Gr 12-Dramatiese Kunste-Handleiding Voorgeskrewe Tekste

Page 1

Í2,È-A-DRA-SG01ÂÎ

1

8

1

2

-

A

-

D

R

A

-

S

G

0

1

DRAMATIESE KUNSTE HANDLEIDING: VOORGESKREWE TEKSTE

Graad 12

A member of the FUTURELEARN group


Dramatiese Kunste Handleiding: Voorgeskrewe tekste

1812-A-DRA-SG01

Í2,È-A-DRA-SG01ÂÎ

Graad 12

Aangepas vir KABV

B Pelser


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 2 VOORWOORD .................................................................................................................... 3 20ste-eeuse teaterbewegings – Absurde teks: Waiting for Godot deur Samuel Beckett .... 4 Waiting for Godot ................................................................................................................. 6 AKTIWITEIT ................................................................................................................... 14 Suid-Afrikaanse Teater 1960 – 1994: My Children! My Africa! deur Athol Fugard ............. 15 My Children! My Africa! ...................................................................................................... 17 Suid-Afrikaanse Teater na 1994 – Kontemporêr: Green Man Flashing deur Mike van Graan ................................................................................................................................. 28 VERWYSINGS .................................................................................................................. 38

© Impaq

1


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

20ste-eeuse Teaterbewegings – Absurde teks: Waiting for Godot deur Samuel Beckett LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, behoort jy in staat te wees om: • die teks van Waiting for Godot te analiseer volgens die dramatiese beginsels. • die eienskappe van Absurde Teater te herken in die teks van Waiting for Godot. STUDEER: Jou teks van Waiting for Godot, die Waiting for Godot Literature Guide en die notas in hierdie gids is die belangrikste bronne van inligting om hierdie gedeelte van jou graad 12-kurrikulum te bemeester. Lees die hele teks deur en bestudeer dan die notas. Let spesifiek op na die volgende in die Literature Guide: • • • • • •

Die beskrywing van Absurde Teater (bl. 2 – 3) Die opsomming van die toneelstuk (bl. 4 – 8) Die karakterbeskrywings (bl. 9 – 15) Die struktuur van die stuk (bl. 16 – 19) Die simbolisme en temas (bl. 61 – 66) Die vrae en antwoorde (bl. 67 – 82)

Jy sal ook daarby baat om na die volgende YouTube video te kyk oor die toneelstuk. http://goo.gl/1d6oQ5

© Impaq

4


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Die dramaturg – Samuel Beckett AGTERGROND Samuel Beckett is op 13 April 1906 in Dublin, Ierland gebore. Sy pa het in konstruksie gewerk en sy ma was ’n verpleegster. Hy het in Dublin skoolgegaan en later sy Baccalaureusgraad verwerf by Trinity College in 1927. Sy kinder- en tienerjare was nie vir hom ’n merkwaardige gelukkige tydperk nie, en hy het in hierdie tyd aan ernstige depressie gelei. Volgens hom het hy ‘min talent vir geluk’ gehad.

Samuel Beckett (http://goo.gl/7JNiIM)

In 1928 het hy na Parys verhuis en daar een van die skrywer James Joyce se toegewyde studente geword. In 1931 het hy deur Brittanje, Frankryk en Duitsland gereis om inspirasie te kry en om mense te ontmoet. Hy het in hierdie tyd baie gedigte en stories geskryf en los werkies gedoen om homself te onderhou. Op sy reise het hy menigte interessante mense ontmoet wat as inspirasie vir van sy bekendste karakters en stories gedien het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Beckett in Parys gebly en as deel van die Franse Weerstand (French Resistance) baklei tot 1942. Nadat medelede gearresteer is, het Beckett en sy lewensmaat, Suzanne Dechevaux-Dumesnuil na die besette sone gevlug en daar gebly tot die einde van die oorlog. BOEKE, TEATER EN SUKSES Na ’n paar onsuksesvolle digbundels en enkele kortstories en gedigte het Beckett uiteindelik groot sukses behaal met Molloy, wat in 1951 uitgegee is. Hierdie boek het redelik goed verkoop maar was ’n treffer onder Franse resensente. Vanaf 1948 tot 1949 werk hy aan die drama Waiting for Godot (En attendant Godot) en dit word vir die eerste keer in 1953 opgevoer. Hy het dit, soos baie van sy ander werke, in Frans geskryf en dit is twee jaar later na Engels vertaal. In ’n artikel en resensie, wat oor en oor angehaal word wanneer daar oor hierdie werk geskryf word, sê die resensent, Vivian Mercier, die volgende: “Beckett has achieved a theoretical impossibility – a play in which nothing happens, that yet keeps audiences glued to their seats. What’s more, since the second act is a subtly different reprise of the first, he has written a play in which nothing happens twice.” – Vivian Mercier

