Gr 8 afrikaans huistaal fasiliteerdersgids

Page 1

Í2(È-A-AHT-FG016Î

1

8

0

8

-

A

-

A

H

T -

F

G

0

1

AFRIKAANS HUISTAAL FASILITEERDERSGIDS

Graad 8

A member of the FUTURELEARN group


Afrikaans Huistaal Fasiliteerdersgids

1808-A-AHT-FG01

Í2(È-A-AHT-FG016Î

Graad 8

Aangepas vir KABV

I Kritzinger



Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

INHOUDSOPGAWE EENHEID 1 Kwartaalbeplanning

9

LES 1: Bly so veilig Aktiwiteit 1:

11 Lees + Mondeling Voorbereide lees Onvoorbereide mondeling

LES 2: Bly so veilig Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3: Aktiwiteit 4:

11 Taalleer Klankleer Taalleer Klankverskynsels Taalleer Skryftekens

LES 3: Lag ʼn slag Aktiwiteit 5:

Lees Leestegniekie Leesbegripstoets

Aktiwiteit 8:

Aktiwiteit 9:

© Impaq

13 13 13

14

Stelwerk Skryfproses Poskaart Dagboekinskrywing Verhalende opstel

LES 5: ʼn Literêre wêreld Aktiwiteit 7:

11 11 12 12 12 12

13

LES 4: Interessante dae Aktiwiteit 6:

11 11 11

14 14 14 15 16

16

Poësie Muskiete-jag Onderwyser Dronkgeslaan Prosa (kortverhaal) Literêre begrippe ʼn Emmer vol tanne . . .

16 16 19 20 21 21 24

Lees Leesbegrip

25 25

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Visuele tekste (spotprente)

LES 6: ʼn Oorwinning Aktiwiteit 10:

25

Mondeling Onderhoudvoering

LES 7: Selfoonnetwerke Aktiwiteit 11: Aktiwiteit 12:

Aktiwiteit 13:

25

26 26

26

Stelwerk Verslag Taalleer (Betekenisleer) Sinonieme, antonieme, paronieme, homonieme, homofone Taalleer Leestekengebruik

Toetsafbakening

26 26 27 27 28 28 29

EENHEID 2 Kwartaalbeplanning

31

LES 8: Laat ons praat

33

Aktiwiteit 1:

Mondeling

33

LES 9: En daar gebeur dit toe regtig . . . Aktiwiteit 2:

Stelwerk Sinsoorte Paragrawe Vriendskaplike brief

LES 10: Die advertensiewêreld Aktiwiteit 3: Aktiwiteit 4: Aktiwiteit 5: Aktiwiteit 6:

© Impaq

33 33 33 34 35

36

Lees Tegnieke en -begrip Taalleer Hooflettergebruik Taalleer Idiomatiese benamings Taalleer Hersiening – klankleer

2

36 36 36 36 37 37 37 37


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

LES 11: Hoe mooi is die poëtiese taal? Aktiwiteit 7: Aktiwiteit 8:

Aktiwiteit 9:

Lees Voorbereide lees Poësie Eendag Sproeireën Poësie Maaltyd Spreuke 30:24-28

38 38 38 39 39 40 40 41

LES 12: So spel ʼn mens! Aktiwiteit 10:

Aktiwiteit 11:

Aktiwiteit 12:

42

Taalleer Spelreëls Grondbeginsels Stelwerk Instruksies / aanwysings / wenke Dialoog Mondeling Bespreking

LES 13: Besoedeling Aktiwiteit 13: Aktiwiteit 14:

38

42 42 42 43 43 43 43 43

44

Lees Begripslees Prosa (kortverhaal) Ant Bolletjie en die parte

LES 14: Elke woord het ʼn plek

44 44 44 44

45

Aktiwiteit 15: Taalleer Woordsoorte

45 45

Eksamenafbakening

47

EENHEID 3 Kwartaalbeplanning

49

LES 15: Woorde wek, voorbeelde trek

51

Aktiwiteit 1:

© Impaq

Taalleer Woordvorming Akroniem

51 51 51

3


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

LES 16: Bekendheid: goed of sleg? Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3:

Stelwerk Advertensies Stelwerk Berig Informele brief

51 51 53 53 53

LES 17: Laat ons lees en luister Aktiwiteit 4:

Aktiwiteit 5:

53

Lees Leesspoed Luisteroefening Taalleer Hersieningsoefening

LES 18: Boerneef laat die taal leef Aktiwiteit 6:

Aktiwiteit 8:

Poësie Harlekyn van die dieretuin Die berggans Koeloekoeloe sê kalkoen se kind Psalm 117

Aktiwiteit 10:

Aktiwiteit 11:

Taalleer Woordeskatuitbreiding Taalleer Sinsleer Ontkenning

60 60 61 61 61

61

Mondeling Informele bespreking Lees Afleidings en gevolgtrekkings (spotprente) Taalleer Hersieningsoefening

Toetsafbakening

© Impaq

57 57 58 59 60

60

LES 20: En wat sê jy? Aktiwiteit 9:

53 53 54 56 56

57

LES 19: So lyk ʼn sin Aktiwiteit 7:

51

61 61 62 62 62 62 63

4


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

EENHEID 4 Kwartaalbeplanning

65

LES 21: Kom ons sê dankie

67

Aktiwiteit 1:

Stelwerk Dankiesê-kaartjie

LES 22: Ons ryk taal Aktiwiteit 2: Aktiwiteit 3:

67 Taalleer Idiomatiese benamings Indirekte en direkte rede

LES 23: Letterkunde verryk ons taal Aktiwiteit 4:

