Í2’È-A-LIO-FG01\Î 1
8
0
7
-
A
-
L
I
O
-
F
G
0
1
LEWENSORIËNTERING FASILITEERDERSGIDS
Graad 7
A member of the FUTURELEARN group
Lewensoriëntering Fasiliteerdersgids
1807-A-LIO-FG01
Í2’È-A-LIO-FG01\Î
Graad 7
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
INHOUDSOPGAWE
LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ......................................................................................... 5 ASSESSERINGSVEREISTES ............................................................................................ 6 JAARPLAN ......................................................................................................................... 8 EENHEID 1 .......................................................................................................................... 9 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk ......................................... 9 1.1 Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure) ............................................................................. 10 AKTIWITEIT 1 ......................................................................................................... 11 1.2 Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure) ..................................................................................... 12 AKTIWITEIT 2 ......................................................................................................... 12 1.3 Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure)........................................... 13 AKTIWITEIT 3 ......................................................................................................... 14 1.4 Les 4: Die belangrikheid van lees en studeer: Lees vir genot en lees met begrip (1 uur)15 AKTIWITEIT 4 ......................................................................................................... 16 1.5 Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur) .................. 16 AKTIWITEIT 5 ......................................................................................................... 16 EENHEID 2 ........................................................................................................................ 17 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk......................... 17 2.1 Les 6: Menseregte (1 uur) ....................................................................................... 18 AKTIWITEIT 6 ......................................................................................................... 19 2.2 Les 7: Regverdige spel in sportaktiwiteite (1 uur) .................................................... 19 AKTIWITEIT 7 ......................................................................................................... 19 2.3 Les 8: Hantering van mishandeling in verskillende kontekste (3 ure) ..................... 20 AKTIWITEIT 8 ......................................................................................................... 21 2.4 Les 9: Loopbaanvelde (3 ure) ................................................................................. 21 AKTIWITEIT 9 ......................................................................................................... 22 EENHEID 3 ........................................................................................................................ 25 Gesondheids-, sosiale en omgewings-verantwoordelikheid en die wêreld van werk25 3.1 Les 10: Dwelmmisbruik (4 ure) ................................................................................ 26 AKTIWITEIT 10 ....................................................................................................... 26 3.2 Les 11: Konsep: Omgewingsgesondheid (3 ure) .................................................... 28 AKTIWITEIT 11 ....................................................................................................... 30 3.3 Les 12: Die wêreld van werk: Die simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite (3 ure) .......................................................................................................................... 30 AKTIWITEIT 12 ....................................................................................................... 31 EENHEID 4 ........................................................................................................................ 36 Selfontwikkeling in die samelewing en grondwetlike regte en verantwoordelikhede36 4.1 Les 13: Persoonlike dieet en voeding (2 ure) .......................................................... 37 1
© Impaq
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