© Impaq

5


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Roger Biline was die regisseur vir die eerste opvoering van Waiting for Godot in Frankryk by die Theatre de Babylone en het geopen tot kritiese toejuiging en was ’n gewilde en kontroversiële sukses in Parys. Dit is in 1955 vir die eerste keer in Londen opgevoer, maar was nie dadelik suksesvol nie. Na ’n paar goeie resensies deur twee invloedryke resensente, het meer mense na die opvoering gaan kyk en dit het later ’n reuse sukses geword. Waiting for Godot was ook in New York en Duitsland op die planke gebring en is deur die jare ’n werk wat gereeld opgevoer word regoor die wêreld. Die sukses van Waiting for Godot het vir Samuel Beckett die deure van die wêreld van teater oopgemaak en hy het vele toneelstukke daarna geskryf. (Wikipedia) Beckett het aangehou om in Frans te skryf omdat hy gevoel het dat hy meer subjektief daarin kon skryf. Hy het van vroegs af besef dat sy werk subjektief moes wees en dat dit vanuit sy eie gedagtes en ondervindings moes vloei. Sy toneelstukke is ook nie volgens tradisionele reëls geskryf nie en volg nie konvensionele plot, tyd en plekverwysings nie. In plaas daarvan fokus hy op essensiële elemente van die menslike kondisie in donker en humoristiese maniere. Sy styl van skryf word as ‘Absurde Teater’ (Theater of the Absurd) beskryf. Dit word so genoem omdat sy werke fokus op menslike wanhoop en die wil om te oorleef in ’n hopelose wêreld wat geen hulp aanbied om dit te verstaan nie. (Biography.com) Waiting for Godot Hierdie werk word algemeen beskryf as ’n tragikomedie in twee bedrywe. Dit is in wese ’n toneelstuk van twee mans, Vladimir en Estragon, wat besig is met hansworsstreke, grappe maak en argumenteer, en hulself herhaal terwyl hulle twee dae lank op die geheimsinnige Godot wag.

Pozzo (Shuler Hensley), Vladimir (Sir Patrick Stewart), Lucky (Billy Crudup) en Estragon (Sir Ian McKellen) in ’n produksie van Waiting for Godot. (http://goo.gl/FIWDQ4)

© Impaq

6


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Karakters Estragon – hy word ook “Gogo” genoem – en in een vreemde oomblik word hy “Adam” genoem. Hy is daar om tweede viool vir Vladimir te speel. Op die oog af lyk hy minderwaardig in vergelyking met Vladimir. Hy het ’n chroniese swak geheue, hy sukkel onbeholpe met sy stewels, en daar moet aan hom gesê word wat om te doen (en moontlik hunker hy selfs daarna om aangesê te word wat om te doen). Hy bestee die meeste van sy tyd daaraan om aan die slaap te probeer raak, of hy slaap reeds. In welke geval vermoed ons dat hy desperaat probeer om nie wakker te word nie. Kortliks, hy skep die indruk van ’n swaap. Vladimir – hy word ook “Didi” genoem, of in een bisarre oomblik, “Albert”. Hy lyk vervangbaar met Estragon, maar eintlik is Vladimir en Estragon twee heeltemal verskillende karakters. Daar word algemeen geglo dat Vladimir meer intellektueel is. Hy is die alfaman, hy het ’n beter geheue, en hy is meer logies. Vladimir maak ook ’n punt daarvan om – herhaaldelik – te sê dat Estragon van hom afhanklik is om te kan oorleef. Lucky – is Pozzo se slaaf. Hy word fisies en verbaal mishandel, gedwing om te werk tot hy wil omval, en hy word geen geleentheid gegee om self te besluit wat om te doen nie. Pozzo – God of nie? is ’n tiran, wreed, net op homself gefokus, en dit lyk asof hy ’n geheimsinnige tipe horlosie het. Ons kom later terug na die horlosie. Die eerste ding wat gebeur wanneer Pozzo op die verhoog kom, is dat Estragon hom heeltemal met Godot verwar. Die deurmekaarspul met die name wat daarop volg, dwing ons feitlik om Pozzo en Godot met mekaar te vergelyk. Indien Pozzo oor goddelike mag beskik, is dit inderdaad beperk. Sy geheue is swak, hy is hulpeloos, hy moet gevra word om te gaan sit, hy kan nie sonder hulp opstaan nie en hy is van ander se teenwoordigheid afhanklik om enigsins te funksioneer (“I cannot go long without the society of my likes,” sê hy). Hy gee selfs vir Lucky die eer dat Lucky hom alles geleer het wat hy weet. Pozzo mag ’n god wees, maar indien wel, is hy ’n onvolmaakte een. Seun – ’n Boodskapper wat sê dat hy deur Godot gestuur is. Hy verskyn kortliks in bedryf een en twee om aan Vladimir en Estragon te sê dat Godot sy geskeduleerde ontmoeting met hulle uitgestel het. In bedryf twee sê hy dat hy nie dieselfde seun is wat die eerste keer die boodskap gebring het nie. In die lys karakters (dramatis personae) aan die begin van die toneelstuk noem Beckett egter slegs een seun. Godot – Dit is so dat Godot nie werklik ’n karakter is nie. Ten minste, ons is nie seker of hy ’n karakter is of nie, maar hy is in die titel. Die plek om te begin, is dat Godot se naam G-O-D daarin het. Hoe ooglopend dit is, hang af van hoe dit uitgespreek word. (Beckett het gesê dat dit met die klem op die eerste lettergreep uitgespreek moet word, naamlik GOD-oh, maar talle mense sê God-OH.

