Í2”È-A-LFS-FG01^Î 1
8
0
2
-
A
-
L
F
S
-
F
G
0
1
LEWENSVAARDIGHEDE FASILITEERDERSGIDS
Graad 2
A member of the FUTURELEARN group
Lewensvaardighede Fasiliteerdersgids
1802-A-LFS-FG01
Í2”È-A-LFS-FG01^Î
Graad 2
Aangepas vir KABV
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
INHOUD 1. 2. 3. 4. 5. 6.
7.
Voorbereiding vir tuisonderrig ................................................................................ iii Beplanning ................................................................................................................ iv Assessering ............................................................................................................... v ’n Leerderportefeulje ................................................................................................. v Beloon u kind............................................................................................................ vi Lesplanne.................................................................................................................. ix Kwartaal 1 .................................................................................................................. 1 Tema: Ek en ander ..................................................................................................... 1 Tema: Ek en my gesin ................................................................................................. 2 Tema: Almal is spesiaal ............................................................................................. 3 Tema: Wat ek nodig het om te leef/gesonde leefwyses ............................................. 5 Kwartaal 2 .................................................................................................................. 9 Tema: Hersiening Kwartaal 1 ...................................................................................... 9 Tema: Seisoene ........................................................................................................ 10 Tema: Boerdery en plaasdiere .................................................................................. 10 Tema: Wonings ......................................................................................................... 12 Kwartaal 3 ................................................................................................................ 15 Tema: Vervoer en padveiligheid ................................................................................ 15 Tema: Padveiligheid .................................................................................................. 16 Tema: Mense wat ons help ....................................................................................... 18 Kwartaal 4 ................................................................................................................ 21 Tema: Ons land ......................................................................................................... 21 Tema: Beroepe en kommunikasie ............................................................................. 22 Addendum A: Daaglikse rooster ............................................................................ 25
Š Impaq
i
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
1. Voorbereiding vir tuisonderrig Voordat daar met tuisonderrig begin word, moet ‘n paar punte in gedagte gehou word wat die kwaliteit van die leerprogram kan beïnvloed. Om van ‘n formele skoolsisteem na ‘n meer informele tuisondderigstelsel oor te skakel, kan vir leerders én ouers ’n groot aanpassing wees. Die gewone skoolroetine moet plek maak vir ’n tuisleerroetine, wat gewoonlik beteken dat almal in die gesin hulle persoonlike skedules sal moet aanpas. Om die oorgang van een roetine na ’n ander makliker te maak kan die gesin gebruik maak van ontskoling. Ontskoling is die proses waardeur leerders en ouers moet gaan om hulself voor te berei vir die nuwe manier van leer wat tuis sal plaasvind. Dit is belangrik dat jou as ouer en fasiliteerder jou vaardighede in hierdie tyd van ontskoling opskerp, omdat die