Í2,È-A-HOS-SG01_Î
1
8
1
2
-
A
-
H
O
S
-
S
G
0
1
GASVRYHEIDSTUDIES HANDLEIDING Graad 12
A member of the FUTURELEARN group
Gasvryheidstudies Handleiding
1812-A-HOS-SG01
Í2,È-A-HOS-SG01_Î
Graad 12
Aangepas vir KABV
Master
Gasvryheidstudies Graad 12 F. Le Roux, S. Burger, D-L. Kempen, H.A. Saaiman, L. van Velden
Master Gasvryheidstudies Graad 12 Leerderboek Teks © Outeurs 2013 Ontwerp en illustrasies © Master Books CC 2013 Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike toestemming van die outeur gereproduseer of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, opnames, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Eerste publikasie 2013 Uitgegee deur Master Books Epos: florette.masterbooks@yahoo.com Setwerk en omslag ontwerp deur Leandri van der Elst (Leandri@unboxed.co.za) Omslag foto verskaf deur Nicolas van der Walt, FBI Chef’s School and Pastry Academy Die outeurs het moeite gedoen om enige kopieregklarings te doen. Indien daar enige kopieregnavrae is, kontak asseblief die outeur. Indien die outeurs enige kopiereg materiaal oorgesien het sal hulle graag dit regstel met die eerste geleentheid. ISBN: 978-0-9870258-7-6 Gedruk en gebind deur NUMASA
Erkennings Die outeurs wil graag die volgende mense opreg bedank: • • • • • •
Nicolas van der Walt, FBI Chef’s School and Pastry Academy vir insette en foto’s Martha Kok vir proeflees Macmillan (Esma du Plessis en David van der Merwe) vir Illustrasies Peter Davidson vir foto’s Ina van Schalkwyk vir taalversorging Sherry Neville en Bernita Naude van Macmillan vir hulle ondersteuning
Soli Deo Gloria
Inhoudsopgawe Sektore en loopbane 1 Die Gasvryheidsindustrie se bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie................................ 1 2 Loopbane in die Gasvryheidsbedryf...................................................................................... 5 3 Bemarking........................................................................................................................... 14
Higiëne 4 Voedselverwante siektes..................................................................................................... 22
Kombuis- en restaurantbedrywighede 5 Professionalisme in die Gasvryheidsindustrie..................................................................... 29 6 Rekenaars in die Gasvryheidsindustrie................................................................................ 35
Voeding en spyskaartbeplanning 7 Spyskaartbeplanning........................................................................................................... 43 8 Kosteberekening.................................................................................................................. 56
Voedselkommoditeite 9 Skemerkelkfunksies............................................................................................................. 66 10 Vleis................................................................................................................................... 78 11 Vegetariese voedsel........................................................................................................... 98 12 Tertdeeg (‘Pastry’)........................................................................................................... 111 13 Chouxpasta...................................................................................................................... 121 14 Gelatien........................................................................................................................... 128 15 Nageregte........................................................................................................................ 134 16 Gepreserveerde voedsel.................................................................................................. 149
Voedsel- en drankbediening 17 Wyn en nie-alkoholiese drankies..................................................................................... 155 18 Voorbereiding en opstel van bedieningslokaal . ............................................................. 170 19 Hantering van gaste se klagtes........................................................................................ 183 20 Diens- en opruimimgstegnieke........................................................................................ 188
iii
Nota aan die leerder Geagte leerder Welkom by die wonderlike wêreld van die Gasvryheidsbedryf! Dit is een van die bedrywe in SuidAfrika wat die vinnigste groei en bied ’n groot verskeidenheid loopbaangeleenthede. Hierdie boek gaan jou eerstens voorsien van die nodige agtergrondinligting oor moontlike werksgeleenthede – insluitend entrepreneursgeleenthede – en tweedens toerus met die kennis, vaardighede, houding en waardes wat jy nodig het om jou vir ’n loopbaan voor te berei. Al die betrokke onderwerpe wat deur die kurrikulum vereis word, word deur die inhoud van hierdie boek gedek. Die aktiwiteite is gerig daarop om jou te begelei in die versameling van kennis deur middel van navorsing en vereis dat jy in ’n groep deelneem aan besprekings en groepwerk. Ons vertrou dat hierdie boek jou gaan begeester met ’n blywende entoesiasme vir Gasvryheidstudies! As jy dit oordeelkundig gebruik en hard werk, sal jy weldrae besef dat jy reeds al die vaardighede wat jy nodig het vir ’n geslaagde loopbaan in die Gasvryheidsbedryf, in die praktyk toegepas het!
