Gr 11 afrikaans eerste addisionele taal fasiliteerdersgids letterkunde

Page 1

Í2+È-E-EAT-FG02BÎ 1

8

1 1

-

E

-

E

A T -

F

G

0

2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL FASILITEERDERSGIDS: LETTERKUNDE Graad 11

A member of the FUTURELEARN group


Afrikaans Eerste Addisionele Taal Fasiliteerdersgids: Letterkunde

1 8 11 - E - E AT- F G 0 2

Í2+È-E-EAT-FG02BÎ

Graad 11

Aangepas vir KABV

M Brink



Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 LESELEMENTE .................................................................................................................. 4 LESBEPLANNING .............................................................................................................. 7 EENHEID 1: POËSIE .......................................................................................................... 9 Les 1: Literêre begrippe ................................................................................................... 9 AKTIWITEIT 1: MEMORANDUM ............................................................................ 14 Les 2: Gedig: “Ek kan nie meer onthou nie” (Stephan Bouwer)..................................... 14 AKTIWITEIT 2: MEMORANDUM ............................................................................ 17 Les 3: Gedig: “Ek is oek important” (Peter Snyders) ..................................................... 18 AKTIWITEIT 3: MEMORANDUM ............................................................................ 21 Les 4: Gedig: “Werkende vrou” (Eveleen Castelyn) ...................................................... 21 AKTIWITEIT 4: MEMORANDUM ............................................................................ 25 Les 5: Gedig: “Ma” (Antjie Krog) .................................................................................... 26 AKTIWITEIT 5: MEMORANDUM ............................................................................ 29 Les 6: Gedig: “Harlekyn van die dieretuin” (S.J. Pretorius) ............................................ 29 AKTIWITEIT 6: MEMORANDUM ............................................................................ 32 Les 7: Gedig: “Waarom het die hoender?” (Franci Greyling) ......................................... 32 AKTIWITEIT 7: MEMORANDUM ............................................................................ 35 Les 8: Gedig: “Ken jy die see?” (Uys Krige)................................................................... 35 AKTIWITEIT 8: MEMORANDUM ............................................................................ 40 Les 9: Gedig: “My hart is ’n hamburger” (Jaco Jacobs) ................................................. 41 AKTIWITEIT 9: MEMORANDUM ............................................................................ 43 EENHEID 2: DRAMA: PALJAS ........................................................................................ 44 Les 10: Literêre begrippe ............................................................................................... 44 Les 11: Drama: Paljas (bl. 1 – 4) ................................................................................... 50 AKTIWITEIT 10: MEMORANDUM .......................................................................... 51 Les 12: Drama: Paljas (bl. 5 – 8) ................................................................................... 52 AKTIWITEIT 11: MEMORANDUM .......................................................................... 52 Les 13: Drama: Paljas (bl. 9 – 15) ................................................................................. 53 AKTIWITEIT 12: MEMORANDUM .......................................................................... 53 Les 14: Drama: Paljas (bl. 16 – 21) ............................................................................... 54 AKTIWITEIT 13: MEMORANDUM .......................................................................... 54 Les 15: Drama: Paljas (bl. 22 – 24) ............................................................................... 54 AKTIWITEIT 14: MEMORANDUM .......................................................................... 55 Les 16: Drama: Paljas (bl. 25 – 29) ............................................................................... 55 AKTIWITEIT 15: MEMORANDUM .......................................................................... 56 Les 17: Drama: Paljas (bl. 30 – 34) ............................................................................... 56 AKTIWITEIT 16: MEMORANDUM .......................................................................... 57 Les 18: Drama: Paljas (bl. 35 – 39) ............................................................................... 57 AKTIWITEIT 17: MEMORANDUM .......................................................................... 58

© Impaq

1


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Les 19: Drama: Paljas (bl. 40 – 46) ............................................................................... 58 AKTIWITEIT 18: MEMORANDUM .......................................................................... 59 Les 20: Drama: Paljas (bl. 47 – 52) ............................................................................... 59 AKTIWITEIT 19: MEMORANDUM .......................................................................... 60 Les 21: Drama: Paljas (bl. 54 – 63) ............................................................................... 60 AKTIWITEIT 20: MEMORANDUM .......................................................................... 61 Les 22: Drama: Paljas (bl. 63 – 70) ............................................................................... 62 AKTIWITEIT 21: MEMORANDUM .......................................................................... 62 Les 23: Drama: Paljas (bl. 71 – 81) ............................................................................... 63 AKTIWITEIT 22: MEMORANDUM .......................................................................... 63 Les 24: Drama: Paljas (bl. 82 – 83) ............................................................................... 64 AKTIWITEIT 23: MEMORANDUM .......................................................................... 64 Les 25: Drama: Paljas (bl. 84 – 85) ............................................................................... 64 AKTIWITEIT 24: MEMORANDUM .......................................................................... 65 Les 26: Drama: Paljas (bl. 86 – 92) ............................................................................... 65 AKTIWITEIT 25: MEMORANDUM .......................................................................... 66

© Impaq

2


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

VOORWOORD Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 11. Hierdie handleiding dek beide die poësie- en dramagedeeltes. Hierdie letterkundehandleiding is ontwikkel om aan al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV of CAPS) te voldoen. Die klem in formele letterkunde-onderrig hang van die gekose genre/voorgeskrewe werk af. Kortliks is die doelwitte in hierdie gids as volg: • Verstaan die unieke kenmerke van gedigte, bv. ’n gedig het ander kenmerke as ’n prosawerkstuk. • Identifiseer en verduidelik figuurlike en retoriese taalgebruik in verskillende tekste soos beeldspraak (vergelyking, personifikasie, metafoor) en stylfigure (inversie, simbool, karikatuur, onomatopee/klanknabootsing, ironie, kontras, spot, satire, sarkasme, antiklimaks, eufemisme, hiperbool, woordspeling, sinekdogee, metonimia, onderbeklemtoning). • Identifiseer die skrywer se bedoeling. • Verduidelik die kenmerke van soorte gedigte en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie, assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure met die tema/boodskap verband hou. • Bogenoemde aspekte sal breedvoerig in les 1 bespreek word. Daarna sal elke gedig in ’n afsonderlike les behandel word. Let op na die kantnotas van sekere aspekte wat uitgelig word. Aan die einde van die les sal daar ’n werksopdrag wees wat jy in jou werkboek moet voltooi. WAT WORD VAN DIE LEERDERS VERWAG? • Die leerders moet hulself voor die tyd van die werkinhoud vergewis. Die instruksies is duidelik. • Voor elke gedig is ’n pre-lees; leesaktiwiteit en post-lees. • Dit is die nuwe proses volgens die Nasionale Kurrikulum vir Afrikaans. • Die leerders moet oplet na die vrae wat by pre-lees gestel word. • Die leerders moet die instruksies volledig by elke leesaktiwiteit volg. • Die leerders moet die vrae in hul werkboeke voltooi as deel van die postleesaktiwiteit. UITEENSETTING VAN GIDSE Om die leerwerk en daaglikse oefeninge te onderskei, is daar verskillende ikone aangedui wat die leerders moet ken wat hulle in staat sal stel om die handleiding gemaklik te hanteer. Die ikone op die volgende is in beide gidse aangebring, waar die betrokke opdrag of metodiek van ’n nuwe leerproses verduidelik word.

