Gr 7 sosiale wetenskappe fasiliteerdersgids geografie

Page 1

Í2’È-A-SOS-FG02!Î

1

8

0

7

-

A

-

S

O

S

-

F

G

0

2

SOSIALE WETENSKAPPE FASILITEERDERSGIDS: GEOGRAFIE Graad 7

A member of the FUTURELEARN group


Sosiale Wetenskappe Fasiliteerdersgids: Geografie

1807-A-SOS-FG02

Í2’È-A-SOS-FG02!Î

Graad 7

Aangepas vir KABV

T Greyling S Jordaan T van Vollenhoven



Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 4 PUNTEROOSTER ............................................................................................................... 6 JAARBEPLANNING ........................................................................................................... 7 EENHEID 1: Kaartvaardighede ......................................................................................... 8 Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte (2 uur).......................................... 9 Oefening 1: Memorandum ............................................................... 10 Aktiwiteit 1: Memorandum ................................................................ 14 Aktiwiteit 2: Memorandum ................................................................ 14 Oefening 2 ....................................................................................... 16 Aktiwiteit 3: Memorandum ................................................................ 16 Aktiwiteit 4: Memorandum ................................................................ 17 Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes (3 uur)........................ 18 Aktiwiteit 5: Memorandum ................................................................ 21 1Aktiwiteit 6: Memorandum .............................................................. 21 Aktiwiteit 7: Memorandum ................................................................ 22 Les 3: Afstand en skaal (4 uur) ................................................................ 23 Aktiwiteit 8: Memorandum ................................................................ 24 Aktiwiteit 9: Memorandum ................................................................ 25 Aktiwiteit 10: Memorandum .............................................................. 25 Aktiwiteit 11: Memorandum .............................................................. 26 Les 4: Huidige gebeure (2 uur) ................................................................. 26 Oefening 3: Memorandum ............................................................... 27 EENHEID 2: Aardbewings, vulkane en vloede .............................................................. 31 Les 5: Struktuur van die aarde (3 uur) ..................................................... 32 Aktiwiteit 12: Memorandum .............................................................. 34 Aktiwiteit 13: Memorandum .............................................................. 35 Les 6: Aardbewings (4 uur) ...................................................................... 36 Aktiwiteit 14: Memorandum .............................................................. 39 Aktiwiteit 15: Memorandum .............................................................. 40 Les 7: Vulkane (1 uur) ............................................................................... 41 Aktiwiteit 16: Memorandum .............................................................. 43 Les 8: Vloede (4 uur) ................................................................................. 44 Aktiwiteit 17: Memorandum .............................................................. 44 Aktiwiteit 18: Memorandum .............................................................. 44 Oefening 4: Memorandum ............................................................... 46 EENHEID 3: Bevolkingsgroei en -verandering .............................................................. 48 Les 9: Bevolkingsbegrippe (3 uur) ............................................................ 49 Aktiwiteit 19: Memorandum .............................................................. 50 Aktiwiteit 20: Memorandum .............................................................. 50 Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beĂŻnvloed (4 uur).......... 52 Aktiwiteit 21: Memorandum .............................................................. 53 1

Š Impaq


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Les 11: Die wĂŞreld se bevolkingsgroei (6 uur) ......................................... 54 Aktiwiteit 22: Memorandum .............................................................. 54 Aktiwiteit 23: Memorandum .............................................................. 55 Oefening 5: Memorandum ............................................................... 56 EENHEID 4: Natuurlike hulpbronne en bewaring in Suid-Afrika.................................. 57 Les 12: Natuurlike hulpbronne (3 uur) ...................................................... 58 Aktiwiteit 24: Memorandum .............................................................. 59 Les 13: Bestuur van hulpbronne (5 uur) ................................................... 60 Aktiwiteit 25: Memorandum .............................................................. 61 Les 14: Water in Suid-Afrika (4 uur) .......................................................... 62 Aktiwiteit 26: Memorandum .............................................................. 63 Aktiwiteit 27: Memorandum .............................................................. 64 Oefening 6: Memorandum ............................................................... 56

Š Impaq

2


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid.

KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Alle leselemente word nie noodwendig in die handleiding gebruik nie. 3

© Impaq


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

VOORWOORD BYKOMENDE LEESSTOF Alle inligting wat die leerder benodig om die jaar in Geografie suksesvol te voltooi, is in die handleiding. Die volgende word aanbeveel vir verryking: • Johannesson, B, Monteith, M, Ranby, P. 2013. Platinum Sosiale Wetenskappe Graad 7 Leerderboek, Maskew Miller Longman: Kaapstad. • Enige gepubliseerde atlas.

INLEIDING Die fasiliteerdersgids is net vir die fasiliteerder en nie vir die leerder nie. Hierdie gids moet saam met die handleiding van graad 7 gebruik word. Die aktiwiteite se antwoorde word hierin gegee. Jy as fasiliteerder moet probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met die leerder te voer oor die les wat behandel gaan word. Bespreek die onderwerp in die algemeen om die leerder se voorkennis te toets. Sosiale Wetenskappe is een vak, maar elke afdeling (Geografie en Geskiedenis) het sy eie handleiding en fasiliteerdersgids. Daar is wel ’n gesamentlike portefeuljeboek. Die leerder kan een werkboek (skrif met lyntjiespapier) vir Sosiale Wetenskappe hê waarin alle aktiwiteite gedoen en notas gemaak word. Wat is geografie? Geografie is meer as net ’n studie van die aarde soos in die verlede geglo is. In werklikheid is dit die studie van beide die menslike en fisiese omgewing. Geograwe stel belang in die natuurlike prosesse wat plaasvind in verskillende omgewings, die mens se aktiwiteite sowel as sy nedersettings, ons onderlinge afhanklikheid van ons onmiddellike omgewing sowel as die impak wat ons op daardie omgewing het. Maar belangriker as enige iets anders, is geograwe gefassineerd met verandering. Ons leef in ’n wêreld wat konstant aan die verander is en dus is die gebeurtenisse wat ons bestudeer ook in ’n omgewing wat konstant verander. Die handleiding sal spesifieke fokus plaas op ruimtelike geletterdheid, patrone en tendense, asook op die lees en teken van basiese kaarte deur ’n woordskaal en lynskaal te gebruik. Dit sal ook ’n afdeling behandel wat te doen het met natuurrampe soos veroorsaak deur die beweging van die aarde, bevolkingsgroei en verandering, en volhoubare beskerming van natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika. Al die bogenoemde is in ooreenstemming met die riglyne soos uiteengesit in die KABV-kurrikulum. Om die handleiding tot sy reg te laat kom, moet die leerder nie slegs die inhoud leer nie, maar dit ook verstaan en kan toepas. Omdat geografie konstant aan die verander is, word die leerder aangemoedig om die wêreld rondom hom/haar te bestudeer. Verder moet die leerder streef om sy/haar kennis te verbreed deur die internet, biblioteke en tydskrifte en © Impaq

4


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

mees belangrik, die leerder moet op hoogte bly van aktuele sake deur ten minste drie keer per week nuus te kyk of na die radio te luister. Die leerder word aangemoedig om ’n “artikelboek” saam te stel waarin hy/sy geografiese gebeurtenisse kan opteken en analiseer, veral gebeurtenisse wat die nuus haal. Hierdie gebeurtenisse kan op ’n kaart aangeteken word. Die leerder behoort aan die einde van die handleiding ’n nuuskierigheid te openbaar teenoor die wêreld waarin ons leef. Hy/sy sal ’n werkende algemene kennis hê oor die natuurlike prosesse wat dwarsoor die aarde aan die werk is. Die leerder sal ook die interaksie tussen die natuurlike omgewing en die samelewing verstaan. Hy/sy moet omgee oor die planeet en die welstand van alles en almal wat daarop woon. Die leerder sal die vaardighede van onafhanklike denke moet demonstreer asook die vermoë om dit te ondersteun met geografiese kennis. Hy/sy moet verskillende bronne verstaan en daarmee kan werk om die gebeurtenisse in die omgewing waar te neem en te analiseer. Die leerder sal ’n rykdom kennis bekom oor mense, plekke, gebeurtenisse en probleme deur verskillende bronne te gebruik. Met dié kennis sal die leerder ingeligte besluite kan neem, sy/haar idees en inligting effektief kan kommunikeer en mees belangrik, gepaste besluite kan neem en toepaslike stappe in plek kan stel. 1 LOOPBAANSKAKELS EN VAKINTEGRASIE Loopbaanskakels sluit, onder meer, die volgende in: Vliegwese Kartografie Aardwetenskappe Ekotoerisme Onderwys en opvoeding Omgewingsbestuur Water- en grondsake Geologie Landmeting Meteorologie Natuurbewaring Afstandbeheer Landelike en streeksbeplanning Stadsbeplanning Joernalistiek Landbou Geografiese Inligtingstelsels Hierdie loopbane strek oor die administrasie-, beplanning- en ontwikkeling-, vervoer-, handel-, industriële, mynbou- en toerismesektore. Vakke wat by Geografie aansluit is onder meer Wiskunde, Besigheidstudies, Ekonomie, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Toerisme, en Rekenaarstudies (IT/RTT).