Die outeurs
iv
Die Gasvryheidsindustrie se bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
1
In hierdie hoofstuk sal jy leer om … Jou kennis en begrip van die volgende areas te demonstreer: • Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie • Areas in die akkommodasiebedryf wat inkomste genereer • Areas in die akkommodasiebedryf wat nie inkomste genereer nie
1 • •
Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
Die Gasvryheidsbedryf lewer ’n totale bydrae van ongeveer 9,1% tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die ekonomie van Suid-Afrika. ’n Toename in die aanvraag vir produkte sal werksgeleenthede vir plaaslike inwoners in sakeondernemings skep sowel as in sekondêre maatskappye wat produkte aan ondernemings soos voedselverkoopspunte verskaf. Tot en met 2010 is sowat 940 000 direkte en indirekte werksgeleenthede in die Gasvryheids- en Toerismebedryf geskep. Die Vaardigheidsontwikkelingsprogram van die regering poog om die bydrae tot die ekonomie tot 12% in 2015 te verhoog met ’n totaal van 712 000 direkte en 870 000 indirekte werksgeleenthede.
Belangrike woorde BBP: Die Bruto Binnelandse Produk verwys na die totale waarde van goedere en dienste wat in ’n jaar in ’n land vervaardig en gelewer word. Direkte werksgeleentheid: ’n Posisie in ’n Gasvryheids-, Akkommodasie- of Toerismebesigheid, bv. hotelontvangspersoon, kamerbediende of toergids. Indirekte werksgeleentheid: ’n Posisie wat nie deel vorm van die Gasvryheids- of Toerismebedryf nie, maar noodsaaklike produkte en dienste aan die bedryf verskaf, bv. vervaardiging van linne vir gebruik in akkommodasie-instellings, vervaardigers van voedsel en meubels, ens. •
• • • •
Ekonomiese groei word gestimuleer. Plaaslike inwoners, sowel as mense van buite die area sal in die aanvraag na die produkte wat deur bemarking geskep is, voorsien en die plaaslike inkomste verhoog. Inkomste wat geskep is, dra by tot die ontwikkeling en verbetering van die land se infrastruktuur. Fondse word vir bewaring, onderhoud en verantwoordelike benutting van natuurlike hulpbronne voorsien. Toeriste bring waardevolle buitelandse valuta die land in. Die aansien en lewenstandaard van die plaaslike gemeenskap verbeter.
Klaskamerakti witeit 1 Hou ‘n dinkskrum oor al die verskillende loopbaangeleenthede in akkommodasieinstellings. Hoofstuk 1: Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
1
2
Areas in die akkommodasiebedryf wat inkomste genereer
Areas in die akkommodasiebedryf wat inkomste genereer, is die areas waar mense vir produkte en dienste betaal.
2.1
Gastekamers en funksielokale
Gastekamers word deur gaste per nag beset. Tariewe vir akkommodasie word per kamer of per persoon per nag gehef. Akkommodasie-instellings poog om die hoogste moontlike besettingsyfer per nag te behaal, aangesien meer kamers wat per nag verhuur word, ’n groter inkomste vir die instelling beteken. Funksielokale is vertrekke wat vir funksies soos bv. huweliksonthale, verjaardagpartytjies, feesvierings, konferensies, besigheidsvergaderings of uistallings uitverhuur word. Funksielokale word per uur of per dag uitverhuur. Tariewe wissel afhangend van die grootte en soort funksielokaal. Ekstra fooie word vir geriefsprodukte vir gaste bv. maaltye en verversings of toerusting soos projektors of klankstelsels gehef. Instellings bied dikwels pakkette aan wat akkommodasie teen ’n spesiale tarief vir afgevaardigdes aanbied.
