Gr 11-Gasvryheidstudies Handleiding 2

Page 1

Í2+È-A-HOS-SG02kÎ

1

8

1 1

-

A

-

H

O

S

-

S

G

0

2

GASVRYHEIDSTUDIES RESEPTEBOEK

Graad 11

A member of the FUTURELEARN group


Gasvryheidstudies Resepteboek

1 8 11 - A - H O S - S G 0 2

Í2+È-A-HOS-SG02kÎ

Graad 11

Aangepas vir KABV

L van Velden


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

INHOUDSOPGAWE 1.

Praktiese werk graad 11 ......................................................................................... 3 1.1

Skriftelike voorbereiding ............................................................................. 3

1.2

Praktiese voorbereiding van gereg ............................................................. 3

2.

Opsomming van punte ............................................................................................ 4

3.

Praktiese taak 1 ...................................................................................................... 5

4.

Praktiese taak 2 .................................................................................................... 11

5.

Praktiese taak 3 .................................................................................................... 14

6.

Praktiese taak 4 .................................................................................................... 19

7.

Praktiese taak 5 .................................................................................................... 39

8.

Praktiese taak 6 .................................................................................................... 42

9.

Praktiese taak 7 .................................................................................................... 54

10.

Praktiese taak 8 .................................................................................................... 57

11.

Praktiese taak 9 .................................................................................................... 61

Š Impaq

1


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

1.

Praktiese werk graad 11

Daar is 12 praktiese take in Graad 11. Die take vir al drie kwartale moet in die resepteboek gedoen word. Indien jy weens omstandighede ’n praktiese taak wil omruil met ’n ander week se praktiese taak, is jy welkom om dit te doen. Sorg net dat jy die regte hoeveelheid praktiese werk vir elke kwartaal gedoen het en dat jy aan die einde van kwartaal 3 al die praktiese werk voltooi het. Elke praktiese taak het twee afdelings: skriftelike voorbereiding en praktiese voorbereiding van gereg. 1.1

Skriftelike voorbereiding

Vir elke praktiese taak moet ’n voorbereidingsvorm ingevul word. Daar moet dus 12 sulke vorms aan die einde van die jaar voltooi wees. Indien dit nie voltooi word nie sal daar GEEN praktiese punt aan die leerder toegeken word nie. 1.2

Praktiese voorbereiding van gereg

Die leerder moet elke week een praktiese taak voorberei. Laat die leerder toe om die geregte vir sy/haar gesin voor te berei. U kan sodoende kostes bespaar en die leerder kry kans om geregte vir ander mense voor te berei. Indien dit is nie moontlik is om sekere bestanddele te kry nie, kan u dit gerus met ‘n soortgelyke bestanddeel vervang. Wat belangrik is, is dat die leerder sekere tegnieke moet bemeester. U moet self die geregte en voorbereiding beoordeel. Dit is aanvanklik moeilik maar met oefening kom ‘n mens gou reg. Moet asseblief nie net volpunte gee vir alles nie. Wees baie krities en gee veral aandag aan aanbieding. U kan gerus na al die wonderlike kosprogramme op TV kyk om te sien wat ons bedoel met goeie aanbieding. U moet vir elke praktiese taak ‘n evalueringsvorm invul.

© Impaq

3


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

2.

Opsomming van punte

PRAKTIES

Assessering 50

TOTAAL

1 2 3 4 TOTAAL Kwartaal 1

200

5 6 7 8 TOTAAL Kwartaal 2

200

9 10 11 12 TOTAAL Kwartaal 3

© Impaq

200

4


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

3.

