Gr 3-Wiskunde-Fasiliteerdersgids-Prac Maths

Page 1

Í2”È-A-MAM-FG01nÎ

1

8

0

3

-

A

-

M

A

M

-

F

G

0

1

WISKUNDE FASILITEERDERSGIDS: PRAC MATHS

Graad 3

A member of the FUTURELEARN group


Wiskunde Fasiliteerdersgids: Prac Maths

1803-A-MAM-FG01

Í2#È-A-MAM-FG01pÎ

Graad 3

Aangepas vir KABV

B Liebenberg


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

INHOUDSOPGAWE 1. 2. 3. 4. 5. 6.

7. 8.

Voorbereiding vir tuisonderrig .................................................................................. i Beplanning ................................................................................................................. ii Assessering .............................................................................................................. iii ’n Leerderportefeulje ................................................................................................ iii Beloon jou kind ........................................................................................................ iv Lesplanne................................................................................................................. vii Kwartaal 1 .................................................................................................................. 1 Optelling en aftrekking ................................................................................................. 6 Vermenigvuldiging, groepering en verdeling ............................................................. 47 Breuke en geld .......................................................................................................... 72 Patrone en funksies ................................................................................................... 89 Ruimte en vorm ......................................................................................................... 94 Meting ....................................................................................................................... 98 Datahantering .......................................................................................................... 109 Kwartaal 2 .............................................................................................................. 113 Optelling en aftrekking ............................................................................................. 116 Vermenigvuldiging, groepering en verdeling ........................................................... 149 Breuke en geld ........................................................................................................ 167 Patrone en funksies ................................................................................................. 178 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 183 Meting ..................................................................................................................... 191 Datahantering .......................................................................................................... 208 Kwartaal 3 .............................................................................................................. 211 Optelling en aftrekking ............................................................................................. 214 Vermenigvuldiging, groepering en verdeling ........................................................... 244 Breuke en geld ........................................................................................................ 262 Patrone en funksies ................................................................................................. 273 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 281 Meting ..................................................................................................................... 290 Datahantering .......................................................................................................... 309 Kwartaal 4 .............................................................................................................. 313 Optelling en aftrekking ............................................................................................. 316 Vermenigvuldiging, groepering en verdeling ........................................................... 349 Breuke en geld ........................................................................................................ 362 Patrone en funksies ................................................................................................. 382 Ruimte en vorm ....................................................................................................... 385 Meting ..................................................................................................................... 393 Datahantering .......................................................................................................... 406 Addendum A: Daaglikse rooster .......................................................................... 409 Addendum B: Getalkaarte .................................................................................... 413

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

1. Voorbereiding vir tuisonderrig Voordat daar met tuisonderrig begin word, moet ‘n paar punte in gedagte gehou word wat die kwaliteit van die leerprogram kan beïnvloed. Om van ‘n formele skoolsisteem na ‘n meer informele tuisondderigstelsel oor te skakel, kan vir leerders én ouers ’n groot aanpassing wees. Die gewone skoolroetine moet plek maak vir ’n tuisleerroetine, wat gewoonlik beteken dat almal in die gesin hulle persoonlike skedules sal moet aanpas. Om die oorgang van een roetine na ’n ander makliker te maak kan die gesin gebruik maak van ontskoling. Ontskoling is die proses waardeur leerders en ouers moet gaan om hulself voor te berei vir die nuwe manier van leer wat tuis sal plaasvind. Dit is belangrik dat jou as ouer en fasiliteerder jou vaardighede in hierdie tyd van ontskoling opskerp, omdat die vermoë van die leerder om te presteer en te leer regstreeks deur die handelinge van die ouer en fasiliteerder beïnvloed word. Tabel 1.1 en 1.2 verskaf ’n paar punte wat in gedagte gehou kan word om ’n beter ouer en fasiliteerder vir die leerder te wees. Elke ouer moet krities na hulself kyk en besluit op watter aspekte verbeter kan word. Geen ouer is perfek nie, maar gelukkig kan ouervaardighede opgeskerp word deur klasse by te woon wat by gemeenskapsentrums en kerke aangebied word. Daar is ook heelwat boeke oor hierdie onderwerp geskryf en talle artikels is op die Internet beskikbaar. Tabel 1.1 Fokuspunte vir die ouer en fasiliteerder • Heg waarde aan die leerder se individualiteit, maar perke moet gestel word wanneer dit nodig is. • Vertrou in die leerder se vermoëns. • Respekteer die leerder se belangstellings, idees, opinies en persoonlikheid. • Wees liefdevol en aanvaar die leerder soos hy/sy is, maar met die verstandhouding dat daar van hom/haar verwag word om ten alle tye sosiaal aanvaarbaar op te tree. • Straf konsekwent. • Die leerder moet daarvan bewus wees dat daar van hom/haar verwag word om toegewyd en lojaal te wees en om goed te presteer, en dat hy/sy die nodige ondersteuning van jou sal kry. Tabel 1.2 Die volgende lys is opgestel deur kinders … • Behandel ons met respek. • Wees entoesiasties. • Ken die werk wat ons moet leer. • Wees beskikbaar as ons ekstra hulp nodig het. • Maak gebruik van die multimedia-hulpbronne. • Wees vriendelik met ons. • Praat met ons oor jou eie lewe. • Gebruik speletjies om ons te help om ons werk beter te onthou. • Moenie te veel werk op ‘n slag met ons behandel nie. • Moenie te veel reëls op ‘n slag vir ons gee nie. © Impaq

