Gr 7-Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-Handleiding

Page 1

Í2’È-A-EMS-SG010Î

1

8

0

7

-

A

-

E

M

S

-

S

G

0

1

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE HANDLEIDING Graad 7

A member of the FUTURELEARN group


Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Handleiding

1807-A-EMS-SG01

Í2’È-A-EMS-SG010Î

Graad 7

Aangepas vir KABV


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 FORMELE ASSESSERINGSPROGRAM ........................................................................... 6 STUDIEWENKE .................................................................................................................. 6 JAARPLAN ......................................................................................................................... 7 EENHEID 1: DIE EKONOMIE ............................................................................................. 8 LES 1: GESKIEDENIS VAN GELD ......................................................................... 8 AKTIWITEIT 1 .......................................................................................... 12 AKTIWITEIT 2 .......................................................................................... 18 LES 2: BEHOEFTES EN BEGEERTES ................................................................ 19 AKTIWITEIT 3 .......................................................................................... 21 AKTIWITEIT 4 .......................................................................................... 22 AKTIWITEIT 5 .......................................................................................... 24 LES 3: GOEDERE EN DIENSTE .......................................................................... 26 AKTIWITEIT 6 .......................................................................................... 28 AKTIWITEIT 7 .......................................................................................... 32 LES 4: BESIGHEDE ............................................................................................. 33 AKTIWITEIT 8 .......................................................................................... 34 AKTIWITEIT 9 .......................................................................................... 37 EENHEID 2: FINANSIËLE GELETTERDHEID ................................................................. 41 LES 5: HERSIENING ............................................................................................ 41 AKTIWITEIT 10 ........................................................................................ 45 LES 6: REKENINGKUNDIGE BEGRIPPE ............................................................ 47 AKTIWITEIT 11 ........................................................................................ 50 LES 7: INKOMSTE EN UITGAWES ...................................................................... 51 AKTIWITEIT 12 ........................................................................................ 53 LES 8: BEGROTINGS .......................................................................................... 55 AKTIWITEIT 13 ........................................................................................ 58 EENHEID 3: ENTREPRENEURSKAP .............................................................................. 60 LES 9: HERSIENING ............................................................................................ 60 AKTIWITEIT 14 ........................................................................................ 64 LES 10: DIE ENTREPRENEUR ............................................................................ 66 AKTIWITEIT 15 ........................................................................................ 70 LES 11: BEGIN ’N BESIGHEID ............................................................................ 73 AKTIWITEIT 16 ........................................................................................ 75 AKTIWITEIT 17 ........................................................................................ 79 AKTIWITEIT 18 ........................................................................................ 81 LES 12: ENTREPRENEURSDAG......................................................................... 82 AKTIWITEIT 19 .......................................................................................... 84 LES 13: ONGELYKHEID EN ARMOEDE ............................................................. 89 AKTIWITEIT 20 ...................................................................................... 93

1

© Impaq


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

EENHEID 4: DIE EKONOMIE ........................................................................................... 96 LES 14: HERSIENING .......................................................................................... 96 AKTIWITEIT 21 ...................................................................................... 97 LES 15: DIE PRODUKSIEPROSES ..................................................................... 99 AKTIWITEIT 22 .................................................................................... 103 LES 16: BESPARING ......................................................................................... 106 AKTIWITEIT 23 .................................................................................... 107 AKTIWITEIT 24 .................................................................................... 107 WOORDELYS ................................................................................................................. 116 BIBLIOGRAFIE ............................................................................................................... 119

© Impaq

2


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Maak seker dat jy elke woord of term van die les of leesstuk goed verstaan. Gebruik die woordelys in hierdie handleiding of ’n woordeboek.

Fokus en konsentreer op elke stap van die gedeelte wat onderrig word. Moenie toelaat dat jou gedagtes afdwaal nie.

   

Neem aktief deel en wees betrokke by die les deur vrae te vra of te antwoord. Hersien elke dag die werk wat behandel is. Lees die bladsye aandagtig deur. Poog om elke dag verskillende tipe vrae te identifiseer en maak aantekeninge daaroor. Vra vir hulp as jy dit benodig: Dit is belangrik om alle werk te verstaan voordat jy aangaan na die volgende afdeling.

