Í2!È-A-MAM-FG01lÎ
1
8
0
1
-
A
-
M
A
M
-
F
G
0
1
WISKUNDE FASILITEERDERSGIDS: PRAC MATHS Graad 1
A member of the FUTURELEARN group
Wiskunde Fasiliteerdersgids: Prac Maths
1801-A-MAM-FG01
Í2!È-A-MAM-FG01lÎ
Graad 1
Aangepas vir KABV
B Liebenberg
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
INHOUDSOPGAWE 1. 2. 3. 4. 5. 6.
7. 8.
Voorbereiding vir tuisonderrig .................................................................................. i Beplanning ................................................................................................................. ii Assessering .............................................................................................................. iii ’n Leerderportefeulje ................................................................................................ iii Beloon u kind............................................................................................................ iv Lesplanne................................................................................................................. vii Kwartaal 1 .................................................................................................................. 1 Nommers, bewerkings en verwantskappe ................................................................... 6 Patrone en funksies ................................................................................................... 58 Ruimte en vorm ......................................................................................................... 65 Meting ....................................................................................................................... 74 Data ........................................................................................................................... 96 Kwartaal 2 .............................................................................................................. 101 Nommers, bewerkings en verwantskappe ............................................................... 104 Patrone en funksies ................................................................................................. 171 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 178 Meting ..................................................................................................................... 184 Data ......................................................................................................................... 197 Kwartaal 3 .............................................................................................................. 201 Nommers, bewerkings en verwantskappe ............................................................... 204 Patrone en funksies ................................................................................................. 268 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 277 Meting ..................................................................................................................... 284 Data ......................................................................................................................... 292 Kwartaal 4 .............................................................................................................. 295 Nommers, bewerkings en verwantskappe ............................................................... 298 Patrone en funksies ................................................................................................. 361 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 367 Meting ..................................................................................................................... 374 Data ......................................................................................................................... 376 Addendum A: Daaglikse rooster .......................................................................... 379 Addendum B: Getalkaarte .................................................................................... 383
Š Impaq
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Š Impaq
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
1. Voorbereiding vir tuisonderrig Voordat daar met tuisonderrig begin word, moet ‘n paar punte in gedagte gehou word wat die kwaliteit van die leerprogram kan beïnvloed. Om van ‘n formele skoolsisteem na ‘n meer informele tuisondderigstelsel oor te skakel, kan vir leerders én ouers ’n groot aanpassing wees. Die gewone skoolroetine moet plek maak vir ’n tuisleerroetine, wat gewoonlik beteken dat almal in die gesin hulle persoonlike skedules sal moet aanpas. Om die oorgang van een roetine na ’n ander makliker te maak kan die gesin gebruik maak van ontskoling. Ontskoling is die proses waardeur leerders en ouers moet gaan om hulself voor te berei vir die nuwe manier van leer wat tuis sal plaasvind. Dit is belangrik dat jou as ouer en fasiliteerder jou vaardighede in hierdie tyd van ontskoling opskerp, omdat die vermoë van die leerder om te presteer en te leer regstreeks deur die handelinge van die ouer en fasiliteerder beïnvloed word. Tabel 1.1 en 1.2 verskaf ’n paar punte wat in gedagte gehou kan word om ’n beter ouer en fasiliteerder vir die leerder te wees. Elke ouer moet krities na hulself kyk en besluit op watter aspekte verbeter kan word. Geen ouer is perfek nie, maar gelukkig kan ouervaardighede opgeskerp word deur klasse by te woon wat by gemeenskapsentrums en kerke aangebied word. Daar is ook heelwat boeke oor hierdie onderwerp geskryf en talle artikels is op die Internet beskikbaar. Tabel 1.1 Fokuspunte vir die ouer en fasiliteerder • Heg waarde aan die leerder se individualiteit, maar perke moet gestel word wanneer dit nodig is. • Vertrou in die leerder se vermoëns. • Respekteer die leerder se belangstellings, idees, opinies en persoonlikheid. • Wees liefdevol en aanvaar die leerder soos hy/sy is, maar met die verstandhouding dat daar van hom/haar verwag word om ten alle tye sosiaal aanvaarbaar op te tree. • Straf konsekwent. • Die leerder moet daarvan bewus wees dat daar van hom/haar verwag word om toegewyd en lojaal te wees en om goed te presteer, en dat hy/sy die nodige ondersteuning van jou sal kry. Tabel 1.2 Die volgende lys is opgestel deur kinders … • Behandel ons met respek. • Wees entoesiasties. • Ken die werk wat ons moet leer. • Wees beskikbaar as ons ekstra hulp nodig het. • Maak gebruik van die multimedia-hulpbronne. • Wees vriendelik met ons. • Praat met ons oor jou eie lewe. • Gebruik speletjies om ons te help om ons werk beter te onthou. • Moenie te veel werk op ‘n slag met ons behandel nie. • Moenie te veel reëls op ‘n slag vir ons gee nie. © Impaq
i
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
• Gee ons ook kans om klas te gee. 2. Beplanning 2.1 Die Impaq-kurrikulum Die Impaq-kurrikulum sluit alle vakke in soos vereis deur die Departement van Onderwys en is saamgestel na aanleiding van die Kurrikulum- en assesseringbeleidverklaring (KABV). Tabel 2.1.1 Die Impaq-kurrikulum vir die Grondslagfase (Graad R – 3) bestaan tans uit die volgende vakke: GRAAD 1 GRAAD 3 GRAAD 2 GRAAD R Huistaal
Huistaal
Huistaal
Huistaal
Eerste Addisionele Taal
Eerste Addisionele Taal
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
VAKKE
2.2 Beplanning Gebruik die onderstaande stappe en rooster om jou beplanning vir die jaar te doen. 2.2.1 Jaarbeplanning 1. Begin deur die pakkie boeke wat deur Impaq aangestuur is, oop te maak en op die tafel uit te pak. Sit al die boeke van dieselfde vakke bymekaar. Met ander woorde daar sal ’n hopie boeke wees vir Tale, Addisionele Tale (nie vir graad R nie), Wiskunde en Lewensvaardighede. 2. Gebruik Impaq se voorraadlys en kontroleer die boeke. 3. As al die boeke ontvang is, kan die jaarkalender en die rooster vir die graad (sien 6. Daaglikse rooster) gebruik word om ’n jaarplan op te stel. 4. Om te verseker dat die beplanning volledig is, moet die volgende gedoen word: • Vir elke vak moet die fasiliteerdersgids, handboeke, werkboeke, leesboeke en leerderhulpmiddels met mekaar vergelyk word. • Maak ’n lys van die hoeveelheid lesse wat daar in elke kwartaal is en vergelyk die leshoeveelhede met die daaglikse en weeklikse rooster vir die spesifieke graad. Deel die lesse dan per dag op ’n jaarkalender in soos dit jou persoonlik pas. • Om te verseker dat die jaarbeplanning volledig is, moet jou eie roetine, die leerder se daaglikse roetine asook sportaktiwiteite en vakansies in ag geneem word. Wenk: Om te verseker dat julle deur al die werk sal kom, kan die jaar in vier kwartale wat bestaan uit 10 weke elk met die nodige vakansies tussenin, verdeel word. 2.2.2 Tydsbeplanning is belangrik Alhoewel leerders in die Grondslagfase graag speel, moet jy egter steeds probeer om so veel as moontlik by die onderrigtye te hou wat jy in die jaarbeplanning uiteengesit het. Dit is belangrik vir die volgende redes: • Dit bied aan die leerder die nodige vasgestelde roetine. • Dit ontneem die leerder van die nodige vaslegging en roetine indien die onderrigtye vir speel aangewend word.