Prosa Wie die dood erf

67 67 68

69 69 69

Eksamenafbakening

© Impaq

67 67

73

5


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

© Impaq

6


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

LESELEMENTE LEERDOELWITTE: Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV. BELANGRIKE TERMINOLOGIE Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei. DEFINIEER: Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan. BELANGRIK: Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis. WENKE: Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

Š Impaq

7


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

VIR DIE NUUSKIERIGES: Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT: Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets. OEFENING: Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering. KERNINHOUD: Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word. STUDEER / HERSIENING: Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

© Impaq

8


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

VOORBEELD VAN HOE OM IN DIE MIDDEL TE NOMMER 1. Antwoord 2. Antwoord 3. 3.1 antwoord 3.2 antwoord

KWARTAALBEPLANNING WEEK

AKTIWITEITE

WEEK 1

1; 2; 3

WEEK 2

4; 5; 6

WEEK 3

7; 8

WEEK 4

9; 10

WEEK 5

11; 12

WEEK 6 + 7 WEEK 8

© Impaq

13 + afhandeling van werk Hersiening EEN KWARTAALTOETS VAN 1 UUR

9

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Š Impaq

Eenheid

10

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

LES 1 : Bly so veilig LUISTER EN PRAAT AKTIWITEIT 1.1: VOORBEREIDE LEES Jy moet die leesstuk, Bly so veilig, hardop vir jou fasiliteerder voorlees. Dit maak nie saak as jy vashaak nie, sorg dat jy verstaan wat jy lees. Jy kry so twee minute om die leesstuk voor te berei. Die LEESASSESSERINGSTABEL is op bl. 30 – gebruik dit om vir die leerder ʼn punt vir sy/haar leesvermoë te gee. Dit gaan nie oor hoe vinnig die leerder lees nie, maar oor hoe akkuraat en met gevoel die leerder dit doen.

AKTIWITEIT 1.2: ONVOORBEREIDE MONDELING Die MONDELINGASSESSERINGSTABEL is op bl. 31 en 32 – gebruik dit om vir die leerder ʼn punt vir sy/haar praat te gee. Luister of die kind sinvol met jou kan praat, of hy/sy menings kan vorm. Kan hy/sy jou oortuig. Luister na die taalgebruik, dit moet foutlose Afrikaans wees. Jy mag leiding aan die kind gee deur vrae te vra sou hy/sy nie self praat nie – maar hierdie assessering gaan oor die formulering van ʼn mening en hoe dit oorgedra word.

LES 2 : Bly so veilig TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES AKTIWITEIT 2: TAALLEER KLANKLEER Verduidelik al die teorie in die handleiding aan die leerder – dit is eintlik net leerwerk.

2.1 2.2

2.3 2.4 2.5 2.6

2.7

© Impaq

i ; o ; ie ; a ; e ; i ; e moenie: KVKV aandag: VKKVK veilig: KDKVK s; t s; v ; w ; j l: lateraal r: triller sien: KVK kyk: KDK eet: VK eksplosief: die klank word opgedam in die mond en dan met ʼn plofgeluid losgelaat frikatief: die klank wat gevorm word klink soos ʼn skuurgeluid - dit kan aanhou

11


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

2.8 2.9

2.10

Eenheid

1

Stemhebbend, want die stembande beweeg/tril wanneer ʼn vokaal gevorm word rondte: KVKKV probleem: KKVKKVK naam: KVK Albei klink dieselfde en is stemloos

Dit is belangrik dat jy moet onthou dat klankbou / klankleer gaan oor die klanke, nie die letters nie. Dit handel dus oor die klanke wat ons hoor.

AKTIWITEIT 3: TAALLEER KLANKVERSKYNSELS 3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 3.6

hulle ; hul ; druk nasalering en vokalisering wanneer klanke gelyk gemaak word, bv. anders - anners ; op ʼn - oppe ; in die innie ; onder die - onnerie NOOIT Anders sal ons baie geforseerd en stadig praat (onnatuurlik) maag: KVK jou: KD ander: VKKVK

AKTIWITEIT 4: TAALLEER SKRYFTEKEN 4.1 4.2

Die afkappingsteken word in plek van die i-klank gebruik 4.2.1 4.2.2

verleng die e-klank dui die begin van ʼn nuwe lettergreep aan

4.3.1 4.3.2 4.3.3 4.3.4

TV’s 12's ma’s oumas

4.4.1 4.4.2 4.4.3 4.4.4

koppeling met -hulle koppeling met ʼn letter Dui aan dat daar ʼn woord wat herhaal word, uitgelaat is, nl. wisselings opeenhoping van klinkers

4.5.1 4.5.3 4.5.5

skúddings lóperige náám

4.5.2 húise 4.5.4 míddelpunt

4.6.1 4.6.3

veiligste veroorsaak

4.6.2 vulkaan 4.6.4 beste

4.3 TV’tjie 12'ie ma’tjie oumatjie

4.4

4.5

4.6

© Impaq

12


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

LES 3: Lag ʼn slag LEES EN KYK Wanneer ʼn mens lees, is daar sekere prosesse wat te alle tye gevolg moet word om sinvol te kan lees en weer te gee wat jy gelees het. Die leesprosesse is as volg : •

Pre-lees: dit is wanneer jy die betrokke leesstuk inleidend lees om ʼn vae idee oor die inhoud van die leesstuk te kry. Leesproses: nou fokus ʼn mens op woorde/ / begrippe / frases / paragrawe en sorg dat jy doodseker is wat beteken elk hiervan binne die konteks van hierdie leesstuk. Jy moet sorg dat jy sekere afleidings en gevolgtrekkings kan maak uit dit wat gegee is, dat jy weet wat is ʼn mening of ʼn feit en waarom die skrywer dit gebruik. Tydens die leesproses moet jy die kenmerke van die gegewe teks kan identifiseer, bv. as dit dit ʼn advertensie is / wat is die doel van die advertensie, slaag die advertensie in sy doel / waarvan is daar in die advertensie gebruik gemaak om hom te laat slaag / ens. Daar is ook sekere leestegnieke waarvan ons gebruik maak om die leesproses te vergemaklik. Post-lees: nou behoort die leser vrae te kan beantwoord, te kan vergelyk, kontraste te kan identifiseer en die inhoud te evalueer. Eers nadat die leesproses volledig deurgewerk is, kan daar van leesbegrip gepraat word.

