Í2’È-A-SOS-SG02IÎ
1
8
0
7
-
A
-
S
O
S
-
S
G
0
2
SOSIALE WETENSKAPPE HANDLEIDING: GEOGRAFIE Graad 7
A member of the FUTURELEARN group
Sosiale Wetenskappe Handleiding: Geografie
1807-A-SOS-SG02
Í2’È-A-SOS-SG02IÎ
Graad 7
Aangepas vir KABV
T Greyling S Jordaan T van Vollenhoven
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE .................................................................................................................. 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 4 JAARBEPLANNING ........................................................................................................... 6 EENHEID 1: Kaartvaardighede ......................................................................................... 7 Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte ...................................................... 9 Oefening 1 ....................................................................................... 13 Aktiwiteit 1 ........................................................................................ 19 Aktiwiteit 2 ........................................................................................ 20 Oefening 2 ....................................................................................... 23 Aktiwiteit 3 ........................................................................................ 24 Aktiwiteit 4 ........................................................................................ 30 Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes .................................... 32 Aktiwiteit 5 ........................................................................................ 33 Aktiwiteit 6 ........................................................................................ 34 Aktiwiteit 7 ........................................................................................ 35 Les 3: Afstand en skaal............................................................................. 36 Aktiwiteit 8 ........................................................................................ 40 Aktiwiteit 9 ........................................................................................ 43 Aktiwiteit 10 ...................................................................................... 46 Aktiwiteit 11 ...................................................................................... 46 Les 4: Huidige gebeure ............................................................................. 48 Oefening 3 ....................................................................................... 46 EENHEID 2: Aardbewings, vulkane en vloede .............................................................. 58 Les 5: Struktuur van die aarde ................................................................. 60 Aktiwiteit 12 ...................................................................................... 68 Aktiwiteit 13 ...................................................................................... 72 Les 6: Aardbewings .................................................................................. 73 Aktiwiteit 14 ...................................................................................... 88 Aktiwiteit 15 ...................................................................................... 89 Les 7: Vulkane ........................................................................................... 90 Aktiwiteit 16 ...................................................................................... 96 Les 8: Vloede ............................................................................................. 97 Aktiwiteit 17 .................................................................................... 106 Aktiwiteit 18 .................................................................................... 109 Oefening 4 ..................................................................................... 112 EENHEID 3: Bevolkingsgroei en -verandering ............................................................ 116 Les 9: Bevolkingsbegrippe ..................................................................... 118 Aktiwiteit 19 .................................................................................... 124 Aktiwiteit 20 .................................................................................... 125 Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed .................... 128 Aktiwiteit 21 .................................................................................... 138 Les 11: Die wêreld se bevolkingsgroei .................................................... 140 1
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Aktiwiteit 22 .................................................................................... 141 Aktiwiteit 23 .................................................................................... 148 Oefening 5 ..................................................................................... 149 EENHEID 4: Natuurlike hulpbronne en bewaring in Suid-Afrika................................ 154 Les 12: Natuurlike hulpbronne ................................................................ 155 Aktiwiteit 24 .................................................................................... 160 Les 13: Bestuur van hulpbronne ............................................................. 161 Aktiwiteit 25 .................................................................................... 173 Les 14: Water in Suid-Afrika .................................................................... 173 Aktiwiteit 26 .................................................................................... 178 Aktiwiteit 27 .................................................................................... 181 Oefening 6 ..................................................................................... 184 BIBLIOGRAFIE ............................................................................................................... 187 BYLAE............................................................................................................................. 191
Š Impaq
2
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
LESELEMENTE LEERDOELWITTE Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING Ter afsluiting van die spesifieke eenheid.
KERNINHOUD Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Alle leselemente word nie noodwendig in die handleiding gebruik nie.
3
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
VOORWOORD BYKOMENDE LEESSTOF Alle inligting wat jy benodig om die jaar in Geografie suksesvol te voltooi, is in hierdie handleiding. Die volgende word aanbeveel vir verryking: Johannesson, B, Monteith, M, Ranby, P. 2013. Platinum Sosiale Wetenskappe Graad 7 Leerderboek, Kaapstad: Maskew Miller Longman. Enige gepubliseerde atlas. INLEIDING Sosiale Wetenskappe is een vak, maar elke afdeling (Geografie en Geskiedenis) het sy eie handleiding en fasiliteerdersgids. Geografie is meer as net ’n studie van die aarde soos in die verlede geglo is. In werklikheid is dit die studie van beide die menslike en fisiese omgewing. Geograwe stel belang in die natuurlike prosesse wat plaasvind in verskillende omgewings, die mens se aktiwiteite sowel as sy nedersettings, ons onderlinge afhanklikheid van ons onmiddellike omgewing sowel as die impak wat ons op daardie omgewing het. Maar belangriker as enige iets anders, is geograwe gefassineerd met verandering. Ons leef in ’n wêreld wat konstant aan die verander is en dus is die gebeurtenisse wat ons bestudeer ook in ’n omgewing wat konstant verander. Hierdie handleiding sal spesifiek fokus op ruimtelike geletterdheid, patrone en tendense, asook op die lees en teken van basiese kaarte deur ’n woordskaal en lynskaal te gebruik. Dit sal ook ’n afdeling behandel wat te doen het met natuurrampe soos veroorsaak deur die beweging van die aarde, bevolkingsgroei en verandering, en volhoubare beskerming van natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika. Al die bogenoemde is in ooreenstemming met die riglyne soos uiteengesit in die KABV-kurrikulum. Om hierdie handleiding tot sy reg te laat kom, moet jy nie slegs die inhoud leer nie, maar dit ook verstaan en kan toepas. Omdat geografie konstant aan die verander is, word jy aangemoedig om die wêreld rondom jou te bestudeer. Verder moet jy streef om jou kennis te verbreed deur die internet, biblioteke en tydskrifte en mees belangrik, jy moet op hoogte bly van aktuele sake deur ten minste drie keer per week nuus te kyk of na die radio te luister. Stel ’n “artikelboek” saam waarin jy belangrike geografiese gebeurtenisse kan opteken en analiseer, veral gebeurtenisse wat die nuus haal. Jy kan ook die hierdie gebeurtenisse op ’n kaart aanteken. Jy behoort aan die einde van hierdie handleiding ’n nuuskierigheid te openbaar teenoor die wêreld waarin ons leef. Jy sal ’n werkende algemene kennis hê oor die natuurlike prosesse wat dwarsoor die aarde aan die werk is. Jy sal ook die interaksie tussen die natuurlike omgewing en die samelewing verstaan. Jy moet omgee oor die planeet en die welstand van alles en almal wat daarop woon. Jy sal die vaardighede van onafhanklike denke moet © Impaq
4
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
demonstreer asook die vermoë om dit te ondersteun met geografiese kennis. Jy moet verskillende bronne verstaan en daarmee kan werk om die gebeurtenisse in jou omgewing waar te neem en te analiseer. Jy sal ’n rykdom kennis bekom oor mense, plekke, gebeurtenisse en probleme deur verskillende bronne te gebruik. Met dié kennis sal jy ingeligte besluite kan neem, jou idees en inligting effektief kan kommunikeer en mees belangrik, gepaste besluite kan neem en toepaslike stappe in plek kan stel.1
1National
Protocol for Assessment Grades R – 12, CAPS-SS-Senior phase, p. 14 5
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
JAARBEPLANNING EENHEID
DATUM BEGIN
LES Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte
1
Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes Les 3: Afstand en skaal Les 4: Huidige gebeure Les 5: Struktuur van die aarde Les 6: Aardbewings
2 Les 7: Vulkane Les 8: Vloede Les 9: Bevolkingsbegrippe 3
Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed Les 11: Die wêreld se bevolkingsgroei Les 12: Natuurlike hulpbronne
4
Les 13: Bestuur van hulpbronne Les 14: Water in Suid-Afrika
© Impaq
6
DATUM VOLTOOI
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
EENHEID 1: Kaartvaardighede LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Ruitverwysings kan gebruik om plekke op ’n straatkaart te vind. ’n Straatkaart en kompas kan gebruik om ’n spesifieke roete aan te dui. ’n Kaart van ’n spesifieke area kan teken. Skaal kan gebruik en definieer, kan onderskei tussen lyn- en woordskale, verskillende soorte skale kan vergelyk en daardie skale kan gebruik om afstand te bereken. Die verskil tussen breedte- en lengteligging identifiseer en dit kan gebruik om aan te dui waar gebeurtenisse op ’n wêreldkaart plaasgevind het. Op hoogte van aktuele sake kan bly en sekere gebeurtenisse kan analiseer om sekere inligting te bekom, bv. waar, wanneer, hoe en hoekom ’n gebeurtenis plaasgevind het, asook wat die uitwerking van die gebeurtenis was.
INLEIDING Die fokus van hierdie eenheid is om jou vaardigheid vir die lees van kaarte te ontwikkel asook hoe effektief jy met verskillende soorte kaarte werk. Jy sal verskillende kaarte bestudeer. Dit sluit fisiese, staatkundige, padkaarte en getekende kaarte in. Verder sal jy leer oor die verskillende elemente van elkeen van hierdie kaarte en hoe om hierdie kennis prakties toe te pas. Hierdie eenheid sal jou ook leer hoe om verskillende geografiese vaardighede te gebruik sowel as die elemente wat jou sal help om jou kennis toe te pas. Dit sluit in die kompas, lyn- en woordskaal, ruitverwysings en lengte- en breedtelyne. Die volgende definisies sal jou help om die kaarte wat in les 1 behandel word, beter te verstaan. Maak seker dat jy die definisies ken voordat jy met les 1 begin.
7
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
DEFINIEER Kaart
’n Kaart is ’n prentjie, foto of voorstelling van die aarde se oppervlak wat wys hoe elemente met mekaar in verhouding staan met betrekking tot afstand, rigting en grootte.
Spesifieke kaarte kan gedefinieer word, byvoorbeeld staatkundige, fisiese, topografiese, klimaat-, ekonomiese en hulpbron-, pad- en straatkaarte. Hoogte
Die hoogte van ’n plek bo seespieël, gewoonlik in meter gemeet.
Bopunt van die piek is 840 m bo seespieël.
Kontoerlyne
Lyne wat op ’n kaart gebruik word om hoogte en helling aan te dui. Hierdie lyne word op gereelde intervalle geplaas.
Kontoerintervalle
Neerslag
Die hoeveelheid water in die atmosfeer, soos reën, mis, ys en sneeu.
Diagram
’n Skets of prentjie wat iets verduidelik.
Hoofwindrigtings © Impaq
Die hoofwindrigtings is N, O, S, W. 8
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
LES 1: PLAASLIKE KAARTE EN STRAATKAARTE Die onderstaande soorte kaarte bevat verskillende besonderhede en word gebruik om sekere inligting aan die gebruiker te kommunikeer. Elke soort kaart sal volledig in die les bespreek word. Die doel van kaarte sal verduidelik word, asook watter inligting dit verskaf. 1.1
Soorte kaarte
’n Kaart is ’n prentjie, foto of voorstelling van die aarde se oppervlak wat wys hoe elemente met mekaar in verhouding staan met betrekking tot afstand, rigting en grootte. Daar is baie verskillende soorte kaarte en elke kaart word vir ’n spesifieke doel gebruik. Verwys na die bylae vir kleurweergawes van die kaarte.
Staatkundige kaarte wys internasionale, nasionale en provinsiale grense van lande en ander gebiede. Dit sluit gewoonlik die plasings van stede in, afhangende van die detail op die kaart.
Grens tussen provinsies, bv. die grens tussen Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en Noordwes. Hoofstede van Gauteng is aangedui: Pretoria en Johannesburg.
’n Staatkundige kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/X9JrAD
9
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
’n Fisiese kaart wys die fisiese geografiese kenmerke van die gebied soos berge, riviere en mere. Water word altyd in blou aangedui. Veranderings in hoogte word gewoonlik met verskillende kleure en kleurskakerings aangedui.
Riviere word aangedui met dun blou lyne en berge in bruin. Verskillende skakerings van bruin word gebruik om die hoogte van die bergreeks aan te dui.
Fisiese kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/wnkMPU
’n Topografiese kaart wys ook fisiese kenmerke, maar gebruik kontoerlyne en wys ook mensgemaakte strukture. Alle topografiese kaarte gebruik simbole om die verskillende kenmerke soos paaie, damme en kragdrade aan te dui.
Sleutel aan die onderkant van ’n topografiese kaart dui aan watter simbole vir elke kenmerk op die kaart gebruik word, bv.:
Hoofpad
Bome
Topografiese kaart van Kaapstad Bron: https://goo.gl/6PtMke © Impaq
10
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Klimaatkaarte gebruik kleur om inligting oor die klimaat van ’n bepaalde gebied aan te dui. Die klimaat van ’n gebied is die basiese weerpatroon en neerslag oor ’n vasgestelde tydperk. Die kleursleutel gee ’n aanduiding van die temperatuur in ’n bepaalde gebied of streek oor ’n vasgestelde tydperk, bv.: Rooi: dui gemiddelde temperature van 7,5 °C en minder in ’n bepaalde streek aan. Blou: dui gemiddelde temperature tussen 7,5 °C en 10 °C in ’n bepaalde streek aan. Bruin: dui gemiddelde temperature tussen 10 °C en 15 °C in ’n bepaalde streek aan. Wit: dui gemiddelde temperature tussen 15 °C en hoër in ’n bepaalde streek aan.
Wintertemperature van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/FBNj9N
Pad- en straatkaarte is die soort kaarte wat die meeste gebruik word. Dit dui hoofweë, paaie, hospitale, parke en ander belangrike plekke aan. Mense gebruik gewoonlik hierdie soort kaarte om die pad na ’n plek te vind, byvoorbeeld ’n vriend se huis in ’n ander deel van die stad.
Dui hoofweë en paaie aan, bv. aanduiding van spesifieke straatname.
Straatkaart van Pretoria se middestad Bron: https://goo.gl/Q9Sq49
11
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Ekonomiese en hulpbronkaarte dui spesifieke soorte ekonomiese aktiwiteite aan. Dit kan ook die natuurlike hulpbronne in die gebied aandui. Dit word gedoen deur verskillende kleure en simbole te gebruik afhangende van wat op die kaart aangedui word.
Hulpbronne wat in ’n bepaalde gebied verbou en/of verwerk word en ekonomiese aktiwiteite voortbring, bv. in Kaapstad, Wes-Kaap: Olieraffinadery Ingenieurswerke Voertuie Tekstiele/klerasie Chemikalieë en kunsmisstowwe Kos/drank/tabak Landboukaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/5tBLFg
© Impaq
12
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
OEFENING 1 Pas die gebruik van die kaart in kolom B by die soort kaart in kolom A. Skryf slegs die korrekte letter (A – F) langs die vraagnommer (1.1 – 1.6) neer, bv. 1.7 G. KOLOM A Soort kaart
KOLOM B Gebruik van die kaart
A
Dui fisiese geografiese kenmerke van ’n gebied aan.
1.2
B
Dui hoofweë, paaie, hospitale, parke en ander belangrike plekke aan.
1.3
C
Dui fisiese kenmerke, kontoerlyne en mensgemaakte strukture aan.
1.4
D
Dui die klimaat van ’n gebied oor ’n vasgestelde tydperk aan.
1.5
E
Dui spesifieke soorte ekonomiese aktiwiteite aan.
F
Dui internasionale, nasionale en provinsiale grense van lande en ander gebiede.
1.1
1.6
13
© Impaq
Eenheid
1.2
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eienskappe van kaarte
Elke gedetailleerde kaart moet die volgende eienskappe bevat: ’n Voëlperspektief/lugaansig: Omdat kaarte plat is, moet daar gewoonlik vir jou ’n voëlvlugaansig van die gebied gegee word. Met ander woorde, ’n aansig van die kaart asof jy daarop neerkyk vanuit die lug.
Voëlperspektief van Parys, Arc de Triomphe Bron: https://goo.gl/x9zQBa
Rigting: Alle kaarte moet ’n pyltjie bevat wat noord aandui. Dit sal jou help om die ander rigtings uit te werk om sodoende die oriëntasie van die kaart te bevestig, bv. noord, suid, oos en wes. Op die volgende bladsy is ’n illustrasie van ’n windroos wat die 16 kardinale punte van ’n kompas aandui.
Windroos: Die 16 kardinale punte van ’n kompas
© Impaq
14
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Plek/ligging: ’n Rigting, topografiese of straatkaart wat presies aandui waarheen ’n persoon op pad is. Dit beteken alle geboue, riviere, paaie, ens. moet duidelik aangedui word. Dié elemente word egter nie op ’n wêreldkaart aangedui nie. Die hoeveelheid besonderhede hang af van die funksie van die kaart.
Simbole: Ons kan sekere besonderhede aandui deur prentjies te gebruik wat landmerke en belangrike strukture verteenwoordig. ’n Kruis kan byvoorbeeld ’n hospitaal aandui, ’n hoofletter P ’n polisiestasie, of ’n stippellyn kan gebruik word vir elektriese kragdrade. Dié tekens kan egter net verstaan word as daar ’n sleutel op die kaart ingesluit is. Punt
Benaming Windpomp
Monument
Kommunikasietoring
Peilbaken Vuurtoring en seevaartlig Watertoring, reservoir, waterpunt Lyn
Benaming Standhoudende rivier Pyplyn (bo die grond) Sekondêre pad, hoogtemerk Bewaringsgebied Spoorweg, stasie of sylyn Kraglyn Hoofverkeersroete
15
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Gebied/area
Benaming Erosie; sand Standhoudende water Moeras en vlei Boord of wingerd Beboste gebied Beboude gebied (hoë, lae digtheid) Begraafplaas; graf
Sleutel: ’n Sleutel is ’n klein blokkie op die kaart wat verduidelik wat elke prentjie, teken en simbool beteken, bv. kraglyn. Sleutel Kraglyn (Elektriese kragdrade) Pyplyn Vuurtoring en Seevaartlig
© Impaq
Skaal: Natuurlik kan ons nie ’n gebied wat kilometers groot is realisties op ’n A4bladsy voorstel nie. Daarom word alle kaarte verklein tot voorstellings van dit wat in die werklike wêreld verskyn, bv. 1 km in die werklikheid word verklein tot 1 cm op die kaart. Daar is verskillende voorbeelde van skale wat ons kan gebruik, bv. woordskaal, verhoudingskaal en lynskaal. ’n Volledige beskrywing van elke soort skaal word in les 3 bespreek.
16
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
VIR DIE NUUSKIERIGES Om rigting te bepaal het jy ’n kompas nodig. Volg die onderstaande instruksies om jou eie kompas te maak. MAAK JOU EIE KOMPAS Daar is verskeie video’s beskikbaar op YouTube wat jou kan help, bv. https://goo.gl/oVnHa2. Benodighede: bak met water klein bakkie magneet spyker
WENKE Jy sal die volgende webblaaie baie nuttig vind:
Soorte neerslag: https://goo.gl/UsJVay Hoe ’n kompas werk: https://goo.gl/TqbZna
Identifiseer eers die vier hoofwindrigtings. Gebruik die volgende sin om die vier hoofwindrigtings te onthou, “Nico onthou sy wortels”, wat die rigtings noord, oos, suid en wes voorstel.
17
© Impaq
Eenheid
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Vul daarna die halfpadpunt tussen elkeen van die hoofpunte in. Maak seker jy begin altyd met noord en suid voor oos en wes omdat dit belangriker is, bv. wanneer jy die punte aandui wat halfpad tussen oos en suid is, sal die rigting suidoos of SO wees, en nie oossuid nie.
Skryf daarna die hoofrigting wat die naaste is gevolg deur die halfpadpunt, bv. die rigting tussen suidwes en wes sal geskryf word as wessuidwes of WSW omdat wes die naaste hoofrigting is. As die punt wat jy beskryf egter nader aan suid is, sal jy dit aandui as suidsuidwes aangesien die naaste hoofrigting suid is.
Gaan kyk gerus na: https://goo.gl/BsCe6T
18
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
AKTIWITEIT 1 Gebruik die windroos en wenke in die les om die aktiwiteit te voltooi.
1.
2.
In watter rigting moet die skoenlapper vlieg om by die volgende diere uit te kom? 1.1 Die leeu 1.2 Die skilpad 1.3 Die aap 1.4 Die olifant 1.5 Die vark 1.6 Die skaap 1.7 Die voĂŤl
(7)
In watter rigting moet die volgende diere beweeg om by die skoenlapper uit te kom? 2.1 Die haai 2.2 Die aap 2.3 Die vis
(3)
[10]
19
Š Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
AKTIWITEIT 2 Gebruik die kaart van die park om die volgende vrae te beantwoord.
1.
Watter simbole word gebruik om die volgende verskynsels aan te dui? (3) 1.1 1.2 1.3
’n Boom Die paadjie ’n Blombedding
2.
Hoeveel blombeddings is daar in die park?
(1)
3.
Waar sal jy die eende voer terwyl hulle swem?
(1)
4.
Hoeveel wipplanke is in die park?
(1)
5.
As jy daarvan hou om sandkastele te bou, waar sal jy speel?
(1) [7]
© Impaq
20
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1.3
Eenheid
1
Indekskaarte
Die volgende definisies hou verband met hoe en waar indekse gebruik word:
DEFINIEER Alfabetiese volgorde
In die volgorde van die alfabet, m.a.w. A tot Z. Voorbeeld: Suid-Afrika se provinsies in alfabetiese volgorde: Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noord-Kaap Noordwes Oos-Kaap Vrystaat Wes-Kaap
Landmerk
’n Groot gebou, boom, berg of enige bekende, prominente en maklik herkenbare struktuur wat as verwysing of gids kan dien. Voorbeeld: Die Voortrekkermonument in Pretoria.
Bron: https://goo.gl/MPZH86
Die Voortrekkermonument is ’n baie bekende landmerk in Pretoria.
Verwysing
Gewoonlik letters of figure wat iets of iemand op ’n kaart voorstel. Voorbeeld: Stel ’n boord of wingerd op ’n topografiese kaart voor.
21
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Die meeste kaarte word verdeel in ruitverwysings om dit makliker te maak om spesifieke punte van belang te vind. Hierdie kaarte gebruik veranderlikes aan twee kante van die kaart sodat elke punt twee veranderlikes kan hê. Hierdie veranderlikes word rangskik van noord na suid en van wes na oos. Die wêreld is ook in ’n ruitverwysingstelsel verdeel wat koördinate genoem word. Koördinate word in les 5 in diepte behandel. Die ruitverwysingstelsel is soortgelyk aan koördinate. Ons kan ’n plek vinnig vind deur ’n ruitverwysing te gebruik. Die kolomme word deur nommers, wat bo en/of onder op die bladsy gevind kan word, geïdentifiseer. Die rye word geïdentifiseer deur letters wat aan die linker- en/of regterkant van die kaart gevind kan word. Enige ruit kan vinnig identifiseer word deur ’n letter en ’n nommer te gebruik, bv. D4. Gaan na ry D en beweeg dan na kolom 4. Waar hierdie twee (ry en kolom) ontmoet, is ruit D4.
N 1
W
2
3
5
A
A
B
B
C
C
D
D
E
E 1
2
3 S
© Impaq
4
22
4
5
O
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Kyk na die volgende kaart wat in ’n ruitverwysing verdeel is.
Die kasteel sal in G7 en G8 wees en die dammetjie in B9.
OEFENING 2 Teken jou eie ruitverwysing deur die instruksies te volg. INSTRUKSIES 1. Jou ruitverwysing moet rye A – F en kolomme 1 – 6 insluit. 2. Jou blokke moet 2 x 2 cm groot wees. 3. Kleur dan blokke C5, F1 en A3 in.
23
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
AKTIWITEIT 3 Gebruik die kaart op die vorige bladsy om die volgende vrae te beantwoord. 1.
Gee die ruitverwysings van die volgende. Maak seker jy gee die verwysings van AL die blokke waarin die voorwerp val. (5) 1.1 Die trekker 1.2 Die koei 1.3 Die perd 1.4 Die vark 1.5 Die brug
2.
Wat sal jy by die volgende punte op die kaart vind? 2.1 K13 2.2 E10 2.3 B6 2.4 F5 2.5 G2
(5)
[10] Verwysingsboeke en gidse het gewoonlik ’n indeks aan die agterkant wat die inhoud alfabeties lys. Dit maak dit makliker om spesifieke inligting op te spoor. Kaartboeke werk op dieselfde manier. Daar is ’n indeks van straatname en belangrike geboue wat die ruitverwysing asook bladsynommer vir elke naam gee. ’n Inhoudsopgawe, aan die ander kant, is voor in die boek, wat die inhoud gee in die volgorde waarin dit in die boek verskyn, gewoonlik met bladsynommers. 1.4
Hoe om plekke te vind en roetes te verduidelik met behulp van ’n straatkaart
Die volgende definisies sal jou help om plekke te vind en roetes te verduidelik met behulp van ’n straatkaart.
DEFINIEER
© Impaq
Beginpunt
Die plek waar die reis begin.
Bestemming
Die plek waar die reis eindig.
Oorvloedig
Wanneer iets in groot getalle voorkom of verskyn, bv. bome of riviere. 24
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Oppervlakkig
Iets wat nie ernstig is nie, dit kan ook vlak of naby aan die bokant van iets voorkom.
Punthoogte
Presiese punt op ’n kaart wat die hoogte van ’n berg of koppie aandui.
Gebruik die volgende stappe om ’n roete op ’n straatkaart aan te dui: 1. Vind beide die beginpunt (vertrekpunt) asook die bestemming op die kaart. 2. Bestudeer die kaart om vas te stel wat die vinnigste roete tussen die beginpunt en bestemming is. 3. Gebruik woorde soos “draai links” of “beweeg reguit aan” of “ry oor die straat” om hierdie roete te beskryf. 4. Noem enige belangrike landmerke of fisiese elemente soos geboue, bome, parke, inkopiesentrums, of enige ander relevante inligting. Bestudeer die volgende voorbeeld: Mandy wil met haar hond in die park gaan stap en vra dat Lucy moet saamkom. Lucy weet nie waar die park is nie, so Mandy moet vir haar aanwysings gee.
25
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Aanwysings Beginpunt: Lucy se huis In Dassielaan, beweeg in ’n oostelike rigting tot by die T-aansluiting. Draai regs in Valklaan. Beweeg reguit aan. Die biblioteek sal aan jou linkerkant wees; beweeg aan tot by die T-aansluiting. Draai links in Vyfdestraat en dadelik weer links in Orrlaan. Beweeg verby die supermark aan jou regterkant tot by Parkstraat. Draai regs in Parkstraat. Die park sal aan jou linkerkant wees.
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Bestemming: Park
Š Impaq
26
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Voorbeeld van hoe die roete sal lyk:
Hier volg nog ’n voorbeeld: Gebruik kaart A van Kimberley op die volgende bladsy en die sleutel om aanwysings aan jou vriend te gee. Hy wil vanaf die Stadskliniek (City Clinic) in G2, waar hy sy siek ouma besoek het, na die D. McHardy-aandenkingsfontein in C3 ry. WENK Probeer eers self die roete uitwerk voordat jy na die aanwysings kyk. Aanwysings
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Beginpunt: Stadskliniek (City Clinic) Wanneer jy die hospitaal verlaat, draai in ’n noordelike rigting in Hollandstraat in. By die T-aansluiting, draai in ’n oostelike rigting in Lennoxstraat in. Hou reguit met hierdie straat aan totdat jy by die kruising van Quinnstraat en Lennoxstraat kom, jy sal die Rhodes-standbeeld voor jou sien. Draai noord in Quinnstraat in en hou reguit aan totdat jy Ou De Beersstraat oorkruis. Neem die eerste straat regs en draai dan links in Florencestraat. Dit is ’n eenrigtingpad. Hou aan tot aan die einde van die straat, die D. McHardy-aandenkingsfontein sal aan jou linkerkant wees. Bestemming: D. McHardy-aandenkingsfontein 27
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
SLEUTEL Ander strate Deurlooppad Nasionale roete Historiese geboue Gedenktekens Hospitale Spoorweg Myntremweg Punthoogte Mynkantore Inligtingskantoor
Š Impaq
28
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Kaart A
’n Straatkaart van Kimberley in die Noord-Kaap.
29
Š Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
Kaart B
AKTIWITEIT 4 Gebruik die kaarte van Kimberley en die sleutel om die volgende vrae te beantwoord. 1.
Watter soort gebou is die stadsaal (City Hall)?
(1)
2.
Gee die ruitverwysing van die volgende op kaart A: a) Kimberley-myn (Kimberley Mine) b) Kimberley-treinstasie c) ’n Medicross-kliniek d) Kimberley Regiment e) Elliotstraat
(5)
3.
Hoeveel punthoogtes is daar op kaart A?
(2)
4.
Wat dink jy verteenwoordig hierdie punthoogtes?
(2)
5.
Wat dink jy is die verskil tussen ’n tremweg en ’n spoorweg?
(1)
© Impaq
30
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
6.
Vind die volgende strate op die kaart: Chapel, Woodley, Jones en Warren. a) Wat kom jy agter oor hierdie strate? Wat is die verskil tussen hierdie strate en die ander strate op die kaart? (2) b) Wat dink jy dui dit aan? (2) c) Hoe gaan dit die manier waarop jy aanwysings gee beïnvloed? (2)
7.
Jou vriendin besoek jou vanaf ’n ander dorp. Lees die scenario hieronder en beskryf die roete wat jy sal gebruik. Onthou om jou verduideliking so gedetailleerd as moontlik te maak sodat sy nie verdwaal nie. Gebruik kaart A vir jou aanwysings. (13)
Scenario Sarah het in Kimberley aangekom via die Metrotrein. Sy het om 09:00 by die Kimberleystasie aangekom. Nadat jy haar by die stasie ontmoet het, was jou plan om haar al die besienswaardighede in Kimberley te wys, maar eers het julle ontbyt by Wimpy gaan eet. Wimpy is op die hoek van Lennox- en Chapelstrate. Ná ontbyt het julle gou by die inligtingsentrum gestop om brosjures te kry om te besluit na watter interessante plekke julle wil gaan. Julle eerste stop was die Groot Gat, aangesien dit is waarvoor Kimberley bekend is. Die ingang is in Mainstraat en die uitgang in Reitzstraat. Daarna het julle by die Kimberley-klubhuis vir ’n koeldrank gestop, gevolg deur ’n rondte minigholf. Terwyl jy en Sarah ’n potjie minigholf gespeel het, het sy geval en haar knie teen een van die klippe stukkend gestamp. Die sny het baie gebloei en julle het na die Medi-kliniek gehaas in geval sy steke moes kry. Gelukkig was dit ’n oppervlakkige wond en nadat dit skoongemaak is, is sy ontslaan. Sarah het ’n lang dag gehad en het besluit dit is beter vir haar om dadelik huis toe te gaan in plaas daarvan om die nag daar oor te bly. Jy het haar terug na die treinstasie gevat, vanwaar sy onmiddellik huiswaarts gekeer het. [30]
31
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
LES 2: SKETSKAARTE EN VERDUIDELIKING VAN ROETES Die onderstaande verduidelikings en sketse is eenvoudige verduidelikings om jou van jou beginpunt na jou bestemming te vat. Die sketse gee ’n aanduiding hoe jy moet ry of loop van die beginpunt tot by jou bestemming, watter besienswaardighede jy langs die pad sal sien, en wat as bakens gebruik kan word sodat jy sal weet in watter rigting jy moet beweeg of draai. 2.1
Hoe om ’n kaart te teken
Wanneer jy ’n kaart teken, moet jy sekere eienskappe in gedagte hou. Kyk na die volgende prente. Dit verteenwoordig twee sketse wat Thabo geteken het om aan sy vriende te verduidelik hoe om van die skool af tot by sy huis uit te kom vir sy verjaarsdagpartytjie. Skets 1
Beginpunt
Bestemming
© Impaq
32
My huis
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Thabo het begin deur die skool en sy huis te teken en die roete tussen die twee bestemmings aan te dui. Ongelukkig het sy vriende nie verstaan nie, want daar was nie genoeg inligting op die kaart nie, dus was sy instruksies onduidelik. Om hierdie rede het hy sekere landmerke bygesit sodat die kaart makliker is om te lees. Skets 2 Rugbyvelde
Beginpunt
Tennis -bane
Polisiestasie Shellvulstasie
AKTIWITEIT 5 Gebruik die sketse (skets 1 en 2) hierbo om die volgende vrae te beantwoord. 1.
