidingsarea.
eKstRA AKtiWiteite (p. 28) 1.
2. 3.
Goedere ontvangs area Stoor area Voorbereidings area Finale voorbereidings area Opskep area Bedienings area Opwas area Vullis area Kantoor van die Chef de Cuisine
(9)
2.1 Onder 0˚C (1) 2.2 Tussen 5 – 63˚C (2) Die leerders kan die uitleg in enige logiese orde doen sodat goeie werksvloei verseker word. Let op die volgende: • Die toilet moet uit die kombuis geskuif word – higiëniese redes (2) • Hande was fasiliteit moet naby die ingang wees – was hande voordat daar met kos gewerk word (2) Moontlike uitleg
11
4.
5.
12
4.1 Kieme kan oorgedra word vanaf die siek werker na die kos en voedselbesmetting kan plaasvind. (2) 4.2 Wanneer ‘n blikkie opgeblaas is beteken dit dat daar reeds gevaarlike toksiene in die blikkie gevorm het en dit moet dus liewer weggegooi word. (2) 4.3 Wanneer ‘n produk verby die vervaldatum is, is daar geen waarborg dat die voedsel nog veilig is om te eet nie. (2) 5.1 Clostridium botulinum (2) 5.2 Ingelegde produkte moet nie gebruik word as die blikkies geroes, opgeblaas of geduik is nie. (1)
VEILIGhEID EN SEKuRITEIT
5
ANTWOORDE eKstRA AKtiWiteite (p. 33) 1. • • • • • • • • •
1.1 Kragonderbrekings (4) Die onderneming moet voorsiening maak vir nood kragopwekker. Beskou alle kragpunte as lewendig selfs al is daar ‘n kragonderbreking. Skakel alle apparaat af en verwyder die kragproppe uit die muurproppe. Gebruik die kragopwekkers slegs vir noodsaaklike apparaat. Gebruik gas in die kombuis. Hou die yskas- en vrieskasdeure toe vir solank as moontlik om die koue temperatuur te behou. Maak die outomatiese deurmeganismes los sodat die deure gebruik kan word. Hou nood beligting byderhand (kerse en lampe). Wanneer die kragtoevoer herstel is moet alle apparaat weer ingeprop word en nagegaan word.
• • • • •
1.2 Bomdreigement Rapporteer onmiddelik aan die toesighouer of bestuurder Skakel die polisie Ontruim die gebou Volg die res van die ontruimings prosedure Reël vir berading
2. 3.
4.
(3)
Gaste sal veilig voel en hulle sal die voedsel en verblyf geniet. (1) Plakkaat. (6) Die volgende inligting moet op die plakkaat verskyn: Naam van onderneming Kontak besonderhede / adres Gebruik duidelike leesbare skrif Goeie gebruik van kleur Daar moet ten minste TWEE punte wees oor veiligheid en sekuriteit bv. veilige parkering, karwagte, ens. Beide deurslotte is veiliger en meer prakties as sleutels. As sleutels verlore raak kos dit baie geld en moeite om dit te vervang en die verkeerde mense kan die sleutels in die hande kry. Personeel het hul eie geprogrammeerde kaarte/vingerafdrukke, dus kan enige persoon wat ‘n kamer binnegaan, opgespoor word. Vingerafdrukke is selfs beter as kaarte, want dit kan nie verloor nie. (3)
13
ONTVANGS EN STOOR VAN VOORRAAD ANTWOORDE
6
EKSTRA AKTIwITEITE (p.40) 1. Ontvangsareas moet skoon wees sonder enige vullis Vullishouers, leë bokse, ens. moet netjies en veilig gehou word. Wanneer voorraad ontvang word moet dit higiënies en skoon wees en die verpakking moet onbeskadig wees. Trollies en rakke moet geskik wees vir swaar items. Moenie trollies oorlaai nie. Wanneer swaar items opgelig word moet dit so gedoen word dat beserings voorkom word. (4) 2. (7) 2.1 BESTANDDEEL Margarien Uie Heel mieliepitte Koekmeel Hoender aftreksel Melk Room Sout Peper 2.2 2.3
2.4
2.5
14
2.6
hOEVEELhEID PER ChEF 25 mℓ ¼ 75 g 25 mℓ 100 mℓ 100 mℓ 50 mℓ
TOTALE hOEVEELhEID
VOORRAAD OP hANDE
5 x 25 = 125 mℓ 5 x ¼ = 1¼ 5 x 75 = 375 mℓ 5 x 25 = 125 mℓ 5 x 100 = 500 mℓ 5 x 100 = 500 mℓ 5 x 50 = 250 mℓ