© Impaq
ii
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
2.2.3 Geskrewe lesvoorbereiding Elke les moet vroegtydig deurgewerk word om te verseker dat jy die les verstaan wat aan die leerder voorgegee gaan word. Maak ’n lysie van die leerhulpmiddels wat benodig gaan word om die les effektief aan te kan bied. In die Grondslagfase is die gebruik van leerhulpmiddels van uiterste belang. Leerders leer die beste as hul oë, ore, neuse, hande en ander liggaamsdele gebruik word terwyl hulle leer. Dit is dus van kardinale belang dat daar van leerhulpmiddels in lesse gebruik gemaak word. 2.2.4 Beplanning vir ‘n aangename leerarea As deel van die beplanning vir die jaar moet ‘n plek ingerig word wat gebruik gaan word as leerarea. Dit kan enige plek in die huis wees- ‘n slaapkamer, ‘n hoekie in die kombuis of eetkamer, ens. Gebruik die volgende idees om ‘n aangename leerarea te skep: 1. Kies ‘n area wat geskik sal wees vir studeer en leer. Die area hoef nie in die leerder se kamer te wees nie. Gebruik enige plek wat aan die leerder se unieke behoeftes sal voldoen. 2. Haal die normale versierings soos skilderye van die mure af en vervang dit met studiemateriaal of opvoedkundige muurkaarte, byvoorbeeld ‘n muurkaart met vorms, die alfabet, getalkaarte en flitskaarte. 3. Daar moet ‘n groot tafel in die leerarea wees sodat die leerder ’n plek het om te skryf, op ‘n tablet te werk, om projekte te doen, of om kuns te doen. Daar moet ook genoeg plek wees vir boeke en skryfbehoeftes. 4. Maak seker dat daar gemaklike stoele is vir jouself en die leerder. 5. Rig ‘n spesiale area in (indien die spasie beskikbaar is) waar die leerder boeke kan lees, navorsing kan doen op ‘n rekenaar, opvoedkundige speletjies kan speel of kan verf. Dit sal ook ‘n nuttige spasie wees indien jy meer as een leerder tuisskool. Een leerder kan daar besig gehou word terwyl die ander leerder se les aangebied word. 6. Sit ‘n rak of ‘n kas in die leerarea om skryfbehoeftes, boeke en leerhulpmiddels in te bêre. Indien daar nie genoeg spasie in die leerarea is nie kan ‘n ander vertrek daarvoor gebruik word. ’n Rak of kas skep ‘n geordende omgewing en sal bydra tot die kwaliteit van die leersessies. Organiseer die rak of kas: 1. Gebruik ‘n gedeelte van die spasie in die kas om kuns-items soos kwasse, verf, gekleurde papier, klein kartonhouertjies, gom en skêre in te bêre. 2. Sonder ‘n gedeelte af vir skryfbehoeftes soos penne, potlode, uitveërs, skerpmakers en liniale. 3. Gebruik ‘n gedeelte van die rak vir die leermateriaal wat van Impaq ontvang is. Dit is ’n goeie idee om die leermateriaal per vak te organiseer. 3. Assessering Alle assesseringsinligting in die Graad 1 Portefeuljeboek beskikbaar. 4. ‘n Leerderportefeulje ‘n Portefeulje is ‘n lêer waarin die fasiliteerder ’n samestelling van die leerder se werk hou met die doel om sy/haar pogings, vordering en prestasies te organiseer en te liasseer vir latere verwysings. © Impaq
iii
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Dit is belangrik om die portefeulje op datum te hou en veilig te bewaar, selfs al is die skooljaar verby. Onthou dat die portefeulje ’n bewys van die leerder se skoolloopbaan is. 4.1 Inhoud van die portefeulje 1. Koop ‘n groot lêer en ‘n paar gekleurde kartonne aan. Bring op die buitekant van die lêer die volgende inligting aan: • Jaar • Leerder se naam en van • Graad 2. Aan die binnekant moet daar op die eerste bladsy (karton) ‘n inhoudsopgaweblad gemaak word met die volgende inligting: Inhoudsopgawe 1) Kwartaal 1 1.1) Assesseringsvorms 1.2) Bewyse van werk 1.3) Werk waarop die leerder trots is 2) Kwartaal 2 2.1) Assesseringsvorms 2.2) Bewyse van werk 2.3) Werk waarop die leerder trots is 3) Kwartaal 3 3.1) Assesseringsvorms 3.2) Bewyse van werk 3.3) Werk waarop die leerder trots is 4) Kwartaal 4 4.1) Assesseringsvorms 4.2) Bewyse van werk 4.3) Werk waarop die leerder trots is 5) Kwartaallikse verslae van Impaq. 6) Nie-kurrikulêre verslae, sertifikate en ander prestasies. 7) Algemene inligting: mediese geskiedenis en spesialis-verslae (spraakterapeut, arbeidsterapeut, gehoorspesialiste). 8) Enige ander inligting of dokumente wat JY as nodig ag om in die lêer te bêre om die leerder se portefeulje volledig te maak. 5. Beloon jou kind Navorsing toon dat ongeveer 48% van ouers in Amerika hulle kinders se prestasies met geld beloon. Kundiges is van mening dat matige beloning met geld ‘n kind wel kan aanmoedig om beter te presteer, maar dat dit ook problematies kan raak. As kinders te veel met geld beloon word, gaan hulle innerlike motivering om te presteer verlore en werk hulle later net vir die geld. As die leerder van nature nie gemotiveerd is om te presteer nie, is dit die mening van kundiges dat dit raadsaam is om nie die leerder te straf nie, maar liewers te beloon vir die prestasie wat hy/sy wel bereik. Met ander woorde, die leerder moet steeds beloon word vir ‘n prestasie van 50% en nie gestraf word nie.
