Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Gasvryheidstudies
Fasiliteerdersgids
Graad 12
Aangepas vir KABV Í2,È-A-HOS-FG017Î
Master Gasvryheidstudies Graad 12
Onderwysersgids
F.Le Roux, S. Burger, D-L. Kempen, H.A. Saaiman, L. van Velden
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike toestemming van die outeur gereproduseer of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, opnames, of enige ander stelsel van inligtingbewaring.
Eerste publikasie 2013
Uitgegee deur Master Books
Epos: florette.masterbooks@yahoo.com
Setwerk en omslag ontwerp deur Leandri van der Elst (Leandri@unboxed.co.za)
Omslag foto verskaf deur Nicolas van der Walt, FBI Chef’s School and Pastry Academy
Die outeurs het moeite gedoen om enige kopieregklarings te doen. Indien daar enige kopieregnavrae is, kontak asseblief die outeur.
Indien die outeurs enige kopiereg materiaal oorgesien het sal hulle graag dit regstel met die eerste geleentheid.
Gedruk en gebind deur NUMASA
INLEIDING
1 ’n Oorsig oor KABV (CAPS)
Uitkomsgebaseerde onderrig is met die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 9 en die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad 10 – 12 in 2002 vervang. In 2009 het die hersiening van hierdie dokumente getoon dat daar voortgaande uitdagings rakende die implementering van die Hersiene Nasionale Kurrikulum Verklaring is. Dit het tot die integrasie van die twee dokumente gelei wat as die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12 (NKV) bekend staan. Beleid rakende die kurrikulum en assessering word in hierdie dokument gestipuleer.
Die NKV dokument sluit die volgende dokumente in:
• Kurrikulum en Assesseringsbeleid Verklaring (KABV) vir goedgekeurde vakke
• Nasionale beleid met betrekking tot die program en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R–12
• Nasionale Protokol vir Assessering Graad R – 12.
KABV is die Kurrikulum Asseseringsbeleid Verklaring (CAPS - Curriculum and Assessment Policy Statement) wat die SAG, LPG en PAT dokumente vervang. Die implementering datums is as volg:
• Graad 10 - 2012
• Graad 11 - 2013
• Graad 12 - 2014
Een van die Regering se doelwitte is om die lewenskwaliteit van alle landsburgers te verbeter. Die Nasionale Kurrikulum Verklaring Graad R – 12 gee uiting aan kennis, vaardighede en waardes in SuidAfrikaanse skole wat daartoe kan bydra. Die kurrikulum het ten doel om te verseker dat leerders die nodige kennis en vaardighede sal bekom en dat hulle dit op ’n sinvolle wyse in hul daaglikse bestaan, sal toepas.
Die KABV-dokument verwys na Gasvryheidstudies as die studie van verskeie interafhanklike temas in die Gasvryheidsindustrie, soos higiëne, voedselproduksie, voedsel- en drankdiens asook kliëntediens. Die leerders sal leer hoe om ’n verskillende tipes maaltye te produseer en aan te bied, asook die voorbereiding van die lokaal en tafeldek vir verskillende tipes geleenthede. Daarmee saam sal die leerders die korrekte bedienings- en afdektegnieke betreffende voedsel en drank aanleer.
Daar word vier ure per week aan Gasvryheidstudies toegeken, waarvan 2½ ure aan teorie en 1½ uur aan prakties toegeken moet word.
Sample
Een van die belangrikste veranderinge in die KABV-dokument is dat die vier leeruitkomste (LU’s) en assesseringstandaarde (AS’e) in die Gasvryheidstudies kurrikulum met ses onderwerpe vervang is. Die ses onderwerpe is as volg:
1. Gasvryheidsektore en loopbane;
2. Kombuis en restaurant bedrywighede;
3. Voeding, spyskaartbeplanning en kosteberekening;
4. Voedselkommoditeite;
5. Voedsel- en drankbediening; en
6. Higiëne, veiligheid en sekuriteit.
Praktiese klasse moet deur die onderwysers aangebied word en die graad 12 leerders moet ‘n minimum van twaalf praktiese lesse ‘n jaar doen. Voorgestelde geregte is in die KABV-dokument aangeteken.
Daar is ‘n onderrigplan in die KABV-dokument. Dit is verpligtend om die leerinhoud gedurende die kwartaal af te handel waarin dit aangedui word. Die werkvolgorde is nie verpligtend nie. Indien die onderwyser sy eie werkskedule vir die jaar wil opstel, moet skriftelike toestemming van die vakadviseur verkry word. Dit mag slegs gedoen word indien die skool ‘n vakgemiddeld bo 50 % het.