Wat is die hoofverskil tussen skets 1 en skets 2?
2.
Gebruik die twee sketse om, in woorde, die roete te verduidelik wat Thabo se vriende sal gebruik om vanaf die skool tot by sy huis uit te kom. Onthou om die stappe te gebruik wat aan jou gegee is oor hoe om ’n roete aan iemand te verduidelik. (10)
3.
Daar is twee baie belangrike aspekte wat nie in die tweede skets is nie. Wat is dit?
(4)
Gee jou eie weergawes van hierdie elemente.
(4)
4.
33
(2)
Š Impaq
Eenheid
5.
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Gebruik dieselfde beskrywing soos wat jy in vraag 2 gebruik het, maar gebruik hierdie keer die kompasrigtings in jou beskrywing. (5) [25]
AKTIWITEIT 6 Jy, Steve en Liam is in dieselfde klas en moet ’n skooltaak saam doen. Julle besluit om by die biblioteek aan die taak te werk. Hieronder is ’n voorstelling van die dorpie waarin julle woon.
1.
Liam en Steve weet nie waar die biblioteek is nie en jy moet vir hulle ’n kaart teken om die roete te verduidelik. Onthou die volgende: Jy gaan twee beginpunte hê. Die straatname. Vul die name van die ander landmerke en geboue in. Sluit ’n kompas met die vier hoof kompasrigtings by jou kaart in. (12) [12]
© Impaq
34
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
AKTIWITEIT 7 Noudat jy die lees en teken van getekende kaarte geoefen het, moet jy die kuns bemeester om sketskaarte te kan teken. Bestudeer die getekende kaart en lees die inligting wat volg. Gebruik dan hierdie inligting om die aktiwiteit te voltooi. Skets van ’n nabygeleë dorpie
INLIGTING Roete vanaf die gholfbaan na die skool: Die skool is aan die einde van Skoolstraat, wat aan die einde van Mandelastraat is. Ry noord by die gholfbaan uit. By die sirkel, draai wes in Eerstestraat. By die T-aansluiting van Eerstestraat en Vyfdelaan, sal jy Pat se roomyswinkel aan jou regterkant sien. Draai suid. Daar is ’n haarkapper en kliniek in Vyfdelaan. Draai wes in Mainstraat in. Jy sal verby die hospitaal aan jou linkerkant ry asook ’n Dream Nails agter die kliniek. Draai noord in Mandelastraat, die polisiestasie sal suidwes van jou wees. Volg Mandelastraat totdat jy die sokkervelde sien en draai wes in Skoolstraat in. Volg die pad totdat jy by die skool kom. 35
© Impaq
Eenheid
1.
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Teken die skets in jou werkboek oor. Gebruik die gegewe inligting om die kaart te voltooi. Sit die volgende inligting by: Benoem al die strate. Vul die name van die ander landmerke en geboue in. Sluit ’n kompas met die vier kardinale punte by jou kaart in.
2.
(13)
Wanneer jy jou kaart voltooi het, verduidelik die roete vanaf Pat se roomyswinkel na die polisiestasie en sê ook wat die geskatte afstand sal wees. (7) [20]
LES 3: AFSTAND EN SKAAL Om afstand te bepaal het ons ’n skaal nodig om ons te help om die korrekte afstand, soos op die kaart gemeet, om te skakel na die werklike afstand oor die grondgebied. Die verskillende soorte skale word in die les beskryf, asook hoe om elke skaal te gebruik om die korrekte afstand te bepaal. 3.1
Soorte skale
Omdat ons groot afstande moet voorstel, gebruik geograwe ’n skaal om te wys hoeveel kleiner ’n kaart is in vergelyking met die grondgebied wat dit voorstel. Daar is drie soorte skale: woordskaal, verhoudingskaal en lynskaal. 1.
Woordskaal Dit is wanneer die skaal in woorde gegee word. Dit vertel ons presies hoeveel afstand 1 cm op die kaart in werklikheid voorstel. Voorbeeld 1: 1 cm stel 50 m voor – dit beteken dat vir elke 1 cm wat op die kaart gemeet word, sal daar 50 m in die werklikheid gereis word. Voorbeeld 2: 1 cm stel 10 km voor – dit beteken dat vir elke 1 cm wat op die kaart gemeet word, sal daar 10 km in die werklikheid gereis word.
2.
Verhoudingskaal Dit is wanneer die kaartskaal aangedui word deur gebruik te maak van ’n breuk. Byvoorbeeld: 1:50 000. Die skaal van ’n kaart word gewoonlik regs bo gevind. Sien die voorbeeld wat volg.
© Impaq
36
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Voorbeeld
37
Š Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
Die gebruik van ’n verhoudingskaal: Formule:
Afstand gemeet op kaart Getal 1 cm in 1 km
×
Skaal
×
Skaal
1
Voorbeeld (Skaal = 1:50 000) 5 cm 50 000 × 100 000 1 = 2,5 km
Formule:
Afstand gemeet op kaart Getal 1 cm in 1 m
1
Voorbeeld (Skaal = 1:50 000) 5 cm 50 000 × 100 1 = 2 500 m
WENKE Volg die onderstaande stappe om die formule met ’n programmeerbare sakrenenaar te bereken. 1. 2. 3.
4. 5.
© Impaq
Druk die breukknoppie op jou sakrekenaar. Vul die afstand, in cm, soos gemeet op die kaart in. Druk die af-knoppie op die pyltjieknoppie sodat die wyser in die noemerafdeling is en tik 100 000 in. Dit is die hoeveelheid cm in ’n kilometer. Druk die regterkantste pyltjie en dan die vermenigvuldigknoppie. Tik die skaal in en druk die “gelyk aan”-knoppie.
38
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
6. 7. 8.
Eenheid
1
As die antwoord in breukvorm is, druk die SD-knoppie om dit na ’n desimaal te verander. Rond altyd af tot twee desimale plekke. ONTHOU om ’n eenheid by jou waarde te skryf, bv. km, m, cm. Sou jy vergeet, sal jou antwoord nie korrek wees nie.
Indien jy nie gemaklik voel om die hele som op die sakrekenaar te tik nie, kan jy dit deel vir deel bereken, bv. bereken eers die eerste breuk (5 cm ÷ 100 000) en vermenigvuldig jou antwoord met die tweede breuk (50 000 ÷ 1). 3.
Lynskaal ’n Lyn is onderverdeel in gelyke dele wat elk ’n sekere afstand in die werklikheid voorstel. Wanneer jy afstand op ’n kaart meet en dan daardie afstand langs die lyn plaas, sal jy in staat wees om die werklike afstand vas te stel. Voorbeeld 1: Hierdie skaal wys dat elke 1 cm gemeet gelyk is aan 2,5 m op die kaart, of dat elke 2 cm gelyk is aan 5 m.
0m
5m
10 m
20 m
30 m
Voorbeeld 2: Hierdie skaal wys dat elke 1 cm gemeet gelyk is aan 2,5 km op die kaart, of dat elke 2 cm gelyk is aan 5 km.
0 km
5 km
10 km
15 km
20 km
Voorbeeld 3: Hierdie skaal wys dat elke 1 cm gemeet gelyk is aan 25 m op die kaart, of dat elke 2 cm gelyk is aan 50 m.
0m
50 m
100 m
39
150 m
200 m
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
AKTIWITEIT 8 Gebruik jou kennis van skale om die volgende afstande te bereken. 1.
As 1 cm 5 km voorstel, hoeveel sal 3 cm voorstel?
(2)
2.
As 1 cm 0,5 km voorstel, hoeveel sal 8 cm voorstel?
(2)
3.
Gebruik die lynskaal in voorbeeld 1. Teken ’n 2 cm-lyn en plaas dit langs die skaal. Watter afstand sal hierdie lyn in die werklikheid verteenwoordig?
(2)
Gebruik die lynskaal in voorbeeld 2. Teken ’n 4 cm-lyn en plaas dit langs die skaal. Watter afstand sal hierdie lyn in die werklikheid verteenwoordig?
(2)
Gebruik die lynskaal in voorbeeld 3. Teken ’n 6 cm-lyn en plaas dit langs die skaal. Watter afstand sal hierdie lyn in die werklikheid verteenwoordig?
(2)
Deur die verhoudingskaal 1:50 000 te gebruik, bereken wat die werklike afstand sal wees indien jy 10 cm op die kaart meet.
(2)
4.
5.
6.
7.
3.2
Deur die verhoudingskaal 1:50 000 te gebruik, bereken wat die werklike afstand sal wees indien jy 8,5 cm op die kaart meet.
(3) [15]
Vergelykende skale
Wanneer die skaal van ’n kaart aandui hoeveel kleiner die skaal is, dan sal die skaal self ook kleiner wees en die gebied wat dit verteenwoordig sal groter wees. ’n Wêreldkaart sal ’n skaal hê wat baie kleiner is as ’n kaart van ’n land en sal baie min detail wys. Die rede hiervoor is dat daar heelwat meer gebied is om te dek. ’n Kaart van ’n stad sal egter ’n veel groter skaal hê as dié van ’n land en sal baie meer besonderhede bevat omdat die gebied soveel kleiner is.
© Impaq
40
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
0
800
1 600
Eenheid
2 400
3 200
4 000
4 800
5 600
1
6 400 km
Kaart van Afrika
Bron: https://goo.gl/dhAjkD
41
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Straatkaart van Pretoria
0
20
40
60
80
100
120
140
160
180
200 km
Staatkundige kaart van Suid-Afrika
0
150
300
450
600
750
900
1,5 cm = 150 km Bron: https://goo.gl/VTJo8y Š Impaq
42
1 050
1 200 1 350
1 500 km
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Staatkundige kaart van die wêreld
0
2 857
5 714
8 571
11 428 14 285 17 142
20 000 km
1,5 cm = 2 857 km Bron: https://goo.gl/KPgyi3
AKTIWITEIT 9 1.
Sorteer die kaarte onder 3.2 hierbo in volgorde van die grootste skaal na die kleinste skaal. (2 x 4) = (8)
2.
As 1 cm 0,5 km voorstel, hoeveel sal 8 cm voorstel?
(2) [10]
WENKE ONTHOU: ’n Klein skaal wys min besonderhede van ’n baie groot gebied. ’n Groot skaal wys baie besonderhede van ’n klein gebied.
43
© Impaq
Eenheid
3.3
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Die berekening van afstand op kaarte
Daar is twee soorte afstande wat geograwe bereken. Direkte afstand, wat in ’n reguit lyn van een punt na die volgende gemeet word, en indirekte afstand, wat meer gereeld gebruik word. Dit is wanneer ons die roete meet wat iemand sal gebruik om van een punt na die volgende te reis. Die rede hiervoor is dat mense die meeste van die tyd paaie, spoorweë en ander roetes gebruik om te reis. Direkte afstand word as volg bereken: 1. Gebruik ’n stukkie papier wat groot genoeg is om beide die vertrekpunt en die bestemming te bereik. 2. Plaas die stukkie papier op die kaart sodat die kant van die papier beide punte raak en merk albei punte op die papier. 3. Plaas jou afgemerkte punte langs die skaal sodat die beginpunt by nul is. Lees nou die afstand soos dit bepaal word deur die eindpunt of bestemming. 4. As jou eindpunt nie presies op ’n indeling lê nie, onderverdeel die interval in ’n kleiner subskaal aan die linkerkant om sodoende ’n meer akkurate lesing te kry. Byvoorbeeld, as jou interval 100 km is, verdeel dit verder in blokkies van 10 km. Of as die interval in 1 km is, verdeel dit verder in blokkies van 0,1 km (100 m). Sien die skets hieronder.
© Impaq
44
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Kaart van Suid-Afrika
Skaal: 1:10 000 000 Indirekte afstand Indirekte afstand of roetes word op ’n ander manier gemeet. Aangesien geen roete presies reguit is nie, omdat paaie kronkels en draaie bevat, sal jy ’n stukkie tou gebruik om vas te stel hoe ver daar gereis sal word. Punt A Lengte van toutjie
Punt B
Gebruik die volgende stappe om indirekte afstand, of die afstand van roetes, uit te werk wanneer jy met kaarte werk: 1. Vind eerstens die beginpunt asook die bestemming. 2. Bestudeer die kaart en bepaal wat die beste roete tussen die twee punte sal wees. 3. Plaas die punt van jou toutjie by die beginpunt en merk die roete op die kaart tot by die bestemming. 45
© Impaq
Eenheid
4. 5. 6.
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Maak seker dat jy NIE die toutjie styf trek nie omdat dit die akkuraatheid van jou antwoord gaan beïnvloed. Merk die eindpunt van die reis op jou toutjie. Bring die toutjie na die lynskaal en bereken die afstand van die reis.
AKTIWITEIT 10 Gebruik die kaart van Suid-Afrika en die skaal hieronder om die volgende vrae te beantwoord.
0
100
200
300
400
500
600
700
800
900
1 000 km
1.
Wat is die direkte afstand, in kilometers, vanaf Kaapstad na Bloemfontein?
(2)
2.
Wat is die direkte afstand tussen Polokwane en Beaufort-Wes?
(2)
3.
Waarom sou hierdie afstand onrealisties wees indien jy ’n vakansie na BeaufortWes beplan en brandstofkostes probeer bereken? (1)
4.
Gebruik die lynskaal – voorbeeld 1. Teken ’n 2 cm-lyn en plaas hierdie lyn langs die lynskaal. Bepaal hoeveel dit in die werklikheid voorstel. (2)
5.
Trek ’n lyn van 3,5 cm. Gebruik die lynskaal – voorbeeld 3. Watter afstand stel dit in die werklikheid voor? (3) [10]
AKTIWITEIT 11 Gebruik die kaart van ’n area in Witbank op die volgende bladsy en ’n stukkie tou om die vrae te beantwoord. Gebruik ook die skaal wat voorsien is. 1.
2.
© Impaq
Wat is die direkte afstand tussen die rooi verwysingspunt van Smutslaan en Eadiestraat? Wat is die kortste direkte afstand tussen die N4-hoofweg en die verwysingspunt?
46
en die kruising (2)
(2)
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
3.
Bereken die indirekte afstand as iemand met ’n motor vanaf die verwysingspunt in ’n noordelike rigting sou ry, dan regs sou draai in Mandelarylaan en tot stilstand sou kom op die hoek van Mandelarylaan en Irisstraat. (2)
4.
Bereken die kortste indirekte afstand tussen die verwysingspunt en die kruising van Sturdeelaan en Alexanderstraat. (2)
0
100
200
300
400
500
600
700
800
900
1 000 m
1 cm = 1 000 m of 1 km Straatkaart van Witbank
Bron: https://goo.gl/xd2PdD
[8]
47
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
LES 4: HUIDIGE GEBEURE Nuus van gebeure regoor die wêreld word daagliks aan ons bekend gemaak deur verskeie mediums soos die internet, televisie en koerante. Dié gebeure vind soms plaas op plekke waarvan ons nog nooit gehoor het nie, wat beteken dat ons op ’n wêreldkaart moet gaan kyk waar die plek geleë is sodat ons kan bepaal waar die spesifieke gebeurtenis plaasgevind het. Gelukkig is elke plek in die wêreld op ’n spesifieke breedte- en lengteligging geleë, wat dit vir ons maklik maak om te bepaal waar die plek op die wêreldkaart geleë is. Jy gaan nou meer oor breedte- en lengteliggings leer om dit vir jou makliker te maak om plekke vinnig op te spoor. 4.1
Breedte- en lengteligging
Geograwe maak ’n studie van beide die fisiese en menslike aspekte van die omgewing. Dit is om hierdie rede dat hulle op hoogte moet bly van dit wat tans aan die gebeur is. Dit is baie makliker om by te bly met waar in die wêreld dinge gebeur as jy die wêreld onderverdeel deur gebruik te maak van ’n ruitstelsel. Hierdie stelsel is soortgelyk aan die ruitstelsel wat ons in kaartwerk gebruik. Breedteligging
© Impaq
48
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Westelike Halfrond
Lengteligging
KoĂśrdinaatstelsel
Westelike Halfrond
Noordelike Halfrond
S;O
49
Š Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
WENKE
Onthou die verskil tussen lengte en breedte.
Lengte staan regop en breedte lê plat. Wanneer jy koördinate skryf, onthou om altyd die N- en S-koördinate eerste te skryf omdat dit belangriker is. Daar is immers ’n Noord- en Suidpool. Daarna kom die W- en O-koördinate. Suid-Afrika lê suid van die ewenaar en oos van die Greenwich-meridiaan en is dus altyd S;O. 4.2
Aktuele sake
Om op hoogte bly van wat in die wêreld aan die gang is, moet ’n geograaf ’n artikelboek hê. Gebruik ’n 32 bladsy-notaboek hiervoor. Doen moeite om ten minste een keer per week ’n artikel in tydskrifte, koerante of die internet te soek. Druk die artikel uit of knip die berig uit en plak dit in jou artikelboek. Hierdie artikels moet betrekking hê op die planeet of mense in ’n spesifieke gebied, byvoorbeeld tsoenami’s, aardbewings of gesondheidskrisisse. Wanneer jy ’n artikel gekies het, plak dit in jou boek en ondersoek die gebeurtenis. Hierdie artikelboek moet regdeur die jaar bygehou word en moet gebeure van die betrokke jaar inhou. Maak seker jy kan die volgende vrae beantwoord: Wat het gebeur? Waar het dit gebeur? Wanneer het dit gebeur? Hoekom het dit gebeur? Hoe het die gebeur? Wat was die impak van die gebeurtenis?
© Impaq
50
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Voorbeeld
Venezuela-sterftes vermeerder toe onrus student en motorfietsryer se lewens eis
Geplaas: 02/23/2014 Deur Daniel Wallis en Tomas Sarmiento
CARACAS, 22 Februarie (Reuters) – ’n Damestudent en ’n supermarkwerker is van die onlangsste sterftes in Venezuela se politiese onrus. Die dodetal staan tans op ten minste agt na tien dae se geweld. Beide kante rou steeds oor diegene wat gesterf het in die ergste onrus vandat President Nicolas Maduro die verkiesing in April 2013 naelskraap gewen het. Hy het by die oorlede sosialistiese leier, Hugo Chavez, oorgeneem. Die regering blameer “fascistiese groepe” wat die regering wil omverwerp, net soos wat gebeur het met Chavez twaalf jaar gelede. Die opposisie kla op hul beurt die soldate en pro-Maduro-militante daarvan aan dat hulle vreedsame betogers aanval. Volgens afgevaardigdes van die opposisie en die plaaslike media in die sentraal Caraboboprovinsie het ’n 23-jarige student, Geraldine Moreno, Saterdag in die hospitaal gesterf nadat sy met rubberkoeëls in die gesig geskiet is. Dit het gebeur toe sekerheidsmagte op 19 Februarie ’n protes in die gebied opgebreek het. “Hulle het vir ons gesê dat daar niks was wat hulle verder kon doen nie,” het Moreno se ontstelde moeder, Rosa Orozco, aan die plaaslike koerant gesê. Amptenare in die hoofstad Caracas het gesê ’n 29-jarige man, Santiago Enrique Pedroza, het Vrydag gesterf toe hy met sy motorfiets in ’n kabel vasgery het wat in die oostelike middelklasbuurt van Horizonte oor die pad gespan was. Teen-regeringsbetogers het herhaaldelik strate in die gebied met rommel versper. Hulle het ook die rommel aan die brand gesteek. Polisie en ander nasionale troepe het gereeld traangas gebruik om betogers uit mekaar te jaag voordat hulle die hindernisse verwyder het. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/C53QYS 51
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Venezuela-sterftes
© Impaq
Geplaas: 02/23/2014
Wat het gebeur? Twee onskuldige mense is gedood as gevolg van gewelddadige protes.
Waar het dit gebeur? Dit het plaasgevind in die provinsie van Carabobo en Caracas, die hoofstad van Venezuela.
Wanneer het dit gebeur? Tussen 19 en 22 Februarie 2014.
Hoekom het dit gebeur? Daar was reeds verskeie politiese protesaksies regoor Venezuela, elkeen meer gewelddadig as die vorige. Beide slagoffers was vasgevang in die kruisvuur tussen betogers en sekerheidsmagte.
Hoe het dit gebeur? Die eerste sterfte was die resultaat van ’n rubberkoeël wat deur sekuriteitsmagte afgevuur is. Die tweede sterfte het plaasgevind toe ’n jong man in ’n kabel vasgery het wat oor die pad gespan was.
Wat was die impak van hierdie gebeurtenis? Hierdie sterftes het die skaal van die geweld gedurende hierdie protesaksies gewys, dit kan tot gevolg hê dat hierdie aksies eerder beëindig sal word of verder sal vererger.
52
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Eenheid
OEFENING 3 Gebruik die kaart en artikel wat volg en die vaardighede wat jy geleer het om die volgende vrae te antwoord.
0
1.
Gee die ruitverwysing van die volgende plekke: A. The Lounge B. Yorklaan C. Port Alfred-treinstasie D. Port Alfred Hoërskool E. The Lookout-gastehuis F. Orpenlaan G. BP Highway Motors H. Kowie-geskiedenismuseum (Kowie History Museum) I. Port Alfred-poskantoor J. Avis – Port Alfred
2.
Jy neem deel aan ’n rugbytoernooi by Hoërskool Port Alfred. Jou span word gehuisves by Halstead House Hotel en jy moet vir die res van jou spanmaats verduidelik hoe om by die skool te kom. Teken ’n kaart wat jy vir hulle kan gee om seker te maak hulle verstaan waarheen om te gaan. (5)
3.
Skep ’n sleutel vir die kaart.
4.
Gebruik die skaal hieronder om die volgende direkte afstande te bereken.
2
4 A. B. C. D.
6
8
10
(10)
(10)
12
14
16
18
Vanaf Port Alfred-treinstasie na The Lounge. Vanaf Avis na Kowie-museum. Vanaf Elliott’s Superette na Halstead House Hotel. Vanaf die BP na The Lookout-gastehuis.
20 km (2) (2) (2) (2)
5.
Gebruik dieselfde skaal om die volgende roetes se afstande te bereken. A. Vanaf Halstead House Hotel na Port Alfred Hoërskool. (2) B. Vanaf Dockside-gastehuis (D3) na die Port Alfred-treinstasie. (2) C. Vanaf The Lounge na die BP via Sportstraat. (2) D. Na Villa Vista-gastehuis vanaf Ferndale Guest Lodge via Lancasterlaan. (2)
6.
Lees die volgende scenario aandagtig deur en verskaf ’n beskrywing van die roete wat gevolg sal moet word. (12) 53
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Scenario Jou rugbyspan neem deel aan ’n toernooi wat aangebied word deur Hoërskool Port Alfred in Port Alfred. Jou span sal met die trein daarheen reis. Wanneer julle by julle bestemming aankom, is die hele span honger en uitgeput. Na so ’n lang reis is julle eerste bestemming The Lounge vir iets om te eet. Die span beplan om daarna by die hotel, Halstead House, in te teken. Na al die wedstryde afgehandel is, stop die span by die hotel om te stort en julle bagasie op te laai. Vandaar gaan julle na die treinstasie om huiswaarts te keer. Hierdie keer is Parkstraat gesluit vir padwerke en moet julle van ’n ander roete gebruik maak. 7.
© Impaq
Lees die artikel “Versorger stap vir tsoenami-weeskinders” wat volg en analiseer die artikel deur die gepaste vrae te vra. Byvoorbeeld: Wat het gebeur? Waar het dit gebeur? Raadpleeg die voorbeeld oor die studente in Venezuela om jou te help. (12) [65]
54
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Gebruik die kaart en artikel wat volg om oefening 3 te voltooi.
55
Š Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
1
Artikel
Versorger stap vir tsoenami-weeskinders ’n Newtown-versorger loop hierdie naweek 10 km om geld in te samel vir jong kinders wat as gevolg van die tsoenamiramp wees gelaat is. Sarah Pollard, wat by Cemetarykruising woonagtig is, het besluit om haar hulp aan te bied aan die slagoffers van die tsoenami in Thailand nadat sy verlede jaar ’n dokumentêr daaroor op televisie gesien het. Sy het Phuket al twee keer besoek sedert haar besluit en ’n reeks fondsinsamelingsgeleenthede georganiseer. Sy hoop nou om £25 000 (sowat R425 000) in te samel om te gebruik vir mediese voorraad, ’n nuwe kliniek en kleuterskool in Thai Muang. Die 40-jarige wat in Oxfordweg by ’n dagsorgsentrum werk, sal deur 25 vrywilligers vergesel word in ’n staptog rondom Virginia Water in Surrey. Me. Pollard, wat vir 20 jaar ’n kleuterskoolverpleegster was, het twee halfmaratons in Worcester en Boscastle gehardloop om geld in te samel vir
© Impaq
boumateriaal. Hierdie materiaal sal gebruik word om huise te bou asook vir gebruik deur die skool in Kamala op die eiland Phra-Tung. Sy sê: “Ek was so geraak deur wat ek gehoor het van die kinders se lyding in die tsoenami-ramp, dat ek besluit het om elke jaar terug te gaan Thailand toe. “Ek het gesien hoe die skool herbou is en terwyl ek daar was, het hulle gesê hulle wil ’n kliniek en kleuterskool volgende bou. “Ek het ’n hart vir kinders en hoop dat die nuwe kliniek en skool ’n groot impak sal hê op die kinders en sal help met hulle herstelproses.” Die staptog begin om 10:30 in die oggend by Virginia Water-parkeerarea op die A30-hoofweg by die Wheatsheafrestaurant. Almal wat graag wil deelneem, kan 079 576 25273 skakel of die webwerf www.tsunamihope.co.uk besoek om ’n donasie te maak.
56
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
1
Hier volg ’n paar wenke en inligting om te help met die hersiening van die voorafgaande lesse. Maak seker dat jy die werk verstaan voordat jy na die volgende lesse aanbeweeg.
STUDEER/HERSIENING
’n Indeks of ruitverwysing verdeel ’n kaart in kleiner gedeeltes sodat dit makliker is om te lees en ook makliker is om punte op die kaart te vind. Elke ruitverwysing het twee veranderlikes, dié aan die kant, van noord na suid (letters), en dié aan die bokant (syfers), gerangskik van wes na oos, bv. A2 of F7. Kaarte moet ’n sleutel hê wat die verskillende simbole op die kaart verduidelik. Die stappe vir aanwysings gee, is as volg: o Vind beide die beginpunt en die bestemming. o Kyk op die kaart vir die vinnigste roete tussen die begin- en eindpunt. o Gebruik woorde soos “draai links”, “beweeg reguit” of “ry oor die straat” om die roete te beskryf. o Noem enige belangrike landmerke of fisiese elemente soos geboue, bome, parke en inkopiesentrums, of ander belangrike inligting. Daar is drie soorte skale. ’n Woordskaal wat woorde gebruik, ’n lynskaal wat spesifieke intervalle aandui deur lyne te gebruik, en ’n verhoudingskaal wat ’n wiskundige formule gebruik. Afstand word bereken deur die afstand op die kaart te meet en dit met die skaal te vergelyk. Direkte afstand word in ’n reguit lyn gemeet. Indirekte afstand meet die werklike afstand van die roete tussen twee punte deur ’n stukkie tou te gebruik. Die koördinaatstelsel is ’n denkbeeldige stelsel wat die aarde onderverdeel in lengte- en breedtelyne. Breedtelyne is parallel tot die ewenaar gemeet. Hulle loop van wes na oos en die hooflyn is die ewenaar. Lengtelyne is lyne wat by die pole ontmoet. Hulle loop van noord na suid en die hooflyn is die Greenwich-meridiaan. Wanneer aktuele sake geanaliseer word, moet die volgende in gedagte gehou word: o Wat het gebeur? o Waar het dit gebeur? o Wanneer het dit gebeur? o Hoekom het dit gebeur? o Hoe het dit gebeur? o Wat is die impak van die gebeurtenis?
Volgende gaan ons kyk hoe die aarde saamgestel is om beter te verstaan waarom sekere gebeure, byvoorbeeld aardbewings, vulkane en vloede, plaasvind.
57
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
EENHEID 2: Aardbewings, vulkane en vloede LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Die basiese struktuur van die aarde kan benoem en beskryf. Verstaan hoe die basiese strukture tektoniese plate vorm en hoe die beweging van hierdie plate lewe op die aardoppervlak beïnvloed. Op ’n kaart kan aandui dat vulkane al langs hierdie verskuiwingslyne voorkom en waarom hulle kan uitbars. Die oorsake en gevolge van aardbewings verstaan en bespreek. Die oorsake en gevolge van vloede verstaan en bespreek. Die faktore wat gemeenskappe vatbaar maak vir natuurrampe ondersoek en verstaan waarom sekere gemeenskappe in meer gevaar is as ander. Maniere/metodes bespreek om die impak van natuurrampe te verminder.
INLEIDING Die aarde is altyd aan die beweeg en verander. Dit is in ’n wentelbaan om die son terwyl dit op sy eie as roteer. Terselfdertyd is die verskillende gedeeltes wat die aarde uitmaak ook die heeltyd aan die verander. Die belangrikste hiervan is die tektoniese plate wat in mekaar pas om die buitenste kors op die oppervlak van die aarde te vorm. Elke beweging van hierdie plate veroorsaak verskillende gebeurtenisse. Hierdie gebeurtenisse sluit in die konstante veranderinge aan die aardoppervlak en soms ook verwoestende gevolge naby waar hierdie plate bymekaar kom.
© Impaq
58
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Die volgende definisies is belangrik. Maak seker dat jy daarmee vertroud is voordat jy met die les begin.
DEFINIEER Gevolge
Die gevolge, uitwerking of impak van ’n gebeurtenis.
Oppervlak
Die buitenste of boonste laag van iets.
Segment
’n Stuk of gedeelte van ’n geheel.
Tektoniese plate
Die stukke rots wat die gedeeltes van die aardoppervlak opmaak.
Verandering
’n Verandering of aanpassing aan iets.
Verwoestend
Die vermoë om totale chaos te veroorsaak of om alles te verwoes. Voorbeeld:
Gevolge van ’n tsoenami.