JAARPLAN EENHEID 1 2 1 3 4 5 6 2

7 8 9 10

3

11 12 13 14

4

DATUM BEGIN

LES

15 16

Die ekonomie: Geskiedenis van geld Die ekonomie: Behoeftes en begeertes Die ekonomie: Goedere en dienste Entrepreneurskap: Besighede Hersiening Finansiële geletterdheid: Rekeningkunde begrippe Finansiële geletterdheid: Inkomste en uitgawes Finansiële geletterdheid: Begrotings Hersiening Entrepreneurskap: Die entrepreneur Entrepreneurskap: Begin ’n besigheid Entrepreneurskap: Entrepreneursdag Die ekonomie: Ongelykhede en armoede

DATUM VOLTOOI 1

2

3

4

Hersiening Die ekonomie: Die produksieproses Finansiële geletterdheid: Besparing

7

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

EENHEID 1: Die ekonomie INLEIDNG In die eerste gedeelte van hierdie les gaan ons kyk na tradisionele gemeenskappe en ruilhandel en wat die twee konsepte met mekaar te doen het. Dit is baie belangrik om meer te gaan lees en webtuistes te besoek oor die konsepte om ’n meer in-diepte kennis op te bou. Aan die einde van die tradisionele gemeenskappe en ruilhandelgedeeltes moet jy die inligting toepas deur byvoorbeeld ruilhandel met vriende en familie uit te voer. In Les 1 gaan die volgende hoofpunte bespreek word:

BELANGRIKE TERMINOLOGIE       

Gemeenskappe Selfonderhoudend Onafhanklik Produseer Ruilhandel Waarde Metale

LES 1: GESKIEDENIS VAN GELD

LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy in staat wees om:  die betekenis van tradisionele gemeenskappe te verstaan.  ruilhandel deeglik te bespreek.  te onderskei tussen promesses, munte en papiergeld.  elektroniese bankwese te verstaan.  ’n deeglike oorsig van die rol van geld te hê.

© Impaq

8


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

1.1

1

Eenheid

Tradisionele gemeenskappe

In hierdie les word daar ’n oorsig van tradisionele gemeenskappe gegee. Dit is belangrik dat jy self meer gaan lees oor tradisionele gemeenskappe om ’n meer in-diepte kennis van hierdie gemeenskappe te hê. Duisende jare gelede het die mens aan sy eie behoeftes voorsien. Tradisionele gemeenskappe het die natuur gebruik om hulpbronne te versamel om aan hul basiese behoeftes te voorsien. Hierdie tipe gemeenskappe was selfonderhoudend en onafhanklik. Tradisionele gemeenskappe het gejag om vleis te kry, plante gebruik vir kos en medisyne en hulle het ook self hulle eie klere gemaak. Hierdie gemeenskappe het alles gebruik wat hulle geproduseer het om in die natuur te oorleef. ’n Voorbeeld van tradisionele gemeenskappe is die Khoi-San. Vandag is daar baie min gemeenskappe wat nog selfonderhoudend en onafhanklik is.

Foto 1: http://www.onlinedebate.net/forums/showthread.php/21866-South-african-cultures-and-life-styles Foto 2: http://blog.discoversouthafrica.co.za/leisure-and-things-to-do/share-in-the-khoi-san-culture/ Foto 3: http://www.keerwedersafaris.com/content.php?secid=13&menuid=5 Foto 4: http://www.tribalartbrokers.net/

Die bostaande foto’s is voorbeelde van selfonderhoudende tradisionele gemeenskappe. Hulle produseer hulle eie goedere en jag vir kos wat nodig is om te oorleef. DEFINIEER Produseer: Om iets te maak bv. mielies, groente, vrugte, klere en meubels. Selfonderhoudend: Sorg vir jouself. Onafhanklik: Jy het nie iets nodig van iemand anders nie. Gemeenskappe: Groepe mense op verskillende plekke.

WENK Gaan lees op oor tradisionele gemeenskappe om meer oor hulle leefstyl en geskiedenis te leer.