2 Assessering
Assessering is die deurlopende versameling van inligting rakende ‘n leerder se prestasie. Assessering kan formeel of informeel geskied. Informele assessering monitor ‘n leerder se vordering met die uitvoer van huiswerk, vraag en antwoord, gevalle studies, ens. Hierdie resultate hoef nie noodwendig formeel gerekordeer te word nie en word nie vir promosie doeleindes in berekening gebring nie.
Formele assessering moet deur die onderwyser gemerk en formeel gerekordeer word. Hierdie take moet gemodereer word om goeie kwaliteit standaarde rakende die opdragte, sowel as nasienwerk te verseker. Toetse, eksamen vraestelle en praktiese opdragte is voorbeelde van formele assessering. Elke leerder moet ses formele, teoretiese assesserings opdragte en ‘n minimum van agt praktiese lesse gedurende die jaar voltooi.
Formele Assessering Graad 12
Formele Assessering: g r AA d 12 (6 tA ke)
Termyn 1 Termyn 2 Termyn 3
Toets
Projek
Sien hieronder
Praktiese take (Minimum 4)
take (Minimum 4)
Sertifikasiepunt
EKSAMEN:
Formele assessering moet vrae uit die volgende kognitiewe vlakke insluit:
• Laer orde: kennis - 30 %
• Middel orde: begip en toepassing - 50 %
• Hoër orde: analise, evaluering en sintese - 20 %
Sample
Totaal 200÷2
Die puntesamestelling vir vraestelle verskil van graad 10 tot 12. Die punteverdeling is as volg:
I N h O u D 101112
Afdeling AKort vrae (alle onderwerpe). 404040
Afdeling BKombuis en restaurantwerking. Higiëne, veiligheid en sekuriteit. 403020
Afdeling CVoeding en maaltydbeplanning. Voedselkommoditeite.
Afdeling DSektore en loopbane. Voedsel- en drankdiens.
Totaal
(2 X 40) 80 (2 X 40)
(2 X 40)
(2 X 30)
Die Praktiese Assesserings Taak (PAT) behels twee restaurantgeleenthede. Die kriteria vir die PAT is in die KABV-dokument aangeteken. Elke PAT tel 100 punte. Die finale PAT-punt word uit beide PAT’s bereken wat deur twee gedeel word: (PAT 1 + PAT 2 = 200 ÷ 2 = 100).
3 Die gebruik van die onderwysersgids
Aan die begin van elke hoofstuk is daar ‘n paar voorstelle / wenke / ekstra inligting wat tot die leerprogram kan bydra. Hierdie idees kan aangepas word om by die onderwyser se persoonlike situasie aan te pas. Die vrae, sowel as die antwoorde op die vrae wat in die leerderboek is, is in die onderwysersgids en op die laserskyf. Hierdie inligting kan op ‘n rekenaar afgelaai word wat die onderwyser daartoe in staat sal stel om die vrae en antwoorde te verander. Daar is resepte na aanleiding van die verskillende kommoditeite in die onderwysersgids en op die laserskyf aangebring. Die bestanddele vir die resepte kan vir klaspraktiese en PAT’s aangepas word indien dit van die laserskyf afgelaai word.
voorstelle / Wenke/ekstrA inligting
Maak seker dat leerders die terminologie verstaan deur hul persoonlike ervarings van om bv. toeris / vakansieganger te wees, verbind. Gebruik verskeie gevallestudies en scenario’s om die konsepte te verduidelik.
Klaskameraktiwiteit 1 (p.1)
1. Dinkskrum
• Antwoorde sal verskil. Die onderwyser moet leerders rig om die verskeie funksionele areas in die akkommodasie-instellings te dek.
ekstrA AktiWiteite (p.4)
Voorbeeld:
Gaste en funksielokale
1. Die breinkaart sal van kleur en vorms verskil, maar behoort die gegewe inkomstegenererende en nie-inkomstegenererende areas in te sluit.
Voedsel en drankKroeg
Inkomstegenererende area
Akkommodasie instelling
Die Gasvryheidsindustrie se bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie 1 Sample
Ontvangskantoor Bemarking
Onderhoud
Finansies
Sekuriteit
Menslike hulpbronne
Nie-inkomstegenererende area (10)
2. Prente sal wissel n.a.v. die breinkaart. (5)
3. Brief aan die familie: Antwoorde sal wissel, maar behoort die volgende in te sluit: Inkomste word verdien
Werkskepping
Inkomste word benut om die infrastruktuur en fasiliteite te verbeter
Die lewenstandaard van die gemeenskap word verbeter
Of enige ander korrekte argumente (10)
Wassery
Wassery
voorstelle/Wenke/ekstrA inligting
Stel hierdie hoofstuk bekend deur ’n dinkskrumsessie te hou oor moontlike loopbane in die Gasvryheidsbedryf. Rig die leerders om te besef dat die loopbaanmoontlikhede verder strek as die kombuis- en restaurantbrigades. Teken ’n spinnekopdiagram op die bord om die verskillende beroepe met mekaar te verbind.