59
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
LES 5: STRUKTUUR VAN DIE AARDE Die aarde is uniek en die samestelling daarvan maak dit vir geograwe baie interessant om na te vors en te verstaan hoe die aarde in mekaar pas. Interessante feite oor die verskillende lae van die aarde: Die kors se oppervlak is ±40 km in dikte en beslaan 1% van die aarde se volume. Die mantel beslaan ±85% van die aarde se massa. Die binnekern is die warmste gedeelte van die aarde. Kom ons bestudeer nou al die lae en samestelling van die aarde. 5.1
Die samestelling van die aarde
Die aarde is saamgestel uit vyf verskillende lae. Dit staan as volg bekend:
KORS: 40 km BUITEMANTEL 670 km BINNEMANTEL: 2330 km SOLIEDE BINNEKERN: 2430 km
VLOEIBARE BUITEKERN: 2140 km
Ons planeet is saamgestel uit verskillende lae rots en magma. In die bostaande diagram sal jy waarneem dat die aarde se binnekern solied is. Die enigste rede hiervoor is die verskriklike druk wat deur die buitenste lae geskep word. Hierdie lae staan bekend as die buitekern (’n taai, dik, vloeibare mengsel van verskillende metale), die binne- en buitemantels, en ’n ontsettende warm laag van gesmelte rots bekend as magma. © Impaq
60
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Kom ons kyk in meer detail na die verskillende lae: Die kern
Soos jy in die diagram kan sien, is die kern die diepste laag van die aarde. Die kern word in twee dele verdeel, die binnekern en die buitekern. Die binnekern is in die middel van die aarde. Dit is ook die warmste deel van die aarde met temperature van tot 5 500 °C. Die binnekern is solied en bestaan uit yster en nikkel. Die buitekern wat die binnekern omring, bestaan ook uit yster en nikkel, en is vloeibaar.
Die mantel Die mantel is die breedste deel van die aarde en lê tussen die kors en die kern. Die mantel bestaan ook uit twee lae, die binnemantel en die buitemantel. Die binnemantel lê tussen die buitemantel en die buitekern. Waar dit aan die kern grens is die temperatuur tot 4 000 °C. Dit is ’n soliede laag en bestaan uit minerale ryk aan magnesium, yster, silikon en suurstof. Die buitemantel is semigesmelt. Dit bestaan ook uit minerale ryk aan yster, silikon, suurstof en magnesium.
61
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Die kors Die kors van die aardoppervlak wissel van 6 km tot 40 km in dikte. Die kors is verdeel in die oseaniese en kontinentale kors. Die dun deel van die kors is die oseaniese kors wat hoofsaaklik uit stollingsgesteentes bestaan. Dit is ryk aan yster en magnesium. Die dikker kors is die kontinentale kors. Die kontinentale kors bestaan hoofsaaklik uit granietrots wat ryk is aan veldspaat, kwarts en silika. Dit vorm die vastelande waarop ons leef. Die kors, soos vroeër verduidelik, bestaan nie uit soliede rots nie. Dit is eerder onderverdeel in verskillende dele wat in mekaar in pas soos die stukke van ’n legkaart. Hierdie dele staan bekend as tektoniese plate. Die dele dryf op die vloeibare magma onder dit en dit is waarom die plate aanhoudend beweeg. Die tektoniese plate beweeg jaarliks ’n gemiddeld van 3 cm tot 5 cm.
WENKE Besoek die volgende webtuistes wat handel oor tektoniese plate, kontinentskuiwing, vulkane en aardbewings.
https://goo.gl/J7U8kP https://goo.gl/Vtr8VP https://goo.gl/S5maAg
VIR DIE NUUSKIERIGES LAE VAN DIE AARDE Bou jou eie deursnit van die aarde deur klei te gebruik. Gaan kyk na https://goo.gl/8LXSv1 om jou te help. Benodighede: Speelklei Rooi – Binnekern Oranje – Buitekern Geel – Mantel
© Impaq
62
Bruin – Kors Blou en groen – Oseane en kontinente
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Inleiding tot die tektoniese plate en plaatbewegings Die volgende definisies is belangrik. Maak seker jy is vertroud daarmee.
DEFINIEER Magma
’n Mengsel van gesmelte of halfgesmelte klip en ander kleiner deeltjies onder die oppervlakte van die aarde.
Omtrek:
Die buitelyn van ’n voorwerp.
Pangaea
’n Landformasie wat ’n gedeelte van die aarde se superkontinent gevorm het voor die kontinente soos ons dit vandag ken, gevorm is.
Radius
Die lyn vanaf die middelpunt na die omtrek van ’n sirkel.
Viskeuse
’n Baie dik, taai vloeistof wat amper tussen soliede en vloeibare fases voorkom. 63
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Noudat jy weet uit watter lae die aarde bestaan, weet jy dat ons op die kors van die aarde bly. Daar is sewe groot tektoniese plate, naamlik: 1. Noord-Amerikaanse plaat 2. Eurasiese plaat 3. Afrika-plaat 4. Suid-Amerikaanse plaat 5. Pasifiese plaat 6. Australiese plaat 7. Antarktiese plaat Hierdie plate bestaan hoofsaaklik uit twee soorte materiale naamlik oseaniese kors en kontinentale kors. Onthou dat die plate op die vloeibare magma onder dit dryf, dit is waarom die plate aanhoudend aan die beweeg is. Soms bots die plate teen mekaar of beweeg hulle weg van mekaar af. Die volgende skets toon die verskillende tektoniese plate en hoe hulle beweeg.
Bron: https://goo.gl/cxyAs1
Š Impaq
64
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Daar is drie maniere waarop tektoniese plate kan beweeg: 
Tektoniese plate kan na mekaar toe beweeg en bots (konvergeer). Die Kaapse Plooiberge is op hierdie manier gevorm toe die Suid-Amerikaanse en Afrika-plate gebots het toe Pangaea gevorm is.
Kaapse vougordel Karoo-kom
Afrika-kontinent
Vertaal: https://goo.gl/yVGV3L
65
Š Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Tektoniese plate kan van mekaar af wegbeweeg (divergeer). Die Groot Skeurvallei in Afrika het op dié manier gevorm.
Bron: https://goo.gl/NRj995
© Impaq
66
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Tektoniese plate kan by mekaar verbyskuif (transformeer). Gewoonlik skuif hulle egalig verby mekaar, maar soms haak hulle vas en bou daar drukking op. As die plate dan ná ’n tydperk skielik los kom, stel dit baie energie vry wat aardbewings tot gevolg het. Jy sal meer daarvan leer in les 6.
Vertaal: https://goo.gl/wDFF9S
67
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
AKTIWITEIT 12 Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae wat volg:
1.
Benoem die lae A – E.
(5)
2.
Hoe dik is laag A?
(1)
3.
Waarom is laag E solied?
(1)
4.
Wat noem ons gesmelte rots?
(1)
5.
Waaruit bestaan laag D?
(2)
6.
Uit watter minerale bestaan die mantel?
(4)
7.
In watter twee dele is die kors verdeel?
(2)
8.
Waaruit bestaan die kontinentale kors hoofsaaklik?
Š Impaq
68
(1) [17]
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
5.2
Eenheid
2
Kontinentskuiwing
Omdat die tektoniese plate aanhoudend aan die beweeg is, beweeg die aarde se kontinente ook geleidelik. Hierdie plate bestaan uit soliede klip wat op die mantel dryf. Hulle beweeg in verskillende rigtings en ook nie teen dieselfde spoed nie. Miljoene jare gelede was die samestelling van die aarde baie anders as wat dit vandag is. Die aarde het toe bestaan uit ’n superkontinent, bekend as Pangaea. Pangaea het opgebreek in Laurasia, waarin die landmassa was wat vandag Europa, Asië en NoordAmerika is. Die ander landmassa was bekend as Gondwanaland en dit het die landmassas bevat wat vandag bekend is as Suid-Amerika, Afrika, Indië, Australië en Antarktika. Kyk hoe netjies pas Afrika tussen Noord- en Suid-Amerika in op die kaart hieronder.
Vertaal: https://goo.gl/nKD0h
69
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Die prent hieronder wys ons hoe die kontinente oor miljoene jare geskuif het tot soos wat ons die wêreld vandag ken.
Vertaal: https://goo.gl/ZdLLQ2
5.3
Rampgebiede
As gevolg van die struktuur van die aarde is daar sekere gebiede in die wêreld wat meer vatbaar is vir natuurrampe. Bestudeer die volgende kaart om te sien waar hierdie gebiede is. Gebiede wat in rampgebiede geleë is, sal die impak van rampe baie swaarder beleef as die gebiede wat verder weg is. Wanneer jy die kaart bestudeer, let daarop dat die wêreld se digste bevolkings naby of binne-in die gebiede is wat gereeld natuurrampe beleef. Lys hierdie stede en gebiede in jou werkboek.
© Impaq
70
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
Rampgebiede van die wêreld
Vertaal: http://cnx.org/content/m23172/1.1
VIR DIE NUUSKIERIGES
https://goo.gl/nfi6Mg https://goo.gl/jdEVc
Besoek die bostaande webtuistes om kontinentskuiwing in aksie te sien. Benoem die kontinente en kyk presies hoe hulle uit mekaar dryf.
DEFINIEER Deursnit
’n Vorm of diagram wat blootgestel word deur ’n voorwerp oop te sny. Voorbeeld: ’n Deursnit van ’n lemoen.
Kontinentskuiwing
Die geleidelike beweging van die kontinente oor die oppervlak van die aarde oor ’n lang tydperk.
71
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
AKTIWITEIT 13 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. In die geval dat die stelling WAAR is, gee ’n rede waarom. As die stelling ONWAAR is, verander dit sodat dit WAAR is. Byvoorbeeld: ’n Kompas het kardinale punte wat rigting aandui. Waar, ’n kompas het 16 kardinale punte. Dit wissel van noord na suid, met verskeie rigtings tussenin. Tektoniese plate is stukke metaal wat die gedeeltes van die aardoppervlak opmaak. Onwaar, tektoniese plate is stukke rots wat die gedeeltes van die aardoppervlak opmaak. 1.
Die aarde bestaan uit vyf lae.
(1)
2.
Die aarde staan een keer ’n jaar doodstil.
(1)
3.
Die Afrika- en Suid-Amerikaanse plate is tans besig om na mekaar toe te beweeg.
(1)
4.
Die wêreld het nie altyd gelyk soos wat dit vandag lyk nie.
(1)
5.
Die tektoniese plate beweeg tussen 3 cm en 5 cm per dag.
(1)
6.
Afrika was voorheen deel van Gondwanaland.
(1)
7.
Die superkontinent het as Laurasia bekend gestaan.
(1)
8.
Ons woon op die dunste deel van die kors.
(1)
9.
Magma kom bo-op die aardoppervlak voor.
(1)
10.
Konvergerende tektoniese plate beweeg weg van mekaar af.
© Impaq
72
(1) [10]
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
WENKE Wanneer jy ’n passer uit jou meetkundestel gebruik, gebruik die volgende metodes om seker te maak jou sirkels is volgens skaal geteken: 1. 2.
3. 4. 5. 6.
Bepaal wat die RADIUS van jou sirkel moet wees. Gebruik ’n liniaal en ’n passer om seker te maak dat die punte van die passer die korrekte afstand van mekaar af is, naamlik dieselfde as die radius met behulp van die gepaste skaal. Besluit waar die middelpunt van jou diagram sal wees en dui die punt aan met ’n potlood. Verstel die passer sodat dit pas by die grootte van die sirkel wat jy gaan teken. Maak seker dat jy AL die afdelings van jou diagram netjies merk en sluit ’n toepaslike sleutel in. Gebruik kleur op jou diagram. Dit sal dit makliker maak om te lees.
LES 6: AARDBEWINGS Ons weet dat aardbewings vernietigend kan wees en selfs ook mense en diere se lewens kan eis. Aardbewings word veroorsaak deur die wrywing, skuur en wegbeweging van tektoniese plate soos wat in die voorafgaande lesse verduidelik is. Daar gaan jaarliks ±10 000 mense dood as gevolg van aardbewings. Daar is omtrent 500 000 aardbewings per jaar, waarvan 100 000 aardbewings sterk genoeg is om gevoel te word en waarvan sowat 100 aardbewings skade veroorsaak. Wetenskaplikes het oor die jare al meer en meer navorsing gedoen om aardbewings te voorspel sodat mense in die omgewing vinniger gewaarsku kan word en sodoende lewensverlies te verhoed. Sterker geboue met versterkte materiale word gebou om aardbewings te weerstaan en skade te beperk. Kom ons kyk na die oorsake en gevolge van aardbewings, waarom sekere gemeenskappe ’n hoër risiko loop vir aardbewings, asook hoe ons die impak van aardbewings kan verlaag.
73
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Wêreldstede en aardbewings
Bron: https://goo.gl/qo7zpE
6.1
Oorsake van aardbewings
’n Aardbewing is ’n skielike hewige vrylating van energie in die aardkors wat gewoonlik aan die rande van tektoniese plate voorkom. Aardbewings vind plaas wanneer druk vrygelaat word wat opgebou het as gevolg van die wrywing tussen twee tektoniese plate. Hierdie proses word in die diagram hieronder voorgestel.
Vertaal: https://goo.gl/WTnxIt
© Impaq
74
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Die plek waar twee van die aarde se tektonies plate ontmoet, staan bekend as ’n verskuiwingslyn. Hierdie beweging is nie altyd glad nie en soms haak die plate aan mekaar vas. Hoe langer plate aan mekaar vashaak, hoe groter raak die druk. Die druk word in die vorm van skokgolwe vrygestel en versteur die aardoppervlak. Daarom word aardbewings langs verskuiwingslyne ervaar, veral langs die lyne in die Stille Oseaan-gebiede.
WENKE Gaan kyk gerus na die video’s https://goo.gl/Z52ulg en https://goo.gl/Zcg8hr, wat verduidelik hoe tektoniese plate beweeg en wat aardbewings laat ontstaan. Die grootte en verwoesting van ’n aardbewing word met die Richterskaal gemeet. Elke vlak op die skaal is tien maal sterker as die vorige een en bring dus veel erger verwoesting. Die skaal is in 1935 deur Charles F. Richter van die Kaliforniese Instituut van Tegnologie ontwikkel. Aardbewings wat ’n skaal van 2 of minder bereik, staan bekend as mikroaardbewings, terwyl dié wat meer as 8 op die skaal meet, as groot aardbewings bekend staan.
’n Richterskaal Bron: https://goo.gl/Uj4zkq
75
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Die Richterskaal meet energiegolwe wat deur ’n aardbewing veroorsaak word. Kan slegs deur ’n seismograaf waargeneem word.
Hangende voorwerpe kan heen en weer swaai.
Vergelykbaar met die vibrasies van ’n verbygaande trok.
Kan vensters breek of klein onstabiele voorwerpe laat omval.
Meubels beweeg en stukke muurpleister kan van mure afval.
Skade aan goedgeboude strukture, erge skade aan swakgeboude strukture.
Geboue word verplaas van hul fondamente. Krake in die grond. Ondergrondse pype word gebreek.
Brûe word gebreek. Min strukture bly staande.
Naby aan totale verwoesting, skokgolwe deur die grond is sigbaar met die oog.
Vertaal: https://goo.gl/RrH7VA
© Impaq
76
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
DEFINIEER Aardbewing
’n Skielike hewige vrylating van energie in die aardkors wat gewoonlik aan die rande van tektoniese plate voorkom.
Verskuiwingslyn
Die plek waar twee van die aarde se tektoniese plate ontmoet.
Fokus
Die spanningspunt van die twis binne die aardkors, waar die opgeboude druk wat as gevolg van die wrywing opgebou het, vrygelaat word.
Episentrum/Middelpunt
Die punt op die aardoppervlak vertikaal bokant die fokus.
Mag
Die grootte of lesing op die Richterskaal van ’n spesifieke aardbewing.
Seismiese golwe
’n Golf van energie wat gevorm en vrygelaat word deur ’n aardbewing.
Seismograaf
’n Apparaat wat gebruik word om die sterkte van die inkomende golwe te meet. Dit laat wetenskaplikes toe om die moontlike impak van ’n komende aardbewing te bepaal.
Verplasing
’n Verandering in die plek of posisie waar ’n voorwerp oorspronklik was.
77
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
NEGE INTERESSANTE FEITE OOR AARDBEWINGS 1.
Die grootste aangetekende aardbewing in die Verenigde State het 9.2 op die Richterskaal gemeet op 28 Maart 1964 by Prince William Sound in Alaska.
2.
Die grootste opgetekende aardbewing in die wêreld was op 22 Mei 1960 in Chile. Dit het 9.5 op die Richterskaal gemeet.
3.
Die vroegste vermelde aardbewing in Kalifornië is in 1769 deur die ekspedisie van Gaspar de Portola gevoel. Dit het gebeur terwyl die groep ongeveer 48 kilometer suidoos van Los Angeles gekampeer het.
4.
Die Ring van Vuur, ook bekend as die Stille Oseaan-gordel, is die aardbewingsone wat die Stille Oseaan omring. Ongeveer 90% van die wêreld se aardbewings vind daar plaas.
Bron: https://goo.gl/3zYaUM
5.
Na raming is daar elke jaar 500 000 meetbare aardbewings in die wêreld, waarvan. 100 000 gevoel kan word. Net 100 daarvan rig skade aan.
6.
Die meeste aardbewings vind minder as 80 km onder die aardoppervlakte plaas.
7.
Die wêreld se dodelikste aardbewing het in 1556 in sentraal China plaasgevind. Dit het ’n streek getref waarin die meeste mense nog in grotte gewoon het wat uit sagte steen bestaan het. Hierdie wonings het inmekaar gesak as gevolg van die aardbewing en na raming het 830 000 Bron: https://goo.gl/3zYaUM mense gesterf. In 1976 het nog ’n dodelike aardbewing in Tangshan, China, plaasgevind. Hierdie keer het meer as 250 000 mense gesterf.
8.
Die vroegste opgetekende bewyse van ’n aardbewing dateer terug tot 1831 v.C. in die Shandong-provinsie in China. Daar is redelike volledige rekords wat sedert 780 v.C. gedurende die Zhou-koninkryk in China bygehou is.
© Impaq
78
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
9.
Eenheid
2
Die binneland van Antarktika het “ysaardbewings” wat, alhoewel hulle baie kleiner is, meer gereeld plaasvind as gewone aardbewings. Hierdie ysaardbewings is soortgelyk aan aardbewings, maar vind binne-in die ys plaas en nie in die grond onder die ys nie. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/p4Au3
6.2
Gevolge van ’n aardbewing
Die gevolge van aardbewings en hulle naskokke kan gevoel word lank ná die eintlike aardbewing verby is. Die impak kan verdeel word in korttermyn-, onmiddellike gevolge en langtermyn- of sekondêre gevolge. Sekondêre gevolge kan gevoel word as gevolg van iets wat deur die aardbewing veroorsaak is, soos ’n tsoenami, of skade wat deur die oorspronklike aardbewing veroorsaak is.
Hierdie pad is verwoes ná die aardbewing in Sendai, Japan in 2011.
Bron: https://goo.gl/Z5Hbmd 79
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Die wĂŞreld se grootste aardbewings en die gevolge daarvan
Š Impaq
80
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
BELANGRIK Die gevolge van sekere gebeurtenisse kan in vasgestelde groepe gekategoriseer word: Primêr:
Die korttermyn- of onmiddellike impak van ’n aardbewing, soos skade of lewensverlies.
Sekondêr:
Die langtermyngevolge wat later veroorsaak word as gevolg van ’n aardbewing, bv. sterftes as gevolg van tsoenami’s of brande wat uitbreek as gevolg van beskadigde gaspype.
Maatskaplik:
Enige impak op mense, bv. sterftes, beserings en haweloosheid.
Ekonomies:
Enige impak wat te doen het met geld. Soos die kostes om skade te herstel of die verlies aan beleggings of inkomste.
Omgewingsgerig:
Enige impak wat die omliggende omgewing verander, soos brande, tsoenami’s of grondstortings.
WENKE ONTHOU: ’n Gevolg kan aan meer as een van die groepe hierbo behoort. Die sterftes en beserings as gevolg van ’n aardbewing kan beide PRIMÊR en SEKONDÊR wees. Die verlies van werksgeleenthede en beleggings as gevolg van die skade kan SEKONDÊR en EKONOMIES wees. Die verlies van belangrike erfenisterreine as gevolg van grondstortings en brande kan beide SEKONDÊR en OMGEWINGSGERIG wees.
VIR DIE NUUSKIERIGES Besoek https://goo.gl/zxTqB om meer oor aardbewings, tektoniese plate en die skuiwing van ons kontinente te leer. Jy sal kan bereken hoe sterk aardbewings is en inligting kan lees oor tsoenami’s wat deur aardbewings veroorsaak word. Besoek https://goo.gl/omkB39 om jou kennis oor aardbewings te toets. 81
© Impaq
Eenheid
6.3
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Gevallestudie: Japan
Japanse aardbewing en tsoenami van Maart 2011: Feite en inligting
’n Lugaansig van Sukuiso, Japan, ’n week nadat ’n aardbewing en daaropvolgende tsoenami die gebied verwoes het. Bron: https://goo.gl/pbkuDT
Op 11 Maart 2011 het ’n aardbewing van 9 op die Richterskaal die noordooste van Japan geskud. Die aardbewing het ’n enorme tsoenami tot gevolg gehad. Die gevolge van die aardbewing is regoor die wêreld gevoel, vanaf die fjords in Noorweë tot in die yslae van Antarktika. Puin spoel twee jaar later nog op die strande van Noord-Amerika uit. Japan herstel steeds In Japan herstel die inwoners steeds van die ramp. Radioaktiewe water is onlangs ontdek wat uit die Fukushima Daiichi Kernkragstasie lek. Hierdie kragstasie het ’n vlak 7kernineenstorting gehad ná die tsoenami. Japan maak staat op kernkrag en baie van die land se kernreaktors bly steeds gesluit as gevolg van strenger veiligheidsmaatreëls met betrekking tot seismiese aktiwiteit ná die aardbewing. Die Japanese regering sê dat ongeveer 300 000 mense twee jaar ná die aardbewing steeds in tydelike huisvestings woon. Sterftes Meer as 18 000 mense het in die ramp gesterf. Die meeste het verdrink. Minder as ’n uur ná die aardbewing het die eerste golwe van die tsoenami die Japanese kuslyn getref. Die golwe van die tsoenami het aanloophoogtes (hoe ver die golwe bo seevlak die binneland inbeweeg) van tot 39 meter by Miyako bereik en so ver as 10 kilometer die binneland in beweeg by Sendai. Die tsoenami het ’n beraamde gebied van 561 vierkante kilometer in Japan oorspoel. © Impaq
82
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
Kernkragineenstorting Die tsoenami het veroorsaak dat die verkoelingstelsel by die Fukushima Daiichi Kernkragstasie ophou werk het. Dit het ’n vlak 7-ineenstorting tot gevolg gehad wat veroorsaak het dat radioaktiewe materiaal vrygestel is. Ongeveer 300 ton radioaktiewe water lek elke dag uit die kragstasie uit in die Stille Oseaan in. Dit het ’n nadelige uitwerking op visse en ander seelewe. Wêreldwye gevolge Die tsoenami se golwe het ook oor die Stille Oseaan beweeg, tot in Alaska, Hawaii en Chile. In Chile, sowat 17 000 kilometer verder, was die tsoenami 2 meter hoog toe dit by die kuslyn aangekom het. Die water het tonne puin die see ingedra toe dit weggesak het. Japanese hawens, skepe en ontelbaar baie items uit mense se huise het in latere jare op Amerikaanse en Kanadese strande uitgespoel. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/yWX6Uj
Sterftes en vermiste mense na die aardbewing in Japan.
Aangepas en vertaal: https://goo.gl/dtoDMK
83
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Bron: https://goo.gl/c7ozCJ
VIR DIE NUUSKIERIGES Besoek gerus https://goo.gl/HboJSq om te lees oor die aardbewing op 3 April 2017 in Botswana wat Suid-Afrika geskud het. Waarom is sommige gemeenskappe ’n hoër risiko as ander vir aardbewings?
6.4
Mense se vlakke van blootstelling bepaal hoe groot impak ’n aardbewing op hulle sal hê.
Afstand – Hoe verder jy van die episentrum of middelpunt van die aardbewing af is, hoe kleiner sal die impak wees wat jy ondervind. Sterkte – Hoe hoër op die Richterskaal die aardbewing is, hoe meer skade sal dit aanrig. Ontwikkeling – ’n Meer ontwikkelde land sal beter toegang hê tot nooddienste en ander basiese dienste, soos kommunikasie, inligting en regeringsondersteuning. Hierdie lande sal ook meer politieke en ekonomiese stabiliteit hê. Huise, geboue en infrastruktuur sal ook van ’n baie hoër gehalte wees. Dit beteken dat die inwoners ’n baie laer risiko tot die impak van ’n aardbewing sal hê. Bevolking – Hoe meer mense daar in ’n gebied is, hoe groter sal die meetbare impak van ’n aardbewing wees. Dit kan ook na stedelike of plattelandse gebiede verwys aangesien stede gewoonlik baie digter bevolk is as plattelandse gebiede.
© Impaq
84
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
6.5
Eenheid
2
Kommunikasie – Gebiede wat makliker toegang tot kommunikasie het, kan die inwoners van die gebied vroegtydig waarsku. Hulle kan ook vinniger nooddienste kontak nadat die aardbewing plaasgevind het. Inligting – In gebiede waar aardbewings gereeld plaasvind, word mense opgelei hoe om aardbewings te hanteer en hierdie inligting word ook met die hele bevolking gedeel. As gevolg hiervan is hulle baie beter voorbereid as gebiede wat nie op ’n gereelde basis aardbewings ervaar nie. Dit beteken hulle sal minder blootgestel wees aan die impak van ’n aardbewing omdat hulle weet hoe om op te tree wanneer een plaasvind. Omgewing – Die natuurlike omgewing van ’n gebied sal ook ’n impak hê op hoe blootgestel die bevolking is. Gebiede naby en in bergreekse en aan die kus sal byvoorbeeld meer vatbaar wees vir sekondêre impak soos grondstortings, sneeustortings en tsoenami’s. Hoe om die impak van aardbewings te verlaag
Daar is verskeie veiligheidsmaatreëls wat mense en regerings kan implementeer wat die risiko en impak van aardbewings sal verlaag.
Opvoeding – Kennis is mag in enige situasie, maar veral in die geval van aardbewings. Mense wat in gebiede woon waar aardbewings voorkom, moet seker maak hulle weet soveel as moontlik oor hierdie gebeurtenisse. Regerings moet seker maak dat hulle burgers, ongeag hulle ouderdom, opgelei is in die regte manier om op te tree voor, gedurende en ná ’n ramp. Skole en besighede kan verskeie oefeninge doen, inligtingstukke uitdeel en selfs by die skole en besighede praatjies hou. Dit sal verseker dat die inligting so ver as moontlik versprei word. Kommunikasie – Wetenskaplikes is deurgaans besig om seismiese aktiwiteit te monitor. Hulle is daartoe in staat om te voorspel wanneer ’n aardbewing moontlik gaan plaasvind. Alhoewel hierdie feit nie die impak wat ’n aardbewing op ’n gebied het totaal sal versag nie, sal ’n vroeë waarskuwingstelsel verseker dat sekere voorkomende stappe wel geneem word. Goeie kommunikasie sal ook die inwoners toelaat om om hulp te vra en mediese dienste na die gebied te ontbied. Goeie kommunikasie tussen familielede kan ook geïmplementeer word. Familielede word dikwels geskei gedurende ’n natuurramp en ’n bymekaarkompunt kan baie help. Voorbereiding – Voorbereiding is krities vir huishoudings. Elke huishouding moet altyd noodvoorraad hê soos flitse en ’n noodhulpkissie, nie net vir aardbewings nie, maar vir enige noodgeval. Huishoudings kan ook seker maak dat gevaarlike voorwerpe veilig weggebêre is waar dit niemand kan beseer nie. Infrastruktuur – Daar is verskeie maniere om die infrastruktuur te verbeter en aan te pas sodat dit meer duursaam sal wees in die geval van ’n aardbewing. Munisipaliteite kan toekomstige ontwikkelings beter beplan sodat dit nie naby gebiede is waar aardbewings gereeld plaasvind nie. Hulle kan ook beperkings op geboue plaas. In Japan is daar byvoorbeeld ’n hoogtebeperking op alle geboue. Daar kan selfs beperkings geplaas word op hoeveel mense daar per vierkante kilometer mag woon. Dit sal verseker dat minder mense beseer word. Die konstruksie van geboue is nog 85
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
belangriker. Baie geboue in hierdie gebiede is van hout gebou en nie van sterker, aardbewingbestande materiaal nie. Ongelukkig is hierdie konstruksies baie duur en dit beteken dat armer gemeenskappe nie kan bekostig om infrastruktuur te verbeter nie. Hulle kan wel hulle huidige geboue en infrastruktuur versterk deur staal in die fondamente en brandbestande materiale te gebruik.
Aardbewingbestande gebou
Kruisverspanstukke Versterk mure deur twee staalbalke te gebruik
Versterkte mure (Betonmure met staalbalke in) verminder rukbewegings
Skokabsorbeerders (basis isolators) Absorbeer skokgolwe van aardbewings
Aangepas en vertaal: https://goo.gl/tpyLkT
BELANGRIK Neem kennis dat daar ’n verskil is tussen die faktore wat die gevolge van die impak van ’n aardbewing verlaag, en die faktore wat die impak beïnvloed. Elke land of situasie sal ’n unieke reaksie hê met betrekking tot aardbewings. Byvoorbeeld, die VSA het baie gebiede met hoë bevolkings wat naby aan die middelpunte van aardbewings is en wat gereeld sterk aardbewings ervaar. Hulle goeie kommunikasie, regeringsdienste en die feit dat hulle ’n ontwikkelde land is, verlaag hulle kwesbaarheid. Sou hulle die impak van aardbewings nog verder wou verlaag, kan hulle vroeë waarskuwingstelsels, opvoeding en die verbetering van infrastruktuur implementeer.
© Impaq
86
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
DEFINIEER Infrastruktuur
Die basiese struktuur en fisiese uitleg van iets wat dit toelaat om te funksioneer, bv. die infrastruktuur van ’n stad sal wees paaie, brûe, pyplyne en geboue, ens.
Kernkrag
Krag wat met kernreaksies gegenereer (gemaak) word.
Kernkragineenstorting
Wanneer die kern van ’n kernkragreaktor oorverhit, lei dit tot die ontsnapping van radioaktiewe stowwe wat gevaarlik is vir die omliggende gebied.
Munisipaliteit
’n Stad of gebied met ’n plaaslike regering.
Richterskaal
Meet die intensiteit van ’n aardbewing.
Puin
Enige rommel of oorblyfsels van geboue wat agterbly nadat ’n ramp plaasgevind het.
Radioaktief
Iets wat ’n baie kragtige en gevaarlike vorm van energie afgee. Dit gee ook bestraling af.
Seismiese aktiwiteit
Die frekwensie waarin ’n gebied aardbewings of trillings ervaar.
Seismiese veiligheidsreëls
Wette wat in plek gestel word om die gehalte van sekere geboue en ander veiligheidstandaarde te monitor sodat hulle aardbewings kan weerstaan.
Versag
Om die impak van ’n situasie of gebeurtenis te verlaag of om die graad van iets te verlaag.
87
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Versterk
Om iets te versterk of te ondersteun met ekstra materiale.
