Gr 7-Skeppende Kunste-Fasiliteerdersgids

Page 1

Í2’È-A-CRA-FG01NÎ

1

8

0

7

-

A

-

C

R

A

-

F

G

0

1

SKEPPENDE KUNSTE FASILITEERDERSGIDS

Graad 7

A member of the FUTURELEARN group


Skeppende Kunste Fasiliteerdersgids

1807-A-CRA-FG01

Í2’È-A-CRA-FG01NÎ

Graad 7

Aangepas vir KABV

LM van der Walt


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .........................................................................................................3 ROOSTER EN TYDSBESTUUR ................................................................................5 ASSESSERINGSVEREISTES ...................................................................................6 VOORWOORD ...........................................................................................................8 JAARPLAN ................................................................................................................9 EENHEID 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D ..10 DRAMA ................................................................................................11 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling (2,5 ure) ............11 AKTIWITEIT 1: .............................................................. 14 Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) ................14 AKTIWITEIT 2: .............................................................. 19 Onderwerp 5: Loopbane in drama (1 uur) ............................................19 AKTIWITEIT 3: .............................................................. 20 VISUELE KUNS...................................................................................20 Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure) .........................................................20 AKTIWITEIT 4: .............................................................. 21 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (2 ure) .........................................22 AKTIWITEIT 5: .............................................................. 23 Onderwerp 2: Skep in 3D (3 ure) .........................................................24 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid (1 uur) .........................................26 Onderwerp 2: Skep in 3D (2 uur) .........................................................27 EENHEID 2: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D .............28 DRAMA ................................................................................................30 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling ...........................30 AKTIWITEIT 9: .............................................................. 30 Onderwerp 3: Interpretasie en uitvoering van ‘n dramatiese vorm ......31 AKTIWITEIT 10: ............................................................ 34 Onderwerp 5: Loopbane (1 uur)...........................................................36 AKTIWITEIT 11: ............................................................ 36 VISUELE KUNS...................................................................................37 Onderwerp 1: Skep in 2D: Stillewes (3 ure) .........................................37 AKTIWITEIT 12: ............................................................ 37 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid.....................................................38 AKTIWITEIT 13: ............................................................ 38 AKTIWITEIT 14: ............................................................ 41 EENHEID 3: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D ..42 DRAMA ................................................................................................44 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling ...........................44 Onderwerp 2: Dramaelemente in toneelskepping (6,5 ure) .................44 AKTIWITEIT 15: ............................................................ 45 Onderwerp 5: Loopbane (1 uur)...........................................................46 1

© Impaq


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

AKTIWITEIT 16: ............................................................ 46 VISUELE KUNS...................................................................................47 Onderwerp 2: Skep in 3D ....................................................................47 AKTIWITEIT 17: ............................................................ 47 Onderwerp 3: Visuele geletterdheid.....................................................49 AKTIWITEIT 18: ............................................................ 50 Onderwerp 1: Skep in 2 D ...................................................................51 AKTIWITEIT 19: ............................................................ 51 Onderwerp 1: Skep in 2D ....................................................................52 AKTIWITEIT 20: ............................................................ 52 EENHEID 4: Interpretasies en uitvoer van dramatiese vorms en skepping in 2D en 3D ........................................................................................................53 DRAMA ................................................................................................53 Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling (2,5 ure) ............53 Onderwerp 3: Interpretasie en uitvoering van ’n dramatiese vorm: volksverhale (6,5 ure) .....................................................54 AKTIWITEIT 21: ............................................................ 54 Onderwerp 5: Loopbane ......................................................................55 VISUELE KUNS...................................................................................56 Onderwerp 1: Skep in 2D: Figuurtekening ...........................................56 AKTIWITEIT 22: ............................................................ 57 Onderwerp 2: Skep in 3D ....................................................................59 AKTIWITEIT 23: ............................................................ 60 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .........................................................................61

© Impaq

2


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

JAARPLAN KWARTAAL 1

LES

DATUM BEGIN

DATUM VOLTOOI

1 Opwarmingsroetine 2 Stemontwikkeling 3 Fisiese ontwikkeling 4 Toneelskepping 5 Loopbane 6 Teken en skilder media 7 Kunste as erfenis 8 Gebruik van herwinbare materiale 9 Kommunikasie deur simbole 10 Modellering van erdeware