© Impaq

3


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Impaq

4


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

ALGEMEEN • Vir die letterkunde moet elke leerder ’n werkboek van ongeveer 72 bladsye hê. • Deel die boek in twee: een helfte vir die gedigte en die ander helfte vir die drama. As alternatief kan die leerders ’n aparte werkboek vir elke genre hê. UITEENSETTING VAN LETTERKUNDE •

EENHEID 1: POËSIE AGT GEDIGTE: o “Ek kan nie meer onthou nie” – Stephan Bouwer o “Ek is oek important” – Peter Snyders o “Werkende vrou” – Eveleen Castelyn o “Ma” – Antjie Krog o “Harlekyn van die dieretuin” – S.J. Pretorius o “Waarom het die hoender?” – Franci Greyling o “Ken jy die see?” – Uys Krige o “My hart is ’n hamburger” – Jaco Jacobs

EENHEID 2: DRAMA Paljas – C. Barnard o Dit is uiters belangrik dat die leerders die drama lees. o Die leerders kan ook na die rolprent kyk. Onthou net dat die rolprent nie as ’n vervanging van die lees van die boek beskou kan word nie. o Die begeleidende aantekeninge/besprekings/kommentare is breedvoerig uitgewerk en behoort genoegsame insig te gee. o Die vrae en antwoorde oor die gedigte en drama is volgens die KABV opgestel.

ASSESSERING/NASIEN/KONTROLE/BEOORDELING Die behoorlike voltooiing van ALLE werk, oefeninge, werkstukke en skryfstukke is die leerders se verantwoordelikheid. Jy kan die leerders help om ’n rooster op te stel om te verseker dat hulle by die tydskedule hou en verseker dat al die werk afgehandel word. Deur die jaar sal daar van die leerders verwag word om verskillende portefeuljetake te voltooi, wat dan saam die jaarpunt sal uitmaak. Die leerders se jaarpunt tel uiteindelik 25% van hul totale punt vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Alle ander aktiwiteite is juis daar gestel om die leerders te help met die voorbereiding vir die Novembereksamen. Die leerders gaan deur die loop van die jaar egter nie net portefeuljetake doen nie, maar ook gedigte en die drama Paljas behandel. In elkeen van die bogenoemde genres moet die leerders kontekstuele vrae kan beantwoord. Hierdie afdelings word in vraestel 2 van die eksamen geassesseer. Vraestel 1 fokus op die leerders se leesvaardigheid, hul kennis van visuele tekste, hul vermoë om tekste op te som, asook hulle taalkennis. Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waarin alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele

© Impaq

5


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

tekste) geassesseer word. Vraestel 4 word voor die Novembereksamen afgehandel, aangesien dit eintlik net ’n samestelling van al die leerders se mondelingpunte deur die loop van die jaar is. Die leerders moet elke aktiwiteit in die handleiding getrou voltooi nadat die gegewe leerwerk hanteer is. ’n Voorgestelde rooster vir halfuurperiodes (30 minute) word hieronder uiteengesit om by die bogenoemde tydtoekenning te hou. Stel julle eie rooster op volgens die lesbeplanning. Periode

Dag 1

Dag 2

Dag 3

Dag 4

Dag 5

Dag 6

Dag 7

1 2 3 4 5 6 7 8 9 Onthou: Die bogenoemde tydtoekenning is slegs ’n voorstelling vir die onderrig van ’n nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of die voltooiing van enige werksopdragte in nie. Die jaarbeplanning wat volg kan self deur die leerders voltooi word. Neem persoonlike aktiwiteite en ander vakke in ag.

© Impaq

6


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

LESBEPLANNING Eenheid 1: Poësie: Les 1 – 9 Eenheid 2: Drama: Les 10 – 26 KWARTAAL 1 DATUM Week 1 Week 2

Week 3

Week 4

Week 5 Week 6 Week 7

WERKSVERDELING LES 1: Literêre begrippe AKTIWITEIT 1 LES 10: Literêre begrippe LES 11: Drama: Paljas, bl. 1 – 4 AKTIWITEIT 10 LES 2: Poësie: “Ek kan nie meer onthou nie” (Stephan Bouwer) AKTIWITEIT 2 LES 12: Drama: Paljas, bl. 5 – 8 AKTIWITEIT 11 LES 13: Drama: Paljas, bl. 9 – 15 AKTIWITEIT 12 LES 14: Drama: Paljas, bl. 16 – 21 AKTIWITEIT 13 LES 15: Drama: Paljas: bl. 22 – 24 AKTIWITEIT 14 LES 3: Poësie: “Ek is oek important” (Peter Snyders) AKTIWITEIT 3 LES 16: Drama: Paljas, bl. 25 – 29 AKTIWITEIT 15 HERSIENING: Poësie: Les 1 – 3 | Drama: Les 10 – 16 TOETSREEKS

KWARTAAL 2 DATUM Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8 Week 9

© Impaq

WERKSVERDELING LES 4: Poësie: “Werkende vrou” (Eveleen Castelyn) AKTIWITEIT 4 LES 17: Drama: Paljas, bl. 30 – 34 AKTIWITEIT 16 LES 5: Poësie: “Ma” (Antjie Krog) AKTIWITEIT 5 LES 18: Drama: Paljas, bl. 35 – 39 AKTIWITEIT 17 Les 19: Drama: Paljas, bl. 40 – 46 AKTIWITEIT 18 LES 6: Poësie: “Harlekyn van die dieretuin” (S.J. Pretorius) AKTIWITEIT 6 LES 20: Drama: Paljas, bl. 47 – 52 AKTIWITEIT 19 HERSIENING: Poësie: Les 1 – 6 | Drama: Les 10 – 20 JUNIE-EKSAMEN

7


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

KWARTAAL 3 DATUM Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8

WERKSVERDELING LES 7: Poësie: “Waarom het die hoender?” (Franci Greyling) LES 21: Drama: Paljas, bl. 54 – 63 AKTIWITEIT 20 LES 22: Drama: Paljas, bl. 63 – 70 AKTIWITEIT 21 LES 8: Poësie: “Ken jy die see?” (Uys Krige) LES 23: Drama: Paljas, bl. 71 – 81 AKTIWITEIT 22 LES 24: Drama: Paljas, bl. 82 – 83 AKTIWITEIT 23 HERSIENING: Drama: Les 21 – 22 LES 9: Poësie: “My hart is ’n hamburger” (Jaco Jacobs) HERSIENING: Drama: Les 23 – 24 HERSIENING: Poësie: Les 1 – 9 | Drama: Les 20 – 23 TOETSREEKS

KWARTAAL 4 DATUM Week 1

Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7

© Impaq

WERKSVERDELING HERSIENING: Poësie: Les 1 – 2 LES 25: Drama: Paljas, bl. 84 – 85 AKTIWITEIT 24 HERSIENING: Poësie: Les 3 – 4 LES 26: Drama: Paljas, bl. 86 – 92 AKTIWITEIT 25 HERSIENING: Poësie: Les 4 – 5 HERSIENING: Drama: Les 10 – 15 HERSIENING: Poësie: Les 6 – 7 HERSIENING: Drama: Les 16 – 20 HERSIENING: Poësie: Les 8 – 9 HERSIENING: Drama: Les 21 – 26 HERSIENING: Formaat van vraestelle NOVEMBEREKSAMEN

8


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

EENHEID 1: POËSIE Les 1: Literêre begrippe LEERDOELWITTE Aan die einde van hierdie les behoort die leerders die volgende te kan doen: Identifiseer die skrywer se bedoeling. Verduidelik die kenmerke van soorte gedigte en hoe versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie, assonansie), ritme, herhaling, beeldspraak en stylfigure verband hou met die tema/boodskap. Identifiseer terme. Let wel: Die leerders moet met die lees van elke gedig die literêre aspekte en definisies ook hersien. Dit is die beste om hierdie begrippe met die lees van elke gedig te integreer om sodoende te verseker dat die leerders dit reg verstaan en kan identifiseer.