1National

Protocol for Assessment Grades R – 12, CAPS-SS-Senior phase, p. 14 5

© Impaq


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

PUNTEROOSTER MOONTLIKE PUNT

AKTIWITEIT/OEFENING OEFENING 1 Aktiwiteit 1 Aktiwiteit 2 OEFENING 2 Aktiwiteit 3 Aktiwiteit 4 Aktiwiteit 5 Aktiwiteit 6 Aktiwiteit 7 Aktiwiteit 8 Aktiwiteit 9 Aktiwiteit 10 Aktiwiteit 11 OEFENING 3 Aktiwiteit 12 Aktiwiteit 13 Aktiwiteit 14 Aktiwiteit 15 Aktiwiteit 16 Aktiwiteit 17 Aktiwiteit 18 OEFENING 4 Aktiwiteit 19 Aktiwiteit 20 Aktiwiteit 21 Aktiwiteit 22 Aktiwiteit 23 OEFENING 5 Aktiwiteit 24 Aktiwiteit 25 Aktiwiteit 26 Aktiwiteit 27 OEFENING 6

© Impaq

6

WERKLIKE PUNT


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

JAARBEPLANNING EENHEID

DATUM BEGIN

LES

DATUM VOLTOOI

Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte

1

Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes Les 3: Afstand en skaal Les 4: Huidige gebeure Les 5: Struktuur van die aarde Les 6: Aardbewings

2 Les 7: Vulkane Les 8: Vloede Les 9: Bevolkingsbegrippe 3

Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed Les 11: Die wêreld se bevolkingsgroei Les 12: Natuurlike hulpbronne

4

Les 13: Bestuur van hulpbronne Les 14: Water in Suid-Afrika

7

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

EENHEID 1: Kaartvaardighede LEERDOELWITTE Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen: • Ruitverwysings kan gebruik om plekke op ’n straatkaart te vind. • ’n Straatkaart en kompas kan gebruik om ’n spesifieke roete aan te dui. • ’n Kaart van ’n spesifieke area kan teken. • Skaal kan gebruik en definieer, kan onderskei tussen lyn- en woordskale, verskillende soorte skale kan vergelyk en daardie skale kan gebruik om afstand te bereken. • Die verskil tussen breedte- en lengteligging identifiseer en dit kan gebruik om aan te dui waar gebeurtenisse op ’n wêreldkaart plaasgevind het. • Op hoogte van aktuele sake kan bly en sekere gebeurtenisse kan analiseer om sekere inligting te bekom, bv. waar, wanneer, hoe en waarom ’n gebeurtenis plaasgevind het, asook wat die uitwerking van die gebeurtenis was.

INLEIDING Hierdie eenheid is baie prakties van aard, dus word daar aanbeveel dat verskeie bronne gebruik word. Dit sluit in kaarte van plaaslike gebiede, GPS, en die aflaai van kaarte by die Map Studio-webtuiste (www.mapstudio.co.za) indien hierdie hulpbronne aan jou beskikbaar is. Hierdie eenheid is baie belangrik omdat dit die grondslag lê vir alle kaartwerk wat die leerder later in hierdie fase gaan voltooi, asook die kaartwerk wat in die VOO-fase behandel word. Spandeer ’n minimum van 15 uur aan hierdie eenheid. Elke les het ook sy eie tydsbeplanning. Kaartwerkvaardighede sal ook belangrik wees om latere eenhede in die handleiding te voltooi en sal gereeld hersien moet word.

