Í2’È-A-LIO-SG01ÈÎ 1
8
0
7
-
A
-
L
I
O
-
S
G
0
1
LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 7
A member of the FUTURELEARN group
Lewensoriëntering Handleiding
1807-A-LIO-SG01
Í2’È-A-LIO-SG01ÈÎ
Graad 7
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARPLAN ......................................................................................................................... 6 EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk ..................... 7 Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure) ......................................................................................... 8 AKTIWITEIT 1 ..................................................................................................... 13 Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure) ................................................................................... 14 AKTIWITEIT 2 ..................................................................................................... 17 Les 3: Groepsdruk: die invloed van groepsdruk (3 ure) ..................................................... 18 AKTIWITEIT 3 ..................................................................................................... 22 Les 4: Die belangrikheid van lees en studeer: Lees vir genot en lees met begrip (1 uur) .. 22 AKTIWITEIT 4 ..................................................................................................... 24 Les 5: Studiemetodes en vaardighede om geheue te verbeter (1 uur) .............................. 26 AKTIWITEIT 5 ..................................................................................................... 29 OOPBOEKTOETS 1 .......................................................................................... 31 EENHEID 2 Grondwetlike regte en verantwoordelikhede en die wêreld van werk ..... 32 Les 6: Menseregte (1 uur).................................................................................................. 33 AKTIWITEIT 6 ..................................................................................................... 38 Les 7: Regverdige spel in sportaktiwiteite (1 uur) .............................................................. 39 AKTIWITEIT 7 ..................................................................................................... 40 Les 8: Hantering van mishandeling in verskillende kontekste (3 ure) ................................ 41 AKTIWITEIT 8 ..................................................................................................... 44 Les 9: Loopbaanvelde (3 ure) ............................................................................................ 45 AKTIWITEIT 9 ..................................................................................................... 48 OOPBOEKTOETS 2 .......................................................................................... 67 EENHEID 3 Gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid en die wêreld van werk ........................................................................................................ 50 Les 10: Dwelmmisbruik (4 ure) .......................................................................................... 51 AKTIWITEIT 10 ................................................................................................... 57 Les 11: Konsep: Omgewingsgesondheid (3 ure) ............................................................... 58 AKTIWITEIT 11 ................................................................................................... 65 Les 12: Die wêreld van werk: Die simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite (3 ure) ................................................................................................... 66 AKTIWITEIT 12 ................................................................................................... 70 OOPBOEKTOETS 3 .......................................................................................... 71
1
© Impaq
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
EENHEID 4 Selfontwikkeling in die samelewing en grondwetlike regte en verantwoordelikhede .................................................................................... 72 Les 13: Persoonlike dieet en voeding (2 ure)..................................................................... 73 AKTIWITEIT 13 ................................................................................................... 80 Les 14: Algemene siektes (3 ure) ...................................................................................... 81 AKTIWITEIT 14 ................................................................................................... 89 Les 15: Die verskillende religieë in Suid-Afrika (2 ure) ...................................................... 90 AKTIWITEIT 15 ................................................................................................... 97 OOPBOEKTOETS 4 ........................................................................................... 98 EENHEID 5 Liggaamsopvoeding: Prakties .................................................................... 99 KWARTAAL 1 .................................................................................................................... 99 Les 1: Algemene fiksheid (10 ure) ..................................................................................... 90 AKTIWITEIT 1 ................................................................................................... 109 KWARTAAL 2 .................................................................................................................. 109 Les 2: Invalspeletjies (10 ure) .......................................................................................... 109 AKTIWITEIT 2 ................................................................................................... 120 KWARTAAL 3 .................................................................................................................. 121 Les 3: Reekse liggaamlike aktiwiteite wat insluit balans, rotasie, elevasie en ritmiese bewegings (10 ure) ............................................................................................. 121 AKTIWITEIT 3 ................................................................................................... 126 KWARTAAL 4 .................................................................................................................. 127 Les 4: ’n Buitelugavontuurprogram (10 ure)..................................................................... 127 AKTIWITEIT 4 ................................................................................................... 130 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ................................................................................ 132
