Gr 1 lewensvaardighede fasiliteerdersgids

Page 1

Í2!È-A-LFS-FG01\Î 1

8

0

1

-

A

-

L

F

S

-

F

G

0

1

LEWENSVAARDIGHEDE FASILITEERDERSGIDS

Graad 1

A member of the FUTURELEARN group


Lewensvaardighede Fasiliteerdersgids

1801-A-LFS-FG01

Í2!È-A-LFS-FG01\Î

Graad 1

Aangepas vir KABV



Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

INHOUDSOPGAWE 1. 2. 3. 4. 5. 6.

7.

Voorbereiding vir tuisonderrig .................................................................................. i Beplanning ................................................................................................................. ii Assessering .............................................................................................................. iii ’n Leerderportefeulje ................................................................................................ iii Beloon jou kind ........................................................................................................ iv Lesplanne................................................................................................................. vii Kwartaal 1 .................................................................................................................. 1 Tema: Ek ..................................................................................................................... 1 Tema: Gesonde gewoontes/gevare/somer en see ..................................................... 5 Kwartaal 2 .................................................................................................................. 9 Tema: Waarvan als gemaak word/toeka tot nou/geld ................................................ 9 Tema: My land en wilde diere.................................................................................... 11 Tema: My woonbuurt ................................................................................................ 14 Kwartaal 3 ................................................................................................................ 17 Tema: Gesondheid/kos/goeie maniere ...................................................................... 17 Tema: Lente en water ............................................................................................... 20 Kwartaal 4 ................................................................................................................ 25 Tema: Troeteldiere ................................................................................................... 25 Tema: Kersfees ........................................................................................................ 28 Addendum A: Daaglikse rooster ............................................................................ 31

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

1. Voorbereiding vir tuisonderrig Voordat daar met tuisonderrig begin word, moet ‘n paar punte in gedagte gehou word wat die kwaliteit van die leerprogram kan beïnvloed. Om van ‘n formele skoolsisteem na ‘n meer informele tuisondderigstelsel oor te skakel, kan vir leerders én ouers ’n groot aanpassing wees. Die gewone skoolroetine moet plek maak vir ’n tuisleerroetine, wat gewoonlik beteken dat almal in die gesin hulle persoonlike skedules sal moet aanpas. Om die oorgang van een roetine na ’n ander makliker te maak kan die gesin gebruik maak van ontskoling. Ontskoling is die proses waardeur leerders en ouers moet gaan om hulself voor te berei vir die nuwe manier van leer wat tuis sal plaasvind. Dit is belangrik dat jou as ouer en fasiliteerder jou vaardighede in hierdie tyd van ontskoling opskerp, omdat die vermoë van die leerder om te presteer en te leer regstreeks deur die handelinge van die ouer en fasiliteerder beïnvloed word. Tabel 1.1 en 1.2 verskaf ’n paar punte wat in gedagte gehou kan word om ’n beter ouer en fasiliteerder vir die leerder te wees. Elke ouer moet krities na hulself kyk en besluit op watter aspekte verbeter kan word. Geen ouer is perfek nie, maar gelukkig kan ouervaardighede opgeskerp word deur klasse by te woon wat by gemeenskapsentrums en kerke aangebied word. Daar is ook heelwat boeke oor hierdie onderwerp geskryf en talle artikels is op die Internet beskikbaar. Tabel 1.1 Fokuspunte vir die ouer en fasiliteerder • Heg waarde aan die leerder se individualiteit, maar perke moet gestel word wanneer dit nodig is. • Vertrou in die leerder se vermoëns. • Respekteer die leerder se belangstellings, idees, opinies en persoonlikheid. • Wees liefdevol en aanvaar die leerder soos hy/sy is, maar met die verstandhouding dat daar van hom/haar verwag word om ten alle tye sosiaal aanvaarbaar op te tree. • Straf konsekwent. • Die leerder moet daarvan bewus wees dat daar van hom/haar verwag word om toegewyd en lojaal te wees en om goed te presteer, en dat hy/sy die nodige ondersteuning van jou sal kry. Tabel 1.2 Die volgende lys is opgestel deur kinders … • Behandel ons met respek. • Wees entoesiasties. • Ken die werk wat ons moet leer. • Wees beskikbaar as ons ekstra hulp nodig het. • Maak gebruik van die multimedia-hulpbronne. • Wees vriendelik met ons. • Praat met ons oor jou eie lewe. • Gebruik speletjies om ons te help om ons werk beter te onthou. • Moenie te veel werk op ‘n slag met ons behandel nie. • Moenie te veel reëls op ‘n slag vir ons gee nie. • Gee ons ook kans om klas te gee. © Impaq

i


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

2. Beplanning 2.1 Die Impaq-kurrikulum Die Impaq-kurrikulum sluit alle vakke in soos vereis deur die Departement van Onderwys en is saamgestel na aanleiding van die Kurrikulum- en assesseringbeleidverklaring (KABV). Tabel 2.1.1 Die Impaq-kurrikulum vir die Grondslagfase (Graad R – 3) bestaan tans uit die volgende vakke: GRAAD 1 GRAAD 3 GRAAD 2 GRAAD R Huistaal