AKTIWITEIT 13 ....................................................................................................... 38 4.2 Les 14: Algemene siektes (3 ure) ............................................................................ 40 AKTIWITEIT 14 ....................................................................................................... 41 4.3 Les 15: Die verskillende religieë in Suid-Afrika (2 ure) ............................................ 41 AKTIWITEIT 15 ....................................................................................................... 41 EENHEID 5 ........................................................................................................................ 44 Liggaamsopvoeding: Prakties ........................................................................................ 44 KWARTAAL 1 .................................................................................................................... 44 Les 1: Algemene fiksheid (10 ure) ..................................................................................... 44 AKTIWITEIT 1 ......................................................................................................... 44 KWARTAAL 2 .................................................................................................................... 46 Les 2: Invalspeletjies (10 ure) ............................................................................................ 46 AKTIWITEIT 2 ......................................................................................................... 46 KWARTAAL 3 .................................................................................................................... 47 Les 3: Reekse liggaamlike aktiwiteite wat insluit balans, rotasie, elevasie en ritmiese bewegings (10 ure).................................................................................................. 47 AKTIWITEIT 3 ......................................................................................................... 47 KWARTAAL 4 .................................................................................................................... 48 Les 4: ’n Buitelugavontuurprogram (10 ure)....................................................................... 48 AKTIWITEIT 4 ......................................................................................................... 48
BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .................................................................................. 49
© Impaq
2
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
JAARPLAN KWARTAAL
1
2
3
4
DATUM BEGIN
LES 1
Konsep: Selfbeeld
2
Veranderinge by seuns en meisies: Puberteit
3
Groepsdruk
4
Belangrikheid van lees en studeer
5
Vaardighede om geheue te ontwikkel
6
Menseregte
7
Regverdige spel
8
Hantering van mishandeling
9
Loopbaanvelde
10
Dwelmmisbruik
11
Omgewingsgesondheid
12
Simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite
13
Persoonlike dieet
14
Algemene siektes
15
Verskillende religieë
1 2 1 3
LIGGAAMSOPVOEDING (EENHEID 5) Deelname aan fiksheidprogram: Veiligheidskwessies Deelname aan fiksheidsprogram: Deelname en uitvoer van bewegings Deelname aan fiksheidsprogram
4 2 3
4
© Impaq
Deelname en uitvoering van bewegings 5, 6, 7 Speel ’n samelewings- of inheemse invalspeletjie en veiligheidkwessies 8, 9 Voer bewegings uit met rotasie, balans, elevasie en ritme. 10 Deelname en uitvoering van bewegings 11, 12 Buitelugontspanning en veiligheidskwessies
8
DATUM VOLTOOI
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE
• • • • • • • • •
Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen: Identifiseer en besin oor positiewe persoonlike eienskappe: verhouding met self, familie, vriende. Identifiseer persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal. Strategieë kan ontwikkel en toepas om jou selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en selfrespek. Strategieë kan ontwikkel en toepas om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en respek te toon aan ander en respek te toon vir diversiteit. Die fisiese en emosionele veranderinge tydens puberteit te verstaan en hoe dit verhoudings beïnvloed. Begrip en respek vir ander se liggaamsveranderinge en emosies. Waardering en aanvaarding van self en ander. Groepsdruk verstaan en hoe dit ’n individu kan beïnvloed. Die belangrikheid besef van lees en studeer.
Dit is belangrik dat leerders die lewensvaardighede wat aangeleer is, gebruik om hul potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel hulle in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik dat leerders aan ’n positiewe selfbeeld bou. Die eenheid stel hulle in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help leerders ook om ’n emosionele intelligensie te ontwikkel wat hul sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk van die vorige graad aan met nuwe kennis. BELANGRIKE TERMINOLOGIE In elke eenheid gaan die leerders dalk met nuwe terme te doen kry. By elke les is daar ’n DEFINIEER-blokkie. Alle nuwe terme wat by elke les betrekking het, sal daar omskryf word.
9
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1.1
Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES Die volgende inligtingstuk gaan oor boelies. Die fasiliteerder kan dit bestudeer en dan met leerders bespreek en vergelyk met die navorsing wat die leerders gedoen het.
Wat is ’n boelie? Boelie is aksies soos afknouery, baasspelerigheid, geniepsigheid, treitering en selfs mishandeling. Die boelie herhaal gewoonlik sy of haar gedrag, hulle het ’n spesifieke teiken en daar is gewoonlik ’n wanbalans van mag (die boelie is ouer of sterker). Seuns en meisies kan albei boelies wees. Dis nie net noodwendig seuns nie. ’n Kind kan op drie maniere geboelie word: 1. 2. 3.
Verbaal, soos om persoon te vloek of lelike name te noem. Sosiale boelie, waar die kind uitgesluit word van ’n groep. Fisieke boelie, waar iemand geslaan, gestamp of goed uit sy hande geruk word.
