Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Tegnologie
Fasiliteerdersgids
Graad 7
Aangepas vir KABV
L Faurie J Lubbinge A Schwartz
Sample
VOORWOORD
Tegnologie kan gedefinieer word as die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpbronne om aan mense se behoeftes en begeertes te voldoen deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme, deur sosiale en omgewingsfaktore in ag te neem.
INLEIDING
Hierdie boek is ontwikkel om die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te ondersteun. Die inhoud is georganiseer in onderwerpe wat in die KABV uiteengesit is. Die outeurs het gepoog om die inhoud van die boek so omvattend as moontlik binne die raamwerk van die kurrikulum saam te stel.
Die hoofdoel van die boek is om fasiliteerders toe te rus met ’n goeie, basiese kennis van verskeie aspekte in tegnologie en om die leerders te help om die teorie in die praktyk toe te pas.
Ons het spesiale voorsorg getref om:
• die inhoud fasiliteerdervriendelik te maak.
• antwoorde vir aktiwiteite en oefeninge te verskaf.
• assesseringsrubrieke vir praktiese assesseringstake te verskaf.
Die Tegnologie-fasiliteerdersgids word deur die Tegnologie-handleiding ondersteun.
ROOSTER EN TYDBESTUUR
Die onderrigtyd vir Tegnologie is twee uur per week. Aangesien die vak ’n praktiese komponent insluit, moet die fasiliteerder toesien dat genoeg tyd toegelaat word om die praktiese assesseringstake (PAT’s) te voltooi.
Sample
Die verskillende temas, toetse, eksamenvraestelle en PAT moet bespreek en voltooi word soos in die assesseringsprogram aangedui. Omdat daar in kwartaal 4 baie min tyd is voordat die eksamen begin, word aanbeveel dat die PAT in kwartaal 2 of 3 gedoen word.
ASSESSERINGSVEREISTES
TEGNOLOGIE GRAAD 7
KWARTAAL 1
Toets Formele tekeninge Ontwerpproses
Meganika
PAT Meganiese stelsels en beheer
KWARTAAL 2
Eksamen
3
PAT Strukture, en elektriese en meganiese stelsels en beheer
+ 30%
KWARTAAL 4 PAT Impak van tegnologie: Skuilings
Promosie Kwartaal 1 + kwartaal 2 + kwartaal 3 + kwartaal 4 10 + 10 + 10 + 10 Novembereksamen
STUDIEWENKE
• Leerders moet die aktiwiteite van elke eenheid voltooi. Dit sal hulle help om te fokus op die inhoud wat gedek is en ’n aanduiding wees of hulle die werk begryp. Maak seker leerders verstaan die bestaande konsepte voordat daar met nuwe inhoud begin word.
• Maak seker dat die korrekte inhoud per kwartaal behandel word.
• Help leerders met ’n studierooster om hulle tyd doeltreffend te benut.
• Help die leerders om ’n geskikte studiemetode te kies wat by elkeen se behoeftes pas.
• Hulle kan enige studiemetode gebruik om Tegnologie te bemeester, maar om goeie uitslae te behaal, word die volgende beginsels voorgestel:
1. Oorsig Kry ’n oorsig oor die werk wat geleer moet word. Lees alles vinnig deur om te sien waaroor die werk gaan.
2. Vrae Stel vrae op oor die werk wat jy kan gebruik om te leer: Waarom? Hoe? Wat? Waar? Wie? Wanneer? Watter? Byvoorbeeld: Wat is tekenkonvensies? Hoe word dit gebruik?
3. Lees en leer Lees en leer hierdie vrae deeglik.
4. Opsê Sê die vrae en antwoorde hardop sonder om in jou boek te kyk.
5. Kontroleer Indien jy die werk ken, verstaan en opsê, vergelyk jou antwoorde met die inhoud in die handleiding. Hou aan leer totdat jy alles onthou.