Huistaal

Huistaal

Huistaal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

VAKKE

2.2 Beplanning Gebruik die onderstaande stappe en rooster om jou beplanning vir die jaar te doen. 2.2.1 Jaarbeplanning 1. Begin deur die pakkie boeke wat deur Impaq aangestuur is, oop te maak en op die tafel uit te pak. Sit al die boeke van dieselfde vakke bymekaar. Met ander woorde daar sal ’n hopie boeke wees vir Tale, Addisionele Tale (nie vir graad R nie), Wiskunde en Lewensvaardighede. 2. Gebruik Impaq se voorraadlys en kontroleer die boeke. 3. As al die boeke ontvang is, kan die jaarkalender en die rooster vir die graad (sien 7. Daaglikse rooster) gebruik word om ’n jaarplan op te stel. 4. Om te verseker dat die beplanning volledig is, moet die volgende gedoen word: • Vir elke vak moet die fasiliteerdersgids, handboeke, werkboeke, leesboeke en leerderhulpmiddels met mekaar vergelyk word. • Maak ’n lys van die hoeveelheid lesse wat daar in elke kwartaal is en vergelyk die leshoeveelhede met die daaglikse en weeklikse rooster vir die spesifieke graad. Deel die lesse dan per dag op ’n jaarkalender in soos dit jou persoonlik pas. • Om te verseker dat die jaarbeplanning volledig is, moet jou eie roetine, die leerder se daaglikse roetine asook sportaktiwiteite en vakansies in ag geneem word. Wenk: Om te verseker dat julle deur al die werk sal kom, kan die jaar in vier kwartale wat bestaan uit 10 weke elk met die nodige vakansies tussenin, verdeel word. 2.2.2 Tydsbeplanning is belangrik Alhoewel leerders in die Grondslagfase graag speel, moet jy egter steeds probeer om so veel as moontlik by die onderrigtye te hou wat jy in die jaarbeplanning uiteengesit het. Dit is belangrik vir die volgende redes: • Dit bied aan die leerder die nodige vasgestelde roetine. • Dit ontneem die leerder van die nodige vaslegging en roetine indien die onderrigtye vir speel aangewend word.