9

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1.2

Ruilhandel

Die eerste ekonomiese stelsel was ’n bestaansekonomie. Dit beteken dat mense net dit wat hulle nodig gehad het, geproduseer het. Hulle het mielies geplant sodat hulle mieliemeel kon maak om te eet en het beeste vir melk aangehou. Ons sê dus hulle was selfonderhoudend en onafhanklik. Hulle het niemand anders nodig gehad om hulle behoeftes te bevredig nie. Sommige gemeenskappe kon egter nie alles produseer wat hulle nodig gehad het om te oorleef nie. Party gemeenskappe het byvoorbeeld mielies, beeste en skape gehad, waar ander gemeenskappe bokke, koring en ander groente soos aartappels en boontjies gehad het. Só het gemeenskappe verskil en hulle het vinnig besef dat ander gemeenskappe dinge gehad het wat hulle graag wou hê, maar nie self kon kry nie. Dit was ’n groot probleem, dus het hulle drie opsies gehad: 1. Neem die voorwerp, met ander woorde, steel dit. 2. Vermoor die eienaar van die voorwerp en steel dit dan. 3. Vind iets wat hulle besit en wat die ander persoon graag wil hê en ruil dan die voorwerpe. Die eerste twee keuses het gewoonlik tot groot moeilikheid gelei, dus is die derde opsie die meeste gebruik. Dit word ruilhandel genoem. Die onderstaande prent is ’n voorbeeld daarvan.

Die mandjie appels word vir die hoender verruil. Bron: http://lastoneeating.wordpress.com/tag/barter-economy/

Hierdie gemeenskappe was nomadies van aard, wat beteken dat hulle van plek tot plek en seisoen tot seisoen getrek het om handel te dryf. Soos die gemeenskappe getrek het, het hulle handel gedryf met verskillende groepe wat hulle langs die pad gekry het.

© Impaq

10


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1

Daar het egter sekere probleme met ruilhandel ontstaan:

1. Dit was moeilik om die waarde van goedere gelyk te stel omdat sekere groepe meer waarde aan items geheg het as ander.

Probleme wat met ruilhandel ontstaan het 3. Sekere goedere wat geruil was, was moeilik om te dra, bv. bokke of beeste.

2. Sommige goedere waarmee ruilhandel gedryf is, was slegs sekere tye van die jaar beskikbaar en kon nie gebêre word nie, bv. kos.

Om die tweede probleem op te los, het mense begin handeldryf met items wat nie maklik sou vrot nie. Eers is skulpe, sout en kleiskywe gebruik. Gou het mense meer kosbare metale begin gebruik. Die metaal is gesmelt om ’n skyf of muntstuk te vorm. Metale het vinnig meer gewild as skulpe, sout en kleiskywe geword. DEFINIEER Ruilhandel: Dit is wanneer jy ’n item het en dit vir ’n ander item ruil, bv. jy ruil ’n CD vir ’n vriend se DVD. Waarde: Die waarde van iets word bepaal, met ander woorde wat jy in geld vir iets sal betaal, bv. ’n plastiekstoel se waarde is baie minder as ’n egte eikehoutstoel. Metale: Voorbeelde van metale sluit in yster, aluminium, koper, ens.

11

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

VIR DIE NUUSKIERIGES Soms word metaal wat ons gebruik om muntstukke mee te maak meer waardevol geag as die muntstuk self. Met ander woorde, ’n persoon kan meer geld maak deur die muntstuk te smelt en die metaal te verkoop as om die muntstuk te gebruik. Wanneer dit gebeur, verander die regering die muntstuk sodat dit minder kos om te maak.

AKTIWITEIT 1 Hierdie aktiwiteit is gebaseer op tradisionele gemeenskappe en ruilhandel. Lees die onderstaande vrae noukeurig deur en gee ’n gepaste antwoord vir elkeen. 1. 2. 3. 4. 5.

