Gr 3-Lewensvaardighede-Fasiliteerdersgids

Page 1

Í2”È-A-LFS-FG01^Î 1

8

0

3

-

A

-

L

F

S

-

F

G

0

1

LEWENSVAARDIGHEDE FASILITEERDERSGIDS

Graad 3

A member of the FUTURELEARN group


Lewensvaardighede Fasiliteerdersgids

1803-A-LFS-FG01

Í2#È-A-LFS-FG01`Î

Graad 3

Aangepas vir KABV


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

INHOUDSOPGAWE 1. 2. 3. 4. 5. 6.

7.

Voorbereiding vir tuisonderrig .................................................................................. i Beplanning ................................................................................................................. ii Assessering .............................................................................................................. iii ’n Leerderportefeulje ................................................................................................ iii Beloon jou kind ........................................................................................................ iv Lesplanne................................................................................................................. vii Kwartaal 1 .................................................................................................................. 1 Tema: Oor my ............................................................................................................. 1 Tema: Gevoelens ........................................................................................................ 2 Tema: Gesondheidsvoorligting .................................................................................... 3 Tema: Hou my liggaam veilig ...................................................................................... 5 Tema: Regte en verantwoordelikhede ......................................................................... 7 Kwartaal 2 .................................................................................................................. 9 Tema: Gesonde gewoontes ........................................................................................ 9 Tema: Insekte............................................................................................................ 11 Tema: Lewensiklusse ................................................................................................ 12 Tema: Herwinning ..................................................................................................... 13 Kwartaal 3 ................................................................................................................ 15 Tema: Openbare veiligheid ....................................................................................... 15 Tema: Water en besoedeling .................................................................................... 17 Tema: Leefwyses uit die verlede ............................................................................... 19 Tema: Ruimte ............................................................................................................ 21 Kwartaal 4 ................................................................................................................ 22 Tema: Produkte en prosesse .................................................................................... 22 Tema: Diere en organismes wat ons help ................................................................. 25 Addendum A: Daaglikse rooster ............................................................................ 27

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

1. Voorbereiding vir tuisonderrig Voordat daar met tuisonderrig begin word, moet ʼn paar punte in gedagte gehou word wat die kwaliteit van die leerprogram kan beïnvloed. Om van ʼn formele skoolsisteem na ʼn meer informele tuisondderigstelsel oor te skakel, kan vir leerders én ouers ’n groot aanpassing wees. Die gewone skoolroetine moet plek maak vir ’n tuisleerroetine, wat gewoonlik beteken dat almal in die gesin hulle persoonlike skedules sal moet aanpas. Om die oorgang van een roetine na ’n ander makliker te maak kan die gesin gebruik maak van ontskoling. Ontskoling is die proses waardeur leerders en ouers moet gaan om hulself voor te berei vir die nuwe manier van leer wat tuis sal plaasvind. Dit is belangrik dat jou as ouer en fasiliteerder jou vaardighede in hierdie tyd van ontskoling opskerp, omdat die vermoë van die leerder om te presteer en te leer regstreeks deur die handelinge van die ouer en fasiliteerder beïnvloed word. Tabel 1.1 en 1.2 verskaf ’n paar punte wat in gedagte gehou kan word om ’n beter ouer en fasiliteerder vir die leerder te wees. Elke ouer moet krities na hulself kyk en besluit op watter aspekte verbeter kan word. Geen ouer is perfek nie, maar gelukkig kan ouervaardighede opgeskerp word deur klasse by te woon wat by gemeenskapsentrums en kerke aangebied word. Daar is ook heelwat boeke oor hierdie onderwerp geskryf en talle artikels is op die Internet beskikbaar. Tabel 1.1 Fokuspunte vir die ouer en fasiliteerder • Heg waarde aan die leerder se individualiteit, maar perke moet gestel word wanneer dit nodig is. • Vertrou in die leerder se vermoëns. • Respekteer die leerder se belangstellings, idees, opinies en persoonlikheid. • Wees liefdevol en aanvaar die leerder soos hy/sy is, maar met die verstandhouding dat daar van hom/haar verwag word om ten alle tye sosiaal aanvaarbaar op te tree. • Straf konsekwent. • Die leerder moet daarvan bewus wees dat daar van hom/haar verwag word om toegewyd en lojaal te wees en om goed te presteer, en dat hy/sy die nodige ondersteuning van jou sal kry. Tabel 1.2 Die volgende lys is opgestel deur kinders … • Behandel ons met respek. • Wees entoesiasties. • Ken die werk wat ons moet leer. • Wees beskikbaar as ons ekstra hulp nodig het. • Maak gebruik van die multimedia-hulpbronne. • Wees vriendelik met ons. • Praat met ons oor jou eie lewe. • Gebruik speletjies om ons te help om ons werk beter te onthou. • Moenie te veel werk op ʼn slag met ons behandel nie. • Moenie te veel reëls op ʼn slag vir ons gee nie. • Gee ons ook kans om klas te gee. © Impaq

