Gr 6-Sosiale Wetenskappe-Fasiliteerdersgids Geografie 2

Page 1

Í2’È-A-SOS-FG01zÎ

1

8

0

6

-

A

-

S

O

S

-

F

G

0

2

SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GEOGRAFIE

Graad 6

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geografie

1806-A-SOS-FG02

Í2&È-A-SOS-FG02ÊÎ

Graad 6

Aangepas vir KABV

E van Emmenes


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 4 STUDIEWENKE EN -METODES ........................................................................................ 6 ANDER NUTTIGE INLIGTING ............................................................................................ 6 JAARPLAN ......................................................................................................................... 7 EENHEID 1: Kaartvaardighede ....................................................................................... 10 1.1 Les 1: Halfronde op ʼn aardbol........................................................................... 11 AKTIWITEIT 1 ................................................................................................... 11 1.2 Les 2: Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol.................................................... 11 AKTIWITEIT 2 ................................................................................................... 11 1.3 Les 3: Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade ..................................... 12 AKTIWITEIT 3 ................................................................................................... 12 EENHEID 2: Skale ............................................................................................................ 13 2.3 Les 6: Meet reguitlynafstande tussen stede ...................................................... 14 AKTIWITEIT 4 ................................................................................................... 14 EENHEID 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeure ...................................... 15 3.1 Les 7: Hoe werk ʼn atlas? .................................................................................. 16 AKTIWITEIT 5 ................................................................................................... 16 3.3 Les 9: Die wêreld se belangrikste kenmerke..................................................... 18 AKTIWITEIT 6 ................................................................................................... 18 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 1 – 3............................................ 18 EENHEID 4: Waarom mense handeldryf ........................................................................ 20 4.2 Les 11: Uitvoere en invoere tussen Suid-Afrika en die wêreld .......................... 21 EENHEID 5: Hulpbronne en hulle waardes .................................................................... 22 5.1 Les 13: Waardes van geselekteerde grondstowwe en vervaardigde goedere .. 23 5.2 Les 14: Gevallestudie ....................................................................................... 23 AKTIWITEIT 7 ................................................................................................... 23 EENHEID 6: Regverdige handel ...................................................................................... 25 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 4 – 6............................................ 26 EENHEID 7: Klimaat regoor die wêreld .......................................................................... 28 7.1 Les 16: Verskil tussen weer en klimaat, en klimaat regoor die wêreld .............. 28 EENHEID 8: Tropiese reënwoude ................................................................................... 29 EENHEID 9: Woestyne ..................................................................................................... 30 9.1 Les 18: Waar ons woestyne op die aarde kry ................................................... 30 EENHEID 10: Naaldwoude............................................................................................... 31 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 7 – 10.......................................... 31 EENHEID 11: Mense en provinsies in Suid-Afrika ........................................................ 33 AKTIWITEIT 8 ................................................................................................... 33 AKTIWITEIT 9 ................................................................................................... 34 EENHEID 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon ........................................... 35 1

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

EENHEID 13: Mense regoor die wêreld .......................................................................... 36 WOORDELYS ................................................................................................................... 37 BIBLIOGRAFIE ................................................................................................................. 40

2

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Jaarplan WEEK

LES

DATUM BEGIN

DATUM VOLTOOI

Eenheid 1: Kaartvaardighede Les 1 Halfronde op ʼn aardbol Les 2 Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol Les 3 Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade.

KWARTAAL 1

Eenheid 2: Skale Les 4 Wat is ʼn skaal? Les 5 Verskillende tipes skale Les 6 Meet reguitlyn-afstande tussen stede Eenheid 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeure Les 7 Hoe werk ʼn atlas? Les 8 Eie provinsie in ʼn atlas Les 9 Die wêreld se belangrikste kenmerke Hersieningsoefening

7

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid 4: Waarom mense handeldryf Les 10 Handel as ruil van goedere Les 11 Handel as die koop en verkoop van goedere vir geld