AKTIWITEIT 14 Lees die gevallestudie oor die aardbewing in Japan om die aktiwiteit te voltooi. 1.
Voltooi die volgende diagram deur byskrifte vir die dele gemerk A tot D te gee.
(4) 2.
Wat was die impak van die 2011-aardbewing op Japan? Teken die tabel hieronder oor en voltooi dit. Maatskaplike gevolge
Ekonomiese gevolge
(6) Omgewingsgerigte gevolge
Primêre gevolge Sekondêre gevolge 3.
Noem en beskryf DRIE faktore wat Japan kwesbaar gemaak het vir hierdie aardbewing. (3 x 2) = (6)
4.
Noem en beskryf TWEE faktore wat die impak, soos deur Japan ervaar, kon verminder het.
© Impaq
88
(2 x 2) = (4) [20]
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
AKTIWITEIT 15 Voltooi die blokraaisel om hersiening te doen oor die struktuur van die aarde en aardbewings.
DWARS 3 Tektoniese plate wat na mekaar toe beweeg. 4 Gesmelte rots onder die aardoppervlak. 7 Spanningspunt binne-in die aardkors waar opgeboude druk vrygelaat word. 8 Die diepste laag van die aarde. 9 Die laag wat die binnekern omring. 11 Die kontinentale kors bestaan hoofsaaklik daaruit. 12 Tektoniese plate wat van mekaar af weg beweeg. 13 Die geleidelike beweging van kontinente oor die oppervlak van die aarde. AF 1 2 5 6 10
Die superkontinent. Golwe van energie wat gevorm en vrygelaat word deur ’n aardbewing. ’n Skielike hewige vrylating van energie in die aardkors wat gewoonlik aan die rande van tektoniese plate voorkom. Die punt op die aardoppervlak vertikaal bokant die fokus. Die breedste deel van die aarde. [13] 89
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
LES 7: VULKANE Vulkane is ’n unieke verskynsel in die natuur en vorm deel van die aarde se lewenssiklus, met ongeveer 50 uitbarstings per jaar. Die aardkors is opgedeel in 17 ‘stukke’ wat tektoniese plate genoem word en dryf op die magma wat onder die plate voorkom. Magma ontsnap deur die kors na die oppervlak van die aarde as daar ’n swak plek in die kors is, of as tektoniese plate teen mekaar bots of skuur en ’n gaping in die aardkors veroorsaak. Die aarde het ongeveer 500 aktiewe vulkane. Die meeste daarvan kom voor in wat as die Ring van Vuur bekend staan. Die Ring van Vuur is in die Stille Oseaan en bevat 75% van die aarde se vulkane. Drie verskillende vulkane kan gevorm word, naamlik saamgestelde, skild- en keëlvulkane. Die volgende les gaan jou meer oor dié verskynsel vertel.
DEFINIEER
© Impaq
Vulkaan
’n Natuurlike uitlaatplek op die aardoppervlak waardeur magma, gas, lawa of rotsfragmente uitbars.
Magma
’n Mengsel van gesmelte of halfgesmelte klip en ander kleiner deeltjies onder die oppervlakte van die aarde.
Lawa
Gesmelte magma wat uit vulkane vloei.
90
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
VIR DIE NUUSKIERIGES Kyk gerus na die volgende video’s, wat wys en verduidelik hoe vulkane ontstaan: 7.1
https://goo.gl/3R6NrU https://goo.gl/GfuFrE https://goo.gl/eUEs5S
Vulkane dwarsoor die wêreld
Wanneer jy die kaart hieronder bestudeer, sal jy opmerk dat die meeste van die wêreld se vulkane rondom die verskuiwingslyne van die verskillende tektoniese plate voorkom. Jy sal ook sien dat baie vulkane gekonsentreer is rondom die rand van die Stille Oseaan-plaat. Dit sluit gebiede in soos die weskus van die Amerikas, die ooskus van Japan, Indonesië, Siberië en die Filippyne, asook die bekende Ring van Vuur wat strek vanaf Nieu-Guinee tot by NieuSeeland. Dit is as gevolg van die manier waarop vulkane gevorm word.
Stille Oseaanplaat VUURRING
Stille Oseaanplaat
91
© Impaq
Eenheid
7.2
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Hoe vulkane gevorm word
Soos ons in die vorige eenheid geleer het, is die aardkors nie solied nie. Dit is saamgestel uit ’n aantal tektoniese plate. Die plekke waar hierdie plate ontmoet, word verskuiwingslyne genoem en vorm die grense van elke tektoniese plaat. Hierdie gebiede is swak plekke in die aardkors. Die plate dryf voortdurend op die magma in die bo-kors en dit skep baie druk. Soms word hierdie druk verlig in die vorm van ’n aardbewing, ander kere druk die magma deur hierdie breuk in die kors en bly dan in die magmakamer. Wanneer die druk groot genoeg raak, word die magma bo by die vulkaan uitgedruk. Die krag van hierdie uitbarsting stuur as en rots in die lug in, en soms word daar terselfdertyd ook giftige gasse vrygestel. Die as val soos sneeu en kan die land vir kilometers ver bedek. Die soort uitbarsting en die materiaal waaruit die magma bestaan, bepaal die soort vulkaan wat gevorm word en die grootte van die vulkaan. Daar is drie soorte vulkane: saamgestelde, skild- en keëlvulkane.
Bron: https://goo.gl/MjDgf9
Bron: https://goo.gl/XBvQKd
© Impaq
92
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Bron: https://goo.gl/1M2w8i
DEFINIEER
7.3
Giftig
Iets wat dodelik of skadelik vir jou gesondheid is.
Werp/spoeg
Om iets uit te gooi met ’n groot hoeveelheid krag.
Vulkane vandag
Baie berge is deur vulkane gevorm. Dieselfde geld vir die eilande van Hawaii wat steeds aan die groei is as gevolg van die onderwatervulkane wat dit oorspronklik gevorm het. Vulkane word geklassifiseer as aktiewe, dormante en uitgedoofde vulkane. Aktiewe vulkane het steeds gereelde uitbarstings, dormante vulkane het bewyse van magma, maar het vir ’n lang tyd nie uitbarstings gehad nie, en uitgedoofde vulkane sal waarskynlik nooit weer ’n uitbarsting hê nie. Bestudeer die tabel wat volg om te sien hoe die bekendste uitbarstings die omliggende gebiede beïnvloed het. Jy hoef nie die tabel te leer vir toetse of eksamens nie.
93
© Impaq
Eyjafjallajökull Mount St. Helens
Popocatepetl
Nyiragongo
2010
© Impaq
1980
Washington, VSA
2002
Naam
2000
Jaar
Demokratiese Republiek van die Kongo
Plek
Mexiko
2
Ysland
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
Gevolge Die vulkaniese as het baie lugbesoedeling veroorsaak. As gevolg hiervan is baie vlugte gekanselleer en die meeste lughawens in Europa het gesluit. Dit het beteken dat duisende passasiers nie hulle vlugte kon haal nie en lugdienste en lughawens het miljarde rande verloor. Ten spyte daarvan dat baie mense ontruim is, was daar steeds meer as 140 sterftes as gevolg van versmoring. Dit was veroorsaak deur die gasse wat deur die vulkaan vrygestel is. Die hoofstad van Goma is met lawa bedek en dit het veroorsaak dat die internasionale lughawe gesluit is, 4 000 geboue beskadig is en 100 000 mense haweloos gelaat is. Rots, as en rook is sover as 4 km die lug in geskiet en kon sover as Mexikostad gesien word. Duisende mense is gedwing om na regeringsfasiliteite te ontruim. Gelukkig was daar geen sterftes nie. ’n Aardbewing het veroorsaak dat Mount St. Helens uitbars. Nie net was die oorspronklike uitbarsting verwoestend nie, maar die lawamodderspoel het kilometers woud om die berg vernietig. Dit het ook een van die wêreld se ergste puinstortings veroorsaak wat bestaan het uit ’n mengsel van sneeu, modder en vulkaniese rots. Verder was daar ook ’n reeks modderstortings.
94
Prentjie
Bron: https://goo.gl/CtofzF
Bron: https://goo.gl/RwGhPi
Bron: https://goo.gl/uFZJnK
Bron: https://goo.gl/daCmpU
Tambora Krakatoa
1815 1883
Indonesië
Indonesië
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
Dit was een van die mees verwoestende vulkaniese uitbarstings in die geskiedenis, omdat die gasse wat vrygestel is deur die vulkaan so ’n enorme impak gehad het op die klimaat dat dit ’n droogte in Amerika en Europa veroorsaak het. Dus het daar nie net honderde mense versmoor in die lawa nie, maar die suurreën wat as gevolg van die uitbarsting geval het, het gelei tot hongersnood. Sowat 90 000 mense het gesterf, die meeste as gevolg van hongersnood.
Bron: https://goo.gl/Cox7b
Hierdie aktiewe vulkaan het een van die wêreld se dodelikste uitbarstings gehad wat ongeveer 36 000 mense om die lewe gebring het. Baie van hierdie sterftes is veroorsaak deur golwe, wat 40 m hoog was, wat ’n derde van die eiland bedek het.
Vesuvius
79 n.C.
Italië
Bron: https://goo.gl/aCLZOG
Die vulkaan het een van die vroegste aangetekende uitbarstings gehad en het die antieke Romeinse stede Pompeji en Herculaneum uitgewis. Alhoewel hierdie vulkaan se dodetal nie so hoog was soos van die ander vulkane nie (ongeveer 4 500), is dit een van die bekendste uitbarstings in die geskiedenis. Dit het die stad van Pompeji in lawa en as bedek.
95
Bron: https://goo.gl/iOd9CK
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
AKTIWITEIT 16 1.
2.
Lees deur die verskillende gevallestudies oor uitbarstings wat oor die jare plaasgevind het. Maak ’n lys van ten minste TIEN gevolge wat vulkaniese uitbarstings kan hê.
(10)
Benoem die dele van die vulkaan hieronder:
(7) 3.
Kom daar vulkane in Suid-Afrika voor? Gee ’n rede vir jou antwoord.
(3)
4.
Verwys na die inligting oor die Vesuvius-uitbarsting. Waarom dink jy is dit een van die bekendste uitbarstings in die geskiedenis?
(2)
5.
Noem die drie soorte vulkane.
(3)
6.
Verduidelik hoe aardbewings vulkane beïnvloed.
(2)
7.
Sal jy die volgende vulkane as aktief, dormant of uitgedoof klassifiseer?
(3) [30]
© Impaq
96
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
VIR DIE NUUSKIERIGES MAAK JOU EIE VULKAAN https://goo.gl/vdAjk6 Benodighede: papier mâché filmhouertjie 2 teelepels koeksoda 2 teelepels skottelgoedseep ’n paar druppels oranje en geel voedselkleursel 30 mℓ water Vulkane word gevorm deur baie krag en stoot dan die magma na die aardoppervlak. Wanneer hierdie magma die oppervlak bereik, staan dit bekend as lawa. Lawa is gevaarlik maar nie so dodelik soos die piroklastiese vloei of aswolk wat teen ongeveer 160 km/uur teen die vulkaan af hardloop en alles vernietig wat in sy pad staan nie. Alhoewel vulkane baie magtige verskynsels in die natuur is, het dit ook sy plek in die natuur se siklus deurdat vulkane nuwe land vorm waar nuwe lewe kan floreer.
LES 8: VLOEDE Die volgende definisies is belangrik. Maak seker dat jy die definisies ken.
DEFINIEER Abnormaal
Iets wat buitengewoon is of nie gereeld gebeur nie.
Volgstroom
Die golwe wat veroorsaak word deur iets wat oor die water beweeg.
Stroom
Wanneer ’n watermassa in ’n sekere rigting beweeg, soos stroomaf.
97
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Vrugbare grond
Grond waarin plante maklik groei en wat groot oeste lewer.
Vloedvlakte
’n Gebied van laagliggende grond langs ’n rivier.
Hipotermie
Wanneer die liggaamstemperatuur daal tot onder die normale 37 °C.
Die groot rede waarom vloede ontstaan is as gevolg van watervlakke wat hoër styg as wat die grond kan absorbeer. In die meeste gevalle is dit omdat daar baie swaar reën val, wat kitsvloede veroorsaak. Natuurverskynsels soos orkane, tsoenami’s, tifone en nog meer kan ook hierdie swaar reën veroorsaak en vloede tot gevolg hê. Ander redes vir die styging in watervlakke van riviere en oseane sluit in reënpatrone wat verander en sneeu wat smelt by die pole. Kusdorpe en woongebiede naby die water is gevaargebiede en daar word gewoonlik versperrings en kanale gebou om die water in verskillende rigtings te herlei om vloede te voorkom. 8.1
Oorsake van vloede
’n Vloed is ’n oorstroming van water wat die land bedek. Vloede word veroorsaak wanneer daar meer water is as wat natuurlik deur riviere, strome en die grond geabsorbeer kan word. Dit kan veroorsaak word deur verskeie dinge, maar die verandering wat die mens aan die landskap gebring het, het die gevolge van hierdie gebeurtenisse baie vererger.
© Impaq
98
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Hier volg ’n paar oorsake van vloede: 1. Swaar reën Ongewone of abnormale swaar reënval is een van die algemeenste oorsake van vloede. Daar is prosesse in die natuur om swaar reën natuurlik te hanteer. Dit sluit in riviere, grond en die natuurlike vloedvlaktes van die aarde.
Bron: https://goo.gl/EJUmaS
Reënwater word hoofsaaklik deur die grond geabsorbeer, maar soms word die grond versadig en kan dit nie verder water absorbeer nie. Die water wat dan oorbly, vloei oor die land (hierdie water staan bekend as afloop of afvloei) en vloei gewoonlik in riviere, strome en damme in. Gronderosie en ontbossing (veroorsaak deur menslike ontwikkelings) het egter hierdie natuurlike prosesse ontwrig omdat natuurlike plantegroei help om hierdie water te hou. Ontbossing veroorsaak dat die grond poreus (bros) word en nie meer die korrekte hoeveelheid water kan absorbeer nie.
Bron: https://goo.gl/NCunJD 99
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
2. Veranderinge in die omgewing Die ander natuurlike metode is vir reënwater om in nabygeleë riviere in te vloei. Alle riviere het natuurlike oewers en vloedvlaktes wat die laevlakland weerskante van die riviere is. Omdat hierdie stukke land so vrugbaar is, bou mense gewoonlik nedersettings op hierdie vloedvlaktes. Dit is egter ’n probleem, veral met standhoudende riviere wat gedurende die reënseisoen oorstroom. Ontwikkelings vererger hierdie probleem omdat afvoerpype, stormafvoerpype en geute nie gebou is om abnormale hoeveelhede water te hanteer nie. In die onderstaande foto is dit duidelik hoe ontwikkeling die natuurlike omgewing vervang. Voor ontwikkeling
Ná ontwikkeling
Bron: https://goo.gl/uDPDK6
3. Ander natuurrampe Die abnormale omstandighede wat deur ander natuurrampe veroorsaak word, kan ook vloede veroorsaak. Wanneer daar ’n aardbewing in die see is, veral een wat baie sterk is, is dit waarskynlik dat dit ’n tsoenami gaan veroorsaak. Tsoenami beteken “reusegolf” in Japannees. Die energie wat veroorsaak word deur die druk in die verskuiwingsplaat word vrygelaat. Hierdie energie verplaas groot hoeveelhede water en dit veroorsaak enorme golwe wat hoogtes van 65 m en snelhede van 100 km/uur kan bereik. Hierdie golwe laat verwoesting agter en het verskriklike gevolge orals, veral met die oog op vloede en mense wat verdrink. Tropiese siklone, ook bekend as tifone en orkane, is ook ’n hoofoorsaak van oorspoelings en vloede omdat hulle saam met hulle baie meer reën bring as wat natuurlik is vir ’n bepaalde gebied. Dit veroorsaak oorstromings en geweldig baie skade. Tropiese storm Dineo het in Februarie 2017 groot skade in Mosambiek aangerig, soos in die foto langsaan gesien kan word.
Bron: https://goo.gl/15YUTN
© Impaq
100
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
VIR DIE NUUSKIERIGES TSOENAMI 8.2
https://goo.gl/Ebh0yZ https://goo.gl/ZTDzpj https://goo.gl/2iyclo
Die mensdom se invloed op vloede
Die volgende diagram wys die mensdom se uitwerking op die hoeveelheid vloede wat plaasvind. Oorbeweiding en die bewerking van grond maak die grond los, wat dit moeiliker maak om water te absorbeer.
Betonbrûe en die beheer van riviere voorkom dat riviere natuurlik groei en dit veroorsaak vloede.
Betonoppervlaktes skep afloopgebiede wat nie water kan absorbeer nie.
Ontbossing veroorsaak gronderosie en verhoog die risiko en impak van vloede.
DIE INVLOED VAN VLOEDE Gronderosie maak riviere vol wat beteken dat dit vlakker is en makliker oorspoel.
Uitheemse plante blokkeer waterweë, wat vloede makliker maak.
Uitheemse plante is nie gemaak om by Suid-Afrikaanse weer en klimaat aan te pas nie. Dit krap dus die natuurlike prosesse om.
As gevolg van menslike en meganiese verkeer, verhard die grond en dit voorkom die absorpsie van water.
Die definisies wat volg verduidelik die spesifieke kwessies wat deur mense veroorsaak word en wat vloede beïnvloed. Maak seker dat jy die definisies ken.
101
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
DEFINIEER
© Impaq
Erosie
Die algehele verlies van rots en grond op die aarde se oppervlak; dit veroorsaak verlaagde gehalte van die grond.
Inheems
Iets wat natuurlik op ’n spesifieke plek of in ’n gebied voorkom, bv. die protea is ’n inheemse blomsoort in Suid-Afrika.
Landbou
Enige vorm van boerdery soos veeboerdery of die groei van gewasse soos groente.
Meganies
Iets wat deur masjiene gedoen word of gemaak is.
Uitheemse plante
Plante wat nie inheems of natuurlik in ’n gebied voorkom nie, bv. bloekombome.
102
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
8.3
2
Eenheid
Verwering
Die afbreek van die grootte van die deeltjies van materiale oor tyd, bv. rots wat tot sand afgebreek word.
Afloop
Water wat oor die aarde se oppervlak vloei na reën.
Ontbossing
Die proses waarin woude of bosse uitgehaal word en die grond vir iets anders gebruik word.
Kitsvloed
Vloed wat plaasvind met min of geen waarskuwing nie.
Die gevolge van oorstromings/vloede
Beserings en sterftes Omdat ’n persoon kan verdrink in so min as 5 cm water en omgestamp kan word deur so min as 15 cm water, is dit maklik om te sien hoe vloede ’n verwoestende impak op mense kan hê. Hierdie impak is die grootste wanneer ’n kitsvloed plaasvind. ’n Kitsvloed vind plaas met min of geen voorafwaarskuwing nie. Dit is veral moontlik ná ’n aardbewing of tsoenami en het gewoonlik duisende beserings en sterftes deur verdrinking tot gevolg. Bron: https://goo.gl/SK4dxj
103
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Siekte Siektes, veral cholera, is net een van die vele gevare wat vloede vir die mensdom inhou. Siektes is gewoonlik ’n probleem in gebiede wat deur vloede getref is, omdat vloede watertoevoer en rioolstelsels beskadig. Die oortollige water het baie faktore wat die versprei en ontstaan van siektes aanhelp. Afgesien van verdrinkings, word hipotermie ook deur vloede veroorsaak. Dit verhoog die mens se kanse om ’n virus of lugweginfeksie op te doen. Dit verhoog ook die hoeveelheid wateroordraagbare siektes sowel as siektes soos malaria. Gebarste waterpype en beskadigde infrastruktuur beteken dat mense beperkte toegang tot skoon water en gesondheidfasiliteite het, wat daartoe lei dat hull besmette water drink en besmette kos eet. Dit beteken ook dat daar nie higiëniese fasiliteite is nie, wat op sy beurt baie gevalle van cholera en diarree veroorsaak. Hierdie siektetoestande versprei vinnig en vererger die omstandighede verder.
’n Jong meisie in ’n vlugtelingkamp in Pakistan nadat haar huis verwoes is deur vloede. Sy het ’n velsiekte wat veroorsaak is deur wateroordraagbare bakterieë. Bron: https://goo.gl/LW4gFg
Verplasing van mense Vloede dwing gereeld mense om uit hulle wonings te vlug as gevolg van die gevaar en die skade wat aan hulle huise aangerig word. Hele dorpies en gemeenskappe moet hulle huise agterlaat omdat hulle nie andersins sal kan oorleef nie. Baie mense is geneig om na hoër grond te trek wanneer daar oorstromings is. Ongelukkig kan dit weke en selfs maande neem vir die water om geabsorbeer te word en teen daardie tyd is die skade aan die infrastruktuur en hulle wonings te erg vir hulle om veilig terug te keer. Baie van die mense in landelike gebiede is bestaansboere wat hulle landbougrond verloor het. Hulle moet dan verskuif na ander plekke waar hulle kan woon en werk soek.
© Impaq
104
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
Bron: https://goo.gl/B56A45
Skade Soos reeds genoem, kan vloede enorme skade aanrig. Hierdie skade het gewoonlik ’n ernstige impak op beide die natuurlike en mensgemaakte omgewing.
Die natuurlike omgewing Die natuurlike omgewing lei saam met die mensgemaakte een ten spyte daarvan dat die water deel is van die natuur. Die vinnig vloeiende water lei gereeld tot verdere gronderosie. Hierdie erosie is nie natuurlik nie en neem die grond ver weg van waar dit veronderstel is om te wees. Dit kan blokkasieprobleme wat reeds bestaan het, verder vererger. Dit kan ’n veelvuldige uitwerking hê: landbougebiede kry ’n neerstorting van vrugbare grond vanaf die vloedvlaktes en dit is baie positief, terwyl die negatiewe impak is dat puin ver versprei word en die grond op ongepaste plekke kan eindig en sodoende verdere skade veroorsaak.
Bron: https://goo.gl/ENjnjF
Die mensgemaakte omgewing Die skade aan geboue en infrastruktuur is gewoonlik erg as gevolg van die geweldige spoed en krag van die water. Die het die vermoë om brûe weg te spoel,
105
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
huise plat te vee en paaie, spoorweë en pyplyne te verwoes. Hospitale kan vernietig word en skole kan tydelik sluit. Die foto’s wat volg wys die effek van vloede op die mensgemaakte omgewing.
Bron: https://goo.gl/zTK3Rh
Bron: https://goo.gl/tSMekm
AKTIWITEIT 17 1.
Wat is ’n vloed?
(1)
2.
Verduidelik hoe swaar reën vloede tot gevolg het.
(3)
3.
Verduidelik hoe ontwikkeling vloede kan veroorsaak.
(3)
4.
Waarom is ontbossing ’n oorsaak van vloede?
(2)
5.
Noem VIER gevolge van vloede.
© Impaq
(4) [13] 106
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
8.4
Waarom is sommige gemeenskappe meer kwesbaar vir vloede?
Afstand Mense, veral armer mense, is geneig om hulle wonings naby aan riviere in die vloedvlakte te bou. Daar is twee redes hiervoor: Nie net bied dit maklike toegang tot water nie, maar die grond is ook dikwels vrugbaar. Enige abnormale weerpatrone kan egter veroorsaak dat riviere hulle oewers oorspoel en dit verwoes oeste en ook gemeenskappe.
Bron: https://goo.gl/cE4aVg
Aardverwarming Plekke wat naby of op seevlak geleë is, oorspoel maklik wanneer daar swaar reën of tsoenami’s is. Aardverwarming het veroorsaak dat die ys op die pole smelt en dit het om die beurt veroorsaak dat die seevlakke styg. Dit het ’n groot impak op die aantal vloede wat plaasvind.
Bron: https://goo.gl/tEP6oF
107
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Die drie foto’s is geneem in Rodanthe, NC, VSA. Jy kan duidelik sien hoe die seevlak oor 20 jaar gestyg het. 1990
2004
2010 Bron: https://goo.gl/S1k7KD
Inligting In gebiede waar vloede gereeld plaasvind, word mense opgelei en inligting oor vloede met die hele bevolking gedeel. Om hierdie rede is hulle baie meer voorbereid as gebiede wat nie gereeld vloede ondervind nie. Dus is hulle baie minder vatbaar vir die impak van vloede omdat hulle weet hoe om op te tree wanneer vloede plaasvind.
Ontwikkeling Menslike ontwikkeling in sekere gebiede ontwrig die natuurlike vloei van water. Mense het ook baie riviere gedwing om af te wyk van hulle natuurlike vloeipatrone en mensgemaakte opgaardamme gebou om stedelike gebiede van water te voorsien.
8.5
Voorbereiding en reaksie op vloede
Voorbereiding Dit is altyd goed om voorbereid te wees. Gemeenskappe moet vooraf gewaarsku en na ’n veilige plek ontruim word, indien moontlik. Tydens Orkaan Katrina wat die VSA in Augustus 2005 getref het, was ongeveer 1,5 miljoen mense uit 1,7 miljoen ontruim voordat die orkaan die kus getref het.
© Impaq
108
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Nooddienste moet ook in kennis gestel word sodat hulle beter voorbereid is om die moontlike aanslag van pasiënte te hanteer. Tydelike of regeringsbehuising kan opgerig word vir mense wat deur vloede geraak word. Mense kan egter ook by hulle eie huise voorbereidings maak. Gesinne kan verseker dat hulle ’n plan van aksie in plek het indien enige iets gebeur. Elke gesinslid kan ook baat vind by vooraf gepakte tasse in gereedheid vir sulke rampe. Hierdie tasse kan waardevolle items en noodvoorraad bevat en ook enige belangrike medikasie en skoon stelle klere. Reaksie Mense se reaksies vóór en ná ’n ramp, bepaal dikwels hoe hulle die nagevolge van ’n ramp ervaar. As gesinne voorbereid is en ’n plan in plek is, sal hulle beter voorbereid wees om oor ’n verlengde tydperk te oorleef. Mense moet onthou dat water gevaarlik kan wees al kom dit kalm voor. Strome is nie altyd sigbaar nie en kan sterk genoeg wees om swaar voorwerpe te skuif. Hierdie strome kan hulle ook beseer en van hulle skuilings af wegvoer en veroorsaak dat hulle verdrink.
AKTIWITEIT 18 Lees deur die volgende gevallestudies en antwoord die vrae wat volg.
VLOEDE DWING SA OM GRENSE TE SLUIT Times Live | 18 Maart 2014
Die Limpoporivier in vloed by die Pont Drif-grenspos. Botswana is aan die linkerkant en Suid-Afrika aan die regterkant. Foto deur Reuben Goldberg.
Die grenshekke tussen Suid-Afrika en Botswana bly gesluit as gevolg van die vloede. Die hekke is verlede week gesluit nadat die Limpoporivier oorstroom het.
109
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Binnelandse Sake se woordvoerder, Sam Moremi, het reisigers aangeraai om die Kopfontein-grenspos te gebruik, of om deur Beitbrug te gaan om Botswana deur Zimbabwe te bereik. “Ons drie grensposte vir toegang, naamlik Groblersburg, Platjan en Zanzibar is tydelik toe as gevolg van die vloede wat dwarsoor die land plaasgevind het. So gou as die situasie terugkeer na normaal, sal die grensposte weer oopgemaak word. Die huidige stand van sake bly onveranderd.” Die Lephalale-munisipaliteit in Limpopo het die getal vloedontruimingsentrums na vier verhoog. Munisipale woordvoerder Victor Monyepao sê meer as 2 400 slagoffers word tans in hierdie sentrums gehuisves. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/3y8GPf
Vloede veroorsaak 32 sterftes in Suid-Afrika The Hindu | 18 Maart 2014
Vloede veroorsaak deur swaar reën in groot dele van Suid-Afrika het 32 mense gedood en ongeveer 3 000 mense verplaas, het owerhede Maandag gesê. “Ongelukkig het die ramp 32 sterftes veroorsaak. Dit sluit 25 verdrinkings in. Ses van hierdie sterftes is veroorsaak deur weerligstrale en een persoon is gedood deur ’n muur wat omgeval het,” het Xinhua Andries Nel, adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, aangehaal. “Op hierdie stadium dui provinsiale verslae aan dat 3 000 mense in die Lephalalemunisipaliteit (Limpopo-distrik) steeds verplaas is,” het mnr. Nel gesê. Hy sê die watervlakke het gesak in ander dele van die land en dat mense na hulle huise wat onder water was begin terugkeer. Hy het bygevoeg dat die regering probeer om mense te help wat deur die vloede geraak is. “’n Groot aantal mense is reeds van hulle voertuie se dakke gered asook diegene wat in hulle huise vasgekeer was. Reddingspogings is steeds aan die gang vir die mense wat as vermis aangegee is. “Daar is aansienlike skade aan paaie, brûe, huise en waterpompe en ander waterinfrastruktuur aangerig. In sekere gebiede kan gemeenskappe nie werksplekke, gesondheidsdienste, behuising en skole bereik nie.” Die regering kon nie sê wat die koste van die skade is wat deur die reën aangerig is nie, omdat die evaluasie nog nie afgehandel is nie. Die regering het Suid-Afrikaners aangeraai om die weervoorspellings dop te hou en om op en wakker te wees terwyl hulle bestuur. “Maandag en Dinsdag verwag ons vloede in Mpumalanga en laagliggende gebiede in Limpopo. Geïsoleerde neerslae sal Donderdag © Impaq
110
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
en oor die naweek voorkom, maar nie soos dié wat ons reeds ervaar het nie,” het Johan Vermeulen, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, gesê. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/Vn19eB
1.
Noem en beskryf TWEE impakte uit elk van die artikels wat vloede kan hê.
(2 x 2) = (4)
2.
Waar en wanneer is elke artikel gepubliseer?
(2 x 2) = (4)
3.
Verskaf jou eie verduideliking van die woord sterftes.
(2)
4.
Wat was die oorsake van hierdie sterftes?
(3)
5.
“Siektes is ’n sekondêre ramp wat oorspoelde gebiede in Suid-Afrika swaar tref.” a. Wat dink jy word deur hierdie stelling bedoel? (2) b.
Ondersteun hierdie stelling deur te verwys na die moontlike siektegebaseerde gevolge van vloede op gemeenskappe. ONTHOU om jou mening te baseer op of die stelling akkuraat of onakkuraat is, voor jy jou antwoord verduidelik. Verduidelik jou antwoord deur ten minste DRIE voorbeelde te gebruik. (9)
6.
Waarom kon die regering nie ’n beraming gee van die koste van die skade van die vloede nie? (1)
7.
Beskryf TWEE maniere hoe die mensdom moontlik bygedra het tot die groter gevolge wat hulle tydens vloede ervaar het. (2 x 2) = (4) [29]
111
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
OEFENING 4 Bestudeer die volgende bronne en beantwoord dan die vrae. Bron 1: ’n Kaart wat die natuurrampe wat oor wêreld plaasgevind het, aandui.
Bron 2: ’n Gevallestudie deur ’n leerder in die VSA. GEVALLESTUDIE A Lauren is ’n 13-jarige dogter wat in Kalifornië in die VSA woon. Haar pa werk vir ’n beleggingsmaatskappy en haar ma is ’n huisvrou. Sy ry elke dag met die bus skool toe omdat sy in ’n goed ontwikkelde stad bly. Sy het maklike toegang tot dienste soos hospitale, banke, elektrisiteit en openbare vervoer. Sy het ’n ouer boetie wat studeer; hy bly by die Universiteit van Los Angeles.