AKTIWITEIT 5: LEESTEGNIEKE EN BEGRIPSLEES Gee aan hom/haar ʼn folio waarop die Aktiwiteit gedoen kan word. Die leerder moet hierdie begripsleesaktiwiteit self uitvoer en inhandig om deur u nagesien te word. Gee terugvoer aan die leerder van waar hy/sy fouteer in die beantwoording van ʼn leesbegripsoefening. Na regte moet die leerder volpunte kry, want sy/haar leesbegrip word getoets en die antwoorde van die vrae is in die gegewe leesstuk. Dit is net ʼn voorbereiding vir die toets en eksamens wat volg – help die leerder as u sien hy/sy lees nie reg nie en berei hom/haar so voor deur nog leesstukke te gee (sommer uit koerante / tydskrifte) en toets sy/haar leesbegrip.

5.1 5.2 5.3 5.4 5.5

Hy’s bietjie geaffronteer/voel sleg omdat niemand lag nie (1) Half drie in die middag/nm. (dit is belangrik dat die namiddag bykom) (1) hulle; sy (2) Jy verstaan wat die grap is (1) negehonderd en veertien/nege honderd en veertien/ negehonderd-en-veertien/nege honderd-en-veertien (1) 5.6 Dit is ʼn boek waarin alle wêreldrekords aangeteken word (1) 5.7.1 Amerika (1) 5.7.2 Soeklees (1) 5.8 Vrydag om 16:00 (2) 5.9 Ongeveer 28 grappe per uur (1) 5.10 Uitgeput, maar tevrede/gelukkig/goed (nie lekker nie), want dit is tog waarom hy gepoog het om die wêreldrekord te verbeter (2) 5.11 nuutste/laaste probeerslag (1) Totaal: 15 5.12 5.12.1 Gesels sommer oor hierdie stellings en bespreek met die leerder die waarde van vriendelikheid, van lag en dat norsheid jou eintlik niks baat nie.

© Impaq

13


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

LES 4: Interessante dae SKRYF EN AANBIED SKRYFPROSES Voordat ʼn mens enige skryfstuyk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agter mekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ʼn mens aan ʼn onderwerp / tema dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het. Hier volg die prosesse : Jy het bv. die volgende drie temas gekry en weet glad nie watter een om te kies nie. Doen BREINSTORMS met al drie. (ʼn Breinstorm beteken jy skryf ENIGIETS neer wat in jou kop kom nadat jy die gegewe tema gesien het - moenie redes / verbande soek nie, skryf net soveel as moontlik idees neer) Hierdie oefening moet jy met ENIGE stelwerkaktiwiteit wat jy moet voltooi, doen. Kyk na die onderstaande prentjies en doen dan die breinstorm soos die voorbeeld. Kyk in die handleiding na die voorbeeld en bespreek die proses van skryf met die leerder.

Aktiwiteit 6.1: Poskaart Ek weet dat ons vandag eintlik baie min nog briewe en poskaarte skryf, want almal SMS mos vir mekaar. Tog wil jy baie keer net vir iemand ʼn poskaart stuur van die plek waar jy dalk vakansie hou. So ons gaan nou leer om ʼn poskaart te skryf.

KENMERKE VAN ’N POSKAART: • • • • • •

altyd volsinne. slegs die datum, die persoon aan wie jy skryf en jou naam kom op die poskaart (bo en behalwe nou jou storie). slegs een paragraaf. hou by die aantal woorde wat vir jou gegee word. moenie vrae vra nie - jy wil iets vertel - die persoon gaan nie terugskryf nie

VOORBEELD VAN ʼn POSKAART: Gert 14 Februarie Ek het die wonderlikste ervaring gehad . . . ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Sien jou een van die dae en geniet jou vakansie. Jan

© Impaq

14

Seël

Mnr. Gert Nel Swartstraat 10 Sinoville 1004


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

1

Eenheid

Jou aktiwiteit is as volg: Jy hou by een of ander interessante plek vakansie en wil vir jou vriend/in ʼn poskaart stuur. Skryf nou ʼn poskaart van ongeveer 90 - 100 woorde (sonder die persoon se adres) en beskryf ʼn snaakse voorval/insident wat met jou gebeur het. Dui jou aantal woorde aan. Gee vir die leerder so ʼn assesseringsrubriek om sy/haar skryfstuk daaraan te toets.

POSKAARTASSESSERINGSRUBRIEK INHOUD VAN POSKAART 1 2 3 4 5 6

Is daar ʼn naam aan die linkerkant aan wie die poskaart gestuur moet word? Is daar ʼn datum regs bo? Is daar ʼn naam onderaan van wie die poskaart af kom? Handel die inhoud van die poskaart oor ʼn INTERESSANTE VAKANSIE? Is die aantal woorde aangedui? Word daar by die aantal woorde gehou? (Gee ʼn speling van vyf woorde na beide kante toe)

JA

NEE

ADRES AAN WIE POSKAART GESTUUR WORD 7 8 9 10

Is daar ʼn naam aan wie poskaart gestuur word? Is daar ʼn straat-/posbusadres? Is daar ʼn pleknaam? Is daar ʼn kode vir die plek?