© Impaq

7


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Beckett het gesê dat die karakter van Godot nie veronderstel was om God voor te stel nie. As dit die geval was, sou hy die karakter GOD genoem het. Die word Godot is ’n Franse woord wat skoen (weermagstewel) beteken, wat Beckett se ateïstiese opinie onderstreep dat geloof onlogies is. Boelies – Mense wat Estragon slaan wanneer hy probeer slaap – of so sê Estragon. Die boelies verskyn nie op die verhoog nie; hulle bestaan moontlik ook net in Estragon se verbeelding. Karakters en toneelspelstyl Die karakters is boemelaars. Didi en Gogo noem nooit dat hulle ’n huis het nie en Gogo slaap snags in ’n sloot langs die pad. Beckett het self baie rondgereis en het nie lank op een plek gebly nie. Daarom is baie van die karakters in sy toneelstukke boemelaars en rondlopers. Die karakters is identiteitloos. Nie een van die karakters het vanne nie. Die boodskapperseun het nie ’n naam nie. Geen van die karakters sê ooit dat hulle families of vriende het nie en ons weet niks van hulle verlede nie. As gevolg van die wêreldoorloë het mense gevoel dat hulle deur die samelewing en omstandighede geïsoleer was van ’n ware lewensondervinding. Hulle het gevoel of hulle net ’n nommer was en nie meer mense nie. Karakters is ’n voorstelling van die mensdom in die algemeen. Omdat die karakters geen agtergrond of identiteit het nie en omdat hulle nie verbind kan word met ’n spesifieke tyd of plek nie, stel hulle die mensdom in die algemeen voor. Eksistensialisme het die hele wêreld gesien as betekenisloos en het bepaal dat elke mens, ongeag wie of wat hy is, in dieselfde absurde situasie is en in dieselfde betekenislose wêreld lewe. Absurde Teater poog nie om ’n realistiese storie te vertel met realistiese karakters nie, maar om ’n abstrakte idee oor te dra. Akteurs voer hansworsagtige bewegings uit. Hulle speel aanhoudend met hulle hoede. Hulle hardloop oor die verhoog met die tou. Die manier waarop Lucky probeer selfmoord pleeg is snaaks omdat dit onmoontlik is dat dit ooit sal kan werk. Karakters in Absurde Teater is oordrewe en onrealisties. Hulle voer absurde en sinnelose bewegings en aksies uit om die absurditeit van die wêreld en elke mense se situasie uit te beeld. Alle bewegings word met erns en verhoogde energie uitgevoer. Gogo staar stip in sy skoen en die karakters staar stip in hul hoede. Aan die begin van die tweede bedryf beskryf die teks dat Didi vir Gogo fyn dophou. Wanneer die akteurs in die verte staar is dit ’n intense staar na niks. Karakters en bewegings in Absurde Teater is oordrewe. Die verhoogde energie dui ook op die eksistensialistiese opinie dat elke mens ’n daadwerklike poging moet aanwend om homself uit sy absurde situasie te kry.

© Impaq

8


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Uitbarstings van energie word gevolg deur totale “ineenstorting”. Nadat die karakters bv. hul hoede afgehaal het en dit rondgewaai het, dui die teks aan dat hulle doodstil gaan staan. Absurde Teater het ontwikkel net na die Tweede Wêreldoorlog. Na al die aktiwiteit van die oorlog en verwoesting wat plaasgevind het, het die wêreld byna ineengestort. Temas Wag (om te wag): Die sentrale tema van die drama, soos die titel aandui, is om te wag. Deur die hele toneelstuk bly Didi en Gogo op een plek en wag vir Godot om op te daag, maar hy daag nooit op nie. Aan die einde van die stuk kan die gehoor aflei dat hulle nog steeds daar gaan bly en wag. Volgens Eksistensialisme word mense in ’n soort van ’n kokon gebore. Elke mens kan of terugsit en wag dat die wêreld en sy omstandighede verander (wat nooit sal gebeur nie) of hy kan ’n besluit neem om self sy lewe en omstandighede te verander en dan oorgaan tot aksie. Keuses: Dit word uitgebeeld deur twee mans wat nie in staat is om op enige betekenisvolle manier te handel, te beweeg of te dink wanneer hulle die tyd verwyl terwyl hulle op ’n geheimsinnige man, Godot, wag nie. Die karakters besef nie dat hierdie einste handeling om te wag ’n keuse is nie. In plaas daarvan beskou hulle dit as ’n verpligte deel van hul daaglikse roetine. Selfs wanneer hierdie mans daarin slaag om ’n doelbewuste besluit te neem, kan hulle nie daardie verstandskeuse in ’n aktiewe daad omskep nie. Hulle “besluit” om die verhoog te verlaat, net om te vind dat hulle nie in staat is om te beweeg nie. Hierdie onvermoë om tot handeling oor te gaan, lei tot stagnering en herhaling in die oënskynlik eindelose kringloop van hul lewens. Tyd: Soos genoem, die einste titel van die toneelstuk toon die sentrale handeling daarvan: om te wag. Die twee hoofkarakters word gedwing om hul dae te verwyl terwyl hulle op die aankoms van ’n man wag wat nooit opdaag nie. Omdat hulle intussen niks het om te doen nie, word tyd ’n gevreesde hindernis, ’n toets van hul uithouvermoë. Omdat hulle daagliks dieselfde aksies herhaal, is tyd ’n kringloop. Die feit dat al die karakters oënskynlik ’n swak geheue het, maak sake verder ingewikkeld. Tyd verloor betekenis wanneer die aksies van een dag glad nie relevant vir die volgende dag is of enige sekerheid bring nie. Omkry van die tyd: Didi en Gogo hou filosofiese en teologiese gesprekke en vertel vir mekaar stories om die tyd om te kry. Wanneer Gogo sê dat hy nie Didi se storie oor die sondaars aan die kruis wil hoor nie, sê Didi vir hom dat dit die tyd sal omkry. Beckett het gesê dat, wanneer mense besig bly, hulle nie werklik bewus is van die tyd wat verbygaan nie, veral wanneer hulle sit en wag. Hulle mag dalk selfs verbaas wees hoe vinnig die tyd skynbaar verbygegaan het. Net so probeer Didi en Gogo die tyd omkry terwyl hulle vir Godot wag.

© Impaq

9


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Die mens se hoop op redding en die ongekende kwaliteit van God se genade: Didi en Gogo bly op dieselfde plek en wag vir Godot in die hoop dat hy sal opdaag. Didi verwys ook direk na die verhaal van Christus se kruisiging en die sondaars aan die kruis, van wie een gered is. Beckett het in ’n baie streng Christelike huis grootgeword. Hy het later ’n ateïs geword en het mense se geloof aan ’n hoër mag en die hoop dat God hulle van ewige verdoemenis sal red, begin bevraagteken. Die tema van “’n Verhouding met God, of die afwesigheid van so ’n verhouding” word ook gereeld in absurde teaterstukke ondersoek. Godsdiens: Karakters wat poog om godsdiens logies te verstaan, word in die duister gelaat, en die stelsel word met sulke absurde banaliteite, soos om hardebolhoede om te ruil, of stewels uit en aan te trek, vergelyk. Geloof is ook verwant aan onsekerheid, aangesien daar geen manier is om te bepaal wat die objektiewe waarheid op die gebied van geloof is nie. Hopeloosheid: Beide Didi en Gogo sê in die teks: “Nothing to be done.” Dit dui daarop dat hulle nie meer baie hoop het nie en dat hulle magteloos is om enige iets te doen om hulle situasie te verander of verbeter. Absurde teater beeld die wêreld uit as ’n vyandige plek, in die sin dat elke mens verantwoordelikheid moet neem vir homself en sy eie lewe. ’n Mens het dus geen hoop dat sy omstandighede sal verander nie, tensy hy self iets daaraan doen. Lyding: is ’n voortdurende en fundamentele deel van die mens se bestaan. Elke karakter ly en ly voortdurend, oënskynlik met geen verligting in sig nie. Die swaarkry wissel van die fisiese tot die geestelike, van gering tot in die ergste graad. Dit dryf sommige mans om kameraadskap te soek (om saam die storm te trotseer), dit veroorsaak dat ander hul metgeselle mishandel (om hul eie lyding te verlig), en vir nog ander om hulleself te isoleer (aangesien dit opsigself ’n foltering is om ander se lyding te aanskou). Gogo ly fisies a.g.v. sy seer voete en Didi ly fisies a.g.v. sy blaasprobleem. Lucky ondervind nie net fisiese pyn, deurdat Pozzo hom met ’n sweep slaan nie, hy ondervind ook sielkundige en emosionele lyding a.g.v. die manier waarop Pozzo hom behandel. Hy is amper Pozzo se slaaf en moet alles doen wat vir hom gesê word. Hy ondervind dus die frustrasie dat hy geen vryheid het nie. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het mense fisies gely, a.g.v. die oorlog waarin hulle geveg het. Hulle het ook emosioneel gely a.g.v. die trauma waaraan hulle blootgestel was in die verskeie oorlogsituasies. Geliefdes van mense wat in die oorlog omgekom het, het ook emosioneel en sielkundig gely, a.g.v. die lewensverliese. Die grootskaalse verwoesting wat in Europa plaasgevind het, het ook aanleiding gegee tot fisiese, emosionele en sielkundige lyding. Vryheid en beperking: Dit lyk asof elke karakter sy eie gevangenis geskep het. Elkeen word in ’n toestand van passiwiteit en stagnering vasgevang as gevolg van sy eie onvermoë om tot handeling oor te gaan. Die een karakter is letterlik ’n ander een se slaaf, en hy word geensins meer aan bande gelê as diegene wat tegnies vry is nie. Om die waarheid te sê, hy mag selfs groter vryheid geniet want hy is ten minste van sy eie gevangenisskap bewus.