i


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

• Gee ons ook kans om klas te gee. 2. Beplanning 2.1 Die Impaq-kurrikulum Die Impaq-kurrikulum sluit alle vakke in soos vereis deur die Departement van Onderwys en is saamgestel na aanleiding van die Kurrikulum- en assesseringbeleidverklaring (KABV). Tabel 2.1.1 Die Impaq-kurrikulum vir die Grondslagfase (Graad R – 3) bestaan tans uit die volgende vakke: GRAAD 1 GRAAD 3 GRAAD 2 GRAAD R Huistaal

Huistaal

Huistaal

Huistaal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Wiskunde

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

Lewensvaardighede

VAKKE

2.2 Beplanning Gebruik die onderstaande stappe en rooster om jou beplanning vir die jaar te doen. 2.2.1 Jaarbeplanning 1. Begin deur die pakkie boeke wat deur Impaq aangestuur is, oop te maak en op die tafel uit te pak. Sit al die boeke van dieselfde vakke bymekaar. Met ander woorde daar sal ’n hopie boeke wees vir Tale, Addisionele Tale (nie vir graad R nie), Wiskunde en Lewensvaardighede. 2. Gebruik Impaq se voorraadlys en kontroleer die boeke. 3. As al die boeke ontvang is, kan die jaarkalender en die rooster vir die graad (sien 7. Daaglikse rooster) gebruik word om ’n jaarplan op te stel. 4. Om te verseker dat die beplanning volledig is, moet die volgende gedoen word: • Vir elke vak moet die fasiliteerdersgids, handboeke, werkboeke, leesboeke en leerderhulpmiddels met mekaar vergelyk word. • Maak ’n lys van die hoeveelheid lesse wat daar in elke kwartaal is en vergelyk die leshoeveelhede met die daaglikse en weeklikse rooster vir die spesifieke graad. Deel die lesse dan per dag op ’n jaarkalender in soos dit jou persoonlik pas. • Om te verseker dat die jaarbeplanning volledig is, moet jou eie roetine, die leerder se daaglikse roetine asook sportaktiwiteite en vakansies in ag geneem word. Wenk: Om te verseker dat julle deur al die werk sal kom, kan die jaar in vier kwartale wat bestaan uit 10 weke elk met die nodige vakansies tussenin, verdeel word. 2.2.2 Tydsbeplanning is belangrik Alhoewel leerders in die Grondslagfase graag speel, moet jy egter steeds probeer om so veel as moontlik by die onderrigtye te hou wat jy in die jaarbeplanning uiteengesit het. Dit is belangrik vir die volgende redes: • Dit bied aan die leerder die nodige vasgestelde roetine. • Dit ontneem die leerder van die nodige vaslegging en roetine indien die onderrigtye vir speel aangewend word.