© Impaq

ii


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

2.2.3 Geskrewe lesvoorbereiding Elke les moet vroegtydig deurgewerk word om te verseker dat jy die les verstaan wat aan die leerder voorgegee gaan word. Maak ’n lysie van die leerhulpmiddels wat benodig gaan word om die les effektief aan te kan bied. In die Grondslagfase is die gebruik van leerhulpmiddels van uiterste belang. Leerders leer die beste as hul oë, ore, neuse, hande en ander liggaamsdele gebruik word terwyl hulle leer. Dit is dus van kardinale belang dat daar van leerhulpmiddels in lesse gebruik gemaak word. 2.2.4 Beplanning vir ‘n aangename leerarea As deel van die beplanning vir die jaar moet ‘n plek ingerig word wat gebruik gaan word as leerarea. Dit kan enige plek in die huis wees- ‘n slaapkamer, ‘n hoekie in die kombuis of eetkamer, ens. Gebruik die volgende idees om ‘n aangename leerarea te skep: 1. Kies ‘n area wat geskik sal wees vir studeer en leer. Die area hoef nie in die leerder se kamer te wees nie. Gebruik enige plek wat aan die leerder se unieke behoeftes sal voldoen. 2. Haal die normale versierings soos skilderye van die mure af en vervang dit met studiemateriaal of opvoedkundige muurkaarte, byvoorbeeld ‘n muurkaart met vorms, die alfabet, getalkaarte en flitskaarte. 3. Daar moet ‘n groot tafel in die leerarea wees sodat die leerder ’n plek het om te skryf, op ‘n tablet te werk, om projekte te doen, of om kuns te doen. Daar moet ook genoeg plek wees vir boeke en skryfbehoeftes. 4. Maak seker dat daar gemaklike stoele is vir jouself en die leerder. 5. Rig ‘n spesiale area in (indien die spasie beskikbaar is) waar die leerder boeke kan lees, navorsing kan doen op ‘n rekenaar, opvoedkundige speletjies kan speel of kan verf. Dit sal ook ‘n nuttige spasie wees indien jy meer as een leerder tuisskool. Een leerder kan daar besig gehou word terwyl die ander leerder se les aangebied word. 6. Sit ‘n rak of ‘n kas in die leerarea om skryfbehoeftes, boeke en leerhulpmiddels in te bêre. Indien daar nie genoeg spasie in die leerarea is nie kan ‘n ander vertrek daarvoor gebruik word. ’n Rak of kas skep ‘n geordende omgewing en sal bydra tot die kwaliteit van die leersessies. Organiseer die rak of kas: 1. Gebruik ‘n gedeelte van die spasie in die kas om kuns-items soos kwasse, verf, gekleurde papier, klein kartonhouertjies, gom en skêre in te bêre. 2. Sonder ‘n gedeelte af vir skryfbehoeftes soos penne, potlode, uitveërs, skerpmakers en liniale. 3. Gebruik ‘n gedeelte van die rak vir die leermateriaal wat van Impaq ontvang is. Dit is ’n goeie idee om die leermateriaal per vak te organiseer. 3. Assessering Alle assesseringsinligting in die Grondslagfase Portefeuljeboek beskikbaar. 4. ‘n Leerderportefeulje ‘n Portefeulje is ‘n lêer waarin die fasiliteerder ’n samestelling van die leerder se werk hou met die doel om sy/haar pogings, vordering en prestasies te organiseer en te liasseer vir latere verwysings.

© Impaq

iii


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Dit is belangrik om die portefeulje op datum te hou en veilig te bewaar, selfs al is die skooljaar verby. Onthou dat die portefeulje ’n bewys van die leerder se skoolloopbaan is. 4.1 Inhoud van die portefeulje 1. Koop ‘n groot lêer en ‘n paar gekleurde kartonne aan. Bring op die buitekant van die lêer die volgende inligting aan: • Jaar • Leerder se naam en van • Graad 2. Aan die binnekant moet daar op die eerste bladsy (karton) ‘n inhoudsopgaweblad gemaak word met die volgende inligting: Inhoudsopgawe 1) Kwartaal 1 1.1) Assesseringsvorms 1.2) Bewyse van werk 1.3) Werk waarop die leerder trots is 2) Kwartaal 2 2.1) Assesseringsvorms 2.2) Bewyse van werk 2.3) Werk waarop die leerder trots is 3) Kwartaal 3 3.1) Assesseringsvorms 3.2) Bewyse van werk 3.3) Werk waarop die leerder trots is 4) Kwartaal 4 4.1) Assesseringsvorms 4.2) Bewyse van werk 4.3) Werk waarop die leerder trots is 5) Kwartaallikse verslae van Impaq. 6) Nie-kurrikulêre verslae, sertifikate en ander prestasies. 7) Algemene inligting: mediese geskiedenis en spesialis-verslae (spraakterapeut, arbeidsterapeut, gehoorspesialiste). 8) Enige ander inligting of dokumente wat JY as nodig ag om in die lêer te bêre om die leerder se portefeulje volledig te maak. 5. Beloon jou kind Navorsing toon dat ongeveer 48% van ouers in Amerika hulle kinders se prestasies met geld beloon. Kundiges is van mening dat matige beloning met geld ‘n kind wel kan aanmoedig om beter te presteer, maar dat dit ook problematies kan raak. As kinders te veel met geld beloon word, gaan hulle innerlike motivering om te presteer verlore en werk hulle later net vir die geld. As die leerder van nature nie gemotiveerd is om te presteer nie, is dit die mening van kundiges dat dit raadsaam is om nie die leerder te straf nie, maar liewers te beloon vir die prestasie wat hy/sy wel bereik. Met ander woorde, die leerder moet steeds beloon word vir ‘n prestasie van 50% en nie gestraf word nie.