2

11 Opwarmingsroetine 12 Tradisionele volksverhale 13 Loopbane in drama 14 Etstegnieke 15 Stillewes 16 Plaaslike kunsvlyt

3

17 Opwarmingsoefeninge 18 Kulturele drama 19 Loopbane in drama 20 Patroonmaak 21 Argitektuur 22 Collage/Plakskildery 23 Waarnemingstegnieke

4

24 Opwarmingsoefeninge 25 Storievertelling 26 Loopbane in verwante velde 27 Figuurtekening 28 Herwinbare materiaal in kuns

9

Š Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

EENHEID 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:  Drama opwarmingstegnieke kan bemeester.  ’n Toneel kan skep en opvoer.  Loopbane in die vermaaklikheidsbedryf kan identifiseer.  Die inhoud, konsep en vaardighede van teken en skilder

verstaan.  Kunselemente en ontwerpelemente in kunswerke kan

gebruik.  Kunste as erfenis kan bespreek.  Respek en waardes vir kunsvlyt ontwikkel.  Kunswerke in 2D en 3D kan skep.

INLEIDING Drama en Visuele Kunste word in verskillende onderwerpe verdeel. Elke onderwerp word in ’n verskillende les ontwikkel. Die tyd wat per kwartaal vereis word per les (onderwerp) word ook aangedui. Leerders kan dus nou self bepaal hoe hulle die werk vir die kwartaal wil verdeel. Die eerste onderwerp in drama is die opwarmingsroetine. Dit is belangrik dat leerders elke week 15 minute daaraan spandeer, voordat daar met die dramales begin word. Dit help leerders om te fokus en te ontspan. Die werk is duidelik verdeel: Die eerste lesse is Drama en die tweede deel van die lesse is Visuele Kunste. Dit is die keuse van fasiliteerders en leerders watter afdeling eerste © Impaq

10


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

gedoen word. Dit is wat die Skeppende Kunste so lekker maak – leerders en fasiliteerders besluit self watter werk wanneer gedoen gaan word! BELANGRIKE TERMINOLOGIE Alle nuwe terminologie is in die DEFINIEER blokkie aangedui. Die fasiliteerder kan dit bestudeer voordat die les aan leerders verduidelik word. Dit help die fasiliteerder in die voorbereiding van die lesse.

DRAMA Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling (2,5 ure) Voorgestelde hulpbronne: Drom of tamboeryn en die studiegids. Spandeer 15 minute per week aan die onderwerp.

1.1 Les 1: Die opwarmingsroetine Geen aktiwiteite vir die les nie.

2.1 Les 2: Stemontwikkeling Geen aktiwiteite vir die les nie.

3.1 Les 3: Fisiese ontwikkeling VIR DIE NUUSKIERIGES: Leerders moet dansroetines en opwarmingsoefeninge gaan navors. Ek het die volgende oefeninge geneem uit die Gr 7 Handleiding van 2013. Fasiliteerders kan gerus saam met leerders daardeur gaan. Rugoefeninge:

11

Š Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

Š Impaq

12


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

13

1

Š Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

AKTIWITEIT 1: Die opdrag tel nie punte vir assessering nie. Dit is belangrik dat die fasiliteerder kan sien dat leerders ’n opwarming op papier beplan het (in die werkboek). Die fasiliteerder moet daarop let en seker maak dat leerders die volgende aspekte in die speletjie geïnkorporeer het: -

Ontspanningsoefeninge – om net die liggaam eers los te maak en te ontspan. Asemhalingsoefeninge – help om asemhaling te reguleer en rustig te kry. Artikulasie-oefeninge – spreek woorde duidelik en hard uit. Kan dit doen, terwyl die leerder die fisiese opwarming doen. Spieëlwerk/nabootsing – een persoon boots ander persoon se bewegings na. Lei en volgbewegings – een persoon lei die bewegings en die ander volg die bewegings.

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure) Voorgestelde hulpbronne: Prente, koerantartikels van verskeie temas as stimulus in toneelskepping. Wenk aan fasiliteerder: Fokus op die kwessie van kindermishandeling. Laat leerders soveel moontlike inligting oor die onderwerp versamel.