© Impaq

ii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

2.2.3 Geskrewe lesvoorbereiding Elke les moet vroegtydig deurgewerk word om te verseker dat jy die les verstaan wat aan die leerder voorgegee gaan word. Maak ’n lysie van die leerhulpmiddels wat benodig gaan word om die les effektief aan te kan bied. In die Grondslagfase is die gebruik van leerhulpmiddels van uiterste belang. Leerders leer die beste as hul oë, ore, neuse, hande en ander liggaamsdele gebruik word terwyl hulle leer. Dit is dus van kardinale belang dat daar van leerhulpmiddels in lesse gebruik gemaak word. 2.2.4 Beplanning vir ‘n aangename leerarea As deel van die beplanning vir die jaar moet ‘n plek ingerig word wat gebruik gaan word as leerarea. Dit kan enige plek in die huis wees- ‘n slaapkamer, ‘n hoekie in die kombuis of eetkamer, ens. Gebruik die volgende idees om ‘n aangename leerarea te skep: 1. Kies ‘n area wat geskik sal wees vir studeer en leer. Die area hoef nie in die leerder se kamer te wees nie. Gebruik enige plek wat aan die leerder se unieke behoeftes sal voldoen. 2. Haal die normale versierings soos skilderye van die mure af en vervang dit met studiemateriaal of opvoedkundige muurkaarte, byvoorbeeld ‘n muurkaart met vorms, die alfabet, getalkaarte en flitskaarte. 3. Daar moet ‘n groot tafel in die leerarea wees sodat die leerder ’n plek het om te skryf, op ‘n tablet te werk, om projekte te doen, of om kuns te doen. Daar moet ook genoeg plek wees vir boeke en skryfbehoeftes. 4. Maak seker dat daar gemaklike stoele is vir jouself en die leerder. 5. Rig ‘n spesiale area in (indien die spasie beskikbaar is) waar die leerder boeke kan lees, navorsing kan doen op ‘n rekenaar, opvoedkundige speletjies kan speel of kan verf. Dit sal ook ‘n nuttige spasie wees indien jy meer as een leerder tuisskool. Een leerder kan daar besig gehou word terwyl die ander leerder se les aangebied word. 6. Sit ‘n rak of ‘n kas in die leerarea om skryfbehoeftes, boeke en leerhulpmiddels in te bêre. Indien daar nie genoeg spasie in die leerarea is nie kan ‘n ander vertrek daarvoor gebruik word. ’n Rak of kas skep ‘n geordende omgewing en sal bydra tot die kwaliteit van die leersessies. Organiseer die rak of kas: 1. Gebruik ‘n gedeelte van die spasie in die kas om kuns-items soos kwasse, verf, gekleurde papier, klein kartonhouertjies, gom en skêre in te bêre. 2. Sonder ‘n gedeelte af vir skryfbehoeftes soos penne, potlode, uitveërs, skerpmakers en liniale. 3. Gebruik ‘n gedeelte van die rak vir die leermateriaal wat van Impaq ontvang is. Dit is ’n goeie idee om die leermateriaal per vak te organiseer. 3. Assessering Alle assesseringsinligting in die Graad 3 Portefeuljeboek beskikbaar. 4. ‘n Leerderportefeulje ‘n Portefeulje is ‘n lêer waarin die fasiliteerder ’n samestelling van die leerder se werk hou met die doel om sy/haar pogings, vordering en prestasies te organiseer en te liasseer vir latere verwysings. © Impaq