© Impaq

iv


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Die leerder kan op een van die volgende maniere vir goeie gedrag, goeie werk of ‘n goeie rapport beloon word. Gereelde beloning moedig leerders aan om harder te probeer en is ook baie goed vir hulle selfvertroue. • Die heel beste manier om leerders te beloon, is om vir hulle te wys dat jy as ouer trots is op hulle. Beloon die leerder se prestasie met opgewondenheid, “baie geluk!”, ‘n “high five”, ‘n soen en ‘n druk. • Waar moontlik, moet die leerder se prestasie ten toon gestel word om vir hom/haar te wys hoe trots jy voel. ‘n Goeie werkstuk of ‘n goeie rapport kan op die yskas vertoon word vir almal om te sien. • Bak vir die leerder ‘n koek om hom/haar spesiaal te laat voel. Skryf sy/haar naam en prestasie in versiersuiker op die koek. • Die leerder kan ook as beloning op ‘n uitstappie geneem word. Die uitstappie kan na sy/haar gunsteling museum wees, na ‘n pretpark of ‘n akwarium. • Beloon die leerder met ‘n fliek of omskep die sitkamer in ‘n teater en neem DVD’s uit wat jy saam met die leerder kan kyk terwyl julle springmielies eet. • Neem die leerder uit vir pizza. • As beloning kan die leerder ekstra tyd toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel. • Neem die leerder op ‘n uitstappie na ‘n boekwinkel om ‘n boek van sy/haar keuse te kies wat julle saam kan lees. Vir enige navrae kontak die vakdeskundige by Impaq.

© Impaq

v


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Š Impaq

vi


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

6. LESPLANNE

© Impaq

vii


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Š Impaq

viii


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

6.

Kwartaal

1

LESPLANNE

LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1 KWARTAAL 1 INHOUDSAREA

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN

LO

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

© Impaq

TEMA: EK VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 1 DAG 1 Bespreek konsepte: 1. Elke persoon is uniek. 2. Elke persoon het regte en verantwoordelikhede. Slaan ’n ballon in die lug sonder dat dit die grond raak. DAG 2 Hoe verskil ons van mekaar? Hare, lengte, ouderdom.

HULPBRONNE

Ballonne

Uitvoerende Kuns: 1. Warm jou liggaam op. Die liggaam in ruimte is hier van belang. Swaai jou arms, skop jou bene en draai jou nek. 2. Speel vries-speletjies. Die fasiliteerder neem ’n fluitjie en gee opdrag dat die leerder moet vries as fluitjie blaas. 3. Herhaal, maar wanneer die fluitjie blaas moet die leerder op die grond val. DAG 3 1. Persoonlike inligting: naam, van, Werkboek – Aktiwiteit 1 ouderdom. 2. Wat maak ons uniek en; wat maak ons eenders. 3. My liggaam – almal het hande, oë, ore, ens. Balvaardighede: Bal 1. Gee ’n bal aan. 2. Gooi ’n bal. 3. Bons ’n bal. DAG 4 Toiletroetine: Wat moet ek doen as ek die toilet moet gebruik – toilet spoel, hande was, ens. Visuele Kuns: A4-papier 1. Selfportret op 'n A4-bladsy. 2. Sluit jou familie in. 3. Let op die lyne. 4. Kleur in van links na regs. 1


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Kwartaal

DAG 5 Teken ’n selfportret op ’n A4-bladsy.

A4-papier

Voltooi Dag 2 se projek.

TEMA: EK INHOUDSAREA VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 2 DAG 1 Verduidelik weer die dele van die AANVANGSKENNIS, 1. liggaam. PERSOONLIKE EN Speel die speletjie “Simpel Simon SOSIALE WELSYN 2. Sê”. Die fasiliteerder gee vir die leerder ’n hoepel. LO 1. Die leerder hou die hoepel oor sy/haar kop en doen opwarmingsoefeninge daarmee. 2. Gee instruksies: • Spring op een been om jou hoepel. • Spring vier keer op en af in jou hoepel. • Sit jou hande op jou kop en loop om die hoepel, ens. DAG 2 Bespreek die konsepte normaal en AANVANGSKENNIS, 1. abnormaal. PERSOONLIKE EN Wat beteken dit as mense praat van SOSIALE WELSYN 2. gestremdheid? 3. Om dankbaar te wees vir ons gesondheid. 4. Maak dit saak as ons anders is? SKEPPENDE KUNSTE DAG 3 Fasiliteerder sê die naam van ’n AANVANGSKENNIS, 1. liggaamsdeel en leerder wys daarna. PERSOONLIKE EN Leerder voer dan ’n aksie daarmee SOSIALE WELSYN 2. uit, bv. rol oë. 1. Gebruik weer die hoepel en LO kombineer dit met ’n boontjiesak. 2. Fasiliteerder hou die hoepel vas en leerder gooi die boontjiesak deur die hoepel.