4.1 Les 4: Toneelskepping en kritiese besinning VIR DIE NUUSKIERIGES: Leerders kan ’n resensie in ’n tydskrif gaan soek. Die Huisgenoot het baie goeie resensies. Ek gee aan die fasiliteerder die volgende voorbeeld van ‘n resensie, asook ‘n voorbeeld van hoe dit dan verwerk word tot ‘n verslag. Dit dien net as riglyn vir die fasiliteerder. Nadat leerders hul eie resensie gedoen het, bespreek dit met die hulle en vergelyk die twee resensies met mekaar. © Impaq

14


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Verraaiers: Nuwe, opwindende Afrikaanse fliek! Deur Marida Fitzpatrick, SARIE Maart 2012

Foto’s: Phyllis Green Galery

‘n Splinternuwe Afrikaanse fliek oor die Anglo-Boereoorlog (ABO) is oppad. Verraaiers, met groot name soos Gys de Villiers en Rika Sennett in die hoofrolle, begin na verwagting volgende jaar Februarie draai. SARIE het die stel in die laaste week van verfilming besoek. Dit is in die veld op ’n plaas anderkant Bronkhorstspruit buite Pretoria en dit het kompleet gelyk of ons meer as ‘n eeu teruggegaan het in tyd. Die storie speel in 1901 af en oral was vroue in swaar Victoriaanse rokke en Voortrekkerkappies, en mans met veldhoede en Mausers oor die skouer. Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ‘n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg. Sy vrou, Gerda van Aswegen (Rika Sennett), beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

15

© Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

Rika Sennett speel die rol van Gerda van Aswegen, Gys se vrou in die fliek.

Gys de Villiers in die rol van kommandant Jakobus van Aswegen. “Ek dink die fliek gaan baie omstrede wees,” sê Sallas de Jager, draaiboekskrywer. “Dis nog ‘n rou deel van ons geskiedenis.” Hy het sy inspirasie vir die storie in die boek Boereverraaier deur Albert Blake gekry, maar die draaiboek is nie volledig op dié ware verhaal gebaseer nie. “Dis sowat 50 persent fiksie en 50 persent feite.” "Dit was ‘n groot uitdaging om te sorg dat die stel en die kostuums getrou is aan die tyd," sê Waldemar Coetzee, kunsregisseur. “Ons het gaan kers opsteek by historici, deur baie ou foto’s van die Anglo-Boereoorlog gegaan en ook museums besoek.” Benewens die stel van die Van Aswegen-gesin se plaas (waar die SARIE-span was), het hulle ook ‘n dorp om die Willem Prinsloo-landboumuseum buite Rayton, oos van Pretoria, gebou. © Impaq

16


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

1

Marlé Trotsky, kostuum-ontwerper, het ook museums besoek en na foto’s gekyk om navorsing te doen oor presies hoe die vroue daai tyd gelyk en aangetrek het. “Die klere is donker en swaar,” sê sy. Die grootste deel van die Verraaiers-span het ook aan die 2011-kunsrolprent Roepman gewerk, wat baie goed ontvang is. “Hierdie keer is die standaard van die produksie in ‘n nuwe liga,” sê Sallas. “Ons hoop op ‘n Oscar.” (Geneem uit: www.sarie.com) Resensievraelys sal as volg lyk: (Ek sit die antwoorde ook sommer by!) 1. Wat is die titel van die film? Verraaiers 2. Wie is die skrywer? Dit is gebaseer op die boek van Albert Blake en is verwerk deur die draaiboekskrywer Sallas de Jager. 3. In watter tydperk en watter plek speel die verhaal af? Dit speel af tydens die Anglo-Boereoorlog in 1901. Dit speel af op ’n plaas. Die stel is gebou op ’n plaas buite Bronkhorstspruit. 4. Wie is die hoofkarakters en watter akteurs speel die rolle? Jakobus en Gerda van Aswegen is die karakters. Die akteurs is Gys de Villiers en Rika Sennett.