i


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

2. Beplanning 2.1 Die Impaq-kurrikulum Die Impaq-kurrikulum sluit alle vakke in soos vereis deur die Departement van Onderwys en is saamgestel na aanleiding van die Kurrikulum- en assesseringbeleidverklaring (KABV). Tabel 2.1.1 Die Impaq-kurrikulum vir die Grondslagfase (Graad R – 3) bestaan tans uit die volgende vakke: GRAAD 1 GRAAD 3 GRAAD 2 GRAAD R Huistaal

Huistaal

Huistaal

Huistaal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

VAKKE

2.2 Beplanning Gebruik die onderstaande stappe en rooster om jou beplanning vir die jaar te doen. 2.2.1 Jaarbeplanning 1. Begin deur die pakkie boeke wat deur Impaq aangestuur is, oop te maak en op die tafel uit te pak. Sit al die boeke van dieselfde vakke bymekaar. Met ander woorde daar sal ’n hopie boeke wees vir Tale, Addisionele Tale (nie vir graad R nie), Wiskunde en Lewensvaardighede. 2. Gebruik Impaq se voorraadlys en kontroleer die boeke. 3. As al die boeke ontvang is, kan die jaarkalender en die rooster vir die graad (sien 7. Daaglikse rooster) gebruik word om ’n jaarplan op te stel. 4. Om te verseker dat die beplanning volledig is, moet die volgende gedoen word: • Vir elke vak moet die fasiliteerdersgids, handboeke, werkboeke, leesboeke en leerderhulpmiddels met mekaar vergelyk word. • Maak ’n lys van die hoeveelheid lesse wat daar in elke kwartaal is en vergelyk die leshoeveelhede met die daaglikse en weeklikse rooster vir die spesifieke graad. Deel die lesse dan per dag op ’n jaarkalender in soos dit jou persoonlik pas. • Om te verseker dat die jaarbeplanning volledig is, moet jou eie roetine, die leerder se daaglikse roetine asook sportaktiwiteite en vakansies in ag geneem word. Wenk: Om te verseker dat julle deur al die werk sal kom, kan die jaar in vier kwartale wat bestaan uit 10 weke elk met die nodige vakansies tussenin, verdeel word. 2.2.2 Tydsbeplanning is belangrik Alhoewel leerders in die Grondslagfase graag speel, moet jy egter steeds probeer om so veel as moontlik by die onderrigtye te hou wat jy in die jaarbeplanning uiteengesit het. Dit is belangrik vir die volgende redes: • Dit bied aan die leerder die nodige vasgestelde roetine. • Dit ontneem die leerder van die nodige vaslegging en roetine indien die onderrigtye vir speel aangewend word.

© Impaq

ii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

2.2.3 Geskrewe lesvoorbereiding Elke les moet vroegtydig deurgewerk word om te verseker dat jy die les verstaan wat aan die leerder voorgegee gaan word. Maak ’n lysie van die leerhulpmiddels wat benodig gaan word om die les effektief aan te kan bied. In die Grondslagfase is die gebruik van leerhulpmiddels van uiterste belang. Leerders leer die beste as hul oë, ore, neuse, hande en ander liggaamsdele gebruik word terwyl hulle leer. Dit is dus van kardinale belang dat daar van leerhulpmiddels in lesse gebruik gemaak word. 2.2.4 Beplanning vir ʼn aangename leerarea As deel van die beplanning vir die jaar moet ʼn plek ingerig word wat gebruik gaan word as leerarea. Dit kan enige plek in die huis wees- ʼn slaapkamer, ʼn hoekie in die kombuis of eetkamer, ens. Gebruik die volgende idees om ʼn aangename leerarea te skep: 1. Kies ʼn area wat geskik sal wees vir studeer en leer. Die area hoef nie in die leerder se kamer te wees nie. Gebruik enige plek wat aan die leerder se unieke behoeftes sal voldoen. 2. Haal die normale versierings soos skilderye van die mure af en vervang dit met studiemateriaal of opvoedkundige muurkaarte, byvoorbeeld ʼn muurkaart met vorms, die alfabet, getalkaarte en flitskaarte. 3. Daar moet ʼn groot tafel in die leerarea wees sodat die leerder ’n plek het om te skryf, op ʼn tablet te werk, om projekte te doen, of om kuns te doen. Daar moet ook genoeg plek wees vir boeke en skryfbehoeftes. 4. Maak seker dat daar gemaklike stoele is vir jouself en die leerder. 5. Rig ʼn spesiale area in (indien die spasie beskikbaar is) waar die leerder boeke kan lees, navorsing kan doen op ʼn rekenaar, opvoedkundige speletjies kan speel of kan verf. Dit sal ook ʼn nuttige spasie wees indien jy meer as een leerder tuisskool. Een leerder kan daar besig gehou word terwyl die ander leerder se les aangebied word. 6. Sit ʼn rak of ʼn kas in die leerarea om skryfbehoeftes, boeke en leerhulpmiddels in te bêre. Indien daar nie genoeg spasie in die leerarea is nie kan ʼn ander vertrek daarvoor gebruik word. ’n Rak of kas skep ʼn geordende omgewing en sal bydra tot die kwaliteit van die leersessies. Organiseer die rak of kas: 1. Gebruik ʼn gedeelte van die spasie in die kas om kuns-items soos kwasse, verf, gekleurde papier, klein kartonhouertjies, gom en skêre in te bêre. 2. Sonder ʼn gedeelte af vir skryfbehoeftes soos penne, potlode, uitveërs, skerpmakers en liniale. 3. Gebruik ʼn gedeelte van die rak vir die leermateriaal wat van Impaq ontvang is. Dit is ’n goeie idee om die leermateriaal per vak te organiseer. 3. Assessering Alle assesseringsinligting in die Graad 3 Portefeuljeboek beskikbaar.

© Impaq

iii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

4. ʼn Leerderportefeulje ʼn Portefeulje is ʼn lêer waarin die fasiliteerder ’n samestelling van die leerder se werk hou met die doel om sy/haar pogings, vordering en prestasies te organiseer en te liasseer vir latere verwysings. Dit is belangrik om die portefeulje op datum te hou en veilig te bewaar, selfs al is die skooljaar verby. Onthou dat die portefeulje ’n bewys van die leerder se skoolloopbaan is. 4.1 Inhoud van die portefeulje 1. Koop ʼn groot lêer en ʼn paar gekleurde kartonne aan. Bring op die buitekant van die lêer die volgende inligting aan: • Jaar • Leerder se naam en van • Graad 2. Aan die binnekant moet daar op die eerste bladsy (karton) ʼn inhoudsopgaweblad gemaak word met die volgende inligting: Inhoudsopgawe 1) Kwartaal 1 1.1) Assesseringsvorms 1.2) Bewyse van werk 1.3) Werk waarop die leerder trots is 2) Kwartaal 2 2.1) Assesseringsvorms 2.2) Bewyse van werk 2.3) Werk waarop die leerder trots is 3) Kwartaal 3 3.1) Assesseringsvorms 3.2) Bewyse van werk 3.3) Werk waarop die leerder trots is 4) Kwartaal 4 4.1) Assesseringsvorms 4.2) Bewyse van werk 4.3) Werk waarop die leerder trots is 5) Kwartaallikse verslae van Impaq. 6) Nie-kurrikulêre verslae, sertifikate en ander prestasies. 7) Algemene inligting: mediese geskiedenis en spesialis-verslae (spraakterapeut, arbeidsterapeut, gehoorspesialiste). 8) Enige ander inligting of dokumente wat JY as nodig ag om in die lêer te bêre om die leerder se portefeulje volledig te maak. 5. Beloon jou kind Navorsing toon dat ongeveer 48% van ouers in Amerika hulle kinders se prestasies met geld beloon. Kundiges is van mening dat matige beloning met geld ʼn kind wel kan aanmoedig om beter te presteer, maar dat dit ook problematies kan raak. As kinders te veel met geld beloon word, gaan hulle innerlike motivering om te presteer verlore en werk hulle later net vir die geld.