© Impaq
iv
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Die leerder kan op een van die volgende maniere vir goeie gedrag, goeie werk of ‘n goeie rapport beloon word. Gereelde beloning moedig leerders aan om harder te probeer en is ook baie goed vir hulle selfvertroue. • Die heel beste manier om leerders te beloon, is om vir hulle te wys dat jy as ouer trots is op hulle. Beloon die leerder se prestasie met opgewondenheid, “baie geluk!”, ‘n “high five”, ‘n soen en ‘n druk. • Waar moontlik, moet die leerder se prestasie ten toon gestel word om vir hom/haar te wys hoe trots jy voel. ‘n Goeie werkstuk of ‘n goeie rapport kan op die yskas vertoon word vir almal om te sien. • Bak vir die leerder ‘n koek om hom/haar spesiaal te laat voel. Skryf sy/haar naam en prestasie in versiersuiker op die koek. • Die leerder kan ook as beloning op ‘n uitstappie geneem word. Die uitstappie kan na sy/haar gunsteling museum wees, na ‘n pretpark of ‘n akwarium. • Beloon die leerder met ‘n fliek of omskep die sitkamer in ‘n teater en neem DVD’s uit wat jy saam met die leerder kan kyk terwyl julle springmielies eet. • Neem die leerder uit vir pizza. • As beloning kan die leerder ekstra tyd toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel. • Neem die leerder op ‘n uitstappie na ‘n boekwinkel om ‘n boek van sy/haar keuse te kies wat julle saam kan lees. Vir enige navrae kontak die vakdeskundige by Impaq.
© Impaq
v
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Š Impaq
vi
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
6. LESPLANNE
© Impaq
vii
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Š Impaq
viii
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
6.
Kwartaal
1
LESPLANNE INHOUDSOPGAWE KWARTAAL 1
Datum
Week
1
2
3
4
5
© Impaq
Konsep/Aktiwiteit
Aktiwiteit en bladsy nr. in werkboek
Onderwerp: Nommers, bewerkings en verwantskappe 1. Getalname en –simbole Tel: bl. 1 akt. 1 Wb bl. 5 nr. B1 2. Getalbegrip: 1/een en 2/twee Tel: bl. 1 akt. 2 bl. 8 nr. 5 telrympie bl. 6 nr. C1 en 2 3. Getalbegrip: Skryf 1 en 2 Tel: bl. 1 akt. 3 bl. 8 nr. 5 telrympie bl. 7 nr. 3 4. Getalbegrip: Herken en skryf 1 Tel: bl. 1 akt. 4 bl. 8 nr. 5 en 2 bl. 7 nr. 4 telrympie 5. Getalbegrip: 3/drie Tel: bl. 2 nr. 2 bl. 8 nr. 5 telrympie bl. 8 nr. 6 6. Getalbegrip: Skryf 3 Tel: bl. 2 nr. 3 bl. 8 nr. 7 7. Getalbegrip: Herken en skryf 3 Tel: bl. 2 nr. 4 bl. 8 nr. 8 8. Getalbegrip: 4/vier Tel: bl. 3 nr. 5 9. Getalbegrip: Skryf 4 Tel: bl. 3 nr. 6 bl. 9 nr. 10 10. Getalbegrip: Hersien 1-4 Tel: bl. 4 nr. 7 bl. 9 nr. 11 11. Getalbegrip: Hersien 1-4 Tel: bl. 5 nr. 2 bl. 10 nr. 12 12. Getalbegrip: 5/vyf Tel: bl. 5 nr. 3 bl. 11 nr. 13a-c 13. Getalbegrip: Hersien 1-5 Tel: bl. 5 nr. 4 bl. 12 nr. 14 14. Vorms: Driehoek en Vierkant Tel: bl. 5 nr. 5 bl. 13 nr. 15 15. Vorms en getalle (1-5) Tel: bl. 5 nr. 6 bl. 13 nr. 16-18 16. Getalbegrip 1-5 bl. 14 nr. 19 17. Meeste/minste/dieselfde bl. 15 nr. D1 18. Getalbegrip bl. 16 - 17 nr. 2-5 19. Vorms en Kleur bl. 17 nr. 6a-c 20. Getalstories (+) bl. 18 nr. 7 21. Getalbegrip: 0/nul bl. 18 nr. 8 22. Getallelyne bl. 19 nr. 9
1
Bladsynommers in Fasiliteerdersgids
6 8
10
11
13
15 16 18 20 22 23 25 27 29 31 32 34 36 38 39 41 43
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
6
7
7 8
9
10
11
12
© Impaq
Kwartaal
23. Getallelyne (+) 24. Getallelyne (+) 25. Plus 26. Minus 27. Storiesomme 28. Storiesomme 29. Pare 30. Groepering
bl. 19 - 20 nr. 10a-f bl. 21 nr. 11 bl. 21 - 22 nr. 12 bl. 22 nr. 13 bl. 23 nr. 14 bl. 23 nr. 15 bl. 24 nr. 16 bl. 24 nr. 17 Patrone en funksies 31. Patrone bl. 25 - 26 nr. 1 32. Getalrye bl. 26 nr. 2 33. Getallelyne (Patrone) bl. 26 nr. 3 34. Getalrye bl. 26 - 27 nr. 4 Ruimte en vorm 35. Posisie bl. 28 nr. 1 36. Posisie bl. 28 nr. 2 37. Posisie bl. 28 - 29 nr. 3 38. Posisie bl. 29 nr. 4 39. 3D voorwerpe bl. 29 nr. 5 40. 3D voorwerpe bl. 30 nr. 6 Meting 41. Tyd bl. 31 nr. 1 en bl. 33 nr. 3 42. Dae van die week bl. 32 nr. 2 en bl. 33 nr. 3 43. Tyd bl. 33 nr. 4 en bl. 33 nr. 3 44. Maande van die jaar bl. 34 nr. 5 en bl. 33 nr. 3 45. Kalender bl. 34 nr. 6 en bl. 33 nr. 3 46. Lengte bl. 35 nr. 1 47. Lengte bl. 35 nr. 2 48. Lengte bl. 35 nr. 3 49. Lengte bl. 36 nr. 4 50. Lengte bl. 36 nr. 5 51. Massa bl. 37 nr. C1 52. Massa bl. 38 nr. C2 53. Volume/kapasiteit bl. 38 nr. D1 54. Volume/kapasiteit bl. 38 nr. D2 55. Volume/kapasiteit bl. 39 nr. D3 Data 56. Data bl. 40 nr. 1 57. Data bl. 40 nr. 2 58. Data bl. 41 nr. 3
2
44 46 48 49 51 53 54 56 58 59 61 62 65 67 68 69 71 72 74 76 78 79 81 83 84 86 87 89 90 91 92 93 94 96 97 98
1
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Benodighede: •
Werkboek, grys HB potlood, uitdraaikryte/vetkryte/inkleurpotlode, potloodsakkie, skerpmaker, uitveër, liniaal.