© Impaq

10


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Waarheid: Die drama word aangevuur deur ’n gebrek aan waarheid – met ander woorde, onsekerheid. Karakters in nie in staat om enigsins betekenisvolle aksies uit te voer nie en hulle beweer dat dit die geval is omdat hulle onseker is oor die gevolge. Indien ’n objektiewe waarheid nie teenwoordig is nie, word alles wat gesê word, bevraagteken, en selfs gewone etikette (kleur, tyd, name) word arbitrêr en subjektief. Filosofiese standpunte – die absurde: Die drama beeld ’n wêreld uit waarin daaglikse aksies betekenisloos is, waar taal nie daarin slaag om doeltreffend te kommunikeer nie, en waar die karakters soms ’n kunsmatige gevoel ervaar en selfs hardop wonder of hulle nie dalk op ’n verhoog is nie. Lewe, bewussyn en bestaan: Dit is herhalend en gestagneerd. Dit is betekenisloos en doelloos en behels voortdurende lyding. Die oplossing (wat nie een van die karakters tot uitvoer bring nie) sal wees om handelend op te tree en keuses te maak ten spyte van die altyd teenwoordige gevoel van onsekerheid, asook om bewus te wees van die omgewing en optrede in die verlede. Soos die een karakter sê: “Habit is a great deadener” – ons aksies moet uit ’n bewuste keuse, eerder as uit apatie, voortspruit. Vriendskap: Elke karakter is fundamenteel van alle ander karakters geïsoleer. Verhoudings wissel tussen ’n vrees vir eensaamheid en ’n wesenlike onvermoë om kontak te maak. Hierdie spanning staan sentraal tot die toneelstuk. Die probleme wat die karakters van mekaar afsonder, wissel van fisiese walging, tot ego, tot ’n vrees vir die ander se lyding. Sterflikheid: Nie een van die karakters in Waiting for Godot skram weg van die feit dat die dood onafwendbaar is nie. Trouens, soms word die dood ’n oplossing vir die sinneloosheid van die alledaagse lewe. Die hoofkarakters oorweeg selfmoord asof dit so skadeloos soos ’n uitstappie na die kruidenierswinkel is, waarskynlik omdat daar in elk geval niks in hul lewens is wat dit die moeite werd maak om aan vas te klou nie. Uiteindelik pleeg hulle nie selfmoord nie, want hulle beweer dat hulle nie oor die middele daarvoor beskik nie, maar ook omdat hulle onseker is oor wat die uiteinde van die poging gaan wees (dit mag werk, of dit mag misluk). Omdat hulle nie seker is wat die gevolge van hul daad sal wees nie, besluit hulle om niks te doen nie. Taal Die taal in die absurde drama beweeg dikwels nêrens heen nie. Die karakters verstaan mekaar verkeerd of interpreteer wat gesê word, verkeerd, wat dikwels daartoe lei dat hulle reaksie op wat gesê of gevra word, ’n sinnelose of belaglike opmerking is. Beckett begin Waiting for Godot op hierdie manier. Die absurditeit van die dialoog is die skrywer se manier om die aandag op die oënskynlike absurditeit van die lewe te vestig. Vir Samuel Beckett wankel die wêreld op sy as en die mense wat daarop woon, dink nie altyd logies of praat verstandig nie.

