Í2(È-A-BIE-SG01MÎ 1
8
0
8
-
A
-
B
I
E
-
S
G
0
1
BYBELONDERRIG HANDLEIDING Graad 8
A member of the FUTURELEARN group
Bybelonderrig Handleiding
1808-A-BIE-SG01
Í2(È-A-BIE-SG01MÎ
Graad 8
LM van der Walt
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE ................................................................................................................... 3 VOORWOORD .................................................................................................................... 5 JAARPLAN .......................................................................................................................... 6 EENHEID 1 Aardrykskunde van die Bybellande ............................................................. 7 Les 1: Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina. ................................................ 7 AKTIWITEIT 1: ........................................................................................................ 9 Les 2: Die land Palestina ............................................................................................... 9 AKTIWITEIT 2: ...................................................................................................... 12 Les 3: Die Kusvlakte en die Sentrale Bergland. .......................................................... 12 AKTIWITEIT 3: ...................................................................................................... 16 Les 4: Die Jordaanvallei .............................................................................................. 16 AKTIWITEIT 4: ...................................................................................................... 18 Les 5: Die Dooie See en Transjordanië ....................................................................... 18 AKTIWITEIT 5: ...................................................................................................... 21 Les 6: Die klimaat, plantegroei en dierelewe in Palestina............................................ 22 AKTIWITEIT6: ....................................................................................................... 39 Les 7: Aardrykskunde van Bybellande buite Palestina ................................................ 40 AKTIWITEIT 7: ...................................................................................................... 46 EENHEID 2 Geskiedenis van die Ou Testament: Bybelse figure. ................................ 49 Les 8: Die Skepping .................................................................................................... 49 AKTIWITEIT 8: ...................................................................................................... 54 Les 9: Kaïn en Abel ..................................................................................................... 55 AKTIWITEIT 9: ...................................................................................................... 56 Les 10: Die verhaal van Noag en die bou van die ark. ................................................ 57 AKTIWITEIT 10: .................................................................................................... 60 Les 11: Abraham en Isak............................................................................................. 60 AKTIWITEIT 11: .................................................................................................... 65 Les 12: Jakob en Esau ................................................................................................ 65 AKTIWITEIT 12: .................................................................................................... 68 Les 13: Josef ............................................................................................................... 68 AKTIWITEIT 13: .................................................................................................... 71 Les 14: Die verhaal van Moses ................................................................................... 71 AKTIWITEIT 14: .................................................................................................... 75
© Impaq
1
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
EENHEID 3 Die geskiedenis van die Nuwe Testament: Die koms van Jesus. ............ 79 Les 15: Die geboorte van Jesus .................................................................................. 79 AKTIWITEIT 15: .................................................................................................... 82 Les 16: Die skaapwagters en die besoek uit die Ooste. .............................................. 83 AKTIWITEIT 16: .................................................................................................... 84 Les 17: Die vlug na Egipte en die kindermoord en die terugkeer na Nasaret. ............. 85 AKTIWITEIT 17: .................................................................................................... 86 Les 18: Johannes die Doper ........................................................................................ 