TOTALISEER MERKIES IN JA-KOLOM VIR PUNT UIT 10 x 2

AKTIWITEIT 6.2: Dagboekinskrywing ʼn Dagboekinskrywing is ’n persoonlike vertelling/beskrywing van iets wat jy die betrokke dag ervaar of beleef het. In ʼn dagboekinskrywing gee ʼn mens dinge weer wat jy voel.

ʼn Dagboekinskrywing het die volgende eienskappe:    

altyd in die eerstepersoon (dit is JY wat vertel) altyd in die verlede tyd dit hang af van hoeveel woorde jy skryf, maar daar is ook paragrawe daar MOET ʼn DATUM wees

Jou aktiwiteit is as volg: Skryf ʼn dagboekinskrywing van 90 – 100 woorde oor een van die dae wat jy hierdie afgelope jaar nooit sal vergeet nie. Skryf waarom jy dit nooit sal vergeet nie en onthou die datum en om jou aantal woorde aan te dui. Gee vir die leerder so ʼn assesseringsrubriek om sy/haar skryfstuk daaraan te toets.

© Impaq

15


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

DAGBOEKASSESSERINGSRUBRIEK INH0UD VAN POSKAART 1 2 3 4 5 6 7

Is daar ʼn naam aan datum bo-aan die dagboek? (TWEE PUNTE) Word die inskrywing in die eerstepersoon geskryf? Is die inskrywing in die verlede tyd? Is die aantal woorde aangedui? Word daar by die aantal woorde gehou? (Gee ʼn speling van vyf woorde na beide kante toe) Word daar iets persoonliks vertel wat hy/sy beleef / ervaar het? (maksimum van twee punte) Gee TWEE punte vir taal indien daar vyf en minder foute is Gee EEN PUNT vir taal vir ses tot agt foute

JA

NEE

TOTALISEER MERKIES IN JA-KOLOM VIR PUNT UIT 10 x 2

AKTIWITEIT 6.3: Verhalende opstel Skryf ʼn verhalende opstel oor die onderwerp:

En die dag was toe . . . Doen eers jou breinstorm, dan jou breinkaart. Skryf dan ʼn eerste poging en nadat jy dit weer gelees en verander het, skryf jy jou finale poging om vir punte nagesien te word. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry! Aantal woorde : 200 – 250 woorde (ongeveer 5 tot 8 paragrawe) Dui altyd jou aantal woorde aan Gee vir die leerder so ʼn assesseringsrubriek om sy/haar skryfstuk daaraan te toets voordat hy/sy die Aktiwiteit vir finale nasien vir u inhandig.

Sien bylaag C vir die assesseringsrubriek agter in die fasiliteerdersgids waarvolgens hierdie aktiwiteit vir die rapportpunt nagesien moet word.

LES 5 : ʼn Literêre wêreld LEES EN KYK AKTIWITEIT 7: POËSIE Aktiwiteit 7.1: MUSKIETE-JAG – A.D. Keet U moet asb. die gedig aan die leerder/s verduidelik aan die hand van die aantekeninge wat op die gedig aangegee is. U is welkom om dit verder te ontgin, maar by elke gedig gaan ons poog om van die literêre begrippe te leer en om die gedig te verstaan. Die leerder/s moet aantekeninge op die gedigte maak, dit maak dit net baie makliker om te verstaan en te leer.

© Impaq

16


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

ANTWOORDE: 7.1 7.1.1

7.1.2 7.1.3 7.1.4 7.1.5 7.1.6

Van der Merwe muskiet gonsery gebyt wakker malaria raak vlieg doodmaak Omdat hy dalk nou doodgemaak gaan word ʼn Lied wat in ʼn opera gesing word; dit rym met malaria en Van der Merwe dink die muskiet dink sy gezoem klink vir homself soos ʼn lied Pardoef! Hy slaan na die muskiet 24 reëls; 4 strofes; inkeping; strofes ewe lank; reëls ewe lank; funksionele leestekens- en hooflettergebruik aabaab - gebroke rym

KAN JY ONTHOU? Wat noem ons ʼn strofe met: twee reëls: KOEPLET drie reëls: TERSIENE vier reëls: KWATRYN ses reëls: SESTET agt reëls: OKTAAF

© Impaq

17

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

Muskiete-jag (A.D. Keet)

1 3 5

7 9 11

Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net ‘n bloedkol bly hier op my kamermure! Deur jou vervloekste gonsery, deur jou gebyt en plaery kon ek nie slaap vir ure.

a a b a a b

Mag ek my voorstel, eer on skei, eer jy die doodslag van my kry my naam is Van der Merwe! Muskiet, wees maar nie treurig nie, wees ook nie so kieskeurig nie jy moet tog eendag sterwe!

verteller is kwaad

inkeping

(gebroke rym)

weet hy gaan nou doodgemaak word

“maak” siekte

13 15 17

19 21 23

Verwekker van malaria, lied in opera (verwys hier sing maar jou laaste aria - na laaste gesing van muskiet) dan gaan hy vrek nog één minuut vir grasie. Al soebat jy nou nog so lang, al sê jy ook ek is nie bang nooit sien jy weer jou nasie! res van muskiete Hoe sedig sit hy, o, die kring! dui op gevoel van woedeas hy dood Sy kinders kan maar kranse bring, nou gaan die vabond sterwe .is. . (ellips) Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer! Tipografie Maar dóód sal hy, sowaar, ek sweer (hoe gedig gebou is) my naam is Van der Merwe! • 24 reëls

klanknabootsing (slaan na muskiet)

• 4 strofes • Inkeping

© Impaq

18

1


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

AKTIWITEIT 7.2: Onderwyser U moet asb die gedig aan die leerders/s verduidelik aan die hand van die aantekeninge wat op die gedig aangegee is. U is welkom om dit verder te ontgin, maar by elke gedig gaan ons poog om van die literêre begrippe te leer en om die gedig te verstaan. Die leerder/s moet aantekeninge op die gedigte maak, dit maak dit net baie makliker om te verstaan en te leer.