•
Witbordjie, witbordjiepen en -uitveër, bordkryt, plaveisel en groot getallelyn, getallelyn op gelamineerde karton/in deurskynende plastieksakkie.
•
Sakkie, 50 tellers (neem groot boontjiepitte en kleur dit deur spuitverf net aan die 1 kant aan te bring).
•
Voorwerpe (verskeie plastiekdiere, bottelproppies ens.), vorms van plastiek/karton (verskillende groottes, vorms en kleure) driehoeke; sirkels; vierkante ten minste 20 voorwerpe waarmee patrone gepak kan word.
•
Tydskrifte, papier (A4 en A3), karton, gekleurde papier, skêr, gom, kokipen, lap.
•
Getalsimbole 1-20 bv. 1 (ook genoem getallekaarte), kolkaarte 1-10, telraam, koekblikdeksel/plat houer met koekmeel, verf, syfers 1 tot 5, uit skuurpapier gesny.
•
Wol, klei, stokkies bv. roomysstokkies, tandestokkies, sosatiestokkies van verskillende lengtes.
•
Skoene, kouse, mandjie/boks, Legoblokkies, kam, tou.
•
Prentjies waarmee patrone gepak kan word (verskeie van dieselfde prentjies), prente wat posisie aandui (bo-op, onder, langs, tussen, links, regs, voor, agter), prentjies van voorwerpe met verskillende groottes, prente van oggend, middag, aand.
•
20 Getallekaart, 50 Getallekaart, 100 Getallekaart, leë 100 Getallekaart (almal gelamineer of met plastiek oorgetrek), spreikaarte (ingevoeg agter in hierdie boek)
•
Leë bokse, verskillende balle (groot, klein, rugbybal), groente en vrugte (plastiek/ware voorbeelde), besem, eetlepel, teelepel, appel, tennisbal, gholfbal, albaster, leë bottels, voorbeelde van randpatrone.
•
Voorbeelde van verskillende kalenders (jaarliks en maandeliks), badkamerskaal, kombuisskaal, plastiekhanger, 2 klein emmertjies, water, 3 glase, leë bottels, koppies, emmer, tydskrifte.
•
Prente en ware voorbeelde van muntstukke, R10 en R20 note. Fasiliteerdersriglyne
Die primêre doelwit van graad 1 en 2 is om getalbegrip en ’n bewustheid van vorm en grootte te ontwikkel. Daar is verskeie maniere om hierdie begrippe vas te lê en sal in hierdie gids uiteengesit word. Wanneer hierdie begrippe vasgelê is, kan Wiskunde hierop gebou word. Dit word aangeleer deur ‘te praat oor’, ‘speel met’, getalle en vorms. Om getalle op te tel, af te trek, te groepeer en te verdeel, vorm die basiese kundigheid om wiskunde-probleme op te los. Wanneer berekeninge gedoen word moet die leerder nie ontmoedig word om enige metode wat hy/sy kies, verstaan en kan verduidelik, te gebruik nie. Nietemin, moet hy/sy gelei word om die mees effektiewe metodes te gebruik.
© Impaq
3
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Die leerder moet elke vraag van elke oefening in hierdie boek doen en bemeester om voordeel te trek uit die ontwikkelde begripsopleiding. Wanneer daar na bladsye in die Fasiliteerdergids verwys word, is dit bladsye in die Werkboek. Dit is belangrik dat die leerder elke aktiwiteit geniet, sodat hy/sy ’n liefde vir Wiskunde ontwikkel. NB! Die fasiliteerder moet elke aktiwiteit deurwerk voordat dit aan die leerder oorgedra word. Lees elke aktiwiteit deur tot aan die end sodat u presies weet wat in elke aktiwiteit van die leerder en fasiliteerder verwag gaan word. Tydsbeplanning: Ongeveer 7 ure per week moet aan Wiskunde spandeer word. Die voorstel is om vir 4 dae 1 uur, 30 min te spandeer en vir 1 dag, 1 uur aan Wiskunde te spandeer. Die aktiwiteite in hierdie fasiliteerdersgids is uitgewerk met die oog op die tydsbesteding aan Wiskunde volgens die KABV. Let daarop dat die leerder nie vir meer as 1 uur, 30 minute kan konsentreer nie. Maak dus seker die leerder genoeg geleentheid deur die les kry om ʼn breek te vat. Assessering (2 per kwartaal): Vir graad 2 is dit deurlopende informele assessering. Dit beteken dat die fasiliteerder die leerder gaan waarneem en assesseer sonder dat die leerder aan toetse blootgestel gaan word. Ekstra oefeninge: Ekstra skriftelike oefeninge is ingevoeg by sekere lesse wat gebruik kan word vir inoefening of vir ’n leerder wat vinnig werk. Die onderwerpe vir elke kwartaal word behandel in die volgorde soos voorgeskryf in die KABV. Simbole en afkortings **
vir verryking
bv.
byvoorbeeld
=
is gelyk aan
nl.
naamlik
>
is groter as
d.i.
dit is
<
is kleiner as
m.a.w.
met ander woorde
is ongeveer gelyk aan
vm.
voormiddag
en
nm.
namiddag
ens.
ensovoorts
&
Hl
Werkboek
2D vorm – tweedimensionele vorm 3D vorm – driedimensionele vorm
© Impaq
4
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
NS! Doen hierdie oefeninge voor elke les begin: 1.