© Impaq

8


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

LES 1: PLAASLIKE KAARTE EN STRAATKAARTE (2 uur) Hierdie les sal in diepte kyk na verskillende kaarte en die eienskappe/elemente wat in daardie kaarte gevind word. Die fokus sal daarop wees om kruisverwysing en indekse te gebruik om sekere plekke, in alfabetiese volgorde, op ’n kaart te vind. Die leerder sal hersiening doen oor werk wat in vorige grade geleer is, soos staatkundige en fisiese kaarte en die kardinale punte van ’n kompas. Maak seker dat die leerder die definisies wat gegee word ken, en dat hy/sy die belangrike terme wat in hierdie eenheid gebruik word, verstaan. Die leerder moet ook daartoe in staat wees om ’n sleutel te gebruik, en om die verskillende elemente wat die sleutel verteenwoordig, te identifiseer. Laastens sal die leerder ’n straatkaart moet gebruik om ’n roete, met ’n beginpunt en bestemming/eindpunt, te beskryf.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Hieronder volg ’n paar skakels wat jy in die klas kan wys om die volgende begrippe aan die leerders te verduidelik. •

Hoogte bo seevlak: Seevlak word beskou as 0 meter. Hoogte word dan vanaf seevlak in meter gemeet. https://goo.gl/hi16lJ

Kontoerlyne: ’n Lyn op ’n kaart getrek wat plekke verbind wat op dieselfde hoogte bo seevlak lê. https://goo.gl/GPOJH2

Windrigtings: Daar is 16 windrigtings wat leerders moet ken. https://goo.gl/E7T5Bf https://goo.gl/Vph8GF

Ruitverwysings: https://goo.gl/3PELvL

9

© Impaq


Eenheid

1.1

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Soorte kaarte

Maak seker dat die leerder die verskil tussen die soorte kaarte ken en verstaan. Kleurkaarte van die verskillende soorte kaarte is agter in die studiegids beskikbaar om leerders te help om die verskille te verstaan. OEFENING 1: Memorandum 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.2

D E B F A C

Eienskappe van kaarte

Hieronder volg metodes om die eienskappe van kaarte aan leerders te verduidelik: •

’n Voëlperspektief/lugaansig: Omdat kaarte plat is, moet daar gewoonlik vir jou ’n voëlvlugaansig van die gebied gegee word. Met ander woorde, ’n aansig van die kaart asof jy daarop neerkyk vanuit die lug.

Voëlperspektief van Parys, Arc de Triomphe Bron: https://goo.gl/x9zQBa

© Impaq

10


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Rigting: Alle kaarte moet ’n pyltjie bevat wat noord aandui. Dit sal jou help om die ander rigtings uit te werk om sodoende die oriëntasie van die kaart te bevestig, bv. noord, suid, oos en wes. Hier volg stappe om ’n windroos te teken:

Rigting is baie belangrik en help die leerders om te bepaal waar hulle hulself op ’n kaart en spesifieke punt bevind. Die vier hoofrigtings moet eers bepaal word. Daarna vul leerders die res van die rigtings in totdat hulle al 16 die windrigtings kan bepaal en uitwys.

11

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

16 windrigtings:

Windroos: Die 16 kardinale punte van ’n kompas

Plek/ligging: Straatkaarte kan as voorbeeld gebruik word.

Dui hoofweë en paaie aan, bv. aanduiding van spesifieke straatname.

Straatkaart van Pretoria se middestad Bron: https://goo.gl/Q9Sq49

© Impaq

Simbole: Toets gereeld die leerder se kennis deur hom/haar hieroor te vra. Byvoorbeeld, laat hy/sy die sleutel uitwys, vra hom/haar om kruisverwysings te gee, laat hy/sy noord op kaarte uitwys en verduidelik hoe kruisverwysings uiteengesit is. Wys aan die leerder topografiese kaarte waar sleutels gebruik word.

12


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Voorbeeld Gebied/area

Benaming Erosie, Sand Standhoudende water Moeras en vlei

Sleutel: Wys aan leerders topografiese kaarte waar kaartsleutels gebruik word. Sleutel Kraglyn (Elektriese kragdrade) Pyplyne Vuurtoring en Seevaartlig

Skaal: Voorbeeld van skaal op ’n topografiese kaart:

13

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

AKTIWITEIT 1: Memorandum 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7

O SSW  SO  NNW  ONO  W NNO 

2.1 2.2 2.3

N NW  SW 

(7 x 1) = (7)

(3 x 1) = (3) [10]

AKTIWITEIT 2: Memorandum

1.1 1.2

 

1.3

2. 3. 4. 5.