KWARTAAL 2

Les 12 Waarmee dryf mense handel? Eenheid 5: Hulpbronne en hulle waardes Les 13 Waardes van geselekteerde grondstowwe en vervaardigde goedere Les 14 Gevallestudies Eenheid 6: Regverdige handel Les 15 Wat is regverdige handel en onregverdige handel? Hersieningsoefening

8

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid 7: Klimaat regoor die wêreld Les 16 Verskil tussen weer en klimaat en die klimaat van die

KWARTAAL 3

wêreld Eenheid 8: Tropiese reënwoude Les 17 Waar kry ons die reënwoude? Eenheid 9: Woestyne Les 18 Waar ons woestyne op die aarde kry Eenheid 10: Naaldwoude Les 19 Waar ons naaldwoude op die aarde kry Eenheid 11: Mense en provinsies in Suid-Afrika

KWARTAAL 4

Les 20 Bevolkingsverspreiding en bevolkingsdigtheid Eenheid 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon Les 21 Redes vir die ligging van nedersettings Eenheid 13: Mense regoor die wêreld Les 22 Bevolkingsverspreiding regoor die wêreld

9

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

EENHEID 1: Kaartvaardighede LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

ʼn Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitende visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Dit is belangrik vir jou as fasiliteerder om leerders te help om die verskille tussen ʼn aardbol en ʼn kaart te begryp. Gesels oor sleutels wat ons in die alledaagse lewe kry en gebruik byvoorbeeld ʼn teken van ʼn mannetjie op ʼn deur. Die simbool sê slegs mans word daar toegelaat en nie dames nie. Dink aan nog ʼn paar en gesels met leerders daaroor.

10

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1.1

Eenheid

1

Les 1: Halfronde op ʼn aardbol AKTIWITEIT 1: Dit is ʼn skematiese voorstelling van die aarde. Vul die halfronde asook die belangrikste breedte- en lengtelyn in.

1.1. Noordelike Halfrond

1.6. Greenwichmeridiaan

1.5 Ewenaar

1.2. Suidelike Halfrond

1.3. Westelike Halfrond

1.2

1.4. Oostelike Halfrond

[6]

Les 2: Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol AKTIWITEIT 2: 2.1 2.2 2.3 2.4

In watter twee halfronde is Suid-Afrika? Suidelike en Oostelike Halfronde In watter twee halfronde is Australië? Suidelike en Oostelike Halfronde In watter twee halfronde is Noord- Amerika? Noordelike en Westelike Halfronde In watter twee halfronde is Suid-Amerika? Suidelike en Westelike Halfronde

11

(2) (2) (2) (2) [8]

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1.3

Eenheid

1

Les 3: Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade AKTIWITEIT 3: 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7 3.8 3.9 3.10

Kanada – 60°N 100°W Brasilië – 0° 60°W Uruguay – 40°S 60°W Spanje – 60°N 0° Suid-Afrika – 20°S 20°O Australië – 20°N 140°O Rusland – 60°N 120°O Antarktika – 60°S 60°O China – 40°N 100°O Mauritanië – 20°N 20°W

[10]

12

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

2

EENHEID 2: Skale LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

ʼn Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitende visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Leerders gaan met skale op kaarte werk. Wys vir leerders dat 1 cm op ʼn liniaal enige iets kan voorstel wat hulle wil gebruik. Leerders kan ʼn vloerplan van hul kamers teken met net die groot meubels. Meet nou met ’n liniaal byvoorbeeld hoe ver die kas van die bed is, byvoorbeeld 1 m. Teken nou die bed en kas 1 cm uit mekaar op die vloerplan: Dit wys vir ons hoe om iets groots kleiner voor te stel. Nou stel 1 cm op die tekening 1 m op die grond voor.

