Í2,È-A-AGS-FG01-Î
1
8
1
2
-
A
-
A
G
S
-
F
G
0
1
LANDBOUWETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS
Graad 12
A member of the FUTURELEARN group
Landbouwetenskappe Fasiliteerdersgids
1812-A-AGS-FG01
Í2,È-A-AGS-FG01-Î
Graad 12
Aangepas vir KABV
JC Zandberg
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
INHOUDSOPGAWE LES ELEMENTE ........................................................................................................ 3 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ................................................................................ 5 ASSESSERINGSVEREISTES ................................................................................... 6 STUDIEWENKE EN -METODES ............................................................................... 6 VOORWOORD .......................................................................................................... 7 JAARPLAN ................................................................................................................ 8 EENHEID 1 Dierevoeding en -spysvertering ........................................................ 10 Les 1: Dierevoeding ................................................................................... 10 Les 2: Die spysverteringstelsel van nie-herkouers .................................... 11 Les 3: Die spysverteringstelsel van herkouers .......................................... 12 EENHEID 2 Dierevoer ............................................................................................. 14 Les 4: Komponente van voer ..................................................................... 14 Les 5: Vitamiene en die verteerbaarheid van voer .................................... 16 Les 6: Gehalte van voer............................................................................. 18 Les 7: Energiewaarde van voer ................................................................. 19 Les 8: Voedingsverhouding ....................................................................... 21 Les 9: Soorte voer ..................................................................................... 22 Les 10: Beplanning van ’n voervloeiprogram ............................................... 24 EENHEID 3 Diereproduksie ................................................................................... 26 Les 11: Diereproduksiestelsels .................................................................... 26 Les 12: Intensiewe boerdery ........................................................................ 27 Les 13: Ekstensiewe boerdery ..................................................................... 28 EENHEID 4 Diereskuilings en -bestuur ................................................................ 29 Les 14: Diereskuilings.................................................................................. 29 Les 15: Dieregedrag en -hantering .............................................................. 30 EENHEID 5 Voortplanting by diere ....................................................................... 32 Les 16: Manlike en vroulike voortplantingstelsels ........................................ 32 Les 17: Sinchronisering van bronstigheid en paring .................................... 33 Les 18: Kunsmatige inseminasie ................................................................. 34 Les 19: Embrio-oorplanting en -oordrag (kloning) ....................................... 35 Les 20: Geboorte (parturisie) en gekompliseerde kraam ............................. 37 Les 21: Melkproduksie/laktasie .................................................................... 38 EENHEID 6 Dieresiektes en -beskerming ............................................................. 40 Les 22: Dieregesondheid ............................................................................. 40 Les 23: Dieresiektes .................................................................................... 41 Les 24: Inwendige parasiete (endoparasiete) .............................................. 42 Les 25: Uitwendige parasiete (ektoparasiete) .............................................. 43 Les 26: Vergiftiging van diere ...................................................................... 44 Les 27: Die rol van die regering in die beskerming van diere ...................... 45
Š Impaq
1
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
EENHEID 7 Landbougenetika ................................................................................ 46 Les 28: Genetiese begrippe......................................................................... 46 Les 29: Oorerflikheidspatrone, variasie en mutasie ..................................... 47 Les 30: Seleksie .......................................................................................... 48 Les 31: Genetiese modifikasie of ingenieurswese ....................................... 49 EENHEID 8 Landbouproduksiefaktore ................................................................ 50 Les 32: Grond .............................................................................................. 50 Les 33: Arbeid ............................................................................................. 51 Les 34: Kapitaal ........................................................................................... 52 Les 35: Bestuur ........................................................................................... 54 EENHEID 9 Bemarking ........................................................................................... 55 Les 36: Bemarking ....................................................................................... 55 Les 37: Prysbepaling en vraag/aanbod ....................................................... 56 Les 38: Markewewig .................................................................................... 57 Les 39: Landboubemarkingstelsels ............................................................. 58 Les 40: Landboubemarkingskettings ........................................................... 59 Les 41: Landbou-entrepreneurskap ............................................................. 61 Les 42: Landbousakeplanne........................................................................ 62
Š Impaq
2
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
LES ELEMENTE
Hierdie ikone fasiliteer jou bemeestering van die kennis ter voorbereiding vir die eksamen.
LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK ’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.
© Impaq
3
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
AKTIWITEIT Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.
OEFENING Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.
KERNINHOUD Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les.
STUDEER / HERSIENING Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word.
* Alle les elemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
Š Impaq
4
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
ROOSTER EN TYDSBESTUUR Die tydstoekenning vir Landbouwetenskappe in graad 12 is vier ure per week. Maak dus tyd om minstens een uur per dag te werk – kies self vier dae wat jy gaan gebruik om tyd aan Landbouwetenskappe te bestee. Vereistes vir Landbouwetenskappe as vak: Die kandidate moet die handleiding by hulle hê. Hou altyd in gedagte dat die kandidate ook Landbouwetenskappe-take het om te doen en ruim genoeg tyd daarvoor in. Hersien elke dag die vorige dag se werk. Voltooi die aktiwiteite in die handleiding – dit sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens. Aktiwiteite in die handleiding vorm NIE deel van die portefeuljewerk nie. Die portefeuljewerk word afsonderlik in die vorm van ’n portefeuljeboek voorsien – slegs daardie take vorm deel van die portefeulje. GEEN portefeulje – GEEN uitslag. Dit is baie belangrik om die portefeulje op datum te hou en in te handig.