Buig die knieë ’n bietjie, ‘gom’ die oor aan die skouer vas; hou jou arm reguit, teken nou ’n ‘lui’ agt in die lug. Die fasiliteerder kan ’n 8 wat op sy sy lê op ’n groot papier/skryfbord/witbord teken.
2.
Staan regop met die bene skouerbreedte uitmekaar uit. Sit die 1 hand op die gedeelte tussen die skouer en die nek en druk die spier saggies, draai nou jou kop na jou hand se kant toe (asof jy agter toe gaan kyk). Haal asem terwyl die oefening gedoen word. Herhaal ’n paar keer na die 1 kant toe en probeer elke keer die kop verder na agter draai. Herhaal dieselfde oefening deur die ander hand op die ander skouer te sit.
3.
Staan agter ’n stoel/kyk vir die muur. Sit die hande op die stoel of teen die muur. Sit 1 been agter en trap dan met die hak af sodat die kuitspier strek. Voorste been is gebuig en lyf lê vorentoe terwyl die agterste hak vloer toe gedruk word. Herhaal met die ander been.
4.
Laat sak die kop rustig vorentoe, rol jou kop versigtig en rustig heen en weer. Herhaal dan agter. Moenie die kop te ver agtertoe druk nie. Net rustig en ontspanne.
© Impaq
5
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal 1
Kwartaal
1
Nommers, bewerkings en verwantskappe
Afdeling 1 A. In die mondelinge en praktiese aktiwiteitsafdeling sal jy tot 10 verskillende voorwerpe tel. B. In die skriftelike oefeningsafdeling, sal die leerder: •
die getalsimbole van 1 tot 20 identifiseer, herken en lees.
•
aantel en terugtel in ene vanaf enige getal tussen 1 en 20.
C. In hierdie afdeling sal die leerder ook: •
getalsimbole van 1 tot 5 skryf. (bv. 1)
•
getalname van 1 tot 5 skryf. (bv. een)
D. In hierdie afdeling sal die leerder ook: •
telgetalle tot 5 orden en vergelyk.
•
leer hoe om getallelyne te gebruik.
•
optel-en aftrekwoordsomme doen met antwoorde tot 5.
•
gelyke verdeling en groeperingswoordsomme doen met telgetalle tot 5 en met antwoorde wat reste insluit.
Aktiwiteit 1: Getalname en -simbole: Tel: bl. 1 akt. 1 Wb bl. 5 nr. B1
Benodighede: •
Getalsimbole en kolkaarte. Knip dit uit sodat die leerder fisies daarmee kan werk. (agter in hierdie boek). Kolkaarte 1-10, Getalsimbole 1-20.
•
Werkboek, 5 voorwerpe, lap om voorwerpe toe te maak.
Tel: Skatting, waarneming en telling: 1.
Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 1 akt. 1. Slegs mondelingse aktiwiteit.
© Impaq
6
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Hoofrekene: 1.
Die fasiliteerder sit 1 teller aan die 1 kant van die tafel en 2 tellers aan die ander kant. Vra die leerder watter groep het die meeste tellers. Watter groep het die minste tellers. Herhaal.
2.
Die fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel en 2 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre. Herhaal.
Begripontwikkeling: Getalname en -simbole: 1.
Wys die leerder verskillende nommers tussen 1 en 10 en vra die leerder watter nommers dit is. (bygevoeg aan die einde van hierdie boek – sny dit uit)
2.
Herhaal elke getal, maar nie in volgorde nie.
3.
Pak kolkaarte van 1 tot 10 op die mat uit en die leerder moet probeer om die regte simbool by die regte kolkaart te plaas.
4.
Skommel die getalsimbole en kolkaarte en pak 1 van elke getal op die mat uit. Nou pak die leerder die res totdat elke kolkaart en getalsimbool van 1-10 bymekaar is.
5.
Wys die leerder ’n getalsimbool en die leerder moet die getalnaam sê.
6.
Wys die leerder getalsimbole tussen 1-20 en die leerder moet hulle getalname sê.
7.
Herhaal en oefen.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 5 nr. B1 Geen skriftelike akt. maar die akt. moet mondelings deur die leerder beantwoord word.
Antwoorde: bl. 5 nr. B1 Leerder gee die name soos wat gevra word.
Ondersteuningsoefeninge: Herhaling en inoefening is noodsaaklik. Getalname en –simbole moet ingedril word. Gee vir leerder gereeld `n breek en vra kort-kort. Leerder kan tel oefen. # Vir ekstra oef. kan bl. 185 nr. 6 en 7 en bl. 188 nr. 15 gedoen word:
Antwoorde: bl. 185 nr. 6 en 7 en bl. 188 nr. 15
© Impaq
7
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
6) 2, 4, 1, 5, 3 7) ••••
4
vier
xxx
3
drie
*****
5
vyf
1
een
Aktiwiteit 2: Getalbegrip: 1/een en 2/twee Tel: bl. 1 akt. 2 Wb bl. 6 nr. C1 en 2 en telrympie bl. 8 nr. 5.
Benodighede: •
Klein sak met 10 voorwerpe, 2 tellers, karton vir telrympie
•
Witbord, witbordpen en -uitveër
•
Werkboek, uitdraaikryte/grys HB potlood
Tel: Ontwikkeling van een-tot-een ooreenkoms: 1.
Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 1 akt. 2. Slegs mondelingse akt.
Hoofrekene: 1.