Belangrike woorde Afgevaardigde: ’n Persoon wat ’n sakeonderneming by ’n vergadering of konferensie verteenwoordig. Geriefsprodukte (“amenities”): Produkte wat vir die gerief van die gas of afgevaardigde aangebied word, bv. penne, skryfpapier en koeverte, gebottelde water, seep, naaldwerkstelletjies, ens.
2.2
Voedsel- en drankdiens
Dikwels sluit akkommodasie-instellings ontbyt by die tarief vir die kamer in. Restaurante, koffiewinkels, ens. kan ook deel vorm van die instelling of kan uitgekontrakteer word om deur privaat maatskappye bestuur te word wat nie verwant is aan die akkommodasie-instelling self nie. Gaste betaal ook ’n aansienlik duurder as normaalweg om van kamerdiens gebruik te maak wanneer voedsel en drank bestel en by die gas se kamer afgelewer word.
2.3 Kroeë Die meerderheid instellings beskik oor ’n dranklisensie wat hul toelaat om alkoholiese drank op die perseel te verkoop. Die verkoopspunt kan ’n kroeg of pub wees waar selfs ook ligte maaltye bestel kan word. Hierdie kroeë of pubs is toeganklik sodat lede van die publiek ook van die fasiliteite gebruik kan maak, en nie slegs ingeboekte gaste van die akkommodasie-instelling nie.
2
Hoofstuk 1: Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
2.4 Wassery ’n Wassery waaruit inkomste verdien word, verwys na ’n wassery wat ’n wasdiens aan gaste lewer waarvolgens gaste se klere gewas, gestryk of droogskoongemaak kan word. Gaste betaal per item, en kan in die meeste gevalle op ’n eendagdiens staatmaak.
3
Areas in die akkommodasiebedryf wat nie inkomste genereer nie
Sekere areas in akkommodasie-instellings is noodsaaklik vir die behoorlike funksionering van die instelling. Sommige hiervan skep nie ’n inkomste nie omdat gaste nie direk vir hierdie dienste betaal nie. Daar word egter vir die koste verbonde aan die uitvoering van hierdie take begroot en dit word uit die inkomste van die instelling befonds.
3.1 Ontvangskantoor (“front office”) Die ontvangskantoor is die hart van elke akkommodasie-instelling, Dit is die kantoor waar gaste met die instelling kontak maak wanneer hy / sy bespreek, inboek of die rekening vereffen. Enige navrae word ook deur die ontvangskantoor hanteer. Dit is uiters belangrik om ’n goeie eerste indruk op die gas te maak, aangesien dit bepalend kan wees vir sy / haar tevredenheid met die verblyfervaring in geheel.
3.2 Bemarking Bemarking kan omskryf word as al die aktiwiteite wat uitgevoer word om potensiële gaste bewus te maak van die akkommodasie-instelling en van die produkte en dienste wat daar aangebied word. Dit is die taak van die bemarkingspan om die gaste oor te haal om dié betrokke instelling vir hul tydelike verblyf te kies.
3.3
Menslike hulpbronne
Hierdie department in enige Gasvryheidsinstelling hanteer die indiensneming van die mees geskikte personeel vir die poste in die instelling. Gelyke indiensnemingsvereistes van die regering word gewoonlik in ag geneem. Hierdie departement hanteer ook enige personeelaangeleenthede soos in hoofstuk 2 bespreek.
3.4 Finansies/Boekhouding Die finansiële departement kontroleer alle finansiële prosedures in ’n akkommodasie-instelling. ’n Begroting word opgestel, en die inkomste wat van gaste verhaal word, word dienooreenkomstig aangewend.
Hoofstuk 1: Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
3
3.5 Wassery Die was, stryk en droogskoonmaak van die instelling se linne soos bv. lakens, tafeldoeke, gordyne, ens. skep nie ’n inkomste nie, maar is noodsaaklik vir die funksionering van die fasiliteit. Sommige instellings verkies om die wassery uit te kontrakteer en benut dan ’n diensverskaffer wat die linne op of weg van die perseel af versorg. Sommige diensverskaffers verkies om die linne af te haal en te ruil vanuit hul eie linnevoorraad, sodat die akkommodasie-instelling nie die reuse finansiële uitleg hoef te maak om hul eie linne aan te koop, te onderhou en te vervang nie.