© Impaq
2
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
JAARPLAN KWARTAAL 1 2 1
2
3
4
DATUM BEGIN
LES
3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15
1 2 1 3
Konsep: Selfbeeld Veranderinge by seuns en meisies: Puberteit Groepsdruk Belangrikheid van lees en studeer Vaardighede om geheue te ontwikkel Menseregte Regverdige spel Hantering van mishandeling Loopbaanvelde Dwelmmisbruik Omgewingsgesondheid Simulasie van loopbaanverwante aktiwiteite Persoonlike dieet Algemene siektes Verskillende religieë LIGGAAMSOPVOEDING (EENHEID 5) Deelname aan fiksheidprogram: Veiligheidskwessies Deelname aan fiksheidsprogram: Deelname en uitvoer van bewegings Deelname aan fiksheidsprogram
4 2 3
4
© Impaq
Deelname en uitvoering van bewegings 5, 6, 7 Speel ’n samelewings- of inheemse invalspeletjie en veiligheidkwessies 8, 9 Voer bewegings uit met rotasie, balans, elevasie en ritme. 10 Deelname en uitvoering van bewegings 11, 12 Buitelugontspanning en veiligheidskwessies
6
DATUM VOLTOOI
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
EENHEID 1 Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE
• • • • • • • • •
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Identifiseer en besin oor positiewe persoonlike eienskappe: verhouding met self, familie, vriende. Identifiseer persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal. Strategieë kan ontwikkel en toepas om jou selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en selfrespek. Strategieë kan ontwikkel en toepas om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede en respek te toon aan ander en respek te toon vir diversiteit. Die fisiese en emosionele veranderinge tydens puberteit te verstaan en hoe dit verhoudings beïnvloed. Begrip en respek vir ander se liggaamsveranderinge en emosies. Waardering en aanvaarding van self en ander. Groepsdruk verstaan en hoe dit ’n individu kan beïnvloed. Die belangrikheid besef van lees en studeer.
Dit is belangrik dat jy die lewensvaardighede wat jy aanleer gebruik om jou potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel jou in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld vir jou stel. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik dat jy aan ’n positiewe selfbeeld bou. Die eenheid stel jou in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help jou ook om ’n emosionele intelligensie te ontwikkel wat jou sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk van die vorige graad aan met nuwe kennis. BELANGRIKE TERMINOLOGIE In elke eenheid gaan jy dalk met nuwe terme te doen kry. By elke les is daar ’n DEFINIEER-blokkie. Alle nuwe terme wat by elke les betrekking het, sal daar omskryf word. Elke les is só saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die werk. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is ’n tydsaanduiding by elke les. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.
7
© Impaq
1
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1.1
Les 1: Konsep: Selfbeeld (2 ure)
1.1.1
Wat is my persoonlike positiewe eienskappe en hoe beïnvloed dit my verhouding met myself, my familie en my vriende?
Persoonlikheid is volgens die HAT: “alles wat aan iemand ’n eie en unieke karakter gee.” Die HAT beskryf karakter as “al die eienskappe wat ’n persoon anders maak as ’n ander persoon.” Jou persoonlike eienskappe is die eienskappe wat eie aan jou is en jou van ander mense onderskei. Dit is die eienskappe wat jou JOU maak. Die persoon wie jy is. Jou positiewe persoonlike eienskappe is dit wat mense na jou toe aantrek. Dit is bv. jou vriendelikheid, geduld en hulpvaardigheid. Jou persoonlike eienskappe beïnvloed eerstens die verhouding wat jy met jouself het. Dit sal jou selfbeeld ten nouste beïnvloed en vorm. As jy ’n positiewe persoonlikheid het en jy voel goed oor jouself sal dit ’n positiewe uitwerking hê op jou selfbeeld en die verhouding wat jy met jouself het. Jy sal jou foute en tekortkominge kan aanvaar en op ’n positiewe wyse kan hanteer en verwerk. Jou verhouding met jou familie en vriende word ook beïnvloed deur jou positiewe persoonlike eienskappe. As jou vriende en familie jou as positief ervaar sal hul ook ’n positiewe houding teenoor jou hê. Jou positiwiteit kan ook bydrae daartoe dat jy hul postitief beïnvloed en hul selfbeeld kan verbeter. Hoe jy jouself sien, reflekteer na ander mense en hul reageer daarop. DEFINIEER
Selfbeeld: Dit is die prentjie wat jy van jouself sien. Persoonlike eienskappe: Dit is daardie eienskappe van jou persoonlikheid wat jou onderskei van ander mense. Dit is hoe jy is. Potensiaal: Dit is waartoe jy in staat is. Dit wat jy kan bereik en jou potensiaal lê in wat jy van jouself glo. Selfrespek: Dit is wanneer jy jouself belangrik genoeg ag dat jy nie jouself in ’n situasie sal plaas wat jou sal verkleineer of jou waardigheid, eer of integriteit sal aantas nie. Diversiteit: Dit beteken verskillende, bv. verskillende kulture. 1.1.2
Persoonlike belangstellings, vermoëns en potensiaal
Persoonlike belangstellings is die dinge waarin jy belangstel, bv. jou stokperdjie. Dit kan enige iets wees wat jou belangstelling prikkel. Dit is iets wat jy graag wil doen en wat jou gelukkig maak as jy dit doen.