87 AKTIWITEIT 18: .................................................................................................... 88 Les 19: Die doop van Jesus ........................................................................................ 89 AKTIWITEIT 19: .................................................................................................... 90 Les 20: Die versoeking van Jesus. .............................................................................. 90 AKTIWITEIT 20: .................................................................................................... 91 Les 21: Jesus se eerste optrede en die roeping van die dissipels. .............................. 92 AKTIWITEIT 21: .................................................................................................... 94 EENHEID 4 Die gelykenisse van Jesus. ......................................................................... 95 Les 22: Die gelykenis van die saaier. .......................................................................... 95 AKTIWITEIT 22: .................................................................................................... 98 Les 23: Die gelykenis van die onkruid tussen die koring. ............................................ 99 AKTIWITEIT 23: .................................................................................................. 100 Les 24: Die gelykenisse van die Barmhartige Samaritaan. ....................................... 101 AKTIWITEIT 24: .................................................................................................. 103 Les 25: Gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg. ........................................ 103 AKTIWITEIT 25: .................................................................................................. 104 Les 26: Gelykenisse van die onvrugbare vyeboom. .................................................. 105 AKTIWITEIT 26: .................................................................................................. 106 Les 27: Die gelykenis van die verlore skaap. ............................................................ 106 AKTIWITEIT 27: .................................................................................................. 108 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ................................................................................ 110
© Impaq
2
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
JAARPLAN EENHEID 1
1 2 3 4 5 6 7
2
8 9 10 11 12 13 14 15 16
3
17 18 19 20 21 4
22 23 24 25 26 27
Š Impaq
LES Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina. Die land Palestina. Die Kusvlakte en die Sentrale Bergland. Die Jordaanvallei Die Dooie See Die klimaat, plantegroei en die dierelewe in Palestina. Aardrykskunde van Bybel lande buite Palestina. Skepping Kain en Abel Noag Abram en Isak Jakob en Esau Josef Moses Die geboorte van Jesus Die skaapwagters en die besoek uit die Ooste Die vlug na Egipte en kindermoord. Johannes die Doper Die doop van Jesus Die versoeking van Jesus Jesus se eerste optrede en die roeping van die dissipels. Die gelykenis van die saaier Die gelykenis van die onkruid tussen die koring Gelykenis van die barmhartige Samaritaan Gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg Gelykenis van die onvrugbare vyeboom Die gelykenis van die verlore skaap
6
DATUM BEGIN
DATUM VOLTOOI
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
EENHEID 1 Aardrykskunde van die Bybellande LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
Kennis hȇ van die ligging van die verskillende Bybellande binne Palestina. Kennis hȇ van die klimaat, plantegroei en dierelewe in die Bybellande. Kennis hȇ van die verskillende Bybellande buite Palestina.
INLEIDING Die eenheid fokus op die aardrykskunde van die Bybellande binne en buite Palestina. As jy ‘n goeie idee het van die lande se ligging sal dit die storie van die Bybel vir jou meer geloofwaardig maak. Dit gee aan jou die versekering dat hierdie lande wel bestaan het. Dit is nie net plekke wat deur mense uitgedink is nie. Die eenheid vertel jou ook meer van die plante en diere wat voorkom in die lande. Baie van die plante en diere word ook in die Bybel gemeld. Dit gee aan jou ‘n breër kennis van die wȇreld van die Bybel. Les 1: Aardrykskunde van die Bybellande in Palestina Kennis van die aardrykskunde van die Bybellande is noodsaaklik om die Bybel goed te kan verstaan. Die meeste plekke in die Bybel is nie aan ons bekend nie. Dit is plekke wat ons nog nooit gesien het nie. Die Bybellande is vir ons net name van vreemde plekke. Sodra ons egter onsself denkbeeldig in die plekke kan plaas, word die Bybel vir ons ‘n werklikheid. Daar is nie baie bronne beskikbaar wat vir ons die nodige inligting kan verskaf aangaande die aardrykskunde van die Bybellande nie. Die Bybel self is die grootste bron waaruit ons die inligting kan verkry. Daar is ‘n aantal lande wat in die Bybelse tyd reeds bestaan het, en vandag nog bestaan. Dit is plekke soos, Jerusalem, Damaskus, die Dooie See en die Jordaanrivier.
