Gr 12-Toerisme-Studienotas

Page 1

Í2,È-A-TOU-SN01KÎ

1

8

1

2

-

A

-

T

O

U

-

S

N

0

1

TOERISME STUDIENOTAS Graad 12

A member of the FUTURELEARN group


Toerisme Studienotas

1812-A-TOU-SN01

Í2,È-A-TOU-SN01KÎ

Graad 12

Aangepas vir KABV


Studienotas G12 ~ Toerisme

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .................................................................................................................... 3 INLEIDING........................................................................................................................... 3 TYDSBESTUUR .................................................................................................................. 4 1. Hoofopskrifte en -onderwerpe ................................................................................. 5 2. Spesifieke doelwitte van Toerisme .......................................................................... 5 3. Oorsig van onderwerpe ........................................................................................... 6 4. Jaarprogram ............................................................................................................ 8 4.1 Kwartaal 1 .................................................................................................. 8 Kwartaal 2 ................................................................................................ 10 4.2 4.3 Kwartaal 3 ................................................................................................ 11 4.4 Kwartaal 4 ................................................................................................ 13 5. Formele assessering in graad 12 .......................................................................... 13 6. Inhandigingsdatums van die SGA en PAT ............................................................ 13 7. Kom ons kyk weer daarna ..................................................................................... 14 8. Studiewenke.......................................................................................................... 15 9. Benodighede ......................................................................................................... 18 10. Nuttige webwerwe ................................................................................................. 19 11. Waar om vorige vraestelle te kry ........................................................................... 19 12. my.Impaq .............................................................................................................. 19 13. Facebook................................................................................................................19 14. Kontakbesonderhede ............................................................................................ 19 15. Eksamenwenke ..................................................................................................... 20 16. Tourism thesaurus ................................................................................................ 23

© Impaq

1


Studienotas G12 ~ Toerisme

4.

Jaarprogram

Graad 12 is ’n baie kort jaar. Alhoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, laat die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender vir 2017 nie noodwendig hierdie indeling toe nie. Kandidate word aangeraai om: 1. Dadelik met die volgende kwartaal se werk te begin sodra ’n kwartaal se werk afgehandel is. Sodoende sal daar genoeg tyd vir deeglike studie en hersiening wees. 2. Baie seker te maak van die vakinhoud wat per kwartaal afgehandel moet word ter voorbereiding van die kwartaaltoetse. 4.1

Kwartaal 1

Daar sal van jou verwag word om tydens kwartaal 1 ’n projek (25%) te voltooi en ’n toets (75%) af te lê vir die SGA-punt vir hierdie kwartaal. Dit sal die formele assessering vir kwartaal 1 wees, en sal verwerk word na ’n punt uit 100. Die toets sal handel oor al die inhoud van kwartaal 1. Jy moet ook die PAT (Praktiese Assesseringstaak)-fase 1 in Kwartaal 1 voltooi en dit na Impaq se hoofkantoor stuur vir assessering. Fase 2 word in kwartaal 2 gedoen. Die PAT tel nie saam met die SGA-punt nie, maar vorm wel deel van die Eindeksamen. Jy sal nie toegelaat word om die Eindeksamen te skryf indien albei fases van die PAT nie ingehandig is nie. Die SGA-punt vorm 25% (100 punte – 300/3 = 100), die PAT vorm 25% (100 + 100 /2 = 100) en die Eindeksamen vorm 50% (200 punte) van die jaarpunt/bevorderingspunt. Taak 1 – Projek: 25% Taak 2 – Toets: 75%

Graad 12: Kwartaal 1 Formele assessering Onderwerp

Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme

Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme

© Impaq

Inhoud

Wêreldgebeure van internasionale belang: • Konsep: Wêreldgebeurtenis - Sportbyeenkomste: 2010 FIFA Wêreldbeker, Wimbledon, Comrades-maraton, Tour de France, die Olimpiese Spele. - Ander gebeure: G8-beraad, berade oor klimaatsverandering (moet as voorbeelde genoem kan word, moenie die gebeurtenis as sulks bestudeer nie). • Die positiewe en negatiewe uitwerking van wêreldgebeure op internasionale toerisme. • Die uitwerking van die aanbied van ʼn wêreldgebeurtenis op: - plaaslike toerisme in die gasheerland. - die ekonomie van die gasheerland. • Die voordele en nadele vir die gasheerland (binne ʼn toerismekonteks): ontwikkeling van infrastruktuur, beleggings, buitelandse valuta-inkomste, die vermenigvuldigingseffek. Bronne: Onlangse inligting moet verkry word van die media. Politieke situasies en onvoorsiene gebeure van internasionale belang: • Konsepte: politieke situasies en onvoorsiene gebeure. • Voorbeelde van onlangse politieke situasies, soos burgeroorlog, terrorisme, algemene onluste. • Voorbeelde van onvoorsiene gebeure soos tsoenami’s, aardbewings en ander natuurlike rampe, die

