Í2’È-A-BIE-FG01#Î 1
8
0
7
-
A
-
B
I
E
-
F
G
0
1
BYBELONDERRIG FASILITEERDERSGIDS
Graad 7
A member of the FUTURELEARN group
Bybelonderrig Fasiliteerdersgids
1807-A-BIE-FG01
Í2’È-A-BIE-FG01#Î
Graad 7
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ..........................................................................................................2 VOORWOORD ...........................................................................................................4 JAARPLAN ................................................................................................................7 EENHEID 1: God sorg vir ons en leer ons ..............................................................9 AKTIWITEIT 4: .................................................................................................... 9 AKTIWITEIT 5: .................................................................................................. 10 AKTIWITEIT 9: .................................................................................................. 10 AKTIWITEIT 10: ................................................................................................ 10 AKTIWITEIT 11: ................................................................................................ 11 AKTIWITEIT 13: ................................................................................................ 11 AKTIWITEIT 16: ................................................................................................ 11 AKTIWITEIT 17: ................................................................................................ 12 AKTIWITEIT 19: ................................................................................................ 12 AKTIWITEIT 21: ................................................................................................ 12 AKTIWITEIT 22: ................................................................................................ 13 AKTIWITEIT 24: ................................................................................................ 13 AKTIWITEIT 26: ................................................................................................ 13 EENHEID 2: God sorg vir Sy Skepping ................................................................14 AKTIWITEIT 33: ................................................................................................ 15 AKTIWITEIT 40: ................................................................................................ 15 AKTIWITEIT 50: ................................................................................................ 15 EENHEID 3: God is liefde .......................................................................................16 EENHEID 4: Ons moet God dien ............................................................................17 AKTIWITEIT 121: .............................................................................................. 17 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS .........................................................................18
1
© Impaq
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE: Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei. DEFINIEER: Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan. BELANGRIK: Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis. WENKE: Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
Š Impaq
2
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
VIR DIE NUUSKIERIGES: Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT: Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets. OEFENING: Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering. KERNINHOUD: Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word. STUDEER / HERSIENING: Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Hierdie ikone fasiliteer jou bemeestering van die kennis ter voorbereiding
3
© Impaq
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
VOORWOORD Liewe ouers, Inleiding Baie welkom by Bybelonderrig: die heel belangrikste vak waaraan u kind blootgestel word. Die geloofsopvoeding van ons kinders is die heel belangrikste taak wat ons as ouers op aarde het. Ongelukkig is die Bybel nie meer die boek wat die heel meeste in Suid-Afrikaanse huise gelees word nie. Dit het tot gevolg dat mense meer weet van daaglikse gebeure (nuus) en televisieprogramme as van wat in die Bybel staan. Die woord van die profeet Hosea, wat baie jare voor Jesus geleef het, is besig om waar te word in ons eie lewens: 'My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis'. Dit is van die aller grootste belang dat ons weer die inhoud van die Bybel aan ons kinders leer en hulle opvoed om die Bybelse riglyne as grondwaardes vir hulle lewens te aanvaar. Veral in die lig van die hedendaagse onderwyswetgewing waarin die Christelike en ander gelowe geen besondere plek meer in die skoolkurrikulum het nie. Die Bybelgedeeltes wat aangegee word, moet u asseblief vir die kind voorlees uit u gunsteling vertaling. Ek het die 1983 vertaling en die Nuwe Lewende Vertaling gebruik. Onthou dat herhaling die beste manier is om dinge te leer. Herhaal die gedeeltes so veel as moontlik. Daar is goeie en Skrifgetroue Kinderbybels op die mark wat met groot vrymoedigheid gebruik kan word. Die taal van die Bybel (selfs moderne vertalings) is anders as ons spreek- en skryftaal en dit is baie belangrik dat u kind van kleins af daaraan blootgestel word en daaraan gewoond raak sodat hy/sy die Bybel met selfvertroue leer hanteer. Begin of sluit elke dag se les met 'n gebed. Ek gee 'n riglyn maar dit is belangrik dat die kind ook leer om op sy/haar eie te bid. Moedig die kind aan om te bid en stel self die voorbeeld. In graad 7 word die tema “God leer my” hanteer. Die oorheersende doel is dus dat die kind leer hoe om as gelowige sy lewe en gewoontes te rig na God se woord. Uit die aard van die saak bied ek net die skelet – u moet die vleis en vel byvoeg uit die Bybel en deur u bespreking en gebede maar ook veral deur die voorbeeld wat u lewe. Hierdie is die heel belangrikste taak en opdrag wat u van die Here ontvang het: Hy het vir U kinders gegee as n wonderlike gawe uit Sy hand en God verwag van u om hulle tot Sy eer op te voed. Mag die tyd wat u en u kinders om die Woord van God deurbring, vir u almal tot groot seën wees.
