Í2’È-A-SOS-SG01;Î
1
8
0
7
-
A
-
S
O
S
-
S
G
0
1
SOSIALE WETENSKAPPE HANDLEIDING: GESKIEDENIS
Graad 7
A member of the FUTURELEARN group
Sosiale Wetenskappe Handleiding: Geskiedenis
1807-A-SOS-SG01
Í2’È-A-SOS-SG01;Î
Graad 7
Aangepas vir KABV
T van Vollenhoven
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARPLAN ........................................................................................................................ 7 EENHEID 1: Die Mali-ryk en die stad Timboektoe ........................................................... 9 1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn .............................................................. 11 AKTIWITEIT 1 ........................................................................................ 16 1.2. Les 2: Die Mali-ryk ............................................................................................ 16 AKTIWITEIT 2 ........................................................................................ 20 1.3. Les 3: Die stad Timboektoe .............................................................................. 20 1.4. Les 4: Timboektoe as handelsentrum op die Trans-Sahara-karavaanroete...... 22 1.5. Les 5: Timboektoe as opvoedkundige sentrum ................................................. 24 AKTIWITEIT 3 ........................................................................................ 25 EENHEID 2: Transatlantiese slawehandel ..................................................................... 27 2.1. Les 6: Wes-Afrika voor die Europese slawehandel ........................................... 28 AKTIWITEIT 4 ........................................................................................ 31 2.2. Les 7: Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die koms van Europeërs ...... 32 AKTIWITEIT 5 ........................................................................................ 34 2.3. Les 8: Slawerny in die suide van Amerika ......................................................... 35 AKTIWITEIT 6 ........................................................................................ 43 2.4. Les 9: Die impak van die Transatlantiese slawehandel op slawe ..................... 44 AKTIWITEIT 7 ........................................................................................ 51 2.5. Les 10: Die impak van die Transatlantiese slawehandel op die ekonomieë van Wes-Afrika, die VSA en Brittanje ............................................................ 51 AKTIWITEIT 8 ........................................................................................ 56 EENHEID 3: Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu .................................. 58 3.1. Les 11: Inleiding ................................................................................................. 59 3.2. Les 12: Hersiening van graad 6.......................................................................... 61 AKTIWITEIT 9 ........................................................................................ 65 3.3. Les 13: Nederlandse nedersetting ...................................................................... 67 AKTIWITEIT 10 ...................................................................................... 69 3.4. Les 14: Vryburgers, immigrasie van die Nederlanders en Franse Hugenote na die Kaap ................................................................................................. 75 AKTIWITEIT 11 ...................................................................................... 79 EENHEID 4: Samewerking en konflik op die grens van die Kaapkolonie in die vroeë 19de eeu ...................................................................................................... 84 4.1. Les 15: Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van die Europese nedersettings ......................................................................... 86 AKTIWITEIT 12 ...................................................................................... 90 4.2. Les 16: Die oostelike grens van die Europese nedersettings ............................. 92 AKTIWITEIT 13 ...................................................................................... 98 4.3. Les 17: Die noordelike grens van die Europese nedersettings ........................ 100 AKTIWITEIT 14 .................................................................................... 107 © Impaq
1
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
JAARPLAN EENHEID/ KWARTAAL 1 1 2 3 4 5 2
6 7 8 9 10
3
11 12 13 14
4
15
16 17
© Impaq
DATUM BEGIN
LES Handel oor die Saharawoestyn Die Mali-ryk Die stad Timboektoe Timboektoe as handelsentrum op die Trans-Sahara-karavaanroetes Timboektoe as opvoedkundige sentrum Wes-Afrika voor die Europese slawehandel Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die Europeërs Slawerny in die suide van Amerika Die impak van die Transatlantiese slawehandel op slawe Die impak van die Transatlantiese slawehandel op die ekonomieë van Wes-Afrika, Amerika en Brittanje Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu: Inleiding Hersiening van graad 6 Nederlandse nedersetting Vryburgers, immigrasie van die Nederlanders en Franse Hugenote na die Kaap Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van die Europese nedersetting Die oostelike grens van Europese nedersettings Die noordelike grens van Europese nedersettings
7
DATUM VOLTOOI
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
EENHEID 1: Die Mali-ryk en die 1
stad Timboektoe LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
Om begrip te toon vir die belangrikheid van erfenis en bewaring. Om te verduidelik hoe en waarom mense en gebeure in ʼn gemeenskap, dorp of stad, provinsie en die land op ʼn openbare wyse herdenk moet word. Ook ondersoek kan instel oor hoe mense en gebeure uit die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.
INLEIDING In hierdie eenheid gaan ons kyk na Afrika-ryke, handel en die invloed wat dit op SuidAfrika uitgeoefen het. In graad 6 het jy geleer oor die koninkryke in Suider-Afrika, naamlik Mapungubwe en Groot Zimbabwe. Mapungubwe, as die eerste bekende koninkryk in Suider-Afrika, het in die Limpopo-vallei ontstaan. Die beskawing het sy hoogtepunt tussen 1220 en 1300 bereik, waarna dit geleidelik agteruitgegaan het. Die belangrikheid van Mapungubwe was dat dit die eerste nedersetting was wat ʼn duidelike klasseverskil tussen die heersers en die werkers getoon het. Mapungubwe was ook ʼn belangrike handelsentrum in Suider-Afrika. Handel in goud, ivoor, skilpaddoppe, yster, beeste en slawe in ruil vir glaskrale, porselein en materiaal van die Ooste het onder meer die rykdom van die ryk gevorm. Die inheemse bewoners van Mapungubwe het waarskynlik handelgedryf met Indië en China deur middel van die Moslemhandelaars, wat handel aan die ooskus van Afrika tot so ver suid as Sofala (naby die hedendaagse Beira, Mosambiek) beheer het. Vanaf 1270 het ʼn ander ryk, wat Mapungubwe uiteindelik sou vervang, na vore begin tree, naamlik Groot Zimbabwe. Groot Zimbabwe het geleidelik die middelpunt van die handel in Suider-Afrika geword en tot die val van Mapungubwe gelei. Groot Zimbabwe was waarskynlik in direkte kontak met die handelstede aan die ooskus van Afrika. Goud het hier, net soos in Mapungubwe, ʼn belangrike rol in die handel en die opbloei van die stad gespeel. Namate die Portugese die beheer van die Swahili-stadstate langs die ooskus van Afrika van die Moslemhandelaars oorgeneem het, het die stadstate begin kwyn, asook die handel met die binneland. Groot Zimbabwe is ook hierdeur geraak.
© Impaq
9
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Benewens die suidelike state in Afrika was daar ook ander ryke in Wes-Afrika wat direk 1 deur handel geraak is. Handel in Wes-Afrika was hoofsaaklik goud- en soutgedrewe. Goud is in Wes-Afrika ontgin, aangesien dit ʼn belangrike metaal vir die Westerse en die Arabiese nasies was. Die goud is dan vir sout verruil, wat weer ʼn skaars en waardevolle kommoditeit in WesAfrika was. Slawehandel het ook ʼn groot rol gespeel en slawe is deur baie eeue heen in vroeë Europa en Asië gebruik. Van omstreeks 700 tot 1500 n.C. (HJ) het ʼn aantal magtige ryke in Wes-Afrika ontwikkel. Drie van dié ryke was Ghana, Mali en Songhai. Hulle was magtig omdat hulle die handel in goud en sout regoor die Sahara-woestyn beheer het. Soos met handel langs die ooskus van Afrika het die Arabiere ook hier ʼn groot rol gespeel. Hulle het regoor die Sahara handelgedryf en ook hier Islam versprei. Dit kan veral in die argitektuur en die regeringstyl van die gebied gesien word. Die handel het oor land geskied aangesien die riviere te veel watervalle gehad het en die kuslyn baie rotsagtig was.
Antieke kaart van Afrika
Basislynassessering Beantwoord die volgende vrae volledig (in volsinne): 1. Noem een kommoditeit waarmee daar langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika handelgedryf is. 2. Watter godsdiens is deur die Arabiere versprei? Waaraan kan dit gesien word? 3. Stel ʼn tydlyn op waarop die datums en die ontstaan van die bespreekte ryke in Suider- en Wes-Afrika aangedui word. 4. Waarom dink jy was goud so ʼn belangrike metaal vir handel? (Doen navorsing indien nodig.)
© Impaq
10
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
BELANGRIKE TERMINOLOGIE ʼn Groep kamele word ʼn karavaan genoem. Kourieskulpe is as geld gebruik. Kommoditeit beteken item. v.C. is voor Christus se geboorte. VHJ staan vir Voor Huidige Jaartelling en is ʼn meer moderne term in die geskiedenis om na die tydperk voor Christus te verwys. n.C. is ná Christus se geboorte. HJ is die meer moderne term in geskiedenis om na die tydperk ná Christus se geboorte te verwys, en staan vir Huidige Jaartelling.
1
1
Die leerstof wat in die eerste eenheid aangebied word, gaan hoofsaaklik oor Afrika-ryke wat ʼn hoë beskawingspeil gehandhaaf het voor, gedurende en ná die Middeleeue. Die inhoud hiervan is so omvattend dat alles nie in die studiemateriaal opgeteken kan word nie. Dit is net nie moontlik om die opeenvolging van die ryke en die invloed wat hulle op mekaar en hulle buurryke gehad het, te omskryf nie. Dit is daarom belangrik dat jy en die fasiliteerder wyer sal lees as net die inligting wat hier verskaf word. Lees veral oor die ryke van Ghana, Songhai, Marokko en die Franse heerskappy oor Mali, wat hier in meer detail behandel is. Hierdie voorkennis is veral nodig om die betrekkinge wat die regering met veral Nigerië sluit, beter te verstaan. Skenk ook aandag aan die verarming van die Afrikastate as gevolg van kolonisasie en die agteruitgang van geletterdheid as gevolg daarvan. 1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn 1.1.1 Kameelkaravane as ’n vervoermiddel DEFINIEER ’n Kameelkaravaan is ʼn groep kamele wat agter mekaar loop en goedere of mense vervoer. Middelman is wanneer handel nie direk plaasvind nie, maar deur middel van ʼn tussenganger. Nomades is groepe mense wat rondtrek agter kos en water aan en dus nie op een plek bly nie.
© Impaq
11
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
1 Kameelkaravane het oor die eeue heen mense en goedere deur die Sahara-woestyn vervoer. Dit is die vermoë van die kameel om moeilike toestande te trotseer wat die dier uiters geskik maak vir die woestyntoestande, en daarom is dit gebruik in die kommunikasie en handel vanaf Noord-Afrika tot in Asië. Roetes met genoeg kos en water is gekies sodat mens en dier kon oorleef. Handelskaravaan
Die togte deur die woestyn was veeleisend, gevaarlik en stadig. Dit was veeleisend omdat die gevaar bestaan het dat die reisigers kon verdwaal of van die honger en dors kon omkom. Verder is die reisigers ook baie op hulle togte deur rowers aangeval, wat bygedra het tot die gevaar van hierdie reise. Die gebruik van kamele het handel deur die woestyn moontlik gemaak en verbindingsroetes tussen die verskillende handelsentra daargestel. Volgens Ibn Battuta kon van die karavane tot 1 000 tot 12 000 kamele sterk wees. Hoogsbetaalde Berbers het die karavane deur die onherbergsame woestyn gelei en beskerming gebied teen aanvalle van ander nomades. Kamele het die vermoë om die veranderinge in liggaamstemperatuur te weerstaan en sweet ook nie veel nie. Die vel van die kameel is ook spesiaal aangepas om die dier te beskerm teen die uiterste hittetoestande van die woestyn. Die kameel se mond, oë, bene en pote is so aangepas om beweging oor die woestynsand te vergemaklik, om elke druppel vog te behou en die oë teen sand te beskerm. 1.1.2 Handelsgoedere KERNINHOUD Die metode van handeldryf Die handelsprodukte Vervoer van goedere Islam se invloed