Kwartaal

1-3

Praktiese taak 1

PRAKTIESE TAAK 1 Doen EEN van die volgende praktiese take. Kies die resep en doen die praktiese voorbereiding wat volg. • Frikkadelle • Bobotie • Skaapvleis Breyani • Dhaltjies • Lasagne • Tiramisu • Baklava

FRIKKADELLE (6 – 8 porsies) Bestanddele 750 g maer maalvleis 1 medium ui, fyn gekap 10 ml gekneusde knoffel 1 dik sny witbrood 2 groot eiers 5 ml sout 1 ml peper 1 ml gemengde speserye 75 ml gekapte pietersielie 45 ml botter Metode 1. Verwyder die korsie van die brood en week die brood in water. Druk al die water uit die brood uit en hou die brood eenkant. 2. Verhit 15 ml van die botter in ’n groot braaipan en soteer die uie en knoffel tot deurskynend. 3. Meng die uie met die vleis, brood, eiers, sout, peper, speserye en pietersielie en vorm in ronde balletjies. 4. Verhit die oorblywende botter in die pan en verbruin die frikkadelle. 5. Verminder die hitte en laat gaar word. 6. Bedien met kapokaartappels en tamatie- en uiesous.

© Impaq

5


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

BOBOTIE Bestanddele 1 kg gemaalde beesvleis 1 middelslag ui, fyngekap 125 ml pitlose rosyne 12,5 ml appelkooskonfyt 12,5 ml vrugte blatjang sny witbrood 10 ml olie 3 eiers 250 ml melk 25 ml suurlemoensap 10 ml kerriepoeier 5 ml borrie 2 suurlemoen- of lourierblare 10 ml sout Metode 1. Week die brood in 125 ml van die melk. 2. Druk die melk uit en meng die brood met die gemaalde vleis. 3. Meng al die ander bestanddele by behalwe die olie, eiers, melk en blare. 4. Verhit die olie in ‘n pan en verbruin die vleismengsel liggies daarin. 5. Keer die mengsel uit in ‘n gesmeerde kasserol. 6. Klop die eiers en al die melk liggies en giet dit oor die vleismengsel. 7. Plaas die blare bo-op deur dit liggies in te druk. 8. Bak teen 180°C vir omtrent 50 minute. Geelrys 250 ml 125 ml 10 ml 1 liter 25 ml 10 ml 1 stuk 5 ml

© Impaq

rou rys pitlose rosyne botter kookwater geelsuiker borrie kaneel sout

Voeg die rys, borrie, kaneel en sout by die kookwater en kook vinnig vir 20 minute. Dreineer die rys en voeg die rosyne by. Stoom die rys oor kokende water vir 1 uur. Haal die kaneel uit en plaas in ‘n opskepbak. Roer die botter en suiker by en bedien.

6

1-3


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

SKAAPVLEIS BREYANI (6 – 8 porsies) Bestanddele 1 kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny 15 ml gerasperde vars gemmer 10 ml gekneusde knoffel 5 ml sout 250 ml bruin lensies 625 ml basmati rys 250 ml olie 300 ml kookwater 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny 3 groot uie, dun gesny 6 hard gekookte eiers, in die helfte gesny Marinade 3 5 2 2,5 ml 5 ml 30 ml 5 5 1 250 ml

kaneelstokkies kardemomsade groen rissies borrie geroosterde masala garammasala heel naeltjies heel stukke jamaikapeper (allspice) groot tamatie, sonder vel en gerasper karringmelk

Metode 1 Was en dreineer die vleis in ’n vergiettes. 2. Vryf gemmer, knoffel en sout in die vleis in. 3. Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die vleis vir ongeveer 3 ure. 4. Kook die lensies tot sag, ongeveer 20 minute. Spoel af en dreineer. 5. Was die rys totdat die water skoon afkom en dreineer. 6. Verhit 50 ml olie in ‘n braaipan oor lae hitte en voeg die rys by. Roer goed. Voeg 100 ml kookwater by en kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte. 7. Verhit die orige olie in die braaipan en braai die aartappels bruin aan alle kante, ongeveer 4 minute. Verwyder en hou eenkant. 8. Voeg uie by olie en soteer tot bruin. 9. Verwyder ’n kwart van die uie uit die pan en hou eenkant. 10. Voeg die vleis en die geurmiddels by die uie in die pan en kook vir ongeveer 30 minute. Verwyder die vleis van die pan en hou eenkant. 11 Gebruik ’n groot kastrol en plaas die aartappels op die bodem. Plaas nou die bestanddele in die volgende lae: Helfte van die rys, vleismengsel, lensies, kookwater en orige uie. Plaas klontjies botter bo-op. Bedek die kastrol en seël die deksel goed. 12 Kook op hoog vir 5 minute en laat dan prut vir 1 uur op lae hitte. Moenie oopmaak nie. 13. Bedien met halwe eiers bo-op.

