Gr 3-Eerste Addisionele Taal-Leesboek-Fase 8

Page 1

Fase 8

Die skaatsplank

Lees is lekker


Inhoudsopgawe

Fase 8 Die skaatsplank.................................................................... 7 Operasie skoonmaak......................................................... 15 Pappa vertel ’n storie van die outyd................................... 21 Die dag by die dieretuin..................................................... 29 Die wonder van water........................................................ 36


Die skaatsplank

7


Robbie lê op sy bed. Hy blaai deur ’n tydskrif oor skaatsplankry. Hy wil eendag net so goed kan skaatsplank ry soos Tony Hawk. Hy lees dat branderplankryers in Kalifornië skaatsplankry begin het. Dit was iets om te doen as hulle nie branders kon ry nie. Robbie raak aan die slaap. Hy droom hy doen toertjies op sy skaatsplank, terwyl ’n skare juig.

D

w

g

E

t

M

b

’ 8


Die volgende oggend word Robbie met ’n plan wakker. Hy wil vir die skaatsplankryers in die park gaan kyk. Hy kan ’n ding of twee by hulle leer. “Goeiemôre,” groet Mamma. “Môre, Mamma. Ek is op pad park toe. Belangrike navorsing om te doen,” sê hy haastig. Mamma lag. “Gaan geniet dit! Maar vat ’n broodjie vir padkos.” Robbie kry sy rugsak, gryp ’n broodjie en laat spat. 9


Die park is vol skaatsplankryers wat toertjies doen. Een van hulle skaats by ’n trapreëling af. Sjoe! Robbie wonder of hy dit sal kan doen. ’n Ander een skaats teen volspoed en tuimel met sy skaatsplank en al in die lug voor hy weer op sy voete land. 10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.