• •

• •

• • •

Die leerders moet deur die literêre begrippe en agtergrond werk. Die leerders moet die volgende vrae in hul werkboek beantwoord. Werk saam met die leerders deur die antwoorde en kontroleer met die vakinhoud.

LITERÊRE STYLMIDDELS Voordat ons gedigte kan ontleed en bestudeer, is dit belangrik om sekere kenmerke van poësie te verstaan. Digters het in sekere omstandighede geskryf. Daarom praat ons van “digters en hul tyd”. Digters reflekteer deur middel van poësie die gebeurtenisse en idees wat in hulle lewens ’n indruk gemaak het. Om die digter se tydperk van sy/haar lewe te verstaan, sal help om sy/haar idees en agtergrond te verstaan. Kennis van die digter se agtergrond gee ook insig op sy intensie van digkuns, byvoorbeeld: Die sogenaamde driemanskap het net na die Anglo-Boereoorlog ’n groot bydrae tot die Afrikaanse poësie gelewer. Celliers, Totius en Leipoldt het baie oor Afrikaner-nasionalisme geskryf, terwyl Eugène Marais ’n ander perspektief gehad het. Só het Totius en T.T. Cloete godsdienstigheid en die psalms se beryming in gemeen gehad. Digters het veral hul eie prentjie gehad oor hoe die boerevrou, boerekryger en boereleier in die oorlog gesien is.

© Impaq

9


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Daar is so baie ander voorbeelde van digters en hul tyd dat dit onmoontlik is om alles hier te kan noem. Digters soos Breyten Breytenbach was ’n Sestiger en D.J. Opperman het ook graag oor Afrikaner-nasionalisering geskryf. Oswald Mtshali het weer sy ervaring en teenstand oor die apartheidsera in sy skryfwerk uitgebeeld. 1.

Ontleding van poësie (analysis of poetry) Die volgende inligting gaan jou help om gedigte te kan ontleed sodat die dieper betekenis duidelik na vore kan kom. 1.1 Tema of hoofgedagte (theme/main idea) Elke gedig het ’n hoofgedagte of tema. ’n Tema dra die kernboodskap of bedoeling van die digter oor. ’n Gedig kan ’n verhalende of ’n liriese gedig wees. 1.2 Vorm (form) ’n Gedig is in ’n spesifieke vorm geskryf. Gedigte is in reëls geskryf. Ons praat in Afrikaans van versreëls/reëls. Hierdie reëls word in strofes gegroepeer. In vrye vers, veral moderne vrye vers, definieer die digter sy/haar vorm. Daar is geen beperking met betrekking tot ritme, rym of patroon nie. Enjambement of reëls wat oorhardloop kom slegs in poësie voor. Hulle word gevind aan die einde van ’n reël waar daar geen leestekens is nie. Die gevoel duur gewoonlik voort in die volgende reël en die digter se gedagtes bly ongebroke. 1.3 Woordkeuse (diction/choice of words) Die digter se woordkeuse bepaal die atmosfeer en plaas die gedig in die korrekte tyd en plek. Woordkeuse beïnvloed ook die ritme en luim van die gedig. In ’n rymende gedig is goeie woordkeuse belangrik. Brabbeltaal en groeptaal (slang) word vir effek gebruik. Kaapse Afrikaans is ’n algemene verskynsel en dien ook ’n belangrike doel. 1.4 Gevoel of toon (feeling/tone) Die gevoel of toon van ’n gedig weerspieël die digter se subjektiewe gedagtes en houding. Soos in ander vorme van letterkunde kan die toon vriendelik, skerp, sarkasties, ironies, woedend, humoristies of neerhalend wees. Toon help baie om die luim en atmosfeer te skep.

2.

Hoe moet ek ’n gedig lees? • Kyk eerstens na die titel van die gedig. Dit gee jou ’n idee waaroor die gedig moontlik mag gaan. • Lees nou die hele gedig vinnig deur – net om te weet waaroor dit gaan. Moenie jou nou aan moeilike woorde steur nie. Probeer op dié manier ’n idee van die stemming van die gedig kry. • Lees nou die gedig vir ’n tweede of derde keer deur. Maak aantekeninge of merkies van moeilike dele of begrippe. • Gebruik ’n woordeboek en slaan self van die moeilike woorde na en skryf die betekenisse neer.

© Impaq

10


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Nou lees jy dit weer deur – sommer hardop. Kan jy sien hoe die dele nou bymekaar inskakel? Sien jy die gedig as ’n eenheid? TERME WAT JY VIR ELKE GEDIG MOET KEN

1.

Halfrym: die assosiasie met klanke (sound devices) Onthou dat halfrym oor die klanke en nie die letter gaan nie! (f + v = alliterasie) 1.1 Alliterasie (alliteration) Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers aan die begin van woorde kort na mekaar, bv. Dis die ding met Danie. 1.2 Assonansie (assonance) Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers binne-in woorde, bv. die mossie mik-mik en pik dan teen ’n blik. 1.3 Ritme (rhythm) Die ritme van ’n gedig dui die pas aan en moet by die betekenis van die gedig pas. ’n Stadige ritme weerspieël ’n somber betekenis en ’n vinnige pas kan op ’n gelukkige gemoedstemming dui. Wanneer versreëls ewe veel lettergrepe bevat, skep dit ook ritme, bv. hoe/la/ter/hoe/kwa/ter OF wie’s/daar/in/die/wa/ter? 1.4 Herhaling (repetition) Herhaling beklemtoon die inhoud in ’n gedig en skep deur middel van herhaling ’n vorm of ’n patroon. Reëls of strofes word deur herhaling aanmekaar verbind. Herhaling kan die stemming in ’n gedig versterk, bv. “ van haar eerste, haar heel eerste soen ...” 1.5 Alleenplasing ’n Enkele woord in ’n versreël. 1.6 Voorplasing/agterplasing Woord voor/agter in ’n reël geplaas om dit te beklemtoon. 1.7 Vergelyking Die vergelyking van twee eienskappe met mekaar. Net soos die woorde as/like in Engels die comparison/simile aandui, dui die woorde “soos”, “net soos” of “nes” die vergelyking aan. Let op die volgende voorbeelde: Hy loop soos ’n krap. Hy is net soos ’n politikus. Haar vel is nes dié van ’n krokodil.