13

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

2.3

Eenheid

2

Les 6: Meet reguitlyn-afstande tussen stede AKTIWITEIT 4: Gebruik jou liniaal en die woordskaal om die reguitlynafstand op die grond te bereken van:

Pretoria

Welkom

Kimberley Port Nolloth Durban

Beaufort-Wes

Oos-Londen

Port Elizabeth Kaapstad

4.1 4.2 4.3 4.4 4.5

Port Nolloth na Beaufort-Wes: 5½ cm = 880 km Pretoria na Durban: 4½ cm = 720 km Kaapstad na Port Elizabeth: 6 cm = 960 km Musina na Welkom: 5½ cm = 880 km Oos-Londen na Welkom: 5 cm = 800 km [5]

14

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

3

EENHEID 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeure LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

ʼn Verskeidenheid bronne verstaan en daarmee werk – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitende visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Hier is ʼn atlas vir die eenheid nodig. Gaan saam met leerders deur ʼn atlas en wys interessanthede uit. As die lesse van eenheid 3 afgehandel is, speel ’n speletjie saam met die leerders. Vra hulle byvoorbeeld om Limpopo se kaart te soek, om die bladsy te soek waarop die wêreld se riviere is, ensovoorts.

15

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3.1

3

Eenheid

Les 7: Hoe werk ʼn atlas? AKTIWITEIT 5: Kom ons vergelyk die inhoudsopgawes van twee atlasse: Boek A Bladsy Kaartvaardighede Kaartsimbole Rigting Breedte- en lengtegrade Skaal Suid-Afrika Fisies Polities Landbou Suid-Afrika se provinsies KwaZulu-Natal Gauteng Limpopo Wes-Kaap Noord-Kaap Oos-Kaap Vrystaat Noordwes Mpumalanga 5.1 5.2

5.3 5.4 5.5 5.6

4–5 6 7–8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21

Bladsy Wêreld Fisies Polities Die kontinente Afrika Asië Australië Noord-Amerika Suid-Amerika Europa Antarktika Ons wêreld in die ruimte Die sonnestelsel Die maan Seisoene Rotasie van die aarde Tydsones Indeks Bronne

22 – 23 24 – 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 – 40 41 – 42

Hoeveel opskrifte is in boek A? 8 Skryf die opskrifte neer. Kaartvaardighede, Suid-Afrika, Suid-Afrika se provinsies, Wêreld, Die kontinente, Ons wêreld in die ruimte, Indeks, Bronne Op watter bladsy kan ek gaan lees oor breedte- en lengtegrade? 7 – 8 Hoeveel onderwerpe verskaf die inhoudsopgawe van boek A onder die opskrif: Ons wêreld in die ruimte? 5 Op watter bladsy kan ek ʼn kaart van Suid-Afrika se riviere en berge sien? Bl. 10 Hoeveel bladsye het die atlas? 42 (13)

16

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3

Eenheid

Boek B Bladsy Atlasvaardighede Wat is ʼn kaart? Breedte- en lengtegrade Tydsones Skaal Rigting en ligging Simbole en kleur Hoe kaarte geteken word Ons wêreld in die ruimte Die sonnestelsel Rotasie van die aarde Seisoene Maan Die wêreld Lande van die wêreld Landhoogtes en riviere Klimaat Plantegroei Suid-Afrika Staatkundig Landhoogtes en riviere Klimaat Plantegroei 5.7 5.8

5.9 5.10 5.11 5.12 5.13 5.14 5.15

4 5 6 7 8 9 10 11 11 12 13 14 – 15 16 – 17 18 19 20 – 21 22 23 24

Bladsy Provinsies van Suid-Afrika Noord-Kaap Wes-Kaap Oos-Kaap KwaZulu-Natal Mpumalanga Limpopo Noordwes Vrystaat Gauteng Kontinente Afrika Asië Australië Antarktika Noord-Amerika Suid-Amerika Europa Oseane Atlantiese Oseaan Stille Oseaan Indeks Bronne

25 – 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 – 36 37 – 39 38 39 – 40 41 42 43 44 45 46 – 50 51 – 53