Die fasiliteerder sit 1 teller aan die 1 kant van die tafel en 2 tellers aan die ander kant. Vra die leerder watter groep het die meeste tellers. Watter groep het die minste tellers. Herhaal.
2.
Die fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel en 2 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre. Herhaal.
Begripontwikkeling: Getalbegrip 1/een en 2/twee 1.
Plaas 1 voorwerp in ’n klein sakkie. Vra die leerder om te raai wat in die sakkie is sonder dat die leerder aan die sakkie raak.
2.
Nadat die leerder geraai het wat in die sakkie is, vra die leerder om aan die sakkie te voel en dan te raai wat binne-in is.
© Impaq
8
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
3.
Nou mag die leerder die voorwerp uithaal. Bespreek die voorwerp en vra die leerder hoeveel daar is. Antw.: 1
4.
Die leerder moet die voorwerp tel. Antw.: (1)
5.
Vra die leerder om 1 vinger te wys.
6.
Vra die leerder om 1 potlood te gaan haal. Gaan haal 1 skoen, ens. Herhaal die opdrag ’n paar keer met verskillende voorwerpe.
7.
Nou moet die leerder 1 teller uitpak. Die fasiliteerder skryf 1 op die witbord neer. Die leerder moet sê wat dit is en hoeveel dit is. Nou kan die fasiliteerder die word een byskryf en vir die leerder wys dat dit 1/een is. (gebruik graad 1 handskrif).
8.
Vra die leerder om te kyk of hy/sy die syfer 1 met sy/haar lyf kan maak. Die leerder kan óf regop staan óf plat op die grond lê.
9.
Herhaal nr. 1-8 met 2/twee.
10. Vra die leerder om eers 1 teller en dan 2 tellers uit te pak. Die fasiliteerder wys 1 en 2 voorwerpe en die leerder moet sê hoeveel daar is. 11. Die leerder oefen om 1, een, 2 en twee op die witbord neer te skryf. 12. Leer die telrympie op bl. 8 nr. 5. Leer die bewegings vir die leerder. Die fasiliteerder kan die telrympie vooraf op ’n groot karton/papier neerskryf (in graad 1 handskrif) met prentjies by en teen die muur vassit.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 6 nr. C1-2
Antwoorde: bl. 6 nr. C1-2 1) een
een
1
1
2) twee
twee
2
2
Ondersteuningsoefeninge: Herhaling en inoefening is noodsaaklik. telrympie sal help om 1 en 2 vas te lê. Leerder kan kortkort deur die loop van die dag gevra word om 1 en 2 te wys.
© Impaq
9
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Aktiwiteit 3: Getalbegrip: Skryf 1 en 2 Tel: bl. 1 akt. 3 Wb bl. 7 nr. C3 en telrympie bl. 8 nr. 5.
Benodighede: •
2 tellers, karton met telrympie, telraam, klei, koekblikdeksel/plat pan/bak en meel, verf en papier, syfer 1 en 2 uit sandpapier gesny
•
Witbord, witbordpen en -uitveër
•
Werkboek, uitdraaikryte en grys HB potlood
Tel: Ontwikkeling van een-tot-een ooreenkoms: 1.
Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 1 akt. 3. Slegs mondelingse akt.
Hoofrekene: 1.
Die fasiliteerder sit 1 teller aan die 1 kant van die tafel en 2 tellers aan die ander kant. Vra die leerder watter groep het die meeste tellers. Watter groep het die minste tellers. Herhaal.
2.
Die fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel en 2 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre.
Begripontwikkeling: Getalbegrip: Skryf 1 en 2 1.
Hersien telrympie op bl. 8 nr. 5. Doen die bewegings.
2.
Die fasiliteerder vra die leerder om 1 teller uit te haal. Nou moet die leerder 2 tellers uithaal.
3.
Die leerder moet die nommers 1 en 2 met sy/haar lyf maak.
4.
Gebruik klei en bou die nommers 1 en 2. (graad 1 handskrif is NB) Sien voorbeelde in die werkboek.
5.
Die leerder skryf die nommers 1 en 2 met sy/haar vinger in die lug, dan op die tafel/mat, dan met sy/haar vinger in sy/haar ander hand. Die fasiliteerder skryf die 1 en 2 met sy/haar vinger op die leerder se rug. Nou moet die leerder dit op die fasiliteerder se rug skryf.
6.
Die leerder kan nou ’n groot nommer 1 op papier verf. Gebruik ’n ander papier om die nommer 2 op te verf. Die leerder kan dit met ’n kwas/vinger verf. Nadat dit droog is, kan dit teen die muur vasgesit word.
© Impaq
10
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
7.
Gee die leerder die nommers 1 en 2 wat uit sandpapier gesny is, en die leerder oefen met sy/haar vinger bo-op die sandpapier. Plak/verf ’n kol by die beginpunt van die nommers.
8.
Gooi meel in ’n plat koekblikdeksel/plat pan/houer. Die leerder oefen nou ’n paar keer om die nommers 1 en 2 met sy/haar vinger in die meel te skryf. Maak seker die leerder weet hoe om die nommer korrek te vorm. 1 begin bo en is ’n reguit strepie na onder. Alle nommers word bo begin. Sien die vorming van die nommers in die werkboek. Dit is NB dat elke nommer se skryfwyse korrek aangeleer word.
9.
Oefen die nommers 1 en 2 op die witbord.
10. Neem ’n A4 papier en vou dit in die lengte in die helfte en dan weer in die helfte. Wanneer die papier oopgemaak word, is daar 4 rye waarin die leerder kan skryf. Laat die leerder met uitdraaikryte/vetkryt in elke ry die nommers 1 en 2 oefen. Die nommers moet aan die boonste en onderste voulyne raak. Maak weereens seker die leerder het die korrekte vorming/skryfwyse van die nommers gebruik.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 7 nr. C3
Ondersteuningsoefeninge: Indien die leerder sukkel met die syfervorming kan die fasiliteerder op papier soos genoem in nr. 7 die 1 en 2 korrek skryf met swart koki pen. Nou kan die leerder `n papier bo-op die fasiliteerder se papier sit en die fasiliteerder se nommers wat deurskyn aftrek. Die leerder oefen dus op `n voorbeeld. Inoefening van skryf in meel. Leerder kan dit ook in die sand skryf. Korrekte vorming is NB.