Bron: https://goo.gl/4uD5kz
Die gesin het twee motors en ’n voertuig wat hulle gebruik wanneer hulle gaan kampeer of op een van hulle verskeie vakansies deur die jaar gaan. Ongelukkig het Los Angeles onlangs ’n aardbewing ondervind. Lauren het hierdie foto op Facebook geplaas en die © Impaq
112
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Eenheid
kommentaar was: “Die aardbewing was so erg! Ons arme huis ... dankie tog niemand het seergekry nie!”
Bron 3: ’n Gevallestudie van ’n leerder van Haïti, ’n eiland langs die kus van SentraalAmerika. GEVALLESTUDIE B Andha is ’n 12-jarige seun van Haïti. Sy pa is ’n messelaar en sy ma ’n huishulp. Omdat werk so skaars is, werk albei ouers ongelukkig in die VSA. Dit beteken dat Andha by sy ouma, oupa en ouer boetie, Thunde, woon. Hulle woon in ’n klein, eenslaapkamer-baksteenhuis met ’n sinkdak en geen lopende water nie. Daarom is dit sy werk om elke oggend water by die rivier te gaan haal voordat hy skool toe gaan.
Bron: https://goo.gl/9FgtAs
Toe die aardbewing Haïti getref het, was daar ongelukkig amper geen waarskuwing nie en Andha se oupa kon nie betyds uit die huis kom nie. Die huis het platgeval en sy oupa het gesterf. Om kos op die tafel te hou, het Thunde begin om tweedehandse skoene te verkoop, net buite waar hulle huis voor die aardbewing was. 1.
2.
Verwys na bron 1. a) Watter kontinent ervaar die minste natuurrampe? b) In watter gebiede kom die meeste natuurrampe voor? c) Watter natuurramp kom die algemeenste voor? d) Wat kom jy agter oor die aardbewings en vulkane op hierdie kaart? Verduidelik jou antwoord.
(1) (2) (1) (4)
Lauren en Andha sou hierdie aardbewing baie anders ervaar het. a) Vergelyk hoe hierdie kinders die aardbewing ervaar het. Tabuleer (teken ’n tabel) met soveel as moontlik punte waaraan jy kan dink. Onthou om te verduidelik waarom hulle hierdie spesifieke ervarings sou hê of waarom jy dink dit hulle so sou raak. (10) b) Wat dink jy kon hierdie gesinne gedoen het om te verseker dat hulle veilig is en so min as moontlik van die impak van die aardbewing ervaar het? Gee TWEE moontlikhede vir elkeen van die kinders. (4) c) Wat kon hierdie natuurramp verder veroorsaak het? (3) [25]
Vloede kan vernietigend wees. Dit kan geboue en landerye beskadig en hou ook ’n gesondheidsrisiko vir mens en dier in. Nie net kan vloede alles in sy pad beskadig en verwoes nie, maar dit kan ook siektes versprei en veroorsaak. 113
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
2
Slegs 15 cm water is nodig om ’n mens om te stamp en 60 cm water is nodig om ’n kar weg te spoel. Areas wat groot droogte beleef kan ook groot gevaar inhou vir vloede omdat die grond te droog is om water te absorbeer. Veiligheidsprosedures en -toerusting moet altyd gereed en in plek wees om gevare van hierdie soort natuurverskynsels te minimaliseer.
STUDEER/HERSIENING
© Impaq
Die aarde is saamgestel uit verskillende lae wat bekend staan as die binne- en buitekern, binnemantel, buitemantel en die kors. Die kors bestaan uit enorme stukke rots bekend as tektoniese plate. Hierdie plate dryf op die magma of gesmelte rots waaruit die mantel saamgestel is. Die plekke waar hierdie plate ontmoet, staan bekend as grense en soms bots hulle met mekaar. Hulle kan ook vassit in die verskuiwingslyne tussen die plate. Wanneer dit gebeur, word energie vrygestel in die vorm van ’n seismiese golf wat van die middelpunt af uitstraal. Hierdie golwe word ervaar in die vorm van aardbewings. Aardbewings kan ’n groot impak op gemeenskappe hê in die vorm van beserings, lewensverlies, siekte, die verplasing van mense, skade aan infrastruktuur, brande en tsoenami’s. Baie faktore het ’n impak op hoe kwesbaar mense is vir ’n aardbewing. Dit sluit in afstand, sterkte van die aardbewing, ontwikkeling, kommunikasie, inligting, bevolking en die omgewing. Mense kan beter voorbereid wees en die impak verminder wat die aardbewing op hulle sal hê. Hulle kan dit doen deur te verseker dat al die mense opgelei is in hoe om op te tree gedurende ’n aardbewing en dat kommunikasie op standaard is met ’n vroeë waarskuwingstelsel in plek. Mense kan ook voorberei en ’n plan van aksie in plek hê vir wanneer ’n ramp plaasvind. Aardbewingbestande infrastruktuur en versterking van ouer geboue kan ook die impak wat ’n aardbewing kan hê, verminder. Vulkane word gevorm wanneer magma deur die swak plekke in die aardkors druk, waar die tektoniese plate ontmoet. Hierdie magma word met geweldige druk uit die aarde geforseer met rampspoedige gevolge soos giftige gasse, lawa, as en sekondêre rampe soos modderstortings, sneeustortings en tsoenami’s. Daar is drie soorte vulkane, skild-, keël- en saamgestelde vulkane. Vulkane kan aktief, dormant of uitgedoof wees. Vloede word veroorsaak deur swaar reën, veranderings in die omgewing en ander rampe soos aardbewings en die daaropvolgende tsoenami’s.
114
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
2
Die mensdom is skuldig daaraan dat hy die kanse vir vloede verhoog met ontwikkeling, landbou, veranderings aan die natuurlike landskap en die plant van uitheemse plantegroei. Vloede kan baie verwoestende gevolge hê soos beserings, sterftes, die verplasing van mense, siektes, gronderosie, skade aan landerye, geboue en infrastruktuur. Sekere gemeenskappe loop ’n hoër risiko vir vloede as gevolg van afstand, gebrek aan kennis en voorbereiding, aardverwarming en ontwikkelings in die gebied. Kennis is mag wanneer dit kom by natuurrampe en mense moet opgelei en ordentlik voorberei wees vir enige van die moontlike gebeurtenis.
115
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
EENHEID 3: Bevolkingsgroei en -verandering LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Konsepte van demografie soos geboortesyfers, sterftesyfers, kindersterftesyfers, bevolkingsgroei en lewensverwagting kan definieer, verstaan, verduidelik en toepas. Grafieke kan interpreteer wat die bogenoemde syfers ten toon stel. Kan verstaan hoe sekere faktore ’n impak uitoefen op geboorte- en sterftesyfers. Bogenoemde kennis kan gebruik om te verduidelik hoe siekte, ekonomiese status, gesinsbehoeftes en -houdings, geloofstelsels, konflik, oorlog en regeringsbeleide die bogenoemde syfers beïnvloed. ’n Grafiek oor wêreldbevolking oor die laaste millennium kan lees en interpreteer. Verstaan en kan bespreek watter ontwikkelings ’n invloed op die wêreldbevolking het. Verstaan en verduidelik waarom verhoogde voedselproduksie, wetenskaplike ontwikkelings, verbeterde gesondheidsdienste en MIV/vigs ’n impak op die wêreld se bevolkingsgroei het. Grafieke en syfers wat wêreldbevolkingsgroei voorstel kan lees, verstaan en interpreteer.
INLEIDING Bevolkingsyfers stel die hoeveelheid mense wat lewe voor. Dit kan jaarliks, wêreldwyd binne ’n spesifieke tydstip, en selfs binne ’n spesifieke gebied bereken word. ’n Demograaf is iemand wat die statistieke van ’n spesifieke bevolking bestudeer om sodoende op hoogte te bly van ons veranderende wêreld op maatskaplike, ekonomiese en politieke vlak. Dit is veral belangrik wanneer daar vir die toekoms beplan word. Byvoorbeeld, Eskom het die hoeveelheid kragstasies en elektrisiteit wat genereer moet word volgens hulle navorsing op die bevolkingsgroei gebaseer. Hulle berekeninge was egter onakkuraat omdat hulle sekere faktore nie in berekening gebring het nie. Verder sukkel Suid-Afrika om aan die vraag © Impaq
116
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
na elektrisiteit te voldoen weens ’n gebrek aan instandhouding van kragstasies, wat veroorsaak dat ons kragonderbrekings ondervind. Die volgende definisies is belangrik. Maak seker dat jy die definisies ken.
DEFINIEER Demografie
Die studie van statistiese data oor die bevolking van ’n spesifieke gebied of tydstip.
Statistieke
Die studie en insamel van data oor verskillende onderwerpe en gebeurtenisse, waarna dit numeriese waardes gegee word.
Digtheid
Die konsentrasie mense of dinge in ’n gebied.
Ouderdomstruktuur
Die getal of persentasie van mense in elke ouderdomsgroep binne ’n bevolking, bv. ’n verouderende bevolking sal ’n groot groep mense bo die ouderdom van 65 hê.
Voeding
Die genoegsame inneem van kos, vitamiene en minerale wat benodig word om gesond te leef. Dit word verseker deur ’n gebalanseerde dieet te volg.
117
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Eenheid
Vrugbaarheidskoers
Die gemiddelde aantal babas wat elke vrou in ’n spesifieke gebied het.
Wanvoeding
’n Toestand wat veroorsaak word deur ’n swak dieet wat nie die liggaam van genoeg vitamiene en minerale voorsien nie.
VIR DIE NUUSKIERIGES Kyk gerus na die volgende video. Dit wys en verduidelik wat demografie is. https://goo.gl/qVSte5
LES 9: BEVOLKINGSBEGRIPPE Die onderstaande begrippe sal jou help verstaan hoe sekere faktore ’n bevolking se groei kan beïnvloed en die demografie van ’n land kan bepaal. 9.1
Geboortesyfers
Geboortesyfers verwys na die aantal babas wat elke jaar gebore word. Dit word gewoonlik bereken vir elke 1 000 mense en dit verhoog of verlaag van jaar tot jaar. Dit is gewoonlik die resultaat van die vrugbaarheidskoers en ouderdomstruktuur in ’n spesifieke gebied. Hierdie getal is uiters belangrik vir die berekening van bevolkingsgroei en is gewoonlik hoër in ontwikkelende lande met ’n hoë kindersterftesyfer. Dit sal later in die eenheid behandel word. DIE WÊRELDGEBOORTESYFER (PER 1 000 MENSE) Jaar
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
Syfer
22
21,37
21,16
20,43
20,24
20,15
20,05
20,09
20,18
19,86
19,85
19,15
19,14
18,9
18,7
© Impaq
118
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Aantal geboortes per 1 000 mense
Wêreldgeboortesyfer 23 22 21 20 19 18
17 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014
Jaar
GEBOORTESYFERS PER LAND Geboortesyfer (geboortes/1 000 bevolking) Nederland 10,8 Uganda 44,2 Katar 10 Ethiopië 37,7 Zimbabwe 32,5 Japan 8,1 Rusland 11,9 Suid-Afrika 18,94 Indië 19,9 China 12,2 Duitsland 8,4 Bronne: CIA World Factbook. Tensy anders aangedui, is inligting op hierdie bladsy akkuraat soos op 30 Junie 2015. www.indexmundi.com
119
© Impaq
Eenheid
9.2
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Sterftesyfer
Die sterftesyfer verwys na die gemiddelde hoeveelheid sterftes wat elke jaar plaasvind. Dit word ook bereken vir elke 1 000 mense en dit verhoog of verlaag elke jaar, maar dit kan ook dieselfde bly in meer ontwikkelde lande met stabiele ekonomiese en politiese omgewings. Hierdie getal is ’n rowwe skatting en word deur mediese dienste en die ouderdomsprofiel van die gebied beïnvloed. WÊRELDSTERFTESYFER (PER 1 000 MENSE) Jaar Syfer
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2011
2012
2013
2014
9
8,93
8,93
8,83
8,86
8,78
8,67
8,37
8,23
8,37
8,12
7,99
7,9
7,89
STERFTESYFER PER LAND Sterftesyfer (sterftes/1 000 bevolking) Nederland 8,57 Uganda 10,97 Katar 1,53 Ethiopië 8,52 Zimbabwe 10,62 Japan 9,38 Rusland 13,83 Suid-Afrika 17,49 Indië 7,35 China 7,44 Duitsland 11,29
Aantal sterftes per 1 000 mense
Suid-Afrika se sterftesyfer 25 20 15 10 5 0 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014
Jaar Bron: www.indexmundi.com
© Impaq
120
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
9.3
Eenheid
3
Bevolkingsgroei
Bevolkingsgroei verwys na die koers waarteen ’n spesifieke bevolking verander. Dit word bereken deur ’n formule te gebruik wat die sterftesyfer van die geboortesyfer vir ’n spesifieke gebied aftrek.
B=G–S B: Bevolkingsgroei
G: Geboortesyfer
S: Sterftesyfer
Byvoorbeeld, as ons bevolkingsgroei vir die wêreld in 2014 wou bereken, sou die berekening as volg wees: B=G–S B = 18,7 – 7,89 B = 10,81
As die meganiese groei van ’n bevolking uitgewerk word, moet migrasie in ag geneem word. Dan word die aantal emigrante van die getal immigrante af getrek.
BELANGRIK Bevolkings kan groei en krimp en daarom is die koers van bevolkingsgroei nie altyd ’n positiewe getal nie. Wanneer die getal positief is (meer as 0), wys dit dat daar groei in die bevolking was. As die getal negatief is (minder as 0), wys dit ’n afname in die bevolking.
121
© Impaq
Eenheid
9.4
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Babasterftesyfers
’n Land se sterftesyfer wys die gemiddelde aantal sterftes per jaar, bereken vir elke 1 000 mense. Dit word beïnvloed deur siektes, oorloë en die ontwikkeling van mediese dienste. Babasterftesyfers verwys egter na die hoeveelheid gevalle van sterftes onder die ouderdom van 5 jaar, bereken vir elke 1 000 babas wat gebore word. ’n Hoë sterftesyfer kom gewoonlik voor in onderontwikkelde gebiede met swak mediese dienste en ekonomiese status. Babas in hierdie gebiede sterf gewoonlik weens siektes soos diarree en wanvoeding. Kwasjiorkor is ’n vorm van wanvoeding as gevolg van ’n gebrek aan proteïene. Dit kom veral in Afrika voor waar armer families nie kan bekostig om vleis te koop nie en die kinders se dieet meestal uit graankosse bestaan. ’n Hoë babasterftekoers dui dus op onvoldoende mediese dienste, wanvoeding en armoede. In ontwikkelde lande is die babasterftekoers oor die algemeen laag. Dit is omdat ontwikkelde lande ’n hoër lewenstandaard handhaaf. Hulle het beter mediese tegnologie en dienste. Daar is ook genoeg gesonde kos en skoon drinkwater.
Aantal sterftes per 1 000 geboortes
Suid-Afrika se babasterftesyfer 70 60 50 40 30
20 10 0 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014
Jaar Bron: www.indexmundi.com
’n Kind met kwasjiorkor. Bron: https://goo.gl/WsD3AD
© Impaq
122
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Aangepas en vertaal: https://goo.gl/NnRHLG
9.5
Lewensverwagting
Lewensverwagting, soos sterftesyfers, het ’n impak op die berekening van bevolkingsgroei. ’n Persoon se lewensverwagting is die ouderdom tot waar hulle na verwagting sal leef. Daar is baie faktore wat ’n persoon se lewensverwagting kan beïnvloed. Dit sluit in die beskikbaarheid van mediese sorg, ontwikkeling, voeding en trou-ouderdom. Soos wat ons ontwikkel, so verander ons lewensverwagting. Die lewensverwagting van mans is oor die algemeen laer as dié van vroue. Gedurende die Middeleeue was ’n persoon se lewensverwagting byvoorbeeld tussen 35 en 40 jaar. In vergelyking met moderne standaarde kom dit as baie jonk voor, veral omdat ons van gevalle bewus is waar mense al ouer as 100 jaar geword het. Daar was egter baie meer siektes en onhigiëniese lewenstoestande gedurende daardie tyd. Die mediese wetenskappe het sedertdien drasties verbeter. In ontwikkelde lande soos die Verenigde State van Amerika en Brittanje bestaan groot persentasies van die bevolking uit mense ouer as 65. Hierdie hoë lewensverwagting beteken gewoonlik ’n laer bevolkingsgroei. In armer lande klink 35 – 40 jaar weer na ’n billike syfer as gevolg van MIV/vigs wat lewensverwagting in hierdie lande dramaties verlaag.
123
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Ouderdom
Suid-Afrika se gemiddelde lewensverwagting 58 57 56 55 54 53 52 51 50 49 48 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014
Jare Bron: World Bank www.data.worldbank.org Jaar
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
Ouderdom
53,44
52,52
51,87
51,56
51,61
52
52,64
53,47
54,39
55,3
56,1
56,74
57,18
AKTIWITEIT 19 1.
2.
Definieer die volgende konsepte: a. Sterftekoers b. Geboortekoers c. Groeikoers d. Lewensverwagting e. Babasterftekoers
(5 x 2) = (10)
Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg: Land Australië België Bangladesj Frankryk Indië Lesotho Mosambiek Suid-Afrika Verenigde Koninkryk Verenigde State van Amerika Zimbabwe
Babasterftesyfer (2014) 4,43 4,18 45,67 3,37 43,19 50,48 72,42 41,61 4,44 6,17 26,55
Bron: www.indexmundi.com
© Impaq
124
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
a. b. c.
Eenheid
3
Watter twee lande het die hoogste babasterftesyfer? (2) Watter twee lande het die laagste babasterftesyfer? (2) In 2008 was daar 3,5 dokters beskikbaar in Frankryk vir elke 1000 mense van die bevolking. Gedurende dieselfde tyd in Mosambiek was daar slegs 0,03 dokters beskikbaar per 1000 mense van die bevolking.
Dit beteken dat elke dokter in Frankryk 286 pasiënte gehad het, terwyl elke dokter in Mosambiek na ’n skokkende 33 333 pasiënte moes omsien. Die mediese fasiliteite in Frankryk, ’n ontwikkelde land, is ook baie beter as in Mosambiek, ’n ontwikkelende land. Hoe dink jy dra dit by tot Frankryk se lae babasterftesyfer in vergelyking met Mosambiek se hoë babasterftesyfer? (6) [20]
AKTIWITEIT 20 Gebruik die grafieke en tabelle van les 9 asook dié wat hieronder gegee is om die volgende vrae te beantwoord. 1.
Verwys na die kaart oor bevolkingsdigtheid hieronder:
Bron: http://cnx.org/content/m23172/1.1/
a. b. c.
Waarom het gebiede a, b en c sulke lae bevolkingsdigthede? (2) Waarom dink jy het gebiede d en e ook sulke lae bevolkingsdigthede? (2) Watter gebiede op die kaart het die hoogste bevolkingsdigthede? (2)
125
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
d.
Sou jy saamstem dat Australië ’n verstedelikte (baie mense in dorpe en stede) land is? Motiveer jou antwoord. (4)
2.
Gebruik die statistieke en die bronne in die eenheid om die volgende tabel te voltooi. (15)
3.
Gebruik jou tabel om die volgende vrae te beantwoord. a. Watter land het die hoogste sterftesyfer? b. Watter land het die hoogste geboortesyfer? c. Watter land het die hoogste bevolkingsgroei? d. Ervaar al die lande bevolkingsgroei? Motiveer jou antwoord deur na jou tabel te verwys.
4.
(1) (1) (1) (3)
Verwys na die kaart hieronder:
Bron: https://goo.gl/6ffuDd
a. b. c. d.
© Impaq
Watter kontinente het die hoogste lewensverwagting? Wat is sommige van die redes waarom hulle sulke hoë lewensverwagtingsyfers het? Watter lande het die laagste lewensverwagting? Wat kan die oorsake van hierdie lae syfers wees?
126
(3) (4) (2) (4)
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
5.
Eenheid
3
Soek die woorde.
(10) 6.
1. 2. 3. 4. 5. 6.
Pas die letter van kolom B by die nommer van kolom A. Kolom A Lewensverwagting Migrasie Babasterftesyfer Wanvoeding Bevolkingsgroeikoers Ontwikkelende land
A. B. C. D. E. F. G. H. I.
(6)
Kolom B Die aantal gevalle van sterftes onder 5 jaar. Genoegsame inname van kos, vitamiene en minerale. Beweging van mense na ’n ander land of nuwe gebied. Die ouderdom waarop ’n persoon aftree. Koers waarteen ’n bevolking in ’n plek verander. Die ouderdom tot waar ’n persoon na verwagting sal leef. Lande met ’n lae lewenstandaard. Mense wat ’n land of gebied binnekom. Die liggaam word nie van genoegsame vitamiene en minerale voorsien nie. [60]
127
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
LES 10: FAKTORE WAT GEBOORTE- EN STERFTESYFERS BEÏNVLOED Daar is sekere faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed. Dit kan ook die demografie van ’n land bepaal as gevolg van sekere gebeure en die gevolge daarvan. Hieronder volg ’n paar definisies wat jou sal help om sekere begrippe in konteks te verstaan.
DEFINIEER
© Impaq
Burgerlikes
Bewoners van ’n land; mense wat nie in die weermag, polisie of vloot is nie.
Landelik
’n Gebied soortgelyk aan die platteland wat nie so goed soos stede ontwikkel is nie.
Migrasie
Die trek van mense van een plek na ’n ander.
Nasionaliteit
Om aan ’n spesifieke nasie of land te behoort.
128
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
10.1
3
Eenheid
Stedelik
’n Gebied wat die karaktertrekke van ’n dorp of stad ten toon stel.
Stootfaktore
Faktore wat mense uit ’n gebied wegstoot, bv. misdaad, swak sanitasie en tekort aan mediese dienste.
Trekfaktore
Faktore wat mense na ’n gebied toe laat trek, bv. werksgeleenthede en onderwys.
Volksmoord
Die massamoord van mense van ’n spesifieke ras of etniese groepering.
Voorbehoedmiddels
Voorkomende metodes wat vroue beskerm teen onbeplande swangerskappe, bv. kondome en voorbehoedpille.
Ekonomiese status
Die impak op lewenstandaard Geld laat die aarde draai. Hierdie gewilde gesegde bevat ’n sekere waarheid, veral wanneer dit kom by die bevolking in ’n spesifieke gebied. Dit sal ’n groot impak hê op ’n bevolking se geboorte- en sterftesyfers, omdat dit die mense se lewenstandaard sal beïnvloed. Mense met ’n hoë lewenstandaard of ekonomiese status sal toegang hê tot veilige toestande, genoegsame mediese sorg en ’n gebalanseerde dieet. Dus sal hulle ’n veel hoër lewensverwagting hê. Hulle sal ook toegang hê tot voorbehoedmiddels asook goeie onderwys. Dit beteken dat hulle, hulle gesinne beter sal kan beplan en nie te veel kinders sal hê nie as gevolg van die finansiële implikasies van 129
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
groot gesinne. Mense met ’n laer ekonomiese status en lewenstandaard ervaar dinge egter anders en dit het ’n invloed op geboorte- en sterftesyfers. Armoede Armoede is gewoonlik aan die orde van die dag in ontwikkelende lande, maar is ook prominent in Amerika en Europa. Armoede sal gewoonlik aandui hoe laag die bevolking se lewenstandaard is en het ook gereeld wanvoeding en laekostebehuising tot gevolg. In hierdie gebiede is daar gewoonlik ook min of geen toegang tot mediese dienste, swak sanitasie en ander basiese dienste. Hierdie faktore sal die sterftesyfer verhoog. Dit sal weer ’n hoë geboortesyfer tot gevolg hê omdat baie van die kinders jonk sterf en die ouers soveel as moontlik kinders wil hê om te verseker dat van hulle verby die ouderdom van vyf jaar leef. Mense kry ook meer kinders omdat hulle later in hulle lewens kan help om geld vir die gesin in te bring, kan help met handearbeid en na die ouers kan kyk wanneer hulle aftree. Landelike-stedelike migrasie Landelike-stedelike migrasie verwys na die verstedeliking van baie mense. Die beteken dat mense vanaf die landelike gebiede na stedelike gebiede trek. Die rede hiervoor is gewoonlik dat mense na werk in stedelike gebiede soek. Terwyl hierdie migrasie nie ’n impak sal hê op die statistieke van ’n land nie, sal dit ’n definitiewe impak hê op die plaaslike en provinsiale bevolking. Daar is egter stootfaktore of probleme in landelike gebiede wat mense aanhelp om na stede te trek. Dit sluit in swak gesondheidsdienste en onderwys. Daar is ook faktore wat mense na stede toe aantrek. Dit sluit in werksgeleenthede, skole en vervoer. 10.2
Gesinsbehoeftes, -houdings en oortuigings
Daar is baie faktore wat mense in berekening bring wanneer hulle ’n gesin beplan. Dit is belangrik omdat die aantal kinders wat ’n gesin beplan om te hê ’n regstreekse impak op die geboortesyfer van ’n land het. Ontwikkelende lande het begin om meer ekonomiese standvastigheid te bied in die vorm van kindersorg en pensioenfondse. Hulle verbeter ook hulle mediese sorg en onderwysstelsels. Dit laat mense toe om hulle finansies te begin beplan en ook die aantal kinders slimmer te beplan. Daar is egter baie dinge om in gedagte te hou. Brittanje, wat ’n Eerstewêreldland is, het ’n probleem met tienerswangerskappe omdat tieners swanger raak sodat hulle ’n staatsubsidie (bedrag geld) van die regering kan ontvang. Geloofsoortuigings en waardes het ook ’n impak op hierdie besluite omdat sommige gelowe, soos die Katolieke, die gebruik van voorbehoedmiddels afkeur. Al die bogenoemde dinge het ’n impak op die geboortesyfer en dus ook op die bevolkingsgroei van ’n land of gebied.
© Impaq
130
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Suid-Afrikaners se gedagtes oor kindergeboorte Ons is so tevrede met ons tweeling. Dit is belangrik om te beplan en vir hulle op alle moontlike maniere te sorg. Daarom beplan ons nie om nog kinders te hê nie.
10.3
Daar word neergesien op vroue waar ek vandaan kom. Dit word as ongelukkig gereken om met ’n dogter belas te word, iemand wat nie die familienaam kan dra nie.
Konflik en oorloë
Enige politiese konflik of oorloë wat in ’n gebied plaasvind sal om verstaanbare redes die sterftesyfer van ’n gebied aansienlik verhoog. Dit is duidelik in konflikareas regdeur die geskiedenis. In die Eerste Wêreldoorlog het meer as agt miljoen soldate gesterf. Die Tweede Wêreldoorlog se syfers was nóg hoër omdat daar baie meer burgerlike mense betrokke was, insluitend die dood van ses miljoen Jode in Nazi-konsentrasiekampe. ’n Soortgelyke gebeurtenis het in Rwanda plaasgevind. Hier het die Hutu’s die veel kleiner stam van die Tutsi’s, aangeval en bykans ’n miljoen Tutsi’s vermoor in minder as ses maande, ten spyte daarvan dat albei stamme van dieselfde land en nasionaliteit afkomstig was. Dit het weer ’n vergelding van die Tutsi’s in Burundi, ’n buurstaat, veroorsaak en ontelbaar baie lewens is verloor. Volksmoord het gevolge soos: Finansies word gebruik om oorloë te finansier en kan dus nie gebruik word vir nooddienste en ontwikkeling nie. Dit kan die gevolge van ander faktore soos droogtes en siektes vererger, wat die sterftesyfer verder verhoog. 131
© Impaq
Eenheid
10.4
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Baie kinders word wees gelaat of word kindersoldate wat hul lewensverwagting geweldig verlaag. Miljoene mense word verplaas in vlugtelingkampe wat plaaslike bevolkingsgetalle beïnvloed. Skade aan infrastruktuur en verlies aan buitelandse belegging beteken dat nog minder ontwikkeling plaasvind. Die belangrikste gevolg is dat die jeug en toekoms van die nasie, sonder opvoeding en werk gelaat word. Dit verlaag hulle kanse om hul lewenstandaard te verbeter nóg verder. Dit beïnvloed ook die geboorte- en sterftesyfers. Regeringsbeleid
Daar is twee kante aan hierdie faktor. Aan die een kant is daar regerings wat wette implementeer om bevolkingsgroei te beheer omdat hulle reeds sukkel met oorbevolking. Sommige van hierdie wette sluit gratis voorbehoedmiddels en ook sterilisasie en aborsies by klinieke in. Daar is ook in sommige lande beperkings op hoeveel kinders ’n gesin mag hê. Daar kan ook ander voordele wees aan ’n beperkte aantal kinders soos belastingvermindering. China is ’n goeie voorbeeld hiervan. Die land het die trou-ouderdom verhoog na 20 jaar vir vroue en 22 jaar vir mans en voorsien finansiële steun aan gesinne met net een kind. Die resultaat hiervan is dat die bevolkingsgroei sedert die 1960’s gehalveer het. Die huidige bevolking in China is ’n geraamde 1,379 miljard mense, wat China die land met die meeste mense op aarde maak. Die projeksie is dat Indië in die toekoms China se bevolkingsyfer gaan verbysteek. Lande wat egter sukkel met bevolkingsgroei probeer hulle burgers aanmoedig om meer kinders te hê. Dit is veral die geval in Europa, waar die gemiddelde ouderdom baie hoër is as in ander lande. In hierdie lande word mense aangemoedig om meer kinders te hê en die staat bied finansiële steun aan gesinne met meer as een kind. 10.5
Siektes
Tuberkulose Tuberkulose, of TB, is ’n lugweginfeksie wat ’n pandemie regoor die wêreld is. Dit is ongewoon omdat daar inentings en medikasie vir behandeling is. Mense wat aan TB ly is gewoonlik van armer gemeenskappe met ’n laer lewenstandaard. Weens hulle swak voeding en beperkte toegang tot medisyne, het hulle min verweer teen hierdie gevreesde siekte. Die impak van TB word vererger deur die verspreiding van MIV/vigs omdat die virus dit vir die immuunstelsel, wat verswak is as gevolg van MIV, onmoontlik maak om die infeksie te beveg. Dit het ’n verwoestende uitwerking op bevolkings se geboorte- en sterftesyfers.
© Impaq
132
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
’n Paar skokkende feite oor TB vanaf die Wêreldgesondheidsorganisasie se webtuiste:
Tuberkulose (TB) eis naas MIV/vigs die meeste lewens ter wêreld as gevolg van ’n enkele aansteeklike kiem. In 2012 is 8,6 miljoen mense besmet met TB en 1,3 miljoen is daarvan oorlede. Meer as 95% van TB-sterftes vind plaas in lae- tot middelinkomste lande en is onder die drie hoofoorsake van sterftes onder vroue tussen die ouderdomme van 15 en 44. In 2012 het ’n geraamde 530 000 kinders met TB besmet en 74 000 MIV-negatiewe kinders het aan TB gesterf.