© Impaq

1

2

HULPBRONNE

Hulpbronpakket – My Liggaam

Hoepel (“hula hoop”)

Werkboek – Aktiwiteit 2

Hoepel Boontjiesak


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Kwartaal

1

3.

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Fasiliteerder en leerder gooi die boontjiesak vir mekaar, ens. DAG 4 Benoem die kleiner liggaamsdele – pinkie, duim, enkel, ens.

Bespreek die verskille in die versorging van honde en katte. Voltooi Aktiwiteit 2. DAG 5 Teken jouself op ’n A4-bladsy en gee byskrifte vir jou liggaamsdele.

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN Uitvoerende Kuns: SKEPPENDE 1. Fasiliteerder gee die name van emosies KUNSTE en bespreek dit met die leerder. 2. Fasiliteerder sê dan die naam van ’n emosie, bv. hartseer, en die leerder moet die emosies uitbeeld. 3. Dek verskillende emosies.

INHOUDSAREA

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN

LO

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

© Impaq

TEMA: EK VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 3 DAG 1 1. Bespreek ouderdom. 2. Vertel aan die fasiliteerder hoe oud jy is en of jy jonk of oud is. 3. Bespreek woorde soos baba, kleuter, leerder, student, volwassene, bejaarde. Opwarming: 1. Hardloop op een plek. 2. Hardloop tot by die boom/muur/net en terug. 3. Slaan vier keer na mekaar bollemakiesie. 4. Swaai jou arms en bene om die middellyn te kruis. DAG 2 Aktiwiteit 3, Afdeling A

Aktiwiteit 3, Afdeling B

Werkboek – Aktiwiteit 2

A4-papier

HULPBRONNE

Werkboek – Aktiwiteit 3, Afdeling A Werkboek – Aktiwiteit 3, Afdeling B

3


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Kwartaal

1. 2.

1

DAG 3 Bespreek reëls en regulasies. Waarom is daar reëls?

Speel musiek waarvan die leerder hou. Beweeg slegs een kant van die liggaam. 1. Skop regs. 2. Knipoog links. 3. Leer die leerder om tou te spring. DAG 4 Maak ’n lys van reëls wat in klas geplaas kan word en bespreek dit met die leerder.

Springtou

Voltooi die aktiwiteit deur die prentjie in te kleur. DAG 5 Bespreek reëls in die huis en leerder se verantwoordelikhede.

Werkboek – Aktiwiteit 3, Afdeling B

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN Fasiliteerder skep ’n scenario aan leerder. SKEPPENDE “Daar is papiere in die klaskamer gestrooi.” KUNSTE 1. Jy word uitgeskel omdat die reëls verbreek is. 2. Hoe gaan jy optree? 3. Neem aan die dialoog deel. 4. Wat is die regte manier om op te tree indien reëls nie nagekom word nie.

INHOUDSAREA

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE AANVANGSKENNIS PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN

© Impaq

TEMA: EK VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 4 DAG 1 Bespreek veiligheid tuis en oral waar leerder gaan.

HULPBRONNE

Werkboek – Aktiwiteit 4

Werkboek – Aktiwiteit 5 DAG 2 Bespreek dele van die liggaam wat “myne” is en nie aangeraak mag word nie. Aktiwiteit 6

Werkboek – Aktiwiteit 6

DAG 3 Watter persone kan vertrou word en waarom?

Werkboek – Aktiwiteit 7

4


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

LO

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Kwartaal

1

Opwarmingsoefeninge: 1. Leerder draf op een plek. 2. Strek arms (kruis middellyn). 3. Maak wawiele. 4. Hop en galop. DAG 4 Werkboek – Aktiwiteit 8

Voltooi Aktiwiteit 6

Werkboek – Aktiwiteit 6 DAG 5

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Werkboek – Aktiwiteit 9

Werkboek – Aktiwiteit 10

8

TEMA: GESONDE GEWOONTES/GEVARE/SOMER EN SEE INHOUDSAREA VERDUIDELIKING/NOTAS/ HULPBRONNE AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 5 DAG 1 Gesels oor netheid. AANVANGSKENNIS, 1. 2. Waarom raak ons siek? PERSOONLIKE EN 3. Hoe word kieme oorgedra? SOSIALE WELSYN 1. Leerder lê op die gras of op die mat LO met hande langs die sye. 2. Hou kop stil. 3. Rol jou oë van regs na links. 4. Hou hele liggaam stil en rol nou vyf keer na links en dan vyf keer na regs. 5. Speel “Wolf, Wolf, hoe laat is dit?” met die fasiliteerder. DAG 2 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 11 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 12 KUNSTE DAG 3 Praat oor die badkamer. AANVANGSKENNIS, 1. 2. Wat vind ons alles daar? PERSOONLIKE EN 3. Leerder wys na alle dele van die SOSIALE WELSYN liggaam wat gewas moet word. Boontjiesak LO 1. Rol jou oë kloksgewys in ’n lui beweging. © Impaq