Aktiwiteit 4: Getalbegrip: Herken en skryf 1 en 2 Tel: bl. 1 akt. 4 Wb bl. 7 nr. 4 en telrympie bl. 8 nr. 5.
Benodighede: •
Groot getallelyn (teken 1 met kryt op plaveisel – dit kan weer met water afgewas word/teken groot getallelyn op karton)
•
2 tellers, karton met telrympie, 2 tellers, karton met telrympie, klei, koekblikdeksel/plat pan/bak en meel, syfer 1 en 2 uit sandpapier geknip.
•
Witbord, witbordpen en -uitveër
•
Werkboek, uitdraaikryte/grys HB potlood
© Impaq
11
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Tel: Tel met behulp van getallelyn: 1.
Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 1 akt. 4. Slegs mondelingse akt.
Hoofrekene: 1.
Fasiliteerder sit 1 teller (kies ’n kleur) aan die 1 kant van die tafel en 2 tellers (kies ’n ander kleur) aan die ander kant. Vra die leerder watter groep het die minste tellers.
2.
Fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel en 2 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre.
Begripontwikkeling: Herken en skryf 1 en 2 1.
Hersien telrympie op bl. 8 nr. 5. Doen die bewegings.
2.
Gee die leerder 1 en 2 tellers. Die leerder moet sê hoeveel dit is.
3.
Fasiliteerder wys nou 1 en 2 vingers vir die leerder en die leerder skryf die korrekte nommer in die meel. (Maak seker die leerder vorm die nommer korrek.)
4.
Die fasiliteerder wys die leerder 1 en 2 voorwerpe en die leerder skryf die korrekte nommer op die witbord neer.
5.
Die leerder oefen weer die nommers 1 en 2 op die sandpapier om seker te maak die vorming van die nommers is korrek. Die leerder kan die nommers 1 en 2 met klei oefen en met sy/haar lyf maak vir oefening.
6.
Neem weer ’n gevoude papier met 4 lyne waarop die leerder oefen om nommers 1 en 2 te skryf.
7.
Neem ’n ander papier waarop die leerder 1 voorwerp teken en ’n groot nommer 1 daarby skryf, en skryf die word een daarby. Herhaal op ’n ander papier met nommer 2. Plaas albei papiere teen die muur, onder mekaar sodat 3 tot 5 ook later bygevoeg kan word.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 7 nr. 4
Antwoorde: bl. 7 nr. 4 1 skoen
© Impaq
1 koppie
2 koppies
2 lepels
12
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Ondersteuningsoefeninge: Herhaling en inoefening is noodsaaklik. telrympie sal help om 1 en 2 vas te lê. Leerder kan kortkort deur die loop van die dag gevra word om 1 en 2 te wys en om 1 en 2 voorwerpe uit te haal.
Aktiwiteit 5: Getalbegrip: 3/drie Tel: bl. 2 nr. 2 Wb bl. 8 nr. 6 en telrympie bl. 8 nr. 5.
Benodighede: •
3 tellers, karton met telrympie, klein sak en 3 voorwerpe, stukkie wol
•
Witbord, witbordpen en -uitveër
•
Werkboek, uitdraaikryte/grys HB potlood
Tel: Tel met behulp van getallelyn: 1.
Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 2 nr. 2. Slegs mondelingse akt.
Antwoorde: bl. 2 nr. 2 Leerder moet sê: 2a) 1, 2, 3, 4, 5
b) 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10
c) 3, 4, 5, 6 en 8, 9, 10. 7 was oorgeslaan
Hoofrekene: 1.
Fasiliteerder sit 3 tellers aan die 1 kant van die tafel en 2 tellers aan die ander kant. Vra die leerder watter groep het die minste tellers.
2.
Fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel en 3 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre.
Begripontwikkeling: Getalbegrip: 3/drie 1.
Hersien telrympie op bl. 8 nr. 5. Doen die bewegings.
© Impaq
13
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
2.
Plaas 3 voorwerpe in ’n klein sakkie. Vra die leerder om te raai wat in die sakkie is sonder dat die leerder aan die sakkie raak.
3.
Nadat die leerder geraai het wat in die sakkie is, vra die leerder om aan die sakkie te voel en dan te raai wat binne-in is.
4.
Nou mag die leerder die voorwerp uithaal. Bespreek die voorwerp en vra die leerder hoeveel daar is. Antw.: 3
5.
Die leerder moet die voorwerp tel. Antw.: (3)
6.
Vra die leerder om 3 vingers te wys.
7.
Vra die leerder om 3 potlode te gaan haal. Gaan haal 3 skoene, ens. Herhaal die opdrag ’n paar keer met verskillende voorwerpe.
8.
Nou moet die leerder 3 tellers uitpak. Die fasiliteerder skryf 3 op die witbord neer. Die leerder moet sê wat dit is en hoeveel dit is. Nou kan die fasiliteerder die word drie byskryf en vir die leerder wys dat dit 3/drie is. (gebruik graad 1 handskrif).
9.
Vra die leerder om te kyk of hy/sy die syfer 3 met sy/haar lyf kan maak. Die leerder kan ook wol gebruik om die 3 figuur te maak.
10. Vra die leerder om 3 tellers uit te pak. Die fasiliteerder wys 3 voorwerpe en die leerder moet sê hoeveel daar is. 11. Die leerder oefen om 3 en drie op die witbord neer te skryf.
Aktiwiteit: Wys die leerder die prentjie van 3 voëls op bl. 8 nr. 6. Vra die leerder om 3 voorwerpe/prentjies (soos voëls) op die witbord en/of papier te teken. Hersien 1 en 2 ook. Oefen om 1, een, 2, twee, 3, drie te oefen op die witbord. Let op die syfervorming. Raadpleeg in die werkboek vir voorbeelde. Onthou graad 1 handskrif.
Ondersteuningsoefeninge: Herhaling en inoefening is noodsaaklik. telrympie sal help om 1 en 2 vas te lê. Leerder kan kortkort deur die loop van die dag gevra word om 1, 2 en 3 te wys en om 1, 2 en 3 voorwerpe uit te haal.