Stappe in die verspreiding van tuberkulose in die longe. Bron: https://goo.gl/SCt6eQ
VIR DIE NUUSKIERIGES
Bron: https://goo.gl/cQVWkL
133
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Diarree Baie mense beskou diarree as ’n gewone huishoudelike siekte wat maklik genees kan word en nie genoeg sterftes kan veroorsaak om ’n impak op ’n land se sterftesyfer te hê nie. Hulle is egter verkeerd, omdat diarree ’n persoon erg dehidreer weens die verlies van vloeistowwe en dit vinnig noodlottig vir babas en jong kinders kan wees. Dit is jaarliks die oorsaak van meer as 40 000 sterftes onder jong kinders, die meeste hiervan in landelike gebiede en informele nedersettings. Dit is baie gevaarlik omdat dit aansteeklik is en waterbronne kan besmet. Dit word dikwels nie ernstig opgeneem nie omdat mense nie besef hoe gevaarlik dit is nie. In armer gebiede is daar dikwels vervoerprobleme en as gevolg hiervan is mediese sorg nie altyd dadelik beskikbaar nie en verswak die baba of kind soms so vinnig dat hulle nie weer wakker word nie. Dit het natuurlik ’n impak op die kindersterftesyfer en ook op die bevolking van die land. Malaria Malaria is ’n siekte wat veroorsaak word deur ’n parasiet wat deur ’n spesifieke soort muskiet oorgedra word. Hierdie muskiet kom in tropiese streke voor, soos op die kaart op die volgende bladsy aangedui. Hulle floreer in ’n warm, vogtige klimaat. ’n Parasiet is ’n organisme wat in of op ’n gasheer leef, soos ’n mens, dier of plant. In hierdie geval gaan die parasiet die liggaam binne deur die bloedstroom via die muskietbyt. Vandaar gaan lê dit in die lewer, waar dit die persoon se rooibloedselle afbreek. Die vroeë simptome van malaria kom soos dié van ’n verkoue voor, maar sonder behandeling kan die siekte noodlottig wees. Dit is duidelik uit die twee miljoen mense wat jaarliks as gevolg van hierdie siekte sterf.
Gebiede waar malaria-oordrag plaasvind Gebiede met beperkte risiko
Vertaal: https://goo.gl/8E4Ca © Impaq
134
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Pandemies ’n Pandemie is ’n wydverspreide siekte wat globale gevolge het. Dit is soortgelyk aan ’n epidemie, maar raak ’n groter gebied. Die Swart Dood in Europa Builepes, ook bekend as die Swart Dood, was ’n pandemie wat Europa vroeg in die 14de eeu getref het. Die siekte was versprei deur rotte wat afkomstig was van die skepe wat Europa besoek het vanuit die Verre-Ooste. Medisyne was nie baie goed ontwikkel nie en bygelowe en geloofsgroepe het die mense gelei om te glo dat God hulle straf vir al die boosheid van die samelewing. Die siekte is egter deur rotte versprei wat van die handelskepe aan land gekom het. Binne twee jaar het 25 miljoen mense gesterf. Tien jaar later, toe die gevalle van die pes begin afneem het, het die siekte 30 tot 60% van Europa se totale bevolking uitgewis.
Uitbeelding van die pes. Bron: https://goo.gl/ZQS3Bi
Pokke Pokke is ’n aansteeklike siekte in die vorm van ’n uitslag en klein vloeistof-gevulde knoppies oor die hele liggaam wat erg jeuk. Pokke was ’n Europese siekte wat verwoestende gevolge gehad het op die plekke wat deur reisigers ontdek is, veral waar kolonies gevestig is.
135
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Die plaaslike inwoners van Afrika en Amerika het die impak die swaarste gevoel omdat hulle geen weerstand teen hierdie Europese siekte gehad het nie. Toe ’n Nederlandse skip van die Oos-Indiese Kompanjie vir vars voorraad aan die Kaap geland het, was die resultate skrikwekkend. Die siekte is deur ’n paar seemanne met pokke oorgedra. Slawe in die Kaap het siek geword en agt slawe per dag het gesterf. Die siekte het soos ’n veldbrand versprei en het amper die hele Khoisan-bevolking uitgewis. MIV/vigs MIV/vigs is ’n moderne pandemie soos die wêreld nog nooit vantevore ervaar het nie omdat die dodetal hiervan meer is TB, malaria en diarree saam. In Suid-Afrika alleen ly amper ses miljoen mense aan hierdie siekte en duisende mense sterf elke jaar hiervan. Die MI-virus val ’n persoon se immuunstelsel aan en maak hulle baie meer vatbaar vir alledaagse siektes. Die siekte word oorgedra deur bloed, en deur borsmelk van ma tot kind. Mense in armer gebiede is baie meer vatbaar vir hierdie siekte omdat hulle lewensomstandighede dit makliker maak vir hulle om siek te word met so ’n verswakte immuunstelsel. Die gebrek aan opvoeding beteken dat die siekte onbeheerd versprei. Dit het verreikende gevolge vir baie gesinne omdat daar baie weeskinders is wat geen ander keuse het as om na hulle jonger boeties en sussies om te sien nie. Dit beteken dat hulle nie ’n kans het om skool klaar te maak en hulle omstandighede te verbeter nie. Dit alles het ’n groot impak op die lewensverwagting en sterftesyfer van die bevolking. Lees die volgende statistieke in verband met vigs om ’n idee van die impak van hierdie siekte te kry.
Lewensverwagting in sekere Afrika-lande
MANS
© Impaq
VROUE
136
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Aantal mense in miljoene
Mense wat aan MIV ly
Die onderstaande definisies sal jou help om sekere simptome en/of oorsake van die bostaande siektes te verstaan:
DEFINIEER Builepes
’n Vorm van plaag in mense wat simptome soortgelyk aan verkoue het.
Bygelowig
’n Persoon wat glo in die bonatuurlike, bv. ’n gebreekte spieël bring slegte geluk.
Gedehidreer
As die liggaam te veel vloeistof verloor het.
Gekontamineer
Iets wat onrein gemaak is deur gif of besoedeling.
Immuniteit
’n Liggaam se vermoë om siektes af te weer.
Pandemie
’n Siekte wat wyd genoeg verspreid is om ’n impak op die wêreldbevolking te hê.
137
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Parasiet
’n Organisme wat in of op ’n ander lewende wese leef en baat vind uit die gasheer se liggaam.
Prominent
Iets wat baie waarneembaar is in ’n sekere gebied.
AKTIWITEIT 21 Gebruik die grafieke en tabelle in hierdie eenheid asook dié wat volg om die volgende vrae te beantwoord. 1.
Lees die koerantartikel hieronder sorgvuldig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. VRESE OOR DUITSERS WAT NIE MEER KINDERS WIL HÊ NIE
BERLYN – Die feit dat Duitsers nie meer kinders wil hê nie, is besig om ’n groot kopseer te word vir politici en werkgewers in die grootste Europese ekonomie. Die Verenigde Nasies voorspel dat die Duitse bevolking van 82 miljoen sal verlaag na 70,8 miljoen in 2050. ’n Studie deur Duitsland se Federale Instituut vir Demografiese Navorsing het gevind dat 26% van mans en 15% van vroue tussen die ouderdomme van 20 en 39 nie meer ’n gesin wil begin nie. Dit is in vergelyking met die 12% van mans en 10% van vroue in 1992. Volgens hierdie studie is daar ’n groeiende oortuiging (onder Duitsers) dat kinders ’n ideale leefstyl ondermyn. Met sy vinnig verouderende bevolking, is Duitsland besig om homself op ander gebiede ook van sy Europese bure te skei. Duitse vroue verkies om ’n gemiddeld van 1,7 kinders te hê in vergelyking met die twee kinders per gesin van ander Europese lande. Die studie wys ook dat 83% van die kandidate die afwesigheid van ’n maat of stabiele verhouding as rede hiervoor voorhou. Amper 60% het gesê dat kommer oor die toekoms wat vir hulle kinders wag hulle oorreed het om kinderloos te bly. Aangepas: Die Burger, 16 Mei 2005
a)
b)
c)
© Impaq
Duitse vroue verkies om ’n gemiddeld van 1,7 kinders te hê, in vergelyking met twee kinders van vroue in ander Europese lande. Hoe werk dit? Kan ’n mens 1,7 kinders hê? (2) Vroue in ander Europese lande verkies om twee kinders te hê. Watter invloed sal twee kinders per gesin op die bevolking van ’n land hê oor ’n verlengde tydperk? (2) Dink aan ten minste twee redes waarom ’n land probleme sal hê sou sy burgers besluit om nie meer kinders te hê nie. (2) 138
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
d)
Eenheid
3
Gee twee redes waarom Duitsers nie meer kinders wil hê nie. (2)
2.
Dui aan of die volgende faktore trek- of stootfaktore is. Skryf slegs “trek” of “stoot” langs die ooreenkomstige letter.
(15)
3.
Bestudeer die gevoel van Suid-Afrikaners oor kinders. Watter impak dink jy het elkeen van hierdie sentimente op bevolkingsgroei? (4 x 2) = (8)
4.
Noem en beskryf twee pandemies wat in die verlede ’n globale impak gehad het.
139
(4) [35]
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
LES 11: DIE WÊRELD SE BEVOLKINGSGROEI Bevolkings regoor die wêreld is gedurig aan die verander. Een patroon is egter duidelik: die wêreld se bevolking is aan die groei.
Bevolkingsgroeikoers
Gemiddelde jaarlikse groei % Bron: Verenigde Nasies Bevolkingsafdeling, 1993 Nota: Die data verwys na 1990-1995.
11.1
Patrone van wêreldbevolkingsgroei
In vorige eeue was geboortesyfers baie hoog. Daar was geen voorbehoedmiddels nie en gesinne was gewoonlik baie groot. In sommige beskawings was mans met meer as een vrou getroud en het soveel kinders gehad as wat hulle kon ondersteun. Alhoewel die meeste moderne samelewings hulle sienings hieroor verander het, het dit ’n uiters hoë geboortesyfer tot gevolg gehad. Aan die ander kant is hierdie syfer versag deur ’n baie hoë sterftesyfer wat veroorsaak is deur siektes, oorloë en ander konflikte. Die bevolkingsgroei was daarom stadig. Die onderstaande aktiwiteit sal jou help met die oefening om ’n lyngrafiek te interpreteer. Bykomende grafieke kan ook gebruik word vir oefening.
© Impaq
140
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
AKTIWITEIT 22 Gebruik die grafiek hieronder om die vrae te beantwoord.
Wêreldbevolkingsgroei Stoom -enjin
Landboubesproeiing
1.
Hoe is die bevolking op die grafiek gemeet?
(2)
2.
Volgens die grafiek, hoeveel mense was daar in: a. 1000 n.C. b. 1500 n.C.
(2) (2)
By punt A was daar ’n merkwaardige afname in bevolkingsgroei. Wat dink jy kon die rede hiervoor gewees het?
(2)
4.
In watter era het die bevolkingsgroei merkwaardig begin toeneem?
(2)
5.
Waarom dink jy het dit gebeur?
(3)
6.
Wat is die beraamde bevolking van die wêreld vandag?
3.
141
(2) [15]
© Impaq
Eenheid
11.2
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed het
Ontwikkelings kan slegs bevolkingsgroei beïnvloed wanneer die bevolking se geboorte- of sterftesyfers drasties verander. ’n Verandering in die lewensverwagting van die algehele bevolking sal dus belangrik wees vir bevolkingsgroei om toe te neem. Mense se lewensverwagting sal verbeter wanneer lewenstandaarde verbeter. Sedert die Industriële Rewolusie was daar heelwat ontwikkelinge wat die lewenstandaard van die mens geweldig verbeter het. VERANDERINGS TE DOEN MET VOEDSEL
Verbeterde produksie Sedert die Industriële Rewolusie in die 19de eeu het die produksie van voedsel aanhou verbeter soos wat die bevolking aanhou groei het. Dit het begin met veranderings in landbou met die bekendstelling van die perdeskoen. Dit het toegelaat dat perde deur die landerye kon ploeg, in plaas van mense. Dit het die boerderyproses versnel. Die gebruik van vier-oes-rotasie het gronderosie as gevolg van oorbewerking voorkom, en toegelaat dat meer gewasse op dieselfde stuk grond geplant kon word. Dit het die dramatiese en volgehoue toename in die verbouing van stapelvoedsel in verskillende streke regoor die wêreld tot gevolg gehad, soos rys in Asië en mielies in Afrika. Wetenskaplikes werk vandag nog konstant aan verbeterde produksiemetodes. Die doel is om die volgende te verbeter: o Spoed: ’n Metode om gewasse vinniger te laat groei om sodoende meer as een oes per jaar in te bring. o Opbrengs: ’n Plant wat meer as enige ander sal produseer, bv. ’n plant wat meer ryskorrels as ander produseer. o Veelsydigheid: Die ontwikkeling van ’n plant wat in verskillende klimate kan groei, veral in droër, armer klimate en in groter gebiede op ’n slag. o Gehalte: Die ontwikkeling van beter gehalte bemesting en produkte.
Blikkieskos Voedselpreservering was ’n probleem voordat moderne wetenskap ingegryp het. Die meeste mense het sout gebruik om vleis en ander vars produkte te preserveer. Die Franse keiser Napoleon Bonaparte het ’n beloning aangebied vir enige iemand wat met ’n manier vorendag kon kom om sy troepe te voed. Dit is gewen deur Nicolas Appert, wat ’n manier ontdek het om kos in glas te bewaar. Hierdie metode is later verbeter deur Peter Durant wat kos in ’n onbreekbare blikhouer verseël het. Dit het toegelaat dat kos langer bewaar kon word sonder dat dit oud geword het, wat die moontlikheid van beter voeding tot gevolg gehad en daarom ook beter lewensverwagting as tevore.
© Impaq
142
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Verkoeling Die bewaring van kos deur verkoeling was ook ’n belangrike ontwikkeling in die proses van voedselproduksie. Baie jare gelede het mense geen manier gehad om hulle kos koud te hou nie, dus is dit nie oor langer tydperke bewaar nie. Mense het gereeld siek geword as gevolg wat bakterieë wat op kos groei wanneer dit oud word. Dit het voedselvergiftiging veroorsaak wat gereeld tot sterftes gelei het. Melk en vars produkte is in kelders gestoor en selfs onderwater in ’n poging om dit langer te laat hou. In die 19de eeu het mense ys begin ontwikkel vir koelkamers om kos in te stoor. In die 1920’s is gasaangedrewe en elektriese yskaste begin gebruik en dit het beteken dat mense vir langer toegang tot hoër gehalte voedsel gehad het. Hierdie moderne tegnologie is nou alledaags in die meeste huishoudings en het ’n onvervangbare deel geword van die bewaring van nie net voedsel nie, maar ook bloed, medisyne en ander belangrike produkte. Dit is een van die redes waarom lewensverwagting verhoog het.
’n Ou advertensie vir ’n yskas. Bron: https://goo.gl/fYsjR6
WETENSKAPLIKE ONTWIKKELINGS
Beheer van siektes en infeksies Pasteurisasie – Van so vroeg as die 14de eeu, toe Europa onder die gevolge van die Swart Dood gely het, was daar die oortuiging dat siektes deur slegte reuke versprei word. In 1860 het Louis Pasteur ontdek dat kieme siektes deur die lug en water versprei. Louis Pasteur
143
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Hy was nie daartoe in staat om dit op daardie stadium te ondersoek nie, omdat die mikroskoop nog nie ontdek was nie en die mens nie kieme met die blote oog kan sien nie. Danksy sy ontdekking is die metode om melk te verhit en te steriliseer om die kieme daarin te verwyder (pasteurisasie), ontwikkel. Dit het melk veilig gemaak om te drink. Wanneer jy na ’n bottel melk in jou yskas kyk, sal jy die woorde “ultragepasteuriseer” iewers opmerk, sowel as ’n vervaldatum wat jou ’n aanduiding gee van wanneer die melk verval. Sterilisasie – ’n Chirurg met die naam John Lister het gehoor van Pasteur se werk en geredeneer dat die rede vir die hoë sterftes gedurende operasies ook met kieme te doen gehad het. Hy het begin om sy instrumente voor enige operasie skoon te maak met karbolseep (antiseptiese seep) en sproei. Sterilisasie is vandag nog ’n baie belangrike deel van die sorg van pasiënte, veral in klinieke en hospitale waar daar baie kieme is.
John Lister Penisillien – Een van die belangrikste ontdekkings in die mediese wetenskap is deur ’n Skotse wetenskaplike, Alexander Fleming, gemaak. Ondanks die feit dat dokters en chirurge deeglik was met sterilisasie, was daar steeds verskeie infeksies en sterftes as gevolg van infeksies.
Alexander Fleming Wonde het infeksies opgedoen as gevolg van bakterieë wat deur die wond in die liggaam ingekom het. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is meer soldate oorlede as gevolg van infeksie en gangreen as van die oorspronklike wonde wat hulle opgedoen het. Met die bekendstelling van penisillien is infeksie stopgesit omdat dit,
© Impaq
144
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
die eerste antibiotika, die liggaam gehelp het om te herstel. Dit het baie sterftes voorkom en dus die sterftesyfer van baie bevolkings verlaag.
Verbeterde sanitasie Nadat die mens bewus geword het van die teenwoordigheid van kieme, het die voorkoming van die verspreiding van kieme vir baie mense ’n saak van erns geword. Mense het toegang tot skoon water en behoorlike sanitasie en ander dienste begin vereis, soos spoeltoilette wat gedurende die 19de eeu ontwikkel is. Die vraag na skoon water word vandag beskou as ’n basiese mensereg en die Verenigde Nasies doen geweldige moeite om te verseker dat almal, veral mense in ontwikkelende lande, toegang tot skoon water en sanitasie het. Dit voorkom die verspreiding van siektes soos cholera, diarree en ingewandskoors. Al hierdie siektes word deur besmette water veroorsaak.
Verbeterde gesondheidsdienste Immunisasie – Immunisasie is een van die samelewing se belangrikste mediese ontdekkings. Immunisasie is ’n inenting waar daar ’n klein hoeveelheid van ’n sekere siekte in ’n baba of persoon ingespuit word sodat hulle immuunstelsel dit kan beveg en die persoon se immuunstelsel dan sterker stamme van die siekte kan beveg. Dit was ’n deurbraak omdat die kindersterftesyfer skerp gedaal het. Siektes soos polio, waterpokkies, masels en meningitis, wat duisende lewens geneem het, is nie nou net behandelbaar nie, maar ook voorkombaar. Met epidemies soos pokke en polio onder beheer, is daar aansienlik minder sterftes onder kinders sowel as volwassenes regoor die wêreld. Geboortebeperking – Geboortebeperking is al vir jare beskikbaar, maar dit het eers nadat voorbehoedmiddels gewettig is, en gedurende die 1930’s as moreel aanvaarbaar beskou is, ’n definitiewe impak op bevolkingsgroei gehad. Vandag word baie moderne vorms van geboortebeperking soos kondome en voorbehoedpille gebruik om die grootte van gesinne te help beheer en sodoende binne hulle ekonomiese vermoëns te bly. Daar is steeds gemengde gevoelens oor die gebruik van hierdie middels regoor die wêreld, maar die meeste bevolkings se geboortesyfers het as gevolg hiervan verlaag.
145
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
’n Kaart van die wêreld se vrugbaarheidskoers. Die gemiddelde aantal kinders wat per vrou per jaar gebore word in elke land. Bron: https://goo.gl/tAL5LF
’n Kaart van die persentasie vroue wat geboortebeperking gebruik. Bron: https://goo.gl/FQeRSr
Openbare gesondheidsdienste Openbare gesondheidsdienste is nog ’n rede vir die afname in sterftesyfers in baie lande. Dit is wanneer die regering staatsfondse beskikbaar stel vir mediese dienste in die vorm van klinieke, gratis medisyne en voorgeboortesorg, veilige waterbronne en sanitasie, maar die belangrikste hiervan in gratis immunisasie vir babas en jong © Impaq
146
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Eenheid
kinders. Die meeste geld vir openbare gesondheidsdienste word nou spandeer aan die verbetering van MIV/vigs-dienste en gratis MIV-toetse en antiretrovirale middels (ARV’s) wat help om die MI-virus te beveg. Al hierdie veranderings het groot invloede op die sterftesyfers van die wêreld gehad en dus ook op die groeikurwe van die wêreld se bevolking. Die onderstaande definisies sal jou help om te verstaan wat sekere siektes is en hoe dit beveg of bekamp kan word.
DEFINIEER Antiretrovirale
Antiretrovirale medisyne help om ’n persoon se immuunstelsel te versterk om sodoende die gevolge van die MI-virus te bestry.
Bewaring
Om iets in sy oorspronklike of naby aan sy oorspronklike toestand te hou.
Immunisasie
Om iemand immuun teen ’n siekte te maak.
Industriële Rewolusie
Die proses van totale verandering in nywerhede.
Inenting
’n Inspuiting wat klein hoeveelhede van ’n virus in ’n persoon se bloedstroom inspuit sodat hulle immuun kan raak teen die virus.
Infeksie
Wanneer kieme ’n persoon of organisme met ’n siekte besmet.
Karbol
’n Antiseptiese seep wat ’n vorm van alkohol bevat.
Masels
’n Kindersiekte wat hoë koors en ’n rooi uitslag tot gevolg het.
Meningitis
’n Ernstige inflammasie van die dun weefsel rondom die brein. Dit word deur bakterieë veroorsaak.
Mikroskoop
’n Toestel wat lig gebruik om organismes te vergroot en aan die blote oog sigbaar te maak.
Opbrengs
Die hoeveelheid wat van ’n produk geproduseer word.
Ploeg
Om die aarde om te dolwe om klein saadjies te plant. 147
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Polio
’n Aansteeklike virussiekte wat die senuweestelsel aantas.
Sterilisasie
Om die kieme van iets te verwyder deur dit met hitte of antiseptiese middels skoon te maak. Om iets koud te hou.
Verkoeling Waterpokkies
’n Aansteeklike siekte wat gekenmerk word deur hoë koors en ’n jeukende uitslag wat die persoon se hele lyf bedek.
AKTIWITEIT 23 1.
Hoe het wetenskaplike ontwikkelings die bevolkingsgroei beïnvloed?
2.
Waarom het voedselpreservering so ’n groot impak op bevolkingsyfers gehad?
(3 x 3) = (9)
(2)
3.
Noem en beskryf die maniere waarop wetenskaplikes voedselproduksie wil ontwikkel. (4 x 2) = (8)
4.
Pas die woorde/terme in kolom A by die woorde/terme in kolom B.
4.1 4.2 4.3 4.4 5.
Kolom A Voorbehoedmiddels Positiewe groeisyfer Sterftesyfer Epidemie
A. B. C. D.
Kolom B Pandemie Geboortesyfer Sterilisasie Negatiewe sterftesyfer
Wat beteken die term “lewensverwagting”?
VIR DIE NUUSKIERIGES Besoek die volgende webtuistes om meer oor bevolkingsgroei en ander interessante statistieke uit te vind. https://goo.gl/FKAYyY https://goo.gl/yblH
© Impaq
(4)
148
(2) [25]
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
OEFENING 5
Bron: https://goo.gl/vJzCHK
1.
Verwys na die kaart hierbo: 1.1 Noem drie lande met die hoogste aantal mense per vierkante kilometer. (3) 1.2 1.3
2.
Noem drie lande met die laagste aantal mense per vierkante kilometer. (3) Gee ’n moontlike rede vir hierdie lande se lae bevolkingsdigtheid. (2)
Verwys na die kaart hieronder wat handel oor die wêreld se vrugbaarheidskoers.
Bron: https://goo.gl/tAL5LF
149
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
2.1 2.2 2.3
Watter kontinent het die laagste vrugbaarheidskoers en wat bewys dit oor die ontwikkelingsvlak van hierdie kontinent? (3) Watter kontinent het die hoogste vrugbaarheidskoers en wat is die moontlike redes hiervoor? (3) Die meerderheid van Europa en Asië het ’n baie lae vrugbaarheidskoers. a. Daar is een uitsondering – een land het ’n baie hoë vrugbaarheidskoers. Gebruik ’n atlas of die internet om uit te vind watter land dit is. (2) b. Waarom dink jy is dit so hoog? Bestudeer die kaart in verband met vroue wat geboortebeperking gebruik hieronder en ondersoek die redes vir so ’n hoë vrugbaarheidkoers. (5)
Bron: https://goo.gl/FQeRSr
3.
© Impaq
Die grafiek op die volgende bladsy wys verskeie statistieke oor SuidAfrika se bevolking. Gebruik dit om die veranderings te beskryf wat plaasgevind het met: 3.1 Bevolking. 3.2 Geboortesyfer. 3.3 Sterftesyfer. 3.4 Mense wat aan MIV/vigs ly. 3.5 Die gemiddelde lewensverwagting. 3.6 Die kindersterftesyfer.
150
(2) (2) (2) (2) (2) (2)
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Kindersterfsyfer
4. 5. 6.
Vergelyk die sterftesyfer met die kindersterftesyfer. Wat kom jy agter oor hierdie waardes, en waarom gebeur dit? (4) Vergelyk die geboortesyfer en bevolkingsyfer in Suid-Afrika. Wat kom jy agter oor hierdie waardes, en waarom gebeur dit? (4) Wat het verander in verband met die gemiddelde lewensverwagting van babas wat gebore word? Watter rede kan daar wees vir hierdie verandering? (4) [45]
Hier volg ’n paar wenke en inligting vir die hersiening van die voorafgaande lesse. Maak seker dat jy die werk verstaan voordat jy na die volgende lesse aanbeweeg.
STUDEER/HERSIENING Inhoud en konsepte Geboortesyfers verwys na die aantal geboortes per 1 000 mense wat daar jaarliks in ’n gebied plaasvind. Dit is hoër in ontwikkelende gebiede, omdat daar minder voorbehoedmiddels beskikbaar is en baie gesinne probeer om soveel as moontlik kinders te hê. Hulle doen dit met die hoop dat van hulle sal oorleef tot in volwassenheid. In ontwikkelde lande plaas hulle meer klem op stabiliteit en gesinsbeplanning. Sterftesyfers verwys na die hoeveelheid sterftes per 1 000 mense in ’n gebied per jaar. Hierdie getalle is baie hoër in ontwikkelende lande waar hoë vlakke van armoede, konflik en oorloë alledaags is en dit miljoene sterftes veroorsaak. Bevolkingsgroei is waardes wat wys hoe die bevolking, of die hoeveelheid mense wat daar is, oor ’n sekere tydsduur verander het.
151
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
3
Kindersterftesyfers verwys na die aantal babas wat gebore word, maar wat sterf voor die ouderdom van vyf jaar. Dit is dikwels hoër in ontwikkelende gebiede as gevolg van ’n gebrek aan goeie voeding en toegang tot mediese dienste. Lewensverwagting verwys na hoe lank kinders ná geboorte leef. Die berekening van hierdie syfer hang af hulle lewenstandaard wat voeding, die beskikbaarheid van mediese dienste en opvoeding betref.
Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed Siektes het ’n aansienlike impak op die sterftesyfer van ’n bevolking en is een van die hoofredes waarom dit so hoog is. Tuberkulose is ’n lugwegsiekte wat ’n baie negatiewe impak op armer gemeenskappe het as gevolg van swak voeding en ’n gebrek aan mediese voorraad, wat dit vir hulle moeilik maak om die siekte te beveg. Malaria is ’n tropiese siekte wat veroorsaak word deur ’n parasiet wat deur muskiete oorgedra word. Dit het simptome soortgelyk aan verkoue, maar veroorsaak miljoene sterftes elke jaar. Diarree is ’n siekte wat ’n toename in babasterftes veroorsaak, omdat baie babas as gevolg van dehidrasie sterf. Diarree word deur besmette water veroorsaak. Pandemies is wydverspreide siektes wat wêreldwye gevolge het. Die Swart Dood is ’n siekte wat ’n groot deel van Europa se bevolking in die 14de eeu uitgewis het. Pokke is ’n siekte wat verwoestende gevolge gehad het op Suid-Afrika se Khoisangemeenskap, omdat hulle geen immuniteit teen die siekte gehad het nie. MIV/vigs is ’n moderne pandemie wat meer sterftes veroorsaak as al die ander siektes saam en het ’n groot uitwerking op die sterftesyfer van baie bevolkings. ’n Bevolking se ekonomiese status het ’n uitwerking op hulle groeikurwe omdat armoede, landelike en stedelike migrasie en die lewenstandaard alles inwerk op ’n persoon se lewensverwagting. As ’n persoon nie goeie voeding of mediese dienste kan bekostig nie, gaan hulle nie baie lank leef nie. Daarom beïnvloed dit die bevolking se sterftesyfer. Daar is baie verskillende menings oor geboortes en geboortebeperking en die verskillende gevolge wat dit kan hê. Sommige armer gesinne kies om meer babas te hê met die hoop dat hulle volwassenheid sal bereik en na hulle sal kan kyk wanneer hulle aftree. Aan die ander kant verkies sekere gemeenskappe om hulle gesinne te beplan. Konflik en oorloë veroorsaak sterftes vir verskillende redes en veroorsaak ook ’n abnormale opwaartse kurwe in die sterftesyfer van gemeenskappe in hulle onmiddellike omgewing. Sommige regerings het wette wat die voortplanting van hulle burgers beheer, soos in China.
© Impaq
152
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
3
Wêreldbevolkingsgroei Daar is sekere patrone wat duidelik is wanneer ’n persoon wêreldbevolkingsgroei analiseer. Een duidelike patroon is dat dit deur die eeue bly groei het en veral oor die laaste paar honderd jaar aansienlik gestyg het. Sommige ontwikkelings het ’n groter impak op die wêreld se bevolkingspatrone as ander gehad. Verbeterde voedselproduksie was een van hierdie ontwikkelings omdat dit beteken het dat meer mense toegang het tot goeie voeding en dus langer leef. Nog een van hierdie ontwikkelings was die veranderinge in landbou wat die gehalte, oeste, verbouingstempo en hoeveelheid verhoog het. Produkte soos rys en mielies het ook verbeter. Die bekendstelling van blikkieskos en yskaste het dit moontlik gemaak om kos te preserveer en te voorkom dat dit vrot word en mense siek maak. Wetenskaplike ontwikkelings in die mediese veld het ’n groot invloed op die wêreld se bevolkingsgroei gehad. Die ontdekking van kieme en die feit dat kieme vernietig kan word deur water, melk en toerusting te steriliseer het die verspreiding van siektes voorkom. Die sterftesyfers het dus verder gedaal. John Lister het ontdek dat as hy sy implemente en voorraad voor operasies met antiseptiese middels ontsmet, aansienlik minder van sy pasiënte gesterf het. Die ontdekking van penisillien deur Alexander Fleming het vir die mens ’n manier gegee om infeksies te beveg. Dit het die aantal sterftes in sekere toestande verlaag en die sterftesyfer van bevolkings laat daal.
153
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
EENHEID 4: Natuurlike hulpbronne en bewaring in Suid-Afrika LEERDOELWITTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Die verskillende soorte natuurlike hulpbronne wat in SuidAfrika beskikbaar is, soos lug, water, grond, hout, diere en seelewe, noem en verduidelik. Metodes vir die bewaring, beskerming en bestuur van beide die omgewing en hulpbronne beskryf. Dit sluit in die ontwikkeling van bewaringsareas, gemeenskapbewaringsprojekte, ekotoerisme en die gebruik van water in Suid-Afrika. Verskeie gevallestudies kan voltooi oor die bewaring en bestuur van hulpbronne. Watergebruik in Suid-Afrika kan ondersoek en die beskikbaarheid en vraag na water vasstel. Die versorging van opvanggebiede en riviergesondheid asook waarom vleilande verdwyn kan assesseer. Verduidelik waarom bewaring nodig is. Maniere hoe ons water verantwoordelik kan gebruik in landbou, industriële en huishoudelike situasies beskryf en verstaan.