© Impaq
4
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Onthou asseblief die volgende: 1) Die geloofsleer is die HEEL belangrikste ding wat u u kind leer. Geen akademiese vak het enige ewigheidswaarde nie. Alleen deur u kind van die redding in Jesus Christus te leer, kan u vir hom/haar die geleentheid skep om eendag saam met u voor die troon van die Almagtige God te staan. 2) Gebruik die Bybel. Die Bybel is die woord van God. Elke lid van die gesin moet sy eie Bybel hê en dit gebruik. Dit staan u vry om enige vertaling van die Bybel te gebruik, maak asseblief net seker dat u kind die woorde en betekenisse wat daarin gebruik word, verstaan. 3) Spandeer genoeg tyd saam met u kind en as gesin rondom die Woord van die Here en in gebed. Werkskedule U sal sien dat die werk so ingedeel is dat daar vir elke dag van elke eenheid ‘n opdrag is (ses weke vir eenhede 1 en 4, en nege weke vir die twee middelkwartale). Daar is dus 6x5=30 leesstukke vir die eerste en laaste kwartale en 9x5=45 leesstukke vir die middelste twee kwartale. Begin elke dag met die Bybelonderrigperiode. Dit is die heel belangrikste periode van die dag. Gee ook genoegsame tyd daarvoor sodat u nie net die lesinhoud nie, maar ook die belangrike waardes daar agter en besprekings rondom belangrike sake kan hanteer. Assessering U sal sien dat daar nie toetse en eksamens en deurlopende assessering opdragte in die Bybelonderrig leerplan is nie. Dit beteken egter nie dat dit nie deel van die vak is nie. Ek gee nie formele toetse en take en eksamens nie. Maar u kies die Bybeltekste wat die kinders moet leer en besluit ook watter inhoud belangrik is en leer dit vir u kinders. In graad 7 moet die kinders al in fyn besonderhede, korrekte weergawes van Bybelverhale en die betekenis daarvan vir hulle eie lewens kan gee. Dit is nie net Bybeltekste wat geleer moet word nie. Die kind moet sy of haar geloof elke dag kan uitleef. Herhaal inligting gereeld en bid ook oor alles wat gelees, bespreek en geleer word. Ander bronne Hoewel geestelike liedere nie deel van hierdie vak vorm nie, is dit nog ‘n wonderlike manier om u kinders van die Here te leer en om hulle te help om die Bybelse inhoud te onthou en te verstaan. U is baie welkom om ander hulpmiddels ook te gebruik. Onthou egter dat die Bybel self, die heel belangrikste bron is en moet bly. Die hoofdoel is om die leerder te leer hoe om 'n gehoorsame volgeling van Jesus te wees aan die hand van die voorbeelde van die mense waarvan ons gaan lees en leer. Die aktiwiteite is meestal so saamgestel om die leerder se eie opinie te toets, of ‘n gebed te skryf of ‘n teken- of inkleurprentjie. Daar is wel ‘n paar aktiwiteite waar u as fasiliteerder ‘n bietjie hulp sal nodig hê. Ek sal die aktiwiteite vir u uitlig, en vir u riglyne daar gee. Die ander aktiwiteite vereis nie ‘n memorandum nie.
5
© Impaq
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Die aktiwiteite tel nie vir assesering nie, dus hoef daar geen druk op die leerder geplaas te word nie. Daar is ‘n lesplan in die handleiding en in die fasiliteerdersgids waar u en die leerder die uiteensetting van die lesse kan beplan. Die wyse waarop u dit doen, is u eie keuse. Ek hoop u en die leerder geniet die lesse! Lekker werk!
Š Impaq
6
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
JAARPLAN KWARTAAL
LES
DATUM BEGIN
7
DATUM VOLTOOI
© Impaq
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Š Impaq
8
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
EENHEID 1: God sorg vir ons en leer ons LEERDOELWITTE: Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet die leerder in staat wees om die volgende te weet: Dat God jou liefhet. Dat God vir jou sorg. Jy hoef jou nie te bekommer nie, jy moet op God vertrou. God sorg ook vir die natuur. Ons moet God alleen liefhê. Ons moet gehoorsaam wees aan God. God doen vandag nog wonderwerke.
