Í2(È-A-LIO-SG01ÊÎ 1
8
0
8
-
A
-
L
I
O
-
S
G
0
1
LEWENSORIËNTERING HANDLEIDING Graad 8
A member of the FUTURELEARN group
Lewensoriëntering Handleiding
1808-A-LIO-SG01
Í2(È-A-LIO-SG01ÊÎ
Graad 8
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD .......................................................................................................... 5 JAARPLAN ................................................................................................................ 6 EENHEID 1: Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk .......... 8 Les 1: Konsepte: Selfbeeldvorming en selfmotivering .............................................. 9 AKTIWITEIT 1 ............................................................................................. 13 Les 2: Konsep: Seksualiteit .................................................................................... 14 AKTIWITEIT 2 ............................................................................................. 18 Les 3: Verhoudings en vriendskappe ..................................................................... 18 AKTIWITEIT 3 ............................................................................................. 21 Les 4: Die verskillende leerstyle ............................................................................. 22 AKTIWITEIT 4 ............................................................................................. 23 OOPBOEKTOETS 1 .................................................................................... 24 EENHEID 2: Wêreld van werk en gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid .................................................................................. 25 Les 5: Identifiseer en pas ‘n eie leerstyl toe ........................................................... 26 AKTIWITEIT 5 ............................................................................................. 32 2.2 Les 6: Die ses loopbaankategorieë ............................................................. 33 AKTIWITEIT 6 ............................................................................................. 38 2.3 Les 7: Die rol van werk in verhouding tot Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes ................................................................................ 39 AKTIWITEIT 7 ............................................................................................. 43 2.4 Les 8: Dwelmmisbruik ................................................................................. 44 AKTIWITEIT 8 ............................................................................................. 51 OOPBOEKTOETS 2 .................................................................................... 52 EENHEID 3: Wêreld van werk, gesondheids-, sosiale en omgewingsverantwoordelikheid en grondwetlike regte en verantwoordelikhede ................................................................................. 53 Les 9: Die verband tussen die prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns en die besluitneming ten opsigte van die keuse van ‘n loopbaan 54 AKTIWITEIT 9 ............................................................................................. 58 Les 10: Omgewingsgesondheidskwessies en Wêrelddag ....................................... 58 AKTIWITEIT 10 ........................................................................................... 66 Les 11: Vigs – Besluitneming oor gesondheid en veiligheid .................................... 66 AKTIWITEIT 11 ........................................................................................... 74 Les 12: Nasiebou ..................................................................................................... 75 AKTIWITEIT 12 ........................................................................................... 82 OOPBOEKTOETS 3 .................................................................................... 83 EENHEID 4: Grondwetlike regte en verantwoordelikhede .................................. 84 Les 13: Menseregteskendings en geslagsgelykheid ................................................ 84 AKTIWITEIT 13 ........................................................................................... 94 Les 14: Kulturele diversiteit in Suid-Afrika................................................................ 94
© Impaq
1
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