Verskeie handelsgoedere is vanaf Arabië en Noord-Afrika na Mali gebring en geruil. Die goedere het veral gesentreer rondom goud en sout. Die Mediterreense lande het ʼn tekort aan goud gehad en Mali ʼn tekort aan sout. Die Wes-Afrikaanse lande het veral slawe as soldate nodig gehad en het al vanaf die 10de eeu daarin handelgedryf. Mali het hoofsaaklik handelgedryf in goud en sout. Danksy die Mali-ryk het die stede aan die Nigerrivier vooruitgegaan en ryk en magtig geword. Dié stede het Gao, Djenné en Timboektoe ingesluit. © Impaq
12
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
Goedere soos tekstiel, sy, keramiek, krale, ornamentele wapens en gebruiksartikels is deur die Moslemhandelaars met kameelkaravane vanuit Noord-Afrika na Wes-Afrika gestuur. In stede soos Timboektoe en Gao is die goedere dan verruil vir goud, ivoor, ebbehout, kolaneute (dit bevat kafeïen) en slawe. Van daar is die handelsgoedere verder na Europa versprei. Ivoor van Afrika was in groot aanvraag, aangesien dit sagter is om te kerf as ivoor vanaf Indië. Slawe was aanvanklik veral in aanvraag deur die Arabiere en Berbers as bediendes, soldate en landbou-arbeiders. Die nomades in die woestyn het weer hulle gidsdienste, vleis en sout verruil vir materiaal, goud, slawe en graan.
1
Die hoofhandelsentra in Wes-Afrika
Tydens die ontdekkingsreise van Portugal is daar “feitorias” (Portugees vir handelspos) al langs die wes- en ooskuste van Afrika tot in Suidoos-Asië gestig. Die “feitorias” was versterkte vestings, gebou om die plaaslike handel te monopoliseer en te sentraliseer. Die vestings het terselfdertyd gedien as die mark, stoorplek en doeane. Die eerste “feitorias” is in 1445 deur Prins Hendrik die Seevaarder op die eiland Arguin naby Mauritanië gevestig. Die idee was om die Moslemhandelaars te lok en die handel op die Noord-Afrika-roetes te monopoliseer. Portugal was veral geïnteresseerd in die goud wat van Guinee afkomstig was. Die ryk Europeërs was ʼn groter aantrekkingskrag vir Wes-Afrika se handel, wat veroorsaak het dat Noord-Afrika polities en ekonomies daaronder gely het.
Handelsroetes in Wes- en Noord-Afrika
© Impaq
13
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1.1.3 Die verspreiding van Islam oor Noord- en Wes-Afrika
1
1
VIR DIE NUUSKIERIGES Maak ʼn plakkaat waarin ses feite uitgebeeld word waarom ʼn kameel so geskik is as vervoermiddel in die Sahara-woestyn. Gee aandag aan: i. Water ii. Kos iii. Aanpasbaarheid om oor sand te beweeg iv. Sandstorms v. Vervoer van goedere vi. Aanpassing by temperatuuruiterstes As gevolg van handel het die Berbers met Islam in aanraking gekom. Mali was ʼn Moslemryk en handeldryf het die verspreiding van Islam moontlik gemaak. Die Arabiese geskiedenisskrywers en die geskiedenisskrywers van Afrika het in hulle dokumente verwys na die ryke in Wes-Afrika, en spesifiek na die verskillende handelsroetes, asook ekonomies suksesvolle ryke soos Ghana. In Ghana was die vertalers en tesouriers aanhangers van Islam. Die ministers was goed geleerd en kon alle gebeure in Arabies opteken. Hulle kon ook namens die keiser met ander heersers korrespondeer. Moslems in ʼn regering van ʼn ryk was uit die aard van die saak ook deel van die groter politieke stelsel van Islam en gevolglik kon hulle ook internasionale betrekkinge bevorder. Dit het die Moslems in staat gestel om groot politieke mag te bekom en het hulle gevolglik ook invloedryk gemaak. Soos wat die handelsentrums op die handelsroetes bekend geraak het, het Islam versprei en het dieselfde stede ook bekendheid verwerf as die sentra van geleerdheid in die beskawing. Nuwe idees het ontwikkel as gevolg van die kontak tussen die verskillende handelaars van die verskillende lande en streke. Islam is sedert die 13de eeu teenwoordig in Mali, tydens die heerskappy van Sundiata Keita, die stigter van die ryk. Die mees invloedryke Moslemleier was egter Mansa Musa, en hy word algemeen beskou as die argitek van die ryk.