iii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

Dit is belangrik om die portefeulje op datum te hou en veilig te bewaar, selfs al is die skooljaar verby. Onthou dat die portefeulje ’n bewys van die leerder se skoolloopbaan is. 4.1 Inhoud van die portefeulje 1. Koop ‘n groot lêer en ‘n paar gekleurde kartonne aan. Bring op die buitekant van die lêer die volgende inligting aan: • Jaar • Leerder se naam en van • Graad 2. Aan die binnekant moet daar op die eerste bladsy (karton) ‘n inhoudsopgaweblad gemaak word met die volgende inligting: Inhoudsopgawe 1) Kwartaal 1 1.1) Assesseringsvorms 1.2) Bewyse van werk 1.3) Werk waarop die leerder trots is 2) Kwartaal 2 2.1) Assesseringsvorms 2.2) Bewyse van werk 2.3) Werk waarop die leerder trots is 3) Kwartaal 3 3.1) Assesseringsvorms 3.2) Bewyse van werk 3.3) Werk waarop die leerder trots is 4) Kwartaal 4 4.1) Assesseringsvorms 4.2) Bewyse van werk 4.3) Werk waarop die leerder trots is 5) Kwartaallikse verslae van Impaq. 6) Nie-kurrikulêre verslae, sertifikate en ander prestasies. 7) Algemene inligting: mediese geskiedenis en spesialis-verslae (spraakterapeut, arbeidsterapeut, gehoorspesialiste). 8) Enige ander inligting of dokumente wat JY as nodig ag om in die lêer te bêre om die leerder se portefeulje volledig te maak. 5. Beloon jou kind Navorsing toon dat ongeveer 48% van ouers in Amerika hulle kinders se prestasies met geld beloon. Kundiges is van mening dat matige beloning met geld ‘n kind wel kan aanmoedig om beter te presteer, maar dat dit ook problematies kan raak. As kinders te veel met geld beloon word, gaan hulle innerlike motivering om te presteer verlore en werk hulle later net vir die geld. As die leerder van nature nie gemotiveerd is om te presteer nie, is dit die mening van kundiges dat dit raadsaam is om nie die leerder te straf nie, maar liewers te beloon vir die prestasie wat hy/sy wel bereik. Met ander woorde, die leerder moet steeds beloon word vir ‘n prestasie van 50% en nie gestraf word nie.

© Impaq

iv


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

Die leerder kan op een van die volgende maniere vir goeie gedrag, goeie werk of ‘n goeie rapport beloon word. Gereelde beloning moedig leerders aan om harder te probeer en is ook baie goed vir hulle selfvertroue. • Die heel beste manier om leerders te beloon, is om vir hulle te wys dat jy as ouer trots is op hulle. Beloon die leerder se prestasie met opgewondenheid, “baie geluk!”, ‘n “high five”, ‘n soen en ‘n druk. • Waar moontlik, moet die leerder se prestasie ten toon gestel word om vir hom/haar te wys hoe trots jy voel. ‘n Goeie werkstuk of ‘n goeie rapport kan op die yskas vertoon word vir almal om te sien. • Bak vir die leerder ‘n koek om hom/haar spesiaal te laat voel. Skryf sy/haar naam en prestasie in versiersuiker op die koek. • Die leerder kan ook as beloning op ‘n uitstappie geneem word. Die uitstappie kan na sy/haar gunsteling museum wees, na ‘n pretpark of ‘n akwarium. • Beloon die leerder met ‘n fliek of omskep die sitkamer in ‘n teater en neem DVD’s uit wat jy saam met die leerder kan kyk terwyl julle springmielies eet. • Neem die leerder uit vir pizza. • As beloning kan die leerder ekstra tyd toegelaat word om rekenaarspeletjies te speel. • Neem die leerder op ‘n uitstappie na ‘n boekwinkel om ‘n boek van sy/haar keuse te kies wat julle saam kan lees. Vir enige navrae kontak die vakdeskundige by Impaq.