AKTIWITEIT 14 ......................................................................................... 102 OOPBOEKTOETS 4 .................................................................................. 102 EENHEID 5: Liggaamsopvoeding ....................................................................... 104 KWARTAAL 1 ........................................................................................................ 104 AKTIWITEIT 1 ........................................................................................... 115 KWARTAAL 2 ........................................................................................................ 115 AKTIWITEIT 2 ........................................................................................... 125 KWARTAAL 3 ........................................................................................................ 126 AKTIWITEIT 3 ........................................................................................... 131 KWARTAAL 4 ........................................................................................................ 131 AKTIWITEIT 4 ........................................................................................... 133 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS ...................................................................... 134
© Impaq
2
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
JAARPLAN EENHEID 1
2
3
LES
DATUM BEGIN
1
Selfbeeldvorming en selfmotivering
2
Konsep: Seksualiteit
3
Verhoudings en vriendskappe
4
Verskillende leerstyle
5
Identifiseer en pas eie leerstyl toe
6
Die ses loopbaankategorieë
7
Die rol van werk in verhouding tot SA se sosiale en ekonomiese behoeftes
8
Dwelmmisbruik
9
Verband tussen die prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns en die besluitneming t.o.v. die keuse van ‘n loopbaan
10 Omgewingsgesondheidkwessies en Internasionale Wêrelddag 11 Vigs – Besluitneming oor gesondheid en veiligheid 12 Nasiebou 4
13 Menseregteskendings en geslagsgelykheid 14 Kulturele diversiteit in Suid-Afrika
© Impaq
6
DATUM VOLTOOI
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
LIGGAAMS-
LES
OPVOEDING 1
2 3
4
© Impaq
1
Deelname aan fiksheidprogram wat fiksheid bevorder. Veiligheidskwessies wat verband hou met fiksheidskomonente 2 Deelname aan fiksheidsprogram: Deelname en uitvoer van bewegings wat fiksheid bevorder 3 Deelname aan fiksheidsprogram wat fiksheid bevorder 4 Deelname en uitvoering van bewegings 5, 6, 7 Deelname aan teikenspeletjies 8, 9 Deelname aan ‘n program wat bewegingstegnieke verbeter 10 Deelname en uitvoering van bewegings wat bewegingstegnieke bevorder 11, 12 Buitelugontspanning en veiligheidskwessies
7
DATUM
DATUM
BEGIN
VOLTOOI
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
EENHEID 1: Selfontwikkeling in die samelewing en die wêreld van werk LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:
Faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed kan identifiseer. Positief kan praat oor self. Strategieë en vaardighede kan ontgin om persoonlike potensiaal te bevorder. Begrip te hê vir jou eie seksualiteit. Begrip te hê vir vriende en portuur se seksualiteit. Gepaste maniere te identifiseer om vrienskappe en verhoudings te begin en te bou. Probleemoplossingsvaardighede te kan ontwikkel. Kommunikasievaardighede te kan ontwikkel. Verskillende leerstyle kan identifiseer.
INLEIDING Dit is belangrik dat jy die lewensvaardighede wat jy aanleer gebruik om jou persoonlike potensiaal te gebruik en ontwikkel. Dit stel jou in staat om doeltreffend te reageer op die uitdagings wat die wêreld bied. Adolessensie word gekenmerk deur emosionele en liggaamlike verandering. Dit is belangrik vir jou om te kan bou aan ‘n positiewe selfbeeld en aanvaar te word deur jou portuurgroep. Die eenheid stel jou in staat om nog verdere lewensvaardighede te ontwikkel. Dit help jou ook om ‘n emosionele intelligensie te ontwikkel wat jou sal bemagtig om uitdagings te kan hanteer. Hierdie eenheid vul die werk gedoen in die vorige graad aan met nuwe kennis.
Elke les is so saamgestel dat jy rustig daardeur kan werk en dan is daar vrae aan die einde van die les. Die vrae toets jou begrip van die leerstof. Daar is ook by sommige lesse vrae wat jou insig toets en toepassingsvrae om jou te help om die vereiste uitkomste te bemeester. Daar is by elke les vir jou ‘n tydsaanduiding. Dit is die aanbevole tydsduur wat jy het om die les deur te werk en jou vrae te voltooi.
© Impaq
8
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
1.1. Les 1: Konsepte: Selfbeelvorming en selfmotivering (3 ure) 1.1.1
Faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed: media, omgewing, vriende en portuurgroep, familie, kultuur, religie en samelewing.
Elke mens het ‘n selfbeeld. Party mense beskou hulself as oulik, mooi, slim, sterk of cool. Jou selfbeeld wat jy van jouself het, is egter nie altyd hoe ander mense jou sien nie. Party mense sien hulself weer in ‘n baie negatiewe lig en dit kan hul hele lewe beïnvloed. Hulle dink dat hulle niks kan bereik nie. Jou selfbeeld is die prentjie wat jy van jouself het. Daar is heelwat dinge wat ‘n invloed op jou selfbeeld kan hê, en sodoende bydra tot selfbeeldvorming en selfmotivering (positief of negatief).
