Gr 6-Sosiale Wetenskappe-Handleiding Geografie 2

Page 1

Í2’È-A-SOS-SG01;Î

1

8

0

6

-

A

-

S

O

S

-

S

G

0

2

SOSIALE WETENSKAPPE HANDLEIDING: GEOGRAFIE

Graad 6

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Handleiding: Geografie

1806-A-SOS-SG02

Í2&È-A-SOS-SG02GÎ

Graad 6

Aangepas vir KABV

E van Emmenes


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 4 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 INLEIDING........................................................................................................................... 5 JAARPLAN ......................................................................................................................... 6 EENHEID 1: Kaartvaardighede ......................................................................................... 9 1.1 Les 1: Halfronde op ʼn aardbol ...................................................................... 10 AKTIWITEIT 1............................................................................................... 12 1.2 Les 2: Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol ............................................... 12 AKTIWITEIT 2............................................................................................... 15 1.3 Les 3: Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade ................................ 15 AKTIWITEIT 3............................................................................................... 16 EENHEID 2: Skale ............................................................................................................ 18 2.1 Les 4: Wat is ʼn skaal? .................................................................................. 19 2.2 Les 5: Verskillende soorte skale ................................................................... 20 2.3 Les 6: Meet reguitlynafstande tussen stede ................................................. 20 AKTIWITEIT 4............................................................................................... 21 EENHEID 3: Atlasse, ekstra globale statistieke en huidige gebeure ........................... 22 3.1 Les 7: Hoe werk ʼn atlas? .............................................................................. 23 AKTIWITEIT 5............................................................................................... 24 3.2 Les 8: Elke provinsie in ʼn atlas ..................................................................... 25 3.3 Les 9: Die wêreld se belangrikste kenmerke ................................................ 26 AKTIWITEIT 6............................................................................................... 27 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 1 – 3 ....................................... 27 EENHEID 4: Waarom mense handeldryf ........................................................................ 30 4.1 Les 10: Handel as ruil van goedere .............................................................. 31 4.2 Les 11: Uitvoere en invoere tussen Suid-Afrika en die wêreld ...................... 32 4.3 Les 12: Waarmee dryf mense handel: Goedere en vaardighede ................. 33 EENHEID 5: Hulpbronne en hulle waardes .................................................................... 35 5.1 Les 13: Waardes van geselekteerde grondstowwe en vervaardigde goedere ........................................................................................................ 35 5.2 Les 14: Gevallestudie ................................................................................... 37 AKTIWITEIT 7............................................................................................... 39 EENHEID 6: Regverdige handel ...................................................................................... 40 6.1 Les 15: Wat is regverdige en onregverdige handel?..................................... 40 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 4 – 6 ....................................... 42

1

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

EENHEID 7: Klimaat regoor die wêreld .......................................................................... 43 7.1 Les 16: Verskil tussen weer en klimaat, en klimaat regoor die wêreld .......... 43 EENHEID 8: Tropiese reënwoude ................................................................................... 50 8.1 Les 17: Waar kry ons tropiese reënwoude op die kaart? .............................. 51 EENHEID 9: Woestyne ..................................................................................................... 55 9.1 Les 18: Waar ons woestypne op die aarde kry ............................................. 55 EENHEID 10: Naaldwoude............................................................................................... 59 10.1. Les 19: Waar ons naaldwoude op die aarde kry ........................................... 59 HERSIENINGSOEFENING OOR EENHEID 7 – 10 ..................................... 62 EENHEID 11: Mense en provinsies in Suid-Afrika ........................................................ 63 11.1. Les 20: Bevolkingsverspreiding en bevolkingsdigtheid ................................. 64 AKTIWITEIT 8............................................................................................... 66 AKTIWITEIT 9............................................................................................... 68 EENHEID 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon ........................................... 69 12.1. Les 21: Redes vir die ligging van nedersettings ........................................... 69 EENHEID 13: Mense regoor die wêreld .......................................................................... 72 13.1 Les 22: Bevolkingsverspreiding regoor die wêreld........................................ 72 WOORDELYS ................................................................................................................... 75 BIBLIOGRAFIE ................................................................................................................. 78

2

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Jaarplan WEEK

LES

DATUM BEGIN

DATUM VOLTOOI

Eenheid 1: Kaartvaardighede Les 1 Halfronde op ʼn aardbol Les 2 Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol Les 3 Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade.