© Impaq

11


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Die dialoog is sinneloos en betekenisloos. Die karakters luister nie vir mekaar nie en praat by mekaar verby. Wanneer die een bv. vir die ander ’n vraag vra, herhaal die tweede die vraag, sonder om te antwoord. Gogo vra byvoorbeeld vir Didi wat hulle die vorige dag gedoen het en Didi herhaal die vraag. Volgens die eksistensialistiese teorie is taal nie geskik om betekenis oor te dra nie want elke mens heg sy eie waarde en betekenis aan wat gesê word. Darwin het gesê dat taal nie meer bekwaam is om die verskil tussen mense en diere uit te wys nie omdat taal nie ’n goed genoeg middel was om effektief te kan kommunikeer nie. Die dialoog is herhalend en ondersteun die sirkulêre struktuur. Didi en Gogo herhaal aanhoudend mekaar se woorde en vrae, wat ook daarop dui dat hulle nie vir mekaar luister nie. Volgens eksistensialisme sal mense aanhou om hul aksies te herhaal, en op te tree soos al die ander mense, tensy hulle ’n besluit neem om hul lewens te verander en hul eie besluite te neem. Na die Tweede Wêreldoorlog het mense gevoel asof hulle net doelloos voortbestaan en elke dag dieselfde roetines moet herhaal. Hulle het soos masjiene gevoel wat moes werk om die wêreld weer op te bou. Die teks is oorspronklik in Frans geskryf. Aan die titel kan ’n mens sien dat die toneelstuk in Frans geskryf is want “Godot” is ’n Franse woord. Beckett se moedertaal was Engels, maar hy het in Frans geskryf omdat hy geglo het dat hy die dissipline van ’n addisionele taal benodig het, anders sou dit dalk voorkom asof die stuk te maklik geskryf is en nie baie moeite geverg het nie. Hy het geglo dat teater van die absurde, omdat dit die stryd van die mensdom uitbeeld om te bestaan, nie te maklik kon voorkom nie. Dialoog word gereeld onderbreek deur stiltes, maar hulle praat weer wanneer die stiltes ondraaglik raak. Daar word gereeld in die teks aangedui dat die akteurs stilbly en dat daar lang stiltes is nadat hulle gepraat het. Hierdie spraak wat afgewissel word met stiltes, skep ’n ritme in die dialoog, wat kenmerkend is aan Beckett se werk. Dit laat die dialoog byna poëties voorkom. Die lang stiltes isoleer woorde. Kort sinne of woorde word gereeld voorafgegaan en gevolg deur pouses, byvoorbeeld wanneer Didi en Gogo besluit om mekaar te verlaat, omhels hulle, maar dan is daar ’n lang stilte voor hulle weer praat. Volgens die eksistensialistiese filosofie word elke mens in isolasie gebore en is hy slegs verantwoordelik vir homself. Hy moet sy eie noodlot en bestemming bepaal. Die geïsoleerde woorde is ook simbolies van die mens se isolasie in die wêreld. Taal kan nie die sin van betekenisloosheid definieer nie. Estragon sê in die eerste lyn van die toneelstuk: “Nothing to be done.” Hulle beskryf nooit dit waaraan hulle niks kan doen nie en die gehoor moet hulle eie afleidings maak. Einstein het gesê dat alles relatief is. Mense interpreteer dus dialoog op hul eie unieke manier en heg hul eie betekeniswaarde aan alles wat gesê word. Daarom is taal onbevoeg om effektief te kan kommunikeer.