Wat jy van jouself hoor – word jy geprys of gekritiseer? As iemand jou prys en positief behandel, sal dit jou goed laat voel. As jy gedurig gekritiseer word, sal jy begin dink dat jy nie goed genoeg is nie. Dit sal jou ‘n negatiewe idee oor jouself gee. Die dinge wat jy in jou lewe ervaar het of steeds ervaar. Daar is dalk dinge wat in jou lewe met jou gebeur het wat ‘n positiewe of negatiewe invloed op jou het of gehad het. Dit bepaal hoe jy vandag oor jouself dink. Dit wat jy jouself verbeel. As jy dink dat jy iets nie kan doen nie, gaan jy dit moontlik nie eers probeer nie. Hoe sal jy dan weet of jy dit kan doen? Jy vergelyk jou met ander mense. Jy wil dalk graag soos ‘n filmster lyk en dan sal jy al jou sogenaamde foute aan jouself uitwys. Dit kan jou baie negatief oor jouself maak. Hoe sien jy jouself as jy in die spieël kyk? Sien jy jou skewe neus of groot ore? Of sien jy jou mooi oë en mooi vel raak? As jy ‘n onrealistiese siening van mislukking het. Jy sukkel dalk met wiskunde en nou vertel jy jouself elke dag dat jy dom is. Is dit werklik realisties om dit van jouself te dink? Die beeld wat die media, bv. die TV, advertensies en tydskrifte uitdra, kan ook ‘n groot invloed op jou selfbeeldvorming hê. Dit gee jou in sommige gevalle ‘n vals beeld van hoe die “ideale” persoon moet lyk. Jou vriende se opinie is belangrik in jou tienerjare. Dit is die persone wat jy die meeste tyd saam spandeer. Jy wil graag hê hul moet van jou hou en jou aanvaar. Die wyse waarop hul jou behandel en ondersteun dra by tot ‘n positiewe of negatiewe selfbeeld.
Jy kan jou selfbeeld verbeter deur vir jouself doelwitte te stel. Met die onderstaande denkbeeldige scenario gaan ons ‘n oefening doen waarin ons ‘n doelwit gaan stel. Jy kan dan dit op jou eie lewe van toepassing maak.
© Impaq
9
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Juan is ‘n baie goeie rugbyspeler. Hy vaar baie goed in die skool se rugbyspan. Hy wil baie graag vir die A-span speel. Tot dusver was hy nog nie suksesvol nie. Hy oefen elke dag. Hy staan vroeg op voor skool en draf 5 km. Elke middag oefen hy by die skool saam met sy huidige span. Hy eet ook gesond en drink baie water. Hy weet dat hy baie gefokus en gedissiplineerd moet wees om sy doel te bereik. Hy weet dat hy nie vir altyd sal kan rugby speel nie. Daarom wil hy graag sportbestuur gaan studeer sodat hy eendag in ‘n sportrigting werksaam kan wees. Ons gaan nou die stappe bespreek wat Juan gevolg het om sy doelwitte te bereik en sodoende ‘n gesonde selfbeeld te bou: 1. Identifiseer jou spesiale talent. Juan speel goed rugby 2. Hoe kan ek hierdie talent ontwikkel? Hard oefen Gesond eet Kry professionele afrigting 3. Stel vir jou ‘n doelwit en wanneer wil jy dit bereik. Juan wil met die volgende proewe die A-span haal 4. Identifiseer jou sterk punte wat jy reeds het wat jou kan help om jou doelwit binne die gegewe tyd te bereik. Juan is fiks en sterk Hy het talent Hy oefen hard Hy is gefokus Om jou doelwitte te bereik en jou selfbeeld te verbeter, het jy selfmotivering nodig. Beantwoord die volgende vrae en toets jou selfmotivering: 1) 2) 3) 4) 5) 6)
Beplan jy jou dag vooruit? Hou jy gewoonlik by jou plan vir die dag? Stel jy vir jouself akademiese doelwitte? Word jou aandag maklik afgelei van jou doelwit? Is jy iemand wat uitstel om dinge te doen? Is dit vir jou moeilik om goed te doen wat nie vir jou lekker is nie?
As jy op vraag 1-3 JA en op vraag 4-6 NEE geantwoord het, beteken dit jy is baie gemotiveerd. As jy egter anders geantwoord het, sal dit goed wees om nog bietjie te werk aan jou selfmotivering!
© Impaq
10
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
DEFINIEER: Doelwit: Dit is iets wat ons probeer bereik, gewoonlik binne ‘n sekere tydperk. Selfbeeld: Dit is die prentjie wat jy van jouself het. Selfmotivering: Dit is wanneer jy die entoesiasme en dryfkrag het om te doen wat nodig is om jou doelwitte te bereik. Individualiteit: Dit is die eienskappe wat jou ‘n individu maak. Dit wat jou anders maak as ander mense. Dit onderskei jou van ander persone. Uniek: Iets waarvan daar nie twee is nie. 1.1.2
Praat positief oor self: individualiteit en unieke eienskappe, asook persoonlike prestasies
Positiwiteit is ‘n keuse. Jy bepaal self hoe jy voel en dink. Jy kan dalk nou dink dat dit darem baie moeilik is om positief te bly as jou omstandighede nie positief is nie, maar die besluit bly by jou hoe jy dit gaan hanteer. Positiewe emosies het duidelike voordele: Dit is wetenskaplik bewys dat positiewe mense beter gesondheid geniet en langer lewe. Positiewe mense presteer beter op skool, akademies en in hul persoonlike verhoudings. Positiewe mense kan ook vinniger oplossings vind vir probleme. Wanneer jy jou lewe geniet saam met jou gesin en vriende, dit goed gaan met jou by die skool en jy vir ander mense goed is, dra dit by tot ‘n positiewe uitkyk op die lewe. Positiewe mense neem dinge nie te ernstig op nie en hulle lewe met ‘n DOEL in die lewe. Let bietjie op na jou emosies en hoe jy oor jouself voel: Help hierdie emosies jou om jou drome te verwesenlik of strem dit jou? Jy kan self kies om meer positief te wees. Elke mens het ‘n unieke persoonlikheid en unieke eienskappe. Dit maak jou ‘n individu. Dit is belangrik dat jy hierdie eienskappe in jouself sal raaksien en dit ten volle ontwikkel. Dit sal jou persoonlike prestasies beïnvloed. Beantwoord die volgende vrae oor jouself: Wie is ek? Waarvan hou ek en waarvan hou ek nie? Wat is my sterk eienskappe? Watter eienskappe sal ek graag wil verander? Omring ek my met positiewe of negatiewe mense? Watter eienskappe het ek wat my onderskei van ander mense?
© Impaq
11
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Gaan dink nou mooi na oor die bogenoemde vrae en die antwoorde wat jy gegee het. Kyk of jy jou unieke eienskappe kan identifiseer en skryf dit neer. KERNINHOUD: Die kern van die les gaan daaroor dat jy ‘n selfbeeld het. Elke mens het ‘n selfbeeld. Hierdie selfbeeld van jou bepaal jou hele lewe en ook jou optrede in die lewe. Dit bepaal jou prestasies en of jy suksesvol gaan wees of nie. Mense met ‘n goeie, gesonde selfbeeld is mense wat hulself liefhet en aanvaar met al hul foute. Sulke mense is positief en fokus op hul goeie eienskappe. Hulle erken dat daar eienskappe is waarvan hulle nie hou nie, maar verkies om dit te probeer verbeter, eerder as om negatief te wees. Dit gebeur egter dat sommige mense sukkel om hulself te aanvaar. Hulle lei aan ‘n swak selfbeeld en dit verhoed hulle om hul volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik vir jou om positief oor jouself te voel en ook positief oor jouself te praat. Dit beïnvloed jou persoonlike prestasies en ook of jy jou doelwitte bereik. 1.1.3
Strategieë en vaardighede om persoonlike potensiaal te ontgin en te bevorder
Jou persoonlike potensiaal is die vermoë wat jy het om ‘n sekere doelwit te bereik. Mense se potensiaal verskil van mekaar. Selfs binne een gesin kan die een kind dalk die potensiaal hê om ‘n provinsiale atleet te word, terwyl die ander kind die musikale potensiaal het om ‘n beroemde sanger te word. Jy moet vasstel wat jou gawes en aanleg is. Dan sal jy ‘n goeie idee hê wat jou potensiaal is. Maar hoe bepaal jy dit? Dit is nie so moeilik as wat jy dink nie. Potensiaal lê binne-in jou. Jy is daarmee gebore. Goeie selfkennis en ‘n goeie selfbeeld dra daartoe by dat jy jou potensiaal sal kan ontgin en ontwikkel. ‘n Belangrike stap is om jouself te vra: WAT IS DIE EEN DING WAARIN EK GOED IS? Sê nou jy is goed in swem. Jy swem vir ‘n klub en wen al jou items. Jou afrigter voorspel dat jy eendag vir die nasionale span kan swem. Hy sê dus dat jy die POTENSIAAL het om dit te bereik.
© Impaq
12
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
Of Jy is baie goed met jou hande. Jy ontwerp en bou enige iets waaraan jy kan dink. Jy ontwerp masjiene. Jy is akademies ook baie goed in Wiskunde en Wetenskap. Jy het dus die POTENSIAAL om ‘n ingenieur te word. Nou vra jy jouself: Hoe ontwikkel ek hierdie potensiaal van my? Jy ontwikkel jou potensiaal deur vir jouself haalbare doelwitte te stel. As jy die swemmer is wat wil presteer sal jy fokus op jou oefenprogram en jou dieet. Jy sal dalk spesialis afrigting ontvang. As jy die ingenieur wil word, sal jy fokus op jou skolastiese prestasies. Jy sal jou wiskunde- en wetenskappunte verbeter. Jy sal jouself ook toerus met kennis en inligting aangaande jou belangstelling. VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen navorsing oor enige bekende persoon wat jy dink het persoonlike terugslae oorkom om vandag suksesvol te wees. Hoe het hierdie persoon sy of haar potensiaal ontwikkel?
AKTIWITEIT 1: Maak ‘n collage van vier faktore wat jou selfbeeld beïnvloed. Jy moet in die collage fokus op materiële (aardse) dinge en nie mense nie. Dit kan dinge wees wat jou positief of negatief beïnvloed. Dit is dinge soos selfone, klere, motors, ens. Jou collage moet net die helfte van ‘n A4-bladsy beslaan. Nadat jy die collage voltooi het moet jy die volgende vrae beantwoord: 1)
2) 3)
© Impaq
Die goed wat jy in jou collage geplak het, is materiële dinge. Wat is jou opinie daaroor? Dink jy dat jy as ‘n tiener jou selfbeeld moet laat beïnvloed deur die dinge wat jy het? Gee vyf goeie stellings wat jou opinie hieroor duidelik maak. (5) Wat dink jy gebeur met iemand wat sy of haar geluk en opinie van hulself bou op dit wat hul besit? Noem twee gevolge. (2) Verduidelik kortliks jou collage. Hoekom het jy die spesifieke vier dinge gekies en watter wyse beïnvloed elkeen jou? (8) [15]
13
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
1.2
Eenheid
1
Les 2: Konsep: Seksualiteit (3 ure)
1.2.1 Begrip vir eie seksualiteit: persoonlike gevoelens wat seksualiteit beïnvloed Seksualiteit is die spesifieke liggaamlike kenmerke wat ‘n seun en ‘n dogter van mekaar onderskei. Jy is nou in ‘n proses waar jou seksualiteit ontwikkel en jy meer intens bewus daarvan word dat seuns en meisies verskil. Jou liggaam gaan verander, maar so ook jou emosies. Jy kan nie altyd verstaan hoekom jy op ‘n spesifieke wyse optree nie. Dit daarom nodig dat jy begrip vir jouself sal hê. Dit is belangrik om ‘n goeie ondersteuningstelsel op te bou, sodat jy altyd iemand het waarmee jy kan gesels en jou persoonlike gevoelens deel. Jou persoonlike opinie en gevoelens aangaande seks sal beïnvloed hoe jy jou seksualiteit benader en dit hanteer. Geslagsvoorligting is belangrik om jou toe te rus met die nodige kennis, sodat jy ingeligte besluite kan neem oor jou eie seksualiteit. DEFINIEER: Seksualiteit: Dit is die verskil tussen geslagte. Manlik of vroulik.
1.2.2 Die verskeie invloede op die vorming van seksualiteit
Vriende en portuurgroep Jou vriende het elkeen hul eie siening ten opsigte van seksualiteit. Hul siening word gevorm deur hul ouers, familie, kultuur, godsdiens en gemeenskap. In baie gevalle sal julle norme en waardes dieselfde wees. Dit kan egter gebeur dat jy jou omring met vriende wat jou blootstel aan verkeerde inligting. Jy ontwikkel dan ‘n verkeerde beeld van seksualiteit en neem verkeerde besluite.
Jou gesin en die samelewing In jou gesin is die eerste plek waar jy leer van die verskillende rolle tussen mans en vrouens. Dit is hier waar jou waardes gevorm word. Gesinsfaktore soos egskeiding of mishandeling kan jou siening van seksualiteit beïnvloed. Jy kan dalk seksualiteit as ‘n magstryd ervaar tussen jou ouers. Jy kan dalk die idee kry dat die een geslag minderwaardig behandel moet word. Daar is ook bevind in studies wat gedoen is, dat tieners wat uit gemeenskappe kom met ‘n laer sosio-ekonomiese status geneig is om seksueel meer losbandig te wees. Die rede is dat daar gewoonlik nie
© Impaq
14
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
volwasse toesig is nie of dat ouers lang ure moet werk. Die kinders word dus op hul eie gelos.
Kultuur en godsdiens Seksuele norme verskil tussen kulture. Dit het egter met tyd verander. Seksualiteit is in baie opsigte in sekere kulture en godsdienste iets waaroor nie gepraat word nie. Die westerse kultuur is geneig om die onderwerp as taboe te beskou en leer hul kinders dat dit iets is wat nooit bespreek word nie. Die Christelike geloof en die Katolieke geloof verbied voorhuwelikse seks en beskou dit as ‘n ernstige oortreding wat strafbaar is. In sekere kulture is dit egter weer ‘n vereiste dat die vrou reeds voor die huwelik sal bewys dat sy vrugbaar is deur ‘n kind te hê. KERNINHOUD: Dit is belangrik om te leer van seksualiteit. Ons fokus veral op jou eie seksualiteit en die faktore wat dit beïnvloed. Jy moet begrip vir jouself hê en weet dat die veranderinge waardeur jy nou gaan jou voorberei om ‘n volwassene te word. Jy moet die faktore wat jou konsep van seksualiteit beïnvloed identifiseer en vir jouself kan onderskei wat reg en verkeerd is. Jy moet ontwikkel tot ‘n persoon wat jou eie waardes en normes vorm. Die media stel jou ook bloot aan allerhande idees oor seks en die verskil tussen die geslagte. As jy ‘n goeie, positiewe idee het oor jou eie seksualiteit het sal jy al die gegewe inligting kan gebruik om ingeligte besluite te neem.
1.2.3 Sosiale druk en die invloed van die media op seksualiteit Tydskrifte, TV en die Internet is goed waarmee tieners elke dag in aanraking kom. Al hierdie mediavorme beïnvloed jou as tiener. Die media gebruik in baie gevalle seks om ’n boodskap oor te dra. Advertensies gebruik veral mense en veral vrouens se seksualiteit om produkte begeerlik te maak. Jy as tiener gebruik rolmodelle om jou selfbeeld te vorm. Die wyse waarop die rolmodel sy of haar seksualiteit uitdra, sal dus ook jou gedrag beïnvloed. Bestudeer die volgende advertensies:
© Impaq
15
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
(Geneem vanaf www.celebsperfume.com) As jy na die advertensies kyk, wat sien jy eerste? Die produk of die persoon? Gewoonlik word die advertensies so ontwerp dat jy produk assosieer met die persoon en nie andersom nie. Dit is omdat die bemarker by jou die begeerte wil skep om soos daardie persoon te lyk of dieselfde dinge te doen. Hul skep dan by jou die illusie dat indien jy die produk gebruik, jy soos hierdie persoon sal kan wees. Hulle gebruik die persoon se vroulikheid of manlikheid om jou te beïnvloed. Wat baie tieners egter nie besef nie is dat dit net ‘n illusie is en dat dit baie ver van die waarheid is. Daarom is baie mense teleurgestel as hul die produk koop en dit laat hul nie so voel soos die idee wat die advertensie skep nie. Sosiale druk of groepsdruk beïnvloed ook jou seksualiteit in ‘n groot mate. Jy kan dalk in ‘n vriendekring beland wat druk op jou plaas om aan sekere seksuele aktiwiteite deel te neem waarmee jy nie gemaklik voel nie. Jy doen dit dan omdat jy nie uit wil wees nie.
© Impaq
16
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
VIR DIE NUUSKIERIGES: Gaan doen die volgende navorsing net vir interessantheid. Gaan kyk bietjie op die Internet hoeveel glansmense (celebrities) het al in advertensieveldtogte verskyn. Hoeveel geld verdien hierdie mense? Dink jy nie dat hulle, al verdien hulle so baie geld, tog nie in ‘n mate uitgebuit word nie?
1.2.4 Probleemoplossingsvaardighede Dit is belangrik om oor goeie probleemoplossingsvaardighede te beskik. Dit dra by tot die vorming van jou identiteit en ontwikkeling as ‘n persoon. Ons kry elke dag met probleme te doen. Hoe ons hierdie probleme oplos, dra by tot ons persoonlike ontwikkeling. As jy nou al jou probleme op ‘n volwasse wyse kan hanteer, sal jy later in jou lewe dit nog beter kan doen. Gebruik die volgende stappe as jy weer voor ‘n probleem te staan kom:
© Impaq
As die probleem vir jou te groot lyk, verdeel dit in kleiner dele. Dit is makliker om een deel op ‘n slag aan te pak. Vra raad by iemand wat jy vertrou. Stel vir jouself langtermyndoelwitte om jou probleem op te los. Besluit hoe jy die probleem gaan oplos – jou aksieplan. Stel jou plan in werking en kyk of dit die regte resultate lewer.
17
Handleiding G08 ~ Lewensoriëntering
Eenheid
1
AKTIWITEIT 2:
Kies die TV-reeks waarmee jy bekend is. As jy nie een van die onderstaande reekse kyk nie, kies dan jou eie en plak net ‘n prentjie van die logo in jou werksboek.
In ‘n kort opstel van 100 – 150 woorde beskryf die invloed wat hierdie program veral op tieners uitoefen. Dink jy die situasies wat in die reeks plaasvind, is lewensgetrou? Kan jy en jou maats met dit assossieer? Jou eie interpretasie en opinie is belangrik. Jy moet duidelik kan weergee hoe die media tieners beïnvloed. (10) Jy gaan punte verdien vir die volgende: 1. Inleiding 2. Inhoud 3. Slot
1.3
(2) (6) (2) [10]
Les 3: Verhoudings en vriendskappe
1.3.1 Gepaste maniere om ‘n verhouding te begin Die verhoudings wat jy aanknoop in jou tienerjare het ‘n baie groot invloed op jou sosiale lewe. Jou maats sal dalk heelwat vroeër as jy verhoudings aanknoop met die teenoorgestelde geslag. Jy moet egter op die tyd wat vir jou reg is daardie tipe verhoudings aanknoop. Jy is dalk heeltemal gelukkig om net ‘n groep vriende te hê.
© Impaq
18