© Impaq

11


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

1.8 Metafoor Die vergelyking van twee eienskappe met mekaar sonder die woorde “soos”, “net soos” of “nes”. 1.9 Personifikasie Menslike eienskap/handeling word aan lewelose dinge gee, bv. “die tafel roer”/“die ketel sing” 1.10 Sinekdogee Sinekdogee is wanneer daar na ’n deel van iets verwys word in plaas van die geheel, bv.: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” – ons bedoel eintlik: “Gee ons vandag alles wat ons nodig het.”

1.11 Metonimia Metonimia kan maklik met sinekdogee verwar word. Metonimia is wanneer ons na een saak verwys wat baie na aan ’n ander saak staan en amper as een aspek gesien word, bv.: Die ketel kook. Dit is eintlik die water in die ketel wat kook. Nog ’n voorbeeld is: Hy het die bottel lief. Hy het eintlik die drank in die bottel lief.

1.12 Klanknabootsing (onomatopee) Dit is die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help ons om in ons verbeelding ’n prentjie te vorm van die dinge, mense en plekke wat beskryf word, bv. “Kaplaks!”/“tjirp”/“tiengelieng”. Stylfigure 1. Ironie (Altyd uitgedruk met die woord “maar” wat twee sinne koppel) – Die teenoorgestelde sê as wat bedoel word, bv. “Mans presteer baie swak, maar is eintlik glo almal slimkoppe!” 2. Kontras Twee woorde/beelde/uitdrukkings/idees in kontras, bv. lank en kort. 3. Simboliek ’n Woord wat ’n beeld voorstel of andersom, bv. duif = vrede. 4. Paradoks Skynbare teenstrydigheid, bv. om die waarheid te sê, moet ek lieg (ironiese inslag/ agtergrond). 5. Herhaling Die herhaling van ’n woord/woorde/frases/versreëls of selfs strofes beklemtoon die woord of die inhoud van die woorde/strofes.

© Impaq

12


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Konflik 1. Innerlik: konflik binne ’n persoon oor keuses/besluite/emosies. 2. Uiterlik: fisiese konflik tussen twee mense (woorde of baklei). Rympatrone 1. aabbcc 2. abab 3. abba 4. abc 5. aaaa

Paarrym Kruisrym Omarmde rym Gebroke rym/vtye vers (enige uitsondering) Slagrym

Sprekerperspektief Spreker se standpunt uit ’n spesifieke hoek: 1. Eerstepersoon (Vertel verhaal uit eie oogpunt) 2. Alomteenwoordig (Asof verteller alles sien/hoor/ervaar). Onthou: die spreker is nie noodwendig die digter nie. Wending Verandering, gewoonlik aangedui deur die woord “maar”. Vrye vers ’n Gedig se formaat waar daar geen vaste rym, geen vaste strofebou, geen vaste verslengtes en soms geen vaste hooflettergebruik is nie. Universeel ’n Term wat aandui dat iets algemeen is. Alle mense kan hulself met die gedig assosieer. Strofebou • Twee reëls = koeplet • Vier reëls = kwatryn • Ses reëls = sekstet • Agt reëls = oktaaf

AKTIWITEIT 1 1. 2. 3.

© Impaq

Waarom is dit belangrik om te verstaan in watter tydperk die digter die gedig geskryf het? Wat is die tema van ’n gedig? Voltooi die volgende: a. Gedigte is in _____ geskryf. b. Ons praat in Afrikaans van _____. c. Hierdie reëls word in _____ gegroepeer. 13


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

4. 5.

Eenheid

1

Wat bepaal die digter se woordkeuse vir ’n gedig? Verduidelik die volgende begrippe. Gee ’n voorbeeld by elkeen. 5.1 Alliterasie 5.2 Assonansie

AKTIWITEIT 1: MEMORANDUM 1.

Dit gee ’n oorsig oor die digter se intensie met die gedig. Dit help om beter begrip te kry t.o.v. die betekenis van die gedig of, bv. Sestigers – Breyten Breytenbach. Die tema dra die kernboodskap/bedoeling van die gedig oor. Gedigte is in reëls geskryf. Ons praat in Afrikaans van versreëls. Hierdie reëls word in strofes gegroepeer. Atmosfeer/tyd en plekbepaling/ritme/luim 5.1 Alliterasie is die herhaling van dieselfde konsonante/medeklinkers (repetition of consonant sounds) aan die begin van woorde kort na mekaar, bv. Dis die ding met Danie. 5.2 Assonansie is die herhaling van vokale/klinkers (repetition of vowel sounds) binne-in woorde, bv. Die mossie mik-mik en pik dan teen ’n blik.

2. 3. 4. 5.

Les 2: Gedig: “Ek kan nie meer onthou nie” (Stephan Bouwer) LEERDOELWITTE

• • •

Aan die einde van hierdie les behoort die leerders die volgende te kan doen: Literêre aspekte van die gedig te onderskei. Literêre begrippe vir leer is onderstreep. Maak seker dat die leerders dit verstaan (verwys terug na les 1). Die gedig te lees en te verstaan. Die vrae oor die gedig te beantwoord.

STAP 1: Pre-lees • Lees die titel en die inhoud. • Bestudeer die biografie van die digter. Dit is belangrik dat die leerders verstaan in watter omstandighede die digter was toe die gedig geskryf is OF watter lewenservaringe die digter gehad het. STAP 2: Lees • Dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan sekere literêre beginsels en toepassings. • Bestudeer die notas (bespreking) en woordverklarings. • Toon aktiewe begrip van die teks. © Impaq

14


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

STAP 3: Post-lees • Die leerders behoort nou ’n geheelbeeld te hê van die teks en kan daarop reageer. • Beantwoord die vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde volgens die memorandum. BIOGRAFIE: Stephan Bouwer (1948 – 1999) Stephan Bouwer se spontane praatverse het die Afrikaanse digkuns verruim. Hy het ook tematies ’n bydrae gelewer met sy gedigte wat oor die TV-bedryf handel. Bouwer het ’n lang stilte as digter beleef en die gedigte spreek die verwondering aan van ’n nuwe kreatiwiteit soos die programgedig “Ná stilstuipe”. Bouwer is opgelei as akteur en ’n mens moet ook die gedigte as praatverse analiseer. Bouwer ontgin ook die oorspronklike definisie van ironie. In van sy ander gedigte soos “Oor diskoers” verset die digter hom teen die wyse waarop ons oor kanker praat en sê dat ’n jong kind nog “geen kleedrepetisie/vir droefheid en verlies deurloop nie”. Selfs sy digterlike afguns/jaloesie word grappig opgestuur en in “Klimaatomstandighede”, waar woorde se betekenisse tot aan die been gesny (klim-maat/klim-haat?) word. Ook in sy lykdigte oor Dan Kirstein en ’n vriendin wat selfmoord gepleeg het, word die pynlike konfrontasie met die dood van geliefdes aangespreek. Die waarde van hierdie bundel is dat die digter telkens ’n ontleding van gewone situasies, siekte of verlies maak. (Verwerk vanaf: www.litnet.co.za)