1.3

(3 x 1) = (3)

9 Dammetjie  1 In die sandbokse. 

(4 x 1) = (4) [7]

Indekskaarte

Maak seker dat die leerder altyd breedteligging voor lengteligging neerskryf. Laat die leerder dit so onthou: “breedte” kom voor “lengte” in die woordeboek. Voorbeeld:

Suid-Afrika se breedte- en lengteligging sal soos volg wees: 20° S, 20° O

Breedtelyne loop van links na regs oor die kaart, terwyl lengtelyne van bo na onder loop.

© Impaq

14


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Die leerder moet ook die belangrikheid van akkuraatheid besef omdat dit die eerste keer is wat hy/sy te doen gaan kry met kaarte wat soveel besonderhede het. Ruitverwysings: Die meeste kaarte word verdeel in ruitverwysings om dit makliker te maak om spesifieke punte van belang te vind. Hierdie kaarte gebruik veranderlikes aan twee kante van die kaart sodat elke punt twee veranderlikes kan hê. Hierdie veranderlikes word rangskik van noord na suid en van wes na oos. Hier volg ’n voorbeeld van hoe om ruitverwysings te bepaal.

15

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

OEFENING 2 Teken jou eie ruitverwysing deur die volgende instruksies te volg: INSTRUKSIES 1. Jou ruitverwysing moet rye A – F en kolomme 1 – 6 insluit. 2. Jou blokke moet 2 x 2 cm groot wees. 3. Kleur dan blokke C5, F1 en A3 in.

1

2

A

3

4

5

6

A3

A

B

B

C

C5

C

D

D

E

E

F

F1 1

F 2

3

4

5

6

AKTIWITEIT 3: Memorandum 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5

D13  E3  C3  E6  B11, B12, B13 en B14 

2.1 2.2 2.3 2.4 2.5

Windmeul  Hoender  Blommetjie  Boom  Skapie 

© Impaq

(5 x 1) = (5)

(5 x 1) = (5) [10]

16


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1.4

Eenheid

1

Hoe om plekke te vind en roetes te verduidelik met behulp van ’n straatkaart

AKTIWITEIT 4: Memorandum 1. 2.

3. 4. 5. 6.

Historiese gebou  (1) a) D1 en E1  b) C3  c) F1  d) F4  e) B2  (5) 3  (2) Die hoogte bo seevlak op daardie spesifieke plek.  (2) ’n Tremweg word in die stad gebruik en is ’n ou vervoermetode, terwyl treine ’n spoorlyn gebruik word om goedere en/of mense te vervoer.  (1) a) Al hierdie strate het pyltjies op hulle geteken.  (2) b) Dit dui ’n eenrigtingstraat aan.  (2) c) Mens sal moet onthou dat jy net in een rigting kan beweeg.  Jy sal dus ’n ander straat moet gebruik sou jou bestemming aan die einde van ’n eenrigtingstraat wees.  (2)

7. Beginpunt: Kimberley stasie Sodra jy die stasie verlaat, moet jy reguit aanry. By die T-aansluiting,  draai regs in De Beersstraat, links in Quinnstraat, regs in Lennoxstraat.  Volg dan die straat tot op die hoek van Lennox- en Chapelstrate.  2. Na ontbyt, draai af in Chapelstraat en volg die straat tot by Woodleystraat waar jy links draai en die pad volg totdat jy by die inligtingsentrum kom.  Wanneer jy die sentrum verlaat,  draai links in Mainlaan, volg die pad tot by die myn.  3. Gebruik die Reitzstraat-uitgang, draai links op New Mainweg, regs in Jonesstraat en links in Yorkstraat. Die klubhuis is aan jou linkerkant.  4. Om by die minigholf uit te kom, moet jy aanhou met Yorkstraat en regs draai aan die einde van die pad, draai daarna links in Lennoxstraat  en volg die pad totdat die minigholf aan jou linkerkant is.  5. Om by die kliniek te kom, reis terug met Lennoxstraat in die rigting wat jy gekom het, draai links in Du Toitspanstraat  en dan links in die derde straat. Die Medi-kliniek is op die hoek.  6. Om na die stasie terug te keer, draai regs op in Du Toitspanstraat en volg die pad tot by De Beersstraat.  Draai regs in De Beersstraat, dit sal jou tot by die stasie neem.  Bestemming: Kimberley-stasie (13) [30]

1.