Belangrike woorde Op die perseel (“on site”): by die akkommodasie-instelling, in hul fasiliteite. Weg van die perseel (“Off site”): nie op die terrein van die akkommodasie-instelling nie, maar by die perseel van die diensverskaffer.
3.6 Instandhouding Sommige akkommodasie-instellings verkies om permanente instandhoudingspersoneel in diens te hê. Hierdie personeel werk skofte, aangesien instandhouding soms enige tyd van die dag of nag mag nodig wees, bv. herstelwerk aan televisiestelle of probleme met loodgieterswerk. Hulle doen ook roetine-onderhoud soos bv. restourasie of tuinwerk, en help met moeilike skoonmaaktake soos die was van gordyne, matte, ens. Sommige instellings meen egter dat dit goedkoper is om kontrakteurs vir sulke take te gebruik en kontak ’n diensverskaffer wanneer die dienste benodig word. Die nadeel van hierdie scenario is dat die herstelproses tyd mag neem as die diensverskaffer nie onmiddellik beskikbaar is nie, en dit kan ’n ontevrede gas tot gevolg hê.
3.7 Sekuriteit Sekuriteit sluit al die maatreëls in wat in plek geplaas word om mense en eiendom te beskerm. Sekuriteitspersoneel moet goed toegerus en opgelei wees om situasies soos verdagte optrede, diefstal, bomdreigemente en brande te hanteer. Die meeste instellings het kamersleutels met kaartstelsels vervang vir beter sekuriteit. Verlore en gevonde goedere word volgens beleid van die instelling hanteer.
EKSTRA AKTIWITEITE Kennis en begrip 1. 2.
Ontwerp ’n breinkaart van al die areas in die akkommodasiebedryf wat inkomste genereer en wat nie inkomste genereer nie. (10) Soek prente van mense wat in akkommodasie-instellings werk. Maak ’n collage daarvan of plak dit by die korrekte posisie op die breinkaart wat jy in taak 1 ontwerp het. (5)
Uitbreiding 3.
4
Jou familie woon in ’n streek in Suid-Afrika wat gedurende die Desember-vakansie deur vakansiegangers oorstroom word. Hulle kla dat hul wens dat iets soos vakansie en vakansiegangers nooit bestaan het nie. Skryf aan hulle ’n brief waarin jy verduidelik hoe belangrik die Gasvryheids- en Toerismebedryf vir die ekonomie van Suid-Afrika is. (10)
Hoofstuk 1: Bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
2
Loopbane in die Gasvryheidsbedryf In hierdie hoofstuk sal jy leer om …
Jou kennis en begrip van loopbane te demonstreer: • Ondersteunende posisies in ’n Gasvryheidsonderneming • Rolle en verantwoordelikhede van elk • Die interverwantskap van verkope en bemarking, finansies/ boekhouding, sekuriteit en menslike hulpbronne • Geleenthede vir volhoubare selfindiensneming in Voedsel- en drankbedryf • Definisie van entrepreneurskap • Entrepreneursgeleenthede in voedsel- en drankbedryf • Ontwikkel en evalueer ’n basiese besigheidsplan vir entrepreneursgeleenthede op klein skaal
1
Inleiding
Die Gasvryheidsbedryf bied ’n wye verskeidenheid geleenthede vir enige iemand wat die begeerte en strewe daarna het om in die bedryf te werk. Geleenthede in die Gasvryheidsbedryf word in akkommodasie, voedsel en toerisme aangetref.
2
Ondersteunende of aanvullende posisies in ’n Gasvryheidsonderneming
Ondersteunende of aanvullende posisies in ’n Gasvryheidsonderneming is enige posisie wat ondersteuning in die funksionering van die sakeonderneming verleen.