8


Studienotas G12 ~ Toerisme

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT) Kaartwerk en toerbeplanning (PAT

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

Kaartwerk en toerbeplanning (PAT)

© Impaq

wêreldresessie, siektes, ongelukke en ekonomiese skommelings. (Identifiseer onlangse voorbeelde; moenie die politieke situasies en onvoorsiene gebeure as sulks bestudeer nie). • Die uitwerking van hierdie situasies/gebeure op internasionale toerisme en die ekonomie van die betrokke land. Bronne: Onlangse inligting moet verkry word van die media. Toerplanne en roetebeplanning: • Ontwikkel toerplanne wat by spesifieke toeristeprofiele, beskikbare begroting en tyd sal pas. • Roetebeplanning. • Keuse van vervoer en verblyf om by die kliënte se behoeftes en voorkeure te pas. • Keuse van besienswaardighede en aktiwiteite om by die toeris se profiel te pas. Bronne: ʼn Kleurpadkaart van Suid-Afrika en die SAOG-lidlande, brosjures van verblyf en toeristebesienswaardighede, internet. Die samestelling van ʼn dag-vir-dag toerplan: • Die hoofaspekte van ʼn toerplan (beskrywing van vervoer, verblyf, besienswaardighede en aktiwiteite, insluitend stilhoutye vir etes). • Faktore om in ag te neem wanneer ʼn toerplan saamgestel word (fokus op logiese beplanning). • Samestelling van toerplanne volgens verskillende scenario’s. Voorbeeld: Dag Tyd* Vervoer Verblyf Besienswaardighede Aktiwiteite Begroting

(*Tye mag ingesluit word, maar die belangrikste fokus moet op die logiese verspreiding, verskeidenheid en toepaslikheid van die aktiwiteite wees.) Die samestelling van ʼn toerbegroting: • Faktore wat ʼn invloed het op die opstel van ʼn begroting. • Ontwikkel ʼn basiese toerbegroting. Dui uitgawes aan vir reis, verblyf, etes, besoeke aan toeristebesienswaardighede, inkopies en fooie. Gesondheid • Konsepte: Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), gesondheidsertifikate, reisklinieke, verpligte en aanbevole inentings. • Voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer na hoë-risiko bestemmings gereis word (malaria-, bilharzia-, cholera-gebiede). • Inentings wat benodig word om hoë-risiko areas binne te gaan of te verlaat, soos geelkoors en hepatitis. • Tuberkulose- en MIV/vigs-risiko’s vir inkomende toeriste. • Gesondheidsvoorsorgmaatreëls wat aanbeveel word vir toeriste wat areas besoek met ʼn gesondheidsrisiko, soos gebottelde water, sonskerm, voorkomende medikasie. Veiligheid • Redes waarom die veiligheid van toeriste in Suid-Afrika belangrik is. • Algemene veiligheidsvoorsorgmaatreëls vir toeriste: in die motor, in publieke areas/strate, in die hotelkamer, by die lughawe, na donker. Reisdokumentasie: • Reisdokumente wat benodig word wanneer daar na ʼn gegewe land gereis word, geldige paspoort, visa en gesondheidsertifikaat (cholera en geelkoors).  Vereistes vir toeriste wat tussen lande reis. • Hoe om ʼn internasionale rybewys te verkry. • Paspoort: Vereistes om ʼn paspoort te kry, voltooiing van ʼn aansoekvorm. • Visum: Vereistes vir om ʼn visum te kry, voltooiing van ʼn aansoekvorm. • Konsepte: Belastingvrye goedere, verbode goedere, groen kanaal, rooi kanaal, om te verklaar, reistoelaes. • Doeane-regulasies wanneer uit Suid-Afrika vertrek word of teruggekeer word. Toegang tot en die interpretasie van doeane-inligting. Bronne: Die GSA Reisagente se Verkoopsgids, die internet. Wêreldtydsones: • Konsepte: tydsone, “UTC”, Greenwich, halfrondtes, ewenaar en seisoene, standaardtyd, plaaslike tyd, die internasionale datumlyn, die 24-uur horlosie (00:00 – 23:59), breedte, lengte. • Inleiding tot ʼn wêreldtydsonekaart. • Konsep: Dagligbesparingstyd (DBT). Redes vir hierdie praktyk. • Die uitwerking van tydsones en dagligbesparing op reisbeplanning en reis. Berekenings van wêreldtye wanneer tussen lande gereis word: • Berekenings om aankoms- en vertrektyd te bepaal met en sonder DBT en vliegtyd. (ʼn Tydsonekaart moet voorsien word. Daar word nie van kandidate vereis om te weet watter lande pas DBT toe nie.) • Konsepte: Vlugvoosheid en vluguitputting. Simptome van vlugvoosheid. Hoe om die uitwerking van vlugvoosheid te beperk en te verminder.