© Impaq
7
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
Jerusalem vandag (www.biblewalks.com)
Daar word ook in die Bybel ‘n klomp plekke bymekaar genoem. Ons lei daaruit af dat die plekke naby aan mekaar geleë was. ‘n Voorbeeld hiervan vind ons in Josua 15 – 19. In die gedeelte word die erfdele van die verskillende stamme van Israel in Kanaän beskryf. Die Bybel gee ook in sommige gevalle baie noukeurige beskrywings van die ligging van plekke. In Rigters 21:19 word die ligging van Silo noukeurig beskryf. Die ou Geskrifte van die Bybelse tyd kan ook vir ons lig werp op die aardrykskunde van die Bybellande. Flavius Josefus was ‘n bekende Joodse geskiedskrywer. Hy het in die eerste eeu na Christus geleef. Josefus het twee boeke geskryf wat noukeurige en interessante inligting verskaf oor Palestina. Eusebius was ‘n Joodse geleerde wat in die vierde eeu na Christus geleef het. Hy was die biskop van Cesaréa en het dus baie goeie kennis gehad van Palestina. Eusebius het veral reisbeskrywings nagelaat in sy boek, “Oor die Heilige Plekke” van die plekke in Palestina. Daar is ook in die verlede baie opgrawings gedoen, wat lig werp op die ligging van verskeie plekke in die Bybel. Die meeste vergane stede van die Bybel lê onder ‘n heuwel. Die tipe heuwel word ‘n “tell” genoem. In die Bybelse tyd is die meeste stede op ‘n heuwel gebou. Dit was meestal vir veiligheid. As die stad verwoes word, met ‘n aardbewing of as gevolg van oorlog, is dit net gelykgemaak. Die volgende stad is dan net bo-op die bouvalle gebou. Dit is hoe ‘n tell ontstaan het. Die opgrawings het verskeie artikels opgelewer wat ons baie vertel van die mense en die lewe in die Bybelse stede. Met elke opgrawing werk die argeoloë deur verskeie lae of “strata”. Elke laag verteenwoordig ‘n bewoningsfase. Dit beteken dat elke stad se tyd van bewoning bestudeer kan word. Die bestudering van die Bybellande is dus baie interessant en insiggewend. In die volgende lesse gaan ons spesifieke plekke van nader bekyk. DEFINIEER: ‘n Tell: Dit is die ruïneheuwels van ou stede in die Bybelse tyd.
© Impaq
8
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen navorsing oor die argeologiese werk en opgrawings wat reeds in Palestina en omliggende dele gedoen is. Wat leer ons uit die tipe opgrawings? Maak aantekeninge in jou werksboek van jou bevindinge en bespreek dit met jou fasiliteerder.
AKTIWITEIT 1: Beantwoord die volgende vrae: 1) 2) 3) 4) 5)
Gee jou eie opinie waarom jy dink dat dit noodsaaklik is om die aardrykskunde van die Bybel te bestudeer. Noem drie geldige redes. Gee die betekenis van ‘n tell en beskryf hoe dit ontstaan. Wat is die naam van die Joodse skrywer wat ‘n boek geskryf het oor Palestina? Noem een plek wat reeds in die Bybelse tyd bestaan het, en vandag nog bestaan? Wat leer ons uit die opgrawings wat gedoen word?