Hoekom word iemand ’n boelie? Sommige ouers straf hul kinders op onbehoorlike maniere en dit kan daartoe bydra dat die kind ’n boelie kan word. Kinders wat minderwaardig voel, kan hulself ook tot boeliegedrag wend om sodoende meer aansien te verdien. Dit kan ook gebeur dat ’n kind wat deur trauma gaan, bv. verhuising of egskeiding skielik ander kinders boelie. Rassisme of onverdraagsaamheid teenoor ander wat anders is kan ook daartoe lei. Sommige kinders leer nie by hul huise om hul buie effektief te beheer nie en dan kom dit op ’n onaanvaarbare manier uit. Kinders boelie ook omdat hulle hul maats wil beïndruk en ook omdat hulle geen gevoel vir ander mense het nie. Hoe hanteer jy ’n boelie? Moenie vir die boelie wys dat sy gedrag jou ontstel nie. Tree baie selfgeldend op en praat ferm met hom of haar. Moenie dat die boelie se optrede jou ongelukkig maak nie. Onthou dat jy nie die persoon met die probleem is nie. Moenie waardevolle besittings skool toe neem nie. Vermy die plekke waar die boelie jou gewoonlik voorlê. Laastens – hou altyd jou kop omhoog en wees trots op die persoon wie jy is.
© Impaq
10
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
AKTIWITEIT 1
1.1 1.2 1.3 1.4 1.5
Dit is die prentjie wat ’n persoon van hom of haarself sien. (2) ’n Persoon se potensiaal is dit waartoe hy of sy in staat is om te bereik en dit lê in wat jy van jouself glo. (2) Leerder kan eie opinie gee. Moontlike antwoorde is, bv. goeie akademiese prestasie, goeie vriende, gelukkige ouerhuis, goeie sportprestasie. (3) Leerder kan enige vyf van die strategieë in handleiding noem. (5) Leerder kan eie strategieë gee. 1.1.3 in die handleiding kan as riglyn gebruik word. Leerder moet drie strategieë noem. (3) [15]
2.1
Leerder moet insig toon in die gebruik van al drie die konflikstyle soos behandel in Les 1. Die leerder moet kan weergee hoe die situasie hanteer sal word as die seun al drie metodes gebruik. Hoe sal hy optree as hy ontkenning toepas. Hoe sal hy optree as hy bemiddeling toepas? Hoe sal hy optree as hy konfrontasie toepas. Gee 1 punt vir die naam van die konflikhanteringsmetode en 1 punt vir die toepassing daarvan in die situasie. (3 x 2) = (6)
2.2
Leerder kry een punt vir die noem van die konflikhantering, en drie punte vir die rede vir sy optrede. (4) [10] [25]
11
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1.2
Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES Die leerder moet prente versamel en plak wat produkte adverteer. Die leerder moet kan interpreteer of die mens se seksualiteit gebruik word om die produk te verkoop. Help die leerder om te fokus op veral advertensies wat die idee uitbeeld. Die antwoorde is die leerder se eie opinie. AKTIWITEIT 2 Die leerder se eie opinie is baie belangrik by hierdie aktiwiteit. Die leerder moet insig toon oor die invloed wat die faktore op sy/haar seksualiteit het. Verwys na die handleiding. Die leerder moet by elke faktor drie geldige redes gee hoekom dit hom of haar direk beïnvloed.