Onderwyser (Antjie Krog)

1

Jy staan voor ons in die klas by jou tafel, by jou moedertaal Vergelyking: by jou boeke, jou hoedjie in jou tas onnie word Jy staan voor ons soos ‘n klein Jerigo met Jerigo vergelyk. en al het jy mure om jou gebou dra jy tande van silwer en goud het stopsels in tande en al het jy wagters in al jou torings bly daar ‘n Ragab in jou

oktaaf

3 5

kwatryn

7

9 11

13 sestet

Titel is gepas - hele gedig handel oor die onderwyser

15 17

Tog bly jy sterk, al trek ons elke dag om jou met die ark van die jeug op ons skouers, met trompette van ligsinnigheid voor ons monde Tog bly jy werk, - hou aan skoolhou - al is dit soms l al krummel jou mure op die sewende dag al val jy vooroor op die aarde jy sal nie kla oor jou lot lot om skool te h want Malherbe is jou here en Eiename: onnie het by Totius jou god hulle geleer

Tipografie • 18 reëls • 3 strofes

Vrye vers Lees soos storie struktuur is onkonvensioneel

• Reëls nie ewe lank

© Impaq

19


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

ANTWOORDE: 7.2 7.2.1 7.2.2 7.2.3 7.2.4

7.2.5 7.2.6 7.2.7 7.2.8

18 reëls; 3 strofes; reëls nie ewe lank nie; strofes nie ewe lank nie; nie funksionele leestekens nie Jy staan voor ons soos ʼn klein Jerigo. Die onderwyser word met Jerigo vergelyk. Hy het al stopsels in sy tande. Om elke dag kinders te leer en werk te verduidelik, ten spyte daarvan dat kinders soms nie luister nie, nie hulle huiswerk doen nie en hom nie waardeer nie. oktaaf (8); kwatryn (4); sestet (6) Dis eiename; dit is by wie die onderwyser sy inligting, werk kry om aan die leerders te gee (hulle was digters). Ja, want die hele gedig handel oor wat ʼn onderwyser is en doen. Ja, want behalwe van die onkonvensionele struktuur, lees dit soos ʼn storie en nie soos ʼn ou tradisionele gedig nie.

AKTIWITEIT : 7.3: Dronkgeslaan

Dronkgeslaan Vir A.D. Keet Ellen Botha 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Djy sjit hie op my hand, musjkiet, en tap djou tenkie vol: maa’ sjal djy óéit wee’ sjtraight kan vlie moet al daai alkohol?

7.3 7.3.1

7.3.2

© Impaq

Die gedig word in storievorm vertel Daar word nie by die tradisonele verstegnieke gehou, soos bv. Hooflettergebruik, vaste rymskema, Standaardafrikaans Dit gaan oor iemand wat dronk is wat vir ’n muskiet vra of hy sal kan vlieg nadat hy uit die dronkie se lyf bloed gesuig het – want die dronkie sê die muskiet gaan dan ook vol alkohol wees

20


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

7.3.3

Eenheid

Ja, want dit lyk of die een wat aan die woord is, dronk is en dit is waaroor die gedig gaan

AKTIWITEIT 8: PROSA Die begrippe moet verduidelik en verstaan word.

LITERÊRE BEGRIPPE 1 2

Karakteriseringstegnieke Karakters: Hoofkarakter Newekarakter Vol/ronde karakter Vlak/plat karakter Die buitestaander Milieu Vertellers: Ek-verteller + Derdepersoonsverteller + Alomteenwoordige verteller Tyd: Verteltyd + Vertelde tyd Volgorde: Chronologies + A-chronologies Konflik: Innerlike konflik + Uiterlike konflik Boodskap Tema Handeling: Uiterlik + Innerlik Karakterontwikkeling

3 4 5 6 7 8 9 10 11

LITERÊRE BEGRIPPE 1.

Wat karakter self sê

2.

Wat karakter doen

3.

Wat verteller van hom sê

1. 2. 3.

VERTELLERS Ek-verteller Derdepersoonverteller Alomteenwoordige verteller

LITERÊRE BEGRIPPE KARAKTERS 1.

Hoofkarakter SPANNING

2.

Newekarakter

3.

Karakterontwikkeling

4.

Vol/ronde karakters

© Impaq

1

1.

Bou van verhaal

2.

Beskrywings

3.

Ironie

4.

Verligting en spanning

21

1.

TYE Verteltyd

2.

Vertelde tyd


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

1.

1

Karakteriseringstegnieke -

2.