(3) (3) (1) (1) (2) [10]
Les 2: Die land Palestina Palestina is geleë in Suidwes-Asië. Palestina is ‘n baie klein gedeelte van die wȇreld en om te dink dat die meeste Bybelse gebeurtenisse hier afgespeel het! Die deel van die wȇreld word die Land van die Vyf Seë genoem. Die gedeelte word omring deur die volgende seë: Swart See (Noorde) Middellandse See (Weste) Rooi See (Weste) Arabiese See (Suide) Persiese Golf (Suide) Kaspiese See (Ooste) In die tyd van die Bybel het hierdie dele egter onder verskillende state of lande geval. Die onderstaande is ‘n kaart van die Vyf Seë:
© Impaq
9
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
(www.probertencyclopaedia.com) Alhoewel dit verskillende state was, het die plekke dieselfde tipe klimaat gedeel. Palestina het ‘n Middellandse See-klimaat. In die winter bring die westewinde reën en koue en in die somer sorg die oostewinde vir ‘n warm, droë somer. Palestina is so geleë dat die grootste deel van die gebied min of geen reën kry nie. Dit is veral die bergreekse wat die westewind versper. Die redding van die gebied is die groot riviere wat water bring vanaf die hoorliggende dele. Die Eufraat en die Tigris is die twee grootste riviere wat water voorsien aan die gebied. Die riviere ontspring op die berge in die noorde. Die Nylrivier in Egipte is ook ‘n belangrike bron van water. Die Nylrivier is ook bekend vir die feit dat van die oudste beskawings in die wêreld op sy walle ontstaan het. Palestina beslaan net ‘n baie klein deel van die Land van die Vyf Seë. Palestina is die kleinste van die Bybellande. Dit lê op ‘n smal strook tussen die Jordaanrivier en die Middellandse See. Die klein gedeelte het egter ‘n invloedryke Bybelse erfenis nagelaat. Die Assiriërs en die Babiloniërs wat ontstaan het by die oewers van die Eufraat en die Tigris, het vanaf die vroegste tye handel gedryf met die mense van die Nylrivier. Die handeldryf het daartoe gelei dat daar verskeie handelroetes ontstaan het. Die handelsweg het deur Palestina gegaan. Palestina het die brug gevorm tussen die beskawings van die Assiriërs en Babiloniërs en die Egiptenare. Palestina het dus ‘n belangrike verbinding gevorm tussen die Ooste en die Weste. Die Here het dit so beskik dat die vroegste beskawings hier ontstaan het. Omrede die handelspaaie deur Palestina geloop het, is die geleentheid geskep om soveel meer mense te bereik met die Evangelie van God. Daar het soveel mense van verskillende kulture en nasies deur Palestina beweeg. Al die mense kon dus deel word van die Evangelie. Die is ook volgens oorlewering moontlik dat die Paradys in die omgewing was.
© Impaq
10
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
So beskik God oor als. Palestina was nie eens ‘n baie vrugbare land nie, maar God se plan tree in werking in die klein landjie. Palestina het die middelpunt gevorm van drie wêrelddele. Die land was egter, ten spyte hiervan, redelik afgesonder. Die verkeersweë het langs die westlike kusvlakte verby gegaan. Die land was dus afgesonder, sowel as sentraal geleë. Palestina het verskeie benamings in die Bybel. Dit kan soms baie verwarrend wees. Kom ons kyk kortliks na die verskillende name: o Kanaän Volgens oorlewering beteken dit “land van purper”. Lees Josua 5: 1 en Exodus 16: 35 o Die Beloofde Land Die Here beloof die land Kanaän aan Abraham en sy nageslag. o Land van die Hebreërs. Die naam word afgelei van Abraham. Abraham word ‘n Hebreër genoem in die Bybel. Dit verwys weer na die belofte van God aan Abraham. o Land van Israel Die land kry die benaming in die tyd van koning Saul. Die Here gee die naam Israel aan Jakob. o Land van die Here Die benaming is gegee deur Hoséa, die profeet. Hy noem Palestina die Land van die Here, omrede God se volk, Israel daar gewoon het. o Land van Juda Die dood van Salomo verdeel die ryk in twee dele. Die ryk van Israel in die noorde en die ryk van Juda in die suide. Die ryk van Israel word oorwin en weggevoer deur die Assiriërs. Die mense van Juda word ook later oorwin en weggevoer deur die Chaldeërs. Die mense van Juda word egter later toegelaat om na Palestina terug te keer. Daarvandaan die naam. o Die Heilige Land Dit is so genoem omrede Jesus daar gelewe het. o Palestina Die naam kom nie in die Bybel voor nie. Die naam is toegeken deur die Grieke en is eers na die Bybelse tyd gebruik. Vandag is Palestina ‘n oorloggeteisterde gebied. Dit is ver verwyderd van die land wat God gekies het om die middelpunt van die verkondiging van die Evangelie te wees. VIR DIE NUUSKIERIGES: Lees die volgende gedeeltes in die Bybel: Gen. 1:9 Gen. 19:24 Gen. 36:24 Gen. 23:9 Ps. 68:16 Jos.10:16 Kyk of jy uit die gedeeltes die verskillende landskappe van Palestina kan identifiseer. Skryf jou antwoorde in jou werksboek en bespreek dit met jou fasiliteerder. © Impaq