© Impaq
14
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
1
Die Universiteit van Timboektoe
Die verspreiding van Islam het uiters vreedsaam verloop. Dit het veroorsaak dat internasionale betrekkinge bewerkstellig en bevorder is, geleenthede tot geleerdheid gebied is en argitektuur en regeringstelsels ook positief beĂŻnvloed is. Gevolglik het die plaaslike inwoners geweldig voordeel hieruit getrek. Die geloof was ook meer tegemoetkomend teenoor die plaaslike inwoners se gelowe as Christenskap. Benewens die skriftelike godsdiens wat nou beoefen is, was die Arabiese aardrykskundige kennis van die wĂŞreld die mees gevorderde in daardie stadium en die inwoners het toegang tot universiteite gehad. Die verspreiding van Christenskap is soms met geweld op die plaaslike inwoners afgedwing, soos die geval met die kolonisasie van Mali deur Frankryk. Universiteite en moskees is binne die eerste jaar van Franse oorheersing vernietig en die plaaslike inwoners is nie goed genoeg geag vir die Franse beskawingspeil nie. Die land het in armoede en ongeletterdheid verval. Die verspreiding van Islam was dus tot groot voordeel en vooruitgang vir Noord- en Wes-Afrika.
Š Impaq
15
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
AKTIWITEIT 1
1. 2. 3. 4. 5.
6.
1
1
Watter dier is uiters geskik vir die handelsroetes in die Saharawoestyn? (1) Verduidelik waarom die togte deur die woestyn so gevaarlik was. (6) Noem die handelsartikel wat skaars was in Mali. (1) Noem enige drie handelsgoedere wat vanaf Noord-Afrika na Wes-Afrika gebring is. (3) Vergelyk die verspreiding van Islam en Christenskap in Afrika met mekaar. Noem drie verskille en drie ooreenkomste. Maak van ’n Venn-diagram gebruik om die vraag te beantwoord. (6) Tot watter voordeel was Islam vir die Wes-Afrikane? (3) [20]
1.2. Les 2: Die Mali-ryk 1.2.1 Die hoogtepunt van Mali as magtige ryk onder Mansa Musa in die vroeë 13de eeu DEFINIEER Mansa beteken koning of keiser. Vasalstate: Afhanklike state of provinsies, met ander woorde wat nie onafhanklik regeer is nie en dienaars van die koning/keiser is. Mali was een van die provinsies in die Ghana-ryk. Teen 1300 het die Ghana-ryk tot ʼn val gekom en het die Mali-ryk in sy plek in Wes-Afrika tot stand gekom onder keiser Sundiata Keita. Hy was jonk, slim en het onmiddellik die handelsbetrekkinge met die buurstate herstel. Hy het die Mali-ryk uitgebrei deur beheer van die goud- en soutmyne te bekom. Die bekendste keiser (mansa) tydens die Mali-ryk was Musa I (1307 tot 1332). Hy, soos sy voorgangers, het die ryk verder uitgebrei en onder meer die stede Walata, Timboektoe en Gao bygevoeg. Mali was ʼn groter ryk as enige van sy gelyke in Europa. Mansa Musa was ʼn toegewyde Moslem wat ʼn liefde vir kennis en digkuns gehad het. Mansa Musa het die groot ryk in provinsies met hulle eie goewerneurs verdeel. Elke provinsie het dan ʼn aantal dorpies onder sy bestuur gehad en dié het elk op hulle beurt weer ʼn burgemeester gehad. Die burgemeesters en goewerneurs was verantwoordelik vir die bestuur van hulle individuele dorpies/provinsies en moes die kleiner sake intern hanteer. Dit het Mansa Musa en sy raadgewers in staat gestel om hulle aandag op die groter ryk as geheel toe te spits.