Wat het tradisionele gemeenskappe gedoen om in die natuur te oorleef? (3) Gee ’n voorbeeld van ’n tradisionele gemeenskap. (2) Watter probleme het tydens ruilhandel ontstaan? (3) Definieer die term nomadiese samelewing. (2) Gee voorbeelde van goedere wat vir ruilhandel gebruik is. (5) TOTAAL: 15

1.3

Promesse (skuldbewyse)

Met die verloop van tyd het metale meer gewild geraak en daar was ’n groot aanvraag na metale. Hierdie metale is vir ander goedere geruil. Die probleem met die metale was egter dat dit te swaar was om gemaklik te vervoer en handelaars moes die metale gedra het en ’n skaal gebruik het om die metale te weeg wanneer ruilhandel plaasgevind het. As gevolg hiervan het ruilhandel baie stadig plaasgevind. Die mense wie betrokke was met die ruilhandel van metale en goud het goudsmede gebruik om die goud en metale vir hulle te stoor, en wanneer hulle dit nodig gehad het, kon hulle dit net by die goudsmede gaan haal het. Kom ons kyk na die volgende scenario om die bostaande beter te verduidelik:

© Impaq

12


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

Pieter het goud en metale wat hy nie saam met hom kan ronddra nie omdat dit baie swaar is. Hy wil vir Johan, wie ’n goudsmid is, vra om sy goud te stoor deur dit in ’n kluis te bêre totdat hy dit nodig het. Johan sal vir Pieter ’n dokument oorhandig waarin hy bevestig dat hy wel vir hom die metale en goud sal stoor, en in die dokument sal daar ook bevestig word dat wanneer Pieter die goud en metale wil hê, hy enige tyd toegang tot dit sal verkry. Indien Pieter ’n koper kry wie die goud en metale wil koop, kan hy die dokument vir die koper gee om die metale en goud by Johan te kry. Hierdie dokumente is promesse genoem. Die promesse word geteken deur die al die betrokke persone, en in hierdie scenario sal dit Pieter, Johan en die koper wees om die ooreenkoms te bevestig. Die onderstaande foto is ’n voorbeeld van ’n promesse:

1

http://glenngohr.wordpress.com/20 08/05/22/a-piece-of-bread-couldbuy-a-bag-of-gold/

Muntstukke

Antieke muntstukke, www.egyking.info

Foto: Antieke Muntstukke, www.egyking.info

Bron: http://www.allbusiness.com/glossaries/promissory-note/4946031-1.htm

1.4

Munte

Gestel jy woon in ’n land waarin daar geen geld is nie. Alle transaksies moet beklink word deur middel van ruilhandel en ooreenkomste. Jy staan in die oggend op en vind dat daar nie meer graankos vir ontbyt is nie. Jou ma vra jou om gou ’n hoender te gaan vang om vir ’n paar boksies ontbytpap by die hoekkafee te betaal.

13

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

Wat ’n omslagtige manier van lewe! Dit is mos soveel makliker om die kafeebaas ’n banknoot in die hand te stop, jou skoolgelde per tjek te vereffen en jou buskaartjie met ’n paar muntstukke te koop. Geld het sekerlik sy ontstaan te danke aan die gerief en kostebesparing wat dit in die handel meebring. Selfs vir die mees primitiewe ekonomie met ’n beperkte reeks geproduseerde goedere is regstreekse ruilhandel te duur en ingewikkeld om uitgebreide handel moontlik te maak. Die eerste metale wat in die ou tyd as geld gebruik is, was yster, tin en koper. Daarna is ook silwer en goud gebruik, en vandag kry ons muntstukke van verskillende legerings (metaalmengsels). Metale het ’n hele paar voordele as betaalmiddel bo ander dinge, veral omdat hulle so duursaam is. Koring en rys kan muf, beeste of skape gaan dood, maar metale is byna onvernietigbaar. Metale is lank in die vorm van stukke of stawe as metaalmiddel gebruik. Elke keer wanneer daar dus sake gedoen is, moes hulle geweeg en getoets word. Dit was steeds baie ongerieflik en toe het mense met die plan gekom om metaalstukke van ’n vasgestelde gewig met die een of ander ontwerp daarop te laat slaan. Dit was die instelling van muntgeld. (Geneem en verwerk vanaf: www.mieliestronk.com/geld.html)