11
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
AKTIWITEIT 2: Beantwoord die volgende vrae in jou werksboek: 1) 2) 3)
Noem een van die seë wat Palestina omring? Watter tipe klimaat het Palestina? Noem die naam van een van die riviere wat reeds vanaf daardie tyd bestaan, en steeds bestaan? 4) Hoekom dink jy het God Palestina gekies vir die verkondiging van die Evangelie? Noem net een rede. 5) Watter naam van Palestina beteken “Land van Purper”? 6) Na watter belofte verwys die naam “Die beloofte Land”? 7) Wat is die naam van die profeet wat aan Palestina die naam “Land van die Here” gegee het. 8) Na die dood van Salomo het die ryk in twee geskeur. Noem die ryk wat vernietig is deur die Assiriërs. 9) Die land Palestina is ook “Die Heilige Land” genoem. Waarom is dit so genoem? 10) Watter volk het die naam Palestina uiteindelik aan die land toegeken?
(1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) (1) [10]
Les 3: Die Kusvlakte en die Sentrale Bergland 3.1
Die Kusstrook/Kusvlakte van Palestina.
Die kusstrook van Palestina strek oor 200km. Die grense van die kusstrook is Libanon in die noorde en Gasa in die suide. Dit was tradisioneel die woonplek van die Filistyne. Die Filistyne was uitmundende kusvaarders. Die kusstrook het sandduine, moerasse en baie bosse. Dit is dus nie geskik vir landbou nie. Noord van die Karmelberg vernou die kusstrook. Dit maak dit meer geskik vir die bou van hawens. Die Fenisiërs het hulle seevaar vaardighede hiervandaan beoefen. Die volgende kaart kan jou help om ‘n duideliker prentjie te kry van die streek. Gebruik die kaart soos jy deur jou lesmateriaal gaan.
(www.bible-history.com) © Impaq
12
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
Die kusstrook het drie dele: 1) Die Filistynse vlakte of Filistéa. Dit was hoofsaaklik die woongebied van die Filistyne. Dit strek vanaf die Spruit van Egipte tot by Jaffa. Dit is ‘n area van ongeveer 64km. Daar kom baie sandduine voor in die gebied. Die noordelike deel is egter meer vrugbaar. In die noorde word veral geboer met gesaaides en vrugte. Die deel lewer vandag nog koring, gars, olywe, dadels, granate en druiwe. Abraham en Isak het in die tye van droogte hulle vee laat wei in die suide. Dit was meer geskik vir veeboerdery. Water is verkry uit die putte. Filistéa het vyf stede gehad waarvan ons in die Bybel lees: o Gasa Ons lees reeds van die stad Gasa in Gen. 10:19. Dit is dus ‘n baie ou stad. Die stad het ‘n belangrike rol gespeel in die handelsweg tussen Egipte en Mesopotamië. Ons lees veral van die stad in die geskiedenis van Simson. Hier is Simson ook dood. (Rigters 16:29, 30) o Askelon Dit was aan die see geleë, 19km noord van Gasa. Die stad is gebou op ‘n rotsrif en was die geboorteplek van Herodus die Grote. Herodus het regeer toe Jesus gebore is. Dit was hy wat bevel het dat al die Joodse seuntjies onder twee jaar doodgemaak moes word. o Asdod Die stad was 14km noord van Askelon en sowat 5km van die kus af. Die tempel van Dagon, die Filistyne se afgod, was in die stad. o Ekron Die stad was sowat 19km noord-oos van Asdod geleë. Die Filistyne het hul afgod Baäl-Sebub hier aanbid. o Gat Die stad was 19km oos van Askelon. Dit was waar Goliat gewoon het. 2) Die vlakte van Saron Dit is die deel wat strek vanaf Jaffa tot by die Karmelberg. Dit strek oor sowat 80km. Die vlakte het ‘n hoër reënval as die ander streke, en dus is dit moerasagtig. Dit word egter aan die kus se kant deur sandduine begrens. Dit is ‘n baie vrugbare streek en is in die somer oortrek met blomme. Die vlakte van Saron het vier belangrike stede: Lidda Dit is ‘n baie ou stad. Dit is 17km suidoos van Joppe geleë. Dit is in die stad dat Petrus vir Enéas in die naam van Jesus genees het.