Hoeveel opskrifte is in boek B? 9 Skryf die opskrifte neer. Atlasvaardighede, Ons wêreld in die ruimte, Die wêreld, Suid-Afrika, Provinsies van Suid-Afrika, Kontinente, Oseane, Indeks en Bronne Op watter bladsy kan ek gaan lees oor breedte- en lengtegrade? 5 Hoeveel onderwerpe verskaf die inhoudsopgawe van boek B onder die opskrif Die wêreld? 4 Op watter bladsy kan ek ʼn kaart van Suid-Afrika se riviere en berge sien? 22 Hoeveel bladsye het die atlas? 53 Watter een van die twee atlasse het die meeste bladsye? Boek B Noem een opskrif wat in boek B, maar nie in boek A voorkom nie. Atlasvaardighede, Oseane (enige een) Noem twee opskrifte wat eenders is in albei die boeke. Enige twee van die volgende: Suid-Afrika, Suid-Afrika se provinsies, Die wêreld, Kontinente, Ons wêreld in die ruimte, Indeks, Bronne (17) [30] 17

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3.3

Eenheid

3

Les 9: Die wêreld se belangrikste kenmerke AKTIWITEIT 6: Gebruik die statistieke in die tabelle en beantwoord die volgende vrae: 6.1 6.2 6.3 6.4 6.5 6.6

Wat is die wêreld se langste rivier? Die Nyl Hoe lank is die rivier? 6 690 km Wat is die wêreld se hoogste bergspits? Everest Hoe hoog is die berg? 8 848 m Watter woestyn is die grootste in die wêreld? Sahara Hoe groot is die woestyn? 9 100 000 km²

Antwoord waar of onwaar op die volgende vrae. 6.7 6.8 6.9 6.10

Die Mississippi is die tweede langste rivier in die wêreld. Onwaar Die derde grootste woestyn in die wêreld is die Kalahari. Waar Tokio is die stad met die meeste mense in die wêreld. Waar Die derde grootste land in die wêreld is Rusland. Onwaar.

[10]

HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 1 – 3: Beantwoord die vrae so volledig moontlik. 1.

Dit is ʼn skematiese voorstelling van die aarde. Vul die halfronde asook die belangrikste breedte- en lengtelyn in. (Kyk in die handleiding vir diagram.) (6) 1.1 Noordelike Halfrond 1.2 Suidelike Halfrond 1.3 Westelike Halfrond 1.4 Oostelike Halfrond 1.5 Ewenaar 1.6 Greenwich-meridiaan

2.

Vul die ontbrekende woorde in: 2.1 breedtelyn/breedtegraad 2.2 Greenwich-meridiaan 2.3 Suid 2.4 Breedtegrade 2.5 Koördinate

18

(5)

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

3

3.

Noem die nege provinsies van Suid-Afrika. Gauteng Limpopo Noordwes Mpumalanga KwaZulu-Natal Vrystaat Noord-Kaap Wes-Kaap Oos-Kaap

(9)

4.

Een sentimeter op die kaart stel 20 meter in die werklikheid/op die grond voor. (2)

5.1 5.2 5.3

Lynskaal Breukskaal Woordskaal

(3) [25]

19

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

4

EENHEID 4: Waarom mense handeldryf LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: •

• • •

Vind meer uit oor plekke, mense, gebeure en kwessies met behulp van verskillende bronne, byvoorbeeld boeke, mense, foto’s en die Internet. Ontwikkel en bewoord vrae. Ontwikkel navorsingsvaardighede en pas dit toe. Analiseer, bied aan en verwerk inligting. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Praat met leerders oor wat handel is. Indien daar ʼn vlooimark, winkelsentrum of selfs net ʼn kafee op die hoek is, vat leerders soontoe en gesels oor wat daar gebeur. Mense kom koop goedere wat hulle nodig het. Vra leerders hoe mense gemaak het voor daar geld was. Hulle het goed vir ander goed verruil. Ons leer van handeldryf en waarom mense wil handeldryf.

20

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

4.2

Eenheid

4

Les 11: Uitvoere en invoere tussen Suid-Afrika en die wêreld

Verduidelik aan leerders hoe hierdie kaart gelees moet word.

OLIE YSTER MEDISYNE

VRUGTE

FABRIEKSMASJIENE

ELEKTRIESE WARE

MOTORONDERDELE

www.cnx.org

21

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

5

Eenheid

EENHEID 5: Hulpbronne en hulle waardes LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • •

Verstaan die interaksie tussen die samelewing en die natuurlike omgewing. Oorweeg, sintetiseer en organiseer inligting. Sien die verband tussen oorsaak en gevolg, verandering en kontinuïteit. Erken en waardeer diverse leefstyle en wêreldbeskouings.