© Impaq
8
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Vermoëns het ons in graad 6 behandel. Dit is alles waarmee of waarin jy goed is. Dit is belangrik om te weet hoe om jou belangstellings en vermoëns te kombineer om eendag jou volle potensiaal te bereik. Dit kan jou ook help om in die toekoms die regte beroepskeuse te maak. As ons na ’n persoon se vermoëns en potensiaal kyk, is daar ten minste ses soorte mense. 1.
’n Persoon wat daarvan hou om te lees en te skryf noem ons ’n oorredende persoon. Die oorredende persoon het die volgende eienskappe: • Hulle wil te alle tye in beheer wees. • Hulle hou meer daarvan om te praat as om te luister. • Hulle kan hul eie onderneming bedryf en stel veral belang in verkope. • Hulle kan hul eie idees goed oordra na ander persone en is baie oortuigend.
2.
Die intellektuele tipe persoon is baie goed met probleemoplossing. Hulle beskik oor die volgende eienskappe: • Hulle stel belang in wiskunde en wetenskap. • Hulle hou daarvan om oplossings vir probleme te vind en kan ingewikkelde probleme oplos. • Hulle is goeie data ontleders en is leergierig.
3.
Die praktiese persoon hou van praktiese werk en sal eerder met tasbare voorwerpe werk as met idees. Hul eienskappe sluit die volgende in: • Hulle werk gewoonlik in die buitelug en kan goed herstel. • Hulle het baie goeie koördinasie en kan gereedskap produktief gebruik. • Hulle is gewoonlik baie avontuurlustig.
4.
Die kunstige persoon val onder die kreatiewe tipe. Hul is gewoonlik persone wat: • Nuwe dinge kan skep. • Dink oorspronklik en ontwikkel nuwe idees. • Hulle druk hulself uit op enige kreatiewe wyse – deur musiek, skryf, teken of ander kunsvorme. • Hulle hou daarvan om selfstandig te werk.
5.
Spontane mense is baie sosiaal en werk graag met mense. Hul het die volgende eienskappe: • Hulle is nie skaam om hulself verbaal uit te druk nie. • Hulle kom maklik met ander mense oor die weg en maak gou nuwe vriende. • Hulle is gewoonlik goeie redenaars en sprekers.
9
© Impaq
1
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
6.
Mense wat graag met syfers werk is aanpasbare mense. Hul eienskappe sluit in: • Hulle is roetine vaste persone. • Hulle hou daarvan om presies te weet wat van hul verwag word in situasies. • Hulle is baie perfeksionisties. • Hulle hou van aspekte wat met finansies verband hou.