1.5

Papiergeld

Banknote is sedert die vroeë jare van die 1800’s deur verskillende handelsbanke in die Kaap en later in Transvaal, die Oranje-Vrystaat en Natal uitgereik. Dié note kon vir goudmunte ingeruil word. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ons land se sentrale bank, is in 1920 gestig. Die Reserwebank het sy eerste note in April 1922 uitgereik en Suid-Afrikaanse banknote kon tot 1932 vir goud ingeruil word. Namate hierdie handel uitgebrei het, en veral nadat handelaars ál Bron: http://ewn.co.za/2013/12/04/verder van hul hoofkwartiere af begin sake doen het, het Rand-hits-three-week-low dit onveilig en omslagtig geword om met muntgeld te werk. Dink maar net aan die ergernis om duisende goue muntstukke te tel en te vervoer en hoe maklik dit gesteel kon word. Die banknoot was aanvanklik ’n blote belofte dat die noot vir dié of daardie bedrag ingeruil kon word. Mettertyd het dit egter in geld self ontwikkel. Suid-Afrika se eerste papiergeld het in die 1780’s met die instelling van die Riksdaalder (Rijksdaalder in Nederlands) in omloop gekom. (Geneem en verwerk vanaf: www.mieliestronk.com/geld.html)

© Impaq

14


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

1.6

Eenheid

1

Elektroniese bankwese

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Bank Deponeer Depositostrokie Kwitansie Onttrekking

Kom ons dink aan die verskillende banke wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Absa, FNB en Standard Bank is slegs ’n paar voorbeelde van banke wat beskikbaar is. Kan jy dink aan nog voorbeelde van banke in Suid-Afrika? Banke voorsien verskeie dienste en opsies aan hul kliënte om hul geld te belê en te spaar. Jy kan jou geld in ’n spaarrekening plaas en dan sal hulle dit vir jou belê (bewaar) en jy kan rente daarop verdien. Jy kan geld onttrek, oorbetalings na ander bankrekeninge doen, ens. Elektroniese bankwese (of e-bankwese) het te doen met die gebruik van bankkaarte, selfone, slimfone en rekenaars om jou banktransaksies af te handel. Die Internet kan gebruik word om vir goedere en dienste te betaal. E-bankwese maak dit vir kliënte moontlik om hulle banksake af te handel sonder om fisies bank toe te gaan. Hulle kan enige tyd van die dag hul banksake in die gerief van hul huis of werkplek doen. Vandag het meeste banke hulle eie webwerwe wat mense help om hulle banksake elektronies te doen. Transaksies kan elektronies gedoen word met ’n bankkaart by ’n OTM, op ’n rekenaar by die huis, of deur die gebruik van ’n geheime kode en ’n telefoon. Tydens telefoniese transaksies gebruik ’n bankklerk ’n rekenaar om die transaksie namens jou, die kliënt, te doen. Die transaksie vind onmiddellik plaas. Banke verskaf dienste aan mense en besighede, soos om elke maand ’n bankstaat aan hulle kliënte te stuur. Voorbeelde van banke in Suid-Afrika:

15

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

1.6.1 Die gebruik van outomatiese tellermasjiene (OTM’e) Nadat jy ’n rekening geopen het, sal die bankklerk ’n plastiekkaart aan jou uitreik om by ’n OTM te gebruik. Jy kan hierdie kaart gebruik om geld in jou rekening te deponeer of onttrekkings te doen. Jy moet net eers jou persoonlike identifikasienommer (PIN) in die masjien insleutel. ’n OTM is gewoonlik beskikbaar buite banke en in winkelsentrums. OTM’e stel verbruikers in staat om 24 uur ’n dag geld te kan onttrek of deponeer. Bron: http://sacredspaces2004.files.wordpress.com/2012/11/standard_bank_atm_2.jpg

WENKE  Bewaar jou bankkaart op ’n veilige plek.  Moenie jou PIN vir ander mense gee nie.  Wees oplettend by ’n OTM as jy geld trek.

