Sosiale Wetenskappe
Handleiding: Geografie
Graad 7
Aangepas vir KABV Í2’È-A-SOS-SG02IÎ
T Greyling T van Vollenhoven S Jordaan
Handleiding
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Alle leselemente word nie noodwendig in die handleiding gebruik nie.
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
VOORWOORD
BYKOMENDE LEESSTOF
Alle inligting wat jy benodig om die jaar in Geografie suksesvol te voltooi, is in hierdie handleiding. Die volgende word aanbeveel vir verryking:
• Johannesson, B, Monteith, M, Ranby, P. 2013. Platinum Sosiale Wetenskappe Graad 7 Leerderboek, Kaapstad: Maskew Miller Longman
• Enige gepubliseerde atlas.
INLEIDING
Sosiale Wetenskappe is een vak, maar elke afdeling (Geografie en Geskiedenis) het sy eie handleiding en fasiliteerdersgids.
Geografie is meer as net ’n studie van die aarde soos in die verlede geglo is. In werklikheid is dit die studie van beide die menslike en fisiese omgewing. Geograwe stel belang in die natuurlike prosesse wat plaasvind in verskillende omgewings, die mens se aktiwiteite sowel as sy nedersettings, ons onderlinge afhanklikheid van ons onmiddellike omgewing sowel as die impak wat ons op daardie omgewing het. Maar belangriker as enige iets anders, is geograwe gefassineerd met verandering. Ons leef in ’n wêreld wat konstant aan die verander is en dus is die gebeurtenisse wat ons bestudeer ook in ’n omgewing wat konstant verander.
Hierdie handleiding sal spesifiek fokus op ruimtelike geletterdheid, patrone en tendense, asook op die lees en teken van basiese kaarte deur ’n woordskaal en lynskaal te gebruik Dit sal ook ’n afdeling behandel wat te doen het met natuurrampe soos veroorsaak deur die beweging van die aarde, bevolkingsgroei en verandering, en volhoubare beskerming van natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika. Al die bogenoemde is in ooreenstemming met die riglyne soos uiteengesit in die KABV-kurrikulum.
SampleOm hierdie handleiding tot sy reg te laat kom, moet jy nie slegs die inhoud leer nie, maar dit ook verstaan en kan toepas. Omdat geografie konstant aan die verander is, word jy aangemoedig om die wêreld rondom jou te bestudeer. Verder moet jy streef om jou kennis te verbreed deur die internet, biblioteke en tydskrifte en mees belangrik, jy moet op hoogte bly van aktuele sake deur ten minste drie keer per week nuus te kyk of na die radio te luister. Stel ’n “artikelboek” saam waarin jy belangrike geografiese gebeurtenisse kan opteken en analiseer, veral gebeurtenisse wat die nuus haal. Jy kan ook die hierdie gebeurtenisse op ’n kaart aanteken.
Jy behoort aan die einde van hierdie handleiding ’n nuuskierigheid te openbaar teenoor die wêreld waarin ons leef. Jy sal ’n werkende algemene kennis hê oor die natuurlike prosesse wat dwarsoor die aarde aan die werk is. Jy sal ook die interaksie tussen die natuurlike omgewing en die samelewing verstaan. Jy moet omgee oor die planeet en die welstand van alles en almal wat daarop woon. Jy sal die vaardighede van onafhanklike denke moet
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
demonstreer asook die vermoë om dit te ondersteun met geografiese kennis. Jy moet verskillende bronne verstaan en daarmee kan werk om die gebeurtenisse in jou omgewing waar te neem en te analiseer. Jy sal ’n rykdom kennis bekom oor mense, plekke, gebeurtenisse en probleme deur verskillende bronne te gebruik. Met dié kennis sal jy ingeligte besluite kan neem, jou idees en inligting effektief kan kommunikeer en mees belangrik, gepaste besluite kan neem en toepaslike stappe in plek kan stel. 1
JAARBEPLANNING
EENHEID LES DATUM
Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte
Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes
1
2
Les 3: Afstand en skaal
Les 4: Huidige gebeure
Les 5: Struktuur van die aarde
Les 6: Aardbewings
Les 7: Vulkane
Les 8: Vloede
Les 9: Bevolkingsbegrippe
3
4
Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed
Les 11: Die wêreld se bevolkingsgroei
Les 12: Natuurlike hulpbronne
Les 13: Bestuur van hulpbronne
Les 14: Water in Suid-Afrika
LEERDOELWITTE
INLEIDING
EENHEID 1: Kaartvaardighede Sample
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
• Ruitverwysings kan gebruik om plekke op ’n straatkaart te vind.