© Impaq
Joppe Die stad is gebou op ‘n rotsheuwel langs die Middellandse See. Die stad is met ‘n muur omring. Joppe het ‘n natuurlike hawe. Dit het reeds in die Bybelse tyd as
13
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
hawe gedien vir Jerusalem. Joppe is sowat 56 km vanaf Jerusalem geleë. Petrus het vir Tabita in Joppe uit die dood opgewek.
Cesaréa Dit is ‘n hawestad. Dit is ook teen die Middellandse See geleë. Die stad is gebou deur Herodes die Grote. Die stad word gereeld gemeld in die boek Handelinge. Lees Hand. 9:30, Hand. 21:8 en Hand. 10:48.
Dor Dit is ‘n baie ou stad wat gedien het as hawe vir die Egiptenare en Feniciërs.
3) Die vlakte van Akko Die vlakte strek oor ‘n afstand van 40km langs die kus. Die hawe Haifa lê hier aan die voet van die Karmelberg. Die stad Akko lê 10km verder noord. 3.2 Die Sentrale Bergland Dit is een van die sentrale dele in die Bybel. Dit is in die deel waar die meeste Israeliete gewoon het. Jesus het ook die grootste deel van Sy tyd hier vertoef. Dit strek vanaf die sinai- woestyn tot by die Libanon gebergte. Dit beslaan ‘n afstand van ongeveer 240km. Die Sentrale Bergland is baie hoog geleë en vorm dus die waterskeiding van Palestina. Die riviere word gevoed uit die reënval op die berg. Die reën loop af na die weste en die suidekant en voed die riviere. Die oostekant is baie ruig en het baie klowe. Die mense het dus nie dikwels daarlangs gereis nie, want rowers kon maklik daar skuil. Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan het dalk sy oorsprong hier gehad? (Lukas 10). Die pad wat oor die Bergland loop, verbind belangrike stede soos: Berséba – naam te danke aan die waterput wat Abraham daar gegrawe het. Beteken: “bron van eed”. Hebron – Hier is die aartsvaders, Abraham, Isak en Jakob in die spelonk van Magpé begrawe. Bethlehem – Geboorteplek van Jesus. Jerusalem – die tempel van God het hier gestaan en Jesus het sy bloed hier gestort. Bet-el – dit is die plek waar Jakob die droom gehad het. Emmaüs – Jesus het aan die twee mans verskyn oppad na die dorp. Beërot – Die plek waar Jesus as 12 jarige seun agtergebly het. Die stede word die stede van Judéa genoem. Daar is vyf verskillende streke in die Sentrale Bergland: 1) Die Suidland of Negeb. Dit is die mees suidelike deel van die Sentrale Bergland. Die belangrikste stede in die deel was: o Berséba (Genesis 21:31) o Kades (Genesis 14:7) o Arad (Numeri 21:1-3) o Siklag 1 Samuel 27:5, 6) 2) Die Bergland van Judéa. Dit strek vanaf Hebron tot by Bet-el. Die Bergland van Judéa is veral bekend vir die verkeie dale wat daarin voorkom: © Impaq
14
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