6. Herhaal Herhaal die werk elke dag.
Sample
KWARTAAL 1 EENHEID 1:
Ontwerpvaardighede
Leerdoelwitte
Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle hul kennis en begrip omtrent die volgende kan demonstreer:
Wat is tegnologie?
Ontwerpproses
• Ondersoek
• Ontwerp
• Maak/vervaardig
• Evalueer
• Kommunikasie
Ontwerpoorwegings
Inleiding
Tegnologie handel oor die oplos van alledaagse probleme op verskeie maniere. Ons gebruik tegnologie in alle situasies elke oomblik van ons lewe, maar tegnologie verander daagliks. Industrieë streef daarna om produkte te verbeter om mense se lewenstandaarde te verhoog.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Ambagman ’n Vaardige werkman in die industrie.
Argitek
Beperkings
Ergonomie
Iemand wat geboue ontwerp.
Aspekte wat die omstandighede bemoeilik waarin die werk gedoen moet word, bv. tyd, materiale, koste, ens.
Hoe gebruikersvriendelik ’n produk is.
Estetika
Evalueer
Grafiese ontwerper
Ingenieur
Landmeter
Meganisering
Hoe mooi ’n produk lyk.
Om die gehalte of doeltreffendheid van ’n produk/ voorstel te beoordeel.
Iemand wat produkte ontwerp.
Iemand wat brûe (siviele ingenieur), enjins (meganiese ingenieur) of elektriese stelsels (elektriese ingenieru) ontwerp.
Iemand wat landopmetings doen.
Take wat deur meganismes en masjiene verrig word.
Ontwerpvoorstel ’n Kort stelling van ’n probleem of behoefte.
Produkte
Projekverslag
Skets
Spesifikasies
Tekening
Vloeidiagram
Sample
Items wat vervaardig word om te verkoop.
’n Verslag wat die elemente van die ontwerpproses bevat.
’n Skets word vryhand met ’n potlood geteken om ’n gedagte of idee oor te dra.
Die kriteria van die finale oplossing, bv. vorm, grootte, ens.
2D en 3D diagramme met ’n potlood en tekeninstrumente geteken.
Dui elke stap van die vervaardigingsproses aan.
Wetenskaplike ’n Kundige in natuurlike of fisiese wetenskappe.
LES 1: Wat is tegnologie?
Aktiwiteit 1 MEMORANDUM
Instruksie
Leerders moet die volgende vrae beantwoord.
1. Definieer tegnologie in jou eie woorde.
Leerders verduidelik wat hulle van tegnologie verstaan. Die antwoord moet in hul eie woorde wees, maar moet insluit dat tegnologie ’n reeks prosesse en metodes is wat gebruik word om goedere en dienste te skep wat daaglikse problem oplos.
In die handleiding word tegnologie soos volg beskryf:
Tegnologie behels al die maniere waarop mense goedere en dienste skep om praktiese oplossings te vind vir ons daaglikse bestaan (om aan basiese behoeftes soos voedsel, skuiling, kommunikasie, klere en vervoer te voldoen) en om ons fisiese wêreld te ondersoek.
Die vroegste vorme van tegnologie sluit in die gebruik van gereedskap om boumateriaal te sny en skuilings te bou, asook die vermoë om vuur te beheer. Vandag se tegnologie sluit in rekenaars, motors en geriefskos, asook die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die verkenning van die ruimte. Tegnologie ontwikkel voortdurend en speel ’n belangrike rol in die samelewing.
2. Beskryf kortliks wat sal gebeur as alle meganiese stelsels skielik nie meer bestaan nie. Hoe sal ons lewens lyk as daar geen masjiene (motors, pompe, rekenaars, mikrogolfoonde, ens.) is nie?