© Impaq

7


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

DHALTJIES (chilli bites) Bestanddele 250 ml ertjiemeel 30 ml koekmeel 1 ui, fyngekap 5 ml gemaalde komyn 5 ml gemaalde koljander 10 ml gekneusde droë rissies 5 ml sout 3 ml borrie 125 ml vars koljander (dhania) blare, gekap 1 klein groen appel gerasper 5 ml bakpoeier 250 ml sonneblomolie vir braai Metode 1. Sif die ertjiemeel en koekmeel saam. Voeg die orige droë bestanddele by behalwe die bakpoeier. 2. Voeg net genoeg water by om ‘n dik beslag te vorm. 3. Roer die bakpoeier by. 4. Verhit die olie in ’n diep braaipan. Drup 15 ml van die beslag in die warm olie en braai tot goudbruin. Draai gereeld om. 5. Dreineer op absorbeerpapier en bedien warm.

© Impaq

8


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

LASAGNE Bestanddele Béchamelsous 25 ml margarien 25 ml meel 250 ml melk 1 klein clouté uitjie 1 selderystingel 120 g breë lintnoedels 40 ml tamatiepuree 200 ml water 5 ml sout 2 ml peper

Bolognaisesous 250 g maalvleis 60g spek 1 medium ui 1 wortel 12,5 ml botter

Metode 1. Smelt botter en braai gekapte ui, wortel, seldery en spek tot bruin. 2. Voeg die vleis by en braai verder. 3. Voeg die tamatiepuree, water, sout en peper by en prut vir 45 minute. 4. Kook die lintnoedels in kokende soutwater tot effens sag. 5. Dreineer die noedels en pak op ‘n skoon doek. 6. Maak die Béchamelsous as volg: 7. Smelt die margarien in ‘n aparte kastrol. 8. Haal van die stoof af en voeg die meel en ‘n bietjie sout en peper by. 9. Voeg die melk by en roer tot glad. 10. Voeg die uitjie by en plaas terug op die stoof en laat prut vir 30 minute. 11. Smeer ‘n oondvaste skottel met margarien en pak om die beurt lae noedels en vleis – eindig met noedels. 12. Gooi die Béchamelsous bo-oor en strooi Parmesankaas oor. 13. Bak teen 180°C vir 30 minute. Bedien warm.

Clouté ui = klein ui met naeltjies/lourierblare ingedruk.

© Impaq

9


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

TIRAMISU ROYALE (10 porsies) Bestanddele 5 eiers 75 g suiker 250 g mascarponekaas 250 ml room 20 ml gelatienpoeier 1 sponskoek 75 ml koue sterk swart koffie 50 ml koffielikeur 45 ml kakaopoeier Metode 1. Plaas die eiers en suiker in ‘n bak en klop tot dik en romerig. 2. Vou die mascarponekaas in. 3. Voeg die gelatien by 80 ml koue water en laat staan. 4. Plaas die gelatienmengsel in ‘n mikrogolfoond vir ‘n paar sekondes om op te los. Laat afkoel. 5. Voeg die koue gelatien by die eiermengsel. 6. Vou die geklopte room in. 7. Gooi ‘n dun lagie kaasmengsel in ‘n gesmeerde broodpannetjie. 8. Plaas ‘n dun snytjie sponskoek bo-op en sprinkel met die koffie- en likeurmengsel – hou oor vir nog twee lae. 9. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag kaasmengsel. 10. Plaas in yskas tot dit goed gestol het. 11. Keer die mengsel versigtig uit die broodpan en strooi ‘n dik laag kakao bo-oor. 12. Sny in skywe en bedien met vars kersies. 13. Versier met mentblare.