© Impaq
16
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
1
Mansa Musa se pelgrimstog
Onder sy heerskappy het die Mali-ryk besonder welvarend geraak en het die handel verdriedubbel. Totdat goud in die Amerikas ontdek is, was Mali die hoofverskaffer van goud aan die bekende wêreld van daardie tyd. Mansa Musa was ʼn bekeerling tot Islam en het pragtige moskees gebou. Volgens oorlewering het hy tydens sy pelgrimstog na Mekka soveel goud aan die armes uitgedeel dat die goudprys in Egipte geval het. Hy het ook belangrike sentrums vir geleerdheid in politiek, filosofie, astronomie, wiskunde en wetenskap opgerig, en onder sy leiding het die taal, kultuur en wette al langs die Nigerrivier versprei. Die Mali-ryk het uit ʼn aantal vasalstate bestaan wat die groter ryk gevorm het en het sy eie unieke beskawingspeil gehandhaaf. Die inwoners was vry om handel te dryf en te reis waar hulle wou en die staat het vreedsaam gefunksioneer. Gevolglik was die inwoners baie gelukkig. Volgens Ibn Battuta het die vroue vryheid geniet en nie gesluierd geloop soos die Moslemgebruik was nie, alhoewel hulle volgelinge van Islam was. Die inwoners van Mali was baie kreatief en intelligent. Hulle het baie hard werk en daar was nie armoede onder hulle nie. Mansa Musa het van sy rykdom met hulle gedeel en luukse items aan hulle uitgedeel. 1.2.2 Mansa Musa se pelgrimstog na Mekka KERNINHOUD Pelgrimstog na Mekka. Besoek ander state en lande. Bou handelsbetrekkinge. Stel Mali se rykdom ten toon. Noord-Afrika en Europa neem kennis van Mali. Maak kennis met ander kulture. © Impaq
17
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
1 Mansa Musa was ook bekend vir sy wêreldberoemde pelgrimstog na Mekka. Die tog het hy in 1324 begin en in 1326 afgesluit. Sy persoonlike wagte was volgens oorlewering 500 mans en die tog was 3 000 myl (amper 5 000 km) lank. Die groot geselskap het ongeloof ontlok sover as wat hulle gereis het. Die tog is met kamele aangepak. Voor die pelgrimstog was Mansa Musa nog nooit buite die grense van sy land nie. Nadat hy sy heerskappy goed gevestig het en sy land goeie welvaart en bestuur geniet het, het hy besluit dat die tyd aangebreek het vir sy pelgrimstog na Mekka, ʼn tog wat ten minste een keer in die leeftyd van elke toegewyde Moslem verwag word.
Dit was veral die manier waarop Mansa Musa geld en veral goud bestee het wat die mense beïndruk het. Hy het skynbaar soveel goud as aalmoese uitgedeel en produkte met goud aangekoop dat die goudwaarde vir die volgende twaalf jaar in die Nabye Ooste en Egipte gedaal het. Mansa Musa was verbaas oor die duur pryse vir produkte. Hy het toe besef dat die handelaars die pryse opgestoot het, omdat hulle besef het dat hy nie omgee om te bestee nie.