© Impaq

12


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Daar is ’n paar voorbeelde van onvoltooide sinne en verkeerde taalgebruik. Die karakters gebruik ook clichés, maar gebruik dit ook verkeerd. Byvoorbeeld: “Hope deferreth make the something sick.” Dit dui op die karakters se ongeorganiseerde gemoedstoestand, die onvermoë om taal te gebruik om effektief te kommunikeer en die chaotiese toestand van die wêreld – soos die eksistensialiste en absurdistiese dramaturge dit aanskou het. Die karakters gebruik ook stigomitie wat verder aandui dat hulle nie na mekaar luister nie. Tyd en plek Die toneelstuk speel by ’n boom langs ’n pad af en dit begin op die aand van een dag en eindig die aand van die volgende dag. Dit kan enige plek wees, in enige land ter wêreld. Daar is geen sigbare horison nie en geen kenmerke van ’n beskawing kan gesien word nie. Die stel bly dieselfde. Die enigste verandering vind tussen bedryf een en bedryf twee plaas, wanneer die kaal boom van bedryf een in bedryf twee vyf of ses blare kry. Die tydperk wanneer dit afspeel, word nie gespesifiseer nie. Die tydsduur is waarskynlik twee dae, waarvan een waarskynlik ’n Saterdag is. Die enigste sigbare verwysing na die tyd wat verbygaan, gebeur aan die einde van bedryf een wanneer die son sak en die maan opkom. Daar word gepraat oor die tyd wat verbygaan, byvoorbeeld wanneer die karakters na gister en die vorige aand verwys. Struktuur Die toneelstuk het ’n sirkulêre struktuur. Die karakters herhaal hul aksies, bv. Estragon (Gogo) trek herhaaldelik sy skoen uit en kyk in die skoen. Die stuk het nie ’n begin, middel en einde nie. Daar is geen uitkoms vir die karakters nie. Die aksie beweeg nie na ’n spesifieke einddoel nie. Na die Tweede Wêreldoorlog het mense gevoel dat hul lewens nutteloos en betekenisloos was, a.g.v. die grootskaalse verwoesting en lewensverlies. Hulle het gevoel asof hulle geen vooruitgang meer in die lewe kon maak nie. Daar is geen klimaks in die stuk nie. Dit is ’n kringloop van antiklimakse. Didi en Gogo sê herhaaldelik dat hulle kan gaan, maar hulle gaan nooit nie. Die doel van absurde teater is nie om die gehoor aan te spoor om orde uit die chaos te skep nie. Dit is bloot om die chaos in die wêreld uit te beeld. Daar is dus geen hoogtepunt of uitkoms vir die karakters nie. Daar is geen fokus of doel met die stuk nie. Die toneelstuk vertel nie ’n storie nie. Die karakters werk nie daaraan om ’n spesifieke doel te bereik nie. Hulle sit slegs en wag vir Godot om op te daag. Volgens die eksistensialistiese filosofie is die mens nie op aarde om enige groot doel te vervul nie. Elkeen word in ’n soort kokon gebore en moet ’n besluit neem om homself daaruit te kry, anders sal hy net doelloos voortbestaan.

© Impaq

13


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Daar is geen logiese ontwikkeling in die stuk nie. Aksies en dialoog volg nie op mekaar nie en gee ook nie aanleiding tot verdere aksies of dialoog nie. Karakters voer aksies uit wat onlogies en onverwags is, bv. die aksie met die hoede waarmee hulle speel. Mense het die wêreldoorloë as doelloos en onlogies gesien, veral die groot lewensverliese. Hulle het daarom gevoel dat die lewe onlogies is en dat hulle geen vooruitgang maak nie. Volgens eksistensialisme en absurdisme is die wêreld ’n onlogiese en absurde plek en moet elke mens sy eie betekenis skep. Alle gebeure is ewe betekenisloos. Gogo kyk herhaaldelik in sy skoen, nadat hy reeds gesien het daar is nie ’n klip in nie. Die karakters kyk ook herhaaldelik in hul hoede, al weet hulle daar is niks in nie. Volgens eksistensialisme is elke mens se aksies betekenisloos, want elkeen moet betekenis aan sy eie aksies gee. Die mens is ook die somtotaal van sy aksies. Die toneelstuk is vol aktiwiteit, maar geen van die aksies verander die situasie nie. Gogo kyk in sy skoen, maar sy voet bly steeds seer. Lucky probeer ook selfmoord pleeg met die tou, maar doen dit op so ’n manier dat hy dit nie kan regkry nie. Na die Tweede Wêreldoorlog het mense gevoel dat al hul aksies nutteloos en betekenisloos was. Dit maak nie saak wat gedoen het nie, niks kon die verwoesting van die oorlog keer nie en niks het hul situasie verbeter nie. WENK: In toetse en eksamens sal jy gevra word om opstelle te skryf oor jou voorgeskrewe tekste en om paragraafvrae te beantwoord. Wanneer jy sulke vrae beantwoord moet jy dit op drie vlakke doen: eerstens moet jy ’n aspek van die dramatiese beginsel identifiseer waaroor die vraag jou vra, dan moet jy die feit ondersteun met ’n relevante voorbeeld uit die teks (voorbeelde is baie belangrik wanneer jy enige vraag beantwoord) en laastens moet jy die feit verbind met die sosio-politiese omstandighede (die tydperk waarin die toneelstuk geskryf is, sowel as gebeurtenisse in die lewe van die dramaturg wat ’n invloed op die toneelstuk kon gehad het) waarin die teks geskryf is. In eksamens tel so ’n langvraag gewoonlik 25 – 30 punte. Maak seker dat jy genoeg skryf! Die algemene reël is ’n vol geskryfde bladsy vir 10 punte. Maak ook seker dat jy nie feite en idees herhaal nie. Jy sal net een keer bepunt word vir ’n idee of feit.