vermoë van die leerder om te presteer en te leer regstreeks deur die handelinge van die ouer en fasiliteerder beïnvloed word. Tabel 1.1 en 1.2 verskaf ’n paar punte wat in gedagte gehou kan word om ’n beter ouer en fasiliteerder vir die leerder te wees. Elke ouer moet krities na hulself kyk en besluit op watter aspekte verbeter kan word. Geen ouer is perfek nie, maar gelukkig kan ouervaardighede opgeskerp word deur klasse by te woon wat by gemeenskapsentrums en kerke aangebied word. Daar is ook heelwat boeke oor hierdie onderwerp geskryf en talle artikels is op die Internet beskikbaar. Tabel 1.1 Fokuspunte vir die ouer en fasiliteerder • Heg waarde aan die leerder se individualiteit, maar perke moet gestel word wanneer dit nodig is. • Vertrou in die leerder se vermoëns. • Respekteer die leerder se belangstellings, idees, opinies en persoonlikheid. • Wees liefdevol en aanvaar die leerder soos hy/sy is, maar met die verstandhouding dat daar van hom/haar verwag word om ten alle tye sosiaal aanvaarbaar op te tree. • Straf konsekwent. • Die leerder moet daarvan bewus wees dat daar van hom/haar verwag word om toegewyd en lojaal te wees en om goed te presteer, en dat hy/sy die nodige ondersteuning van jou sal kry. Tabel 1.2 Die volgende lys is opgestel deur kinders… • Behandel ons met respek. • Wees entoesiasties. • Ken die werk wat ons moet leer. • Wees beskikbaar as ons ekstra hulp nodig het. • Maak gebruik van die multimedia-hulpbronne. • Wees vriendelik met ons. • Praat met ons oor jou eie lewe. • Gebruik speletjies om ons te help om ons werk beter te onthou. • Moenie te veel werk op ‘n slag met ons behandel nie. • Moenie te veel reëls op ‘n slag vir ons gee nie. • Gee ons ook kans om klas te gee. © Impaq
iii
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
2. Beplanning 2.1 Die Impaq-kurrikulum Die Impaq-kurrikulum sluit alle vakke in soos vereis deur die Departement van Onderwys en is saamgestel na aanleiding van die Kurrikulum- en assesseringbeleidverklaring (KABV). Tabel 2.1.1 Die Impaq-kurrikulum vir die Grondslagfase (Graad R – 3) bestaan tans uit die volgende vakke: GRAAD 1 GRAAD 3 GRAAD 2 GRAAD R Huistaal
Huistaal
Huistaal
Huistaal
Eerste Addisionele Taal
Eerste Addisionele Taal
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede
VAKKE
2.2 Beplanning Gebruik die onderstaande stappe en rooster om jou beplanning vir die jaar te doen. 2.2.1 Jaarbeplanning 1. Begin deur die pakkie boeke wat deur Impaq aangestuur is, oop te maak en op die tafel uit te pak. Sit al die boeke van dieselfde vakke bymekaar. Met ander woorde daar sal ’n hopie boeke wees vir Tale, Addisionele Tale (nie vir graad R nie), Wiskunde en Lewensvaardighede. 2. Gebruik Impaq se voorraadlys en kontroleer die boeke. 3. As al die boeke ontvang is, kan die jaarkalender en die rooster vir die graad (sien 6. Daaglikse rooster) gebruik word om ’n jaarplan op te stel. 4. Om te verseker dat die beplanning volledig is, moet die volgende gedoen word: • Vir elke vak moet die fasiliteerdersgids, handboeke, werkboeke, leesboeke en leerderhulpmiddels met mekaar vergelyk word. • Maak ’n lys van die hoeveelheid lesse wat daar in elke kwartaal is en vergelyk die leshoeveelhede met die daaglikse en weeklikse rooster vir die spesifieke graad. Deel die lesse dan per dag op ’n jaarkalender in soos dit jou persoonlik pas. • Om te verseker dat die jaarbeplanning volledig is, moet jou eie roetine, die leerder se daaglikse roetine asook sportaktiwiteite en vakansies in ag geneem word. Wenk: Om te verseker dat julle deur al die werk sal kom, kan die jaar in vier kwartale wat bestaan uit 10 weke elk met die nodige vakansies tussenin, verdeel word. 2.2.2 Tydsbeplanning is belangrik Alhoewel leerders in die Grondslagfase graag speel, moet jy egter steeds probeer om so veel as moontlik by die onderrigtye te hou wat jy in die jaarbeplanning uiteengesit het. Dit is belangrik vir die volgende redes: • Dit bied aan die leerder die nodige vasgestelde roetine. • Dit ontneem die leerder van die nodige vaslegging en roetine indien die onderrigtye vir speel aangewend word.
