Gr 3-Afrikaans Huistaal-Leesboek-Fase 10

Page 1

Fase 10

Gesonde kos, bo!

Die

avonture va

n

Ben, Lebo en Hanna


Inhoudsopgawe

Fase 10 Gesonde kos, bo!................................................................. 7 Die wonderlike wĂŞreld van bye.......................................... 17 Sywurms en hulle geheime................................................ 25 Moenie dit weggooi nie!..................................................... 35 Seerowers, ahooi!.............................................................. 45


6


Gesonde kos, bo!

7


Dis uiteindelik Vrydagmiddag en Mamma gaan haal vir Ben by die skool. Hy is moeg en loop sleepvoet motor toe. “Wat makeer, Ben? Jy lyk nie juis opgewonde dat dit naweek is nie,” sê Mamma. “Ek moet die naweek huiswerk doen. Dis so onregverdig!” brom Ben.

8


“Wat moet jy doen?” vra Mamma. “Ons moet volgende week as ’n groep ’n praatjie oor gesonde kos gee. Dis so vervelig! Hoekom kan ons nie praat oor die wêreld se grootste pizza of wie die meeste worsbroodjies in ’n uur kan eet nie? Dis ten minste interessant. Vrugte en groente is net ’n mors van tyd,” sê Ben en skop ’n klip uit pure frustrasie. Ben trek sy skoolklere uit en eet middagete. Hy is steeds vies oor die huiswerk wat hy moet doen. Hy gaan sit voor die TV en kyk ’n program oor monstertrokke. ’n Advertensie van ’n supermark wys wat vars vrugte en groente verkoop. Skielik weet hy wat hulle kan doen!

9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.