As jy bogenoemde tipe mense bestudeer, sal jy jouself kan herken by een of selfs meer. Jou potensiaal word dus bereik as jy jou belangstellings en vermoëns kombineer op ’n positiewe wyse. KERNINHOUD Jy sal onthou uit die vorige grade dat die woord “selfbeeld” beteken dat dit die prentjie is wat jy van jouself het. Daar is baie dinge wat jou selfbeeld kan beïnvloed: • Jou voorkoms – hoe jy lyk. • Jou akademiese prestasie. • Die liefde en ondersteuning van jou vriende en familie. • Jou prestasie op sportgebied. • Die klere wat jy dra en die musiek wat jy luister. Dit is gesond en voordelig om ’n positiewe selfbeeld te hê. Dit is egter normaal dat ’n persoon nie altyd goed voel oor homself nie. Daar is baie strategieë wat ons kan toepas om ons eie selfbeeld en ook die van ander te verbeter. Dit is egter belangrik om eers meer van jouself uit te vind, sodat jy die regte strategieë kan ontwikkel. 1.1.3
Strategieë om jou selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: selfrespek
Ons almal het op ’n tydstip ’n probleem met ons selfbeeld. Dit gebeur selde dat iemand heeltemal tevrede is met hom- of haarself. Dus maak ons baie keer staat op ons familie en vriende om ons selfbeeld te verbeter en op te bou. Dis belangrik om die weet hoe jy regtig oor jouself voel en hoe jy jouself sien, voordat jy verbeterings kan aanbring. Beantwoord die onderstaande vrae vir jouself en identifiseer sodoende die areas waar jou selfbeeld swak is. 1. Hoe voel jy oor jou voorkoms? Hoe lyk jy vir jouself? 2. Hoe voel jy oor die vriende wat jy het? Het hul ’n positiewe of negatiewe invloed op jou selfbeeld? 3. Voel jy beter oor jouself as jy aan aktiwiteite deelneem wat jy geniet, bv. fietsry? 4. Hou jy daarvan om skool te gaan en hou jy van die akademiese werk wat jy doen? 5. Laat die klere wat jy dra jou beter voel oor jouself?
© Impaq
10
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Sodra jy die spesifieke areas geïdentifiseer het, kan jy nou gaan kyk na strategieë om dit te verbeter. Dit is belangrik dat jy te alle tye jouself respekteer. Selfrespek is een van die sleutelaspekte van ’n gesonde selfbeeld. Jy mag jouself nooit verkleineer nie. Jy moet leer om jou tekortkominge te aanvaar en op ’n positiewe wyse daaraan te werk en dit sodoende te verbeter of verander. Sodra jou selfbeeld verbeter, sal jy ook meer selfrespek hê. Voorbeelde van strategieë om jou selfbeeld te verbeter: Liggaam Eet gesonde kos Oefen gereeld Vermy slegte gewoontes, bv. rook Ontspan gereeld Vriende Kies vriende wat dieselfde waardes en norme het Omring jou met vriende met positiewe houdings Vermy persone wat jou manipuleer om verkeerde keuses te maak Kies vriende met dieselfde belangstellings Aktiwiteite Doen aktiwiteite wat opbouend is Doen aktiwiteite wat vir jou lekker is en jou goed laat voel oor jouself Doen aktiwiteite wat jou algemene gesondheid bevorder Vermy enige aktiwiteit wat ’n negatiewe uitwerking op jou het Skool/akademie Gee te alle tye jou beste Gebruik jou talente tot die beste van jou vermoë. Stel vir jouself realistiese doelwitte, sodat jy nie moedeloos raak nie Kleredrag/musiek Kies jou klere so dat jy te alle tye jou selfrespek behou. Behou jou uniekheid deur die keuse van jou klere Dra dit wat vir jou gemaklik laat voel Kies jou musiek sodat dit jou positief beïnvloed 1.1.4
Strategieë om ander se selfbeeld te bevorder deur positiewe optrede: respek vir ander en respek vir diversiteit
Respek vir ’n ander persoon dra daartoe by dat daardie persoon se selfbeeld positief beïnvloed word. Wat is respek? Dit is wanneer jy ’n ander persoon, ongeag sy kultuur, ras, godsdiens of geslag op so manier behandel dat daardie persoon nie minderwaardig voel nie. Jy neem dus daardie persoon se persoonlikheid en belangstellings in ag. Watter positiewe optredes kan ’n persoon se selfbeeld positief beïnvloed? 1. Ondersteun die persoon te alle tye al stem jy nie altyd saam nie. 2. Respekteer en aanvaar die persoon vir wie hy of sy is. 3. Respekteer die persoon se opinie en verskil met die persoon op ’n respekvolle wyse.
11
© Impaq
1
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
4. 5.
Gesonde konflikhantering in konfliksituasies. Luister aandagtig na ander persoon se opinie.