© Impaq

iv


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

As die leerder van nature nie gemotiveerd is om te presteer nie, is dit die mening van kundiges dat dit raadsaam is om nie die leerder te straf nie, maar liewers te beloon vir die prestasie wat hy/sy wel bereik. Met ander woorde, die leerder moet steeds beloon word vir ʼn prestasie van 50% en nie gestraf word nie. Die leerder kan op een van die volgende maniere vir goeie gedrag, goeie werk of ʼn goeie rapport beloon word. Gereelde beloning moedig leerders aan om harder te probeer en is ook baie goed vir hulle selfvertroue. • Die heel beste manier om leerders te beloon, is om vir hulle te wys dat jy as ouer trots is op hulle. Beloon die leerder se prestasie met opgewondenheid, “baie geluk!”, ʼn “high five”, ʼn soen en ʼn druk. • Waar moontlik, moet die leerder se prestasie ten toon gestel word om vir hom/haar te wys hoe trots jy voel. ʼn Goeie werkstuk of ʼn goeie rapport kan op die yskas vertoon word vir almal om te sien. • Bak vir die leerder ʼn koek om hom/haar spesiaal te laat voel. Skryf sy/haar naam en prestasie in versiersuiker op die koek. • Die leerder kan ook as beloning op ʼn uitstappie geneem word. Die uitstappie kan na sy/haar gunsteling museum wees, na ʼn pretpark of ʼn akwarium. • Beloon die leerder met ʼn fliek of omskep die sitkamer in ʼn teater en neem DVD’s uit wat jy saam met die leerder kan kyk terwyl julle springmielies eet. • Neem die leerder uit vir pizza. • As beloning kan die leerder ekstra tyd toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel. • Neem die leerder op ʼn uitstappie na ʼn boekwinkel om ʼn boek van sy/haar keuse te kies wat julle saam kan lees. Vir enige navrae kontak die vakdeskundige by Impaq.

© Impaq

v


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

6. LESPLANNE

© Impaq

vii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

Kwartaal

6. LESPLANNE LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 3 KWARTAAL 1

DAG 1 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO DAG 2 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 3 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO DAG 4 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 5 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste

© Impaq

TEMA: OOR MY WEEK 1 INHOUD Leerder stel hom-/haarself voor aan die klas. Aktiwiteit 1 INHOUD Bring ’n interessante voorwerp uit die verlede saam en kom hou dit aan die klas voor. Aktiwiteit 2

HULPBRONNE

Werkboek – Aktiwiteit 1 HULPBRONNE

Aktiwiteit 3

Werkboek – Aktiwiteit 2 HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 3

Ritme: Atletiek Hurk in ’n wegspringposisie Beweging: Naellope INHOUD Voltooi Aktiwiteit 3

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 3

INHOUD

Aktiwiteit 4 INHOUD Kom hou jou tydlyn aan die klas voor. Aktiwiteit 5

Werkboek – Aktiwiteit 4 HULPBRONNE

Werkboek – Aktiwiteit 5

1

1


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

DAG 1 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO DAG 2 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 3 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO

DAG 4 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 5 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste

© Impaq

Kwartaal

TEMA: GEVOELENS WEEK 2 INHOUD Aktiwiteit 1

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 1

Beweging met konsentrasie: Stap, hurk, draai, huppel, gallop. INHOUD Aktiwiteit 2

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 2

Aktiwiteit 3

Werkboek – Aktiwiteit 3 HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 4

INHOUD Aktiwiteit 4 Opwarming: Koördinasie van afsonderlike liggaamsdele. Hand-oog-koördinasie: Balvang INHOUD Aktiwiteit 5

Bal

Aktiwiteit 6 Aktiwiteit 7

Werkboek – Aktiwiteit 6 HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 7

Voltooi Aktiwiteit 6

Werkboek – Aktiwiteit 6

INHOUD

2

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 5

1


Fasiliteerdersgids G03 ~ Lewensvaardighede

DAG 1 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO DAG 2 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 3 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. LO DAG 4 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste DAG 5 Aanvangskennis, persoonlike en sosiale welsyn. Skeppende kunste

© Impaq

Kwartaal

TEMA: GESONDHEIDSVOORLIGTING WEEK 3 INHOUD HULPBRONNE Aktiwiteit 1 Werkboek – Aktiwiteit 1 Perseptueel motories: Mini-tennis, verskillende tipes tennishoue. INHOUD Aktiwiteit 2 Aktiwiteit 3

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 2

Aktiwiteit 4

Werkboek – Aktiwiteit 3 HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 4

Beweging: Hardloop tussen paaltjies, koprolle, wawiele, ens. INHOUD Aktiwiteit 5

HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 5

INHOUD

Aktiwiteit 6 Aktiwiteit 7

Werkboek – Aktiwiteit 6 HULPBRONNE Werkboek – Aktiwiteit 7

Voltooi Aktiwiteit 6

Werkboek – Aktiwiteit 6

INHOUD

3

1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.