INLEIDING In hierdie eenheid kyk ons na grondstowwe en hulpbronne asook hulle waardes. Wanneer ons klaar die waarde van die grondstof en vervaardigde goedere bepaal het, kyk ons na hoe handel regverdig en onregverdig kan wees.

22

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

5.1

Eenheid

5

Les 13: Waardes van geselekteerde grondstowwe en vervaardigde goedere

Bespreek die prosesse wat alles met die hout gebeur met leerders.

www.123rf.com www.clipartsfree.net

mps.emes.schoolfusion.us

www.123rf.com

www.artvex.com

Die bome word afgekap (primêre aktiwiteit), dan word dit verwerk om stompe te kry (hout) en dan word meubels daarmee vervaardig (sekondêre aktiwiteit). 5.2

Les 14: Gevallestudie AKTIWITEIT 7: Beantwoord die volgende vrae volledig: 7.1 7.2 7.3 7.4

’n Kakaoboom groei op sy beste binne 20° noord of suid van die ewenaar. (1) Die ryp peule word van die boom afgesny met ʼn kapmes of bamboespaal waaraan ʼn skerp mes vasgemaak is. (1) Daar is tussen 20 en 50 bone in so ʼn peul. (1) Die bone word gedroog deur hulle of in die warm son uit te sprei of warm lug oor hulle te blaas. (1) 23

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

7.5 7.6 7.7

Eenheid

5

Daar is twee soorte kakaobone. (1) Wanneer die bone by die fabriek aankom, word hulle skoongemaak en gesorteer. (2) Van Houten het die proses uitgevind om kakaomassa onder hoĂŤ druk te plaas. (1) [8]

24

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

6

EENHEID 6: Regverdige handel LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • •

Omgee vir die planeet en die welsyn van almal wat daarop woon. Met kennis en sensitiwiteit betrokke raak by kwessies wat verband hou met die planeet, sy mense en hulpbronne. Verantwoordelik teenoor mense en die omgewing optree.

INLEIDING Daar is twee woorde wat baie duidelik aan leerders verduidelik moet word: regverdig en onregverdig. Regverdig: Almal is gelukkig en niemand ly daaronder nie. Onregverdig: Iemand is ongelukkig want hy/sy ly daaronder en of word nie goed behandel nie.

25

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

6

HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 4 – 6: 1.

2.

3.

4.

Kyk na die volgende skematiese voorstelling van invoere en uitvoere van goedere en voltooi watter goedere kom in en wat gaan uit. (Kyk in die handleiding vir die diagram.) (7) 1.1 – 1.4 kan in enige volgorde die volgende wees: olie, medisyne, fabrieksmasjinerie, elektriese ware 1.5 – 1.7 kan in enige volgorde die volgende wees: yster, vrugte, motoronderdele Noem twee soorte goedere waarmee mense kan handeldryf en gee ʼn kort beskrywing van elk. (4) Daar is twee soorte goedere waarmee mense kan handeldryf, naamlik grondstowwe en vervaardigde goedere. • Grondstowwe kan ook primêre produkte genoem word. Primêr beteken eerste. Grondstowwe kry ons direk uit die natuur, soos hout, goud, steenkool en ander minerale. Die grondstof is nog nie verander nie. Suid-Afrika voer baie onveranderde grondstowwe uit, soos ystererts en goud. • Die ander goedere waarmee handelgedryf word, is vervaardigde goedere. Vervaardig beteken om iets te maak. As ons praat van vervaardigde goedere word grondstowwe gebruik. Die goedere staan dan bekend as sekondêre produkte. Die grondstowwe word verander en omskep in iets anders. So is ʼn laaikas, lessenaar of enige meubels uit hout ʼn voorbeeld. Skryf drie (3) redes neer hoekom vervaardigde goedere belangrik is. (3) Enige drie van die volgende: o Vervaardigde goedere is belangrik want mense wil dit altyd hê, met ander woorde die aanvraag is groot. o Die prys van grondstowwe wissel gereeld waar die prys van vervaardigde goedere min of meer dieselfde bly. o Wanneer ʼn land ʼn vervaardigde produk uit ʼn grondstof maak, word meer waarde aan die produk toegevoeg. Die vervaardigde produk word dan teen ʼn hoër prys as die grondstof verkoop. o Tydens die vervaardigingsproses is baie mense nodig, met ander woorde werk word geskep. Beskryf in jou eie woorde wat regverdige en onregverdige handel is en gee twee kenmerke by elk. (6) Wanneer mens in staat is om jou lewe te verbeter omdat jy genoeg geld verdien, kan dit as regverdige handel beskou word. Regverdige handel is wanneer lande en/of partye ooreenkom om billike pryse vir die goedere te betaal.