Mansa Musa omring deur sy soldate
Soveel geld is uitgegee dat Mansa Musa geld moes leen om sy terugtog na Mali aan te pak. Ná sy terugkeer het hy die lenings ruimhartig terugbetaal. Niemand het probeer om die Mali-ryk binne te val of in sy afwesigheid oor te neem nie. As ʼn voorsorgmaatreël het hy die invloedrykste mense van die land met hom op die tog saamgeneem en ʼn baie sterk weermag agtergelaat om die ryk op te pas. Die gevolg van die tog was verreikend. Geleerdes het na Mali gestroom en die Europeërs sowel as die Moslems in die wêreld het kennis geneem van Mali.
© Impaq
18
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1.2.3 Die Groot Moskee
1
1
VIR DIE NUUSKIERIGES Opdrag: Teken ʼn kaart wat die roete aandui wat Mansa Musa na Mekka en terug gevolg het. Verskaf ook die name van lande en stede daarop. Skryf ʼn paragraaf waarin jy die volgende bespreek: i. Hoeveel mense saamgegaan het. ii. Hoeveel kamele hy in sy karavaan gehad het. iii. Hoeveel goud hy saamgeneem het. iv. Hoekom hy juis Mekka toe gegaan het. v. Plak prentjies van Mansa Musa en Mekka. Ná sy terugkeer van sy pelgrimstog na Mekka het Mansa Musa groot bouprojekte aangepak. Hy het moskees en universiteite in Timboektoe en Gao gebou. Die bekendste hiervan is die Universiteit van Timboektoe (gebou in 1327). Die gebou is deur Abu Es Haq es Saheli, van Granada, Spanje, gebou. Hy is met 200 kilogram goud betaal. Dit staan vandag nog en word steeds jaarliks ná die reënseisoen opgeknap. Die meeste van die geboue bestaan uit grond, strooi, gras en hout, behalwe die minaret (toring) en die noordelike fasade wat uit kalkblokke gebou is.
Sankoré-moskee
Sankoré-madrassa
Die Sankoré- en Sidi Yahya-madrassas (universiteite) is nog twee voorbeelde van indrukwekkende geboue. Madrasa is die Arabiese woord vir ’n opvoedkundige instelling, byvoorbeeld ’n skool/universiteit. Beide die universiteite is ook moskees. Die Sankoréuniversiteit moes in opdrag van Mansa Musa rondom die moskee gebou word. Abu Es Haq es Saheli is ook aangestel om die ombouings te doen. Soos die Djinguereber-moskee bestaan die gebou ook nog vandag. Die Sidi Yahya- universiteit/moskee is in 1440 voltooi, maar nie in opdrag van Mansa Musa nie.
© Impaq
19
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
1
1
Die Sankoré-moskee
AKTIWITEIT 2
3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
1. Was Mali van die begin af ʼn groot ryk? Hoe weet jy dit? (2) 2. Wat beteken Mansa? (1) Wie was die bekendste heerser van die Mali-ryk? (1) Van wanneer en tot wanneer was hy die heerser? (1) Waarom dink jy was hy ʼn goeie en suksesvolle heerser? (2) Wat is die verskil tussen ʼn moskee en ʼn madrassa? (2) Noem twee bekende geboue wat deur Mansa Musa laat bou is. (2) Stel ʼn tydlyn op wat Mansa Musa se geboorte en dood, heerskappy, pelgrimstog (vertrek en terugkeer) en bouprojekte (twee belangrikste geboue) aandui. (7) Waarvan is die geboue hoofsaaklik gebou? (2) [20]
1.3. Les 3: Die stad Timboektoe 1.3.1 Inleiding: Leo Africanus se getuienis van sy reise DEFINIEER Toeareg: ʼn Nomadiese stam van die Berber- etniese groep. Moor: Die Middeleeuse Moslemse inwoners, veral van Marokko en van gemengde Arabiese, Spaanse en Amazigh- (Berber) afkoms. Diplomaat: ʼn Persoon wat deur die regering aangewys is om amptelike onderhandelings met ʼn ander land te voer en om politieke, kulturele en sosiale betrekkinge uit te brei.
© Impaq
20