Gr 6-Sosiale Wetenskappe-Fasiliteerdersgids Geskiedenis 1

Page 1

Í2’È-A-SOS-FG01zÎ

1

8

0

6

-

A

-

S

O

S

-

F

G

0

1

SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GESKIEDENIS

Graad 6

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

1806-A-SOS-FG01

Í2&È-A-SOS-FG01xÎ

Graad 6

Aangepas vir KABV

E van Emmenes


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ................................................................................................................ 3 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ....................................................................................... 4 ASSESSERINGSVEREISTES .......................................................................................... 4 STUDIEWENKE EN -METODES ...................................................................................... 5 NUTTIGE INLIGTING ........................................................................................................ 5 VOORWOORD .................................................................................................................. 6 JAARPLAN ....................................................................................................................... 7 EENHEID 1: ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika ................................... 10 1.1 Les 1: Veranderings in die samelewing in die Limpopo-vallei tussen 900 n.C. en 1300 n.C. ................................................................................................. 11 1.2 Les 2: Nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe – K2 en Schroda ........................................................................................................ 11 AKTIWITEIT 1 ............................................................................................ 11 EENHEID 2: Mapungubwe: eerste staat in Suider-Afrika 1220 n.C. – 1300 n.C. ....... 12 2.1. Les 3: Koning en heilige leierskap ................................................................ 13 AKTIWITEIT 2 ............................................................................................ 13 2.4. Les 6: Eerste dorp ........................................................................................ 13 AKTIWITEIT 3 ............................................................................................ 13 2.7. Les 9: Handel regoor Afrika en die Indiese Oseaan ..................................... 13 2.8. Les 10: Goedere waarmee handelgedryf word ............................................. 14 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 2 ............................................ 14 EENHEID 3: Verandering en kontinuïteit in Ooskushandel ....................................... 16 3.1. Les 11: Groot-Zimbabwe .............................................................................. 16 AKTIWITEIT 4 ............................................................................................ 16 EENHEID 4: Europese ontdekkingsreisigers in Asië.................................................. 17 4.1. Les 12: Europese ontdekkingsreisiger Marco Polo ....................................... 18 AKTIWITEIT 5 ............................................................................................ 18 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 1 – 4 ...................................... 18 EENHEID 5: Ontdekkers van Europa vind Suider-Afrika ........................................... 20 5.1. Les 14: Redes vir die Europese ontdekkingsreise ........................................ 21 5.2. Les 15: Gevallestudie – Leonardo da Vinci .................................................. 21 AKTIWITEIT 6 ............................................................................................ 21 5.3. Les 16: Gevallestudie: Galileo ...................................................................... 21 AKTIWITEIT 7 ............................................................................................ 21 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 5 ............................................ 22

1

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

EENHEID 6: Handeldryf en wins maak ......................................................................... 24 6.1. Les 19: Europese handelsroete na die Ooste via Suider-Afrika ................... 24 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 6 ............................................ 25 EENHEID 7: Demokrasie en burgerskap ...................................................................... 26 7.2. Les 24: Die eerste demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994 ................. 27 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 7 ............................................ 28 EENHEID 8: Kinders se regte en verantwoordelikhede .............................................. 29 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 8 ............................................ 30 EENHEID 9: Nasionale simbole sedert 1994 ............................................................... 31 9.1. Les 31: Landswapen..................................................................................... 31 9.2. Les 32: Nasionale vlag ................................................................................. 32 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 9 ............................................ 32 EENHEID 10: Geneeskunde oor die tyd heen ............................................................. 33 EENHEID 11: Sommige moderne Westerse wetenskaplike mediese ontdekkings .. 34 EENHEID 12: Skakel tussen die holistiese en Westerse vorme van die genesing van vandag ..................................................................................................... 35 HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 10 – 12 ................................ 36

2

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

JAARPLAN

KWARTAAL 1

EENHEID

EENHEID EN LES

DATUM

DATUM

BEGIN

VOLTOOI

Eenheid 1: ʼn Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika Les 1: Veranderings in die samelewing in die Limpopo-vallei tussen 900 n.C. en 1300 n.C. Les 2: Nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe – K2 en Schroda Eenheid 2: Mapungubwe – eerste staat in Suider-Afrika 1220 n.C. – 1300 n.C. Les 3: Koning en geestelike leierskap Les 4: Eerste klipommuurde paleis Les 5: Belangrikheid van Mapungubwe-heuwel Les 6: Eerste dorp Les 7: Duidelike sosiale klasse Les 8: Goue renoster en ander goue voorwerpe Les 9: Handel regoor Afrika en die Indiese Oseaan Les 10: Goedere waarmee handelgedryf word Eenheid 3: Verandering en kontinuïteit in Ooskushandel Les 11: Groot-Zimbabwe Eenheid 4: Europese ontdekkingsreisigers in Asië Les 12: Europese ontdekkingsreisiger Marco Polo Les 13: Marco Polo se invloed op Europese handelaars