26

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

6

Kenmerke: (enige twee)  Werkers word billike lone betaal.  Die handelaars betaal billike pryse vir die grondstowwe.  Geen kinders word toegelaat om te werk nie.  Die handelaars betaal geld aan die regering (belasting).  Die regering sorg dat van die geld na gesondheidsorg en skole gaan.  Werksomstandighede vir die werkers is veilig en daar word omgesien na hulle gesondheid.  Die werkers sluit by unies aan om insae te hê in hulle lone, en pryse wat betaal word vir die goedere. Onregverdige handel is waar mense swaarkry en nie hulle lewe kan verbeter met die geld wat hulle verdien nie. Die werkers kry so min geld dat hulle net-net oorleef, maar soms moet die kinders ook uitspring en werk net sodat daar genoeg kos op die tafel kan wees. Hierdie mense sukkel om ander werk te kry en gewoonlik is die werksomstandighede in so ʼn omgewing oral dieselfde. As mense op so ʼn manier behandel word dat dit selfsugtig en onregverdig is, word dit uitbuiting genoem. Kenmerke: (enige twee)  Werkers ontvang lae lone vir hulle werk.  Daar word van die werkers verwag om lang ure te werk.  Kinders moet ook werk.  Geen geld word aan gesondheidsdienste en skole bestee nie.  Die werkplekke waar daar gewerk word, is onveilig en hulle werk onder ongesonde omstandighede. As die werkers siek is, moet hulle nog steeds werk, want anders kry hulle nie geld nie. [20]

27

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

7

Eenheid

EENHEID 7: Klimaat regoor die wêreld LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • •

Omgee vir die planeet en die welsyn van almal wat daarop woon. Lees bronne en gebruik dit om inligting te verwerk. Gebruik inligting om te beskryf en te verduidelik. Beantwoord vrae oor mense en plekke en verstaan die verhouding tussen die twee.

INLEIDING Die verskillende klimaatstreke van Suid-Afrika is reeds in graad 5 behandel. Nou gaan daar na klimaat regoor die wêreld gekyk word, asook die plante en diere wat op verskillende plekke voorkom. 7.1

Les 16: Verskil tussen weer en klimaat, en klimaat regoor die wêreld

Die verskil tussen weer en klimaat is belangrik. Weer is die toestande van temperatuur, neerslag, bewolktheid, wind, ensovoorts op ’n bepaalde plek oor ’n kort tydperk soos ’n dag waargeneem. Klimaat is gemiddelde weerstoestande soos waargeneem oor ’n lang tydperk, byvoorbeeld 20 jaar.

28

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

8

EENHEID 8: Tropiese reënwoude LEERDOELWITTE: Nadat jy die eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • •

ʼn Goeie algemene kennis hê van die plekke en die natuurlike kragte wat op die aarde inwerk. Lees en gebruik bronne om inligting te verwerk. Gebruik inligting om te beskryf en te verduidelik. Beantwoord vrae oor mense en verstaan die verhouding tussen die twee.

INLEIDING In hierdie eenheid kyk ons na een van die plantegroei-streke van die wêreld. Ons bestudeer tropiese reënwoude, onder meer waar ons die woude aantref, die klimaat en natuurlike plantegroei wat ons in dié woude aantref. Soek prente oor woude en bespreek hoe dit daar lyk en of leerders graag daar sal wil bly.