Voorraad op hande beteken hoeveel voorraad daar in die stoorkamer is Plaas koue bestanddele op ‘n skinkbord (margarien, melk, room) Sny margarien in die korrekte grootte blokkies Plaas droë bestanddele saam (meel, sout en peper) Plaas aftreksel in ‘n beker op ‘n skinkbord Plaas mielies in ‘n aparte bakkie Plaas brokkoli in ‘n aparte bakkie Plaas sampioene in ‘n aparte houer Plaas kombuisskaal op bestanddele tafel Margarien – yskas/koelkamer Uie – groentestoor Mielies – droë stoor Meel – droë stoor Hoenderaftreksel – yskas/koelkamer Melk – yskas/koelkamer Room – yskas/koelkamer Sout en peper – droë stoor Oorskiet groente kan in stowegeregte of aftreksel gebruik word Oorskiet sous kan in stowegeregte of aftreksel gebruik word Oorskiet kos kan ook bedek word en in die vrieskas geplaas word vir latere gebruik Oorskiet kos geld en as dit weggegooi moet word beteken dit dat geld vermors is
(1)
(8)
(8) (3) (1)
SuID-AFRIKA SE KuLTuRELE uNIEKhEID EN ERFENIS VOORSTELLE/WENKE/EKSTRA INLIGTING
7
Stel ‘n interessante skyfievertoning van tradisionele Suid-Afrikaanse voedsel saam en gebruik dit as inleiding. Mense van verskillende kulture kan genooi word om met die leerders oor hul kultuur en gebruike te kom gesels.
ANTWOORDE KlAsKAMeRAKtiWiteit 1 (p. 45) 1. 2.
Vegane eet geen dierlike produkte of byprodukte bv. gelatien of heuning nie. Vanielje ekstrak word van vanielje peule gemaak. Dit is ‘n oplossing wat ‘vanillan’ geursel en alkohol bevat.
KlAsKAMeRAKtiWiteit 2 (p. 47) 1.
2.
3.
Sosaties is blokkies lamsvleis wat op ‘n houtstokkie geryg word en in ‘n kerriesous gemarineer word. Uie en gedroogde appelkose word gewoonlik tussenin die lamsblokkies ingeryg. ‘n Kebab is enige ander bestanddele wat op ‘n houtstokkie ingeryg word, bv. ‘n hoenderkebab of ‘n vrugte kebab. Baklava is ‘n Griekse / Turkse nagereg. Dit is ‘n baie ryk, soet nagereg wat uit lae filodeeg bestaan. Tussen die lae filodeeg word daar ‘n mengsel van gekapte neute, speserye en suiker oor gesprinkel. Nadat die nagereg gebak het, word ‘n soet stroop oor die warm nagereg gegiet. Hierdie stroop word deur die verskillende lae geabsorbeer. Kataifi is presies dieselfde as baklava. Die enigste verskil is dat fyn gesnyde filodeeg gebruik word. ‘n Lepelvol van die neutmengsel word bo-op die filodeeg geskep waarna dit opgerol word. Die gerolde kataifi se vorm is verteenwoordigend van dié van wors. Whisky word tradisioneel in Skotland geproduseer, terwyl whiskey in Ierland geproduseer word. Skotse whisky word hoofsaaklik van gort vervaardig en mout word vir Ierse whiskey gebruik.
eKstRA AKtiWiteite (p. 51) 1. 1.1 ‘Parev’ beteken dat die voedselitem geen suiwel of vleisbestanddele bevat nie en nie met hitte behandel is deur enige apparaat wat vir suiwel of vleis gebruik is nie. Hierdie voedsel is ‘neutraal’ en mag saam met vleis of suiwel voedsel genuttig word. Eiers is ‘n voorbeeld van neutrale voedsel. (4) 1.2 Indien die woord ‘Milchik’ op voedsel verskyn, toon dit dat melkprodukte of suiwelbyprodukte in die voedsel gebruik is. (1) 1.3 Die Moslem Geregtelike Raad keur halaal voedsel goed as voedsel wat rein en aanvaarbaar is. Verbode voedsel word ‘Haraam’ genoem. (1) 2. 2.1 Volstruisvleis staan as die gesondste rooivleis bekend. Dit is geurige, maer vleis. Volstruisvleis is ryk in proteïene en yster, terwyl dit laag in vet, laag in cholesterol en laag in kilojoules is. Dit is ‘n veelsydige vleis wat op vele verskillende maniere gebruik kan word. (5) 2.2 Gerookte volstruis filet, volstruis ‘spek’ vir ontbyt, volstruis biltong, carpaccio. Merk enige korrekte antwoord. (2) 3. ‘n ‘Bokkom’ is ‘n produk van die Suid-Afrikaanse Weskus. Dit is gesoute, lug gedroogde harders wat in bondels saam gestring word en gelos word om te droog. (2)
15
4.