© Impaq
5
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
ASSESSERINGSVEREISTES Verwys na die portefeuljeboek vir ’n volledige lys van vereiste assesserings.
STUDIEWENKE EN -METODES Landbouwetenskappe is ’n wetenskap – daarom moet kandidate wat hierdie vak neem baie tyd aan intensiewe studie bestee om al die fasette en feite van die vak onder die knie te kry. WENKE: Moenie dat jou werk te veel raak nie – studeer daagliks. Wanneer ’n eenheid voltooi is, doen moeite om die feite onder die knie te kry. Maak gebruik van diagramme, teken jou sketse self oor, onderstreep die belangrike feite. Maak vir jou tabelle van die moeilike name – maak seker dat jy weet wat elkeen van daardie name beteken. Beskou die aktiwiteite as toetse – wanneer jy ’n les voltooi, leer eers die werk en beantwoord dan die vrae asof dit ’n toets is – op dié manier sal jy gou vasstel watter van die werk jy nog nie onder die knie het nie. Om vir die Eindeksamen voor te berei, is dit nodig om ou vraestelle deur te werk – doen moeite om ou vraestelle van die volgende webwerwe te kry: o http://www.thutong.doe.gov.za/examinationspace//SeniorCertificateS C//NationalSeniorCertificateNCSGrade12/tabid/3642/Default.aspx o http://www.education.gpg.gov.za/Learners/Pages/default.aspx Daar sal jy baie ou vraestelle van die afgelope paar jaar kry. Laai ook die memorandums af – dit sal jou baie help met jou voorbereiding.
© Impaq
6
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
VOORWOORD AANVULLENDE BRONNE Ken & Verstaan Landbouwetenskappe KABV, Altus Strydom, Henricho Fereirra, Peter J Holmes Suksesvolle Landbouwetenskappe, Francois Marais, Mariaan Viljoen Tydskrifte soos Landbouweekblad; Agri Boer; The Dairy Mail; Rooivleis; Veeplaas Die fasiliteerdersgids en die handleiding loop hand aan hand – jy moet albei boeke hê om die vak sinvol te kan bestudeer. In die fasiliteerdersgids is daar antwoorde op al die vrae van die verskillende aktiwiteite. Dit is egter nie wys om die antwoorde net so te gaan oorskryf nie. Die fasiliteerdersgids is eintlik daar sodat jy die antwoorde kan merk en kan sien watter werk jy nog nie onder die knie het nie. Dit is maklik om net die antwoorde neer te skryf, MAAR dan ken jy nog nie jou werk nie. Jy gaan jouself baie skade doen deur net die antwoorde neer te skryf. Gebruik die handleiding en die fasiliteerdersgids reg om Landbouwetenskappe onder die knie te kry.
© Impaq
7
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
JAARPLAN EENHEID
1. DIEREVOEDING EN -SPYSVERTERING (8 ure)
LES
1 2 3 4 5
2. DIEREVOER (12 ure)
3. DIEREPRODUKSIE (4 ure) 4. DIERESKUILINGS EN -BESTUUR (4 ure) 5. VOORTPLANTING BY DIERE (16 ure)
5. VOORTPLANTING BY DIERE (16 ure) 6. DIERESIEKTES EN -BESKERMING (12 ure)
© Impaq
6 7 8 9 10 11 12 13 14
KWARTAAL 1 Dierevoeding Die spysverteringstelsel van nie-herkouers Die spysverteringstelsel van herkouers Komponente van voer Vitamiene en die verteerbaarheid van voer Gehalte van voer Energiewaarde van voer Voedingsverhouding Soorte voer Beplanning van ’n voervloeiprogram Diereproduksiestelsels Intensiewe boerdery Ekstensiewe boerdery Diereskuilings
15 Dieregedrag en -hantering 16 Manlike en vroulike voortplantingstelsels 17 Sinchronisering van bronstigheid en paring 18 Kunsmatige inseminasie 19 Embrio-oorplanting en -oordrag (kloning) KWARTAAL 2 20 Geboorte (partusie) en gekompliseerde kraam 21 Melkproduksie/laktasie 22 Dieregesondheid 23 Dieresiektes 24 Inwendige parasiete (endoparasiete) 25 Uitwendige parasiete (ektoparasiete) 8
DATUM BEGIN
DATUM VOLTOOI
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
26 Vergiftiging van diere
7. LANDBOUGENETIKA (16 ure)
7. LANDBOUGENETIKA (16 ure) 8. LANDBOUPRODUKSIEFAKTORE (8 ure) 9. BEMARKING (16 ure)
Š Impaq
27 Die rol van die regering in die beskerming van diere 28 Genetiese begrippe 29 Oorerflikheidspatrone, variasie en mutasie 30 Seleksie KWARTAAL 3 31 Genetiese modifikasie en ingenieurswese 32 Grond 33 Arbeid 34 Kapitaal 35 Bestuur 36 Bemarking 37 Prysbepaling en vraag/aanbod 38 Markewewig 39 Landboubemarkingstelsels 40 Landboubemarkingskettings 41 Landbouentrepreneurskap 42 Landbousakeplanne
9
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
1
EENHEID 1 Dierevoeding en -spysvertering Les 1: Dierevoeding Aktiwiteit 1 1.