29

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

9

Eenheid

EENHEID 9: Woestyne LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • •

ʼn Goeie algemene kennis hê van die plekke en die natuurlike kragte wat op die aarde inwerk. Lees en gebruik bronne om inligting te verwerk. Gebruik inligting om te beskryf en te verduidelik. Beantwoord vrae oor mense en verstaan die verhouding tussen die twee.

INLEIDING In hierdie eenheid kyk ons na nog een van die plantegroei-streke van die wêreld. Ons bestudeer woestyne en kyk na onder meer waar ons die woestyne aantref, asook na die klimaat en natuurlike plantegroei wat ons daar aantref. 9.1

Les 18: Waar ons woestyne op die aarde kry DEFINIEER: Woestyn: ʼn plantegroei-streek waar daar baie min reën val en die temperature baie hoog is.

KERNINHOUD: Woestyne van die wêreld is gebiede waar daar ’n groot tekort aan water is omdat die reënval besonder laag is.

30

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

10

EENHEID 10: Naaldwoude LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • •

ʼn Goeie algemene kennis hê van die plekke en die natuurlike kragte wat op die aarde inwerk. Lees en gebruik bronne om inligting te verwerk. Gebruik inligting om te beskryf en te verduidelik. Beantwoord vrae oor mense en plekke en verstaan die verhouding tussen die twee.

INLEIDING In hierdie eenheid kyk ons na nog een van die plantegroei-streke van die wêreld. Ons bestudeer naaldwoude en kyk onder meer waar ons die woude aantref, asook na die klimaat en natuurlike plantegroei wat ons daar aantref.

HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 7 – 10: Beantwoord die vrae so volledig moontlik. Gee een woord vir die volgende beskrywings: 1. a) Weer b) Klimaat c) Woud d) Tropiese reënwoud e) Ontbossing f) Woestyn g) Naaldwoud h) Hiberneer i) Migreer (9) 2. Noem die 4 weerelemente en gee 'n voorbeeld van elk. Temperatuur: Hier gebruik ons die volgende woorde om die weerstoestand te beskryf: Baie koud, baie warm

31

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

10

Eenheid

Neerslag: Hier gebruik ons die volgende woorde om die weerstoestand te beskryf: Reën, sneeu, hael, mis Windsnelheid: Hier gebruik ons die volgende woorde om die weerstoestand te beskryf: Sterk wind, stormwind, geen wind nie Wolkbedekking: Hier gebruik ons die volgende woorde om die weerstoestand te beskryf: Bewolk, gedeeltelik bewolk, geen wolke nie (10) 3.

Trek ʼn tabel in jou antwoordblad oor soos die een hieronder en voltooi dit: (6)

Tropiese reënwoud Warm woestyn Naaldwoude

Temperatuur 25 °C – 35 °C 20 °C – 25 °C -10 °C – 20 °C [25]

32

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

11

EENHEID 11: Mense en provinsies in Suid-Afrika LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

Verstaan ʼn verskeidenheid bronne en werk daarmee – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Gesels oor bevolking en die staat wat sensusopnames hou om verskillende goed te bepaal. Bespreek hoe sensusopnames werk en die vrae wat gewoonlik gevra word.

AKTIWITEIT 8: Beantwoord die volgende vrae wat oor die kaart en die grafiek van die bevolkingsyfers in Suid-Afrika handel: (Antwoorde kan ongeveer gemerk word omdat daar nie presiese getalle op die grafiek staan nie) a) 24 000 (1) b) 39 000 (1) c) 52 000 (1) d) Die bevolkingsyfer neem elke jaar toe, met ander woorde dit word meer.(2) [5]

33

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

11

AKTIWITEIT 9: Beantwoord die volgende vrae wat oor die kaart oor die bevolkingsdigtheid van Suid-Afrika en die grafieke van die bevolkingsyfers in Suid-Afrika handel: a) Gauteng (1) b) Noord-Kaap (1) c) KwaZulu-Natal (1) d) Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga (3) [6]

34

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

12

Eenheid

EENHEID 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

Verstaan ʼn verskeidenheid bronne en werk daarmee – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Praat met leerders oor die redes waarom julle bly waar julle bly. Is die rede dat julle boer en daarom op ’n plaas bly, of bly julle in die stad om naby die werk te kan wees?