9


Studienotas G12 ~ Toerisme

Die navorsingsprojek word in kwartaal 1 voltooi. Die kwartaal 1-toets handel oor die werkinhoud wat in kwartaal 1 gedek is. Die bostaande onderwerpe word gedek in die PAT (Praktiese Assesseringstaak) maar sal ook in toetse en eksamens verskyn. Jy moet fase 1 van die PAT in kwartaal 1 voltooi. 4.2

Kwartaal 2

Dit sal van jou verwag word om ʼn toets (25%) en die Junie-eksamen (75% – 200 punte) af te lê in kwartaal 2 vir die SGA-punt vir hierdie kwartaal. Die PAT-fase 2 (100 punte) moet ook in hierdie kwartaal voltooi word en na Impaq se hoofkantoor gestuur word vir assessering. Graad 12: Kwartaal 2 Formele assessering Onderwerp

Toeristebesienswaardighede

Toeristebesienswaardighede

Toeristebesienswaardighede

Buitelandse valutaverhandeling

© Impaq

Taak 3 – Toets: 25% Taak 4 – Junie-eksamen: 75% Inhoud

Bekende wêreldikone en besienswaardighede: (*Wêrelderfenisterreine) • Die verskil tussen ’n toeristebesienswaardigheid en ’n ikoon. • Redes waarom spesifieke toeristebesienswaardighede en/of fisiese kenmerke beskou word as ikone. Die ekonomiese belang van ikone vir ’n land/gebied. • Profiel en statistieke van toeriste wat hierdie ikone besoek. Bestudeer die onderstaande ikone onder die volgende opskrifte: Ligging op ’n wêreldkaart (land, stad/dorp/gebied), rede(s) waarom dit ’n ikoon is, kort beskrywing van die ikoon, prent van die ikoon. • Australië: Sydney Operahuis*, Ayers Rock/Uluru-Kata Tjuta Nasionale Park* • Brasilië: Die Standbeeld van Christus die Verlosser of Corcovado (Rio de Janeiro) • Kanada: Niagara-waterval • Italië: Colosseum* (Rome), Leunende Toring van Pisa (Piazza del Uomo)*, Venesië*, Vatikaanstad • Egipte:* Die Groot Piramides van Giza, die Sfinks • Duitsland: Berlynse Muur, Swartwoud • China: Die Groot Muur van China* • Israel: Die Koepel van die Rots, die Klaagmuur • Verenigde State van Amerika: Die Vryheidstandbeeld* (New York), Die Grand Canyon* (Arizona) • Griekeland: Die Parthenon (Athene) • Indië: Die Taj Mahal* (Agra) • Turkye: Blou Moskee (Istanbul) • Frankryk: Die Eiffeltoring, die Franse Riviera • Japan: Berg Fuji • Mexiko: Chichen Itza (Yucatan)* • Jordanië: Petra* • Nepal: Berg Everest • Saoedi-Arabië: Mekka • Switserland: Die Switserse Alpe (Jungfrau-Aletsch)* • Nederland: Windmeulens • Peru: Machu Picchu* (Cuzcu) • Poland: Auschwitz* • Portugal: Die Algarve • Spanje: Alcazar van Segovia, stiergevegte • Thailand: Drywende markte • Rusland: Die Kremlin*, Die Rooi Plein * (Moskou) • Verenigde Koninkryk: Big Ben* (Westminster-paleis*), Buckingham-paleis, Die Toring van Londen*, Londen-brug. Faktore wat bydra tot die sukses van ’n toeristebesienswaardigheid: • Uitstekende bemarking van toerismeprodukte (plaaslik en/of internasionaal), volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne, doeltreffendheid en etiese optrede van personeel en bestuur, positiewe ervarings van besoekers, veiligheid en misdaadvoorkoming, algemene voorkoms en instandhouding van die besienswaardigheid, die oorweging van die behoeftes van mense met gestremdhede, universele toegang • Kenmerke van ’n suksesvolle toeristebesienswaardigheid: die werklike aantal besoekers oorskry die teikengetal besoekers, herhaalde besoeke, inkomste oorskry teikenbedrae, positiewe uitwerking op plaaslike gemeenskap en omgewing. Buitelandse valutaverhandeling: • Die term “bruto binnelandse produk” (BBP) en die voordele daarvan vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. • Die vermenigvuldigingseffek en die skakel met die BBP.