© Impaq

v


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

6. LESPLANNE

© Impaq

vii


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

Kwartaal

1

6. LESPLANNE INHOUDSOPGAWE KWARTAAL 1 Datum

Week

1

2

Konsep/Aktiwiteit

Onderwerp: Getalle, bewerkings en verwantskappe Optelling en aftrekking 1.Getalname en -simbole Tel: bl. 3 nr. 2.3 Bewerkings: bl. 3 nr. 3.1 a – d Wb bl. 1 nr. 1.1 a – m en bl. 2 nr. 1.2 2. Getalname en -simbole Tel: bl. 4 nr. 4.1 Bewerkings: bl. 3 nr. 3.1 e – h Wb bl. 2 nr. 1.3 en bl. 1 nr. B1.1 n–x 3. Groter en kleiner as Tel: bl. 5 nr. 5 Bewerkings: bl. 3 nr. 3.2 a – c Wb bl. 2 nr. 2.1 en 2.2 4. Plekwaarde Tel: Wb bl. 9 nr. C1 a – e Bewerkings: Wb bl. 3 nr. 3.2 d – e Wb bl. 5 nr. 6.1 en 6.2 5. Plekwaarde Tel: bl. 9 nr. C1 f – j Bewerkings: bl. 3 nr. 3.3 a – d Wb bl. 6 nr. 6.3 6. Plekwaarde Tel: bl. 10 nr. 3 Bewerkings: Wb bl. 4 nr. 3.3 e – h Wb bl. 6 nr. 6.4 7. Plus deur afbreek/aantel/opbou Tel: bl. 10 nr. 4 Bewerkings: bl. 4 nr. 3.4 a – c van getalle Wb bl. 6 nr. 7.1 8. Plus deur albei getalle af te Bewerkings: bl. 4 nr. 3.4 d – f Wb bl. 7 nr. 7.2 breek 9. Woordsomme 10. Bewerkings

3

11. Aftrekking met 2-syfergetalle: Metode 1 12. Aftrekking met 2-syfergetalle: Metode 2: Afbreek van albei getalle Uitbreiding van metode 2 13. Breek albei getalle af om te bereken

© Impaq

Aktiwiteit en bladsynommer in werkboek

Bladsynommers in fasiliteerdersgids

7

10

12

15

18

21

23

26

Bewerkings: bl. 4 nr. 3.4 g – h Wb bl. 8 nr. 1 en 2 Bewerkings: bl. 9 nr. 2.1 a – d Wb bl. 10 nr. 6.1en bl. 11 nr. 6.2 Bewerkings: bl. 10 nr. 2.1 e – h Wb bl. 11 nr. 8 metode 1

28

Bewerkings: bl. 10 nr. 2.2 a – d Wb bl. 12 metode 2 Wb bl. 13 nr. 1

35

Bewerkings: bl. 10 nr. 2.2 e – h Wb bl. 13 nr. 2

37

1

30 33


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

Kwartaal

14. Breek albei getalle af: Metode 3 Bewerkings –Toets antwoorde 15 Woordsomme

4

5

6

7

7

8

9

© Impaq

Bewerkings: bl. 10 nr. 5 en Wb bl. 14 Metode 3 Wb bl. 14 nr. 2 Bewerkings: bl. 11 nr. 7.1 en 7.2 Wb bl. 14 nr. 1 en 2 16. Hersiening – Getalbegrip deel Tel: bl. 16 nr. 3 Bewerkings: bl. 16 nr. 2 1 en 2 Wb bl. 15 deel 1 en 2 17. Bewerkings Wb bl. 16 nr. 4 – 8 18. Woordsomme Wb bl. 17 nr. 9 Onderwerp: Getalle, bewerkings en verwantskappe Vermenigvuldiging, groepering en verdeling 19. Werk met twees Wb bl. 18 nr. A 1.1 – 1.3 20. Werk met vywe Wb bl. 19 nr. 2.1 – 2.3 21. Werk met dries Wb bl. 20 nr. 3.1 – 3.3 22. Werk met viere Wb bl. 21 nr. 4.1 – 4.3 23. Getallelyn: Bl. 22 nr. 5.1 – 5.2 Vermenigvuldiging 24. Groepering Bl. 22 nr. 6.1 – 6.2 25. Vermenigvuldiging – Bl. 23 nr. 7 en 8 Hersiening 26. Veelvoude Wb bl. 24 nr. 9, 9.1, 9.2 27. Verdubbeling Wb bl. 24 nr. 10 – 13 28. Woordsomme Wb bl. 25 nr. 14.1 – 14.6 29. Groepering Wb bl. 26 nr. B1 – 2 30. Deling Wb bl. 26 nr. 3.1 – 3.3 en 4 – 6 31. Deling Wb bl. 27 nr. 7.1 – 7.4 32. Vermenigvuldiging en Wb bl. 28 nr. 8.1 en 8.2 deling 33. Halveer Bewerkings: bl. 28 nr. 9a – d Wb bl. 28 nr. 10 34.Deling met ’n res Wb bl. 29 nr. 11.1 – 11.5 35.Woordsomme Wb bl. 29 nr. 12.1 – 12.5 Onderwerp: Breuke en geld 36. Breuke Wb bl. 31 nr. A1 – 3 37. Breuke Wb bl. 32 nr. 4 – 7 38. Breuke Wb bl. 33 nr. 8 – 10 39. Breuke Wb bl. 34 nr. 11 – 12 40. Woordsomme Wb bl. 35 nr. 13.1 – 13.3 41. Geld Wb bl. 35 nr. B1 – 4 42. Geld Wb bl. 36 nr. 5 – 7 43. Geld Wb bl. 37 nr. 8 – 10 44. Geld Wb bl. 38 nr. 11 – 14 45. Geld Wb bl. 39 nr. 15 – 16 Onderwerp: Patrone en funksies 46. Patrone en getalpatrone Wb bl. 40 nr. 1 Wb bl. 42 nr. 4 47. Patrone en getalpatrone Wb bl. 41 nr. 2