Eenheid

deur dit wat die verteller vir ons vertel/sê deur dit wat die ander karakters van hom sê deur dit wat die karakter van homself sê deur dit wat die karakter doen/sy optredes

Karakters

Hoofkarakter

Newekarakter

-

speel hoofrol/storie handel oor die figuur bly op voorgrond van vertelling karakter wat die leser innerlik en uiterlik leer ken figuur met wie leser kan identifiseer of nie ondersteunende rol t.o.v. die storie en hoofkarakter belig die hoofkarakter gee gestalte aan die milieu lei as’t ware geen lewe van hul eie nie

ʼn Roman kan meer as een hoofkarakter hê. Vol/ronde karakter

Vlak/plat karakter

- leer verskillende fasette van die karakter ken

- die karakter ondergaan ook ʼn karakterontwikkeling of – groei/verandering - kan op verskillende vlakke reageer, bv. op verstandelike, emosionele, sedelike, godsdienstige, ens. vlakke. - openbaar ook verskillende karaktertrekke

-

Die buitestaander

leer baie min van die karakter ken (min fasette) ken hom moontlik slegs op een vlak soms baie voorspelbaar - ons weet hoe hy gaan optree soms ʼn karikatuur, d.w.s. ʼn bespotlike figuur dikwels ʼn tipe - verteenwoordiger van ʼn sekere soort mens

- gewoonlik is ʼn buitestaander ʼn vlak karakter - word nie aanvaar as lid van die groep nie - sonder hom soms uit vrye wil af - soms ʼn persoon wat met bestaansprobleme worstel

3.

Milieu Alles wat daartoe bydra dat mens weet wanneer en in watter omstandighede speel die verhaal af. Agtergrond/leefwêreld

4.

Verteller Ek-verteller Derdepersoonsverteller

- karakter is aan die woord, vertel die storie self - vertel storie uit derdepersoon perspektief, d.w.s. moet by wees by dit wat gebeur en vertel word. Alomteenwoordige verteller - vertel ook die storie uit ʼn derdepersoon perspektief, maar hy hoef nie by die gebeure by te wees nie, hy is alomteenwoordig en kan bv. in die huis sit en tegelyk vertel hoe lyk dit op die lande, terwyl hy die man in die huis se gemoed beskryf.

© Impaq

22


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

5.

Eenheid

1

Tyd Verteltyd

- dit is die tyd wat die storie in beslag neem om te vertel of te lees. Dit word dus bepaal deur die aantal bladsye waaruit die storie bestaan Vertelde tyd - dit verwys na die tydperk waaroor die gebeure afspeel, bv. Kringe in ʼn bos se vertelde tyd was 37 jaar.

6.

Volgorde Chronologies - die verhaal begin by die begin en eindig by die natuurlike slot A-chronologies - die verhaal kan in enige volgorde oorgedra word; gebeure uit die verlede word in die verhaalhede betrek deur die terugflitstegniek

7.

Konflik Botsing/stryd Innerlike konflik - daardie “gestoei” hier binne-in ʼn persoon, dinge waarmee hy konflik ervaar, wat hom ongelukkig maak, maar waarvan ander nie noodwendig weet nie Uiterlike konflik - enige botsing tussen twee persone of dinge. Mens kan die konflik waarneem en weet gewoonlik wat die rede daarvoor is

8.

Boodskap Dit wat die verhaal/storie eintlik vir jou wil sê; die lessie wat dit vir jou wil leer d.m.v. die storie

9.

Tema Deurlopende gedagte

10. Handeling Uiterlik - enige iets wat sigbaar gedoen word Innerlik - gaan meer om gevoelens - dinge wat ʼn karakter innerlik ervaar, bv. Kwaad word, bly wees, verwonder/verward wees, ens.

11. Gedagtestroomtegniek/terugflitstegniek Die karakter deel aan ons die gebeure mee deurdat hy terugdink aan die verlede. So skakel die hede en die verlede ineen.

12. Karakteropenbarende dialoog Karakters is aan die woord en daaruit kan ons sekere eienskappe van hulself of ander karakters te wete kom.

13. Karakteropenbarende handeling Karakters doen sekere dinge waaruit ons sekere karaktereienskappe kan aflei.

14. Illusie Droom of verbeelde voorstelling. Illusie van die werklikheid - soos die skrywer die werklikheid voorstel; nie die werklikheid self nie.

© Impaq

23


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

15. Motief ʼn Bepaalde idee/begrip wat kort-kort, dwarsdeur die verhaal na vore kom.

16. Ironie ʼn Gedagte is ironies as ʼn mens ʼn bepaalde resultaat verwag, maar net die teenoorgestelde word waar.

17. Suggestie (suggereer) Iets word nie op ʼn direkte nie, maar op ʼn bedekte wyse, geopper.

18. Karakterontwikkeling Wanneer ʼn karakter (gewoonlik die hoofkarakter) nie staties bly nie, maar geestelike verdieping toon, dui dit daarop dat so ʼn karakter ontwikkel het. Dit gaan gewoonlik met veranderde insigte gepaard.

AKTIWITEIT 8.1: ʼn Emmer tanne vir ʼn hospitaal holbekke 8.1

Derdepersoonsverteller: die verteller vertel die gebeure objektief, maar hy is by die gebeure om dit te kan vertel.

8.2 8.2.1 8.2.2

Die verpleegster: want die hele verhaal gaan oor dit wat sy doen en sê Baie ywerig; fluks; harde werker; prakties; bietjie dom.

8.3 8.3.1

8.4

8.5 8.6 8.7

Die pasiënte. Nee, want dan sou dit wat sy gedoen en gesê het nie snaaks gewees het nie en dit sou nie haar optrede bepaal het nie. 8.3.2 Bespreek dié vraag met leerder/s - die twee begrippe moet baie mooi verstaan word. In ʼn Randse hospitaal: hulle sê dit reg aan die begin/daar word van leerlingverpleegstertjie gepraat/daar word van ʼn saal gepraat - binne die hospitaalkonteks/daar word van ʼn hoofsuster gepraat. Nee, dit verwys ook na alles anders wat kan dui op die agtergrond, m.a.w. waar en wanneer die verhaal afspeel Die skrywer kan nie haar naam onthou nie, nou noem hy haar maar so. Ja, want al die pasiënte se tande was nou deurmekaar en die krisis ontstaan om te weet wie se tande is wie s’n.