10


Studienotas G12 ~ Toerisme

Buitelandse valutaverhandeling

Toerismesektore

Toerismesektore

• Die konsep van ’n “sterk” en “swak” rand. • Die relatiewe sterkte en swakheid van ’n valuta tydens spesifieke tye. • Interpreteer ’n wisselkoersbladsy. • Skakel die belangrikste geldeenhede om in Suid-Afrikaanse rand en skakel Suid-Afrikaanse rand om in geselekteerde geldeenhede om die koopkrag van verskillende geldeenhede te verstaan. (Gebruik slegs wisselkoerse uitgedruk as: 1 eenheid van ’n buitelandse valuta = waarde in rand, d.w.s 1 USD = R7,60. Sakrekenaars mag gebruik word vir bewerkings. Bewerkings moet tot twee desimale afgerond word, bv. R34,56.) • Onderskei tussen bankverkoopkoers (BVK) en bankaankoopkoers (BAK). • Die invloed van wisselkoerse op internasionale toerisme, die invloed op beide inkomende en uitgaande toeriste, en hoe dit die reispatrone van Suid-Afrikaners beïnvloed wat na ontwikkelende lande, sowel as ontwikkelde lande reis. • Skommelings in wisselkoerse. Professionele beeld in die toerismebedryf: Die volgende faktore dra by tot ’n professionele beeld in die toerismebedryf: • Die beeld van die maatskappy soos die naam, logo, slagspreuk, webwerf, skryfbehoeftes, bemarkingsmateriaal, produkverpakking, fisiese voorkoms van die besigheid, omgewingsbeleid, kliëntediensbeleid. • Die beeld van die personeel soos professionele voorkoms, uniforms, kleredragreëls (as geen uniforms gedra word nie), persoonlike higiëne, versorging, interaksie met kliënte, kommunikasievaardighede. Diensvoorwaardes: Basiese diensvoorwaardes in een gekose veld van die toerismebedryf, soos lugdienste of hotelle of nasionale parke. • Die dienskontrak wat basiese diensvoorwaardes beskryf, soos werksure, uniformtoelaes, reisvoordele, verlof, pligte, byvoordele, besoldiging en aftrekkings, beëindiging van diens, professionele verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid, etiek. Bronne: Verwys na die Departement van Arbeid: Wet op Basiese Diensvoorwaardes (www.labour.gov.za) vir diensvoorwaardes. Die doel en waarde van ’n gedragskode: • Doel: Dit omskryf wat van personeel verwag word in die uitvoering van hulle pligte en dit gee riglyne aan personeel met betrekking tot etiese uitdagings. • Waarde: Dit skep ’n atmosfeer van samewerking en samehorigheid en bevorder integriteit in die werksplek. Bestudeer voorbeelde van gedragskodes van ’n verskeidenheid toerismebesighede. Junie-eksamen

Alhoewel PAT-fase 1 in kwartaal 1 voltooi word, het jy fase 1 van die PAT nodig om fase 2 te voltooi. LW! Dit is ’n eksamenkomponent waarsonder jy nie eksamen kan skryf nie en tel 25% (100 punte elk) van die eksamen. Die finale eksamen tel 50% (200 punte) vir die bevorderingspunt. 4.3

Kwartaal 3

Dit sal van jou verwag word om ʼn toets (25%) en die Rekordeksamen (75% – 200 punte) in hierdie kwartaal af te lê vir die kwartaal se SGA-punt. Taak 6 – Toets: 25% Taak 7 – Rekordeksamen: 75%