17

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

LES 2: SKETSKAARTE EN VERDUIDELIKING VAN ROETES (3 uur) 2.1

Hoe om ’n kaart te teken

Noudat die leerder sekere vaardighede met die verduideliking van roetes aangeleer het, sal hierdie les fokus op die vermoë om ’n roete van een punt na ’n volgende aan te dui. Dit sal gedoen word deur die verskillende elemente te gebruik waarvan die leerder in die vorige les geleer het. Die leerder sal die rigtings op ’n kompas, landmerke en verskillende simbole op kaarte moet gebruik om ’n roete mondelings te verduidelik, afstand te skat en ’n skets van die gewenste roete te teken. Die leerder moet ook genoeg besonderhede gebruik sodat iemand anders dit sal kan verstaan. Hier is ’n voorbeeld van ’n kaart wat jy kan gebruik om die leerders te laat oefen om roetes te teken:

© Impaq

18


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

Verskillende scenario’s kan aan die leerders gestel word, bv.: 1. Teken die roete van die skool na die vulstasie. 2. Teken roete van gebou 2 na die hospitaal. Ander scenario’s kan ook geskets word. Scenario 1

19

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Scenario 2

WENKE •

© Impaq

Beklemtoon hoe belangrik dit is om te weet waar noord is en ook hoe belangrik kompasrigtings is wanneer dit daarby kom om ’n spesifieke roete te volg. Akkuraatheid en netheid is ook baie belangrik. Die leerder moet ’n liniaal gebruik vir enige reguit lyne en moet die sleutel van die kaart so akkuraat as moontlik teken. Dit is sodat die persoon wat die kaart lees dit reg sal verstaan.

20


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

AKTIWITEIT 5: Memorandum 1. 2.

3. 4. 5.

Daar is nie genoeg detail in die eerste skets nie.  (2) Wanneer jy die skool verlaat, hou reguit aan totdat die tennisbane aan jou linkerkant is,  draai dan regs. Hou reguit aan  tot by die Shell-vulstasie  en draai dan links.  Draai links by die hospitaal  en wanneer die strokiesprentwinkel aan jou linkerkant is,  draai regs.  Draai by die sirkel regs  en hou reguit aan by die volgende sirkel.  My huis sal aan jou regterkant wees.  (10) ’n Kompas  en ’n sleutel.  (4) Antwoorde sal hier verskil. Kompas moet N, S, O en W op hê  en sleutel moet bv. huis en skool op hê.  (4) Wanneer jy die skool verlaat, hou reguit aan totdat die tennisbane aan jou linkerkant is,  draai dan suid. Hou reguit aan tot by die Shell-vulstasie en draai dan oos. Draai noord by die hospitaal en wanneer die strokiesprentwinkel aan jou linkerkant is, draai oos.  Draai by die sirkel suid en hou reguit aan by die volgende sirkel.  My huis sal aan jou regterkant wees.  (5) [25]

AKTIWITEIT 6: Memorandum

(12) [12] 21

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

AKTIWITEIT 7: Memorandum 1.

(13) 2. Beginpunt: Pat se roomyswinkel • Verlaat die winkel en draai wes in Eerstestraat.  (5 km) • By die T-aansluiting, draai suid in Vyfdelaan  en hou reguit aan verby die kliniek aan jou regterkant.  (10 km) • Draai wes in Mainstraat.  (5 km) • Wanneer jy verby Dream Nails aan jou regterkant gaan,  draai suid in Mandelastraat.  (2 km) • Na so ’n entjie sal die ingang na die polisiestasie aan jou regterkant wees.  Bestemming: Polisiestasie (Totale geskatte afstand is ongeveer 22 km). (7) [20]