2.1
Verkope en bemarking
POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Bemarkingsbestuurder
Organiseer en bemark alle aktiwiteite soos promosies of spesiale geleenthede Skakel potensiële kliënte om produkte en dienste bekend te stel Adverteer die onderneming
Tele-verkoopspersoon
2.2
Finansies/boekhouding
POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Finansiële bestuurder
Oorhoofs verantwoordelik vir al die finansiële prosedures in die onderneming Sluit van kontrakte met betroubare diensverskaffers
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
5
POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Rekeningkundige
Betaling van personeelsalarisse Kontrole van bankprosedures Ouditering van fondse Betaling van VAT Sorg dat debiteure fakture ontvang en dat krediteure betyds betaal word Sorg dat alle transaksies wat deur die dag by ontvangs en kassiere plaasgevind het op die gasterekeninge geplaas word sodat dit op datum is indien die gas die volgende oggend uitboek Opstel van verslag van alle transaksies wat die vorige dag uitgevoer is
Krediet-/ debietklerk Nagouditeur
2.3 Sekuriteit POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Sekuriteitsbestuurder
Hou toesig oor sekuriteitswagte wat vir die sekuriteit van gaste, personeel en eiendom verantwoordelik is Sleutelkontrole
Deurwag
Verwelkom gaste by hul voertuie Laai bagasie af Neem bagasie na gastekamers nadat hul ingeboek het Kontrole van roerende eiendom
Motorwag
Verantwoordelik vir die terreinveiligheid Kontroleer toegang van voertuie na en van die perseel Help gaste met parkering Pas motors in parkeerarea van instelling op
2.4
6
Menslike hulpbronne
POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Menslike hulpbronbestuurder (HR)
Verantwoordelik vir alle personeelaangeleenthede soos indiensneming, opleiding, verlof, salarisse en enige probleme wat die personeel mag ondervind Optrek van indiensnemingskontrakte, gedragskodes, prosedures, werkskedules en roosters DissiplinĂŞre aksies en evaluering van werkverrigting in die werkplek
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
POSISIE
ROL EN VERANTWOORDELIKHEID
Opleidingsbeamptes
Opleiding en/of omsien na nuwe personeel Personeelontwikkeling waar benodig Opdatering van personeelrekords
Administratiewe personeel
3
Interverwantskap tussen verkope en bemarking, finansies/boekhouding, sekuriteit en menslike hulpbronne
Die verkoops- en bemarkingsdepartement is verantwoordelik om potensiële gaste van die produkte en dienste wat deur die instansie aangebied word, bewus te maak. Goeie bemarking sal verseker dat kliënte van die produkte en dienste gebruik maak, en so word ’n inkomste vir die instansie verseker. Die finansiële of boekhoudingsdepartement verseker dat die inkomste verhaal en volgens begroting en die behoefte van die onderneming bestee word. Die sekuriteit beskerm gaste, personeel en eiendom sodat verliese of eise wat tot onnodige uitgawes of verliese kan lei, vermy kan word. Menslike hulpbronbeamptes verseker dat prosedures in plek is en dat personeel opgelei is om hul pligte na behore te kan uitvoer. Al hierdie departemente werk dus interaktief saam om die sukses van die instansie te verseker.
4
Geleenthede vir volhoubare selfindiensneming in die voedsel- en drankbedryf
Baie mense is van mening dat selfindiensneming of entrepreneurskap die enigste oplossing vir voortgesette ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika is. Soms kan ’n eenvoudige idee ’n leemte in die mark vul en so in ’n winsgewende sakeonderneming ontwikkel. Behoorlike marknavorsing moet vooraf gedoen word om te verseker dat die sakeonderneming wat ’n persoon wil begin, ’n goeie kans staan om in ’n suksesvolle onderneming te ontwikkel. Geleenthede wat deur die Gasvryheidsbedryf gebied word, is belegging in ’n franchise of andersins om ’n entrepreneur te word.
Belangrike woord Volhoubaar: selfvoorsienend, langdurend, bewaar vir toekomstige generasies
4.1 Franchises ’n Franchise is ’n onderneming met ’n gevestigde naam wat deel vorm van ’n kettinggroep. Elke winkel het ’n eienaar (wie die franchise aangekoop het) en hy/ sy hou die wins van die onderneming. ’n Franchise of konsessie is ’n beproefde manier om ’n eie sakeonderneming te begin. Die maatskappy (“franchisor”) gee toestemming aan die individu (“die franchisee”) om die maatskappy se naam te gebruik en sekere produkte/dienste te verkoop. Nando’s, SPUR en Wimpy is voorbeelde van franchises in Suid-Afrika. Ander voorbeelde van franchises in die voedselsektor is die Fournos-bakkerye of Cinnabon-delikatesses, of drank-franchises soos Solly Kramer’s of Liquid Chefs wat die drank lewer en die bediening daarvan by funksies of privaat partytjies hanteer. Sommige franchises bied ook dienste soos Mr. Delivery, vervoer van/ na die lughawe of foto’s van toeriste. Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
7
Klaskameraktiwiteit 1 Ondersoek verskillende kleinsakeondernemings in die Gasvryheidsbedryf in jou area, en beskryf die produk of diens wat hierdie ondernemings bied.