• ’n Straatkaart en kompas kan gebruik om ’n spesifieke roete aan te dui.
• ’n Kaart van ’n spesifieke area kan teken.
• Skaal kan gebruik en definieer, kan onderskei tussen lyn- en woordskale, verskillende soorte skale kan vergelyk en daardie skale kan gebruik om afstand te bereken.
• Die verskil tussen breedte- en lengteligging identifiseer en dit kan gebruik om aan te dui waar gebeurtenisse op ’n wêreldkaart plaasgevind het
• Op hoogte van aktuele sake kan bly en sekere gebeurtenisse kan analiseer om sekere inligting te bekom, bv. waar, wanneer, hoe en hoekom ’n gebeurtenis plaasgevind het, asook wat die uitwerking van die gebeurtenis was.
Die fokus van hierdie eenheid is om jou vaardigheid vir die lees van kaarte te ontwikkel asook hoe effektief jy met verskillende soorte kaarte werk. Jy sal verskillende kaarte bestudeer. Dit sluit fisiese, staatkundige, padkaarte en getekende kaarte in. Verder sal jy leer oor die verskillende elemente van elkeen van hierdie kaarte en hoe om hierdie kennis prakties toe te pas. Hierdie eenheid sal jou ook leer hoe om verskillende geografiese vaardighede te gebruik sowel as die elemente wat jou sal help om jou kennis toe te pas. Dit sluit in die kompas, lyn- en woordskaal, ruitverwysings en lengte- en breedtelyne
Die volgende definisies sal jou help om die kaarte wat in les 1 behandel word, beter te verstaan. Maak seker dat jy die definisies ken voordat jy met les 1 begin
DEFINIEER
Kaart ’n Kaart is ’n prentjie, foto of voorstelling van die aarde se oppervlak wat wys hoe elemente met mekaar in verhouding staan met betrekking tot afstand, rigting en grootte.
Spesifieke kaarte kan gedefinieer word, byvoorbeeld staatkundige, fisiese, topografiese, klimaat-, ekonomiese en hulpbron-, pad- en straatkaarte.
Hoogte Die hoogte van ’n plek bo seespieël, gewoonlik in meter gemeet. Bopunt van die piek is 840 m bo seespieël.
Kontoerlyne Lyne wat op ’n kaart gebruik word om hoogte en helling aan te dui. Hierdie lyne word op gereelde intervalle geplaas.
Sample
Kontoerintervalle
Neerslag Die hoeveelheid water in die atmosfeer, soos reën, mis, ys en sneeu.
Diagram ’n Skets of prentjie wat iets verduidelik.
Hoofwindrigtings Die hoofwindrigtings is N, O, S, W.
LES 1: PLAASLIKE KAARTE EN STRAATKAARTE
Die onderstaande soorte kaarte bevat verskillende besonderhede en word gebruik om sekere inligting aan die gebruiker te kommunikeer. Elke soort kaart sal volledig in die les bespreek word Die doel van kaarte sal verduidelik word, asook watter inligting dit verskaf.
1.1 Soorte kaarte
’n Kaart is ’n prentjie, foto of voorstelling van die aarde se oppervlak wat wys hoe elemente met mekaar in verhouding staan met betrekking tot afstand, rigting en grootte.
Daar is baie verskillende soorte kaarte en elke kaart word vir ’n spesifieke doel gebruik.
• Staatkundige kaarte wys internasionale, nasionale en provinsiale grense van lande en ander gebiede. Dit sluit gewoonlik die plasings van stede in, afhangende van die detail op die kaart.
’n Staatkundige kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/X9JrAD
Grens tussen provinsies, bv. die grens tussen Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en Noordwes Hoofstede van Gauteng is aangedui: Pretoria en Johannesburg.
Handleiding
• ’n Fisiese kaart wys die fisiese geografiese kenmerke van die gebied soos berge, riviere en mere. Water word altyd in blou aangedui. Veranderings in hoogte word gewoonlik met verskillende kleure en kleurskakerings aangedui.
Fisiese kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/wnkMPU
Riviere word aangedui met dun blou lyne en berge in bruin Verskillende skakerings van bruin word gebruik om die hoogte van die bergreeks aan te dui.
Sample
• ’n Topografiese kaart wys ook fisiese kenmerke, maar gebruik kontoerlyne en wys ook mensgemaakte strukture. Alle topografiese kaarte gebruik simbole om die verskillende kenmerke soos paaie, damme en kragdrade aan te dui.
Sleutel aan die onderkant van ’n topografiese kaart dui aan watter simbole vir elke kenmerk op die kaart gebruik word, bv.:
Hoofpad
Bome
Topografiese kaart van Kaapstad Bron: https://goo.gl/6PtMke
• Klimaatkaarte gebruik kleur om inligting oor die klimaat van ’n bepaalde gebied aan te dui. Die klimaat van ’n gebied is die basiese weerpatroon en neerslag oor ’n vasgestelde tydperk.
Wintertemperature van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/FBNj9N
Die kleursleutel gee ’n aanduiding van die temperatuur in ’n bepaalde gebied of streek oor ’n vasgestelde tydperk, bv.:
Rooi: dui gemiddelde temperature van 7,5 °C en minder in ’n bepaalde streek aan
Blou: dui gemiddelde temperature tussen 7,5 °C en 10 °C in ’n bepaalde streek aan.
Sample
Bruin: dui gemiddelde temperature tussen 10 °C en 15 °C in ’n bepaalde streek aan.
Wit: dui gemiddelde temperature tussen 15 °C en hoër in ’n bepaalde streek aan.
• Pad- en straatkaarte is die soort kaarte wat die meeste gebruik word. Dit dui hoofweë, paaie, hospitale, parke en ander belangrike plekke aan. Mense gebruik gewoonlik hierdie soort kaarte om die pad na ’n plek te vind, byvoorbeeld ’n vriend se huis in ’n ander deel van die stad.
Straatkaart van Pretoria se middestad Bron: https://goo.gl/Q9Sq49
Dui hoofweë en paaie aan, bv. aanduiding van spesifieke straatname.
• Ekonomiese en hulpbronkaarte dui spesifieke soorte ekonomiese aktiwiteite aan. Dit kan ook die natuurlike hulpbronne in die gebied aandui. Dit word gedoen deur verskillende kleure en simbole te gebruik afhangende van wat op die kaart aangedui word.
Landboukaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/5tBLFg
SampleHulpbronne wat in ’n bepaalde gebied verbou en/of verwerk word en ekonomiese aktiwiteite voortbring, bv. in Kaapstad, Wes-Kaap:
• Olieraffinadery
• Ingenieurswerke
• Voertuie
• Tekstiele/klerasie
• Chemikalieë en kunsmisstowwe
• Kos/drank/tabak
OEFENING 1
Pas die gebruik van die kaart in kolom B by die soort kaart in kolom A. Skryf slegs die korrekte letter (A – F) langs die vraagnommer (1.1 – 1.6) neer, bv. 1.7 G.
KOLOM A
Soort kaart
KOLOM B
Gebruik van die kaart
1.1 A
Dui fisiese geografiese kenmerke van ’n gebied aan.
1.2 B
Dui hoofweë, paaie, hospitale, parke en ander belangrike plekke aan.
1.3 C
Dui fisiese kenmerke, kontoerlyne en mensgemaakte strukture aan.
1.4 D
Dui die klimaat van ’n gebied oor ’n vasgestelde tydperk aan.
1.5 E
Dui spesifieke soorte ekonomiese aktiwiteite aan.
1.6 F
Dui internasionale, nasionale en provinsiale grense van lande en ander gebiede.