Watter negatiewe optredes beïnvloed ’n persoon se selfbeeld? 1. Jy kritiseer die persoon se opinie en persoonlikheid. 2. Jy boelie ’n persoon en kraak hom of haar af. 3. Jy dink jy is altyd reg en gee die ander persoon nie die geleentheid om hul kant van die saak te stel nie. 4. Jy diskrimineer teen die persoon op grond van hul kultuur, taal, godsdiens of ras. Een van die aspekte wat baie belangrik in ons daaglikse lewens is, is konflik. Almal van ons kom daarmee in aanraking. Die wyse waarop ons konflik hanteer kan ons en die ander persoon positief of negatief beïnvloed. Wanneer ontstaan konflik? Dit is wanneer mense verskillend dink oor ’n saak en verskillende idees en opinies het. Daar is hoofsaaklik drie maniere waarop ons konflik hanteer.
1. 2. 3.
4.
5.
Bemiddeling (Positief) Persone stel elkeen sy of haar saak. Persone skree nie op mekaar nie. Elke persoon luister aandagtig na ander persoon en gee erkenning aan hul opinie. Persone respekteer mekaar se gevoelens, kultuur en tradisies. Die konflik word op gesonde wyse opgelos.
1.
2.
3.
4.
Ontkenning (Negatief) Die persoon word kwaad maar praat nie daaroor nie. Die ander persoon is soms nie eens bewus van die konflik nie. Die ander persoon verstaan nie die rede vir die konflik nie. Die konflik word nie opgelos nie.
Sien jy jou eie konflikhantering hierin?
© Impaq
12
1. 2. 3.
4.
Konfrontasie (Negatief) Respekteer nie mekaar se opinies nie. Val mekaar verbaal of fisies aan. Het nie respek vir ander kultuur, tradisies en persoonlikhede nie. Daar word tot geen vergelyk gekom nie en die konflik word nie opgelos nie.
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
1
Eenheid
VIR DIE NUUSKIERIGES Wanneer word die tekort aan respek vir ’n persoon boelie? Gaan doen navorsing oor die onderwerp. Gebruik die media, bv. tydskrifte, koerante, die internet en TV. Beantwoord dan die volgende vrae in jou skrif. Dit is slegs om jou kennis aangaande die onderwerp te verbreed. 1. Wat is ’n boelie? 2. Hoekom word iemand ’n boelie? 3. Hoe hanteer jy ’n boelie? AKTIWITEIT 1
1. Begripsvrae Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek. Die vrae toets slegs jou begrip ten opsigte van die lesinhoud en dien as voorbereiding van jou toets aan die einde van die kwartaal. 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5
Wat sal jy beskryf as ’n persoon se selfbeeld? Wat sal jy sê is ’n persoon se potensiaal? Noem drie dinge wat jou selfbeeld positief kan beïnvloed? Noem vyf strategieë wat jy kan toepas om jou selfbeeld te verbeter? Hoe kan jy ’n maat help wat sukkel om ’n gesonde selfbeeld te handhaaf en dalk niks van hom- of haarself hou nie? Noem drie strategieë wat jy kan toepas.
(2) (2) (3) (5)
(3) [15]
2. Insigvrae Die volgende vraag toets jou insig ten opsigte van die lesmateriaal. Lees die volgende denkbeeldige scenario en beantwoord die vrae wat daarop volg: Jy wil graag saam met jou maats gaan swem. Jou ma vra jou egter om die gras te sny. Jy is baie kwaad en ongelukkig. Jy voel dis onregverdig en dat jou ma nie jou opinie in ag neem nie. 2.1 2.2
Beskryf kortliks hoe al drie die konflikstyle in die bogenoemde situasie toegepas kan word? (6) Hoe sou jy die situasie hanteer het? Hoekom dink jy sal jy dit so hanteer? (4) [10] [25]
13
© Impaq
1
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1.2
Les 2: Veranderinge by seuns en meisies: puberteit en geslagsbewustheid (geslagsdenkbeeld) (3 ure)
1.2.1
Fisiese en emosionele veranderinge
Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en fisiese verandering. Hierdie veranderinge speel ’n belangrike rol in die vorming van jou selfbeeld en selfkennis. Seksualiteit is die wyse waarop ons onsself as seuns en meisies sien. Dit is nie dieselfde as seks nie. Seksualiteit gaan oor die volgende aspekte: 1. Hoe ons onsself sien en hoe ons oor ons liggame voel en dink. Dit sluit aan by Les 1 wat ons gesê het hoe belangrik selfrespek is. Jy kan net jou eie liggaam respekteer as jy dit in ’n positiewe lig sien. Jy het dalk sproete of groot ore en hou nie daarvan nie. Dit is belangrik om verby hierdie dinge te kyk en al jou positiewe eienskappe raak te sien, bv. jou mooi oë. Jy sal ook dan ander mense makliker respekteer as jy selfrespek en selfliefde het. 2. Puberteit veroorsaak dat ons anders begin dink oor die teenoorgestelde geslag. Ons kry seksuele gevoelens en gedagtes en raak maklik verlief. 3. Die bewuswording van ons seksualiteit beïnvloed hoe ons optree en reageer en het selfs ’n invloed op jou kleredrag en keuse van musiek! 4. Seksualiteit gaan ook oor ons waardes en norme ten opsigte van liefde en die bestaande vriendskappe wat ons het. 5. Dit bepaal ook tot wie ons aangetrokke is. Puberteit bring dus al hierdie veranderinge mee en maak ons intens bewus van die verskillende geslagte. Daar is verskeie faktore wat jou seksualiteit kan beïnvloed. 1.