KWARTAAL 1

Eenheid 2: Skale Les 4 Wat is ʼn skaal? Les 5 Verskillende tipes skale Les 6 Meet reguitlyn-afstande tussen stede Eenheid 3: Atlasse, globale statistieke en huidige gebeure Les 7 Hoe werk ʼn atlas? Les 8 Eie provinsie in ʼn atlas Les 9 Die wêreld se belangrikste kenmerke Hersieningsoefening

6

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid 4: Waarom mense handeldryf Les 10 Handel as ruil van goedere Les 11 Handel as die koop en verkoop van goedere vir geld

KWARTAAL 2

Les 12 Waarmee dryf mense handel? Eenheid 5: Hulpbronne en hulle waardes Les 13 Waardes van geselekteerde grondstowwe en vervaardigde goedere Les 14 Gevallestudies Eenheid 6: Regverdige handel Les 15 Wat is regverdige handel en onregverdige handel? Hersieningsoefening

7

Š Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid 7: Klimaat regoor die wêreld Les 16 Verskil tussen weer en klimaat en die klimaat van die

KWARTAAL 3

wêreld Eenheid 8: Tropiese reënwoude Les 17 Waar kry ons die reënwoude? Eenheid 9: Woestyne Les 18 Waar ons woestyne op die aarde kry Eenheid 10: Naaldwoude Les 19 Waar ons naaldwoude op die aarde kry Eenheid 11: Mense en provinsies in Suid-Afrika

KWARTAAL 4

Les 20 Bevolkingsverspreiding en bevolkingsdigtheid Eenheid 12: Waarom mense op spesifieke plekke woon Les 21 Redes vir die ligging van nedersettings Eenheid 13: Mense regoor die wêreld Les 22 Bevolkingsverspreiding regoor die wêreld

8

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Eenheid

EENHEID 1: Kaartvaardighede LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

Verstaan ʼn verskeidenheid bronne en werk daarmee – insluitend kaarte, data en foto’s. Teken en gebruik kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING Geografie leer ons van die wêreld waarin ons leef. In hierdie kwartaal gaan ons na verskillende kaarte kyk en van lande regoor die wêreld leer. Jy gaan ook meer leer oor hoe om plekke te vind. Hou ʼn atlas byderhand as dit moontlik is. BELANGRIKE TERMINOLOGIE • • • • •

Ewenaar Greenwich-meridiaan Breedtegraad Lengtegraad Ligging

9

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

WENKE Maak seker jy ken al die nuwe woorde by elke les en dat jy die inhoudelike aspek van die les kan toepas. Ná elke les is daar ʼn aktiwiteit wat vrae oor die belangrikste aspekte van daardie les vra. Die aktiwiteite is goeie voorbereiding vir jou kwartaaltoetse en eksamens.

1.1

Les 1: Halfronde op ʼn aardbol DEFINIEER Ewenaar: ʼn denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel. Greenwich-meridiaan: ʼn lyn op ʼn kaart of aardbol wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aardbol in twee gelyke dele verdeel.

KERNINHOUD Die aarde kan beskryf word as ʼn ronde sfeer, daarom kry ons die aardbol. Die ewenaar is ʼn lyn in die middel wat die aardbol in twee gelyke dele verdeel. Ons praat van die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond. In die Noordelike Halfrond kry ons die Noordpool en in die Suidelike Halfrond kry ons die Suidpool.

Noordpool

Noordelike Halfrond

Greenwichmeridiaan

Ewenaar

Suidelike Halfrond Suidpool

10

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Die Greenwich-meridiaan is ʼn lyn wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aarde weer in twee gelyke dele verdeel. Die twee halfronde noem ons die Oostelike Halfrond en die Westelike Halfrond. Noordpool

Greenwichmeridiaan

Westelike Halfrond

Oostelike Halfrond

Ewenaar

Suidpool

VIR DIE NUUSKIERIGES Maak jou eie aardbol: Gebruik ʼn ballon en blaas dit op. Trek nou die verskillende lyne daarop om vir jou die ewenaar en Greenwich-meridiaan duidelik aan te toon. Skryf nou in elke kwart watter halfrond waar voorkom. Hou jou ballon vir die volgende les ook.

11

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Eenheid

AKTIWITEIT 1 Dit is ʼn skematiese voorstelling van die aarde. Vul die halfronde asook die belangrikste breedte- en lengtelyn in. 1.6. 1.1.

1.5

1.2.

1.3.

1.4. [6]

1.2

Les 2: Breedte- en lengtegrade op ʼn aardbol

DEFINIEER Breedtegraad: Lyne wat oor die breedte van die aarde loop, van oos na wes en/of wes na oos. Lengtegraad: Lyne wat oor die lengte van die aarde loop, van noord na suid en/of suid na noord. Ligging: die plek of posisie van ’n sekere land of streek in terme van breedtegraad- en lengtegraadlyne. Dink bietjie daaroor dat die aarde sferies is. Ons wil die aarde op ʼn papier voorstel: Dit is soos om ʼn bal stukkend te druk en plat te probeer maak. Dit is egter baie moeilik. Daarom is daar lyne op ʼn aardbol getrek en so ook op ʼn kaart. Die lyne loop ewewydig. (Dit beteken ewe ver van mekaar af.) Daar is twee tipes lyne wat ons onderskei:

12

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Breedtelyne: Die lyne is dwarsoor die aardbol soos die ewenaar. Die ewenaar is die belangrikste breedtelyn op die aardbol by 0°. Die plek of posisie wat hulle aandui, word breedtegrade genoem en dit word gemeet in grade noord of suid van die ewenaar. Lengtelyne: Die lyne word getrek van die Noordpool tot by die Suidpool soos die Greenwich-meridiaan. Die Greenwich-meridiaan is die belangrikste lengtelyn by 0°. Die plek of posisie wat hulle aandui, word lengtegrade genoem en dit word gemeet in grade oos of wes van die Greenwich-meridiaan.