7

© Impaq


KWARTAAL 3

KWARTAAL 2

Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid 5: Ontdekkers van Europa vind Suider-Afrika Les 14: Redes vir die Europese ontdekkingsreise Les 15: Gevallestudie – Leonardo da Vinci Les 16: Gevallestudie – Galileo Les 17: Nuwe idees en kennis Les 18: Uitvinding: kruit, magnetiese kompas en karveel Eenheid 6: Handeldryf en wins maak Les 19: Europese handelsroete na die Ooste via Suider-Afrika Les 20: Die reis van Dias en Dias en sy bemanning ontmoet die Khoi-Khoi in Mosselbaai Les 21: Die reis van Da Gama Les 22: Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie Eenheid 7: Demokrasie en burgerskap Les 23: Hoe mense hulleself in ʼn demokrasie regeer – ons nasionale regering Les 24: Die eerste demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994 Les 25: Die rol van die parlement Les 26: Belangrikheid van reëls en wette Les 27: Die regstelsel en gelykheid volgens die wet Les 28: Regte en verantwoordelikhede van burgers in ʼn demokrasie Les 29: Die Grondwethof Eenheid 8: Kinders se regte en verantwoordelikhede Les 30: Kinderhandves in Suid-Afrika Eenheid 9: Nasionale simbole sedert 1994 Les 31: Landswapen Les 32: Nasionale vlag Les 33: Volkslied

8

© Impaq


KWARTAAL 4

Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid 10: Geneeskunde oor die tyd heen Les 34: Inheemse genesing in Suid-Afrika Les 35: Hoe mense geïdentifiseer en opgelei word om genesers te wees Eenheid 11: Sommige moderne Westerse wetenskaplike mediese ontdekkings Les 36: Die stryd teen aansteeklike siektes – pokke en die rol van Edward Jenner Les 37: Verband tussen kieme en siektes en die rol van Louis Pasteur Les 38: Kieme wat tuberkulose veroorsaak en die rol van Robert Koch Les 39: Die eerste antibiotika en die rol van Alexander Fleming Eenheid 12: Skakel tussen die holistiese en Westerse vorme van die genesing van vandag Les 40: Wat is die verskil tussen holistiese en Westerse genesing?

9

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

1

EENHEID 1: ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING Hierdie kwartaal en in die eenheid leer leerders van koninkryke in Suider-Afrika. Dit gaan oor die gemeenskappe wat deur middel van koop en verkoop deel van ʼn veel groter wêreld geword het. Help leerders om dit wat hulle leer vir jou soos ʼn storie te vertel.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE   

n.C. Argeoloog Artefak

10

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

1.1

Eenheid

1

Les 1: Veranderings in die samelewing in die Limpopo-vallei tussen 900 n.C. en 1300 n.C.

Indien jy ’n kaart het, wys leerders waar Limpopo is, of kyk andersins in die Geografiehandleiding vir 'n kaart. Bespreek die terme n.C. en v.C. 1.2

Les 2: Nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe – K2 en Schroda AKTIWITEIT 1 1.1 1.2 1.3

Dit is iemand wat na artefakte soek wat agtergebly het van mense wat daar gewoon het. (1) Dit is ʼn voorwerp wat in die outyd gebruik of gemaak is. (1) Hierdie mense het nie alles neergeskryf oor wat hulle gedoen het nie. Argeoloë het eers in die twintigste eeu artefakte van die inwoners ontdek. Ons kan sekere afleidings maak oor hulle lewenswyses uit die inwoners van K2 en Schroda se gereedskap, juwele en geboue wat gebruik is. Gelukkig is daar van hulle nageslagte wat ons ook meer inligting kan gee deur van hulle verhale en gebruike oor te vertel. (1) [3]

11

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

EENHEID 2: Mapungubwe – Eerste staat in Suider-Afrika 1220 n.C. – 1300 n.C. LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid word daar geleer van Mapungubwe, hoe dinge verander het vanaf K2 en Schroda en hoe Mapungubwe ontstaan het. Bespreek die volgende woorde met leerders:

BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Staat  Sosiale klasse  Status  Statussimbool  Handel  Goedere  Lonend

12

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

2

WENKE Die storie gaan aan vanaf Eenheid 1. Leer verder en laat die leerder ná die eenheid weer vir jou die storie oor Mapungubwe vertel.