4.2
Entrepreneurskap
‘n Entrepreneur is ’n persoon wat sy/haar eie sakeonderneming begin, veral wanneer daar ’n risiko aan verbonde is. Die Gasvryheidsbedryf bied verskeie geleenthede aan voornemende entrepreneurs.
5 5.1
Geleenthede vir selfindiensneming of entrepreneurskap
Gebak
Die verandering in leefstyl het tot gevolg dat baie mense minder vrye tyd het en dit het ’n vraag na smaaklike en aantreklike tuisgebak laat ontstaan. Vaardigheid in voorbereiding en bakwerk kan aangewend word om verskeie produkte tuis te vervaardig. Produkte sluit in beskuit, koekies, pasteie, koeke, ens. Produkte kan by verskeie afsetpunte soos supermarkte, kafees en winkels by vulstasies, of met deur-tot-deurverkope van die hand gesit word. Sommige groot supermarkte adverteer deesdae dat hulle tuisgemaakte produkte van entrepreneurs in die plaaslike gemeenskap sal verkoop. Fantasiekoeke of kolwyntjies (“cup cakes”) kan gebak en volgens ’n spesifieke tema vir kinderpartytjies, spesiale verjaardae, troues, herdenkings ens. versier word. Die grootte van die koek, soort versiering en koste word deur die behoefte van die betrokke kliënt bepaal.
5.2
Tuisnywerhede
’n Tuisnywerheid is ’n gemeenskaplike verkoopspunt aan mense van ’n spesifieke gemeenskap waar produkte wat tuis vervaardig word, aan die publiek verkoop word. Produkte word slegs aanvaar indien dit aan die kwaliteitvereistes van die instelling voldoen en ’n persentasie van die verkoopprys word deur die tuisnywerheid geëis om uitgawes soos huur, die munisipale rekening, ens. te dek. Gewoonlik neem die persone wat produkte aan sulke winkels verskaf beurte om as verkoopspersoneel diens te doen.
8
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
5.3 Verkopers Tuisgemaakte goedere, verversings en peuselhappies word vanuit ’n trollie of stalletjie verkoop. Verkopers verkoop gewoonlik spesifieke produkte soos worsbroodjies of roomys. Teikenmarkte wissel van skoolkinders wat by sulke stalletjies verbyloop tot middagetewerkers of persone wat inkopies doen.
5.4
Spyseniering vir funksies
Buitespyseniers berei gewoonlik voedsel op hul eie perseel. Hul vervoer die voedsel na en bedien dit by die perseel waar die kliënt se funksie plaasvind. Binneshuise spyseniers gebruik hul eie personeel om voedsel op hul eie perseel te bedien. Sommige entrepreneurs begin hul eie funksiepersele waar verskillende pakkette aangebied word wat die funksielokaal, voedsel en bediening daarvan kan insluit. Spyseniering kan vir besighede of die publiek gedoen word op ’n kontrak- of vryskutbasis vir bv. verjaarsdae, konferensies, troues en doopgeleenthede. Voedsel kan wissel van borde met peuselhappies tot vyfgang maaltye. Hierdie sakeondernemings kan ook verskeie bykomende dienste lewer soos die verskaffing van eetgerei, breekware, tafels, stoele en linne indien die kliënte dit sou verlang. Soms kan die lewering van bykomende dienste aan ander sakeondernemings gesubkontrakteer word. Tans is daar ’n behoefte aan spyseniers in Suid-Afrika wat ’n ete by die kliënt se huis kan berei en aan gaste kan bedien, en veral spyseniers met ’n spesifieke kulturele aanslag soos bv. Indiese of Thaise kookkuns neem in gewildheid toe.