2.1 2.2
2.3
3.
4.
5.
6.
© Impaq
parotis (onderoorse speekselklier) sublingualis (ondertongse speekselklier) submandibularis (onderkaakse speekselklier) 8 liter kardiese fundus- piloris-gedeelte. vertering stoororgaan
(6) (1)
(3) (2)
duodenum jejenum ileum
(3)
lank gespierd rasperagtig baie beweeglik
(4)
Die bees se dundermlengte is ongeveer 16 keer dié van sy liggaamslengte of ongeveer 45 m lank.
(3)
Die omasum besit talryke bladvormige uitsteeksels of voue/blaaie wat verhoed dat growwe voedsel verder na die abomasum kan beweeg. Ons kry vier soorte blaaie naamlik: Primêre blaaie (grootste) Sekondêre blaaie (kleiner) Tersiêre blaaie (nog kleiner) Kwaternêre blaaie (kleinste) Hierdie blaaie pers die oorblywende growwe voedseldeeltjies saam en vergruis en rasper dit tussen die kragtige horingagtige spierkragtige blaaie. Die voedsel word hier uitgedroog. (10) 10
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
1
epiteelweefsel kring- lengte vertering absorpsie kapillêre bloedvate bloed
7.1 7.2 7.3 7.4 7.5
(8) TOTAAL: 40 Les 2: Die spysverteringstelsel van nie-herkouers Aktiwiteit 2 1.1
’n Suurmedium is ’n voorvereiste vir die werking van die ensiem.
(2)
1.2
Die Lieberkühn-kripte skei dundermsap af.
(2)
1.3
Brunner se kliere speel ’n rol in die beskerming van die dundermwand teen die effek van die suur maagsap. (2)
1.4
Sellulose is ’n kettingvormige polisakkaried en die hoofbestanddeel van plantselwande.
(2)
Hidrogenase is die byvoeging van ’n waterstof.
(2)
1.5 2.
Voldoende mineraalvoedsel Makro- en mikro-elemente word vir groei en voortplanting benodig. Speeksel voorsien mikrobes van sekere minerale. Maklik verteerbare koolhidrate Ongeveer 6% maklik verteerbare koolhidrate (stysels en suikers) word deur die mikrobes vir energie benodig. Voldoende stikstof Stikstof vanaf ammoniumverbindings word vir die sintese van mikrobeproteïene gebruik. (9)
3.
Dit is ’n smaakorgaan. Smaakknoppies stel die dier in staat om tussen smaaklike en minder smaaklike voedsel te onderskei. Dit help met die kouproses. Voedsel word tussen die tande ingestoot en sodoende word dit verfyn. Dit help met die slukproses. Die voedsel word met speeksel gemeng om ’n bolus te vorm. Dit speel ’n rol by die inname van voedsel.
© Impaq
11
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
1
Die tong speel verder ’n rol om die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe in die voedsel vas te stel. (6) 4.
Gal is ’n geel tot groen, bitter vloeistof en bevat geen ensieme nie, maar is belangrik vir die verteringsproses. Dit word slegs in die dermkanaal benodig sodra die spysbry aankom. Gal word in die galblaas gestoor tot benodig. Senuwee en hormonale meganismes stimuleer die galblaas om te ledig in die duodenum. (10) TOTAAL: 35
Les 3: Die spysverteringstelsel van herkouers Aktiwiteit 3 1.
Die bees se maag besit ’n kapasiteit van 150 liter tot 200 liter en bestaan uit vier kompartemente naamlik die rumen (grootpens) 80%, die retikulum (ruitjies- of netpens) 5%, die omasum (blaarpens) 7% en die abomasum (ware maag) 8%. (10)
2.
Die primêre funksie van herkou is die fisieke verfyning van voedsel wat dit makliker verteerbaar maak vir rumenmikrobes. Die sekondêre funksie van herkou is die stimulering van speekselvloei na die rumen wat die voorraad water en natriumbikarbonaat (chemiese buffer) in die rumen aanvul. (6)
3.
Aminosure is die bousteen van proteïenmolekule wat vir groei, produksie (bv. wolgroei, melk- en vleisproduksie, ens.), die herstel van verslete weefsels, vorming van ensieme asook ander belangrike funksies in die diereliggaam nodig is. (5)
4.
Oor ’n tydperk vermenigvuldig die benodigde mikrobes. Daarom word daar dikwels gebruik gemaak van die herkoutjie, vars pensmis of die rumenvloeistof van ’n herkouer wat reeds aangepas is by ’n bepaalde rantsoen, en dit vir die ander herkouers in te gee om hulle met mikrobes te “inokuleer”. (5)
5.