1.2 Eienskappe van kaarte
Elke gedetailleerde kaart moet die volgende eienskappe bevat:
• ’n Voëlperspektief/lugaansig: Omdat kaarte plat is, moet daar gewoonlik vir jou ’n voëlvlugaansig van die gebied gegee word. Met ander woorde, ’n aansig van die kaart asof jy daarop neerkyk vanuit die lug.
Voëlperspektief van Parys, Arc de Triomphe Bron: https://goo.gl/x9zQBa
• Rigting: Alle kaarte moet ’n pyltjie bevat wat noord aandui. Dit sal jou help om die ander rigtings uit te werk om sodoende die oriëntasie van die kaart te bevestig, bv. noord, suid, oos en wes. Op die volgende bladsy is ’n illustrasie van ’n windroos wat die 16 kardinale punte van ’n kompas aandui
Windroos: Die 16 kardinale punte van ’n kompas
• Plek/ligging: ’n Rigting, topografiese of straatkaart wat presies aandui waarheen ’n persoon op pad is. Dit beteken alle geboue, riviere, paaie, ens. moet duidelik aangedui word. Dié elemente word egter nie op ’n wêreldkaart aangedui nie. Die hoeveelheid besonderhede hang af van die funksie van die kaart.
• Simbole: Ons kan sekere besonderhede aandui deur prentjies te gebruik wat landmerke en belangrike strukture verteenwoordig. ’n Kruis kan byvoorbeeld ’n hospitaal aandui, ’n hoofletter P ’n polisiestasie, of ’n stippellyn kan gebruik word vir elektriese kragdrade. Dié tekens kan egter net verstaan word as daar ’n sleutel op die kaart ingesluit is.
Punt
Lyn
Kommunikasietoring
Peilbaken
Vuurtoring en seevaartlig
Watertoring, reservoir, waterpunt
Benaming
Standhoudende rivier
Pyplyn (bo die grond)
Sample
Sekondêre pad, hoogtemerk
Bewaringsgebied
Spoorweg, stasie of sylyn
Kraglyn
Hoofverkeersroete
Gebied/area
Benaming
Erosie; sand
Standhoudende water
Moeras en vlei
Boord of wingerd
Beboste gebied
Beboude gebied (hoë, lae digtheid)
Begraafplaas; graf
• Sleutel: ’n Sleutel is ’n klein blokkie op die kaart wat verduidelik wat elke prentjie, teken en simbool beteken, bv. kraglyn
Sleutel
Sample
Kraglyn (Elektriese kragdrade)
Pyplyn
Vuurtoring en Seevaartlig
• Skaal: Natuurlik kan ons nie ’n gebied wat kilometers groot is realisties op ’n A4bladsy voorstel nie. Daarom word alle kaarte verklein tot voorstellings van dit wat in die werklike wêreld verskyn, bv. 1 km in die werklikheid word verklein tot 1 cm op die kaart. Daar is verskillende voorbeelde van skale wat ons kan gebruik, bv. woordskaal, verhoudingskaal en lynskaal. ’n Volledige beskrywing van elke soort skaal word in les 3 bespreek
VIR DIE NUUSKIERIGES
Om rigting te bepaal het jy ’n kompas nodig. Volg die onderstaande instruksies om jou eie kompas te maak.
MAAK JOU EIE KOMPAS
Daar is verskeie video’s beskikbaar op YouTube wat jou kan help, bv. https://goo.gl/oVnHa2
Benodighede:
• bak met water
• klein bakkie
• magneet
• spyker
WENKE
Jy sal die volgende webblaaie baie nuttig vind:
• Soorte neerslag: https://goo.gl/UsJVay
• Hoe ’n kompas werk: https://goo.gl/TqbZna
• Identifiseer eers die vier hoofwindrigtings. Gebruik die volgende sin om die vier hoofwindrigtings te onthou, “Nico onthou sy wortels”, wat die rigtings noord, oos, suid en wes voorstel.