AKTIWITEIT Skryf ’n opstel waarin jy die invloede van Eksistensialisme op Absurde Teater ondersoek. Jy moet die teks Waiting for Godot gebruik as verwysingsraamwerk en om voorbeelde te kry. Totaal: 25

© Impaq

14


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Suid-Afrikaanse Teater 1960 – 1994: My Children! My Africa! deur Athol Fugard

LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, behoort jy in staat te wees om: • die teks My Children! My Africa! te analiseer volgens die dramatiese beginsels. • die agtergrond van die dramaturg te verken. • te verstaan hoe die sosio-politieke omstandighede van die tyd die teks beïnvloed het. • die beginsels van drama, styl en genre, aanbieding en stel in die teks te oorweeg. INLEIDING Hierdie eenheid bevat al die inligting wat jy nodig het om die teks My Children! My Africa! suksesvol te analiseer en vrae oor die teks te beantwoord. BELANGRIKE TERMINOLOGIE:

apartheid Bantu Beskermling (Protégé) Brakwater Camdeboo Comrades Confucius Detensie/ Aanhouding Grafskrif (Epitaph) Indaba Junie 16 Opstand Lake Digters (Lake Poets) Nom-de-plume © Impaq

’n Politieke sisteem gebaseer op politiese-, regs- en ekonomiese diskriminasie teenoor nie-blanke mense wat in Suid-Afrika ontstaan het en geïmplementeer is vanaf 1948-1994. Die offisiële woord gebruik om swart Suid-Afrikaners en hul taal te beskryf. Swartmense het nie van die woord, en die gebruik daarvan, gehou nie. ’n Persoon wat gelei word deur ’n ouer, meer ervare persoon. Die lokasie waar Thami woon en skoolgaan. Die fiktiewe dorp waar Isabel woon en skoolgaan. Mede lede van ’n aktiwiteit of organisasie. In Suid-Afrika word die woord gebruik vir mense wat betrokke was by die stryd (struggle) teen apartheid. ’n Chinese filosoof en onderwyser wat van 551 – 479 geleef het. Sy filosofie beklemtoon menslikheid, lojaliteit tot jou eie natuur, moraliteit, geregtigheid en deugde. Wanneer iemand aangehou word in ’n tronk, soms sonder ’n verhoor. Inskripsie wat ’n dooie persoon lofsing; gewoonlik op ’n graf aangetref. Bespreking. Die toneel van ’n jeugopstand in Junie 1976 toe studente in opstand gekom het teen die onderrig van Afrikaans as medium van instruksie in hulle skole. ’n Groep Engelse digters wat in Engeland se Meer-distrik in Engeland gewoon het rondom die begin van die 1800’s naamlik Wordsworth, Coleridge en Southey. ’n Valse naam. 15


Handleiding: Voorgeskrewe tekste G12 ~ Dramatiese Kunste

Noodtoestande (States of Emergency)

Tydperke tussen 1985 en 1987 waarin Suid-Afrika onder ’n Noodtoestand verklaar is. Gedurende hierdie tye kon die regering organisasies en vergaderings verban, die media verbied om van sekere gebeure te skryf en om mense aan te hou sonder om hul identiteite bekend te maak.

Romantieke Beweging (Romantic Movement)

’n Intellektuele beweging van 1770 tot 1850 wanneer digters, musikante en kunstenaars die politieke en sosiale orde van die tyd aangevat het.

Sharpeville Tradisionalis Vandalisme Verarm (Impoverished) Verraad (treason)

Die toneel van ’n slagting op 21 Maart 1960 wanneer die PAC ’n optog georganiseer het teen pasboeke en die polisie op hul geskiet het. ’n Konserwatiewe persoon wat glo in die gevestigde manier van dinge doen Wanneer eiendom aspris vernietig word. Arm gemaak. Wanneer iemand hul mense of land verraai.

STUDEER: Jou teks van My Children! My Africa saam met die notas in hierdie gids, is die belangrikste bron van inligting om hierdie gedeelte van jou graad 12 werk te bemeester. Lees die teks deur en bestudeer die notas en aktiwiteite en die boekie. Let spesifiek op na die volgende: • • • • •

© Impaq

Belangrike dramatiese eienskappe en historiese agtergrond van My Children! My Africa! Die opsomming van die teks asook die verskeie toneelopsommings. Notas op die drama (temas en karakters) Pre- en post-leesaktiwiteite met antwoorde. Dit is BAIE belangrik om hierdie oefeninge te doen. Die woordelys en sleutelwoorde

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.