© Impaq
14
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Aktiwiteit 6: Getalbegrip: Skryf 3 Tel: bl. 2 nr. 3 Wb bl. 8 nr. 7
Benodighede: •
Werkboek, uitdraaikryte/vetkryte, grys HB potlood
•
Witbord, witbord pen, -uitveër
•
3 tellers, klei, koekblikdeksel/plat pan/bak en meel, verf en papier, syfer 3 uit sandpapier gesny, wol
Tel: Volg die stappe soos verduidelik in Wb bl. 2 nr. 3.
Antwoorde: bl. 2 nr. 3
5 kruisies
6 kolletjies
8 hartjies
10 sirkels
Hoofrekene: 1.
Fasiliteerder sit 2 tellers aan die 1 kant van die tafel en 3 tellers aan die ander kant. Elke groep tellers het ’n ander kleur. Vra die leerder watter groep het die meeste tellers. Watter groep het die minste tellers.
2.
Fasiliteerder teken 2 sirkels op die witbord en teken 2 sterre in die eerste sirkel en 2 sterre in die tweede sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre. Indien nie 1 sirkel meer/minder sterre het nie, wat noem ons dit? Ewe veel.
Begripontwikkeling: Getalbegrip: Skryf 3 1.
Die fasiliteerder vra die leerder om 3 tellers uit te haal.
2.
Die leerder moet die nommer 3 met sy/haar lyf/wol maak.
3.
Gebruik klei en bou die nommer 3. (graad 1 handskrif is NB) Sien voorbeelde in die werkboek.
4.
Die leerder skryf die nommer 3 met sy/haar vinger in die lug, dan op die tafel/mat, dan met sy/haar vinger in sy/haar ander hand. Die fasiliteerder skryf die 3 met sy/haar vinger op die leerder se rug. Nou moet die leerder dit op die fasiliteerder se rug skryf. Die fasiliteerder vra die getal wat geskryf moet word. 1 tot 3 kan gevra word vir oefening, maar die fokus is op 3.
© Impaq
15
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
5.
Die leerder kan nou ’n groot nommer 3 op papier verf. Die leerder kan dit met ’n kwas/vinger verf. Nadat dit droog is, kan dit teen die muur vasgesit word by 1 en 2.
6.
Gee die leerder die nommer 3 wat uit sandpapier gesny is, en die leerder oefen met sy/haar vinger bo-op die sandpapier. Plak/verf ’n kol by die beginpunt van die nommers.
7.
Gooi meel in ’n plat koekblikdeksel/plat pan/houer. Die leerder oefen nou ’n paar keer om die nommer 3 met sy/haar vinger in die meel te skryf. Maak seker die leerder weet hoe om die nommer korrek te vorm. Sien die vorming van die nommers in die werkboek. Dit is NB dat elke nommer se skryfwyse korrek aangeleer word.
8.
Oefen die nommer 3 op die witbord.
9.
Neem ’n A4 papier en vou dit in die lengte in die helfte en dan weer in die helfte. Wanneer die papier oopgemaak word, is daar 4 rye waarin die leerder kan skryf. Laat die leerder met uitdraaikryte/vetkryt in elke ry die nommer 3 oefen. Die nommers moet aan die boonste en onderste voulyne raak. Maak weereens seker die leerder het die korrekte vorming/skryfwyse van die nommers gebruik.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 8 nr. 7
Ondersteuningsoefeninge: Herhaling en inoefening is noodsaaklik. Oefen skryf van 3 in sand. Herhaal oefen op sandpapierhier kan leerder sy oë toemaak terwyl hy dit oefen. Oefen baie op witbord. Indien die leerder sukkel met die syfervorming kan die fasiliteerder op papier die syfer korrek skryf met swart koki pen. Nou kan die leerder `n papier bo-op die fasiliteerder se papier sit en die fasiliteerder se nommers wat deurskyn aftrek. Die leerder oefen dus op `n voorbeeld. Inoefening van skryf in meel. Korrekte vorming is NB.
Aktiwiteit 7: Getalbegrip: Skryf 3 Tel: bl. 3 nr. 4 Wb bl. 8 nr. 8
Benodighede: •
Witbord, witbordpen en -uitveër
•
Werkboek, uitdraaikryte/grys HB potlood
•
3 tellers, klei, koekblikdeksel/plat pan/bak en meel, syfer 3 uit sandpapier gesny
© Impaq
16
Fasiliteerdersgids G01 ~ Wiskunde
Kwartaal
1
Tel: Volg die instruksies op bl. 3 nr. 4.
Antwoorde: bl. 3 nr. 4 Leerder moet sê: 4a) 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15 b) 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20 c) 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15 d) 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20 e) 9, 10, 11, 12, 13 en 16, 17, 18, 19, 20. 14 en 15 is oorgeslaan
Hoofrekene: 1.
Fasiliteerder sit tellers in 3 groepe. 1 teller, 2 tellers en 3 tellers. Vra die leerder watter groep het die meeste tellers. Watter groep het die minste tellers.
2.
Fasiliteerder teken 3 sirkels op die witbord en teken 1 ster in die eerste sirkel, 2 kolle in die tweede sirkel en 3 kruise in die derde sirkel. Vra die leerder watter sirkel het die minste sterre. En watter sirkel het die meeste sterre.
Begripontwikkeling: Getalbegrip: Skryf 3 1.
Gee die leerder 3 tellers. Die leerder moet sê hoeveel dit is.
2.
Fasiliteerder wys nou 3 vingers vir die leerder en die leerder skryf die korrekte nommer in die meel. (Maak seker die leerder vorm die nommer korrek.)
3.
Die fasiliteerder wys die leerder 3 voorwerpe en die leerder skryf die korrekte nommer op die witbord neer.
4.
Die leerder oefen weer die nommer 3 op die sandpapier om seker te maak die vorming van die nommers is korrek. Die leerder kan die nommer 3 met klei oefen en met sy/haar lyf/wol maak vir oefening.
5.
Neem weer ’n gevoude papier met 4 lyne waarop die leerder oefen om nommer 3 te skryf.
6.
Neem ’n ander papier waarop die leerder 3 voorwerpe teken en ’n groot nommer 3 daarby skryf, en skryf die word drie daarby. Plaas die papier teen die muur, onder mekaar sodat 4 en 5 ook later bygevoeg kan word.
Skriftelike aktiwiteit: bl. 8 nr. 8
© Impaq
17