8.8 8.8.1

8.8.2

Dat sy in die vervolg eers al die pasiënte se bo-tande en daarna die ondertande moet was. Nee, daar gaan verseker weer ʼn krisis ontstaan oor wie se bo-tande of ondertande is wie s’n. Ja, sy’s nie baie slim nie, want dit is ʼn dom besluit - dit los nie die krisis op nie dieselfde probleem gaan homself herhaal.

8.9

8.10

© Impaq

8.9.1 Die aantal minute wat dit jou vat om te lees/die aantal bladsye (bl) 8.9.2 Een dag tydens die verpleegster se werkskof. min detail en beskrywings/min karakters/kort lees- en skryftyd/net een hoofstuk/min intriges (gebeure).

24


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

AKTIWITEIT 9: LEESBEGRIP – ʼn VERSLAG Lees die onderstaande verslag uit Beeld, van 31 Oktober 2012 deur en beantwoord dan die vrae : 9.1 9.2 9.3 9.4 9.5 9.6 9.7

Hy is nie die stereotipe van ʼn sportman wat ʼn mens ken met die karaktertrekke en optredes soos wat ʼn mens van ʼn sportman verwag nie Dui op die plek waar hierdie verslag geskryf is Wanneer hy baie lees / baie van lees hou Outobiografie : ʼn boek wat deur die outeur oor sy/haar eie lewe geskryf is Biografie : ʼn boek oor iemand se lewe wat deur iemand anders geskryf is This is me Dit handel oor Thorpe se boek Daar word sekere bewerings in die Thorpe se boek gemaak oor sy seksualiteit? Wat dink jy van mense wat uitsprake lewer oor ʼn persoon se persoonlike lewe sonder dat alle feite gegee en bewys is? Hou ʼn bespreking met jou ouers/fasiliteerder hieroor en leer om jou eie mening te vorm. Onthou egter dat ʼn mens se mening gegrond (moet bewys kan word) wees – anders is dit so maklik om ander se gevoelens seer te maak.

Praat met die leerder hieroor – dit gaan hieroor dat die leerder moet leer om ʼn eie mening te vorm maar terselfdertyd leer om sy/haar mening te kan staaf. Verduidelik aan die leerder dat voordat ʼn mens enige spotprent kan interpreteer, moet jy na elke liewe ding/gegewe op die spotprent kyk. Niks is toevallig nie en elke dingetjie is eintlik soos ʼn paragraaf in ʼn geskrewe stuk 9.8 9.9 9.10 9.11 9.12

Olimpiese Spele Die dui op die afsit van die Olimpiese Spele / dat die Spele begin Met die mense wat vir hulle aanstellerig hou en probeer “grand” praat prôt/ôfrikôns/mô praat/Afrikaans/ma

LES 6: ʼn Oorwinning LUISTER EN PRAAT Stel agt tot tien vrae op wat jy enige persoon wat jy ken wat al besondere prestasies behaal het, sou kon vra sodat jy ook ʼn verslag oor hierdie persoon kan skryf.

Onderhoud Jy moet goed voorbereid wees: • vra vrae, maar moenie vrae vra waar die persoon net JA of NEE hoef te antwoord nie, want dan kry jy nie inligting nie • neem van notas (ʼn mens vergeet van die inligting) en luister goed • weet wat jy wil vra en watter inligting jy wil kry Onderhoudstegnieke: • stel jouself bekend en wat die doel van onderhoud is • kyk die persoon in die oë terwyl jy met hom/haar praat • vra toepaslike vrae

© Impaq

25


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

• maak 100% seker dat jy antwoorde op al jou vrae het, anders gaan jou verslag onvolledig wees • bedank die persoon met wie die onderhoud gevoer is en kry kontakbesonderhede indien nodig

AKTIWITEIT 10: MONDELING - ONDERHOUDVOERING Skryf die vrae vir jouself neer en voer nou ʼn onderhoud met hierdie persoon. Help die leerder hier om goeie vrae op te stel – vrae waarop nie net Ja of Nee geantwoord word nie. Wys ook vir hulle TV-programme waar daar onderhoude gevoer word sodat hy-/syself ʼn oordeel kan vel oor die onderhoud.

LES 7: Selfoonnetwerke SKRYF EN AANBIED AKTIWITEIT 11: STELWERK - VERSLAG Onthou altyd om eers weer na die skryfproses te kyk voordat jy met jou stelwerkaktiwiteit begin.

KENMERKE van die VERSLAG ʼn Verslag is ʼn dokument oor ʼn gebeure wat reeds plaasgevind het.  dit is ʼn presiese weergawe van ʼn gebeurtenis/ongeluk/sentrum/restaurant  ʼn verslag gee feite  feite word chronologies en kort gegee  in die inleidingsparagraaf word presies gesê waaroor verslag gelewer word  ʼn verslag kan formeel of informeel wees, dit hang af wie die teikengroep is, want dit bepaal die taal en styl Taal en styl moet by die verslag pas, d.w.s. die teikengroep gaan jou taal bepaal, bv. die inhoud van ʼn verslag oor ʼn sportbyeenkoms by jou skool wat jy vir die skoolkoerant skryf, se taal gaan verskil van dieselfde verslag wat jy vir die hoof skryf – alhoewel die inhoud dieselfde gaan wees

Aktiwiteit 11.1: Verslag Skryf ʼn verslag van 90 – 100 woorde oor die onderstaande prentjie. Jy kan nou die inligting wat jy in jou onderhoudvoering gekry het, hier gebruik om die verslag te skryf. Doen jou breinstorm + kies ʼn opskrif + skryf die verslag (ongeveer drie tot vier paragrawe) Onthou altyd om jou aantal woorde aan te dui. Jy kan nou oor enigiets skryf waaraan hierdie prentjie jou laat dink.