Ek kan nie meer onthou nie

Stephan Bouwer

1 2 3 4

Vanaand na al die maande weet ek dat ek jou vergeet het is ek weer vry

5 6 7 8 9 10 11

ek kan nie meer jou bruin oë onthou nie ek kan nie meer jou swart hare en al die krulletjies op jou voorkop onthou nie ek kan nie meer die twintig lagplooitjies om jou oë onthou nie ek kan nie eers meer die vlekkie op jou maag onthou nie

12 13

weet jy ek kan niks meer onthou nie Uit: So sal ons uitpasseer (1969)

© Impaq

15


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

BESPREKING WOORDESKAT vanaand – tonight vergeet – forgot vry – free krulletjies – small curls voorkop – forehead lagplooitjies – laughter lines/crow’s feet vlekkie – small blemish TITEL Die titel van die gedig beteken die persoon het iets/iemand vergeet. BOU VAN DIE GEDIG • Die gedig is in die vorm van vrye vers, want: o daar is geen vaste rympatroon nie. o daar is geen vaste lengte van die strofes nie. o daar is geen vaste lengte van die versreëls nie. • Die laaste strofe is slegs twee reëls en dus korter as die ander strofes, wat dit laat uitstaan. STROFE 1 • Die gedig begin met ’n spesifieke tyd – “vanaand”. • In reël 2 dui die spreker aan dat die verhouding al lankal verbreek is – “na al die maande”. • Die woord “weet” in reël 3 dui aan dat hy seker is hy het haar vergeet. • Die woorde “ek” en “jou” wys op ’n verhouding. • Die “ek” en “jou” is algemeen/universeel – dit kan dus enige persoon in ’n verhouding voorstel. • Omdat die spreker die “jou” vergeet het, voel hy “weer vry”. STROFE 2 • Die hele strofe 2 gebruik die spreker om alles te noem wat hy glo vergeet het. • Die feit dat hy dit alles noem, beteken hy het haar NIE vergeet nie. • Dit is ironie – Hy sê hy het haar vergeet, maar noem alles wat hy eintlik nie vergeet het nie. • Die herhaling van die woord “ek” aan die begin van elke reël beklemtoon die “ek” het nie vergeet nie – hy onthou dus! • Hy noem alles wat hy onthou: o Haar bruin oë. o Haar swart hare. o Die krulletjies van haar hare op haar voorkop. o Haar lagplooitjies om haar oë. © Impaq

16


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

• •

Eenheid

1

o Die vlekkie/merk op haar maag. Hy onthou tot presies hoeveel lagplooitjies sy het; “twintig”. Die gebruik van verkleining in “lagplooitjies” in reël 8 en “vlekkie” in reël 10 wys hy is steeds lief vir haar, daarom skryf hy dit in die verkleining.

STROFE 3 • Die strofe is korter as al die vorige strofes – dit staan uit. • Die strofe het net twee reëls (koeplet) – twee reëls soos hulle twee persone in ’n verhouding was. • Reël 12 is baie korter en word beklemtoon. • Die woorde “weet jy” staan in kontras met “weet ek” in reël 3. • Hy probeer nie net homself nie, maar ook haar oortuig, dat hy haar vergeet het en nie meer kan onthou nie – dit is nie waar nie! • “ek kan niks meer onthou nie” – Die frase/woorde is ’n leuen/verkeerd. Hy herhaal die woorde juis om die teenoorgestelde te wys – hy onthou alles. • Die kontras word beklemtoon deur die woorde “onthou” in die titel, reël 5, 7, 9, 11 en 13 teenoor “vergeet” in reël 3. • Die feit dat die woord “onthou” so baie herhaal word is ironies – hy het onthou, maar wou van haar vergeet.

AKTIWITEIT 2 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

Gee ’n frase om te wys dat die verhouding al ’n ruk verby is. Gee TWEE opeenvolgende woorde uit strofe 1 wat bewys dat die persoon seker is dat hy die geliefde vergeet het. Wat sal die voordeel wees as die “ek” die geliefde kan vergeet? Noem VIER dinge wat die “ek” nie kan vergeet nie. Wat sê die woord “twintig” oor die “ek”? Hoe staan reël 12 tipografies uit? Waarom bestaan strofe 4 slegs uit twee reëls? Watter woord in die gedig staan in kontras met “onthou”? Waarom herhaal die persoon so baie dat hy “nie kan onthou nie” ? Dink jy die persoon sal ooit van die geliefde vergeet? Motiveer jou antwoord.

(1) (1) (1) (4) (1) (1) (1) (1) (2) (2) [15]

AKTIWITEIT 2: MEMORANDUM 1. 2. 3. 4. 5.

© Impaq

“na al die maande” “weet ek” Hy sal vry wees. Haar oë/hare/lagplooitjies en vlekkie. Hy onthou tot die detail van die geliefde.

17

(1) (1) (1) (4) (1)


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

6. 7. 8. 9.

Dit is baie korter as die ander strofes. Dit dui op die twee persone in die verhouding. vergeet Dit beklemtoon dat hy juis alles onthou/Hy probeer homself oortuig dat hy vergeet het. Ja, met tyd vergeet ’n mens altyd, OF Nee, hy het haar so lief gehad, dat hy haar altyd sal onthou.

10.

1

Eenheid

(1) (1) (1) (2) (2) [15]

Les 3: Gedig: “Ek is oek important” (Peter Snyders) LEERDOELWITTE

• • • •

Aan die einde van hierdie les behoort die leerders die volgende te kan doen: Literêre aspekte van die gedig te onderskei. Literêre begrippe vir leer is onderstreep. Maak seker dat die leerders dit verstaan (verwys terug na les 1). Die gedig te lees en te verstaan. Die vrae oor die gedig te beantwoord. Die gedig in die genre van Kaapse Afrikaans te verstaan.

STAP 1: Pre-lees • Bestudeer die biografie van die digter. Dit is belangrik dat die leerders verstaan in watter omstandighede die digter was toe die gedig geskryf is OF watter lewenservaringe die digter gehad het. Lees die titel en die inhoud. • Let op na die invloed van Engelse woorde. • Peter Snyders toon veral sy onsekerheid as bruin mens in die apartheidsjare wanneer hy in Kaapse Afrikaans skryf. STAP 2: Lees • Bestudeer nou die gedig deur na die bespreking te kyk. • Die woordverklarings sal help met die interpretasie van sekere aspekte in die digkuns. • Let veral op na wie eintlik die spreker in die gedig is. STAP 3: Post-lees • Die leerders behoort nou ’n goeie geheelbeeld van die gedig te hê en daarop te kan reageer. • Beantwoord nou vrae oor die gedig. • Merk die antwoorde volgens die memorandum.

© Impaq

18


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

BIOGRAFIE: Peter Snyders (1939 –) Peter James Snyders is op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap gebore. Hy het in 1989 ’n BA-graad aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi. Hy was meestal ’n laboratoriumtegnikus van beroep, maar tans is hy ’n afgetrede, voltydse skrywer. Snyders skryf meestal in sy moedertaal, en Kaaps (Kaapse Afrikaans). Hy ken al die reëls van sy eie taal en al was sy hoofvak Afrikaanse Linguistiek, is Afrikaans steeds vir hom ’n taal wat dikwels met sy Kaapse Afrikaans bots. As hy in Kaaps skryf, is hy nie onseker van homself nie. Ander tale wat hy studeer het, is Afrikaans, Engels, Kaaps, Nederlands, Duits, Xhosa, Zoeloe en Khoi-taal. Hy debuteer in 1980 met sy gedigte in Brekfis met vier, waar sy gedigte saam met dié van Etienne van Heerden, Daniel Hugo en André Letoit (Koos Kombuis) verskyn.

