Gr 3-Eerste Addisionele Taal-Leesboek-Fase 9

Page 1

Fase 9

Pret en plesier by die pretpark

Lees is lekker


Inhoudsopgawe

Fase 9 Pret en plesier by die pretpark............................................. 7 ’n Storm steek op............................................................... 15 Onder die water................................................................. 23 Komaan, Bles!.................................................................... 29 Wat ’n mondvol!................................................................. 35


Pret en plesier by die pretpark

7


Tandi en Tom is saam met Mamma en Pappa by die pretpark. Pappa koop kaartjies by die hek. Elkeen kry ’n armbandjie om te wys dat hulle betaal het. Tom en Tandi is baie opgewonde. Hulle hoor musiek en mense wat lag. “Wat gaan ons eerste doen, Pappa?” vra Tandi. “Ons gaan eers rondloop en na al die stalletjies kyk,” sê hy. “Daar oorkant is ’n verhoog, seker vir mense wat gaan sing. As julle belowe om by ons te bly, mag julle elkeen iets by ’n stalletjie kry.”

Pretpark Kaartjies 8


“Jippie! Dankie, Pappa!” skree Tom. Daar is orals stalletjies. Party verkoop mooi handgemaakte goed, ander het klere, hoede, speelgoed en meubels en daar is ’n reuse springkasteel. Party stalletjies verkoop net kos, van burgers en worsbroodjies tot spookasem en pannekoeke. Dit ruik heerlik. “Hier is soveel goed,” sê Tandi. “Ek weet nie waar om te begin nie.” Tom hardloop na ’n stalletjie met speelgoed. Daar staan ’n houttrein op die tafel. “Mag ek groot asseblief die trein kry, Pappa?” vra hy. Pappa knik en haal sy beursie uit. Tom is baie bly. Hy sal dit mooi oppas.

9


Tandi sien ’n stalletjie met mooi skoene. Daar is

W

pienk skoene met blink kraletjies. Sy pas dit aan

h

en die skoene pas perfek. “Hou jy daarvan?” vra

D

Pappa. “Vreeslik baie!” sê Tandi. “Nou ja toe, kom

k

ons gaan betaal.” “Dankie, Pappa!” sê Tandi bly.

d

k “Kyk daar!” roep Tom met groot oë. Hy wys

r

na ’n reuse wiel wat stadig in die rondte draai.

Mense sit op stoeltjies al om die rand van die

g

wiel. Hulle skree en waai vir die mense wat op die grond staan en kyk. Pappa en Mamma stap

T

nader. “Dit is ’n kermiswiel,” sê Pappa. Die kinders

i

waai vir die mense wat verby hulle sweef.

d

k

p

b

t

T 10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.