Graad 12: Kwartaal 3 Formele assessering Onderwerp

Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme

Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme

© Impaq

Inhoud

Vorme van betalings wanneer internasionaal gereis word: Konsepte: • Elektroniese fondsoordragte (EFT). • Telegrafiese oorplasings (SWIFT-oordragte). • OTM-ontrekkings. • Internetbetalings. • Buitelandse banknote (kontant). • Kredietkaarte (Visa, MasterCard, American Express, Diners Club). • Reisigerstjeks. • Voorafgelaaide buitelandse valuta debietkaarte soos Cash Passport/Travel Wallet/International Travel Card. Voordele en nadele van elke vorm van betaling. Buitelandse markaandeel – statistieke met betrekking tot inkomende internasionale toerisme: Interpretasie van statistieke met verwysing na: • buitelandse aankomste na Suid-Afrika (land- en lugreismarkte) en hoe aankomsstatistieke buitelandse markaandeel kan bepaal; • provinsies in Suid-Afrika wat die meeste besoek word;

11


Studienotas G12 ~ Toerisme

Bemarking

Volhoubare en verantwoordelike toerisme

Volhoubare en verantwoordelike toerisme

Kultuur en erfenis

Kommunikasie en kliëntediens

© Impaq

• duur van verblyf in elke provinsie; • gemiddelde besteding per toeris, en • aktiwiteite onderneem terwyl in Suid-Afrika. Bronne: Internet, Stats SA, Suid-Afrikaanse Toerisme (jaarlikse toerismeverslae), reisjoernale en tydskrifte, provinsiale toerisme-owerhede. Die bemarking van Suid-Afrika as ʼn toerismebestemming: • Die belangrikheid om Suid-Afrika internasionaal te bemark: - toename in jaarlikse volume van buitelandse aankomste na Suid-Afrika. - toename in internasionale bewustheid van Suid-Afrika as ʼn toeriste-bestemming. • Die kern funksies van SAToerisme: - Bemarking van Suid-Afrika internasionaal as ʼn voorkeurtoerismebestemming. - Handhaaf en verbeter die standaard van fasiliteite en dienste vir toeriste. - Koördineer die bemarkingsaktiwiteite van rolspelers in die bedryf. • Geleenthede om Suid-Afrika internasionaal te bemark: ITB (Berlyn); World Travel Market (Londen). • Befondsing van SAToerisme se internasionale bemarkingsinisiatiewe: Die rol van Toerisme Bemarking Heffing Suid-Afrika (TOMSA). • Die konsep: Handelsmerk – Suid-Afrika se handelsmerklogo. • Bekendstelling aan die Toerisme Indaba Reis Handelskou, en die Getaway-skou as geleenthede om Suid-Afrika en die suider-Afrikaanse streek aan die wêreld te bemark. Bronne: Internet, Stats SA, Suid-Afrikaanse Toerisme, reisjoernale en tydskrifte, vlugtydskrifte. Die drie pilare van volhoubare toerisme (mense, wins, planeet) • Konsep en agtergrond van die driedubbele slotreël. • Omgewing (planeet): Goeie omgewingspraktyke, soos bestuur van bronne (energie en water), afvalbestuur (verminder, hergebruik, herwin), rommelbeheer, besoedelingsbeheer, omgewingsvriendelike bouwerk, bevordering van inheemse flora en beheer van uitheemse indringerplante in grond en tuine. • Ekonomie (wins): Die rol van besigheid. Die verantwoordelike ingesteldheid van ’n toerisme-besigheid teenoor die mense en omgewing wat dit raak. Maniere om dit te beoefen: eienaarskap, indiensneming, verkryging van plaaslike goedere en dienste, ens. • Maatskaplik (mense): Neem die positiewe en negatiewe gevolge van toerisme op plaaslike gemeenskappe, kultuur en erfenis in ag. Korporatiewe maatskaplike belegging (CSI) in toerisme, soos finansiële of nie-finansiële ondersteuning deur toerismemaatskappye aan gesondheid/sport/onderwys/jeugprojekte. Verantwoordelike toerisme en toeriste • Gedragskodes vir toeriste-optrede (maatskaplike, ekonomiese en omgewings-). • Hoe kan ’n toerismebestemming omgewingsbewuste toeriste (mense, planeet, wins) lok? • Die bydrae van FTTSA om verantwoordelike en volhoubare praktyke aan te moedig. • Maak gebruik van gevallestudies van maatskappye wat die driedubbele slotreëlbenadering volg. Bronne: Voorbeelde van maatskappy inisiatiewe van die internet en gedrukte media, inligtingsbronne oor verantwoordelike toerisme (bv. Verantwoordelike Toerisme Handboek, FTTSA webtuiste, Gauteng Verantwoordelike Toerisme Handboek, ens.). Wêrelderfenisterreine: • Konsep: Wêrelderfenisterrein. • Die rol van UNESCO: logo en hooffunksie. • Soorte Wêrelderfenisterreine: Natuurlike en kulturele Wêrelderfenisterreine (verwys na terreine wat onder “besienswaardighede” in kwartaal 2 bestudeer is). • ’n Beskrywing van al die Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika, hulle ligging op ’n kaart van Suid-Afrika, en hoe hulle aan UNESCO se kriteria voldoen. Gebruik die nuutste inligting. • Die waarde van die Wêrelderfenisterreine vir Suid-Afrika se toerismebedryf. Metodes om kliënteterugvoer te verkry en meting van kliëntetevredenheid: • Konsep: Kliënteterugvoer. • Doel van verkryging van kliënteterugvoer. • Metodes om kliënteterugvoer te verkry, soos opnames, vraelyste, terugvoerkaarte, opvolg-oproepe, SMSboodskappe op selfone, webgebaseerde antwoorde. • Hoe om terugvoer te ontleed: Bestudeer en lees die terugvoerdata in om die omvang van kliëntetevredenheid te bepaal. Identifiseer die mees algemene klagtes. Besluit op ʼn plan van aksie. Begin die intervensieproses. • Die uitwerking van die diens gelewer deur ʼn organisasie op sy besigheidswinsgewendheid. Rekordeksamen (3-ure eksamen van 200 punte: Kwartaal 1 – 3 se inhoud)