Wanneer ’n rantsoen ’n hoë persentasie sellulose bevat, word ’n hoë persentasie asynsuur gevorm, wat die bottervetpersentasie van melk verhoog. (4)
© Impaq
12
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
6.
1
(9) JONG HERKOUERS
Kalwers is nie werklike herkouers met geboorte nie. Kalwers – monogastriese diere Rumen, retikulum en omasum is gevorm maar nog nie ontwikkel nie. Abomasum – grootste deel van maag – beslaan meer as 50% van die totale maag. Die retikulo-rumen – ongeveer 35% van die maag Omasum is 14% van die totale maag
VOLWASSE HERKOUERS Abomasum vorm ongeveer 14% van totale maagkapasiteit Retikulo-rumen – 62% Omasum – 24%
7.
Genoeg mineraalvoedsel Makro- en mikro-elemente word vir groei en voortplanting benodig. Speeksel voorsien mikrobes van sekere minerale. Maklik verteerbare koolhidrate Ongeveer 6% maklik verteerbare koolhidrate (stysels en suikers) word deur die mikrobes vir energie benodig. Genoeg stikstof Stikstof van ammoniumverbindings word vir die sintese van mikrobeproteïene gebruik. (8)
8.
Dit is die proses waartydens die eindprodukte van vertering deur die bloedvat- en limfatiese stelsel opgeneem word vir finale verspreiding aan die liggaamsweefsels. (3) TOTAAL: 50
© Impaq
13
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
2
EENHEID 2 Dierevoer Les 4: Komponente van voer Aktiwiteit 4 1.
Bestanddeel wat deur ’n dier gevreet word en na afloop van fisieke en chemiese vertering voorsien dit in die basiese voedingstowwe wat deur die dier benodig word. (2)
2.
* * *
Onderhoud Produksie Werkverrigting
* *
Groei Reproduksie (5)
3. VOEDSEL
Water
Droë materiaal
Anorganiese materiaal
Organiese materiaal
Vitamiene
Ware proteïene
Stikstofhoudende bestanddele
Nie-stikstofhoudende bestanddele
Nie-proteïen Stikstofhoudende bestanddele
Koolhidrate
Vette en vetagtige stowwe (Enige 10)
4.
* * *
Drinkwater Metaboliese water Voginhoud van voer
(3)
5.1 Gelei klanke 5.2 Beskerm teen skokke, temperatuurwisselinge en uitdroging.
© Impaq
14
(1) (3)
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
6.
Eenheid
Geen dier skei ensieme af wat sellulose verteer nie. Fungi en bakterieë skei ensieme af wat sellulose na sellobiose afbreek. Laasgenoemde word deur sellobiase afgebreek tot glukose.
2
(3)
7.1 Tydens oksidasie van vette ontstaan ’n tekort aan koolhidrate. Ketone word geproduseer wat ’n toestand bekend as ketose laat ontstaan (ooie = domsiekte, melkkoeie = asteonemie) (4) 7.2 Die bepaling van die vetinhoud m.b.v. eter.
(2)
7.3 Dit is die % van die verteerde proteïen wat vir onderhoud en produksie aangewend word.
(2)
7.4 Koolhidrate wat in die vorm van glikogeen in die lewer gestoor word.
(2)
8.
9.
Belangrikste energiebron. Belangrik vir vetmesting. Ook ’n reserwe energiebron (glikogeen) Bevorder peristalse. Bevorder normale funksionering van spysverteringstelsel. Gebruik vir vervaardiging van laktose. Tydens verbranding ontstaan hitte – hou liggaamstemperatuur konstant. (Enige 3)
(3)
Yster is ’n bestanddeel van hemoglobien wat verantwoordelik is vir die suurstofdravermoë van bloed. Omdat yster in gebonde vorm in die bloedserum voorkom, is dit betrokke by die vervoer van yster van een deel van die liggaam na ’n ander. Yster vorm deel van, of aktiveer verskeie ensiemstelsels in die diereliggaam. Yster vorm deel van ’n bruin ysterbevattende proteïen wat in die milt, lewer, niere en beenmurg teenwoordig is. Bou weerstand op teen infeksie, stres en siektes. (10) TOTAAL: 50
© Impaq
15
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
2
Les 5: Vitamiene en die verteerbaarheid van voer Aktiwiteit 5 1.
Diersoort Fisieke vorm Hittebehandeling Chemiese behandeling Samestelling van voersoort Samestelling van rantsoen Voedingspeil Ouderdom van plant : Wanbalans Soort dier/individualiteit: (Enige 8)
2.
i.
ii.