© Impaq

22


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

Eenheid

1

LES 3: AFSTAND EN SKAAL (4 uur) 3.1

Soorte skale

Daar is drie verskillende soorte skale, naamlik woordskaal (WOORDE), verhoudingskaal (BREUKE) en lynskaal. Hierdie skale word gebruik om te wys hoeveel kleiner ’n kaart of foto as in die werklikheid is. Beklemtoon aan die leerder hoe belangrik dit is om die vraag en stellings vir elke skaal te analiseer omdat akkuraatheid en die gebruik van die regte eenhede van die uiterste belang is.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE Hieronder volg ’n paar skakels wat jy in die klas kan wys om die volgende begrippe aan die leerders te verduidelik. •

Lynskaal: https://goo.gl/GURYnh

Verhoudingskaal: https://goo.gl/bQnxhx

Skaal: Stel die verhouding voor tussen die afstand op die kaart en in die werklikheid. https://goo.gl/kVjALm https://goo.gl/HvQr6V https://goo.gl/DOoE4z

Die gebruik van ’n verhoudingskaal: Formule:

Afstand gemeet op kaart Getal 1 cm in 1 km

×

Skaal 1

Voorbeeld (Skaal = 1:50 000) 5 cm 50 000 × 100 000 1 = 2,5 km

23

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

Voorbeeld: Bereken die afstand tussen A en B in kilometer. 12 cm B A Skaal 1:50 000

Afstand= Daar is 100 000 cm in 1 km

12 cm 50 000 × 100 000 1

= 6 km

AKTIWITEIT 8: Memorandum Die verhouding van die skaal wat gebruik word, is 1:50 000. 1. 2. 3. 4. 5. 6.

7.

© Impaq

Neem asseblief kennis dat die yking van

15 km  liniale nie altyd so akkuraat is as wat ons dit wil hê nie. Laat ruimte vir foute wanneer 4 km  lynskale gedoen word. Jy kan dit ook aan 5 m  die leerder verduidelik. Daar sal gewoonlik ’n verskil van tussen 1 en 2 mm in 10 km  afmetings wees. Daar moet ’n foutgrens in 150 m  die antwoorde van toetse en eksamens wees. 10 x 0,5  = 5 km  10 cm x 50 000 100 000 1 = 5 km 8,5 x 0,5 = 4,25 km  (rond af) 8,5 cm x 50 000 100 000 1 = 4,25 km

24

(2) (2) (2) (2) (2)

(2)

(3) [15]


Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

3.2

Eenheid

1

Vergelykende skale

Die berekening van afstand op kaarte met ’n lynskaal Die doel van die oefening met lynskaal is dat leerders dit stap vir stap voltooi. Dit is baie belangrik, veral die gebruik van ’n stukkie tou of los papier. Om die afstand te skat gaan nie werk nie, omdat dit gaan beteken dat daar ’n groot verskil tussen die geskatte antwoord en die korrekte antwoord is.

AKTIWITEIT 9: Memorandum 1.

2.

3.3

Kaart van die wêreld.  Kaart van Afrika.  Kaart van Suid-Afrika.  Kaart van Pretoria.  8 x 0,5 = 4 km  8 cm x 50 000 100 000 1 = 4 km

(2 x 4) = (8)

(2) [10]

Die berekening van afstand op kaarte

AKTIWITEIT 10: Memorandum 1. 2. 3. 4. 5.

700 km  850 km  Dit bereken nie die roete-afstand nie.  5 m  87,5 m 

25

(2) (2) (1) (2) (3) [10]

© Impaq


Eenheid

Fasiliteerdersgids G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

1

AKTIWITEIT 11: Memorandum 1. 2. 3. 4.

800 m  450 m  870 m  550 m 

(2) (2) (2) (2) [8]

LES 4: HUIDIGE GEBEURE (2 uur) 4.1

Breedte- en lengteligging

Beklemtoon weer dat die leerder altyd breedteligging voor lengteligging moet neerskryf. Laat die leerder dit so onthou: “breedte” kom voor “lengte” in die woordeboek. Voorbeeld:

Suid-Afrika se breedte- en lengteligging sal soos volg wees. 20° S, 20° O

Breedtelyne loop van links na regs oor die kaart, terwyl lengtelyne van bo na onder loop.

4.2

Aktuele sake

Dit is uiters belangrik vir geograwe om op datum te bly met huidige gebeure. Om hierdie rede moet die leerder weekliks tydskrif- of koerantartikels versamel en die artikels analiseer.

© Impaq

26


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.