© Impaq

9


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

BAKLAVA Bestanddele 300 g gemengde neute, fyngekap 125 ml suiker 10 ml fyn kaneel 5 ml gemengde speserye 500 g fillodeeg 140 ml gesmelte margarien

325 ml 325 ml 1 2 50 ml 15 ml 15 ml

suiker water kaneelstokkie naeltjies heuning brandewyn suurlemoensap

Metode 1. Meng die gekapte neute, suiker en speserye in ‘n bak. 2. Smeer die onderkant en kante van ‘n vierkantige bak met gesmelte margarien. 3. Plaas twee lae fillodeeg opmekaar in die bak – smeer tussenin en bo-op met gesmelte margarien. 4. Sprinkel een derde van die neutmengsel oor die deeg. Herhaal die lae totdat al die deeg en neute op is. 5. Bestryk die laaste laag deeg met al die orige margarien. 6. Merk die baklava in blokkies of diamante met ‘n skerp mes. 7. Bak dit teen 170°C vir omtrent 45 minute. 8. Kook die suiker, water, kaneel en naeltjies saam vir 10 minute. 9. Voeg die heuning, brandewyn en suurlemoensap by en laat afkoel. 10. Wanneer die baklava uit die oond kom, gooi die stroop oor. 11. Laat heeltemal afkoel en sny dan op die gemerkte lyne.

© Impaq

10


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

4.

Kwartaal

1-3

Praktiese taak 2

PRAKTIESE TAAK 2 Doen EEN van die volgende praktiese take. Kies die resep en doen die praktiese voorbereiding wat volg. • Witbrood • Gesondheidsbroodjie • Paasbolletjies

WITBROOD Bestanddele 10 g kitsgis 200 ml louwarm melk 200 ml louwarm water 1 eier 30 ml margarien 15 ml suiker 15 ml sout 500 ml koekmeel 500 ml koekmeel (ekstra) sesamesaad Glasering 1 eier 30 ml water Metode 1. Meng al die droë bestanddele behalwe die ekstra meel en sesamesaad. 2. Vryf die margarien in die meel in. 3. Meng die water, melk en eier en voeg by droë bestanddele by. 4. Meng goed. 5. Voeg die ekstra meel geleidelik by totdat ’n sagte deeg gevorm word. 6. Knie tot glad. 7. Plaas die deeg in ’n gesmeerde mengbak. Maak toe met plastiek en laat rys tot dubbel die volume. 8. Knie af en vorm in rolletjies. 9. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Glaseer en sprinkel met sesamesaad. Laat rys. 10. Bak in ’n verhitte oond teen 180˚ C vir 20 – 25 minute. 11. Bedien in ’n broodmandjie.

© Impaq

11


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

GESONDHEIDSBROODJIE Bestanddele 500 ml volgraan meel 250 ml gerolde koring 250 ml muesli 15 ml sonneblomsade 5 ml sesamesade 5 ml sout 5 ml koeksoda 500 ml ongegeurde joghurt 15 ml heuning sesamesaad om oor te sprinkel Metode 1. Voorverhit die oond tot 180°C. 2. Smeer ‘n broodpannetjie (21 x 11 x 6 cm). 3. Meng al die droë bestanddele saam. 4. Voeg die joghurt en die heuning by en meng goed. 5. Skep in broodpannetjie en maak effens gelyk. 6. Sprinkel met sesamesaad. 7. Bak die brood vir 1 uur. 8. Verwyder uit pannetjie en laat afkoel.