© Impaq

26


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES AKTIWITEIT 12: TAALLEER BETEKENISLEER Hierdie begrippe moet net geleer word – daar is min aan te verstaan! Die betekenis van ʼn woord kan slegs binne ʼn sekere konteks bepaal word, bv. Daardie kos is baie lekker Die boek kos baie duur Die woord kos, het in elke sinskonteks ʼn ander betekenis.

SINONIEME 12.1 12.3 12.5 12.7 12.9 12.11 12.13 12.15

beledig aanspoor koerant flater/fout grille artikel presies/sorgvuldig/sekuur stadig

12.2 12.4 12.6 12.8 12.10 12.12 12.14

ewewig toneelspeler oorsprong teer/gevoelig nyd/afguns uitslag/gevolg snaaks/grappig

12.17 12.19 12.21 12.23 12.25 12.27 12.29

ontken verskillend ontspanne geestelik minimum onthou figuurlik

ANTONIEME 12.16 12.18 12.20 12.22 12.24 12.26 12.28 12.30

afwesig vlak vrolik/opgewek oninteressant wild verder wins per ongeluk/per abuis

HOMONIEME 12.31 12.32 12.33 12.34 12.35 12.36

Die motor kos duur/Ons eet die heerlikste kos in die restaurant Ek is vier jaar oud/Hy vier sy verjaarsdag Die windjie is skraal en sny deur jou/Die meisie is baie skraal en lank Die film duur twee uur/Die motor kos duur Ons gaan ʼn ent met die honde stap/Die baba kry ʼn ent teen geelsug Ons trek saam aan die lyn om die vis te vang/Ons trek kom vandag na ons nuwe huis

HOMOFONE 12.37 ys 12.39 vors/fier

© Impaq

12.38 eis 12.40 fors/vier

27


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

PARONIEME 12.41 Die ou tafel waggel en is lendelam/Die seun is moeg en lamlendig, hy doen niks 12.42 Daardie tafeldoek van my ouma is vir my kosbaar/Die graad 1-konsert was kostelik 12.43 Dit is krities dat jy al die werk moet leer om te slaag/Hy lê kritiek in die hospitaal na die ongeluk 12.44 Dit is ʼn mens se voorreg om te leer/Dit is menslik om nie met hom te raas oor sy huiswerk na sy traumatiese oggend nie

VOORSETSELS 12.45 12.47 12.49 12.51 12.53 12.55 12.57 12.59

aan deur in met oor uit vir voor

12.46 12.48 12.50 12.52 12.54 12.56 12.58 12.60

aan in aan na op van vir in

AKTIWITEIT 13: LEESTEKENGEBRUIK Verduidelik die gebruik van leestekens aan die hand van die tabel in die handleiding. Kyk na leesstuk – gaan elke sinnetjie met die leerder deur en kyk of die korrekte leestekens op die korrekte plekke ingevoeg is.

Die selfoon en selfoon-netwerke—wat is dit? ’N SELFOON is ’n dradelose telefoontjie wat in die palm van ’n mens se hand pas. Jy kan dit gebruik om mense op te bel as jy jou op enige plek bevind waar jy sogenaamd “ ’n sein kan ontvang”— en jy kan desgelyks oproepe ontvang al sit jy, sê maar, op die mees afgeleë en kaalste haaivlakte van die Moordenaarskaroo. Die selfoon of sellulêre telefoon word dan nie verniet ook die mobiele telefoon genoem nie, want dis ’n uiters nuttige draagbare kommunikasiemiddel. (Die sogenaamde koordlose telefone is natuurlik eweneens “mobiel”, maar met dié term word in die reël nie die koordlose soorte bedoel nie. Die koordlose telefoon is “dradeloos” aan ’n vaste telefoonaansluiting gekoppel en kan slegs binne ’n straal van honderd meter daarvandaan gebruik word.) Maar hoekom word die selfoon nou juis ’n SELfoon of SELLULÊRE telefoon genoem? Dit is omdat hierdie stelsel van talle ondersteuningstasies gebruik maak in ’n diensgebied wat inveelvuldige “selle” ingedeel is. Sellulêre oproepe word van ondersteuningstasie na ondersteuningstasie oorgedra namate ’n gebruiker van sel tot sel rondbeweeg.

© Impaq

28


Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

Eenheid

1

Dit klink miskien ietwat ingewikkeld, maar die konsep kan eintlik baie maklik verstaan word as ’n mens dit eenvoudiger omskryf. Hoewel ’n mens geneig is om aan jou selfoon as ’n blote ontvanger en versender van radioseine te dink, is radiogolwe net in die prentjie in die konneksie tussen ’n selfoon en dié se naaste ontvangsantenne. Hierna gaan die verbinding deur ’n reeks telefoondrade totdat dit die antenne bereik wat die naaste is aan die persoon wat opgebel word—as ons aanneem dat hy of sy ’n ander selfoongebruiker is.

KWARTAAL EEN KWARTAALTOETS: GRAAD 8 EEN VRAESTEL VAN 1 UUR

PUNTETOTAAL: 60

LEESBEGRIP en TAALLEER Jy gaan ʼn leesbegripoefening kry. Taalleer: vokale diftonge konsonante affrikate stemhebbend/stemloos klankbou skryftekens klankleer betekenisleer leestekengebruik

© Impaq

29


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.