o Dal van Ajalon. Dit is hier waar die Here vir Josua die son en die maan laat stilstaan het. (Josua 10-13) o Dal van Sorek. Simson se Filistynse vrou, Delila het hier gewoon. o Dal van die Terpentynboom. In die dal het Dawid vir Goliat verslaan. (1 Samuel 17: 12, 19) o Die Soutdal. Dit is hier waar die gevegte tussen die Israeliete en die Edomiete plaasgevind het. (2 Samuel 8:13) 3) Die Bergland van Samaria. Dit is ‘n baie vrugbare deel en is geskik vir saai- en veeboerdery. Die stede wat hier voorkom is: o Samaria – die huis van koning Agab. Die afgodsdiens van Baäl het hoogty gevier in die stad. o Sigem – Abraham het vir ‘n tydperk hier gewoon. o Dotan – Josef se broers het hom hier in ‘n put gegooi en later verkoop. 4) Die Vlakte van Jisreël. Die vlakte lê heelwat laer as die bergland. Dit vorm die verbinding tussen die Middellandse See en die Jordaan. Die stede wat ons hier vind is: o Megiddo – Salomo het hier groot bouwerke opgerig. (1 Konings 9:15) o Jisreël – Agab het hier ‘n paleis gehad en Nabot se wingerd was hier. (1 Konings 21:1) o Bet-San – Die Filistyne het die lyk van Saul hier teen die stadsmuur vasgeslaan. (1 Samuel 31:10) 5) Die Bergland van Galiléa. Dit is ‘n pragtige landskap met heuwels en dale. Dit is ‘n baie vrugbare deel en talle waterstrome deurkruis die gedeelte. Dit word in twee dele verdeel: - Onder-Galiléa. Dit bestaan uit losstaande berge wat nie so hoog is nie. Die berg Tabor kom hier voor. Die dorpie Nasarét, waar Jesus grootgeword het, lȇ 8 km vanaf Tabor. - Bo-Galiléa. Die dele is weer baie bergagtig. Josua het hier twee belangrike stede verower, nl. Merom en Hasor. Daar word ook verskeie spelonke aangetref in die dele. Die belangrikste spelonke waarvan ons in die Bybel lees is: Makéda (Josua 10:16) Magpéla (Genesis 23:9) Adūllam (1 Samuel 22:1) VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan kyk na die verskillende berge wat in Bybel genoem word. Skryf die name van die berge in jou werksboek neer. Gaan kyk of jy by elke berg wat jy genoem het inligting kan kry oor die rol wat dit gespeel het in die Bybelse tyd. Gedeeltes in die Bybel wat as riglyn kan dien: © Impaq
15
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
Genesis 22 Eksodus 3 en 4 Eksodus 20 Eksodus 32 1 Konings 19 1 Konings 18 Daar is egter nog ander berge wat in die Nuwe Testament genoem word. Die bogenoemde is net die Ou Testament. AKTIWITEIT 3: Beantwoord die volgende vrae: 1)
Wat is die naam van die streek wat die noordelike grens vorm vir die kusstrook van Palestina? (1) 2) Die suidekant van die Palestina kusstrook was nie geskik vir landbou nie. Wat was die rede hiervoor? (1) 3) Wat is die naam van die area waar die Filistyne tradisioneel gewoon het? (1) 4) Hoe het die stad Gasa ‘n rol gespeel in die verhaal van die Bybel? (1) 5) Wat is die stad se naam waar die Filistyne hul afgod, Dagon, aanbid het? (1) 6) Watter stad het as hawe gedien vir ander groot stede soos Jerusalem? (1) 7) Wat is die betekenis van die naam Berséba? (1) 8) Noem een stad in die Suidland. (1) 9) Wat is die naam van die stad waar koning Agab gewoon het? (1) 10) Noem die naam van een spelonk wat in Galiléa voorkom. (1) [10] Les 4: Die Jordaandal Die Jordaandal is geleë in ‘n skeur in die aardkors. Dit begin aan die voet van die Libanongebergtes en loop deur tot in