12


Studienotas G12 ~ Toerisme

4.4

Kwartaal 4

Kandidate moes in die vorige drie kwartale die ses SGA-take voltooi het, wat dan die 300 punte (100 punte per kwartaal) vorm, en wat dan verwerk word na ʼn punt uit 100. Die twee fases (100 punte elk) word dan verwerk na ʼn punt uit 100, wat dan deel vorm van die Eindeksamenpunt (100 punte) en Eindeksamen = 200 punte. Die 400/4 = 100 sal die bevorderingspunt vir Toerisme wees. Kandidate moet hulself voorberei vir die Eindeksamen. Graad 12: Kwartaal 4

SGA: 1 – 3 PAT: 1 + 2

100 + 100 + 100 = 300 / 3 = 100 100 + 100 = 200 / 2 = 100

Formele assessering

Eindeksamen TOTAAL

200 400 Promosiepunt

Onderwerp

Inhoud Hersiening Eindeksamen

5.

Formele assessering in graad 12

Kwartaal 1 Taak 1: Projek 25%

Kwartaal 2 Taak 3: Toets 25%

Kwartaal 3 Taak 6: Toets 25%

Kwartaal 4 SGA = Kwartaal 1 + 2 + 3 = 300 ÷ 3 = 100

Taak 2: Toets 75%

Taak 4: Junie-eksamen 75%

Taak 7: Rekordeksamen 75%

PAT = 1 + 2 = 100 + 100 = 200 ÷ 2 = 100

Taak 5: PAT-fase 1 PRAKTIES

Taak 8: PAT-fase 2 PRAKTIES

100

6.

100

100

Inhandigingsdatums van die SGA en PAT Taak

Taak 1: Projek Taak 2: Toets Taak 3: Toets Taak 4: Junie-eksamen Taak 5: PAT Fase 1 Taak 6: Toets Taak 7: Rekordeksamen Taak 8: PAT: Fase 2

© Impaq

Eindeksamen = 200 400 ÷ 4 = 100 Promosiepunt

Inhandigingsdatum Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek Sien Portefeuljeboek

13


Studienotas G12 ~ Toerisme

7.

Kom ons kyk weer daarna

KWARTAAL 2

KWARTAAL 1 Taak 1: Projek (25%)

Taak 3: Toets (25%)

Taak 2: Toets (75%)

Taak 4: Junie-eksamen (75%)

KWARTAAL 3 Taak 6: Toets (25%) Taak 7: Rekordeksamen (75%)

PAT (Praktiese Assesseringstaak) Taak 5: PAT-fase 1 (100 punte) Taak 8: PAT-fase 2 (100 punte)  PAT-fase 1 word in Kwartaal 1 voltooi en gestuur na Impaq vir assessering.  PAT-fase 2 word in Kwartaal 2 voltooi en gestuur na Impaq vir assessering.  Die PAT word in die portefeuljeboek uiteengesit of op my.Impaq beskikbaar gestel.