Ek is oek important

Peter Snyders WOORDVERKLARINGS

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

As al julle geldgatte julle geld gespendit, en julle bananaskille innie slootjie gegooi het, en julle bustikkits soes confetti gestrooi het, en julle staain en cool drinks opgedrink het, en julle borrels en blikkies in ’n gangetjie gesit het, en julle visgraatbolle en vrot vrugte en stukkende boksies en papiere r o n d g e g o o i h e t ...

16 17 18 19

dan kom ek en maakie wêreld weer skoon: soe, ek is oek important.

Reël 1: geldgatte – rich people Reël 2: gespendit – spent Reël 4: slootjie – gutter Reël 6: confetti – small pieces of paper Reël 6: gestrooi – scattered Reël 7: staain – stein (dry wine) Reël 9: borrels – bottles Reël 11: visgraatbolle – Viswinkels draai vis in papier toe. Nadat dit klaar geëet is, word die grate (fishbones) in dié papier opgefrommel en weggegooi. Reël 12: vrot vrugte – rotten fruit Reël 13: stukkende boksies – torn boxes Assimilasie: Wanneer twee klanke as een uitgespreek word: “gespendit”, “innie”, “maakie”.

BESPREKING Die gedig is in ’n Kaapse dialek geskryf. Die spreker in die gedig is die straatveër. Die spreker wys hier neerhalend na die rykes (“geldgatte”) wat die omgewing bemors. Die skoonmaker moet dan alles weer skoonmaak, dus is hy “oek important.” Elke mens se werk is belangrik – hoe nederig dit ook al is.

© Impaq

19


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Reël 15: Beletselteken (ellipsis or mark of omission) Dit laat die idee van die uitgestrektheid van die rommel dieper by die leser insink. Dit skep ook ’n ruspouse voordat die volgende strofe met die teenstelling begin: nou laat die spreker die klem op homself val. Die funksie van die tipografie by “r o n d g e g o o i” stel die manier voor wat die rommel rondgestrooi is.

VRYE VERS Die gedig het geen vaste rymskema nie. Ons noem dit vrye vers. Die digter het meer vryheid met die skryf van só ’n gedig, maar dis moeiliker en skep probleme. Dit mag nie bloot gedagtes wees nie. Anders kon dit bloot ’n paragraaf gewees het. Vrye vers bevat ander skakels. Woorde word dikwels aan die begin/einde herhaal. Lees weer die gedig en let op hoe die woorde “en julle” die eerste strofe (reël 1 – 15) tot ’n eenheid bind. Hierdie “julle” is ook in teenstelling met die “ek” (reël 16 + 19). In hierdie gesig word die woord “en” amper tien keer herhaal. Ons noem dit polisindeton.

Kaapse Afrikaans het ontstaan weens die gebruik van Nederlands deur die slawe- en inheemse gemeenskap wat saam met die Nederlanders aan die Kaapse skiereiland gevestig is. Dit is ’n omgangstaal (dit beteken dit is die manier hoe mense praat). Peter Snyders se kommentaar: “Onse Kaapse mense,” sê Peter Snyders (Rooi Rose Augustus 2001), “ons lag mos vir alles, al sal party vir jou sê dit issie so nie. Ek roep dit onse lagmag – wanneer jy magteloos is, is al wat jy oor het, jou lag. Lag is onse kulturele wapen, jy kan iemand laat doodlag. Dis die wonderlikste manier om te sterf! En Kaaps is my lagtaal.” Kyk en luister na die volgende YouTube-video van Peter Snyders se voorlesing van “Ek is oek important”. Luister veral na die manier waarop hy sy woorde uitspreek: https://goo.gl/ludQpk.

AKTIWITEIT 3 1. 2. 3. 4. 5. 6.

© Impaq

Wie is aan die woord in die gedig? Na wie verwys die woord “geldgatte”? Watter dinge word hier rondgestrooi? Noem DRIE dinge. Oor watter alledaagse oortreding skryf die digter hier? Waarom is versreël 15: “… r o n d g e g o o i h e t ...” só gedruk? Wat is die funksie van die beletselteken of ellips?

20

(1) (1) (3) (1) (1) (2)


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

7. 8. 9.

Eenheid

Haal die woorde aan wat sê dat die werker belangrik is. Dink jy die spreker is trots op sy werk? Gee ’n rede vir jou antwoord. Stem jy saam met die spreker dat sy werk ook belangrik is? Motiveer jou antwoord volledig. Het jy simpatie met die spreker? Hoe sou jy opgetree het as jy in sy posisie was?

10.

1

(1) (1) (2) (2) [15]

AKTIWITEIT 3: MEMORANDUM 1. 2. 3.

’n Straatveër (street-sweeper). Die ryk mense (the rich). Piesangskille, geskeurde buskaartjies, leë koeldrankblikkies en wynbottels, visgraatbolle, vrugte en stukkende boksies. (Enige drie) Dat mense dink hulle is beter as ander op grond van status/beroep/rykdom. Die groot area waar die rommel gestrooi word, word gesuggereer. Dis amper asof die straatveër om hom kyk en net rommel sien lê so ver as wat hy kyk. Die beletselteken of ellips laat die idee van die uitgestrektheid van die rommel dieper by die leser insink. Dit skep ’n ruspouse voordat die volgende strofe met die teenstelling begin. “... dan kom ek en maakie wêreld weer skoon:” Ja, want hy sê hy is ook belangrik. “soe, ek is oek important.” Leerder se eie antwoord. Byvoorbeeld: Elke mens se werk is belangrik – hoe nederig (humble) dit ook al is, OF nee, sy werkverander nie lewens nie. Leerder se eie antwoord. Byvoorbeeld: Ja, want dis nie lekker om altyd agter ander ondankbare mense skoon te maak nie, OF nee, dit is sy werk.

4. 5. 6.

7. 8. 9. 10.

(1) (1) (3) (1) (1)

(2) (1) (1) (2) (2) [15]

Les 4: Gedig: “Werkende vrou” (Eveleen Castelyn) LEERDOELWITTE

• • •

Aan die einde van hierdie les behoort die leerders die volgende te kan doen: Literêre aspekte van die gedig te onderskei. Literêre begrippe vir leer is onderstreep. Maak seker dat die leerders dit verstaan (verwys terug na les 1). Die gedig te lees en te verstaan. Die vrae oor die gedig te beantwoord.

