Fase 8
Hero se bad
Die
avonture va
n
Ben, Lebo en Hanna
Inhoudsopgawe
Fase 8 Hero se bad......................................................................... 7 Die verkiesing.................................................................... 17 Die bosuitstappie............................................................... 31 Die kaskarre....................................................................... 49 Die langnaweek................................................................. 67 Karin voel nie lekker nie..................................................... 83
6
Hero se bad
7
Lebo hoor 'n groot geraas. Hy wonder wat die snaakse geluid maak. Lebo stap na die sitkamer en sien Mamma is besig om die huis skoon te maak. Dit is die stofsuier wat so raas. Lebo stap tot op die stoep. Hy sien Pappa sny die gras. Lebo wonder wat hy kan doen om te help. Lebo glimlag, want hy weet nou wat hy kan doen om vir Pappa en Mamma te help. 8
Lebo stap tot by Hero se hondehok. “Kom Hero!” roep Lebo. “Ek gaan vandag jou huis skoonmaak.” Lebo haal Hero se kombers en matras uit die hondehok. Hy gaan vir Mamma vra om die kombers te was. Hy skud Hero se matras uit en sit dit netjies op die stoep. Lebo gaan haal 'n besempie en vee die hondehok se vloer mooi skoon. 9