5


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

1

8

Kwartaal

Rol gewrigte in lui bewegings. Fasiliteerder kan ook dat leerder sy/haar enkels vashou en dit in ’n lui beweging roteer. 4. Maak vorms in die lug. 5. Speel met ’n boontjiesak. Gooi onder die arm deur, bo-oor jou kop, links, regs, ens. DAG 4 Bespreek hoe ons onsself teen kieme kan beskerm: 1. Gebruik ’n snesie as jy nies. 2. Sit jou hand voor jou mond as jy hoes. 3. Was vrugte af voor jy dit eet. 4. Was jou hande nadat jy die toilet gebruik het. Voltooi Aktiwiteit 2

8

2. 3.

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN

SKEPPENDE KUNSTE AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN

1. 2.

Werkboek – Aktiwiteit 12

DAG 5 Bring ’n sponsie en handdoek, ens., klas toe. Demonstreer waarvoor hierdie items gebruik word.

SKEPPENDE KUNSTE

Werkboek – Aktiwiteit 13 Hulpbronpakket – Gedig “Vreemdeling”

TEMA: GESONDE GEWOONTES/GEVARE/SOMER EN SEE INHOUDSAREA VERDUIDELIKING/NOTAS/ HULPBRONNE AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 6 DAG 1 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 14 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO Werkboek – Aktiwiteit 15 DAG 2 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 16 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 17 KUNSTE DAG 3 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 18 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO Werkboek – Aktiwiteit 19 © Impaq

6


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Kwartaal

1

DAG 4 AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Werkboek – Aktiwiteit 20

Voltooi Aktiwiteit 7

Werkboek – Aktiwiteit 17 DAG 5

AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Werkboek – Aktiwiteit 21

Werkboek – Aktiwiteit 22

TEMA: GESONDE GEWOONTES/GEVARE/SOMER EN SEE INHOUDSAREA VERDUIDELIKING/NOTAS/ HULPBRONNE AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 7 DAG 1 Bespreek gevare tuis en as jy alleen AANVANGSKENNIS, 1. is. PERSOONLIKE EN 2. Wat kan ek doen om myself te SOSIALE WELSYN beskerm. Leerder kyk na die aksies en voer dan LO Werkboek – Aktiwiteit 23 soortgelyke aksies uit. Links van die stoel, bo-op stoel, ens. DAG 2 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 24 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 25 KUNSTE DAG 3 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 26 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN 1. Leerder loop op ’n reguit lyn. Gebruik LO jou hande vir balans. 2. Loop hak-teen-toon op ’n reguit lyn. 3. Herhaal, maar met een hand op jou kop en die ander agter jou rug. DAG 4 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 27 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 28 KUNSTE

© Impaq

7


Fasiliteerdersgids G01 ~ Lewensvaardighede

Kwartaal

1

DAG 5 AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE

Werkboek – Aktiwiteit 29

Werkboek – Aktiwiteit 30

TEMA: GESONDE GEWOONTES/GEVARE/SOMER EN SEE INHOUDSAREA VERDUIDELIKING/NOTAS/ HULPBRONNE AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 8 DAG 1 AANVANGSKENNIS, Gesels oor al die lekker dinge by die strand PERSOONLIKE EN en op vakansie. SOSIALE WELSYN LO Werkboek – Aktiwiteit 31 DAG 2 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 32 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 33 KUNSTE DAG 3 AANVANGSKENNIS, Gesels oor gevare by die strand: 1. Vreemdelinge. PERSOONLIKE EN 2. Swem sonder ouertoesig, ens. SOSIALE WELSYN LO Werkboek – Aktiwiteit 34 DAG 4 AANVANGSKENNIS, Bespreek veiligheid by die huis. PERSOONLIKE EN Medisyne, drank. SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 35 KUNSTE DAG 5 AANVANGSKENNIS, Werkboek – Aktiwiteit 36 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE Werkboek – Aktiwiteit 35 KUNSTE

WEEK 9 – 10 ASSESSERINGSTAAK 1

© Impaq

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.