Klaskameraktiwiteit 1 (p.8)
1.1 Identifiseer produkte en dienste
Antwoorde kan verskil. Dit is belangrik dat die onderwyser leerders help om kleinsakeondernemings in die plaaslike gemeenskap te identifiseer wat dienste en produkte aan die Gasvryheidsindustrie lewer. Verseker dat leerders tussen produkte en dienste kan onderskei, en dat hulle dit kan identifiseer. Gee verdere voorbeelde indien dit nodig is.
Bv. Bed & Ontbyt-instansies bied ontbyt- en akkommodasiedienste aan. ’n Plaaslike bakker lewer produkte wat brood, koek, ens. kan insluit.
Klaskameraktiwiteit 2 (p. 11)
SWOT-analise vir Jennifer se onderneming:
Sterkpunte:
Kosmaakvaardighede
Sy besit reeds ’n klein woonstel, wat op haar erf is sodat sy maklik toesig kan hou
Naby die skool
Sy het ’n goeie verhouding met die skool
Swakpunte:
Kompetisie van ander spyseniers in die dorp
Het net ’n klein woonstel, kan nie aan baie mense verblyf verskaf nie
Geleenthede:
Loopbane in die Gasvryheidsbedryf 2 Sample
Sy kan by die skool bemark
Sy weet wanneer die skool funksies aanbied en kan haar skedule daarby aanpas
Sy kan moontlik ook vir skoolfunksies spyseniering doen
Bedreigings:
Sommige mense mag steeds voel dat dit te ver is om skoolfunksies by te woon of sou verkies om by familie te oornag
Ander ondernemings in die dorp wat reeds spyseniering doen
Of enige ander korrekte moontlikhede
1.
1.1 Teikenmark
Die moontlike kliënt, gas, toeris of besoeker wat van die produk of diens wat deur die onderneming aangebied word, sal gebruik maak. (2)
1.2 Besigheidsplan
’n Omvattende plan wat inligting verskaf m.b.t. die mark, ligging, bemarkingsplan, finansiële plan, ens. (2)
1.3 Organogram
’n Diagram wat die hiërargie en personeelstruktuur in die onderneming aandui. (2)
1.4 Entrepreneur
’n Entrepreneur is ’n persoon wat sy/haar eie sakeonderneming begin, veral wanneer daar ’n risiko aan verbonde is. (2)
1.5 Volhoubaar:
Selfvoorsienend, langdurend, bewaar vir toekomstige generasies (2)
2. Oop memo. Antwoorde en aanbiedings sal verskil. (5)
3. Evaluering van die besigheidsplan:
Die besigheidsplan is eenvoudig aangesien Brenda ’n klein onderneming het. Aangesien dit ’n informele onderneming is, hoef al die aspekte wat in die handboek bespreek is, nie ingesluit te word nie. Die besigheidsplan kan aangepas word en uitgebrei word om tred te hou met veranderinge in die onderneming.
Beskrywing van onderneming:
Sy kan op die doelwitte van die besigheid uitbrei, bv. wie haar kliënte is, hoe sy beplan om uit te brei. Sy kan ’n logo ontwerp, ’n handelsnaam skep soos wat die onderneming uitbrei, ens. Geen straatkaart is ingesluit nie.
Bedryfsplan:
As gereelde koper, behoort Brenda ondersoek in te stel na kredietvoorwaardes, en of die verskaffers sal aflewer indien sy grootmaat aankoop.
Produkbeskrywing:
Ander items soos lekkergoed en skyfies wat soms verkoop word, word nie genoem nie.
Bemarkingsplan:
Sy het geen bemarkingsplan nie, maar indien sy wil uitbrei, sal sy ’n plan moet saamstel om aan die behoeftes van haar onderneming te voldoen.
Finansiële plan:
SampleGeen finansiële plan is ingesluit nie, en sy sal dit moet opstel indien sy finansiering wil bekom. Verskeie aspekte wat ingesluit moet word, is onder andere wat sy met die geld wil doen, kontantvloei, begroting, ens. (10)