Rhodesië. Die Jordaanrivier loop deur die area. Die dal lê ver benede seespieël. Dit word aan beide kante deur baie hoë berge omring. Dit veroorsaak dat die Jordaandal baie bedompig en warm kan word. Die landbouers woon dus nie in die dal nie, maar kom slegs af om die landerye te bewerk. Die grond is baie vrugbaar en lewer koring, dadels, vlas, rys en tropiese vrugte. Die Jordaanrivier, wat deur die Jordaandal vloei, is die grootste rivier in Palestina. Dit is die rivier wat die meeste kere genoem word in die Bybel. Dit word ongeveer 200 keer gemeld in die Bybel. Die rivier is ongeveer 380km lank en het sy uitsprong naby die berg Hermon, in die noorde van Palestina. Dit vloei suid na die See van Galiléa. Die banke van die rivier is ruig en het in die verlede skuilplek gegee vir mens en dier. Jesus is ook in die Jordaanrivier gedoop deur Johannes die Doper. (Matteus 13). In die verhaal van Josua word die Jordaanrivier ook gemeld. In Josua 3 en 4 sny Josua die water van die Jordaanrivier af, sodat die volk deur die rivier kan loop, sonder dat hulle voete nat word!
© Impaq
16
Handleiding G08 ~ Bybelonderrig
Eenheid
1
In 2 Konings 5 het Elisa vir ‘n krygsman gesê om homself sewe keer in die Jordaanrivier te gaan was. Die man is toe van melaatsheid genees. So is daar nog verskeie ander stories van die Jordaanrivier. Die volgende stede kom in die Jordaandal voor:
Dan Dit was die mees noordelike stad. Die stad is deur die Israeliete verwoes. Dit is die stad waar Jeróbeam een van sy goue kalwers opgerig het. (1 Konings 12:29)
Cesaréa-Filippi Herodus het ‘n wit marmertempel opgerig in die stad. In die stad het Petrus bely dat Jesus die Seun van God is. (Matteus 16:13-16) Betsáida Dit was die woonplek van Petrus, Filippus en Andréas. Hulle was dissipels van Jesus.
Górasin Die stad lê naby Kapernaum. Jesus het die stad gewaarsku om hulle te bekeer. (Matteus 11:21)
Kapernaüm Die stad aan die westelike oewer van die See van Galiléa. Jesus het die stad gereeld besoek. Jesus het hier gepreek en talle siekes hier genees.
Tibérias Die stad was ook geleë op die westelike oewer van die See van Galiléa. Die Joodse geleerdes het in Tibérias saamgekom om die Ou Testament te bestudeer.
Jérigo Dit is die eerste stad wat deur die Israeliete ingeneem is. Jerigo het baie palmbome gehad, daarom is dit ook die “palmstad” genoem. Jesus het hier in Jérigo by die tollenaar Saggéüs tuisgegaan op Sy laaste reis na Jerusalem. VIR DIE NUUSKIERIGES: Die Jordaanstreek is die area wat Lot verkies het om in te gaan bly, nadat hy weggetrek het van Abraham.
Gaan lees Genesis 13 en 14. Watter twee stede het in die streek gelȇ? Lees ook Genesis 19. Skryf kortliks neer wat het met die twee stede gebeur? Wat het met Lot in die tyd hierna gebeur? Wie het Lot bedrieg en wat was die gevolge daarvan? Doen soveel moontlik navorsing as moontlik. Gebruik verskeie bronne saam met jou Bybel. Skryf al jou bevindinge in jou werksboek neer en bespreek dit met jou fasiliteerder.
© Impaq
17