2.1.

Les 3: Koning en heilige leierskap AKTIWITEIT 2 Beantwoord die volgende vrae in volsinne. 2.1 2.2 2.3

2.4.

Die dorpe het te groot geword. (1) Dit word die plek van die jakkalse genoem. (1) Die koning het die vermoë gehad om met die voorouers te kommunikeer en hulle kon van die voorouers raad vra. (1) [3]

Les 6: Eerste dorp AKTIWITEIT 3 Beantwoord die volgende vrae in volsinne. 3.1 3.2

2.7.

Dit is tot in 1270 n.C. as die grootste dorp beskou. Dit was langs die Limpoporivier geleë.

(1) (1) [2]

Les 9: Handel regoor Afrika en die Indiese Oseaan

Bespreek wat handel is en hoe die mense ook ruilhandel toegepas het.

13

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

2.8.

Eenheid

2

Les 10: Goedere waarmee handelgedryf word

Bespreek die kaart met leerders en wys op wat in die land inkom en wat uitgaan. Vanaf Afrika gekry:

Vanaf Asië gekry:

Ivoor

Krale

Materiaal

Goud

Matte

Skilpaddoppe

Glasitems

Renosterhoring http://www.cnx.org

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 2 1.

2.

3.

Dit is waar mense iets koop of verkoop of selfs ruil, byvoorbeeld: “Ek ruil my bees vir jou skaap.” b) Dit toon die belangrikheid van mense. (2) Op die prent is dit duidelik dat daar huise op die heuwel gebou is. Dit was die koning en sy familie se huise. Onder die heuwel is daar huise naby die heuwel. Dit was die hoofmanne wat naby die koning gebly het. Nog verderaan is daar huise, wat die gewone dorpenaars s’n was. Die huise is ver van die heuwel gebou en die mense kon die koning en sy mense nie sien nie. (4) Goue renoster: Dit is ’n simbool van leierskap en die horing simboliseer die rol van die leier waar hy sy mense beskerm. Die koning en sy familie het die goue renoster gehad. Goue septer: Dit dui op leierskap. Die hoofmanne het dit gedra. Goue krale: Dit is ’n simbool van mag en leierskap. Net die koning en sy familie het goue krale gedra. (6) a)

14

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

4.

Eenheid

In enige volgorde Uitgevoer van Afrika 4.1 Ivoor 4.2 Goud 4.3 Skilpaddoppe 4.4 Renosterhoring

2

(8) Ingevoer uit AsiĂŤ 4.5 Krale 4.6 Materiaal 4.7 Matte 4.8 Glasitems [20]

15

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

3

EENHEID 3: Verandering en kontinuïteit in Ooskushandel LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:  Verskeidenheid soorte inligting oor die verlede vind en besluit of dit relevant is.  Inligting insamel vanaf teks, visuele materiaal, liedjies, gedigte en onderhoude.  Besluit of dit belangrike inligting is of nie. INLEIDING Hier leer leerders van wat ná Mapungubwe en Groot-Zimbabwe gebeur het, en hoe handel regoor die wêreld veranderings gebring het. WENKE Die storie gaan aan; dit vertel van hoe dorpe verander en groter geword het, asook van mense se denkwyses en leefstyle. 3.1.

Les 11: Groot-Zimbabwe AKTIWITEIT 4 4.1 4.2 4.3

dzimbahwe Plek van klip Albei het groot ringmure om hulle huise gebou. Albei het aan sosiale klasse geglo. Daar is bewyse gevind dat handelgedryf is.

16

(1) (1)

(3) [5]

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

4

Eenheid

EENHEID 4: Europese ontdekkingsreisigers in Asië LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:     

Besluit of inligting relevant is of nie, en geskiedenis skryf op ʼn georganiseerde wyse en met ʼn logiese argument. Besluit watter inligting belangrik is en watter nie. Oor ʼn gedeelte van die geskiedenis skryf. Relevante inligting op ʼn logiese manier uiteensit. Tot ʼn gevolgtrekking kom.

INLEIDING Bespreek die term reisiger en hoekom mense wou reis. Kyk weer na ’n kaart en wys presies waar Europa en waar Asië is.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Ontdekkingsreisiger

17

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

4.1.