5.5
Verjaardagpartytjies vir kinders
Temapartytjies vir kinders kan op die perseel van die sakeonderneming gehou word, of by ’n plek wat deur die kliënt verkies word. Dienste kan die volgende insluit: versierings, verversings of peuselhappies, vermaak, speletjies en geskenkpakkies. Alles pas aan by die tema. Vooraf verpakte partytjiepakkette of verpakte houers met elke kind se eet- en drinkgoed kan ook voorsien word.
5.6
Maaltye op wiele / mobiele etes
Tuisgemaakte maaltye word daagliks berei en afgelewer by mense vir wie dit onmoontlik is om vir hulself en/of hul gesinne te kook. Kliënte kan bejaardes, skofwerkers en besige moeders wees wat graag gesonde en smaaklike maaltye aan hul gesinne wil voorsit. Spyskaarte kan wissel van ligte maaltye tot maaltye wat uit verskillende gange bestaan. Hierdie maaltye kan ook verpak en bevrore verkoop word. Die maatskappy bepaal die pryse volgens die teikenmark. Maaltye wat aan bejaardes verskaf word, word dikwels beskou as welsynswerk en kan daarom goedkoper wees as voedsel wat aan gesinne van werkende moeders verskaf word.
5.7
Ander geleenthede
Ander geleenthede wat gebied word, is onder andere die invoer en verspreiding van spesialiteitsvoedselprodukte of -toerusting wat uit ’n spesifieke streek in die wêreld bekom word, bv. stroopwafels uit Nederland, of ’n spesiale roomkaas wat in ’n sekere streek van Italië vervaardig word. Indien die entrepreneur ’n mark kan skep vir die wafels of kaas, kan hy/sy dit aan deli’s, restaurante, ens. lewer. Nog ’n sake-idee mag moontlik wees om vooraf verpakte etes wat klaar of gedeeltelik voorberei is aan spesifieke teikenmarkte beskikbaar te stel, bv. kampeerders of voetslaners, of ook aan persone (bv. diabete) met spesifieke dieetvoorskrifte of dié wat glutenvrye maaltye verkies.
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
9
6 6.1
Plan vir entrepreneursgeleenthede op klein skaal
Wat het jy nodig?
Afhangende van die onderneming, kan die volgende benodig word: • ’n Netjiese en skoon kombuis met voldoende toerusting soos bepaal deur die reeks produkte. Die Department van Gesondheid mag van tyd tot tyd die perseel inspekteer. • Genoegsame bestanddele om aan die eise van die produkte te voldoen. • Geskikte verpakkings vir die spesifieke produkte. • Vervoer om die produkte aan die kliënte te lewer indien hulle dit nie direk by die sakeperseel gaan koop of afhaal nie. • Indien die aanvraag genoegsaam toeneem, mag betroubare personeel benodig word wat met die voorbereiding, aflewering en verkope kan help.
6.2 SWOT-ontleding • S – “Sterk punte”: watter positiewe dinge het jy aan jou kant? Dit sluit ook bates in wat jou met jou sake-onderneming kan help, soos bv. ’n oond of ’n voertuig. Jy kan ook jou sakeondernemings-kontakte of interpersoonlike vaardighede bv. vriendelikheid, hier neerskryf. Om die waarheid te sê, enige iets wat tot voordeel van jou sakeonderneming gebruik kan word, behoort as ’n sterk punt neergeskryf te word. • W – “Weaknesses” (swak punte): Enige iets waarmee jy nie goed vaar nie of wat jy benodig, is swak punte. Dit mag aspekte soos onvoldoende fondse, bates en vaardighede of ’n gebrek aan markinligting insluit. • O – “Opportunities” (geleenthede): Hierdie is gewoonlik omgewingsfaktore. Om toegang te hê tot ’n kulinêre opleidingskool is ’n geleentheid, en so ook die tekort aan ’n bakkery of wegneemeterestaurant in jou gemeenskap. Toegang tot goedkoop, opgeleide arbeiders is ook ’n geleentheid. • T – “Threats” (bedreigings): ’n Persoon wat ’n soortgelyke onderneming as joune open, is ’n potensiële bedreiging. So ook stygende inflasie, brandstofpryse, politieke onstabiliteit, gereelde kragonderbrekings en enige iets anders wat ’n negatiewe invloed op jou onderneming mag hê. Die SWOT-ontleding is nie die alfa en die omega van jou sakeplan nie. Dit toon areas waar verbetering aangebring kan word en waar beplanning nodig is. Alle aspekte van die SWOT-ontleding is verwant aan mekaar. Elk van die vier items beïnvloed die ander. Jy mag byvoorbeeld onder swakhede neergeskryf het dat jy nie rekenkundig vaardig is nie, maar onder sterk punte dat jy ’n vriend het wat ’n meesterboekhouer is. ’n Vriend wat ’n soortgelyke onderneming as joune in dieselfde straat as jy begin, is ’n bedreiging, maar die geheime resepteboek van jou ouma is ’n geleentheid/sterk punt wat hierdie bedreiging uit die weg mag ruim. Die gemeenskap, sosiale klubs of godsdienstige groepe waaraan jy behoort, vorm deel van jou eksterne omgewing en dit mag geleenthede vir jou sakeonderneming beïnvloed. Jou eksterne omgewing mag geleenthede bied om jou vaardighede ten toon te stel. Soms word jou vaardighede nie deur jou eksterne omgewing waardeer nie en dit kan ’n bedreiging wees, omdat jy nie jou vaardighede ten volle sal kan ontwikkel of ten toon stel nie.