5.
6. 6.1 6.2 6.3 6.4 6.5
16
4.1 Sheba is ‘n tamatie, uie en brandrissie sous. Chakalaka is ‘n mengsel van uie, knoffel, gemmer, groen soetrissie, wortels en blomkool of kool, saam gebraai en gegeur met brandrissie en kerrie. (2) 4.2 Mosbolletjies is klein balletjies deeg, gemaak met mos (gefermenteerde druiwesap) en gegeur met anys, word dig teen mekaar gepak en gebak. Kan vars geëet word of tot beskuit gedroog word. Beskuit kom in verskeie geure voor, maar word basies van deeg gemaak en gebak, dan in kleiner stukke gebreek of gesny, in die oond gedroog en hou daarom vir ‘n lang tyd. Smaak veral goed saam met oggendkoffie. (2) 5.1 ‘n Profiterol is ‘n choux-deeg poffertjie wat met chantilly room of crème patissiere (bakkersvla) gevul word. Dit word gewoonlik met gesmelte sjokolade of sjokoladesous bedek. (3) 5.2 ‘n Croquembouche is profiterols wat bo-op mekaar in ‘n koniese vorm gestapel word. Die profiterols kan met crème patissiere gevul word en die profiterols word met karamel op mekaar vasgeplak. ‘n Croquembouche is ‘n tradisionele Franse troukoek. (4) 5.3 ‘n Tarte tatin is ‘n onderstebo tert. Vrugte word in ‘n pan met suiker en botter gekaramelliseer. Die vrugte word in die pan gehou waarna die deeg bo-op die vrugte gesit word. Nadat die tert in die oond gebak is, word dit omgekeer. (2) 5.4 Yorkshire pudding is oorspronklik van Yorkshire, Engeland. Dit word gewoonlik saam met geroosterde biefstuk en bruinsous bedien. Yorkshire pudding word van ‘n beslag gemaak wat in vooraf geoliede, verhitte bakpanne of muffinpannetjies gegiet en gebak word. (3) 5.5 Tandoori hoender is ‘n gereg wat uit geroosterde hoender, joghurt en speserye bestaan. Die hoender word vooraf marineer waarna dit tradisioneel in ‘n tandoor by baie hoë temperature, gaargemaak word. ‘n Tandoor is ‘n klei-oond. (2) 5.6 Carpaccio kan as ‘n hors d’oeuvre of ‘n voorgereg bedien word. Dit is ‘n Italiaanse gereg wat van dun gesnyde, rou bief gemaak word. Carpaccio word tradisioneel met olyfolie, parmesaan en kappertjiesaad gegeur. Gegeurde vrugte asyne is opsioneel. (3) Judaïsme Judaïsme / Jode Kosher Kashruth Beth Din • Meng en eet van suiwelprodukte saam met vleis word verbied. • Melk en melkprodukte mag nie geëet word nadat vleis geëet is nie, tensy ses ure tussenin verloop het. • Vleis mag na suiwelprodukte geëet word indien die persoon vaste kos geëet, ‘n vloeistof gedrink het, sy/haar mond uitgespoel het en seker gemaak het dat sy/haar hande skoon is. • Soogdiere wat herkou en gesplete hoewe het, is kosher. • Die agterkwart van diere mag nie geëet word nie. • Slegs vis met vinne en skubbe mag geëet word – steurgarnale en kreef word verbied. • Na ete word swart koffie bedien.
Islam geloof Islam / Moslem Halaal Heilige Koran Moslem Regsraad • Vleis en pluimvee moet volgens die korrekte manier deur ‘n Moslem slagter geslag word. • Vark en varkprodukte, bv. ham, spek en salami word verbied. • Geblikte groente wat emulsifiseerders bevat en bevrore groente wat ‘n sous bevat word verbied. • Brood en broodprodukte wat gis bevat, word uitgesluit. • Drankies wat kafeïen bevat word soms as haraam beskou. • Geen alkohol of alkoholiese versnaperinge. • Vanielje ekstrak.
(2) (2) (2) (2)
(4)