Moontlike antwoorde: 1. Jou vriende en gesin – hier leer jy die rolle van die verskillende geslagte. Jou vriende se waardes oor seksualiteit kan jou beïnvloed. Jou ouers se optrede teenoor jou as seun of dogter kan ook jou seksualiteit vorm. 2. Advertensies lok soms negatiewe seksuele gedrag uit. Jy kan dalk dink as jy so optree of op ’n onbehoorlike manier aantrek is jy “in”. Dit weerspieël egter nie die ware persoon wat jy is nie. 3. Jou kultuur en gemeenskap skryf sekere seksuele gedrag voor. Sekere gemeenskappe steur hul nie aan losbandige gedrag nie en skryf dit selfs voor. Sekere kulture is baie streng oor die verskil tussen mans en vroue en pas dit streng toe. 4. Die persone wat jou akademies opvoed is die persone wat jou vir lang tye aanmekaar sien en hul kan deur hul onderrig, veral in ’n vak soos Lewensoriëntering jou optimaal beïnvloed. Hul kan jou bemagtig om die regte keuses te maak. 5. Die Christelike geloof lei hul jongmense om nie deel te neem aan voorhuwelikse seks nie. Sommige gelowe glo egter dat jy een kind moet hê voor die huwelik om seker te maak dat daar ’n nageslag sal wees. [15]
© Impaq
12
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
1.3
Eenheid
1
Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure) VIR DIE NUUSKIERIGES Die fasiliteerder kan die onderstaande inligting gebruik om die leerder by te staan in sy of haar navorsing in verband met dwelms.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
Dagga Dit is die skutblare van die Cannabis Sativa-plant en groei byna enige plek. Die plant hou van warm klimaat soos in KwaZulu-Natal. Dit bevat meer as 421 chemikalieë. Dagga beïnvloed jou brein as jy dit gebruik. Dagga veroorsaak chroniese brongitis en hoë bloeddruk by die persoon wat dit gebruik. Dit lei ook tot ’n verswakte immuunstelsel. Alkohol Dit is enige sterk drank wat oormatig gebruik word en waarvan die persoon afhanklik raak. Dit onderdruk die mens se breinfunksies. Dit vertraag die werking van die senuweestelsel. Die grootste invloed is op die lewer van die persoon. Dit veroorsaak dat die lewer vergroot en kan ontwikkel tot lewersklerose wat potensieel dodelik kan wees. Tik Dit is ’n ander naam vir ’n stimulant, nl. metamfetamien. Dit is ’n wit, half deurskynende poeier of kristalle. Dit kan gesnuif, ingespuit of mondelings ingeneem word. Dit veroorsaak gewelddadige en aggressiewe gedrag. Dit beskadig ook die longe en veroorsaak absesse in die persoon se mond en gesig. Die persoon gaan opsigtelik fisies agteruit. Mandrax Dit is oorspronklik ’n kalmeermiddel. Dit is gewoonlik klein wit pilletjies. Dit het ’n invloed op ’n persoon se hartritme, beskadig die lewer en veroorsaak psigotiese episodes. Kokaïen Dit is ’n fyn, wit, reuklose poeier en is hoogs verslawend. Dit word gemaak van die blare van die kakaoplant. Dit veroorsaak ’n permanente loopneus, slapeloosheid en swak konsentrasie. Dit skep ’n ernstige sielkundige verslawing. Heroïen Dit word gemaak van die melksap van die Papaver Somniferum-plant. Dit is ’n wit poeier. Dit veroorsaak waterige oë en rusteloosheid. Dit veroorsaak ook bewing en erge genies.
13
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
AKTIWITEIT 3
1.
Die leerder se eie opinie is belangrik. Die nasiener moet daarop let of die leerder verstaan wat groepsdruk is. (1)
2.
Gee die leerder een punt vir elke stap van probleemoplossing genoem (7) en een punt vir elke uiteensetting van die betrokke punt • Wat is die probleem? (1) • Wat wil jy bereik deur probleem op te los? (1) • Raadpleeg ander mense vir raad. (1) • Lys al die moontlike oplossings (1) • Weeg voor en nadele teenmekaar op (1) • Evalueer jou opsies en kies een (1) • Gaan hersien jou opsie en kyk of dit werk (1) Moontlike antwoorde as riglyn vir fasiliteerder: • Jy voel ongemaklik by die partytjie en daar word snaakse dinge gedoen. (1) • Jy wil nie aan die aktiwiteite deelneem nie, maar wil nog steeds jou goeie maat behou. (1) • Kyk of daar dalk iemand in die vertrek is, wat ook ongemaklik lyk en voel en gaan gesels met die persoon. (1) • Ek kan hier bly en meedoen aan als en baie sleg voel daaroor, maar my vriend sal gelukkig wees OF ek kan huis toe gaan en getrou bly aan myself, maar my maat gaan kwaad wees. • Is dit voordelig vir my om verkeerde dinge te doen? En is dit regtig so groot nadeel as die vriend vir my kwaad gaan wees? Leerder moet eie redes verskaf. (1) • Leerder moet een opsie kies (1) • Leerder moet opinie gee of hy of sy dink dat die opsie die regte uitwerking gehad het. (1) [15]
© Impaq
14
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
1.4
Eenheid
1
Les 4: Die belangrikheid van lees en studeer: Lees vir genot en lees met begrip (1 uur)
VIR DIE NUUSKIERIGES
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.