© Impaq
iv
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
2.2.3 Geskrewe lesvoorbereiding Elke les moet vroegtydig deurgewerk word om te verseker dat jy die les verstaan wat aan die leerder voorgegee gaan word. Maak ’n lysie van die leerhulpmiddels wat benodig gaan word om die les effektief aan te kan bied. In die Grondslagfase is die gebruik van leerhulpmiddels van uiterste belang. Leerders leer die beste as hul oë, ore, neuse, hande en ander liggaamsdele gebruik word terwyl hulle leer. Dit is dus van kardinale belang dat daar van leerhulpmiddels in lesse gebruik gemaak word. 2.2.4 Beplanning vir ‘n aangename leerarea As deel van die beplanning vir die jaar moet ‘n plek ingerig word wat gebruik gaan word as leerarea. Dit kan enige plek in die huis wees- ‘n slaapkamer, ‘n hoekie in die kombuis of eetkamer, ens. Gebruik die volgende idees om ‘n aangename leerarea te skep: 1. Kies ‘n area wat geskik sal wees vir studeer en leer. Die area hoef nie in die leerder se kamer te wees nie. Gebruik enige plek wat aan die leerder se unieke behoeftes sal voldoen. 2. Haal die normale versierings soos skilderye van die mure af en vervang dit met studiemateriaal of opvoedkundige muurkaarte, byvoorbeeld ‘n muurkaart met vorms, die alfabet, getalkaarte en flitskaarte. 3. Daar moet ‘n groot tafel in die leerarea wees sodat die leerder ’n plek het om te skryf, op ‘n tablet te werk, om projekte te doen, of om kuns te doen. Daar moet ook genoeg plek wees vir boeke en skryfbehoeftes. 4. Maak seker dat daar gemaklike stoele is vir jouself en die leerder. 5. Rig ‘n spesiale area in (indien die spasie beskikbaar is) waar die leerder boeke kan lees, navorsing kan doen op ‘n rekenaar, opvoedkundige speletjies kan speel of kan verf. Dit sal ook ‘n nuttige spasie wees indien jy meer as een leerder tuisskool. Een leerder kan daar besig gehou word terwyl die ander leerder se les aangebied word. 6. Sit ‘n rak of ‘n kas in die leerarea om skryfbehoeftes, boeke en leerhulpmiddels in te bêre. Indien daar nie genoeg spasie in die leerarea is nie kan ‘n ander vertrek daarvoor gebruik word. ’n Rak of kas skep ‘n geordende omgewing en sal bydra tot die kwaliteit van die leersessies. Organiseer die rak of kas: 1. Gebruik ‘n gedeelte van die spasie in die kas om kuns-items soos kwasse, verf, gekleurde papier, klein kartonhouertjies, gom en skêre in te bêre. 2. Sonder ‘n gedeelte af vir skryfbehoeftes soos penne, potlode, uitveërs, skerpmakers en liniale. 3. Gebruik ‘n gedeelte van die rak vir die leermateriaal wat van Impaq ontvang is. Dit is ’n goeie idee om die leermateriaal per vak te organiseer. 3. Assessering Alle assesseringsinligting in die Grondslagfase Portefeuljeboek beskikbaar. 4. ‘n Leerderportefeulje ‘n Portefeulje is ‘n lêer waarin die fasiliteerder ’n samestelling van die leerder se werk hou met die doel om sy/haar pogings, vordering en prestasies te organiseer en te liasseer vir latere verwysings. Dit is belangrik om die portefeulje op datum te hou en veilig te bewaar, selfs al is die skooljaar verby. Onthou dat die portefeulje ’n bewys van die leerder se skoolloopbaan is. © Impaq
v
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
4.1 Inhoud van die portefeulje 1. Koop ‘n groot lêer en ‘n paar gekleurde kartonne aan. Bring op die buitekant van die lêer die volgende inligting aan: • Jaar • Leerder se naam en van • Graad 2. Aan die binnekant moet daar op die eerste bladsy (karton) ‘n inhoudsopgaweblad gemaak word met die volgende inligting: Inhoudsopgawe 1) Kwartaal 1 1.1) Assesseringsvorms 1.2) Bewyse van werk 1.3) Werk waarop die leerder trots is 2) Kwartaal 2 2.1) Assesseringsvorms 2.2) Bewyse van werk 2.3) Werk waarop die leerder trots is 3) Kwartaal 3 3.1) Assesseringsvorms 3.2) Bewyse van werk 3.3) Werk waarop die leerder trots is 4) Kwartaal 4 4.1) Assesseringsvorms 4.2) Bewyse van werk 4.3) Werk waarop die leerder trots is 5) Kwartaallikse verslae van Impaq. 