Eenheid

4

Les 12: Europese ontdekkingsreisiger Marco Polo AKTIWITEIT 5: Jy moet ʼn tydlyn van Marco Polo se lewe en reise opstel. Begin deur ʼn reguit lyn van 1 cm breed af te trek soos in die voorbeeld: Tydlyn van Marco Polo 1200 1210 1220 1230 1240 1250 – 1254 n.C. Marco Polo gebore 1260 1270 – 1271 n.C. Begin reis 1280 1290 – 1295 n.C. Teruggekom van sy reise 1300 1310 1320 – 1324 n.C. Sterf 1330 1340 1350 1360 1370 1380 1390 1400

[4]

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 1 – 4 1.

Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde: 1.1 mense wat soek na artefakte wat agtergebly het van mense wat daar gewoon het 1.2 ʼn voorwerp wat in die outyd gebruik of gemaak is 1.3 ʼn georganiseerde nedersetting wat deur ʼn groep mense permanent bewoon word 1.4 groepe wat gemaak word in die samelewing op grond van sekere goed, soos byvoorbeeld geld 1.5 toon die belangrikheid van mense 1.6 voorwerp wat wys iemand was belangrik

18

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

4

Dit is waar mense iets koop of verkoop of selfs ruil, byvoorbeeld: “Ek ruil my bees vir jou skaap.” 1.8 voorwerpe waarmee handelgedryf is 1.9 persoon wat reis met die doel om nuwe dinge te ontdek (9) Baie mense het deur die boek wat oor Marco Polo se reise geskryf is meer te wete gekom oor die Ooste. Op dié manier het hulle uitgevind dat dit moontlik is om die Ooste te bereik. Europese handelaars wou graag symateriale van China hê, asook heerlike speserye vanaf Indië en die eilande in die Indiese Oseaan. Om die gesogte artikels te bekom, het hulle landreise onderneem na China en Indië, maar ná Marco Polo se reise het hulle besef dat dit moontlik is om op die see na dié plekke te vaar. As gevolg van Marco Polo se reise en die optekening daarvan het baie mense in die laat 15de en 16de eeu ander wêrelddele ook ontdek. So is daar groter en meer handelsroetes beskikbaar gestel en het die mense meer baat daarby gevind. (5) 1200 1210 1220 – 1220 Mapungubwe begin 1230 1240 1250 – 1254 Marco Polo gebore 1260 1270 – 1271 Begin reis 1280 1290 – 1295 Teruggekom van sy reise 1300 – 1300 Mapungubwe eindig 1310 1320 – 1324 Sterf 1330 (6) [20] 1.7

2.

3.

19

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

5

EENHEID 5: Ontdekkers van Europa vind Suider-Afrika LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van ontdekkers wat Suid-Afrika gevind het en van al die redes hoekom hulle wou reis. Die Europeërs het nie baie van die res van die wêreld geweet nie. Hulle idees en kennis het eers tussen die 15de en 16de eeu begin verander. In hierdie tyd het baie veranderings regoor die wêreld plaasgevind. Hierdie veranderings het plaasgevind in dieselfde tyd toe Groot-Zimbabwe op sy besigste was. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Renaissance  Belasting  Kruit  Karveel

20

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

5.1.

Eenheid

5

Les 14: Redes vir die Europese ontdekkingsreise

Hier is die redes. Bespreek elkeen voordat daar in die handleiding gekyk word:       5.2.

Die Europeërs se nuuskierigheid oor die wêreld Die Europeërs was op soek na handel en wins. Die Europeërs was op soek na speserye. Die Europeërs was op soek na silwer en goud. Die Europeërs wou graag symateriaal hê. Die Europeërs wou die Christelike geloof regdeur die wêreld verkondig. Les 15: Gevallestudie – Leonardo da Vinci AKTIWITEIT 6 6.1 6.2

6.3 6.4

5.3.

Enige twee: skilder, beeldhouer, musikus, digter, argitek, wetenskaplike, ingenieur en uitvinder (2) Enige drie: plante, diere, rotsformasies, Italiaanse en Latynse grammatika, menslike liggaam, kanonne, vliegmasjiene, duikbote, beweegbare brûe, strydwaens en oorlogstuie (3) Sy pa, Ser Piero (2) Hy het spiere van dooie mense bestudeer. (2) [9]

Les 16: Gevallestudie: Galileo AKTIWITEIT 7 7.1 7.2 7.3 7.4

Enige twee: fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof (2) Vader van moderne waarnemende sterrekunde, die vader van moderne fisika en die vader van (moderne) wetenskap (3) Bewegingskuns (2) Die kompas (2) [9]

21

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

5

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 5

1.