INLEIDING Hulpbronne verwys na voorwerpe en produkte wat ons in ons alledaagse lewens gebruik. Daar is natuurlike hulpbronne, wat vanuit die aarde en omgewing kom, en mensgemaakte hulpbronne. Natuurlike hulpbronne kan in twee groepe geklassifiseer word, naamlik lewende organismes soos plante en diere, en nie-lewende organismes soos goud en silwer, asook ander benodighede soos lug en water. Alle hulpbronne kan egter gegroepeer word in hernubare bronne, wat regenereer kan word, en nie-hernubare bronne, wat sal opraak.
© Impaq
154
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Eenheid
DEFINIEER Bewaring
Die aksie van iets in sy oorspronklike vorm te behou.
Mensgemaak
Iets wat deur die mens gemaak is, gewoonlik in fabrieke.
LES 12: NATUURLIKE HULPBRONNE Natuurlike hulpbronne is belangrik vir verskeie redes, want dit is: ’n bron van lewe, soos lug, water en voedsel. ’n bron van energie, soos hout en steenkool. ’n bron van grondstowwe vir bouwerk en die vervaardiging van goedere soos hout en staal, wat gebruik kan word om geboue op te rig. ’n bron van werk, soos die werk op myne en in fabrieke, of werk in die toerismebedryf omdat natuurskoon en wild ook vorms van natuurlike hulpbronne is. 12.1
Water
Die menslike liggaam bestaan uit 70% water en daarom is water noodsaaklik vir ons bestaan. Oorlewing is egter nie die enigste rede waarom ons water gebruik nie. Ons gebruik dit ook by die huis vir kosmaak, skoonmaak en basiese sanitasie. Dit word ook gebruik om elektrisiteit op te wek, vir landbou se besproeiingstelsels, in nywerhede en in meeste aspekte van ons daaglikse lewens. Die groeiende bevolking en verhoogde vraag na water het egter tot watertekorte in sekere gebiede gelei. Dit is as gevolg van oorgebruik, asook die gebrek aan bewaring. Ons sal in hierdie eenheid die bestuur en bewaring van waterbronne verder ondersoek. 12.2
Lug
Lug is belangrik vir die mens se oorlewing. Die lug wat ons inasem is ’n mengsel van die gasse suurstof, stikstof, koolstofdioksied en waterstofdioksied. Hierdie lug is belangrik vir alle lewende wesens op aarde. Mense en diere benodig suurstof om te oorleef en plante benodig koolstofdioksied vir fotosintese, wat hulle gebruik om voedsel te vervaardig. Die atmosfeer om die aarde bestaan uit ’n mengsel van lug en ander gasse. Sommige van die gasse is skadelik vir die omgewing en die algemeenste van hierdie gasse is koolstofmonoksied. Koolstofmonoksied word op verskeie maniere in die atmosfeer vrygestel. Van hierdie maniere sluit in die brand van steenkoolvure vir energie en hitte, petrol en diesel wat deur ons vervoerstelsels gebruik word, en fabrieke en kragstasies. Koolstofmonoksied het ’n baie negatiewe uitwerking op die omgewing. Suurreën is ’n gevolg van die uitlaatgasse wat in die atmosfeer vrygelaat word. Dit veroorsaak verwering en skade
155
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
aan geboue, en is sleg vir plante en diere. Dit is ook die oorsaak van ’n gevaarlike verskynsel bekend as aardverwarming, wat groot klimaatsveranderinge veroorsaak wat die omgewing drasties beïnvloed. Die ys om die aarde se pole is besig om te smelt, wat veroorsaak dat seevlakke styg en dat natuurrampe elke jaar meer gereeld voorkom. Alhoewel hierdie verskynsel nie heeltemal omgekeer kan word nie, kan die gevolge daarvan op klimaatsverandering beslis verminder word. Mense kan op verskeie maniere help om klimaatsverandering te stop, soos deur hulpbronne te bewaar, skoon energie te gebruik en glas, blik en ander materiale te herwin. 12.3
Woude
Woude is belangrike natuurlike hulpbronne en is lewensbelangrik vir baie gemeenskappe. Woude gebruik die koolstofdioksied wat ons vrystel, dit verlaag dus ons koolstofvrystellings en ons impak op klimaatsverandering. Woude bestaan uit ’n wye verskeidenheid inheemse plante wat bydrae tot Suid-Afrika se biodiversiteit. Biodiversiteit beteken dat daar ’n verskeidenheid spesies plante en diere in ’n sekere gebied voorkom en is belangrik vir die voortbestaan van ons planeet. Woude is ook baie spesies se habitat. Ontbossing is een van die negatiewe impakte van menslike ontwikkeling. Soos die mensdom aanhou soek vir beskikbare plek om meer ontwikkelings en infrastruktuur te bou, hoe meer woude word vernietig. Bome word afgekap vir hout, brandstof, boumateriaal, papier, medisyne en ander gebruike. Dus is daar baie min natuurlike woude in die natuur oor en moet dit beskerm word. Met die dramatiese groei in bevolkingsgetalle, word die eise op die planeet se natuurlike hulpbronne al hoe groter, soveel so dat dit besig is om uitgeput te raak. Bevolkingsgroei is egter ’n tendens wat nie gaan verander nie, veral omdat daar so baie wetenskaplike ontwikkelings gemaak is. Hoe meer die bevolking groei, hoe hoër word die vraag na voedsel en dit lei weer tot die verhoogde vraag na water om landerye te bewerk en ook ander energie om die produkte te vervaardig en te vervoer na die groterwordende bevolking. Dit beteken ook dat mense beter voedingstowwe inneem, skoner water het, en toegang tot energiebronne het wat hulle lewensverwagting verhoog. Dit lei om die beurt weer tot bevolkingsgroei en daarom verdere druk op die aarde se beskikbare hulpbronne.
© Impaq
156
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
Verhoogde vraag 50% teen 2013 (IEA)
ENERGIE
Klimaats veranderings
VOEDSEL
WATER
Verhoogde vraag 50% teen 2030 (FAO)
Verhoogde vraag 30% teen 2030 (IFPRI)
Vertaal: https://goo.gl/AegtCP
12.4
Grond
Grond is nóg een van die aarde se hulpbronne wat die mensdom gebruik om te oorleef, sonder om ooit daaraan te dink om dit te bewaar. Grond is noodsaaklik vir ons oorlewing omdat dít is waarop ons landbousektor gebaseer is, en dit kos op ons tafels hou. In ontwikkelende lande word daar meer deur bestaansboere geboer as deur kommersiële boere. Dit beteken hulle boer net om hulself en hulle gesin te onderhou, eerder as om te boer vir wins. Die probleem hiermee is dat baie boere nie ingelig is oor onderwerpe soos wisselbou en die bewaring van hulpbronne nie. Baie van hierdie boere gebruik dieselfde stukkie grond seisoen na seisoen, wat die grond van sy voedingstowwe beroof en tot gronderosie lei. Gronderosie lei tot minder produktiewe en beskikbare landbougrond en dit ondermyn die stabiliteit van verskeie strukture. Dit maak dat mense meer kwesbaar is vir natuurrampe soos orkane en vloede. Grondagteruitgang en gronderosie word beïnvloed deur die toename in die bevolking, net soos biodiversiteit. Die volgende diagram illustreer dit:
157
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Bron: https://goo.gl/dCEnBz
12.5
Dier- en seelewe
Die mensdom het al baie van die aarde se hulpbronne uitgebuit, veral dié wat aan die diereryk behoort. Dit kan gesien word in hoe die mens diere benut het om sekere behoeftes te bevredig, sommige tot op die punt van uitsterwing. Een so ’n voorbeeld is die dodo. Die dodo was ’n inheemse voël van Mauritius en is deur setlaars gejag totdat daar niks meer van die spesie oor was nie. Walvisjag is nog ’n voorbeeld van hoe die diereryk gebruik word om ons te onderhou. Walvisjag was op ’n stadium ’n algemene tydverdryf en baie winsgewende besigheid. In die verlede is walvisbeen gebruik om produkte vir vroue te vervaardig soos korsette en haarborsels. Walvisvet is gesmelt om olie, seep, kerse en ander kosmetiese produkte te vervaardig. Ambergrys, ’n wasagtige stof wat in die ingewande van walvisse gevind word, is gebruik vir die vervaardiging van parfuum. Die enigste moderne gebruike vir walvisse is hulle vleis, wat baie gewild is in Japan. Teen die 1970’s was so baie van die wêreld se walvisspesies doodgemaak dat daar nie meer genoeg van hierdie bron was om die bedryf te onderhou nie. Teen 1980 het die meeste van die wêreld by die bewaringspoging van walvisse aangesluit en die jag van walvisse onwettig verklaar. Daar word egter steeds walvisse in vissersnette vasgevang, veral agter
© Impaq
158
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Eenheid
groot vissersbote. Om hierdie rede het die Kaap ’n bekende plek geword om na walvisse te kyk en het dit die groei van toerisme in die gebied aangewakker.
DEFINIEER Aardverwarming
’n Geleidelike verhoging van die gemiddelde temperatuur van die aarde.
Agteruitgang
Die proses waarin die toestand van iets verswak.
Ambergrys
’n Wasagtige lagie in ’n walvis se ingewande wat gebruik word om parfuum te vervaardig.
Biodiversiteit
Om ’n groot verskeidenheid plante en dierelewe in ’n spesifieke gebied te hê.
Fotosintese
Die proses waardeur plante sonlig en koolstofdioksied gebruik om die voedingstowwe wat hulle nodig het, te produseer.
Klimaatsverandering
’n Dramatiese verandering van die klimaat wat regoor die wêreld ondervind word. Dit word deur die kweekhuiseffek en aardverwarming veroorsaak.
Kommersieel
Iets wat gedoen word om ’n wins te maak.
Selfonderhoudend
Om jouself te onderhou deur kleinskaalse boerdery te beoefen. 159
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Suurreën
Reën wat suur geword het as gevolg van besoedelde lug. Dit kan skadelike gevolge hê op plante, diere en ander dinge, soos die verf op ’n kar.
Uitsterwing
Wanneer daar geen meer diere en/of plante van ’n spesie oor is nie.
Winsgewend
Iets wat vir ’n persoon baie geld in die sak bring.
AKTIWITEIT 24 Ondersoek die gebruik en beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne en beantwoord die volgende vrae. 1.
Vergelyk die volgende terme: 1.1 Hernubare en nie-hernubare hulpbronne. 1.2 Natuurlike en mensgemaakte strukture. 1.3 Aardverwarming en klimaatsverandering.
(2) (2) (2)
2.
Waarom is natuurlike hulpbronne so belangrik?
(4)
3.
Ondersoek lugbesoedeling en voltooi die volgende tabel:
(6)
Bron van lugbesoedeling
Skade aan mense
Skade aan die omgewing
Motor- en ander uitlaatgasse Verbranding van steenkool vir energie Houtvure 4.
© Impaq
Verduidelik hoe die toename in produksie die vraag na natuurlike hulpbronne beïnvloed het.
160
(4)
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
5.
4
Eenheid
Bestudeer die volgende diagram:
5.1 5.2
Noem die faktore wat gelei het tot gronderosie in hierdie gebied. Verduidelik hoe hierdie faktore gronderosie veroorsaak het.
(10) (20) [50]
LES 13: BESTUUR VAN HULPBRONNE Die volgende definisies is belangrik. Maak seker dat jy die definisies ken.
DEFINIEER Bedreigde spesie
’n Spesie waarvan daar baie min in die wêreld oor is.
Beskerming
Om iets te beskerm teen verlies of skade.
Bevorder
Om iets aktief aan te moedig om te gebeur.
Bewaring
Om iets in die oorspronklike toestand te hou.
Ekspedisie
’n Reis of avontuur met ’n groep mense.
Endemies/inheems
’n Spesie wat net teenwoordig is in ’n spesifieke gebied.
Fynbos
’n Struik of bos wat net in die suidelike deel van Afrika aangetref word.
161
© Impaq
Eenheid
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Genoegsaam
Om meer as genoeg van iets te hê.
Ingelyf
Iets wat aan iets anders gelas is om ’n enkele entiteit te vorm.
Kajak
’n Plastiese bootjie, soortgelyk aan ’n kano.
Kuslyn
Die gebied droë grond reg langs die see.
Mariene
Enige iets wat met die see te doen het of daarin leef.
Mariene bewaringsgebiede
Gebiede van die see en kuslyn wat beskerm word omdat dit kwaliteite het wat dit uniek maak.
Oorgrens
’n Gebied wat die grense van verskeie lande kruis.
Binnelandse toeriste
Toeriste wat binne die grense van hul eie land reis.
Segway
’n Tweewiel-gemotoriseerde voertuig wat bestaan uit ’n platform waaraan handvatsels gemonteer is. Dit gebruik ’n persoon se liggaamsgewig om te beweeg.
162
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
13.1
Eenheid
4
Bewaring
Bewaring verwys na die beskerming van ons natuurlike hulpbronne, veral teen die impak van die mensdom. Daar is ’n groot aantal organisasies wat die verantwoordelikheid op hulself geneem het om ons hulpbronne te beskerm, beide in Suid-Afrika en in die buiteland. Waarom het ons bewaring nodig? Bevolkingsgroei: Die bevolking van die wêreld vermeerder konstant teen ’n baie vinnige tempo. Dus word ons impak op die omgewing groter en groter. Terwyl ons behoefte aan natuurlike hulpbronne vermeerder, verminder ons natuurlike hulpbronne egter as gevolg van verstedeliking en ander ontwikkelings. Bedreigde hulpbronne en spesies: Die mensdom se verhoogde vraag na hulpbronne en die verwoesting van natuurlike habitatte vir ontwikkeling kan veroorsaak dat sekere spesies plante en diere uitsterf. Biodiversiteit: Die oorlewing van ons planeet hang daarvan af dat ons biodiversiteit beide aanmoedig en beskerm. Die bedreiging en uitsterwing van verskillende spesies het ’n negatiewe uitwerking op die biodiversiteit in daardie gebied. Ons moet die omgewings beskerm waarin hierdie plante en diere voorkom. 13.2
Bewaringsgebiede
Daar is baie verskillende bewaringsgebiede regoor Suid-Afrika wat ons natuurlike grond- en wateromgewings beskerm. Hierdie gebiede kan besoek word en navorsing en ander natuurgebaseerde aktiwiteite vind daar plaas. Die publiek se interaksie met die omgewing is egter beperk en hulle is onderhewig aan ’n stel streng reëls sodat hulle so ’n klein as moontlike impak op die omgewing het. Die kaart op die volgende bladsy toon al die bewaringsgebiede in die Wes-Kaap aan, insluitend die mariene bewaringsgebiede, wildsplase en beskermde natuurlike woude.
163
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Bron: https://goo.gl/ev7Wu9
Doel en ligging Die doel van bewaringsgebiede is tweeledig. Dit is bedoel om gemeenskappe aan te moedig om betrokke te raak in die bemarking van plaaslike en internasionale toerisme. Dit sal die ekonomie stimuleer en verdere fondse beskikbaar stel vir die onderhoud van hierdie gebiede. Een van die belangrikste doelwitte is egter om die omgewing en die biodiversiteit van die gebied te beskerm. Dit beteken dat daar verseker moet word dat toeriste wat die gebied besoek streng riglyne volg om so klein as moontlike impak op die omgewing te hê. Daar is meer as 500 beskermde gebiede in Suid-Afrika, die meeste hiervan word beheer, befonds en onderhou deur plaaslike en nasionale regeringsinstansies en organisasies. Daar is ook privaatorganisasies wat betrokke is, soos die WWF (Wêreldnatuurfonds – World Wide Fund for Nature), wat ’n nie-winsgewende organisasie is wat met plaaslike spanne en besighede regoor die wêreld saamwerk om omgewingskwessies te verbeter wat ’n wêreldwye impak het. Daar is beide nasionale en oorgrensparke wat deur Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) bestuur word. Die Kruger Nasionale Park is ons bekendste nasionale park omdat dit een van die grootste nasionale parke in die wêreld is, maar
© Impaq
164
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
ook omdat dit een van die mees winsgewende wildsreservate ter wêreld is. Dit vorm ook deel van die Groot Limpopo Oorgrenspark wat oor drie lande strek, naamlik Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe.
Bron: https://goo.gl/FbqXDM
Mariene bewaringsgebiede (MBG’s) word sedert 1964 regoor die land ontwikkel. Daar is 21 van hierdie MBG’s wat bewaar word ingevolge die Die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, No. 18 van 1998 (MLRA). Die doelwitte van die MBG’s, soos in die MLRA uiteengesit, is om die mariene lewe te beskerm en die bestuur van visserye in spesifieke gebiede te fasiliteer. Die rede hiervoor is dat baie mariene omgewings weens oorbevissing deur kommersiële en privaatvissermanne vernietig word. Die mensdom het ’n baie groot uitwerking op die oseane van die wêreld, nie net weens visvang nie, maar ook weens besoedeling, nywerhede, ontwikkeling langs die kus en onbeheerde toerisme.
165
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Kaart van Suid-Afrika se MBG-netwerk
Bron: S. Lemm & C. Attwood (2003); State of Marine Protected Area Management in South Africa Report
Onder is ’n kaart van die mariene bewaringsgebiede in Suid-Afrika.
Bron: https://goo.gl/KD5sSA
Š Impaq
166
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
Tsitsikamma Nasionale Park Die Tsitsikamma Nasionale Park is die oudste van Suid-Afrika se MBG’s en het in 1964 beskermde status gekry. Dit vorm deel van die Tuinroete Nasionale Park en die Wildernis Nasionale Park vir die grondelement. Hierdie gebied dek 80 km se kuslyn, waarvan 57 km die MBG is. Tsitsikamma beteken “die plek van genoegsame water” en die water van die MBG is inderdaad oorvloedig, wat die naam gepas maak. Dit is die tuiste van baie spesies inheemse seelewe asook baie visspesies. Ten spyte daarvan dat hierdie bewaringsgebied hoofsaaklik op seelewe gebaseer is, is die landelike gebied binne die park net so pragtig en belangrik. Dit is die tuiste van baie plante en diere wat die biodiversiteit van die gebied verhoog. Dit is ook die tuiste van antieke bome soos die enorme geelhoutwoude en Kamassi, maar meer as 30% van die park is bedek met fynbos. Fynbos is uniek aan die Kaapgebied en groei nêrens anders in die wêreld nie. Natuurgeesdriftiges sal ook ’n verskeidenheid diere kan waarneem soos moordwalvisse, luiperds, dolfyne en Afrika-wildekatte. Daar is verskeie aktiwiteite vir toeriste. Avontuurtoeriste sal belangstel in die baie staproetes wat oor die park versprei is, met die Stormsrivierdorpie in die middel daarvan. Daar is ook staproetes vir almal. Adrenalienverslaafdes en Segwaygeesdriftiges sal ook geïnteresseerd wees in die blaredaktoere wat 30 m bo die grond plaasvind. Daar is ook kajakekspedisies wat toeriste laat snorkel en die volop mariene lewe in die gebied besigtig. Een van die grootste trekpleisters vir adrenalienverslaafdes is die Bloukansbrug. Dit is die hoogste kommersiële brug en ook die hoogste rekspringbrug in die wêreld. Die brug is meer as 200 m hoog. Sommige toeriste, beide plaaslik en vanuit die buiteland, besoek die gebied met die uitsluitlike doel om van die brug af te spring.
Bron: https://goo.gl/7VEJYK
167
© Impaq
Eenheid
13.3
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Gemeenskapbewaringsprojekte
Gemeenskapbewaringsprojekte beoog om die plaaslike gemeenskap betrokke te kry in die bewaring van die hulpbronne in die omgewing waar hulle woon. Dit word gedoen sodat die hele gemeenskap kan baat by hulle omgewing en die natuurlike hulpbronne. Voorbeelde van gemeenskapbewaringsprojekte in Suid-Afrika sluit in: My False Bay (Valsbaai) – Kaapstad Valsbaai is een van Suid-Afrika se gewildste toeriste-aantreklikhede. Dit is veral gewild vir diegene wat wil swem en snorkel. Dit is egter ook al vir honderde jare ’n baie gewilde plek vir vissermanne, beide kommersieel en vir ontspanning. Ongelukkig is die vinnige toename van menslike aktiwiteit en ontwikkeling besig om die volhoubaarheid van die natuurlike hulpbronne in die gebied te bedreig. My False Bay beoog om die plaaslike gemeenskap aan te moedig om trots te wees op Valsbaai en te besef watter kosbare hulpbron die kleurvolle en ikoniese baai is. Die doel is om dié plaaslike gemeenskap en al die beleggers in die omgewing saam te bind in hulle oortuiging dat Valsbaai ongelooflik waardevol is, deur aandag te vestig op alles wat dit so besonders maak. Sosiale media soos Facebook en Twitter word ingespan om hierdie doel te bereik. Hier kan alle rolspelers persoonlike plasings maak oor hoe hulle die omgewing geniet en met trots vertel waarom hierdie baai so belangrik is.
Bron: https://goo.gl/awakyt
VIR DIE NUUSKIERIGES Besoek My False Bay op Twitter en Facebook. Gebruik die volgende adresse om uit te vind waarom dié gebied so opwindend en belangrik is.
© Impaq
https://goo.gl/awakyt https://goo.gl/orjGkx
168
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
Rhino Raid Rhino Raid bring natuurbewaring tot in die 21ste eeu en word gefinansier deur die WWF. Renosters is ’n uiters bedreigde spesie en elke jaar word daar honderde renosters doodgemaak vir hulle horings. Die horings is baie gewild op die swartmark van SuidoosAsië omdat daar geglo word die horings het medisinale waarde. Renosterhorings word saamgestel vanuit ’n opbou van proteïne, soortgelyk aan ’n mens se hare en het geen wetenskaplike mediese waardes nie. Die hoë aanvraag daarna in Asië veroorsaak egter dat die onwettige jag van renosters ’n enorme probleem in Suid-Afrika is. Rhino Raid is ’n mobiele program vir slimfone en tablette wat daarop gemik is om bewustheid te skep oor die mites wat die toename in die vraag na renosterhoring veroorsaak en die gevaar dat renosters as gevolg van onwettige jag gaan uitsterf. “Rad”, die radikale renoster, takel wilddiewe en stropers en ook misdaadsindikate regoor SuidAfrika en Asië. Dit gee ook verrassende en interessante feite en statistieke oor hierdie mark. Dit is al deur 250 000 mense afgelaai en is al meer as drie miljoen keer gespeel. Die app kos een dollar en alle inkomstes gaan na die stryd teen renosterstropery. Bron: https://goo.gl/OBtz1
Nholwasi-gemeenskapsprojek Hierdie gemeenskapsprojek is in die Thuliblok in die Limpopo-Shashe Oorgrenspark. Hierdie park is langs die grense tussen Suid-Afrika en Zimbabwe geleë. Die woord nholwasi beteken “om saam te werk en bou” en in samewerking met die Children in the Wildernessliefdadigheidsprojek, fokus Nholwasi op die omgewingsopvoeding van die jeug in die gebied. Hulle hoofdoelwitte is om die skoolomgewing en fasiliteite in die gebied te verbeter. Dit sluit byvoorbeeld die plant en instandhouding van groentetuine in, die verf en verbetering van klaskamers, en die voorsiening van noodsaaklike behoeftes soos skoon drinkwater en sanitasie. Nholwasi het ’n aktiewe verhouding met die Children in the Wildernessliefdadigheidsprojek en bemark en beman die boskampe binne die park. Hierdie kampe leer kinders van agtergeblewe, landelike skole oor bewaring op ’n praktiese en opwindende manier. Hulle empatie met die wild en hulle natuurlike omgewing word ook ontwikkel. Dit gebeur alles gedurende skoolvakansies.
Bron: https://goo.gl/jcM7EE
169
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
DEFINIEER
13.4
Agtergeblewene
Gebiede of mense waarteen daar gediskrimineer is of wie swaargekry het onder ’n vorige regering.
Ikonies
Iets wat baie spesiaal is en wêreldwye aansien geniet.
Kommoditeit
Iets met waarde wat gebruik word vir handeldryf.
Medisinale
Iets wat die vermoë het om siektes gesond te maak of wonde te genees.
Misdaadsindikate
Georganiseerde groepe misdadigers met een doelwit.
Mite
’n Tradisionele storie of oortuiging wat nie die waarheid is nie.
Noodsaaklik
Iets wat uiters belangrik is.
Rekreasie
Dit wat jy doen/beoefen in jou vrye tyd.
Ekotoerisme
Suid-Afrika word internasionaal beskou een van die middelpunte van ekotoerisme. Die definisie van ekotoerisme is steeds vaag omdat dit ’n nuwe en ontwikkelende konsep is. Sommige van die definisies sluit in: ’n natuurgebaseerde toerismesektor wat fokus op die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne, toerisme wat fokus op die natuurlike omgewing van ’n spesifieke gebied, toerisme wat nie ’n impak op die natuurlike omgewing het nie, en toerisme wat te doen het met bedreigde spesies, plante en diere. Dit alles bevorder die bewaring van hulpbronne.
© Impaq
170
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
Dit word egter aanvaar dat dit verwys na ’n keep in die toerismemark wat daarop gemik is om die impak van die mensdom te verminder, terwyl dit steeds moontlik is om dit wat ’n gebied bied te ervaar en waardeer. Die leuse is: ekotoeriste mag niks meer as foto’s neem nie en ook niks meer as voetspore los nie.
Ezemvelo KZN Wild Ezemvelo KZN Wildlife (Ezemvelo) is ’n regeringsorganisasie wat getaak is om die wildernisgebiede en openbare natuurreservate in KwaZulu-Natal (KZN) te beskerm, soos uiteengesit in die KZN Wet op Natuurbewaring van 1999. Met hulle hoofkantoor in Queen Elizabeth Park in Pietermaritzburg, die provinsiale hoofstad, bestuur Ezemvelo 110 bewaarde gebiede en is die leier in volhoubare biodiversiteitsbewaring. Hulle het onlangs hulle fokus verbreed om meer relevant te word vir die gemeenskappe wat aan hulle parke grens – hoofsaaklik deur werkskepping en volhoubare natuurlike hulpbronontginning. Ezemvelo het ook belê in ’n nuwe fokus op ekotoerisme by meer as 68 oorde. Dit strek oor twee Wêrelderfenisterreine om sodoende in ’n meer wesenlike manier by te dra tot provinsiale groei en ontwikkeling – en waar moontlik – om te herbelê om biodiversiteit en bewaringsaktiwiteite te onderhou. Ekotoerismebedrywighede Ezemvelo se ekotoerismebedrywighede is van die grootste in Suid-Afrika, met ’n unieke geskiedenis. In 1959 is die eerste wildernisroete in Imfolozi daar bekendgestel en die eerste staproetes in die Drakensberge in die 1900’s. Akkommodasie Ezemvelo het 2 500 beddens per nag in ’n wye verskeidenheid style en bied ook kampeergeriewe vir meer as 10 000 mense per nag. Diversiteit Diversiteit is ’n sleutelwoord wanneer Ezemvelo se bedrywighede beskryf word – of dit nou bewaring of ekotoerisme is. Die oornagbesoekersfasiliteite wissel van ’n grot in die
171
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
uKhahlamba-Drakensbergpark na oop kampeerterreine, selfsorgrondawels, chalets, safaritente, tot huisies en luukse gastehuise. Sekere van die groter kampe – Didima, Giant’s Castle en Hilltop in die Hluhluwe-Imfolozi Park en Ntshondwe in die Ithala Wildsreservaat – bied ook restaurantdienste aan. Unieke ervarings Ezemvelo bied baie unieke en wonderlike ervarings vir besoekers – dit sluit in begeleide staptoere, oornagwildernisroetes in Imfolozi, toegang tot die antieke San-rotstekeninge, nabye ontmoetings met krokodille by die St Lucia Krokodilsentrum, rus en vrede in die Drakensberge, ongekende natuurskoon met uitsonderlike wildbesigtiging uit die gemak van jou eie kar of ’n begeleide oopvoertuigtoer. Ezemvelo bied baie verskillende ervarings met wilde diere. Besoekers kan dus vanuit ’n verskeidenheid fasiliteite kies in een van die 65 beskermde gebiede wat oornagakkommodasie bied. Nie al 110 beskermde gebiede bied akkommodasie nie omdat sommiges baie klein is. Werk vir verbetering In 2010 het Ezemvelo begin met die grootskaalse opknappingswerk en opgradering van hulle fasiliteite om op standaard te wees met die gasvryheidbedryf. Dit bied Ezemvelo die geleentheid om hulle diversiteit ten toon te stel. Tot dusver het Ezemvelo ’n driestergradering bekom vir verskeie van hulle fasiliteite. Verder het hulle fondse bekom vanaf die provinsiale regering om hulle infrastruktuur op te gradeer om sodoende genoegsame toegang tot hulle fasiliteite te verseker – baie van hierdie fasiliteite is in verafgeleë gebiede. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/KyfvW9
DEFINIEER
© Impaq
Diversiteit
Verskillende soorte plante en diere in ’n gebied.
Middelpunt
’n Sentrale punt of gebied wat die res van die netwerk met mekaar verbind.
Minimalisering
Om iets so min as moontlik te maak.
172
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
AKTIWITEIT 25 1. 2.
3. 4. 5. 6.
Benoem en gee ’n kort beskrywing van EEN plant- en EEN dierspesie wat bedreig of beskermd is. (2 x 2) = (4) Lees die inligting in verband met die Tsitsikamma Nasionale Park. 2.1 Wat beteken die woord tsitsikamma en waarom is hierdie naam gepas vir hierdie gebied? (2) 2.2 Wat is uniek aan hierdie mariene bewaringsgebied (MBG)? (2) 2.3 Noem en beskryf twee soorte toeriste wat in hierdie gebied sal belangstel. (2 x 2) = (4) 2.4 In watter soort aktiwiteite sou elke soort toeris geïnteresseerd wees? Gee voorbeelde en beskryf die aktiwiteite wat met jou voorbeelde verband hou. (2 x 2) = (4) Gee jou eie definisie van ’n gemeenskapbewaringsprojek. (2) Wat probeer hierdie instellings doen en waarom dink jy is dit belangrik vir die bewaring van ons hulpbronne? (3) Watter gemeenskapbewaringsprojek sou jy verkies om by aan te sluit? Motiveer jou antwoord. (3) Skryf ’n kort paragraaf van tussen vyf en agt reëls, gebaseer op die artikel hierbo, waarin jy beskryf waarom Ezemvelo ’n uitstekende voorbeeld van ekotoerisme is. (6) [30]
LES 14: WATER IN SUID-AFRIKA Water is baie skaars en moet slim gebruik en bewaar word. Feite oor die beskikbaarheid van water: 97% van die wêreld se water is te sout om te drink. 2% is vasgevang in die pole en gletsers. Minder as 1% van die water in die wêreld is beskikbaar vir drinkwater, landbou en natuur. Dit is ’n wêreldwye probleem en veroorsaak dat baie mense nie toegang het tot veilige waterbronne nie.