© Impaq
(8)
Samestelling
Totale hoeveelheid gevreet
Droë materiaal
90,0%
250 kg ×
Ru-proteïen
12,5%
250 kg ×
Ruvesel
6,0%
250 kg ×
N-vrye-ekstrak
67,5%
250 kg ×
Eter-ekstrak
1,5%
250 kg ×
In mis
90 = 225 kg 100 12,5 = 31,25 kg 100 6 = 15,0 kg 100 67,5 = 168,75 kg 100 1,5 = 3,75 kg 100
Totale hoeveelheid uitgeskei
Droë materiaal
35,5%
Ru-proteïen
6,25%
Ruvesel
8,0%
N-vrye-ekstrak
14,75%
Eter-ekstrak
2,0%
16
35,5 = 4,26 kg 100 6,25 12 kg × = 0,75 kg 100 8 12 kg × = 0,96 kg 100 14,75 12 kg × = 1,77 kg 100 2 12 kg × 100 = 0,24 kg
12 kg ×
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
2
OPSOMMING: Droë materiaal (kg) 225
Ruproteïene (kg) 31,25
Ruvesel (kg)
N-vrye Ekstrak (kg)
15,0
168,75
Eter Ekstrak (kg) 3,75
4,26 220,74
0,75 30,5
0,96 14,04
1,77 166,98
0,24 3,51
% 220,74 100 225 1 = 98,12%
%
% 14,04 100 15,0 1
% 166,98 100 168,75 1
% 3,51 100 3,75 1
= 93,6%
= 98,9%
= 93,6% (30) (2)
250kg kragvoer 12kg mis Hoeveelheid verteer Verteerbaarheidskoëffisiënt
30,5 100 31,25 1 = 97,6%
3.
Dit is minder oplosbaar en daarom minder giftig as ureum.
4.
Word gebruik as indeks van gehalte van ’n proteïen
5.
Essensiële aminosure – Dier kan nie hierdie aminosure self produseer nie. Dit moet voorsien word deur die rantsoen (argenien, lisien, metionien, ens.). Nie-essensiële aminosure –Dier kan hierdie aminosure self sintetiseer (glisien, alanien sisteien, sistien, ens.). (4)
6.
’n Voer bevat nooit een soort proteïen van hoë of lae gehalte nie, maar ’n paar proteïene. ’n Rantsoen met ’n groot verskeidenheid proteïene kan ’n hoër biologiese waarde bevat as die rantsoen met slegs ’n paar proteïene. (3)
7.
Metaboliseerbare energie: Dit is die verteerbare energie minus, die energie in die urien en brandbare gasse. Dit is dus die hoeveelheid energie van voer wat deur ’n dier gebruik word vir werkverrigting en die opbou van nuwe produkte. (4)
(2)
Netto energie: Die netto energie is die deel van die ingeneemde energie wat vir nuttige prosesse soos liggaamsonderhoud en produksie gebruik word. (2) 8. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. © Impaq
H K D of O N Q M P E B 17
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
10. 11. 12. 13. 14. 15.
Eenheid
C C G C A I
2
(15) TOTAAL: 70
Les 6: Gehalte van voer Aktiwiteit 6 1. Die biologiese waarde van ’n proteïen is die persentasie van die verteerde proteïen wat vir instandhouding en groei benut word. (3) Die begrip “biologiese waarde” (BW) word as indeks van die gehalte van ’n proteïen gebruik. ’n Proteïen met ’n hoë BW word gevolglik beskryf as ’n proteïen met ’n hoë gehalte.
(2)
Vir optimale dierevoeding is die hoeveelheid en die gehalte (voedingswaarde) van proteïen van ewe groot belang. Die gehalte van ’n proteïen word bepaal deur sy aminosuursamestelling, asook die onderlinge verhouding van die aminosure tot mekaar. (4) 2. Beperkende aminosure: As daar ’n tekort aan een noodsaaklike aminosuur is, sal dit die proteïene beperk. (2) Ideale proteïene: Die hoogste moontlik BW van enige voedselbron is 100 of 100%. Dit beteken dat al die proteïene wat ingeneem of geabsorbeer word, tot proteïene in die liggaam geïnkorporeer word. Daar is dus geen tekort of surplus aan aminosure nie. (3) Aminosure: Die boustene van proteïene. (1) Biologiese waarde (BW): Die maatstaf van die gehalte van proteïene. (1) Volledige proteïene: Gewoonlik van dierlike oorsprong, bevat al die essensiële aminosure en het ’n hoë biologiese waarde. (3) Onvolledige proteïene: Gewoonlik van plantaardige oorsprong. Bevat NIE al die essensiële aminosure in die regte hoeveelheid en verhouding nie. Het ’n lae biologiese waarde. (3) Sintetiseer: Die proses om deur ’n chemiese reaksie sekere stowwe om te skakel na ’n opneembare of toeganklike vorm. (2)
© Impaq
18
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
2
3. Hoëgehalte proteïene (volledige proteïene) Hierdie groep het ’n hoë BW en kan normale groei by jong enkelmaagdiere bevorder en in die instandhoudingsbehoeftes van jong en volwasse enkelmaagdiere voorsien. Dit is meestal proteïene van dierlike oorsprong, byvoorbeeld melkproteïen (BW = 95), vismeel (BW = 95) en beesvleis (BW = 76). (5) Laegehalte proteïene (onvolledige proteïene) Hierdie groep kan ’n enkelmaagdier aan die lewe hou, maar kan nie groei bevorder nie. Sommige essensiële aminosure ontbreek, of is in klein hoeveelhede teenwoordig. Die meeste proteïene van plantaardige oorsprong behoort aan hierdie groep, byvoorbeeld mielies (BW = 60), koring (BW = 67), sojabone (BW = 75). (5) 4. ’n Mengsel van twee of meer laegehalteproteïene kan mekaar aanvul om ’n bevredigende BW tot gevolg te hê. ’n Rantsoen wat dus uit ’n groot verskeidenheid proteïene bestaan, bevat ’n hoër BW as ’n rantsoen wat slegs uit ’n paar proteïene bestaan. Daarom kan ’n mens nie die gemiddelde BW van voere gebruik wanneer mengsels gebruik word nie. (6) TOTAAL: 40 Les 7: Energiewaarde van voer Aktiwiteit 7 1.