Jou ouers/gesin Dit vorm die basis van jou seksualiteit. Dit is hier wat jy leer watter rol speel elke geslag in die gesin en samelewing. Jou ouers vorm jou waardes en norms ten opsigte van jou seksualiteit.
2.
Jou vriende en portuurgroep Jou vriende het nie te alle tye dieselfde siening oor seks as jy en jou ouers nie en dit kan soms lei tot konflik in jou eie waardestelsel. Dit kan jou verward en deurmekaar laat voel.
3.
Jou kultuur en rassegroep Sekere kulture en rasse het voorskrifte ten opsigte van seksualiteit en die verskillende geslagte se optrede in verband hiermee. Die voorskrifte kan jou opinie oor seksualiteit in ’n groot mate beïnvloed. In sekere kulture mag seuns en meisies glad nie alleen gelaat word nie. Hulle word selfs geskei tydens sosiale funksies.
© Impaq
14
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
4.
Eenheid
1
Jou geloof of godsdiens Jou geloof stel aan jou sekere vereistes en dit kan ook voorskrifte gee ten opsigte van jou seksualiteit. Die Christelike geloof is bv. gekant teen enige seksuele verhouding voor die huwelik. DEFINIEER 5. 1.
Seksualiteit: Die manier waarop ons onsself as seuns en meisies sien. Puberteit: Dit is die tydperk vanaf so 13 jaar wanneer die pituïtêre klier in ’n kind se liggaam geprikkel word en dit veroorsaak fisiese en emosionele veranderinge. Homoseksueel: Dit is mense wat seksueel aangetrokke is tot die dieselfde geslag. Heteroseksueel: Dit is mense wat seksueel aangetrokke is tot die teenoorgestelde geslag. 1.2.2
Begrip vir die veranderinge en hoe dit verhoudings beïnvloed
Die fisiese en emosionele veranderinge wat in jou liggaam plaasvind is nie net beperk tot jou nie. Dit gebeur ook met jou maats en daarom moet jy begrip hê vir hulle ook. Dit is nie net jy wat soms baie goed voel en dan weer ewe skielik hartseer en omgekrap voel nie. Jou vriende of vriendinne gaan ook daardeur. Julle moet begrip en deernis met mekaar hê. Jy kan dus nou insien hoe al die veranderinge jou verhouding met jou vriende kan verander of beïnvloed. Enige twee persone hanteer puberteit verskillend. Dit kan gebeur dat jy van jou vriende verloor en soms nuwe vriende kry. Die veranderinge in jou liggaam en gevoelens verander ook die verhouding wat jy met jouself het. Jy gaan dalk nie altyd verstaan hoekom jy in sekere situasies op sekere maniere reageer en optree nie. Jy moet baie geduld met jouself hê en verstaan dat hierdie veranderinge intree om jou by volwassenheid te bring. As jy jou eie seksualiteit verstaan en bewus is van die veranderende emosies binne jou, sal jy ook jou ouers se optrede verstaan. Dit kan bydrae tot ’n positiewe en opbouende verhouding waarin jou ouers jou ook sal respekteer. KERNINHOUD Die kerninhoud van die les gaan oor die proses van puberteit en hoe dit bydra tot ’n geslagsidentiteit. Hoekom is dit belangrik om te leer van puberteit en seksualiteit? Dit is belangrik om te leer van seksualiteit sodat jy jouself en jou maats om jou kan 15
© Impaq
1
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