1.1 1.2 1.3 1.4

2.

ʼn tydperk in die geskiedenis waarin baie nuwe idees ontwikkel het gelde wat deur die regering op goedere gehef word om uitgawes te kan betaal ʼn plofstof wat in wapens gebruik is ’n groot seilskip (4)

Enige vier van die volgende: Die Europeërs se nuuskierigheid oor die wêreld Die Europese Renaissance het ʼn belangstelling wakker gemaak om die res van die wêreld te verken. Dit het die Europeërs oorsese lande laat ontdek en hulle het interaksie met die res van die wêreld gehad. Die Europeërs was op soek na handel en wins. Die Europeërs kon nie alles self maak of produseer wat hulle nodig gehad het nie en hulle het dus met Arabiese Moslems handelgedryf. Die Arabiese Moslems het weer met lande in die Ooste soos Indië en China handelgedryf. Die Arabiere het die grond beheer waaroor die handelsroete gegaan het, en hulle het baie belasting gehef. Dit het gemaak dat die pryse van die goedere wat die Europeërs wou hê, baie hoog was. Die Europeërs het besef as hulle die goedere self in Indië en China kon koop, kon hulle ʼn groter wins maak, want hulle sou dan goedkoper betaal. Daarom wou hulle ʼn seeroete na die Ooste vind wat nie oor Arabiese grond gaan nie. Die Europeërs was op soek na speserye. Sout is gebruik om te keer dat kos sleg word, want in dié tyd was daar nie goed soos yskaste nie. Al die sout wat hulle op die kos moes gooi, het gemaak dat die kos nie baie lekker gesmaak het nie. Speserye soos peper, naeltjies en kaneel kon ook die kos langer vars hou en het ʼn beter smaak aan die kos gegee. Speserye het nie goed gegroei in Europa se klimaat nie, maar lande soos Indië en Maleisië het baie speserye gehad. Die Europeërs was op soek na silwer en goud. Daar is begin om munte tydens transaksies te gebruik, pleks van goedere te verruil. Europeërs het goud en silwer gesoek om munte mee te maak. Die Europeërs wou graag symateriaal hê. Die Chinese het dit reggekry om sy van die kokonne van sywurms te gebruik en te verwerk tot ʼn materiaal. Die symateriaal was baie gesog – dit beteken almal wou dit graag hê. Die ryk mense in Europa het die syklere gedra.

22

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

5

Die Europeërs wou die Christelike geloof regdeur die wêreld verkondig. Die Europese heersers was baie gelowig en daar was net een geloof in Europa in daardie tyd, naamlik die Christelike geloof. Hulle wou graag vir almal vertel en hulle geloof na ander dele van die wêreld versprei. (8) 3.

ʼn Uitvinding wat baie handig te pas gekom het, was kruit. Kruit kom voor in ʼn poeiervorm, naamlik buskruit, wat in wapens gebruik word. Die Europese ontdekkingsreisigers het buskruit en gewere saam met hulle op die skepe geneem. Buskruit is gebruik en in die patrone gesit waarmee die reisigers vyande kon afweer. Buskruit is deur die Chinese uitgevind en die Europeërs het dit bekom deur met hulle handel te dryf. Later is daar ook kanonne gebruik, wat weer deur die Arabiere ontwerp is, en die kanonkoeëls is ook met buskruit gevul. Kanonne was ʼn goeie nuwe idee, want nou kon daar na vergeleë teikens geskiet word. Dit het handig te pas gekom as daar vyande op see was wat hulle wou aanval. ʼn Magnetiese kompas is gebruik om seevaarders te help om hulle pad op die see te vind. Renaissance-wetenskaplikes kon nuwe kaarte van die wêreld teken, want hulle het nou geweet die aarde is rond. Seevaarders kon nou met meer selfvertroue op die see vaar en dieper die oop see ingaan, waar hulle in die verlede altyd so naby gevaar het dat hulle heeltyd die land kan sien. Die eerste kompasse is van yster gemaak en is soms beïnvloed deur ander ystervoorwerpe op die skip. Dit het dan gebeur dat skepe verkeerde roetes volg, daarom is daar hard gewerk om kompasse te verbeter. ʼn Karveel is ʼn seilskip waarmee die reisigers kon reis. ʼn Nuwe, beter seilskip is in Portugal uitgevind en staan bekend as ʼn karveel. Die skip het spesiale seile gehad wat dit vir die skip moontlik gemaak het om teen die wind te vaar. Dit het beteken dat mense nie nodig was om die skip te roei nie. Die skip was vinniger en veiliger as enige ander seilskip en die Europeërs kon met gemak die oseane verder verken. Wat die skip ook besonders gemaak het, is dat dit vinnig van rigting kon verander. (6) [18]

23

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

6

EENHEID 6: Handeldryf en wins maak LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van hoe die Europeërs ʼn handelsroete na die Ooste ontdek het deur op die see om Suid-Afrika te vaar. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Seevaarder  Bemanningslede  Skeurbuik

6.1.