Corpus Callosum – kennis, geheue, intelligensie Serebrale korteks – alle inligting word hier gestoor Talamus – ontvang inligting van die sintuie Hipotalamus – vrees en aggressie sentrum Hippokampus – reguleer honger, dors, liggaamstemperatuur Serebellum – beheer en koördineer spiere Harsingstam – verbind die brein met die rugmurg.
15
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
AKTIWITEIT 4 Die leerder merk sy/haar eie antwoorde en toets dan hoe goed sy/haar leesbegrip is. Dit dien slegs as inoefening.
1.5
Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur) AKTIWITEIT 5 Die aktiwiteit is ’n speletjie om assosiasie in te oefen. Die leerder kan die prentjie met enige iets binne sy of haar raamwerk assosieer.
Voorbeelde: 1. My stoute baba boetie/hoe lekker ek gespeel het toe ek baba was. 2. Ek en my boetie/sussie. Hy of sy maak my kwaad en ek jaag hom of haar in die huis rond. 3. Ek en al my goeie vriende. OEFENING 1: OOPBOEKTOETS
Vraag 1 Maak ’n collage om jou selfbeeld uit te beeld. Dit is bv. dinge soos jou sporthelde, rolmodelle, kleredrag, foto’s van jou familie, musiek. Alles wat jou beskryf as ’n persoon. Assesseringsvereistes 1. Kreatiwiteit 2. Kleurgebruik 3. Opdrag korrek uitgevoer 4. Afronding 5. Uitbeelding van leerder se uniekheid
1
2
3
[15]
© Impaq
16
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk LEERDOELWITTE
• • • • •
Nadat leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen: Menseregte verstaan en kan toepas in jou interaksie met ander mense. Die verantwoordelikheid met betrekking tot menseregteverstaan. Regverdige spel in verskillende sportsoorte kan toepas. Mishandeling kan hanteer in verskillende kontekste. Verskillende loopbaanvelde ondersoek en die belangrikheid van jou eie vermoëns en belangstellings te identifiseer in die keuse van ’n beroep.
In die eenheid gaan ons veral kyk na menseregte soos dit gestipuleer word in die SuidAfrikaanse Grondwet. Jy, as persoon, het ’n aantal regte waarop jy kan aandring. Daar is egter ook verantwoordelikheid van jou kant af nodig as jy wil aandring op die regte. Almal in Suid-Afrika het menseregte en is geregtig op hierdie regte en om met waardigheid behandel te word. Hierdie regte is by die Grondwet van Suid-Afrika ingesluit as die Handves van Menseregte. Dit leer vir burgers hoe om mekaar billik en as gelykes te behandel. Ons spreek ook die kwessie van mishandeling aan. Mishandeling vind plaas in verskillende kontekste, tussen volwassenes, tussen volwassenes en kinders, asook tussen kinders/maats. Dit is belangrik dat jy die gevaartekens van mishandeling kan identifiseer en sodoende jouself kan beskerm in gevaarlike situasies. Dit is belangrik om te kommunikeer om sodoende gesonde verhoudings te bou, sonder geweld. Die laaste onderwerp in die eenheid is gerig op jou moontlike loopbaankeuses. Dit fokus op die bepaling van jou eie belangstellings en vermoëns. Ons kyk na ’n aantal loopbaanvelde en gee jou meer inligting hieroor. Ons gaan kyk na die skoolvakke wat jy nodig het, die aantal jare van studie en ook die kostes daaraan verbonde. Ons kyk ook na die verskillende plekke waarheen jy kan gaan om beroepsinligting te kan kry. Alhoewel die aktiwiteite nie vir assesseringsdoeleindes is nie, is dit steeds belangrik om te doen omdat dit vir leerders die geleentheid gee om die kennis toe te pas. 17