35

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

13

EENHEID 13: Mense regoor die wêreld LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

Verstaan ʼn verskeidenheid bronne en werk daarmee – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING In hierdie eenheid kyk ons na mense oor die hele wêreld, hoe die bevolkingsverspreiding lyk en watter faktore ʼn invloed op mense se keuse van blyplek het. Kyk na die kaart op die tweede bladsy van eenheid 13 en bespreek dit met leerders. Speel weer deur vrae te vra en leerders moet antwoorde op die kaart soek.

36

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

WOORDELYS A Atlas: Is ʼn boek met kaarte en relevante inligting van die wêreld B Bevolking: al die mense wat in ʼn plek, gebied of land bly Bevolkingsdigtheid: die getal mense in ʼn sekere gebied Bevolkingsverspreiding: hoe die mense oor ʼn sekere gebied versprei is Breedtegraad: ʼn posisie van ʼn plek oor die breedte van ʼn aardbol. Die plek is tussen die ewenaar en die Noordpool of Suidpool. D Dienste: as jy jou vaardighede gebruik om vir ander mense iets te doen, soos ʼn dokter E Ewenaar: ʼn denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel F Fisiese kaart: wys al die natuurlike verskynsels soos riviere en berge op ʼn kaart G Goedere: dinge of goed wat mense gebruik om te verruil of te koop en verkoop Greenwich-meridiaan: ʼn lyn op ʼn kaart of aardbol wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aarde in twee halfronde verdeel H Handeldryf: die koop en verkoop van goedere of verruiling van goedere Hiberneer: die verskynsel wanneer diere deur die hele winter slaap I Invoere: goedere wat van ander lande gekoop word

37

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

K Klimaat: die weer van ʼn spesifieke gebied oor ʼn langer tydperk L Landelik: soos ʼn plaas of dorpie wat jy op die platteland aantref Lengtegraad: ʼn posisie van ʼn plek oor die lengte van ʼn aardbol Die plek is oos of wes van die Greenwich-meridiaan. Ligging: die plek of posisie van ʼn sekere land of gebied M Migreer: om in ʼn sekere seisoen na ʼn ander gebied te trek N Naaldwoud: ʼn plantegroei-streek waar die sade in kegels is, in plaas van blomme Natuurlike hulpbronne: goed wat uit die natuur kom en wat ons kan gebruik, soos goud en olie O Ontbossing: wanneer bome afgekap word P Politieke (staatkundige) kaart: wys al die mensgemaakte plekke soos dorpe, paaie en landsgrense op ʼn kaart Proses: ʼn paar aksies wat tot ʼn verandering of ʼn resultaat lei, tot jy uiteindelik die finale produk sien Provinsie: een van nege dele in Suid-Afrika S Sensus: opname wat gedoen word waarin die aantal mense in ʼn sekere gebied getel word Skaal: ʼn instrument wat gebruik word om werklike afstande op die aarde te vergelyk met afstande op ʼn kaart Statistieke: feite met syfers by sodat die meeste, hoogste en langste bepaal kan word Stedelik: soos ʼn dorp of stad waar daar baie paaie en geboue is

38

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

T Tropiese reënwoud: ʼn woud wat in ʼn gebied groei wat die grootste deel van die jaar warm en nat is U Uitvoere: goedere wat uit ons land na ander lande gaan V Vaardighede: iets wat jy kan doen, soos byvoorbeeld iemand wat musiek maak Verruiling: die proses waar iemand goedere gee en dan kry die persoon weer ander goedere terug W Woestyn: ʼn plantegroei-streek waar daar baie min reën val en die temperature baie hoog is Weer: die weerstoestande op ʼn spesifieke dag, insluitend die temperatuur, wind en reënval Woud: ʼn groot stuk grond wat natuurlik met bome bedek is

39

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.