© Impaq

14


Studienotas G12 ~ Toerisme

8.

Studiewenke

Jy kan enige studiemetode gebruik om Toerisme te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:

1. Oorsig

2. Vrae

3. Lees & leer 4. Opsê

5. Kontroleer

6. Herhaal

 Kry ʼn oorsig oor die werk wat geleer moet word.  Met ander woorde lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.  Bv. hoofstuk oor samestelling van ’n toeristeprofiel – inligting wat benodig word vir die saamstel van ’n basiese toeristeprofiel, ens.  Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer.  Hoekom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter?  Bv. Wat is ’n toeristeprofiel? Wanneer word dit gedoen? Wie doen dit? Waarmee word dit gedoen?  Lees en leer hierdie vrae deeglik.  Bv. jy kan nou al die vrae antwoord en verstaan wat die term toeristeprofiel beteken.  Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om jou boek te gebruik.  Bv. Wat is ’n toeristeprofiel? Sê die antwoord hardop.  Indien jy die werk nou ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.  Bv. Wie doen die toeristeprofiel? As jy nie presies kan onthou nie, vat jou boeke en kyk wat die regte antwoord is. Probeer weer en weer totdat jy sonder die boeke alles kan onthou.  Herhaal die werk elke dag.  Bv. herhaal die vrae en antwoorde elke dag. (Jy hoor jou naam elke dag en sal daarom nie vergeet wat mense jou noem nie – dus, waarborg die metode SUKSES!)

Voorbeelde: Gaan besoek die volgende webtuistes vir meer inligting: 

© Impaq

Studietegnieke: www.academictips.org/acad/

15


Studienotas G12 ~ Toerisme

(http://www.learningwithlist.com/study-skills.html)

(http://naturalmedicineformyfamily.com/memory-boosting-food/)

Š Impaq

16


Studienotas G12 ~ Toerisme

(http://www.trac.nsw.edu.au/fortnightly-focus-term-4-weeks-3-4/)

(http://www.buzan.com.au/learning/Tips_to_Help_Your_Children_in_School.html)

© Impaq

17


Studienotas G12 ~ Toerisme

    

Praktiese vakke vereis dat vaardighede ingeoefen moet word. Hoe meer jy oefen, hoe beter sal jy in Toerisme presteer; bv. deur middel van bedryfsure (soos verduidelik in die portefeuljeboek). Kontak ’n onderneming in die toerismebedryf of ʼn skool in jou dorp/stad wat die vak aanbied om jou te help. Dit is belangrik dat alle portefeuljeopdragte volledig en netjies voltooi word. Die PAT tel 25% van die promosiepunt en MOET voltooi word om jou graad 12uitslae te ontvang. Werk hard en moenie die PAT uitstel nie. Impaq het vakdeskundiges beskikbaar om jou te help. Maak gebruik van hul kundigheid om jou uitslae te verbeter. (Besoek Impaq se webwerf by www.impaq.co.za vir die vaksteunlys wat jou met die e-posadres van elke vakdeskundige voorsien.) Neem deel aan kompetisies.

ONTHOU: Harde werk, kreatiwiteit, ondersteuning van ouers en ʼn positiewe gesindheid sal SUKSES verseker! Stel vir jouself ʼn doelwit vir die jaar en werk hard om dit te bereik. Ek ________________________(naam) stel vir myself ʼn doelwit van ______% vir die jaar. Kwartaal 1 ________% Kwartaal 2 ________% Kwartaal 3 ________% Handtekening: _______________

9.

Benodighede

Toegang tot ’n verskeidenheid toerismetydskrifte, -brosjures, toerismekaarte en advertensieboeke soos hotelbrosjures, boeke en kaarte van Suid-Afrika se nasionale parke (SANParks) ’n Staatkundige kaart van die wêreld en ’n tydsonekaart met al die groot stede van die wêreld. Toegang tot die Witskrif oor die Bevordering en Ontwikkeling van Toerisme in Suid-Afrika (1996). Die nuutste weergawe van die Toerismegroeistrategie.

  

© Impaq

18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.