Gr 2-Lewensvaardighede-Werkboek

Page 1

Lewensvaardighede Werkboek Graad 2 Naam: Klas:

A member of the FUTURELEARN group


Lewensvaardighede Werkboek

1802-A-LFS-WB01

Í2”È-A-LFS-WB01vÎ

Graad 2

Aangepas vir KABV


Werkboek G02 ~ Lewensvaardighede

INHOUD Kwartaal 1 ........................................................................................................................... 1 Tema: Ek en ander ............................................................................................................. 2 Tema: Ek en my familie ...................................................................................................... 5 Tema: Almal is spesiaal ..................................................................................................... 12 Tema: Wat ek nodig het om te leef/gesonde leefwyses .................................................... 19 Kwartaal 2 ......................................................................................................................... 35 Tema: Hersiening Kwartaal 1 ............................................................................................ 36 Tema: Seisoene ................................................................................................................ 38 Tema: Boerdery en plaasdiere .......................................................................................... 47 Tema: Wonings ................................................................................................................. 51 Kwartaal 3 ......................................................................................................................... 63 Tema: Vervoer en padveiligheid ....................................................................................... 64 Tema: Padveiligheid ......................................................................................................... 72 Tema: Mense wat ons help ............................................................................................... 92 Kwartaal 4 ....................................................................................................................... 107 Tema: My land ................................................................................................................ 108 Tema: Beroepe en kommunikasie .................................................................................. 120

Š Impaq

i


KWARTAAL 1

1


Datum:

KWARTAAL 1 TEMA: EK EN ANDER

AKTIWITEIT 1 Skryf binne die lyfie van die prentjie wat jy alles met jou liggaam kan doen.

Ek kan sing. ________ ________ ________ ________ ________ ________

2


Datum: AKTIWITEIT 2 Storie: Luister na die storie terwyl jou fasiliteerder dit aan jou voorlees. Neem kennis van die liggaamsdele soos dit voorgelees word.

Dr. Hudson se kwaai pasiënt Maria neem vandag haar kind dokter toe. Sy trek vir Talita, haar mooiste blou rok aan. Dokter Hudson se spreekkamer is net langs hulle huis onder die grootste boom in die tuin. Dokter Hudson maak of hy baie hard werk. Maria en Talita gaan sit solank op ‘n klip en wag. Die deftige mevrou hoes een keer sodat die dokter kan hoor sy dat sy daar is. Maar dokter Hudson is baie besig! Hy kyk nie eers op nie. Mevrou Meyer wonder of die dokter haar kan hoor. Dalk is hy doof! Maar daar is tog twee ore aan sy kop. As sy maak of sy nie hoor nie, vra Mamma altyd of dit twee ornamente is wat daar aan haar kop sit. Nou hoes Maria vreeslik baie en vreeslik hard. Dokter Hudson spring op. Hy hardloop na Maria toe en slaan haar op die rug. “Dit klink vir my jou longe is gedaan, Mevrou! Steek gou jou tong uit!” “Nee, Dokter! Ek sal dit nie doen nie!” sê Maria beslis. “Dit is baie slegte maniere om vir iemand tong uit te steek. ‘n Tong se werk is net om te lek en te proe!” Dokter Hudson skud net sy kop. Hy loer in Maria se ore. “Sjoe! Hierdie ore is baie lank laas ordentlik gewas. Hoe moet hulle hoor as ek met jou praat?” vra hy. Hy gooi ‘n bietjie bruin modder in ‘n lepeltjie. Hy hou die moddermedisyne mooi stil sodat die pasiënt dit kan drink. “Ag sies, ga! Vat die medisyne onder my neus uit, dit ruik sleg!” gil Maria. Sy vlieg op en klap na dokter Hudson.

3


“Ek sien jou arms en hande makeer niks nie! Jou arms kan swaai en jou hande kan klap en jou vingers kan nog die pop vashou,” sê dokter Hudson. Nou is Maria so vies dat sy sommer na dokter Hudson skop. “Dis nie ‘n pop nie, dis my siek kind, Talita! Sy is die pasiënt, nie ek nie!” Dokter Hudson spring rats agteruit. “Ek sien jou bene is ook gesond. Hulle kan swaai en skop. Net jammer jou voete is kaal en jou tone vuil,” sê dokter Hudson. Maria gryp haar siek kind en staan voor dokter Hudson. “Jy is ‘n treurige dokter. Jy kan nie eers sien wie die pasiënt is nie. Ek gaan liewer huis toe!” sê sy. “Toemaar, Talita, my arme siek kind. Ek sal self vir jou medisyne gee. Jy moet net jou mond groot oopmaak en een groot sluk gee. Dan kan jy jou lippe aflek as ek ‘n bietjie gemors het, hoor.” Dokter Hudson sug en gaan sit weer langs sy tamatiekastafel. “Ag, ‘n dokter het tog so ‘n moeilike lewe met sulke kwaai pasiënte!”

4


Datum: TEMA: EK EN MY FAMILIE AKTIWITEIT 3 Wie help jou by die huis? Volg die paadjie met jou vinger. Begin by die beginpunt. Praat oor wie jou bedags help. Teken in die leĂŤ blok iemand wat jou help. Begin hier

5


Datum: AKTIWITEIT 4 Pligte - Wie doen wat? Wie in jou gesin verrig die volgende take? Skryf die naam onder elke prent.

Was die skottelgoed

Neem die vullis uit

Voer en gaan stap met die troeteldiere

Stofsuig

Vee en tel die gemors op

Maak die beddens op

6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.