Les 19: Europese handelsroete na die Ooste via Suider-Afrika

Wys leerders waar Europa is en waar Suid-Afrika is. Verder is daar inligting in die handleiding.

24

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

6

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 6 1.

2.

3.

1.1 Seevaarder 1.2 Matrose 1.3 Skeurbuik (3) Ná sy reis is Da Gama as ʼn held terug in Portugal verwelkom oor twee redes, naamlik: Hy het ʼn seeroete na die Ooste, en meer spesifiek na Indië, ontdek en hy het uitgevind dat daar goud is in die oostelike dele van Afrika. (2) Die lewe van ʼn matroos op ʼn VOC-skip was nie maklik nie, want dit het beteken dat hulle vir lang tye van hulle familie sou weg wees en hulle het op die skepe se oop dek moes leef en slaap, ongeag die weer. Hulle het geen weerstand of beskerming teen die koue en reën gehad nie. Ongeag die weer kon hulle nie baie slaap nie, want daar was werk wat wag en wat gedoen moes word. Hulle het nie baie vars kos en water gekry nie, en gevolglik het baie matrose doodgegaan aan skeurbuik. Skeurbuik tas jou tande aan en jy kan selfs van jou tande verloor – dan kon hulle nie meer eet nie. Matrose het saam in groepe van om en by sewe uit een bak geëet. Matrose was ruwe manne wat gewoond was aan harde werk en rowwe omstandighede. (5) [10]

25

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

7

EENHEID 7: Demokrasie en burgerskap LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van demokrasie en wat dit beteken, waarvandaan dit kom en hoekom dit nodig was om te verander. Baie van die ouer mense praat vandag nog van die “nuwe Suid-Afrika”. In die eenheid leer leerders hoekom hulle so gesê het. Verduidelik indien moontlik aan leerders hoe dit werk as jy in ʼn verkiesing wil gaan stem. Praat oor registrasie waar ʼn identiteitsdokument belangrik is, dan oor die stemlokaal waar elkeen in aparte hokkies staan en ʼn kruisie trek by die party van haar/sy keuse. Nadat jy gestem het, kry jy ’n merkie op jou vinger om aan te dui dat jy reeds gestem het. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Demokrasie  Stem  Verkiesing  Burger  Regering  Wetgewende gesag  Uitvoerende gesag  Regsprekende gesag  Regstelsel

26

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

7.2.

7

Eenheid

Les 24: Die eerste demokratiese regering in Suid-Afrika in 1994

Skep vir die leerders ʼn situasie van wat sou gebeur het as daar nie reëls was nie, byvoorbeeld as daar nie padreëls was oor hoe vinnig en waar motoriste moet ry nie.

PROJEK-RUBRIEK Kriteria

Puntetoekenning

’n Persoon is gekies wat demokrasie bevorder het, en ’n lysie van moontlike vrae is aangeheg. Notas is op die lysie bygevoeg.

10

Biografie is mooi uiteengesit in minstens drie paragrawe. Elke paragraaf bevat voldoende inligting.

5

Daar is relevante prente van die persoon ingesluit en ’n tydlyn van sy/haar lewe is geteken.

5

Daar is gebruik gemaak van twee of meer bronne.

2

Bronnelys is duidelik en volledig.

4

Opdrag is netjies en volledig uiteengesit.

3

Die projek is betyds ingehandig.

1

Totale punte vir die projek

30

27

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

7

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 7 1.

2.

3.

1.1 Demokrasie 1.2 Stem 1.3 Verkiesing 1.4 Burger 1.5 Regering 1.6 Wetgewende gesag 1.7 Uitvoerende gesag 1.8 Regsprekende gesag (8) Reëls gee vir ons riglyne van wat mag en wat nie mag nie. Die wette maak dat almal in harmonie en vrede met mekaar kan saamleef en nie altyd baklei oor byvoorbeeld wie se grond dit is nie. As daar nie reëls en wette was nie, kon almal alles vat wat hulle wou hê, al is dit nie eens hulle s’n nie. Die wette is gemaak om ons te beskerm en as burgers van die land behoort ons altyd reëls na te kom. Reëls en wette help dat almal weet wat daar van hulle verwag word. (5) ’n Reg is iets waarvoor jy nie hoef te vra nie, dit kom jou toe. Verantwoordelikheid is iets wat jy moet doen. So is jy geregtig daarop om voedsame kos te kry en dit is jou verantwoordelikheid om dit nie weg te gooi en daarmee te mors nie. (2) [15]

28

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

8

EENHEID 8: Kinders se regte en verantwoordelikhede LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van kinders se regte en verantwoordelikhede wat op hulle van toepassing is. Baie kinders regoor die land word sleg behandel en die Suid-Afrikaanse Handves van Kinderregte is ingestel om die kinders van ons land te beskerm. Bespreek die volgende regte en verantwoordelikhede: HANDVES VAN KINDERREGTE a) Regte van leerders: 1. Om opgevoed te word en om geestelik en fisiek te ontwikkel 2. Om deur grootmense versorg en gelei te word 3. Om regverdig en met respek behandel te word 4. Om toegang te hê tot inligting 5. Om die kans te hê om ʼn bydrae te lewer in die gemeenskap 6. Om binne ʼn veilige omgewing te wees wat leer verseker 7. Om teen jou eie pas te ontwikkel 8. Om na die hoogste standaarde te mik 9. Om soos ʼn individu behandel te word 10. Om deur opgeleide opvoeders onderrig te word

29

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

8

11. Om onderrig te ontvang en te mag praat in die taal van jou keuse 12. Om toegelaat te word om jou kultuur en geloofsoortuigings uit te leef b) Verantwoordelikhede van leerders: 1. Om te luister, te leer en bereid te wees om opgevoed te word 2. Om grootmense te respekteer en te ondersteun 3. Om ander met waardigheid en respek te behandel en daarop ingestel te wees om hulle regte te beskerm 4. Om ander toe te laat en te help om te kommunikeer 5. Om saam met ander onderrig te word en hulle ook te help leer 6. Om met ander saam te werk en ʼn veilige omgewing te verseker 7. Om verskille in ander mense waar te neem, te aanvaar en te respekteer 8. Om toegang tot inligting te soek en fluks te werk 9. Om ander as individue te respekteer 10. Om bereid te wees om opgevoed te word, saam te werk en met konsentrasie te luister 11. Om te leer om ander se taalverskille te aanvaar 12. Om bereid te wees om ander se kultuur- en geloofsoortuigings te aanvaar, te respekteer en te help beskerm BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Kinderhandves

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 8 1. 2. 3. 4. 5.

Kinders het die reg op ʼn gesonde en skoon omgewing. Kinders het die reg op onderwys, of die reg om opleiding te ontvang. Kinders het die reg op gesonde, voedsame kos. Kinders het die reg tot ʼn veilige vesting, huis of ʼn dak oor hulle koppe. Kinders het die reg om nie mishandel te word nie. [5]

30

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

9

EENHEID 9: Nasionale simbole sedert 1994 LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van ons land, Suid-Afrika, se nasionale simbole. Simbole is prente of voorwerpe wat ʼn spesifieke betekenis het. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Simbole  Volkslied  Nasionale vlag

9.1.

Les 31: Landswapen

Kyk saam met leerders na die landswapen en elke item se betekenis. (Kyk in die handleiding.)

31

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

9.2.

Eenheid

9

Les 32: Nasionale vlag

Kyk saam met leerders na die landsvlag en elke kleur se betekenis. (Kyk in handleiding.)

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 9 1.

2.

3.

Die son – lig en lewe Sekretarisvoël – beskerming Die protea – skoonheid en bloei Koringare – vrugbaarheid Olifantstande – wysheid, standvastigheid, krag Skild en neergelegde spies en knopkierie – die verdediging van vrede, beskerming en kultuurbewustheid 7. Mensfigure – die heel eerste Suid-Afrikaners 8. Die leuse – eenheid in verskeidenheid (8) Rooi: dui op bloed wat gevloei het tydens die apartheidsjare Blou: dui op die blou lug – die hemel wat ʼn nuwe lewe aandui Groen: vir die vrugbaarheid van die land waarop ons kan plant en waarvan ons kan lewe Swart: dui op die swart, Indiër- en bruin bevolking van ons land Wit: dui op die wit bevolking van die land Geel: dui op die vind van goud in ons land Die Y: beteken dat Suid-Afrika vorentoe die toekoms moet ingaan met die verskillende rassegroepe as een, of dat die hede en die verlede saamvloei. (6) God seën Afrika. (1) [15] 1. 2. 3. 4. 5. 6.