INLEIDING Die heel belangrikste dinge wat ons in die lewe moet weet en leer, is die dinge wat ons van God leer. Niks is belangriker as die Here nie: nie skoolwerk of geld of sport of speel of werk nie. In die Bybel leer God is hoe Hy deur die eeue heen met mense gewerk het en hoe God elke dag so met ons ook werk. Ons moet alles leer wat die Here wil hê dat ons moet doen. Hierdie dinge leer ons in die Bybel. Die Here praat met ons deur die Bybel. Hy gebruik die Bybel om ons te leer. Die Bybel is die belangrikste boek wat jy moet lees en bestudeer. Die belangrikste waardes verkry ons uit die bestudering van die Bybel. Jy is nooit te jonk om te begin om die Bybel te bestudeer nie. Lees elke dag jou Bybel. So leer God jou en so leer jy om die Here te ken en lief te hê.
AKTIWITEIT 4: In die Bybel lees ons baie keer woorde waarvan ons nie regtig die betekenis ken nie. Soek die woorde in die verklarende woordeboek op en skryf dan die betekenisse langs die woorde in: Gehoorsaam: Heilig: Genade: Wederkoms: Begeertes:
Om iemand se bevele of wense uit te voer. Dit is iets waarin jy diep glo. Die keuse om vriendelik te wees en iemand te vergewe. Dit is wanneer Jesus weer na die aarde gaan terugkeer. Dit is dinge wat jy graag wil hê, maar nie noodwendig nodig het nie.
9
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Eenheid
AKTIWITEIT 5: Gaan lees Eksodus 20 en skryf die Tien Gebooie volledig neer in die blok hieronder. Jy kan ook prentjies teken as jy wil. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Geen ander gode. Geen beeld of afbeelding. Die Here se Naam. Die sabbat heilig hou. Eer jou ouers. Mag nie moord pleeg nie. Mag nie egbreuk pleeg nie. Mag nie steel nie. Mag nie vals getuienis lewer nie. Mag nie begeer nie.
AKTIWITEIT 9: Skryf die Onse Vader neer. Dit word gegee in Matteus 6:5 – 18. Laat die leerder dit neerskryf.
AKTIWITEIT 10: Die antwoorde van die blokkiesraai. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.
© Impaq
Arende, kraanvoël Kwartels Volstruise Kraai Pelikaan Reier Patrys Valk Mossies Fisant Uile
10
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
AKTIWITEIT 11: Skryf die tekens neer wat God aan Gideon gegee het. Lees Rigters 6 aandagtig deur voordat jy die aktiwiteit voltooi. 1. Die Engel steek die offer aan die brand. 2. Die vlieswol wat drooggebly het in die dou. 3. Die vlieswol wat vol dou was op die dorsvloer.
AKTIWITEIT 13: Lees die hele verhaal in 2 Kronieke 20:1 – 26 en skryf kortliks neer hoe God die volk gehelp het om oorwinning te behaal. Die volk het met lofliedere en gebede na die plek vertrek, en God het verrassingsaanvalle beplan vir die vyand. Toe die volk daar kom, het hulle net lyke op die grond sien lê. Die vyand is klaar oorwin. Laat die leerder die storie in hulle eie woorde skryf.
AKTIWITEIT 16: Lees Handelinge 28:1 – 10 Af : 1)Maagkoors 2)See 3)Vuur 6)Reën 8)Hout Dwars : 2)Man 3)Vuur 4)Malta 5)Moordenaar 7)Drie 8)Hitte
11
© Impaq
1
Fasiliteerdersgids G07 ~ Bybelonderrig
Eenheid
AKTIWITEIT 17: ‘n Kruis vorm in die prentjie.
AKTIWITEIT 19: Beantwoord die volgende vrae: (2 Kronieke 16:7 – 10) 1. 2. 3. 4. 5.
Asa het nie op God vertrou nie. God het hom gestuur om Asa aan te spreek. Asa het geweet dat die siener reg was. Hy is in die tronk gegooi. Leerder se eie opinie.
AKTIWITEIT 21: Lees 2 Konings 20:8 – 11. Beskryf die wonderteken wat God aan Hiskia gegee het. Teken ook ‘n prentjie om dit te verduidelik. Die wonderteken: God laat die skaduwee tien trappe terugskuif.
© Impaq
12