Fase 7
Tom en Tandi eet uit
Lees is lekker
Inhoudsopgawe
Fase 7 Tom en Tandi eet uit ............................................................ 7 Miere waar jy kyk! ............................................................. 14 Kolle en Mollie se avonture ............................................... 23 Linda kry 'n bril .................................................................. 30 Slang! Slang! ..................................................................... 37
Tom en Tandi eet uit
7
Tandi, Tom, Pappa en Mamma hou vakansie by die see. Hulle geniet middagete by ’n besige restaurant wat op die see uitkyk. “Wat gaan ons eet?” vra Tom. Sy maag grom al van die honger. Pappa wys vir hom die spyskaart. Daar is prente van toebroodjies, slaaie, burgers en sky±es. “Jy mag enige iets hiervan kies,” sê Pappa. Tom is lus vir ’n burger en sky±es met groen koeldrank. Mamma en Pappa bestel elkeen ’n slaai. Tandi wil ’n toebroodjie met ham en kaas hê, en ’n glas lemoensap. Die kelner skryf hulle bestelling haastig neer. 8
9
Na ’n rukkie bring die kelner hulle koeldrank op ’n skinkbord. “Dankie,” sê Tom en begin dadelik drink. Tandi glimlag skaam vir die kelner. “Wil julle inkleur?” vra die kelner. Tandi se gesiggie helder op. “Ja, asseblief !” Die kelner bring vir haar ’n inkleurboek en kryte. Sy kies ’n prentjie van ’n skoenlapper en begin sy vlerke pers inkleur.
Tom hou nie van inkleur nie en wil eerder by die restaurant se speelplek speel. “Dis reg, Tom, jy kan gaan speel,” sê Pappa met ’n glimlag. “Ek sal jou roep as die kos hier is.” 10