© Impaq
2
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2.1
Les 6: Menseregte (1 uur)
2.1.2
Die skending van menseregte
Die leerder moet sekere situasies bestudeer en bespreek of dit skending van menseregte is of nie. Die leerder moet redes vir die antwoorde gee. Die volgende antwoorde is slegs vir die fasiliteerder as riglyn: 1. Ja. Skending van mensereg op beskerming teen lyfstraf. Geen mens mag ’n ander mens fisies mishandel nie. 2. Nee. Die regering mag grond onteien as daar ’n billike prys daarvoor betaal word. 3. Ja. Die reg van die mens op basiese gesondheidsdienste en versorging. Die personeel van die hospitaal skend sy menseregte deur hom nie te help nie. 4. Ja. Hulle skend jou reg op skoon en bruikbare water deur die gemors daar te stort. 5. Nee. Die persoon het nie die regte kwalifikasies nie. Dit is nie ’n skending van sy menseregte nie. 2.1.3
Hoe hanteer ek die skending van menseregte?
Die leerder moet die gevallestudie deurlees en die vrae beantwoord. Dit is belangrik dat die leerder sy/haar eie opinie gee. Die fasiliteerder kan saam met die leerder deur die vrae werk en dit gebruik as aanknopingspunt vir ’n gesprek oor diskriminasie. Vraag e) vra dat die leerder ’n lys op stel van hoe Fatima die situasie kan oplos. Laat die leerder sy/haar eie oplossings soek en aantoon. Die fasiliteerder moet net die leerder lei in die antwoorde, maar nie sy/haar opinie beïnvloed nie. VIR DIE NUUSKIERIGES Die leerder kan deur tydskrifte of koerante lees en artikels en prente versamel waar hy/sy dink menseregte geskend word. Help die leerder om inligting te versamel. Dink aan situasies soos: • Daar is nie skoon water en genoegsame vullisverwydering nie. • Daar is nie genoeg behuising nie. • Kinders wat verwaarloos in die strate rondloop. • Mense wat aangerand word.
© Impaq
18
Fasiliteerdersgids G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
2
AKTIWITEIT 6 Laat die leerder enige vyf menseregte kies. Knip of skeur prente wat verband hou met die menseregte uit die tydskrif of koerant. Gebruik die letters in die tydskrif om die woorde te plak. Die leerder moet die prentjies nie te klein maak nie. Dit moet ’n duidelike boodskap oordra. Die leerder se collage kan enige gekose grootte wees.
2.2
Les 7: Regverdige spel in sportaktiwiteite (1 uur) VIR DIE NUUSKIERIGES Die leerder moet gaan kyk watter sportmanne of vroue het hulle in die verlede of onlangs aan swak sportmanskap skuldig gemaak.
Die volgende is slegs as riglyn vir die fasiliteerder om die leerder by te staan in die navorsing. Ander atlete kan ook genoem word.
Tonya Harding het meegewerk om een van haar mededingers, Nancy Kerrigan, te laat aanval.
Jose Cansec het steroïdes gebruik. AKTIWITEIT 7 Die leerder kan sy/haar eie opinie gee by elke foto. Die volgende is net moontlike antwoorde: a)
Goeie sportmanskap. Die rugbyspeler steek sy hand uit na sy opponent en help hom op. Dit toon dat hy in goeie gees met die persoon in kompetisie is.
b)
Swak sportmanskap. Dit is swak gedrag om jou opponent in die gesig te gryp. Dit is ook oor die algemeen swak optrede.
19
© Impaq