Dit is wanneer ’n stof volledig verbrand word na sy oksidasieprodukte, naamlik koolstofdioksied (CO2), water (H2O) en ander gasse. Die energie wat as hitte vrygestel word, word beskou as die bruto energie of verbrandingshitte. (7)
2.
Dit is die bruto energiewaarde van ’n voer minus die energie wat in die mis verlore gaan: BE – ENERGIEmis = VE Daar kan dus afgelei word dat nie al die bruto energie vir die liggaam bruikbaar is nie. Deur bepaling van die verbrandingshitte van die mis en deur dit af te trek van die bruto energie van die voer, word die verteerbare energie (VE) verkry. (7)
© Impaq
19
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
3.
2
Eenheid
METABOLISEERBARE ENERGIE Dit is die bruto energiewaarde van ’n voer minus die energie wat verlore gaan in die mis, urine en die gasagtige eindprodukte van vertering. BE – (Energiemis + energieurine + energiegasse) = ME (4) NETTO ENERGIE Dit is die bruto energiewaarde van ’n voer minus die energie wat verlore gaan in die mis, urine, spysverteringsgasse en die energie wat verlore gaan as hitte. BE – (Energiemis + energieurine + energiegasse + hitte-energie) = NE (4)
4.
Hooi: Voginhoud is 10% = 17 kg x 10% = 1,7 kg Droë materiaal (DM) = Totale massa wat ingeneem is – Voginhoud = 17 kg – 1,7 kg = 15,3 kg Feses: Voginhoud is 50% = 9 kg x 50% = 4.5 kg Hoeveelheid droë materiaal = Totale massa van feses – Voginhoud (DM) = 9 kg – 4.5 kg = 4,5 kg (6)
5.
Verteerbaarheidskoëffisiënt = Droë materiaal ingeneem (kg) – Droë materiaal uitgeskei (kg) Droë materiaal ingeneem (kg) Verteerbaarheidskoëffisiënt =
6.
15,3 kg – 4,5 kg 15,3 kg
=
10,8 kg 15,3 kg
x
100
=
70,58 = 70,6%
x
100
x 100
(5)
Die chemiese reaksies wat in lewende selle plaasvind, is oksidasiereaksies en produseer hitte. Dit lei tot ’n voortdurende hitteverlies en maak ’n groot deel uit van die totale chemiese energie wat ingeneem word. Die netto energie word uiteindelik gebruik vir liggaamsinstandhouding en produksie. (7) TOTAAL: 40
© Impaq
20
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
2
Eenheid
Les 8: Voedingsverhouding Aktiwiteit 8 1.
Dit is daardie gedeelte van voer wat nie water bevat nie en word ook soms die vaste stowwe genoem. Dit bestaan uit ’n anorganiese en ’n organiese gedeelte en voorsien in ’n dier se voedingsbehoeftes vir energie (koolhidrate en vette), proteïene, minerale en vitamiene. Dit is dus die somtotaal van die ru-proteïen, ru-vet, ruvesel, stikstofvrye ekstrak en as wat in ’n voer aangetref word. (10)
2.
Dit is die totale hoeveelheid voer wat vereis word om ’n dier slegs in stand te hou terwyl dit geen werk verrig of geen werklike produk lewer nie. (4) ’n Nou voedingsverhouding: As die voedingsverhouding kleiner as 1 : 6 is. Dit beteken dat die voeding relatief baie verteerbare proteïene bevat. Kragvoer het ’n nou voedingsverhouding. Sulke voer het: meer as 60% totale verteerbare voedingstowwe (TVV), ’n lae veselinhoud, hoë voedingswaarde.
(6)
Breë voedingsverhouding As die voedingsverhouding groter as 1 : 6 is. Dit beteken dat die voer relatief min verteerbare proteïene bevat en ’n relatief groot hoeveelheid ander verteerbare voedingstowwe, bv. koolhidrate en vette. Ruvoer het ’n breë voedingsverhouding. Sulke voer het: minder as 60% totale verteerbare voedingstowwe (TVV) ’n hoë ruveselinhoud en is geskik vir instandhouding en vetmaak.
(8)
3. Voedingsverhouding (VV) = 1 : % verteerbare niestikstofbevattende bestanddele % verteerbare proteïene = 1 : 63 (70 – 7) 7 =1:9
© Impaq
(5)
21
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
2
Eenheid
Die voedingsverhouding is dus 1 : 9 en dit beteken dat die voer een deel verteerbare proteïene bevat vir elke 9 dele ander verteerbare voedingstowwe.