3. Bespreek die impak van herwonne materiaal op die omgewing.
Sample
4. Kies ’n woord uit die woordbank en voltooi die tabel deur aan te dui watter bedryf by die vervaardiging en die gebruik van yster betrokke is. (Ystererts is ’n mineraal om yster mee te vervaardig.)
mynwese groothandel kleinhandel/diens produksie vervoer
Aksie Bedryf
Ystererts word ontgin. Mynwese Erts word padlangs versprei. Vervoer Erts word gesmelt om yster te maak. Produksie Klaargemaakte yster word verkoop. Groothandel Iemand vervaardig en verkoop spitspaalheinings. Kleinhandel/diens
LES 2: Ontwerpproses
Ons gebruik die ontwerpproses om alledaagse probleme te identifiseer en op te los. Die ontwerpproses bestaan uit die volgende vyf stappe:
1. Ondersoek
2. Ontwerp
3. Maak/Vervaardig
4. Evalueer
5. Kommunikeer
Hier is ’n voorbeeld van die ontwerpproses met die verskillende stappe wat jy moet volg.
STAP 1: Ondersoek
1.1 Identifiseer die probleem (behoefte/begeerte)
1.2 Analiseer bestaande produkte ten opsigte van: Veiligheid Materiale se geskiktheid Doeltreffendheid Koste Vervaardigingsmetode
1.3 Ondersoekstrategie
Doen ondersoek deur die volgende metodes:
• Verkry inligting (biblioteeknaslaanstelsel, internet, indekse, tydskrifte, winkelbesoek).
• Versamel inligting (vraelyste, dataversamelingsvorms, literatuurondersoeke).
• Toets inligting om die verskillende eienskappe te bepaal of te vergelyk.
• Sorteer/bevestig inligting.
Omkring of onderstreep die metode wat jy gebruik het.
• Die ondersoekfase lê die grondslag vir enige tegnologiese proses.
• Ons moet eers alle aspekte van die probleem identifiseer, voordat ons die probleem kan oplos.
• Versamel inligting deur soveel as moontlik bronne te raadpleeg.
• Sorteer die inligting wat jy versamel het en hou net die bruikbaarste inligting oor. Gee erkenning aan alle bronne.
• Pas die ondersoekproses by jou werkwyse aan vir optimale resultate.
STAP 2: Ontwerp
2.1 Ontwerpopdrag (Kort geskrewe idees, insluitend die omskrywing van die probleem, wie beïnvloed word, hoe die produk gebruik gaan word, betroubaarheid en impak op die omgewing.)
2.2 Ontwerpidees (Gebruik die ontwerpopdrag en vryhandsketse om ’n paar oplossings te vind. Kies die beste oplossing.)
2.3 Ontwerpspesifikasies (omvattender as ontwerpopdrag).
Lys van produkeienskappe/ beskrywing
(besonderhede van grootte, vorm, kleur, ens.)
Materiale (waarvan die produk gemaak word)
Veiligheid Koste
Standaard waaraan voldoen moet word
• Die eerste stap in die ontwerpfase is om ’n ontwerpopdrag op te stel.
• ’n Ontwerpopdrag is ’n opsomming van die probleem wat die ontwerpspesifikasies uiteensit.
• Dink aan moontlike oplossings vir die probleem en maak vryhandsketse om jou denkproses voor te stel.
• Notas by die sketse hoef nie in drukskrif te wees nie.
• Vryhandsketse word in potlood en sonder ’n liniaal geteken.
STAP 3: Maak/vervaardig
3.1 Beplanning
• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).
• Hulpbronlyste (Apparaat/ gereedskap)
3.2 Vervaardigingsproses (hoe word dit gemaak)
• Formele tekeninge wat afmetings en hoeveelhede aandui (op aparte papier).
• Hulpbronlys (Apparaat/gereedskap)
• Produksievaardighede
• (Vaardighede wat nodig is om produk te vervaardig, bv. opmeting.)
• Veiligheidsmaatreëls
• (Demonstreer kennis en begrip van veilige werkpraktyke.)
• Tydens die vervaardigingsproses teken ons formele tekeninge van die produk se verskillende aansigte deur verskillende konvensies (lynsoorte) te gebruik.
• Formele tekeninge behels ortografiese tekeninge (2D), isometriese tekeninge (3D) en perspektieftekeninge.