13

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Suid-Afrika Suid-Amerika

Noord-Amerika

Europa

Asië

Australië

Kyk na die kaart wat die breedte- en lengtegrade aandui:

14

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Eenheid

VIR DIE NUUSKIERIGES Gebruik jou ballon van die vorige les en trek nou breedte- en lengtelyne ook daarop. Onthou die belangrikste breedtelyn is die ewenaar en die belangrikste lengtelyn is die Greenwich-meridiaan. Hierdie lyne is reeds op jou ballon.

Ligging van Suid-Afrika Elke plek op aarde is tegelyk in twee halfronde geleë, hetsy noord of suid en dan ook in die Oostelike of Westelike Halfrond. Suid-Afrika is in die Suidelike Halfrond geleë want Suid-Afrika is suid van die ewenaar, asook in die Oostelike Halfrond omdat Suid-Afrika oos van die Greenwich-meridiaan is.

AKTIWITEIT 2 Kyk na die kaart op die vorige bladsy en beantwoord die volgende vrae. 2.1 2.2 2.3 2.4

In watter twee halfronde is Suid-Afrika? In watter twee halfronde is Australië? In watter twee halfronde is Noord-Amerika? In watter twee halfronde is Suid-Amerika? [8]

1.3

Les 3: Vind lande en stede in breedte- en lengtegrade

Op ʼn kaart kan ons kyk hoe ver ʼn plek noord of suid van die ewenaar is deur na die breedtegrade te kyk. Dit word gewoonlik aan die kante van ʼn kaart gemerk. Bo die 0° is dit die Noordelike en onder die 0° is dit die Suidelike Halfrond. Op dieselfde manier kan ons kyk hoe ver ʼn plek oos of wes van die Greenwich-meridiaan is deur na die lengtegrade te kyk. Dit word gewoonlik aan die bo- en onderkant van die kaart gemerk. Regs van die 0° is die Oostelike Halfrond en links van die 0° is die Westelike Halfrond. Breedte- en lengtegrade is soos ʼn ruitverwysing: Dit dui net die punt aan en nie meer die hele vierkantblokkie nie. Hierdie punt is die koördinate van ʼn plek. So byvoorbeeld is 20°S en 140°O ʼn punt in Australië.

15

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Eenheid

Onthou as jy koördinate skryf, skryf ons altyd die noord- of suid-koördinate eerste en die oos- of wes-koördinate tweede.

AKTIWITEIT 3 Kyk na die volgende kaart en skryf die koördinate neer van die punt wat by elke naam staan: 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7 3.8 3.9 3.10

Kanada Brasilië Uruguay Spanje Suid-Afrika Australië Rusland Antarktika China Mauritanië

[10]

16

© Impaq


Kanada

Brasilië

Uruguay

Spanje

Mauritanië

Suid-Afrika

Rusland

China

Australië

© Impaq

17

1 Eenheid Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

2

Eenheid

EENHEID 2: Skale LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: • • • • •

Verstaan ʼn verskeidenheid bronne en werk daarmee – insluitend kaarte, data en foto’s. Gebruik en teken kaarte. Identifiseer en onttrek inligting uit tekste, atlasse en ander bronne, insluitend visuele bronne soos foto’s. Werk met data en statistieke in die vorm van grafieke, tabelle en diagramme. Gaan inligting na deur verskillende bronne te gebruik.

INLEIDING In hierdie eenheid gebruik en werk ons met skale. Skale is baie belangrik vir kaartwerk. Dink ʼn bietjie: ʼn Plek wat 5 km ver is, kan onmoontlik op ʼn A4-papier geteken word. Daarom gebruik ons skale om vir ons ʼn voorstelling te maak. Die gebruik van skale maak die regte wêreld “kleiner” sodat ons dit op ʼn kaart kan sien.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE •

Skaal

WENKE Onthou, skale is daar om ons te help om die regte wêreld kleiner te maak. Kenmerke wat regtig in die wêreld voorkom, sal ook kleiner gemaak word, daarom word simbole en kaarttekens gebruik. Gewoonlik word hierdie simbole baie duidelik by ʼn kaart in ʼn klein blokkie aangetoon. Dit word die sleutel van die kaart genoem.

18

© Impaq


Handleiding G06 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

2.1

Eenheid

2

Les 4: Wat is ʼn skaal? DEFINIEER Skaal: ʼn instrument wat gebruik word om werklike afstande op die aarde te vergelyk met afstande op ʼn kaart.

Daar is gewoonlik ʼn skaal onderaan elke kaart. Die skaal dui vir ons aan hoeveel kleiner die kaart in vergelyking met die werklike grootte van die plek op aarde is. Jy kan self dink, ons kan nie skale teken presies soos dit op die aarde is nie omdat ons kilometers en kilometers papier sal moet gebruik. Kyk na die volgende kaart en sy skaal.

Die skaal dui vir ons aan dat 1 cm op die kaart gelyk is aan 100 km in die werklikheid/op die aarde/grond.

19

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.