(2)
TOTAAL: 35 Les 9: Soorte voer Aktiwiteit 9 1.
VOERE
RUVOER
Droë ruvoer
Proteïenryk Lusernhooi
KRAGVOER
Sappige ruvoer en groenvoer gewasse
Proteïenryk Vismeel
Koolhidraatryk Mielies Hawer
Koolhidraatryk Hooi, koringstrooi
(13) 2.
Mielies is die belangrikste voergraan in Suid-Afrika. Dit is hoogs verteerbaar (80%), en bevat min ruvesel (2,3%). Dit is besonder smaaklik weens die hoë vetinhoud. Dit is laag in ru-proteïene (7 – 9%). Die proteïene is ook van ’n swak gehalte omdat dit te min van die essensiële aminosure bevat. Dit is swak gebalanseerd omdat dit te veel koolhidrate en vette in verhouding tot proteïene bevat. Mielies is arm aan minerale, veral kalsium en fosfor. Geelmielies is ryk aan karoteen – die voorloper van vitamien A. Groei – As gevolg van die proteïentekort asook ’n relatiewe lae BW is dit ongeskik vir groei. Vetmaakdoeleindes – Mielies is besonder energieryk en is by uitstek geskik vir vetmaakdoeleindes. Dit mag egter sagte liggaamsvet by varke veroorsaak.
© Impaq
22
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
Produksie – Proteïene moet aangevul word, veral vir produksie van proteïenryke produkte soos eiers. Energie – Dit is die belangrikste energieryke voer. 3
2
(11)
Voedingswaarde (BW) Vismeel beskik oor ’n biologiese waarde van 65%. Dit is hoog omdat die aminosuurverhoudings baie ooreenstem met dié van liggaamsproteïen Dit is ryk aan die essiensiële aminosure naamlik lisien, metionien en argenien. Dit is ryk aan kalsium en fosfor. Is ’n goeie bron van vitamiene A, D en B12. Dit het ’n TVV-inhoud van ongeveer 72%. Gebruike Vismeel word as proteïenaanvulling gebruik in rantsoene vir jong, groeiende diere en hoogsproduserende enkelmaagdiere soos varke en pluimvee. Dit is baie duur en word slegs in klein hoeveelhede ingesluit vir hoogproduserende melkkoeie en wolproduserende skape. Vismeel is nie baie smaaklik vir herkouers nie. Die nadeel egter is die visgeur wat ontstaan by hoendervleis. Vismeel is uiters geskik vir groeidoeleindes a.g.v. hoë biologiese waarde. Koste en bysmake maak dit minder geskik vir vetmaak- en produksiedoeleindes. Dit word in klein hoeveelhede gebruik vir energiedoeleindes as gevolg van hoë koste. (11)
4.
Kragvoere bevat ’n groot persentasie verteerbare voedingstowwe (meer as 60 %) totale verteerbare voedingstowwe of TVV) met ’n gevolglike hoë voedingswaarde en is nie lywig nie en min ruvesel. Lywigheid het te doen met hoe vinnig dit die dier versadig laat voel (volmaak). (4)
5.
Word gebruik om ruvoer te balanseer sodat dit aan die proteïen- en die energiebehoefte van ’n dier kan voldoen. Varke en pluimvee word uitsluitlik daarmee gevoer omdat hulle nie ruvoere kan benut nie. Dit word vir verhoogde melk- en vleisproduksie gebruik. Dit is nodig vir die vetmesting/afronding van ’n dier. Kragvoer is noodsaaklik vir groei. Kragvoer voorsien koolhidrate en vette in die rantsoen. (6)
© Impaq
23
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
6.
2
(4) Lynsaadoliekoekmeel Katoensaadoliekoekmeel Grondboontjie-oliekoekmeel Sonneblomoliekoekmeel
VP% 30 35 38 36
TVV% 78 73 82 87
7.
Hooi, groenvoere, weidings, kuilvoer.
8.
Dit is ongeskik vir groei- en produksiedoeleindes.
9.
Mineraallekke Veesuipings Rantsoenaanvulling Dosering “Kafeteria-styl”-mineraalvoorsiening Inspuitings Voorsienings d.m.v. grondsooie
(7)
Dit is voerbymiddels (nie voedingstowwe nie) wat die prestasie (groei/ produksie) van die diere verhoog.
(4)
10.
(4) (2)
11.
Dit is daardie gedeelte van voer wat nie water is nie, en word ook soms die vaste stowwe genoem. Dit bestaan uit ’n anorganiese en ’n organiese gedeelte en voorsien in ’n dier se voedingsbehoeftes vir energie (koolhidrate en vette), proteïene, minerale en vitamiene. Dit is dus die somtotaal van die ru-proteïen, ruvet, ruvesel, stikstofvrye ekstrak en as wat in voer aangetref word. (7)
12.
Deur rumenmikrobes.
(2) TOTAAL: 75
Les 10: Beplanning van ’n voervloeiprogram Aktiwiteit 10 1.