6) Nie-kurrikulêre verslae, sertifikate en ander prestasies. 7) Algemene inligting: mediese geskiedenis en spesialis-verslae (spraakterapeut, arbeidsterapeut, gehoorspesialiste). 8) Enige ander inligting of dokumente wat JY as nodig ag om in die lêer te bêre om die leerder se portefeulje volledig te maak. 5. Beloon jou kind Navorsing toon dat ongeveer 48% van ouers in Amerika hulle kinders se prestasies met geld beloon. Kundiges is van mening dat matige beloning met geld ‘n kind wel kan aanmoedig om beter te presteer, maar dat dit ook problematies kan raak. As kinders te veel met geld beloon word, gaan hulle innerlike motivering om te presteer verlore en werk hulle later net vir die geld. As die leerder van nature nie gemotiveerd is om te presteer nie, is dit die mening van kundiges dat dit raadsaam is om nie die leerder te straf nie, maar liewers te beloon vir die prestasie wat hy/sy wel bereik. Met ander woorde, die leerder moet steeds beloon word vir ‘n prestasie van 50% en nie gestraf word nie. Die leerder kan op een van die volgende maniere vir goeie gedrag, goeie werk of ‘n goeie rapport beloon word. Gereelde beloning moedig leerders aan om harder te probeer en is ook baie goed vir hulle selfvertroue. © Impaq
vi
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
•
•
• • • • • •
Die heel beste manier om leerders te beloon, is om vir hulle te wys dat jy as ouer trots is op hulle. Beloon die leerder se prestasie met opgewondenheid, “baie geluk!”, ‘n “high five”, ‘n soen en ‘n druk. Waar moontlik, moet die leerder se prestasie ten toon gestel word om vir hom/haar te wys hoe trots jy voel. ‘n Goeie werkstuk of ‘n goeie rapport kan op die yskas vertoon word vir almal om te sien. Bak vir die leerder ‘n koek om hom/haar spesiaal te laat voel. Skryf sy/haar naam en prestasie in versiersuiker op die koek. Die leerder kan ook as beloning op ‘n uitstappie geneem word. Die uitstappie kan na sy/haar gunsteling museum wees, na ‘n pretpark of ‘n akwarium. Beloon die leerder met ‘n fliek of omskep die sitkamer in ‘n teater en neem DVD’s uit wat jy saam met die leerder kan kyk terwyl julle springmielies eet. Neem die leerder uit vir pizza. As beloning kan die leerder ekstra tyd toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel. Neem die leerder op ’n uitstappie na ‘n boekwinkel om ‘n boek van sy/haar keuse te kies wat julle saam kan lees.
Vir enige navrae kontak die vakdeskundige by Impaq.
© Impaq
vii
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
6. LESPLANNE
© Impaq
ix
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
Kwartaal
1
6. LESPLANNE LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 2 KWARTAAL 1 TEMA: EK EN ANDER VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 1 DAG 1 AANVANGSKENNIS, 1. Dit is die begin van ’n nuwe jaar. PERSOONLIKE EN 2. Stel jou voor aan die klas en vertel iets interessants oor jouself wat jou uniek SOSIALE WELSYN maak. Speel inheemse speletjies: LO Boeresport-speletjies DAG 2 AANVANGSKENNIS, 1. Luister na die storie wat voorgelees word. PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN 2. Beklemtoon die liggaamsdele wat genoem word. Uitvoerende Kuns: SKEPPENDE Asemhalingsoefeninge. KUNSTE DAG 3 AANVANGSKENNIS, Elkeen van ons het dagtakies om te verrig. PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN Aartappelsak-resies. LO DAG 4 AANVANGSKENNIS, Aktiwiteit 4 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN 1. Stemopwarming. SKEPPENDE 2. Sing liedjies saam. KUNSTE DAG 5 AANVANGSKENNIS, Aktiwiteit 5 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN Visuele Kuns: SKEPPENDE 1. Bespreek kleure in prente (rooi, geel, KUNSTE groen, blou – primêre kleure/sekondêre kleure – rooi en geel gemeng = oranje). 2. Laat leerder self kleure meng en dit ontdek. 3. Maak geskenkpapier van bruinpapier deur krabbelpatrone daarop te maak met die nuwe kleure wat jy ontdek het. INHOUDSAREA
© Impaq
1
HULPBRONNE
Werkboek – Aktiwiteit 1
Werkboek – Aktiwiteit 2
Werkboek – Aktiwiteit 3
Werkboek – Aktiwiteit 4
Werkboek – Aktiwiteit 5
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
INHOUDSAREA
AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO
AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN SKEPPENDE KUNSTE
AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN LO
AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN
SKEPPENDE KUNSTE
Kwartaal
TEMA: EK EN MY GESIN VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 2 DAG 1 Leerders vertel hoe hulle as gesin hulle vrye tyd spandeer. Lei leerders na gesinsrolle. Opwarming: 1. Laat die leerder hardloop, loop of draf. 2. Maak dit moeiliker – draf met groot treë, nog groter/kleiner, kleinste wat jy kan. Voer aksies uit: 1. Staan voor die stoel. 2. Staan agter die stoel. 3. Staan op die stoel. DAG 2 Aktiwiteit 7
Uitvoerende Kuns: 1. Speel musiek. 2. Leerder moet sy/haar hande, bene en ander dele van die liggaam “uitskud”. 3. As musiek stop, staan hy/sy doodstil. DAG 3 Aktiwiteit 8
Hindernisbaan: Maak ’n hindernisbaan. Die baan moet voorsiening maak vir: 1. Hindernisse om oor te spring. 2. Hindernisse om deur te kruip. 3. Hindernisse om op/oor te klim. DAG 4 Aksie-liedjie: “Dit is ek” Dit is, ek, hier’s my nek. Dis my arms wat rek en strek. Ek kan spring in die lug met my bene strek. Kyk my hande reg vir werk! Dit is ek, hier’s my neus. Dis my oë wat kan lees. Ek kan hoor wat jy sê met my ore spits. Kyk my tong proe in ’n kits! (Pieter van Zyl) Beweging in verskillende rigtings.
1
HULPBRONNE
Werkboek – Aktiwiteit 6
Stoel
Werkboek – Aktiwiteit 7
Werkboek – Aktiwiteit 8
Stoele Tafels Ens.
DAG 5 AANVANGSKENNIS, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN
© Impaq
Aktiwiteit 9
Werkboek – Aktiwiteit 9
2
Fasiliteerdersgids G02 ~ Lewensvaardighede
SKEPPENDE KUNSTE
Kwartaal
Visuele Kuns: 1. Maak ’n sjabloon van ’n mensfiguur. 2. Knip dit uit en verf dit as ’n span. 3. Maak ’n muurrand vir jou klas.
TEMA: ALMAL IS SPESIAAL VERDUIDELIKING/NOTAS/ AKTIWITEITSVOORBEELDE WEEK 3 DAG 1 AANVANGSKENNIS, 1. Lees storie voor. PERSOONLIKE EN 2. Lei leerders om te gesels oor boelies. SOSIALE WELSYN 3. Hoe kan mens ’n boelie hanteer. 4. Is geweld altyd die antwoord? Gooi boontjiesak: LO Leerder vind uit watter bewegings met uitgestrekte arms moontlik is deur die boontjiesak vir die fasiliteerder op verskillende maniere te gooi – oor, onder, met een hand of albei. DAG 2 AANVANGSKENNIS, Bespreek die eienskappe van ’n goeie PERSOONLIKE EN maat. SOSIALE WELSYN Uitvoerende Kuns: SKEPPENDE Liggaamsopwarming. KUNSTE DAG 3 AANVANGSKENNIS, Aktiwiteit 12 PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN Opwarming: LO 1. Laat leerder loop, draf, hardloop. 2. Doen opdragte met liggaamsdele. “Strek jou arms na links.” “Skop regs, ens.” DAG 4 AANVANGSKENNIS, 1. Lees stories voor uit Huisgenoot/Internet, bv. egskeiding, die dood, ens. PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSYN 2. Laat leerder die implikasies daarvan bespreek. 3. Praat oor dankbaarheid, verdraagsaamheid, verantwoordelikheid en pligte. Beweging in verskillende rigtings: SKEPPENDE KUNSTE The Hokey Pokey You put your right foot in, You put your right foot out, You put your right foot in, And you shake it all about. You do the Hokey-Pokey, And you turn yourself around. That’s what it’s all about! INHOUDSAREA
© Impaq
1
3
HULPBRONNE
Werkboek – Aktiwiteit 10
Boontjiesak
Werkboek – Aktiwiteit 11
Werkboek – Aktiwiteit 12