STAP 1: Pre-lees • Lees die titel en die inhoud. • Bestudeer die biografie van die digter. Dit is belangrik dat die leerders verstaan in watter omstandighede die digter was toe die gedig geskryf is OF watter lewenservaringe die digter gehad het. © Impaq

21


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

STAP 2: Lees • Bestudeer nou die gedig deur na die bespreking te kyk. • Die woordverklarings sal help met die interpretasie van sekere aspekte in die digkuns. • Let veral op na wie eintlik die spreker in die gedig is. STAP 3: Post-lees • Die leerders behoort nou ’n goeie geheelbeeld van die gedig te hê en daarop te kan reageer. • Merk die antwoorde volgens die memorandum. BIOGRAFIE: Eveleen Castelyn (1928 – 2004) Eveleen Castelyn is op 17 Junie 1928 op Schweizer-Reneke in die destydse Wes-Transvaal gebore. Sy voltooi haar skoolopleiding in Pretoria, werk in die Staatsdiens en gee later onderrig aan ’n handelskollege. In 1978 debuteer sy met Tussen hemel en aarde. Hierna volg Menslikerwys gesproke in 1984, Minder as die engele in 1990 en Kubermens in 1999. Sy is in 2004 oorlede. Eveleen Castelyn se bydrae tot die Afrikaanse digkuns is veral in die vorm van die haikoe en tanka te sien. (Verwerk uit: Senior verseboek, saamgestel deur D.J. Opperman)

Werkende vrou 1 2 3 4 5

ek het die son gegroet, my huis, my man, die lug se voëls; my kind getroos: toe maar Mammie sal nou-nou weer kom;

6 7 8 9

met my koplamp en ’n toebroodjieblik vir ’n dagskof afgedaal in die skag

10 11 12 13 14 15

en toe ek na halfvyf weer uit die hysbak klim was my kind al groot, my man was grys en die swaels het reeds vertrek met die jaar se somervlug

Eveleen Castelyn

Uit: Tussen hemel en aarde (1978)

© Impaq

22


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

BESPREKING WOORDESKAT gegroet – in dié geval om totsiens sê getroos – iemand paai/troos sodat hul nie so hartseer is nie koplamp – liggie wat jy op jou kop dra om in die donker te sien, word veral deur myners gebruik. dagskof – ’n skof is jou deel/ure wat jy in ’n dag werk. skag – gee toegang tot die ondergrondse deel van die myn. swaels – voëls wat wintermaande na warmer lande emigreer en in die somer weer terugkom. somervlug – vlug beteken om te vlieg – die voëls vlieg in die somer terug. TITEL • Die titel vertel ons onmiddellik waaroor die gedig gaan – vrouens wat werk. • In die gedig sien ons dit handel oor die vrou se konflik – moet sy werk of eerder na haar gesin omsien? • Die werkende vrou voel skuldig oor haar besluit om te gaan werk en geld te verdien. • Sy het innerlike konflik (konflik binne ’n mens) – sy voel sy moet geld inbring vir die gesin, maar voel ook skuldig dat sy nie deel is van haar man en kinders se lewens nie. BOU VAN DIE GEDIG Die gedig bestaan uit vrye vers. • Geen vaste rympatroon. • Geen vaste strofelengtes. • Geen vaste versreëllengtes. STROFE 1 • Die persoon wat “praat” in die gedig, (die spreker) is ’n eerstepersoons-/ek-verteller. • Dit is ’n ma wat werk. • Die woord “ek” beteken ook enige ma wat werk sal voel soos die verteller in die gedig (universeel). • “son gegroet” in reël 1 wys hoe vroeg sy uit die huis gaan om te gaan werk. Die son het net opgekom. • “my huis”/“my man”/“my kind” – Die herhaling van die woord “my” beklemtoon almal wat sy groet/totsiens sê om te gaan werk; haar familie. • Sy groet dus die: o son o huis o man o voëls o kind

© Impaq

23


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

• • • •

Eenheid

1

“kind getroos” in reël 4 beteken die kind huil, want die kind wil nie hê dat die ma gaan werk nie. Die dubbelpunt (:) in reël 4 wys dat die ma se woorde nou gaan volg. Sy sê sy sal nou-nou (vinnig/gou) weer by die huis wees. Die woord “Mammie” is in die verkleining omdat: o sy wil wys sy is nog Mamma. o sy is lief vir hulle. o dit stel die feit dat sy laat sal terugkom, sagter (eufemisme).

STROFE 2 • In die woorde “met my” in reël 6 is daar alliterasie. • Die woord “koplamp” wys sy werk ondergronds in ’n myn. • Sy neem ’n “toebroodjieblik” saam want sy gaan lank/laat werk. • Sy werk “dagskof” – skofte is werksure waar een groep in die dag werk en die volgende groep hulle in die nag aflos. • “afgedaal” – sy sak af in die myn. • “skag” – hyser waarmee sy in die myn afsak. • Sy sien dus nie meer die dag nie; dus nie die son of voëls nie, daarom groet sy hulle elke oggend. STROFE 3 • Die voegwoord “en” wys dat tyd verbygegaan het tot die einde van die skof. • Sy werk tot “na halfvyf”. • Die woord “weer” in reël 11 wys dat dit elke dag so gebeur. • Dan klim sy weer uit die “hysbak”. Dit is die “skag” soos in reël 9. • Dit voel vir haar sy werk so hard in die dag, dat sy nie sien hoe haar kind grootword nie, daarom voel sy: o haar kind is al groot. (Sy mis alles wat haar kind in die dag doen) o haar man is al oud/“grys” (Sy is nie deel van sy lewe nie) o Sy het nie eers gesien hoe die swaeltjies (voëltjies) na ’n ander land gevlieg het vir son/somer nie. • Die woord “was” in reël 12 en 13 wys dat die tyd verbygegaan het. • Sy werk so hard en lank dat sy al die belangrike oomblikke in die lewe mis. TEMA Vrouens en ma’s wat werk, voel aan die een kant dit is hulle plig vir geld om te werk, maar hulle voel ook hulle mis op hulle gesinslewe uit.

© Impaq

24


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

AKTIWITEIT 4

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.

Wie is die “ek” in die gedig? (1) Wat doen die spreker in strofe 1? (2) Wanneer “groet” ’n mens iemand of iets? (1) Waarom “troos” die vrou haar kind? (1) Watter woord probeer sê dat die vrou nie lank sal weg wees nie? (1) Hoekom groet die vrou die son en voëls? (1) Gee VIER verskillende woorde wat ’n mens aan ’n myn of mynwerker laat dink. (4) Watter verskil is daar tussen die “man”, “kind” en “voëls” van strofe 1 teenoor strofe 3? (3) Verduidelik hoe die tyd in die gedig verloop het. (2) Watter nadele word in die gedig aan ’n “werkende vrou” gekoppel? (2) [18]

AKTIWITEIT 4: MEMORANDUM 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.

10.

© Impaq

’n Ma wat moet gaan werk en haar gesin agterlaat. Sy groet almal en troos haar kind. Wanneer jy weggaan/totsiens sê/hulle nie gou weer gaan sien nie. Die kind wil nie hê sy moet gaan werk nie. “nou-nou” Sy gaan so laat terugkom van die werk af, dat sy nie weer die son en voëls gaan sien nie. Koplig/toebroodjieblik/skag/dagskof Die kind het groot geword/die man grys/die voëls het al na die Suide geëmigreer. Van strofe 1 waar sy haar gesin groet tot strofe 3 waar sy hulle weer sien, het so baie tyd verloop, omdat sy elke dag werk, dat dit voel of alles verander het: kind is groot en man is oud. Sy het min tyd vir haar gesin. Sy kan sekere dinge nie geniet nie, want sy moet werk.