2

39

40 42

43 45

47 50 51 53 55 57 58 59 60 61 63 64 65 66 68 69 71

72 74 76 78 79 80 81 83 85 87

89 90

1


Fasiliteerdersgids G03 ~ Wiskunde

9 10

10

11

11 12

Kwartaal

Wb bl. 42 nr. 5 48. Patrone en getalpatrone Wb bl. 41 nr. 3 Wb bl. 42 nr. 6 en 7 Onderwerp: Ruimte en vorm 49. 2D-vorms Wb bl. 44 – 45 nr. 1 50.Vorms Wb bl. 46 nr. 2.1 – 2.2 en nr. 3 51. 2D-vorms Wb bl. 47 nr. 4.1 – 4.2 Onderwerp: Meting 52. Kalender Wb bl. 48 – 49 nr. A1 – A2 53. Tyd Wb bl. 49 nr. B1 – 5 54. Tyd Wb bl. 51 nr. 6 – 11 55. Tyd Wb bl. 52 nr. 12 – 16 56. Tyd Wb bl. 53 nr. 17 – 19 57. Volume/kapasiteit Wb bl. 54 nr. C1.1 – 1.2, 2.1 – 2.2 58. Volume/kapasiteit Wb bl. 55 nr. 3.1 – 3.3, 4 Onderwerp: Datahantering 59. Datahantering Wb bl. 57 nr. 1 – 3 60. Datahantering Wb bl. 58 nr. 4 61. Datahantering Wb bl. 59 nr. 5

1

92

94 95 96

98 100 102 103 104 106 107

109 110 111

Benodighede •

Tellers bv. knope of boontjiepitte. Vuurhoutjies (ongeveer 500), rekkies om vuurhoutjies vas te maak.

100-getallekaart en 200-getallekaart (agter in die boek ingevoeg). Vergroot tot A3. Kan gelamineer word of in deurskynende plastieksakkie geplaas word sodat die leerder met die witbordpen daarop kan skryf en weer skoon vee. Leë 100-kaarte (agter in die boek ingevoeg).

Tydhouer bv. stophorlosie.

Getalname en -simbole. Knip dit uit sodat die leerder fisies daarmee kan werk. Die fasiliteerder kan dit op papier/karton skryf soos nodig.

Wit skryfbordjie met pen en uitveër. Grys HB-potlood, inkleurkryte en Werkboek.

Wit bordkryt en plaveisel (skryf op plaveisel met bordkryt en kan weer met water afgespoel word).

Spreikaarte (agter in die boek ingevoeg), diagram: Apiepark (agter in die boek ingevoeg).

Getallelyn wat op karton is, kan gelamineer word sodat die leerder met die witbordpen daarop kan skryf en weer uitvee. Geen getalle word op die getallelyn geskryf nie.

Tydskrif, skêr, papier, karton (A4 en A3), wol, kokipenne.

© Impaq

3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.