verstaan. Dit gee jou selfvertroue as jy weet wat met jou liggaam gebeur en dit help jou om jou gevoelens beter te verstaan. Jy weet dan dat jy nie alleen deur dit gaan nie. Dit help jou om liefdevolle en positiewe verhoudings te bou met die mense naaste aan jou. As jy jou eie seksualiteit verstaan is dit makliker om vir jouself waardes en norms daar te stel en jouself te respekteer. Jy hoef nie altyd saam te stem met jou maats se opinie ten opsigte van seks nie. Jy moet ook gemaklik voel om “nee” te sê vir enigiets wat nie binne jou waardesisteem val nie. Dit maak jou bewus van die probleem van seksuele misbruik en kan jy situasies herken waarin jy nie gemaklik voel nie. Ons leer om te aanvaar dat daar mense is wat ander seksuele waardes en neigings as ons het. Die wyse waarop jy dus begrip toon aan alle persone om jou, hetsy jou vriende of familie sal julle verhouding direk beïnvloed. As jy jou vriende positief ondersteun sal jul ’n sterk verhouding bou. Waak daarteen om elke slegte bui te gebruik om ander mense seer te maak. 1.2.3
Respek vir eie en ander se liggaamsveranderinge en emosies en waardering en aanvaarding van self en ander
Tydens puberteit ontwikkel seksuele gevoelens by elkeen van ons. Dit is ’n normale proses. Seksualiteit moet egter verantwoordelik hanteer word en dit moet ons aanleer. Dit is dus ook normaal dat nie almal dieselfde tipe seksualiteit sal hê nie. Persone se seksualiteit word deur verskeie faktore beïnvloed, soos in 1.2.1 bespreek is. Baie jong mense wat nie goeie rolmodelle in hul lewens het nie, kry soms inligting op verkeerde plekke. Dit kan advertensies, TV of vriende wees. Hierdie bronne dra nie altyd die korrekte boodskap oor ten opsigte van seksualiteit nie. Die norm van seksualiteit is dat ’n persoon aangetrokke is tot die teenoorgestelde geslag, met ander woorde heteroseksueel. Daar is egter mense wat seksueel aangetrokke voel tot dieselfde geslag en ons noem hul homoseksueel. In vandag se samelewing kom dit baie meer voor as voorheen. Al stem ons nie saam in alle gevalle nie, is dit belangrik om ander mense se “andersheid” te respekteer. Ons moet eerstens onsself waardeer en aanvaar. Daarna moet ons ook besef dat mense soms anders as ons sal wees en daarom ook hul waardeer en aanvaar vir die persoon wat hul is.
© Impaq
16
Handleiding G07 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
VIR DIE NUUSKIERIGES Maak artikels uit tydskrifte of koerante en advertensies bymekaar. Bestudeer dit en kyk in hoeveel gevalle word seksualiteit gebruik om iets te bemark en te verkoop. Maak ’n lys in jou werkboek van die metodes wat gebruik word, bv. die soort kleredrag of die bewoording. Beantwoord dan die volgende vrae daaroor: 1. Stem jy saam met die boodskap wat oorgedra word? 2. Dink jy dit word op ’n positiewe of negatiewe wyse oorgedra? 3. As jy die grafiese kunstenaar van die advertensie was, hoe sou jy te werk gegaan het om die produk te adverteer? 4. Dink jy dit is opbouend van adverteerders om jongmense se seksualiteit uit te buit in die media? AKTIWITEIT 2 Ons het in les 2 gepraat oor hoe daar sekere faktore is wat jou seksualiteit beïnvloed. Kyk na die onderstaande punte en bespreek by elkeen kortliks jou eie opinie van hoe dit jou seksualiteit beïnvloed. 1. 2. 3. 4. 5.
Jou vriende en gesin Die media Jou kultuur en die gemeenskap waarin jy leef Die mense wat betrokke is by jou akademiese opvoeding Jou geloof
Die totale opdrag tel 15 punte. Gee dus by elke onderwerp drie geldige redes hoekom jy sê dat dit jou beïnvloed. [15]
17
© Impaq