173
© Impaq
Eenheid
14.1
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Wie gebruik Suid-Afrika se water?
Waterverbruik in Suid-Afrika
Bosaanplantings
Grondwater
Oppervlakwater
Oppervlakwater
Grondwater
Bron: Departement van Waterwese (Strategiese Oorsig van die Watersektor in Suid-Afrika, 2010)
Volgens die sirkelgrafiek hierbo is daar drie hoofgebruike van water in Suid-Afrika: Huishoudelik: Dit is water wat ons by die huis gebruik vir alledaagse dinge soos drinkwater, skoonmaak en sanitasie. Industrieel: Dit verwys na water wat in ’n verskeidenheid nywerhede gebruik word. Spesifiek in fabrieksproduksie, kragopwekking en mynbou. Landbou: Dit word gebruik vir water en besproeiing op plase regoor die land.
© Impaq
174
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Eenheid
VIR DIE NUUSKIERIGES Kyk gerus na die volgende video’s wat die belangrikheid van vars water en waterverbruik uitlig en verduidelik. https://goo.gl/SDoXUq https://goo.gl/6jSZDP 14.2
Beskikbaarheid en vraag na water in Suid-Afrika
Met ons groeiende bevolking is dit belangrik om te verseker dat almal van genoeg water voorsien word. Suid-Afrika is egter nie ’n tropiese gebied nie en het in vergelyking met die res van die wêreld nie genoegsame water nie. Navorsing toon dat ons huidige waterbronne binnekort nie genoeg sal wees om ons groeiende bevolking te onderhou nie, veral in stede en ontwikkelde gebiede.
Grootte van gaping
Vertaal: National Water Resource Strategy, DWA; 2030 Water Resources Group
Nog ’n rede waarom Suid-Afrika ’n waterkrisis in die gesig staar, is omdat water nie gelyk versprei word nie. Dit is as gevolg van die natuurlike omgewing waar sekere gebiede vogtiger as ander is, en dus meer reënval kry. Dit beteken nie noodwendig dat daardie gebiede wat die meeste reënval ervaar ook die grootste vraag na water het nie. Baie van
175
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Suid-Afrika se grootste stede word in droë gebiede in Suid-Afrika aangetref. Dus het sommige plekke te veel reënval en ander ’n tekort daaraan. Die bestuur van waterhulpbronne in Suid-Afrika word beheer deur 19 opvangsgebiedbestuursagentskappe. Dit is hulle werk om waterbronne in ’n bepaalde gebied te bestuur. Hulle is verantwoordelik daarvoor om ’n strategie te implementeer vir die ontwikkeling, beskerming, gebruik en bewaring van water in daardie gebied en moet saam met die plaaslike gemeenskappe en belanghebbendes werk. Waterbenodighede per waterbestuursgebied in Suid-Afrika Waterbestuursgebied
Vertaal: Department of Water Affairs and Forestry, National Water Resource Strategy, First Edition, September 2004
© Impaq
176
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
14.3
Eenheid
4
Versorging van opvangsgebiede Hieronder is ’n skematiese diagram van ’n opvangsgebied.
Rotsbedding Deursyfering en grondwater
Stedelike afloop Storting van afvalwater
Aangepas en vertaal: https://goo.gl/CG3CyC
177
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
’n Opvangsgebied is ’n gebied om die rivier of waterbron wat die afloop of oortollige water absorbeer nadat dit gereën het en dit in die rivier invoer. Omdat die meeste rivierwater van hierdie opvangsgebiede afkomstig is, is dit belangrik dat ons na die grond in hierdie gebiede omsien om te voorkom dat die riviere besoedel word. Waterbronne en riviere is noodsaaklik vir die onderhoud van lewe en dit is krities dat ons toegang tot onbesoedelde water het. Om hierdie rede moet ons opgaargebiede beskerm om sodoende ons waterbronne te beskerm.
AKTIWITEIT 26 Die gehalte van ons water is besig om te verswak omdat die mensdom die opvangsgebiede rondom die riviere gebruik. Noem die maniere hoe die mensdom die opvangsgebiede beïnvloed in die prent hieronder, en verduidelik waarom dit ’n negatiewe impak op die gehalte van ons water het.
[20]
© Impaq
178
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
14.4
4
Eenheid
Vleilande wat verdwyn
’n Vleiland is ’n gebied wat vir ten minste ’n gedeelte van die jaar met water bedek is, gewoonlik gedurende die reënseisoen. Dit het unieke ekosisteme wat die tuiste is van ’n groot verskeidenheid plante en diere en baie van hierdie spesies kan slegs in hierdie spesifieke omgewing oorleef. Ongelukkig krimp hierdie vleilande omdat hulle gedreineer word sodat infrastruktuur en nywerhede in daardie gebiede ontwikkel kan word. Vleilande in uiters belangrik en moet bewaar word. Dit kan gebruik word om water op te gaar en te stoor en dit moedig die absorpsie van afloopwater aan. Dit beteken dat ons beter gehalte grondwater het. Dit tree ook op as natuurlike filtreerstelsels wat besoedeling voorkom, en keer ook dat insekdoders in die grondwater kom. Die belangrikste funksie van vleilande is egter dat dit verskeie spesies huisves wat op hierdie soort ekosisteem staatmaak. Sou dit verlore gaan, sal die spesies plante en diere ook uitsterf en ons biodiversiteit verwoes.
Bron van die Umgenirivier word verklaar as Suid-Afrika se 21ste vleiland van internasionale belang Gepubliseer op 2 Februarie 2014
WWF Suid-Afrika (WWF-SA) en die Bedreigde Natuurlewe Trust (EWT) verwelkom die Suid-Afrikaanse regering se onlangse besluit om die Umgeni-vleinatuurreservaat aan te wys as die land se 21ste Ramsar-gebied. Die reservaat is erken as ’n vleiland van internasionale belang as gevolg daarvan die merkwaardige biodiversiteit en ekosisteemwaarde van hierdie 958-hektaar permanente vleiland en grasland. Dit is ook die tuiste van die bolope van die ekonomies belangrike uMngenirivier. Tanya Smith van die EWT se African Crane Conservation Programme verduidelik as volg: “Die bokant van die Umgeni-opvangsgebied, wat die Umgeni-vleinatuurreservaat insluit, is ’n prioriteitsopvangsgebied vir die lelkraanvoël en vleilandbewaring. Die gebied is die tuiste vir die tweede digste lelkraanvoëlbroeikolonie in die land, met ongeveer 13 van die land se beraamde 80 broeipare wat hier gevind word. Lelkraanvoëls is totaal afhanklik van groot permanente vleilande om te broei en om kos te soek. Die afname in die grootte en funksionering van Suid-Afrika se vleilande word weerspieël in die vermindering van lelkraanvoëls regoor die land.” Suid-Afrika het minder as 260 wilde lelkraanvoëls in die natuur oor. Ongeveer 85% hiervan word in KwaZulu-Natal (KZN) se binneland en aan die voetheuwels van die Drakensberge gevind. Die kriteria wat gebruik word om te bepaal of ’n vleiland van internasionale belang is en as ’n Ramsar-gebied verklaar moet word, is hoofsaaklik verwant aan die waarde van die biodiversiteit en die waarde van die vleiland. “Dit word al 179
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
hoe meer verstaan dat vleilande met hoë biodiversiteitswaarde en oorvloed beter funksioneer. Daarom is hulle daartoe in staat om die mense van noodsaaklike dienste te voorsien, veral die verskaffing van skoon water en die voorkoming van vloede,” het Smith bygevoeg. WWF-SA werk tans in ’n vennootskap met die KZN-biodiversiteitbestuurskapsprogram om die gebied rondom die Umgeni-vleinatuurreservaat te vergroot en onder formele beskerming te plaas deur biodiversiteitbestuurskapopsies te gebruik. Hierdie inisiatief vorm deel van die WWF se betrokkenheid in hierdie gebied waar hierdie organisasie met vennote saamwerk om beter grond- en waterbestuur te bevorder. Dit sal help om te verseker dat die boonste deel van die Umgeni kan voortgaan om veelvoudige voordele aan die mense stroomaf te lewer. Christine Colvin, seniorbestuurder van WWF-SA se Varswaterprogram sê, “meer as 4,5 miljoen mense leef binne die Umgenirivier se opvangsgebied en dit word beraam dat meer as 10% van die land se BBP (Bruto Binnelandse Produk) binne hierdie gebied genereer word. Die vermoë van hierdie opvangsgebied om voort te gaan om water aan ’n steeds groeiende bevolking te voorsien, raak al hoe moeiliker, veral as gevolg van klimaatsverandering. Suid-Afrika moet innoverend aan nuwe maniere dink om die vraag na water te verlaag, watergehalte te verbeter en die beskikbaarheid van water te verhoog buite die gewone ingenieurswese-oplossings as die land ekonomiese ontwikkeling vir almal wil onderhou.” WWF-SA en die EWT sê dat die verklaring van die Umgeni-vleinatuurreservaat as ’n Ramsar-gebied die regering se erkenning uitlig dat die Umgenirivier ’n belangrik bron is. Dit is nie net krities vir ons natuurlike biodiversiteit nie, maar is ook ’n noodsaaklike bron van water vir die mense van KwaZulu-Natal en die provinsie se ekonomie. Aangepas en vertaal: https://goo.gl/Wfr1LZ
Bron: https://goo.gl/Tt2XbV
© Impaq
180
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Eenheid
4
DEFINIEER Ekosisteem
’n Biologiese gemeenskap saamgestel uit spesifieke plante en diere sowel as die gebied waarin hulle leef.
Prioriteit
Iets wat uiters belangrik is.
Ramsar
’n Internasionale ooreenkoms vir die beskerming en bewaring van vleilande.
AKTIWITEIT 27 Lees die artikel oor die Umgeni-vleinatuurreservaat en skryf ’n paragraaf waarin jy die volgende punte beskryf: Hoe die vleiland tot ons waterbronne bydra. Hoe belangrik dit is vir biodiversiteit. Die planne wat geïmplementeer word om hierdie gebied te bewaar. Watter impak die vleiland op die plaaslike bevolking het en hoe dit hulle bevoordeel. Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om jou te lei.
181
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Kriteria
4
Taalgebruik
Inhoud
Baie goeie detail en gedagte in die verduideliking oor vleilande se belangrikheid vir biodiversiteit. Aanhalings en voorbeelde uit die teks.
Baie goeie detail en gedagte in die verduideliking oor vleiland se impak op die gemeenskap, beide ekonomies en maatskaplik, met aanhalings en voorbeelde uit die bron.
Rubriek vir paragraaf 3 2 Uitstekend. Taal Goeie is feitlik foutloos taalgebruik, met geen spelminder as vyf en taalfoute nie. taal- en Werk is spelfoute. oorspronklik en Sommige dele is die leerder se van die teks is eie woorde. sonder aanhalingstekenings gebruik. Duidelike Onduidelike beskrywing van beskrywing met hoe vleilande tot geen duidelike ons waterstelsel punt oor die bydra, ten positiewe impak minste twee wat vleilande op punte is ekosisteme het genoem. nie. ’n Goeie ’n Onduidelike beskrywing van beskrywing van die biodiversiteit en belangrikheid hoe die vleiland van vleilande vir dit beïnvloed. biodiversiteit met voorbeelde.
Deeglike beskrywing van hoe die gebied beskerm word. Goeie beskrywing van die vleiland se impak op die gemeenskap, maar slegs maatskaplik of ekonomies, met sommige voorbeelde.
’n Vae beskrywing van hoe die gebied beskerm word. ’n Vae beskrywing van die vleiland se impak op die gemeenskap.
1 Swak taalgebruik met baie taal- en spelfoute. Leerder het baie uit die teks afgeskryf en nie sy/haar eie woorde gebruik nie. Geen beskrywing van die impak van die vleiland op ons waterstelsel nie.
Min of geen verwysing na biodiversiteit. x2
Die gebied word glad nie genoem nie. Geen beskrywing of verwysing na die maniere waarop die vleiland die gemeenskap beïnvloed nie.
Totaal:
© Impaq
182
Punt
x2
/25
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
14.5
Eenheid
4
Verantwoordelike gebruik van waterbronne – landbou, nywerhede en huishoudings
Maak ’n breinkaart. Kopieer en brei uit op die onderstaande opskrifte met die prent op ’n skoon A4-bladsy. Ondersoek ander maniere om water te spaar en vul die inligting op jou breinkaart in.
Vertaal: https://goo.gl/dCMsCa
Hier is ’n paar maniere om water te bespaar. Die opskrifte hieronder moet gebruik word vir jou breinkaart en nog maniere moet genoem word om water te bespaar onder elkeen. Huishoudelike sektor Industriële sektor Landbousektor Voorbeelde: Huishoudelike sektor: Stort in plaas van om te bad, draai die kraan toe as jy tande borsel, maak lekkende krane of pype dadelik reg. Industriële sektor: Filtreer eers vuil afvalwater voordat dit na riviere terugvloei, hou rekord van die watergebruik en kyk waar water gespaar kan word, maak seker almal by die fabriek is ingelig oor hoe en waar water gespaar kan word. Landbousektor: Gee gewasse vroeg in die oggend of later die aand water om verdamping te verminder. Die breinkaart tel nie vir punte nie, maar jy sal baat vind daarby om soveel as moontlik navorsing te doen oor hoe om water te bespaar.
183
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
OEFENING 6 1.
2.
Vergelyk die volgende terme deur ’n definisie vir elkeen te gee: 1.1 Bewaring en beskerming. 1.2 Opvangsgebied en vleiland. 1.3 Biodiversiteit en ekosisteem. 1.4 Uitgesterf en endemies. 1.5 Ekotoerisme en oorgrensparke.
(2) (2) (2) (2) (2)
Verwys na die kaart hieronder. Gee TWEE moontlike redes vir die gaping tussen watervoorsiening en -aanvraag.
(4)
Grootte van gaping
3.
Verwys na die sirkeldiagram van waterverbruik in Suid-Afrika. 3.1 Lys die gebruike van water in stygende volgorde. 3.2 Volgens die diagram:
Wasmasjiene 21.7%
Š Impaq
184
(6)
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
a) b)
c)
Eenheid
4
Onder watter hoofafdeling van watergebruik dink jy sal hierdie diagram val? (2) Waarom dink jy dat stedelike watergebruik in hierdie afdeling hoër sal wees as die gebruik van landelike gebiede? (3) Maak VYF voorstelle vir hoe ons die gebruik van water in hierdie situasie kan verminder. (5) [30]
STUDEER/HERSIENING Hulpbronne Hulpbronne is dinge wat ons gebruik om te oorleef en van te leef. Daar is natuurlike hulpbronne, soos lug of water, of mensgemaakte hulpbronne, soos elektrisiteit. Hulpbronne is hernubaar, wat beteken dat hulle vir toekomstige generasies sal hou, of nie-hernubaar, wat beteken dat daar ’n moontlikheid is dat dit kan opraak of verdwyn. Dit beteken ons moet dit soveel as moontlik bewaar. Natuurlike hulpbronne soos lug, water, hout en dierelewe word deur die mens uitgebuit en vernietig. Die probleem hiermee is dat ons hierdie natuurlike hulpbronne permanent kan verloor. Hulle kan ook onder die veranderinge wat ons veroorsaak, ly en beskadig word. Die bestuur van hulpbronne Met die toename van die bevolking kom daar ook ’n groter vraag na natuurlike hulpbronne. Die aarde sukkel om aan die vraag te voldoen. Gevolglik word baie plant- en dierspesies negatief beïnvloed en loop die gevaar om uitgewis te word. Die uitwissing van enige plant- of dierspesie lei tot ’n afname in biodiversiteit. Ons moet biodiversiteit beskerm sodat ons nie waardevolle hulpbronne verloor nie. Bewaring se doel is om skade aan of die verlies van natuurlike hulpbronne te voorkom sodat ons die ekonomie kan stimuleer, terwyl biodiversiteit bewaar word. Die Tsitsikamma Nasionale Park is ’n MBG (Mariene Bewaringsgebied) wat biodiversiteit bewaar, terwyl dit ook ’n gewilde bestemming vir avontuurlustiges is, wat kan gaan stap of die hoogste reksprong in die wêreld by Bloukransbrug kan doen. Gemeenskapbewaringsprojekte beoog om die plaaslike bevolking betrokke te kry en hulle aan te moedig om bewaringsinisiatiewe te ondersteun omdat dit hulle direk positief beïnvloed. Sommige Suid-Afrikaanse voorbeelde sluit in My False Bay, Rhino Raid en die Nholwasi-gemeenskapsprojek. Ekotoerisme is wanneer toeriste ’n plek besoek sonder om die omgewing te beskadig.
185
© Impaq
Eenheid
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
4
Water in Suid-Afrika In Suid-Afrika word water hoofsaaklik vir huishoudelike doeleindes, nywerhede en landbouprosesse gebruik, met die landbousektor wat die meeste water gebruik. Daar is ’n waterkrisis in Suid-Afrika omdat ons nie ’n land is wat baie reën kry nie. Reën val ook oor so ’n wye gebied dat sommige groot stedelike gebiede nie genoeg natuurlike water het nie. Dit kan lei tot watertekorte. Opvangsgebiedbestuursagentskappe beheer die verskillende opvangsgebiede in die land om te verseker dat water in die land bespaar word. Hierdie gebiede word negatief deur die mensdom beïnvloed wat om sy beurt weer die gehalte en kwantiteit van ons natuurlike waterbronne verlaag. Vleilande is ekosisteme wat vir ’n groot deel van die jaar met water bedek is. Hulle is belangrik omdat hulle verskeie plant- en dierspesies van ’n habitat voorsien. Baie van hierdie plante en diere kan nie in ander gebiede oorleef nie. Vleilande is ook belangrike natuurlike stoorfasiliteite vir water en is ongelukkig aan die krimp. Die redes hiervoor is menslike ontwikkeling en boere wat vleilande dreineer om die grond te benut. Water is ’n uiters belangrike hulpbron en ons moet dit versigtig gebruik. Daar is verskeie maniere hoe ons dit kan doen. Ons kan stort en nie bad nie, tuine vroeg in die oggend of laat in die middag water gee om verdamping te voorkom en waterlekke regmaak om onnodige vermorsing van water te voorkom.
© Impaq
186
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
BIBLIOGRAFIE
Barrientos, M. en Soria, C. Beskikbaar op http://www.indexmundi.com/about.html http://1.bp.blogspot.com/NrTXMO0Ihos/T6r4_eB0AHI/AAAAAAAAGyk/_epCalMy_Ak/s1600/Different+Races.jpg http://cnx.org/content/m23172/1.1/ http://earthquake.usgs.gov/learn/facts.php http://geography.about.com/od/globalproblemsandissues/a/pinatubo.htm http://rt.com/news/popocatepetl-volcano-explosion-mexico-849/ http://terawallpaper.com/wp-content/uploads/2014/01/background-images-landscape.jpg http://www.bbc.co.uk/bitesize/quiz/q40725867 http://www.clker.com/clipart-345794.html http://www.conservationafrica.net/projects/cultural-project http://www.fws.gov/refuges/airquality/images/Emissions-and-Effects.jpg http://www.indexmundi.com/blog/wp-content/uploads/2013/01/life-expectancy-changes-19702010.jpg http://www.timeline2012.net/images/earth-eventscrust/richter_scalewww_maelorhumanities_org_uk.jpg http://www.toptenz.net/top-10-deadly-volcano-eruptions.php http://www.watersafetykids.co.uk/pdfs/Flooding.pdf http://www.weatherwizkids.com/weather-earthquake.htm http://www.who.int/mediacentre/factsheets/fs104/en/ https://www.gov.uk/government/organisations/environment-agency Oskin, B: OurAmazingPlanet Staff Writer. Japan Earthquake & Tsunami of 2011: Facts and Information. 22 Augustus 2013. Aanlyn beskikbaar by www.livesciences.com http://www.theodora.com/maps/new9/time_zones_4.jpg https://www.quizover.com/ocw/mirror/col11035_1.1_complete/m31662/Picture_4.png https://cnx.org/resources/4752adfcb667cb83237dcf19953c4be14f035c35/Picture%2010.png https://archive.cnx.org/resources/d2c9e24d510554c8003cc2b5529de01ff06a8336/Picture%2 03.png https://previews.123rf.com/images/cookelma/cookelma1501/cookelma150100070/35123224Vintage-magnifying-glass-compass-telescope-and-a-pocket-watch--Stock-Photo.jpg https://archive.cnx.org/resources/2578d865a171d94229427b2b0cc5f8f98c712f97/graphics1.j pg http://i.imgur.com/FeGmaGw.gif http://geology.com/world/the-united-states-of-america-map.gif http://ontheworldmap.com/australia/physical-map-of-australia.jpg https://cnx.org/resources/fdfb8e3564f9421a61b541aa43797e23e401acca/Picture%201.png https://www.custom-wallpaper-printing.co.uk/images/OS-maps/50k-landranger-example.jpg https://archive.cnx.org/resources/bd3ce9f522a5894f149d691c09520ca6d5bb2d5f/Picture%2 02.png https://saylordotorg.github.io/text_world-regional-geography-people-places-andglobalization/section_15/25b24aa3e82f25118bf84afcde99349a.jpg https://www.sleeping-out.co.za/ftp/Maps/10374-GM.jpg http://images.clipartlogo.com/files/istock/thumbs/5552/55524914-cartoon-rabbit-with-carrotwith-thought-bubble.jpg https://www.mycyberwall.co.za/sites/default/files/content/geography/Compass_rose1.png 187
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
https://www.mycyberwall.co.za/sites/default/files/content/geography/Compass_rose2.png http://www.nciwormshead.org.uk/images/stories/compass/CompassRose16.png https://image.slidesharecdn.com/l5heightonmapap-140516053116-phpapp02/95/l5-heighton-map-ap-4-638.jpg?cb=1400218321 https://www.edrawsoft.com/images/examples/office%20position.png http://d1udmfvw0p7cd2.cloudfront.net/wp-content/uploads/2016/01/n-mapsymbols-g201601131.jpg https://grist.files.wordpress.com/2011/03/tsunami_1.jpg https://blogs-images.forbes.com/trevornace/files/2016/01/layers-of-earth1200x900.jpg?width=960 http://www.hoezit.co.za/wp-content/uploads/2016/07/img-56.jpg http://2.bp.blogspot.com/0wTNV4pk9r8/Vcj0ABzcwRI/AAAAAAAAF0Q/4X2yahcznqE/s1600/Magma%2B%2528Chara cteristics%252C%2BTypes%252C%2BSources%252C%2Band%2BEvolution%2529.jpg https://qph.ec.quoracdn.net/main-qimg-9513b941478d6e02746a33d5fe6d959e-c https://ka-perseusgraphie.s3.amazonaws.com/a07d522649c735caac2b7e22957d9fbd6ebbb00f.svg http://www.dreamfactoryagency.com/blog/wp-content/uploads/2013/11/ways-t-segmentefficiently.gif https://i0.wp.com/maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Capture14.jpg http://www.grafika24.com/tag/aardbewing/ https://theaggie.org/wp-content/uploads/2017/04/earthquake_ci_Nicki_Padar-01.png http://imgb.igcdn.nl/537acc00423f4d47870f7dbef540df96/opener/Voor_en_na_van_statig_m onument_naar_een_berg_puin.jpg http://www.vulkanisme.nl/images/vulkanen-algemeen/doorsnede-vulkaan.jpg http://cdn.zmescience.com/wp-content/uploads/2015/01/volcanoes.jpg https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Champlain%28Quebec%29.JP G/250px-Champlain%28Quebec%29.JPG http://specializedadventure.co.za/wp-content/uploads/2015/04/Protea4_Medium.jpg https://www.google.co.za/search?biw=1518&bih=691&tbm=isch&sa=1&q=agriculture&oq=ag riculture&gs_l=img.3...135424.137983.0.138347.0.0.0.0.0.0.0.0..0.0....0...1.1.64.img..0.0.0.7 0SBcbZb51w#imgrc=hYeLAQy8m46YtM:&spf=1495534165914 http://www.engatechvision.com/images/productionline.jpg https://c1.staticflickr.com/1/145/422107234_59329f79f3_b.jpg https://s-media-cacheak0.pinimg.com/736x/67/6c/d7/676cd7c42e58ef2d367a20c33e50ad06.jpg http://s3.thingpic.com/images/Bn/Mc5bazvd59r2vYwtXZtrGXdK.jpeg http://i0.wp.com/maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/03/vloedwaterlaagwaterbrug-in-rabiestraat-at-metro_brian-twitter.jpg?fit=600%2C450 https://s-media-cacheak0.pinimg.com/originals/53/13/60/5313604643a1ed817e8fd14265ec18f3.jpg https://www.isixsigma.com/wp-content/uploads/2014/03/organizational-process-flow.jpg http://chalemadame.com/wp-content/uploads/2015/12/fr%C3%ADo.jpg http://news.nwu.ac.za/sites/news.nwu.ac.za/files/files/Potchefstroom/researchnews-vol117/Usuthu-River-drought.png http://www.landbou.com/wp-content/uploads/2015/12/hande_grond_ikonetcom.jpg http://www.apiavote.org/sites/apiavote/files/images/demographics.jpg
© Impaq
188
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
https://s3-ap-south-1.amazonaws.com/av-blog-media/wpcontent/uploads/2017/01/12080659/statistics.png https://archive.cnx.org/resources/c8f5c4971db4b5abfded01873c0346a8f40100e4/graphics1. png https://www.als.nl/wp-content/uploads/2015/04/voedingscirkel.jpg http://wjjc-sts.com/images/civilians.jpg http://dapa.ciat.cgiar.org/wp-content/uploads/2013/08/canete-basin-peru.png http://piirs.princeton.edu/sites/default/files/migration1000.png http://bisnisnews.id/upload/upload/535517474416.jpg https://www.ihs.gov/urban/includes/themes/newihstheme/images/home_image.png http://middleriverterrace.org/wp-content/uploads/2015/11/crimeW________________1.jpg https://i1.wp.com/the-bookworm.net/wp-content/uploads/2013/05/Teacher-of-Month-logo.jpg http://www.grafika24.com/wp-content/uploads/2016/07/Tuberkulose_SA.jpg http://www.dovemed.com/diseases-conditions/tuberculosis-tb/ https://www.cdc.gov/malaria/images/features/winter_travel/winter_travel_anopheles.jpg http://www.womenfitness.net/wp/wp-content/uploads/2016/11/Canned-Foods.jpg https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/42/Louis_Pasteur.jpg/200pxLouis_Pasteur.jpg http://www.hoezit.co.za/wp-content/uploads/2014/10/img-7.jpg http://www.thefamouspeople.com/profiles/images/joseph-lister-4.jpg https://timedotcom.files.wordpress.com/2015/09/fleming.jpeg?quality=75&strip=color&w=110 0 http://www.ghanalive.tv/wp-content/uploads/2017/02/dehidrasi1.jpg http://www.teacherplus.org/wp-content/uploads/2015/02/biodiversity.jpg http://www.hoezit.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Fotosintese.jpg http://www.blastr.com/sites/blastr/files/styles/rectangle_960x480/public/shutterstock_earthme lting_1500.jpg?itok=h1FcULNT&timestamp=1486395937 http://www.kajak-uteliv.com/wp-content/uploads/2015/12/DSC_99561.jpg https://cdn.herschelsupply.com/uploads/2016/08/HSC-Coastline-Roadtrips-Feature.jpg http://www.wallpaperup.com/24920/animals_fishes_underwater_swim_coral_reef_colors_bri ght_sea_life.html https://www.citysegwaytours.com/uploads/3716/Chicago-Two-Hour-Segway_gallery3.png http://www.eastview.com/Content/Images/Main/Medicine_Main.jpg https://midlandsconservanciesforum.files.wordpress.com/2013/04/aerial-of-umgenivlei.jpg?w=6 http://www.grafika24.com/wp-content/uploads/2016/02/Marine-beskerming.jpg http://www.world-guides.com/images/pretoria/pretoria_voortrekker7.jpg https://nl.wikipedia.org/wiki/Afrika#mediaviewer/Bestand:Topography_of_africa.jpg http://www.huffingtonpost.com/2014/02/23/venezuela-deaths_n_4842967.html http://tampabayliteningdiv1.weebly.com/uploads/9/8/4/6/9846572/784752_orig.jpeg https://media1.britannica.com/eb-media/99/101699-004-2B01A79C.jpg http://www.geo.cornell.edu/geology/faculty/RWA/_Media/eqs003-001-2.png https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/bd/Plates_tect2_af.svg/1024pxPlates_tect2_af.svg.png http://www.aqworks.com/en/blog/2011/03/23/infographics-roundup-2011-tohoku-earthquakeand-tsunami/
189
© Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
https://community.apan.org/hadr/japan_earthquake/b/updates/posts/japan-earthquake-andtsunami-update http://www.thehindu.com/news/international/world/floods-leave-32-dead-in-southafrica/article5799043.ece http://www.gettyimages.com/detail/news-photo/haitian-man-sells-used-shoes-in-port-auprince-amidst-news-photo/136632744#haitian-man-sells-used-shoes-in-portauprince-amidstearthquake-damage-picture-id136632744
© Impaq
190
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
BYLAE Kleurweergawes van die verskillende soorte kaarte. Staatkundige kaart
’n Staatkundige kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/X9JrAD
Grense tussen provinsies, bv. die grens tussen Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en Noordwes. Hoofstede van Gauteng is aangedui: Pretoria en Johannesburg.
191
Š Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Fisiese kaart
Fisiese kaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/wnkMPU
Riviere word aangedui met dun blou lyne en berge in bruin. Verskillende skakerings van bruin word gebruik om die hoogte van die bergreeks aan te dui.
Š Impaq
192
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Topografiese kaart
Topografiese kaart van Kaapstad Bron: https://goo.gl/6PtMke
Sleutel aan die onderkant van ’n topografiese kaart dui aan watter simbole vir elke kenmerk op die kaart gebruik word, bv.:
Hoofpad Bome
193
Š Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Klimaatkaart
Wintertemperature van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/FBNj9N
Die kleursleutel gee ’n aanduiding van die temperatuur in ’n bepaalde gebied of streek oor ’n vasgestelde tydperk, bv.:
© Impaq
Rooi dui gemiddelde temperature van 7,5 °C en minder in ’n bepaalde streek aan. Blou dui gemiddelde temperature tussen 7,5 °C en 10 °C in ’n bepaalde streek aan. Bruin dui gemiddelde temperature tussen 10 °C en 15 °C in ’n bepaalde streek aan. Wit dui gemiddelde temperature tussen 15 °C en hoër in ’n bepaalde streek aan.
194
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Pad- en straatkaart
Straatkaart van Pretoria se middestad Bron: https://goo.gl/Q9Sq49
Dui hoofweĂŤ en paaie aan, bv. aanduiding van spesifieke straatname.
195
Š Impaq
Handleiding G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie
Ekonomiese en hulpbronkaart
Landboukaart van Suid-Afrika Bron: https://goo.gl/5tBLFg
Hulpbronne wat in ’n bepaalde gebied verbou en/of verwerk word en ekonomiese aktiwiteite voortbring, bv. in Kaapstad, Wes-Kaap: Olieraffinadery Ingenieurswerke Voertuie Tekstiele/klerasie Chemikalieë en kunsmisstowwe Kos/drank/tabak
© Impaq
196