ONDERHOUDSRANTSOEN Die onderhoudsrantsoen is die totale hoeveelheid voer wat vereis word om ’n dier slegs te onderhou terwyl dit geen werk verrig of geen werklike produk lewer nie. Dit word hoofsaaklik op die liggaamsmassa van ’n dier en ’n diersoort gebaseer.
© Impaq
24
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
2
Wanneer ’n dier ’n onderhoudsrantsoen ontvang, sal sy liggaamsamestelling en massa konstant bly. Gewoonlik word minstens die helfte van die voer wat deur ’n dier gevreet word net vir onderhoud gebruik. (4) PRODUKSIERANTSOEN: Behalwe vir onderhoud benodig ’n dier ook voedingstowwe vir die produksie van dierlike produkte. Hierdie is addisionele voer wat deur ’n dier benodig word. Die hoeveelheid en samestelling van ’n produksierantsoen word bepaal deur die kwaliteit, kwantiteit en die aard van die produksie. (6) 2.
Voer A Gars 9%
13 dele van voer A
25% RP
Voer B Grondboontjieoliekoekmeel 38%
+ 16 dele van Voer B
29 dele in totaal
(5) 3.
Die produksievermoëns van die plaas moet aanpas by die diere se vereistes. Die boer benodig natuurlike hulpbronne wat volhoubaar is. Daar moet korrelasie wees tussen die drakapasiteit van die plaas en die grootte van die kudde. Die boer moet weet wat die drakapasiteit van sy plaas is. Die regte getal diere moet dan aangehou word. (5) TOTAAL: 20
© Impaq
25
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
Eenheid
3
EENHEID 3 Diereproduksie Les 11: Diereproduksiestelsels Aktiwiteit 11 1.
Intensiewe produksiestelsel Dit is diereproduksie onder goeie gekontroleerde omstandighede soos aangeplante weidings onder besproeiing in klein kampstelsels of diere op voerkraalstelsels of hoenders in ’n hokstelsel. (4) Ekstensiewe produksiestelsel Dit is diereproduksie op natuurlike weiding of reste op graanlande op ’n groot oppervlakte, met ander woorde die diere is loslopend. (3) Volhoubaar beteken om natuurlike hulpbronne soos plantegroei en grond op so ’n manier te bestuur en te gebruik dat dit nie sal verswak nie, en om sodoende te verseker dat dit in die toekoms nog gebruik sal kan word. (4) 2.
Kleinskaalse/bestaansboere Hou klein hoeveelheid diere aan, net vir eie gebruik of ’n paar om te verkoop. Diere word in klein kampies aangehou of op ’n klein stukkie grond. Hou meestal nie diere aan van ’n hoë genetiese gehalte nie. Die bestuur van die diere ten opsigte van voeding, siektes en produksies is nie altyd op standaard nie. Een gesin produseer gewasse vir eie gebruik. Klein plase Eenvoudige stelsel Produktiwiteit is laag Tradisionele boerderytegnieke Verskeidenheid diere word gekies (Enige vyf)
© Impaq
(10) Grootskaalse/kommersiële boere Hou groot hoeveelheid diere aan. Dit is ekonomies haalbaar en die produk word op ’n kommersiële basis bemark. Hou goeie genetiese gehalte diere aan vir maksimum produksie. Goeie bestuur om maksimum produksie te verseker. Die boer produseer of gewasse of vee vir die mark. Baie groot plase Komplekse stelsel. Produktiwiteit is hoog Moderne boerderytegnieke Een of twee soorte diere word gekies (Enige vyf)
26
Fasiliteerdersgids G12 ~ Landbouwetenskappe
3.
Eenheid
Die vlak van bestuur Die omgewing, Die volhoubaarheid Drakapasiteit van die veld.
3
(4) TOTAAL: 25
Les 12: Intensiewe boerdery Aktiwiteit 12 1.
(7) Geel mieliemeel Koring Hawer Vismeel Beenmeel Sout Totaal
2.
3.
4.
5.
10 kg 80 kg 5 kg 3,2 kg 1,75 kg 0,05 kg 100 kg
Die terrein moet goed gedreineer wees. Daar moet natuurlike lugsirkulasie wees. Die gebou moet koste-effektief wees. Daar moet goeie temperatuurbeheer wees. Dakmateriaal moet geïsoleer wees. Ventilasiestelsels moet genoeg suurstof voorsien. Beligting moet ’n egalige verspreiding van lig gee.
(7)
Braaikuikens moet ewe groot wees. Braaikuikens moet by ’n betroubare handelaar gekoop word. Hoenders moet gesond wees sonder siektes en gebreke. Kies braaikuikens met ’n hoë lewensvatbaarheid. Kies vinnige groeiers.
(5)
Skoon drinkwater moet altyd beskikbaar wees. Ent die kuikens in om ’n uitbraak van siektes te verhoed. Verwyder alle swak en misvormde kuikens. Verbrand of begrawe dooie kuikens. Bestuur die temperatuur in kuikenhuise.
(5)
Vinnige gewigstoename
(1) TOTAAL: 25
© Impaq
27