10
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
Klaskameraktiwiteit 2 Gevallestudie: Jennifer is dol oor kosmaak en haar vriende hou daarvan om vir ete genooi te word omdat sy ’n spesiale aanslag het wat haar kos van ander onderskei. Sy beskik oor ’n goed toegeruste kombuis en hoewel sy bewus is van ander spysenieringsondernemings in die dorp, het sy besluit om die kombuis tot sy potensiaal te benut en buitespyseniering vir ondernemings in die gemeenskap te doen. Sy woon naby ’n skool in haar gemeenskap. Onlangs het sy te hore gekom van ’n meisie wat baie hartseer was omdat haar familie nie haar prysuitdelingsfunksie waar sy ’n prys sou ontvang, kon bywoon nie, omdat hulle ver woon en daar nie blyplek beskikbaar was nie. Jennifer het ’n goeie verhouding met die skool en by navraag het sy verneem dat baie van die skool se funksies swak bygewoon word deur families van die leerders aangesien baie van hulle ver woon. Baie mense het deesdae nie meer ’n spaarkamer waar gaste kan oorbly nie. Jennifer het besluit om die woonstel in haar agtertuin op te knap en as akkommodasie aan te bied aan mense wat graag funksies by die skool sou wou bywoon. Sy besef dat die sakeonderneming slegs seisoenaal sal wees omdat geen funksies tydens eksamens en gedurende skoolvakansies plaasvind nie. Stel ’n SWOT-analise op vir Jennifer se onderneming nadat jy die gevallestudie deurgelees het.
6.3
Die besigheidsplan
Ten einde ’n suksesvolle onderneming te kan begin en te bedryf, moet die entrepreneur ’n omvattende besigheidsplan opstel en op datum hou. Wanneer ’n besigheidsplan vir ’n nuwe onderneming opgestel word, is al die inligting moontlik nie beskikbaar nie en die besigheidsplan vir ’n gevestigde onderneming sal heel moontlik baie omvattend wees. ’n Besigheidsplan is ’n werksdokument wat gereeld op datum gehou moet word, sodat die huidige status van die onderneming weerspieël word. Wanneer ’n onderneming vir finansiering wil aansoek doen, moet die besigheidsplan so volledig moontlik wees. Die besigheidsplan sal normaalweg die volgende inligting insluit:
6.3.1 Dekblad • •
Naam van die onderneming Naam van die eienaar/s
6.3.2 Sakebeskrywing • • • • • •
Adres van die onderneming Tipe sakeonderneming bv. Geslote korporasie/alleeneienaar/vennootskap/(Pty) Ltd. Handelsmerk: die onderneming se naam, openbare beeld, logo en kleredrag soos uniforms. Kort-, medium- en langtermyndoelwitte: wat wil jy teen ’n sekere datum, finansieel en andersins, bereik. Padkaart wat die ligging van die onderneming aandui. Plan wat die uitleg van die onderneming aantoon.
Hoofstuk 2: Loopbane in die Gasvryheidsbedryf
11