32

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

10

Eenheid

EENHEID 10: Geneeskunde oor die tyd heen LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:  

 

Verskeidenheid soorte inligting vind en die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Inligting insamel vanaf teks, visuele materiaal, liedjies, gedigte en onderhoude met mense, asook die gebruik van meer as een soort skriftelike inligting. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid is die doel om na medisyne en die ontwikkeling daarvan oor die jare te kyk. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Inheemse medisyne  Holisties

33

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid

11

EENHEID 11: Sommige moderne Westerse wetenskaplike mediese ontdekkings LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:   

Die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk. Ondersoek hoe mense en gebeure in die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van Westerse genesing en wat die wetenskap van genesing beteken. Die genesing word deur dokters en verpleegkundiges gedoen. Westerse medisyne word deesdae oraloor die wêreld gebruik. Die tradisie is gebaseer op die aanname dat elke siekte ʼn oorsaak het en dat die meeste siektes deur verskillende kieme veroorsaak word. Dokters probeer die kiem identifiseer en skryf dan medisynes voor wat al voorheen die liggaam gehelp het om teen die kiem te veg. BELANGRIKE TERMINOLOGIE   Pokke  Inenting  Kieme  Siektes  Weerstand  TB  Antibiotika

34

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid 12

EENHEID 12: Skakel tussen die holistiese en Westerse vorme van die genesing van vandag LEERDOELWITTE: Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:  

Verskeidenheid soorte inligting vind en die belangrikheid van erfenis en bewaring verstaan. Inligting insamel vanaf teks, visuele materiaal, liedjies, gedigte en onderhoude met mense, asook die gebruik van meer as een soort skriftelike inligting. Verduidelik hoe en waarom mense gebeure in die gemeenskap, dorp of stad moet herdenk.

INLEIDING In hierdie eenheid leer leerders van die holistiese en Westerse genesing van vandag. Hoe doen die mense dit deesdae? Wat het alles verander en ontwikkel vanaf die vroegste tye tot nou?

35

© Impaq


Fasiliteerdersgids G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Eenheid 12

HERSIENINGSOEFENING VAN EENHEID 10 – 12 1.

1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9

die tradisionele vorm van genesing waar plant- en kruiemedisyne gebruik word genesers wat plante en kruie gebruik om mense gesond te maak ʼn dodelike, aansteeklike siekte wat gekenmerk word deur sere oral op die liggaam ʼn inspuiting of druppels van ʼn klein hoeveelheid kieme van ʼn betrokke siekte, om jou liggaam te help om immuniteit op te bou die afkorting vir tuberkulose Tuberkulose is ʼn aansteeklike siekte wat vandag nog voorkom. ʼn middel wat voorkom in medisynes wat help om die bakterieë dood te maak en infeksies in die liggaam gesond te maak ʼn kwaal wat maak dat mens nie lekker voel nie die vermoë van die liggaam om teen kieme te baklei klein, lewende organismes wat siektes kan veroorsaak (9)

2. Kieme en siektes

TB

2.1) Edward Jenner 2.2) Robert Koch

Antibiotika

x

2.3) Alexander Flemming 2.4) Louis Pasteur

3.

Pokke x

x x

(4) Die volgende kan met die persone gebeur wat geroep word om ʼn sangoma te word: hulle word baie siek, gaan in ʼn beswyming en droom; van hulle word vreeslik maer; sommiges gil verskriklik sonder enige ware rede. Daar is selfs diegene wat loop in hulle slaap. Die persone moet gewoonlik hulp kry en word eers beter as hulle by ʼn ervare sangoma uitkom. Die sangoma kry dan sy opdragte van die voorouers wat hom sê wat hy met die “nuwe sangoma” moet doen. Die “nuwe”, onervare sangoma kry dan opleiding oor hoe om ʼn ware sangoma te word. Die opleiding word vir hom gegee deur die ervare sangoma. Hierdie opleiding duur jare. Opleiding van ʼn nuwe sangoma kan veeleisend raak, want dit behels dat jy min slaap en baie verskillende moetie drink. Moetie is medisyne wat van verskillende plante en kruie gemaak word. Daar word van die nuweling verwag om in spesiale water te bad, rituele danse uit te voer vir die voorouers en rooi klei aan sy liggaam te smeer. Hulle mag nie op stoele sit nie en ook

36

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.