17

© Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

5. Wat is die storielyn van die film? Jakobus van Aswegen besluit tydens die oorlog om na sy plaas en gesin terug te keer en nie teen die Engelse te veg nie. Dit is vir sy familie ’n groot skande en hy word tot Verraaier gemaak. 6. Kan die gehoor met die karakters identifiseer? Definitief, want dit is deel van ons geskiedenis. Die tipe gebeure het werklik plaasgevind. 7. Dink jy die film is effektief bemark? Ja. Daar is baie media-onderhoude gevoer en wye blootstelling aan die film gegee. 8. Dink jy die kostuums, rekwisiete, musiek en beligting pas by die film se storielyn? Ja, alles is so aangepas dat dit by die era van 1901 inpas. Die mans en vroue se kostuums is soos daardie tydperk se kleredrag gemaak. Dit speel op ’n plaas af, waar die stel ook so gebou is om daardie tydperk na te boots. 9. Gee ’n kort opsomming van die fliek (leerder gee eie opinie en kritiek).

© Impaq

18


Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

1

Eenheid

AKTIWITEIT 2: Die aktiwiteit tel vir assessering. Leerders skryf ’n toneelstuk oor hul gekose tema (moet ’n huidige sosiale kwessie wees). Lees leerders se stukke noukeurig deur en gebruik die volgende tabel om punte toe te ken. 1 SWAK

2 GOED

3 BAIE GOED

4 UITSTEKEND

1) Gekose tema is relevant 2) Duidelike beskrywing van wat/waar/ wie/waarom/ wanneer 3) Het ’n duidelike begin, middel en einde 4) Dialoog is relevant en is op leerling se ontwikkelings vlak 5) Die gehoor identifiseer met die karakters [20] [20/2 = 10 punte]

Onderwerp 5: Loopbane in drama (1 uur) 5.1 Les 5: Verken loopbane in die vermaaklikheidsbedryf VIR DIE NUUSKIERIGES: Moontlike beroepe om na te vors: Stemoorklankkunstenaar Animasiekunstenaar Balletdanser Klankingenieur Beligtingspesialis

19

© Impaq


1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Skeppende Kunste

Eenheid

AKTIWITEIT 3: Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie. Leerders moet ’n kunstenaar kies en sal daardie kunstenaar deeglik navors. Help hulle hiermee. Nadat leerders die vrae beantwoord het, moet die fasiliteerder dit saam met hulle deurgaan. Gebruik die beantwoording van die vrae om met leerders ’n gesprek te voer oor die belangrikheid van rolmodelle. Leerders kyk op na die kunstenaar, bespreek die redes met hulle. Leerders moet insig toon in die belangrikheid van goeie en positiewe rolmodelle.

VISUELE KUNS Voorgestelde hulpbronne: Visuele stimuli vir tekeninge. (Gaan ’n stillewe skep) Materiale benodig: Potlood, houtskool, waskryt, tekenpotlode.

Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure) 6.1 Les 6: Teken en skilder: media en tegnieke Leerders doen ’n addisionele oefening in die studiegids, nadat al die media en tegnieke behandel is. Dit is ’n lynskets. Hulle kan dit binne die gegewe blok doen in die gids of op ’n A4 papier en in hul leêr plaas. Daar is ’n voorbeeld van so ’n skets op die daaropvolgende bladsy.

VIR DIE NUUSKIERIGES: Leerders bestudeer die skets en skryf dan kort aantekeninge oor die gebruik van die verskillende elemente. Die onderstaande is net ‘n riglyn vir die fasiliteerder: -

-

© Impaq

Lyn – kunstenaar gebruik golwende lyne: dit skep ‘n gevoel van onrustigheid. Kleur – die kunstenaar kombineer donker en ligte kleure. Dit skep ‘n kontras. Vorm – die kunswerk het nie ‘n bepalende vorm nie. Dit is a-simmetries geskep. Ruimte – die kunstenaar benut die ruimte goed binne die kunswerk. Die kunswerk skep ‘n vloeiende geheelbeeld. Tekstuur – omrede ons nie aan die kunswerk kan voel nie, kan ons nie die tekstuur bepaal nie. Kunstenaar gebruik in baie gevalle ’n metode waar hulle die verflae baie dik aanwend om ’n visuele tekstuur te skep. Intensiteit – ek ondervind die golwe as intens-dreigend en donker.

20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.