1.6.2 Wat is e-handel? Wanneer ’n debietkaart of ’n knapkaart gebruik word, verwys ons daarna as e-handel. Hierdie kaarte is soortgelyk aan ’n telefoonkaart. Verbruikers kan elektronies vir hul aankope betaal by winkels wat deel van die stelsel vorm. Winkels doen aansoek om lid van ’n ehandelsnetwerk te word. Hulle sal dan debietkaarte en knapkaarte as betaling vir goedere en dienste aanvaar. Die houers van debiet- en knapkaarte sal dus nie nodig hê om ’n klomp kontant of selfs ’n tjekboek by hulle te hê nie. Verbruikers betaal met ’n kaart, wat baie veiliger is as om groot bedrae kontant by hulle te hê. Die bedrag van die betrokke transaksie word elektronies van die koper se rekening na die verkoper s’n oorgeplaas. Kopers gebruik die e-handelstelsel wanneer hulle via die Internet goedere koop en vir dienste betaal. Kopers stuur die besonderhede van hul kaart via die Internet na die verskaffer van die goedere of dienste. Sommige banke stuur SMSboodskappe aan hul kliënte om te bevestig dat die transaksie plaasgevind het en dat die geld uit hulle rekening is. Die betrokke goedere word dan by die koper afgelewer. Banke het webwerwe geskep waardeur verbruikers 24 uur per dag inkopies kan doen. SEP, die fasiliteit vir veilige elektroniese betaling (Secure Electronic Payment), word gebruik om te betaal vir dienste en goedere wat by die kliënt afgelewer word. Dit is ’n veilige manier om goedere en dienste te koop of verkoop.

© Impaq

16


Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

1

Eenheid

Bron: http://krnb.com/kj-midday/2013/12/20/debit-vs-credit-cards-which-is-safer-to-swipe/

DEFINIEER Bank: ’n Instansie wat gesien word as ’n veilige plek waar jy jou geld kan spaar, onttrek en verskillende dienste word aan jou gelewer. Deponeer: Dit is wanneer jy geld in jou bankrekening inbetaal. Depositostrokie: Dit is ’n spesifieke vorm wat jy invul om jou geld te deponeer. Kwitansie: Dit is ’n bewysstuk wat jy veilig moet bewaar wat bewys dat jy ’n instansie, persoon of bank betaal het. Onttrekking: Dit is wanneer jy geld uit jou rekening trek, hetsy by die OTM met jou kaart of met ’n onttrekkingstrokie in die bank.

17

© Impaq


1

Handleiding G07 ~ Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Eenheid

AKTIWITEIT 2 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat daarop volg. Sibo, ’n vriend van Nadene, vra haar uit oor die oopmaak en hantering van ’n spaarrekening. Hy verdien geld deur koerante af te lewer en wil graag die geld vir toekomstige gebruik spaar. Nadene raai hom aan om’n spaarrekening by die bank oop te maak. Die bankklerk is baie hulpvaardig en vertel Sibo van die rente wat hy op sy spaarrekening kan verdien. Die klerk gee toe vir Sibo ’n aansoekvorm om by die huis te gaan voltooi. Sy ouers/wettige voog sal hom verlof vir die oopmaak van ’n spaarrekening moet gee omdat hy nog minderjarig is. Die volgende dag neem Sibo die voltooide vorm bank toe. Hy deponeer ook R300 as ’n beginsaldo in die nuwe rekening. 1. 2.

3. 4. 5.

© Impaq

Waarvoor staan die afkorting OTM? Kyk na die onderstaande prentjies van ’n bankkaart se voor- en agterkant:

(1)

2.1 2.2 2.3 2.4

(1) (1) (1)

Skryf die kaartnommer neer. Wanneer is die kaart uitgereik? (Maand en jaar) Wanneer verval die kaart? (Maand en jaar) Verskyn die kaart se PIN iewers op die kaart? Hoekom dink jy is dit so?

(2)

Dit is nie altyd veilig om jou kaart by ’n OTM te gebruik nie. Maak ’n lys van al die voorsorgmaatreëls wat getref moet word wanneer jy ’n OTM gebruik. (3) Skryf die name van verskillende banke in Suid-Afrika neer. (6) Verduidelik in jou eie woorde hoe ’n OTM werk. (5) TOTAAL: 20

18


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.