Fase 12
Skitterblink Karwas hou die blink kant bo
Die
avonture va
n
Ben, Lebo en Hanna
Inhoudsopgawe
Fase 12 Skitterblink Karwas hou die blink kant bo......................... 7 Brand!............................................................................. 17 ’n Slaaptydstorie............................................................. 31 Ons beste en oudste vriende......................................... 47 Sjj! Hoor julle dit?........................................................... 61
6
Skitterblink Karwas hou die blink kant bo
7
Vandag is nie ’n gewone skooldag nie. Niemand doen skoolwerk nie en die klaskamers is leeg. Dit is entrepreneursdag en dit gons van opwinding soos die kinders hulle stalletjies oprig en lag en grappies maak. Maar vandag word daar ook ernstig besigheid gedoen. Elke groep moet iets verkoop of ’n diens lewer om geld te maak. Die rugbyveld staan vol kleurvolle sambrele en stalletjies. Party verkoop koek, ander verkoop toebroodjies, worsbroodjies, ballonne, spookasem, roomys en koeldrank. Daar is selfs ’n stalletjie met melkskommels. 8
Ben, Lebo, Hanna, Herman en Kasper het met ’n blink plan vorendag gekom. Hulle gaan mense se motors was. Met soveel ouers by die entrepreneursdag, behoort hulle baie kliënte te hê wie se motors ’n goeie was nodig het. Die maats het ’n groot plakkaat gemaak om te wys dat hulle motors was. Hanna sit onder ’n sambreel langs die plakkaat. “Goeiemôre en welkom by Skitterblink Karwas,” groet Hanna hulle eerste kliënt van die dag. “Kan ek jou naam en jou motor se registrasienommer kry?” glimlag sy. 9