25

(1) (2) (1) (1) (1) (1) (4) (3)

(2) (2) [18]


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Les 5: Gedig: “Ma” (Antjie Krog) LEERDOELWITTE

• • •

Aan die einde van hierdie les behoort die leerders die volgende te kan doen: Literêre aspekte van die gedig te onderskei. Literêre begrippe vir leer is onderstreep. Maak seker dat die leerders dit verstaan (verwys terug na les 1). Die gedig te lees en te verstaan. Die vrae oor die gedig te beantwoord.

STAP 1: Pre-lees • Lees die titel en die inhoud. • Lees Antjie Krog se biografie. Sy het ook ’n groot politieke rol in Suid-Afrika gespeel. • Die leerders moet ’n bietjie dieper navorsing oor dié besondere digter doen. STAP 2: Lees • Bestudeer nou die gedig deur na die bespreking te kyk. • Die woordverklarings sal help met die interpretasie van sekere aspekte in die digkuns. • Let veral op na wie eintlik die spreker in die gedig is. STAP 3: Post-lees • Die leerders behoort nou ’n goeie geheelbeeld van die gedig te hê en daarop te kan reageer. • Merk die antwoorde volgens die memorandum. BIOGRAFIE: Antjie Krog (1952 –) Antjie Krog is op 23 Oktober 1952 in Kroonstad, Vrystaat, in ’n familie van skrywers gebore. Sy het op ’n plaas grootgeword en het plaaslike laer- en hoërskole bygewoon. In 1970, op die hoogtepunt van die apartheidsjare van John Vorster, het sy die onderstaande moedige en idealistiese gedig vir haar skoolkoerant geskryf, wat haar konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap geskok het en die aandag van die nasionale media getrek het: Gee vir my ’n land waar swart en wit hand aan hand vrede en liefde kan bring in my mooi land. Give me a land where black and white hand in hand Can bring peace and love to my beautiful land.

In 1973 het sy ’n BA Hons.-graad in Engels aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf, en in 1976 ’n MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Sy het ’n onderwysdiploma aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf en het by ’n swart onderwyskollege gedoseer.

© Impaq

26


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Antjie Krog is getroud met die argitek John Samuel en het vier kinders: Andries, Susan, Philip en Willem.

Ma

Antjie Krog WOORDVERKLARINGS

1 2 3 4 5 6

Ma, ek skryf vir jou ’n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer ’n kaalvoetgedig –

7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17

want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe

18 19 20

ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie

Reël 2 – die Engelse woord fancy verafrikaans. Reël 4 – bywoord (adverb) – beteken hier dat dit ’n gedig sonder mooiklinkende/ beskrywende woorde is. Reël 6 – kaalvoet: sonder skoene: beteken dis eenvoudig en onopgesmuk (plain, straightforward) Reël 8 – ou hande; moontlik kromgetrek deur artritis. (alliterasie) Reël 9 – beitel (metafoor). Letterlik = ’n gereedskap met plat staalpunt; (chisel) Figuurlik = vorm, verander (change shape) Reël 10 – spits: skerp (sharp) Reël 11 – leiklipkop: kop (hare) wat die grys kleur het van leiklip (slate). Reël 12 – breek my tente op: weet wat ek dink en hoe ek voel; ek kan niks vir haar wegsteek nie. Reël 13 en 14 – offer my elke aand vir jou Here God: dra my elke aand aan die Here op: bid dat die Here my moet beskerm en bewaar. Reël 15 – moesie: groeisel op die vel (mole) METAFOOR: Haar ma se mening is vir haar belangriker as haar maats s’n. Reël 17 – breekwater: iets wat die krag van die see se golwe breek (breakwater); hier beteken dit beskerming (protection). Haar ma is dus vir haar ’n veilige plek teen die storms van die lewe, net soos die breekwater die bote in die hawe teen die see se golwe beskerm. (assonansie)

BESPREKING “Ma” is ’n baie persoonlike gedig waarin die spreker (Antjie Krog) haar ma eer vir alles wat sy (haar ma) vir haar in die lewe is/beteken. In die slotstrofe bieg sy dat sy nie die kind is wat sy graag vir haar ma wil wees nie. “Ma” is geskryf toe Antjie nog ’n tiener was. Dit vorm deel van die bundel Dogter van Jefta. Die uiterlike vorm van die gedig is baie interessant. Dit bestaan uit drie strofes, geen rym en is inderdaad die werk van ’n jong, moderne digteres.

© Impaq

27


Fasiliteerdersgids G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Letterkunde

Eenheid

1

Sy begin die gedig deur haar ma direk aan te spreek – so asof sy met haar gesels (of ’n briefie skryf). Sy maak gebruik van die eerstepersoonverteller, naamlik “ek”. Sy verduidelik in die eerste strofe dat dit ’n eenvoudige gedig is sonder rymwoorde (rhyme), of bywoorde (adverbs) en beskryf die gedig as ’n “kaalvoetgedig”. Dit beteken dat dit net informeel en eenvoudig is. Die tweede strofe begin met ’n voegwoord “want”. Nou gee sy die redes waarom sy die gedig skryf. Sy sê dat haar ma: • haar grootmaak met liefde en opofferings maak – “krom klein handjies”. • haar vorm – “beitel my met jou swart oë en spits woorde”. • kwaai is (strict) – “swart oë”; “spits woorde”. • grys hare (grey hair – wisdom) het – “leiklipkop”. Daar word baie vir tieners gesê dat hulle hul ouers grys hare gee – dit is figuurlike taal wat beteken dat jy jou ouers baie probleme gee. • soms vir haar lag – “lag en breek my tente op”. Sy gebruik weer ’n belangrike voegwoord “maar” en nou skryf sy oor wat haar ma vir haar doen om haar teen die lewe se aanslae (difficulties) te help. • Haar ma bid vir haar – “offer my elke aand/vir jou Here God”. • Sy luister na al haar probleme – “oor is my enigste telefoon”. • Sy skep ’n tuiste wat haar teen die lewe help. • Sy beskerm haar teen die swaar dinge van die lewe – “breekwater teen die lewe”. In die slotstrofe wens sy dat sy ’n beter dogter vir haar ma kon wees.

AKTIWITEIT 5

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.

© Impaq

Verduidelik wat die dieper betekenis van strofe 1 is na aanleiding van die taalgebruik. Noem TWEE dinge wat bewys dat die spreker se ma nie meer so jonk is nie. Wat dink jy beteken dit as iemand jou beitel (chisel) met sy oë en sy woorde? Wat beteken die woorde “jy offer my ...”? Verduidelik die metafoor in reël 15 – “jou moesie-oor is my enigste telefoon”. Gee die letterlike en figuurlike betekenis van “beitel” in reël 9. Verduidelik die beeldspraak in reël 17. Verduidelik die slotreëls (reëls 18 – 20) in jou eie woorde. Dink jy dat die spreker baie lief vir haar ma is? Motiveer jou antwoord volledig.

28

(2) (2) (1) (1) (2) (2) (2) (1) (2) [15]


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.