• Formele tekeninge toon afmetings, versteekte besonderhede en enige ander inligting wat nodig is om die produk te maak.
• Maak notas by formele tekeninge oor hoe die produk moet lyk.
• Dit is baie belangrik om alle gereedskap tydens die vervaardigingsproses versigtig te hanteer
• Onthou dat die finale produk altyd mooi moet lyk.
STAP 4: Evalueer
4.1 Wie doen die evaluering?
4.1 Hoe word die evaluering gedoen?
4.2.1 Evalueer die produk deur dit te vergelyk met die:
• ontwerpopdrag
• spesifikasies
4.2.2 Evalueer die vervaardigingsproses met betrekking tot die doeltreffendheid van:
• werkwyse
• vaardighede
• tydbestuur
• Dit is jou verantwoordelikheid om die produk deurlopend te evalueer
• Maak seker die ontwerp voldoen aan die vereistes wat in die ontwerpopdrag gestel is.
STAP 5: Kommunikeer
5.1 Berei aanbieding voor Bestaande tekeninge Alle geskrewe dokumentasie (ontwerpopdrag, plakkate, PowerPoint en beredenering van ontwerp)
5.2 Kommentaar op ontwerpproses Was die ontwerp/projek suksesvol?
Waarom sê jy so?
Noem moontlike verbeteringe.
• Tydens die kommunikasiefase word al die opdragte in ’n portefeulje saamgevat.
• Skryf jou naam en van op die voorblad en maak ’n vryhandkunstenaarsvoorstelling of plak ’n foto van die finale produk.
• Die finale dokument moet netjies, agtermekaar en met ’n inhoudsopgawe aangebied word.
• Skryf ’n verslag oor die finale produk en plaas dit agterin die portefeulje. Oorweeg die volgende vrae:
○ Het ek die doel bereik?
○ Waar het ek probleme ondervind?
○ Waarop kan ek verbeter?
Hoe meer besonderhede jy in jou verslag insluit, hoe makliker sal die vervaardigings-proses wees.
Sample
Aktiwiteit 2 MEMORANDUM
Leerders skep hul eie templaat van die ontwerpproses en hou dit byderhand wanneer hulle hul PAT’s doen.
LES 3: Ontwerpoorwegings
Aktiwiteit
3 MEMORANDUM
Instruksie
Leerders moet die volgende model bou en die vrae beantwoord.
Benodighede
• duimspyker
• gom
Stappe
1. Maak ’n afskrif van die volgende bladsy en plak dit op karton.
2. Knip die skêr se twee lemme uit.
3. Druk ’n duimspyker van agter af deur om die twee lemme bymekaar te hou.
4. Beweeg nou die lemme en kyk hoe dit werk.
Die leerders vra die volgende vrae om te bepaal of die produk geskik is vir die doel waarvoor dit benodig word.
Leerders se antwoorde sal verskil. Die antwoorde wat verskaf word, dien slegs as riglyn.
• Wie gaan die produk gebruik? – Die leerders
• Waarom gaan hulle die produk gebruik? – Om papier te sny
• Waar gaan hulle die produk gebruik? – In die klaskamer
• Wanneer gaan hulle die produk gebruik? – Wanneer hulle vorms uit papier moet knip
• Hoe gaan hulle die produk gebruik? – Met hulle hande
Insert thumbtack from the back.�-------,. .ft.
Druk ’n duimspyker van agter af deur.
Cut out the two halves of the scissors. Knip die twee helftes van die sk ê r uit.
Sample
• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.
• Interaktiewe, pret en praktiese aktiwiteite met alledaagse voorwerpe wat leerders help om die konsepte te bemeester.
• Sluit tekenblaaie en stap-vir-stap-instruksies vir tekeninge in.
• Alfabetiese lys van belangrike terminologie vir maklike naslaan.
• Leerders word gewys hoe om die praktiese assesseringstake te voltooi.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace