Gr 8-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Handleiding 1\2

Page 1


Senior Fase

Graad 8 • Handleiding 1/2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 1/2

Graad 8

Aangepas vir KABV Dr. A Mostert (EduLight), Hoofouteur Dr. N Faasen

INHOUDSOPGAWE

Handleiding 1/2

G08 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet, in pas met die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VERRYKING

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

Genre

Uitgewer

Skrywer

Christien Neser

Titel

Fanie Viljoen NB Roman

William Oosthuizen NB Roman

Cecelia Steyn NB Roman

Jaco Jacobs LAPA Roman

Elizabeth Wasserman

Roman (Opvolg van Elton Amper-famous en Juffrou Brom )

Absoluut Einstein

NB Roman Brand

Die lewe volgens Wim Vermaak

Die vlerke van naaldekokers

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie

Elf dae reeks: Elf dae in Parys Elf dae in Oxford Elf dae in New York

Romans Elton Die verskriklike April verloor dit

Carin Krahtz

Jaco Jacobs LAPA Roman

Goeie dag vir boomklim, ’n

Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf De Wet Hugo NB Roman (ATKV veertjie)

Constant van Graan

Saamgestel deur Marita van der Vyver LAPA Digbundel (Gedigte deur hoërskoolleerders)

Jungu Josh: Die goue kalbas

Justin Fortuin, skattejagter

Theresa van Baalen LAPA Roman Jy sê, ek sê, ons sê

Hugo

De Wet

Kies-jou-eie-avontuur reeks: Die gevaarlikste speletjie op aarde

Die gevaarlikste boek op aarde

Die gevaarlikste fliek op aarde

Handleiding 1/2 G08 ~ Afrikaans Eerste

Genre

Uitgewer

LAPA Grafiese roman (vir leesku leerders of om te gebruik vir visuele tekste)

LAPA Roman

LAPA Roman

NB Roman

NB Romans

LAPA Roman

LAPA Kortverhale

LAPA Digbundel

NB Roman

LAPA Digbundel

NB Roman

LAPA Roman

LAPA Roman

LAPA Roman

Skrywer

Titel

Fanie Viljoen

Laaste lewe

Jaco Jacobs

Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle

Jaco Jacobs

Christien Neser

Troula Goosen

Francois Bloemhof

Saamgestel deur Marieta Nel

Saamgestel deur Jaco Jacobs

Derick van der Walt

Jaco Jacobs

Saamgestel deur

Perfek

Pienk is nie vir sissies nie

Raaiselreeks: Raaiselster Raaiselklip Raaiselsee

Spooksoeker: Die geheime lêers van Warno

Alberts

Ster in haar sak en ander kortverhale, ‘n

Sterkykers

Toring van Jasmyn

Toulopers

Marion Erskine

Tertius Janse van Rensburg

Fanie Viljoen

Theresa van Baalen

Vlerke vir Almal

Wat Werner doen met sy drie miljoen

Wêreld van Wolwe 1: Eerste bloed

Z-A-K: Die Blou Planeet

JAARPLAN

Eenheid Les Datum begin Datum voltooi

LES 1: Pak jou tasse!

LES 2: Ons vier verskillende kulture

1

LES 3: Totsiens en hallo!

LES 4: Geld wat stom is, maak reg wat krom is

LES 5: Wat praat jy!

LES 6: Loervinke en skindery!

LES 7: Stropery …

2

LES 8: Geniet die natuur!

LES 9: Hoor hier!

LES 10: Virusse – hoe gemaak?

LES 11: Luister, lees, aksie!

3

LES 12: My pennevrug

SAMPLE

LES 13: Laat ek vertel …

LES 14: Liedjiestories

LES 15: Koerskry …

LES 16: Kuns laat leef!

4

LES 17: Tevrede met ons diens?

LES 18: Uit en tuis!

Eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in hierdie handleiding en eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in handleiding 2/2.

Handleiding 1/2

EENHEID 1: Week 1 – 2

Leerdoelwitte

Welkom by jou eerste les in Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir graad 8. Hierdie gids is propvol wenke en aktiwiteite. Ons loop die pad saam met jou. Pak dus jou tasse vir die jaar saam met ons. Dit is ook die tema van les 1.

In hierdie les gaan jy:

• ’n strooibiljet in ’n groepbespreking van naderby leer ken;

• die kenmerke en elemente van ’n strooibiljet ontdek deur aantekeninge te lees en ’n strooibiljet op verskillende maniere lees;

• die verskillende maniere waarop jy lees, hersien;

• die verskillende stappe vir wanneer jy skryf, hersien;

• jou eie strooibiljet skryf en dit aan die klas wys; en

• ontdek hoe taal gebruik word, veral om boodskappe duidelik en verbeeldingryk oor te dra.

Die inhoud is klaar in ’n tabel verpak – reg om vir die volgende twee weke saam met jou te neem:

Luister en praat

Groepbespreking: Ons praat oor ’n strooibiljet

SAMPLE

Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n strooibiljet

Hoe klink die taal van ’n strooibiljet? (hersiening van sinsoorte, tye en register geïntegreer)

Gesels oor jou gunstelingvakansieplek

Lees en kyk

Ondersoek verskillende maniere van lees

Voordat jy lees (prelees): Vrae wat jou laat nadink

Verstaan die kernwoorde

Tydens lees: Verken die strooibiljet verder

Postlees-bespreking – alles in die teks werk saam!

Hoe word die taal gebruik?

Skryf en aanbied

Hersien die kenmerke en elemente van ’n strooibiljet

Aktiwiteit 1

Aktiwiteit 2

Aktiwiteit 3

Aktiwiteit 4

Aktiwiteit 5

Aktiwiteit 6

Aktiwiteit 7

Aktiwiteit 8

Aktiwiteit 9

Aktiwiteit 10

Aktiwiteit 11

1

Hoe skryf mens jou eie strooibiljet?

Beplan hoe om jou strooibiljet te skryf

Eerste poging: Ontwerp en skryf jou strooibiljet

Hersien jou eerste poging

Redigeer jou teks (hersiening van enkelvoudige sinne; byvoeglike naamwoorde en bywoorde hiermee geïntegreer)

Is alles reg? (Proeflees jou strooibiljet)

Wys jou strooibiljet aan die klas, lees dit voor en bespreek dit

Remediëring

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Groepbespreking: Ons praat oor ’n strooibiljet

Aktiwiteit 12

Aktiwiteit 13

Aktiwiteit 14

Aktiwiteit 15

Aktiwiteit 16

Aktiwiteit 17

Aktiwiteit 18

Aktiwiteit 19

Weet jy wat ’n strooibiljet is en hoekom dit gebruik word? Dink ’n bietjie na oor wat die woord “strooi” beteken. Het jy dalk al die woord “biljet” iewers gehoor? Raai waarvoor ’n strooibiljet gebruik kan word deur na die betekenis van die woord te kyk. Om jou verder te help, gaan jou fasiliteerder vir jou ’n strooibiljet wys en die woorde daarop voorlees. Maak notas van die inligting wat jy dink belangrik is. Jou fasiliteerder sal dit weer ’n keer aan jou voorlees; kyk dan na jou notas en voeg dinge by wat jy nie die eerste keer gehoor het nie. Skrap wat jy dink nie van belang is nie. Luister of jy die inligting maklik kan verstaan en of die strooibiljet met jou “praat”.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Wat beteken die woord “strooi” in “strooibiljet”?

SAMPLE

2. Waar sien jy self dikwels strooibiljette?

3. Het jy al ooit op ’n strooibiljet, wat byvoorbeeld ’n nuwe skaatsbaan bekendstel, gereageer?

Verryking

Die woord “biljet” word ook in Nederlands gebruik en dit beteken “kaartjie” of “briefie”. Eeue gelede het die woord in Oudfrans verwys na ’n sertifikaat waarop ’n seël afgedruk is om te wys dat dit eg is. So ’n seël was in Latyn as bulla bekend. Die woord “bulletin” (’n berig of gereelde publikasie) is familie van “biljet”.

Gesels oor wat jy dink belangrik is vir ’n strooibiljet (die kenmerke) en hoe ’n strooibiljet geskryf is (die elemente). Lees nou meer inligting oor die kenmerke van ’n strooibiljet.

Handleiding 1/2

Aktiwiteit 2: Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n strooibiljet

Die volgende verduideliking van die kenmerke en elemente van ’n strooibiljet sal jou help om ’n duideliker prentjie van hierdie soort teks (tekstipe) te vorm. Soek die betekenis van woorde wat jy nie ken nie, in ’n Afrikaans/Engelse tweetalige woordeboek op. Jy kan ook jou tablet/rekenaar gebruik om dit te doen. Wanneer jy die inligting oor strooibiljette beter verstaan, kan jy ook jou notas beter aanvul. Gebruik dan jou notas om vir die klas te vertel hoe jy ’n strooibiljet sou saamstel. Gebruik hierdie manier om Afrikaans beter te verstaan, ook wanneer jy die leesstukke en inligting in die res van jou studiegids lees.

Kenmerke van ’n strooibiljet

’n Strooibiljet is ’n gedrukte los blaadjie met basiese inligting oor ’n spesifieke saak/tema. Dit is verniet.

Die doel daarvan is om jou aandag dadelik te trek en die inligting so kort moontlik oor te dra. Strooibiljette word byvoorbeeld in posbusse geplaas en by verkeersligte uitgedeel om plaaslike geleenthede soos markte of konserte en spesiale aanbiedings deur sakeondernemings bekend te stel.

Strooibiljette kan ook toerisme-aantreklikhede soos museums, pretparke, gasteplase, wildparke en verblyfplekke onder reisigers se aandag bring – dan word dit byvoorbeeld in inligtingsentrums beskikbaar gestel.

’n Ander gebruik van strooibiljette het gedurende die viruspandemie nuttig te pas gekom deur inligting te versprei en die publiek op te voed.

SAMPLE

Hoewel ’n strooibiljet ’n soort advertensie is, is dit altyd ’n los blaadjie, terwyl advertensies ook op webblaaie, in gedrukte media soos tydskrifte, en op advertensieborde (billboards) geplaas word.

Elemente van ’n strooibiljet

• Die inligting en basiese boodskap word duidelik en kortliks oorgedra.

• Die taal is bondig, maar interessant.

• Die uitleg (layout) moet eenvoudig wees sodat dit vinnig gelees kan word. Die leser moet na die belangrikste inligting gelei word.

• Die belangrikste inligting moet duidelik uitstaan sodat dit die leser se belangstelling (interest) wek.

• Lettertipes en lettergroottes kan gebruik word om die inligting te laat uitstaan. Dit moet egter steeds spaarsamig gebruik word om nie die aandag van die boodskap af te lei nie.

• Die ander inligting kan kleiner of minder opvallend geplaas word. Dit kan inligting wees soos die plek, ligging, ’n kaart, kontakbesonderhede en GPS-koördinate.

• ’n Strooibiljet kan illustrasies soos foto’s en sketse bevat.

• Strooibiljette is gewoonlik op een kant van die papier gedruk en bevat minder inligting as ’n pamflet. Dit kan ook gevou word – dan praat ons van ’n voubiljet.

Aktiwiteit 3: Hoe klink die taal van ’n strooibiljet? (hersiening van sinsoorte, tye en register geïntegreer)

Lees die inligting oor sinsoorte in Afrikaans, die tye en die register waarin die strooibiljet geskryf is. Die fasiliteerder gaan nou weer die strooibiljet, genaamd “Seesig-Gastehuis”, aan jou voorlees. Die volgende vrae kan jou help om te weet waarna jy moet luister.

Vra jou fasiliteerder om met jou te gesels oor wat die vrae beteken as jy nie seker is nie. Luister dan hoe die teks klink wanneer die fasiliteerder die strooibiljet hardop voorlees en skryf die antwoorde op die vrae neer.

Bespreek jou antwoorde met die klas. Hou jou antwoorde, want jy gaan weer daarna kyk wanneer jy self ’n strooibiljet lees en daarna ook self een moet skryf.

Sinsoorte

SAMPLE

Daar is drie soorte sinne. Die eerste soort sin is ’n stelsin. Dit is ’n sin wat dinge sê (stel) en beskryf. Hierdie sin eindig met ’n punt, byvoorbeeld: Ons pak ons tasse. Die tweede soort sin is ’n vraagsin. Dit is ’n sin wat ’n vraag vra en hierdie sin eindig met ’n vraagteken, byvoorbeeld: Pak ons ons tasse? Die derde soort sin is ’n bevelsin. Dit is ’n sin wat ’n opdrag gee en hierdie sin eindig met ’n uitroepteken, byvoorbeeld: Pak jul tasse!

Tye in Afrikaans

Daar is drie tye waarin sinne in Afrikaans geskryf word: die teenwoordige tyd (dit wat nou gebeur), die verlede tyd (dit wat al klaar gebeur het) en die toekomende tyd (dit wat nog gaan gebeur – wat in die toekoms gaan gebeur). Kyk na die volgende voorbeelde van die drie tye. Ons pak ons tasse vandag (teenwoordige tyd). Ons het gister ons tasse gepak (verlede tyd). Ons sal more ons tasse pak (toekomende tyd).

Register

Die manier waarop die teks met jou praat, word “register” genoem, dit wil sê hoe die teks vir jou, die leser, klink. Die teks kan formeel met jou praat, byvoorbeeld: U is baie welkom. Die teks kan ook informeel met jou praat, byvoorbeeld: Jy is baie welkom

Handleiding 1/2

Vrae oor die taalgebruik

1. Praat die sinne wat geskryf is (die teks) met jou?

2. Is die sinne in die teks lank of kort?

3. Luister na watter soort sinne in die teks gebruik word.

4. In watter tyd is die sinne in die strooibiljet geskryf?

5. Hoe praat die teks in die strooibiljet met jou? Praat dit vriendelik met jou (informeel) of praat dit met jou asof jy op ’n afstand gehou word deur jou “U” te noem (formeel)?

Aktiwiteit 4: Gesels oor jou gunstelingvakansieplek

Vertel die klas ’n bietjie meer oor waar jy graag vakansie hou of wil hou. Probeer hulle oortuig dat dit die beste vakansieplek ter wêreld is. Die volgende vrae sal jou help om jou geselsie te organiseer.

1. Hoekom hou jy van die vakansieplek?

2. Waar is die plek?

3. Watter akkommodasie is daar beskikbaar?

4. Wat kan jy alles daar doen?

5. Nooi jou klasmaats uit om hul tasse te pak en saam met jou soontoe te gaan.

Nota: Die gebruik van “gunsteling”

Onthou, “gunsteling” is ’n selfstandige naamwoord. Dit het ’n meervoud, “gunstelinge” en dit kan selfstandig gebruik word: “Daardie sonhoed is my gunsteling.” Die woord “gunsteling” moet vas geskryf word as dit ’n selfstandige naamwoord beskryf, byvoorbeeld my gunstelingsonhoed.

SAMPLE

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 5: Ondersoek verskillende maniere van lees

Daar is ’n paar maniere waarop ’n mens enige teks, soos ’n storie, spotprent of strooibiljet, kan lees. Maak seker dat jy verstaan hoe om hierdie maniere te gebruik wanneer jy lees deur na die volgende inligting te kyk. Maak ook seker dat jy die woorde verstaan en weet hoe jy die inligting moet gebruik voordat jy lees, terwyl jy lees en nadat jy gelees het.

Jou fasiliteerder sal saam met jou deur die inhoud gaan. Vra jou fasiliteerder om verder te verduidelik indien jy nie verstaan nie.

1. Tydens prelees berei jy voor om die teks te lees.

Vluglees (skimming) word gebruik wanneer jy ’n teks baie vinnig deurlees of wanneer jy net sekere gedeeltes daarvan lees om vinnig ’n algemene idee (general idea) van die teks te kry. Jy lees dalk net die opskrif en subopskrifte (ook “onderopskrifte” genoem; in Engels headings and subheadings), die eerste sin van elke paragraaf of die inleiding en die slot. Dit is ook nuttig om tydens vluglees die onderskrifte (captions) van die prente of foto’s te lees.

Soeklees (scanning) word gebruik wanneer jy na spesifieke inligting (specific information) soek (soos ’n naam, datum, plek, tyd of bedrag). Wanneer jy soeklees, gebruik jy die sleutelwoord (keyword) in ’n vraag en soek na daardie spesifieke woord in die teks omdat die antwoord naby daardie woord staan.

Woordeskatuitbreiding

In hierdie gids word daar kernwoorde (keywords) voor die leesstuk gegee met ’n verduideliking van wat die woorde beteken. Maak seker dat jy hierdie woorde verstaan voordat jy die teks aandagtig (intensief) begin deurlees. Dit sal jou help om jou woordeskat uit te brei en om die teks baie beter te verstaan.

2. Tydens lees moet jy eers die hele prentjie kry van wat die teks beteken. Om dit te kan regkry, lees jy die teks een keer heeltemal deur. Gebruik wat jy alreeds weet van die teks om dit beter te verstaan. Probeer raai wat onbekende woorde beteken deur te kyk na die hele sin of paragraaf waarin die woorde voorkom; dit help ook om te onthou hoekom die teks geskryf is.

SAMPLE

Begripslees/aandagtige lees (intensive reading) Wanneer jy die teks klaar een keer heeltemal deurgelees het, lees dit dan weer ’n paar keer aandagtig deur om belangrike inligting te onderstreep en om notas te maak, kernwoorde (keywords) te onderstreep en idees by die teks te voeg sodat jy later makliker en vinniger vrae kan beantwoord. Vorm prentjies van wat die sinne en paragrawe in die teks beteken en wat dit vir jou sê. Jy hoef ook nie met alles saam te stem nie; vra vrae oor hoe die boodskap wat die teks oordra, geskryf is. Maak notas van die kern- (hoof-) en ondersteunende gedagtes; dit sal jou help om ’n nog helderder prentjie van die teks te kry. Wanneer jy later soeklees, sal jy daardie inligting makliker raaksien.

3. Postlees: Jy dink na oor dit wat jy gelees het. Dit help jou om die teks nog beter te verstaan en te waardeer.

As jy klaar gelees het, kan jy aktiwiteite voltooi, soos om ’n bespreking te voer, ’n opsomming te maak, ’n breinkaart te maak of om vrae te beantwoord.

Handleiding 1/2

Dit verseker dat jy verstaan wat jy gelees het. Jy kan ook kyk na hoe die taal gebruik word om die boodskap van die teks beter oor te dra.

Die volgende aktiwiteite gee jou kans om die verskillende maniere van lees in te oefen.

UITBREIDINGSAKTIWITEIT

Toets jou sintuie! Die klas gaan nou in pare verdeel word. Die een persoon word geblinddoek; die ander persoon staan 20 treë weg en lei die maat met slegs mondelinge instruksies na die eindpunt toe. Sit ’n reeks hindernisse (verkieslik artikels van plastiek wat nie beserings kan veroorsaak nie) in die pad. Die pare ruil dan om sodat die ander persoon ook ’n beurt kan kry. Julle gaan lekker vir mekaar lag!

Aktiwiteit 6: Voordat jy lees (prelees): Vrae wat jou laat dink

Kyk na die strooibiljet oor die “Onder-die-Kameeldoring-Gasteplaas” in hierdie afdeling en beantwoord die vrae. Die strooibiljet word by toerismesentrums in Pretoria, Bloemfontein, Kimberley en Upington aan besoekers gegee en soms in posbusse in hierdie stede geplaas.

1. Waaraan dink jy wanneer jy die eerste vraag lees?

2. Weet jy, of kan jy jou voorstel (imagine), hoe ’n doringhoutvuur ruik?

3. Wat is jou eerste indruk van die groen agtergrond?

4. Vluglees die res van die strooibiljet. Watter woorde tref jou die meeste? Waarom?

5. Wat is dieselfde aan die drie foto’s?

SAMPLE

Aktiwiteit 7: Verstaan die kernwoorde

Lees die volgende verduidelikings van die kernwoorde sodat jy die boodskap van die teks makliker kan verstaan wanneer jy dit lees. Maak seker dat jy verstaan wat die woorde beteken. Vra jou fasiliteerder om dit verder te verduidelik as jy dit nie verstaan nie.

familieplaas (a farm that has been the property of the same family for some generations) –’n plaas wat al jare lank in besit van ’n familie is, byvoorbeeld van oupa, dié se seun, dié se dogter, ens.

klipgooi (idiomatic – very near, a stone’s throw; literally as far as one can throw a stone) –figuurlik; baie naby, afgelei van die letterlike betekenis – sover as wat jy met ’n klip kan gooi

oorgrenspark (transfrontier park) – ’n natuurgebied wat oor ’n internasionale grens strek sodat dele van twee lande daarby ingesluit is

toegeruste (equipped) – wat voorsien is van; wat hierdie dinge bevat selfsorg (self-catering) – ’n verblyfplek waar ’n mens jou eie etes maak

verblyf (accommodation) – ’n blyplek waar ’n mens kan slaap en moontlik eet, soos wanneer jy op reis is natuurliefhebbers (nature lovers) – mense wat graag tyd in die buitelug deurbring en graag meer wil leer van byvoorbeeld diere en plante

staproetes (hiking trails) – voorbereide paaie waarlangs ’n mens langer staptogte kan onderneem

met dapper en stapper (idiomatic: by foot) – ’n uitdrukking: te voet

bereide (prepared) – wat vooraf gereedgemaak is, soos kos wat voor die tyd gemaak is

Mams (Mom) – ’n informele woord vir ’n ma

verligte watergat (illuminated watering hole) – ’n plek waar diere water kan drink en waar daar ’n lig aangebring is sodat besoekers die diere kan dophou

Aktiwiteit 8: Tydens lees: Verken die strooibiljet verder

SAMPLE

Kyk eers na die volgende vrae voordat jy die strooibiljet aandagtig deurlees sodat jy voorbereid sal wees om die vrae wat daarop volg, te beantwoord:

1. Die strooibiljet begin met ’n vraag. Dink jy dat, indien iemand “nee” sou antwoord, die persoon verder sal lees?

2. Die eerste vraag bevat ’n persoonlike voornaamwoord. Waarom dink jy doen die skrywer dit?

3. a) Watter sintuie betrek die skrywer met die vrae?

b) Waarom doen die skrywer dit?

4. a) Wat beteken “Kalaharistil-nagte”?

b) Wat sou “Kalahari-stilnagte” beteken?

c) Dink jy “Kalaharistil-nagte” is ’n gepaste of goeie woord? En “Kalahari-etes”?

5. Wat verwag jy as ’n plek as “eko-” beskryf word, soos in “ekovriendelik”?

6. Wat beteken “paradys” in die woord “ekotoerismeparadys”?

7. Skryf drie dinge neer wat jy dink ’n “moderne, toegeruste selfsorghuisie” behoort te hê.

8. Watter soort verblyf dink jy sal “natuurliefhebbers” verkies?

Handleiding 1/2

9. Is dit belangrik dat 4x4-roetes professioneel ontwerp moet word?

10. Wat sal gaste by ’n “verligte watergat” gaan doen?

Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe.

SAMPLE

Aktiwiteit 9: Postlees-bespreking – alles in die teks werk saam!

Bespreek die kenmerke (features) van die strooibiljet. Gebruik die volgende punte in jul bespreking:

1. Dink jy “blinkhelder” is ’n goeie beskrywing van sterre? Vergelyk dit met “blink sterre” en “helder sterre”. Verduidelik jou antwoorde.

2. Wat merk jy op van die uitleg van die eerste vier reëls en die vorms in die natuurtonele in die foto daar onder?

3. Hoe probeer die skrywer die leser beïnvloed deur die bewoording van die twee reëls onder die foto?

4. Waarom dink jy noem die skrywer dat dit ’n “familieplaas” is?

5. Is die naam “Onder-die-Kameeldoring-Gasteplaas” ’n goeie keuse? Motiveer jou antwoord.

6. a) Watter voordeel is daar dat die gasteplaas “’n Klipgooi van die Kgalagadioorgrenspark en Botswana” is?

b) Waarom is daar ’n uitroepteken ná Botswana?

7. Wat dink jy bedoel die skrywer eintlik as hy:

a) die verblyf vir natuurliefhebbers as “Eksklusief!” beskryf?

b) noem daar is ’n “swembad/plaasdam”?

8. Die skrywer prys die staproetes as “die mooiste” aan. Is dit ’n feit of ’n mening? Verduidelik jou antwoord.

9. a) Watter aktiwiteite stel die skrywer voor as gepas vir pa’s en seuns?

b) Watter aktiwiteite dink die skrywer pas by vroue?

c) Waarom plaas hy die woorde “moeg van kosmaak” tussen aanhalingstekens?

d) Watter houdings toon die skrywer hier?

10. “Ons het reeds in 1990 alle jagaktiwiteite hier verbied.”

SAMPLE

a) Hoe beklemtoon die skrywer hierdie stelling?

b) Watter betekenis dra “reeds” oor soos dit hier gebruik word?

c) Waarom is dit so belangrik vir die “Onder-die-Kameeldoring-Gasteplaas” om hierdie inligting te gee? (Wenk: Is die publiek se houding oor jag aan die verander?)

11. Het hierdie strooibiljet die kenmerke van strooibiljette wat in afdeling 1 beskryf is? Verduidelik waarom of waarom nie.

Verryking

Bespreek: Wanneer die skrywer sê: “Ons het reeds in 1990 alle jagaktiwiteite hier verbied”, verskil sy houding van wanneer hy noem dat 4x4-roetes ideaal vir “pa-en-seun-uitstappies” is.

• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 8s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels.

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.