• Vul daarna die halfpadpunt tussen elkeen van die hoofpunte in. Maak seker jy begin altyd met noord en suid voor oos en wes omdat dit belangriker is, bv. wanneer jy die punte aandui wat halfpad tussen oos en suid is, sal die rigting suidoos of SO wees, en nie oossuid nie
• Skryf daarna die hoofrigting wat die naaste is gevolg deur die halfpadpunt, bv. die rigting tussen suidwes en wes sal geskryf word as wessuidwes of WSW omdat wes die naaste hoofrigting is. As die punt wat jy beskryf egter nader aan suid is, sal jy dit aandui as suidsuidwes aangesien die naaste hoofrigting suid is.
Sample
• Gaan kyk gerus na: https://goo.gl/BsCe6T
AKTIWITEIT 1
Gebruik die windroos en wenke in die les om die aktiwiteit te voltooi
1. In watter rigting moet die skoenlapper vlieg om by die volgende diere uit te kom? (7)
1.1 Die leeu
1.2 Die skilpad
1.3 Die aap
1.4 Die olifant
1.5 Die vark
1.6 Die skaap
1.7 Die voël
2. In watter rigting moet die volgende diere beweeg om by die skoenlapper uit te kom? (3)
2.1 Die haai
2.2 Die aap
2.3 Die vis
AKTIWITEIT 2
Gebruik die kaart van die park om die volgende vrae te beantwoord.
1. Watter simbole word gebruik om die volgende verskynsels aan te dui?
1.1 ’n Boom
1.2 Die paadjie
1.3 ’n Blombedding
2. Hoeveel blombeddings is daar in die park?
3. Waar sal jy die eende voer terwyl hulle swem?
4. Hoeveel wipplanke is in die park?
5. As jy daarvan hou om sandkastele te bou, waar sal jy speel?
(1)
(1)
(1)
(1) [7]
1.3 Indekskaarte
Die volgende definisies hou verband met hoe en waar indekse gebruik word:
DEFINIEER
Alfabetiese volgorde
In die volgorde van die alfabet, m.a.w. A tot Z.
Voorbeeld: Suid-Afrika se provinsies in alfabetiese volgorde:
Gauteng
KwaZulu-Natal
Limpopo
Mpumalanga
Noord-Kaap
Noordwes
Oos-Kaap
Vrystaat
Wes-Kaap
Landmerk ’n Groot gebou, boom, berg of enige bekende, prominente en maklik herkenbare struktuur wat as verwysing of gids kan dien.
Sample
Verwysing
Voorbeeld: Die Voortrekkermonument in Pretoria
Bron: https://goo.gl/MPZH86
Die Voortrekkermonument is ’n baie bekende landmerk in Pretoria.
Gewoonlik letters of figure wat iets of iemand op ’n kaart voorstel.
Voorbeeld:
Stel ’n boord of wingerd op ’n topografiese kaart voor
Die meeste kaarte word verdeel in ruitverwysings om dit makliker te maak om spesifieke punte van belang te vind. Hierdie kaarte gebruik veranderlikes aan twee kante van die kaart sodat elke punt twee veranderlikes kan hê. Hierdie veranderlikes word rangskik van noord na suid en van wes na oos. Die wêreld is ook in ’n ruitverwysingstelsel verdeel wat koördinate genoem word. Koördinate word in les 5 in diepte behandel. Die ruitverwysingstelsel is soortgelyk aan koördinate.
Ons kan ’n plek vinnig vind deur ’n ruitverwysing te gebruik. Die kolomme word deur nommers, wat bo en/of onder op die bladsy gevind kan word, geïdentifiseer. Die rye word geïdentifiseer deur letters wat aan die linker- en/of regterkant van die kaart gevind kan word. Enige ruit kan vinnig identifiseer word deur ’n letter en ’n nommer te gebruik, bv. D4. Gaan na ry D en beweeg dan na kolom 4. Waar hierdie twee (ry en kolom) ontmoet, is ruit D4
Kyk na die volgende kaart wat in ’n ruitverwysing verdeel is.
Die kasteel sal in G7 en G8 wees en die dammetjie in B9
OEFENING 2
Teken jou eie ruitverwysing deur die instruksies te volg.
SampleINSTRUKSIES
1. Jou ruitverwysing moet rye A – F en kolomme 1 – 6 insluit.
2. Jou blokke moet 2 x 2 cm groot wees.
3. Kleur dan blokke C5, F1 en A3 in.