© Impaq

12

1-3


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

PAASBOLLETJIES Bestanddele 500 g koekmeel 5 ml sout 12,5 ml fyn kaneel 10 ml fyn gemmer 5 ml fyn neutmuskaat 5 ml fyn gemengde speserye 2 ml fyn kruienaeltjies 100 g strooisuiker 15 ml kitsgis 150 g koekvrugte 200 ml melk 100 g botter 1 ekstra groot eier Metode 1. Sif die meel en al die speserye saam in ‘n groot mengbak. 2. Roer die suiker en droë kitsgis by. 3. Voeg die koekvrugte by. 4. Verhit die melk tot lou warm en voeg die botter by – laat smelt. 5. Voeg die geklitste eier by die melkmengsel. 6. Giet die melkmengsel oor die droë bestanddele en meng tot ‘n sagte deeg. 7. Voeg nog louwarm melk by indien nodig. 8. Knie die deeg liggies vir 5 minute op ‘n gladde oppervlak. 9. Plaas op ‘n gladde oppervlak en keer ‘n groot mengbak om bo-oor die deeg sodat die deeg daarin kan rys. 10. Laat dit rys tot dubbel die volume. 11. Knie die deeg af en rol ewe groot bolletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Laat weer rys vir omtrent 20 minute. 12. Meng 100 g meel, 2 ml sout, 35 ml olie en 120 ml melk tot ‘n sagte deeg. 13. Plaas die deeg in ‘n versierspuit en spuit ‘n kruis bo-oor elke bolletjie. 14. Bak 25 – 30 minute teen 180°C tot goudbruin. 15. Laat 5 minute afkoel en bestryk met gesmelte heuning.

© Impaq

13


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

5.

Kwartaal

1-3

Praktiese taak 3

PRAKTIESE TAAK 3 Doen TWEE van die volgende praktiese take. Kies die resep en doen die praktiese voorbereiding wat volg. • Dadelblokkies • Biscotti • Brandy Snaps • Sjokoladekoek • Skotse Brosbrood DADELBLOKKIES (maak ongeveer 30 blokkies) Bestanddele 250 g 30 ml 30 ml 2,5 ml 500 - 750 ml 50 ml

dadels suurlemoensap water gerasperde lemoenskil graanvlokkies (rice crispies) klapper of gekapte neute

Metode 1. Sny die dadels in klein blokkies en voeg die suurlemoensap, water en lemoenskil by. Laat die mengsel opkook en roer gedurig totdat ’n dik pasta vorm. 2. Laat afkoel en voeg dan die graanvlokkies (rice crispies) en klapper of neute by. 3. Druk vas in ’n bakplaat en sny in blokkies.

© Impaq

14


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

BISCOTTI (maak ongeveer 36) Bestanddele 1 eier 1 eierwit 125 ml sonneblomolie 140 g suiker 5 ml vanilla 80 g gekapte neute 225 g koekmeel 1 ml sout 5 ml suurlemoenskil 7,5 ml bakpoeier Metode 1. Kop die eier, eierwit, suiker, olie en vanilla goed saam. 2. Voeg die neute, sout, skil en bakpoeier by en meng goed. Bedek die mengbak en plaas in die yskas vir 30 minute tot styf. 3. Voorverhit die oond tot 180°C. 4. Smeer ‘n groot bakplaat. 5 Verdeel die deeg in twee dele en vorm in 30 cm rolle. Plaas die rolle op die bakplaat met genoeg spasie tussenin om te rys. 6. Verlaag die temperatuur na 160°C en bak vir 20 minute tot hard en ligbruin. 7. Verwyder uit die oond en stel die temperatuur op 100°C. 8. Laat die rolle afkoel en sny dan in 1,5 cm stroke. 9. Plaas stroke terug in oond en laat uitdroog.

© Impaq

15


Resepteboek G11 ~ Gasvryheidstudies

Kwartaal

1-3

BRANDY SNAPS (20 porsies) Bestanddele 110 g botter 110 g suiker 110 g gouestroop 110 g meel 1 knippie sout 5 ml gemaalde gemmer 5ml suurlemoensap 1 ml vanilla 150 ml room (vir vulsel) Metode 1. Voorverhit die oond tot 160°C. 2. Verhit die botter, suiker en stroop in ’n kastrol totdat die botter en suiker gesmelt het. Laat effens afkoel. 3. Sif die meel, sout en gemmer en meng met die botter mengsel. 4. Voeg die suurlemoensap en vanilla by en meng goed. 5. Plaas lepelsvol op ’n gesmeerde bakplaat ± 10 cm uit mekaar. 6. Bak vir 8 minute. Laat vir ’n paar sekondes afkoel en rol dan oor die handvatsel van ‘n houtlepel . 7. Laat afkoel en vul met geklopte room.

© Impaq

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.